VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Bobaas
Naka Drotské
Roets sing
Marie mag maar kook
Het jy dít van dié rugbyman geweet?
Mathys maak ’n draai by Koekela
bl. 2
bl. 12
bl. 4
BLOEMNUUS het baie foto’s ontvang waarop matrikulante voor hul matriekafskeid by mo tors – van blinknuwe vuurwaens tot ’n outentieke perdekar – afgeneem is. Dit verskyn in BloemWiele, Bloemnuus se motorbladsye wat een maal per maand verskyn. Sien bll. 8, 9 en 10. Op die meegaande foto is Marteli Potgieter saam met Christopher Mills van Sentraal.
Foto: www.3kies.co.za
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
Marie mag maar kook
Jens Friis het met Marie Lombard, bekende sjef en eienaar van die De Oude Kraal Country Estate & Spa, gesels. De Oude Kraal is onlangs weer deur American Express aangewys as een van die top-86 plekke om te eet in Suid Afrika. De Oude Kraal het die eerbewys die afgelope nege jaar agtereenvolgens gekry.
Marie, wat behels aardse geluk? Werk wat elke dag ’n nuwe uitdaging bied en die geluk van my gesin.
Met watter tekortkominge in ander mense kan jy saamleef? Mense wat graag iets wil bereik, maar nie die geleentheid gekry het nie.
As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen – waarheen sou dit wees? Alaska, om self salm te gaan vang en vars te eet. Wat is die mooiste pleknaam? Wilhelmshöhe, die plaas waarop ek grootgeword het. Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Enige plek, solank ek die kos nie self hoef voor te berei nie. Wat is jou grootste tekortkoming? Dat ek oorgewig is. Lees jy enige boek(e) tans? “Vuur op die horison”.
Wat is jou grootste vrees? Dat een van my kinders ongelukkig is, of dat ’n dier swaarkry. Waaroor is jy spyt? Dat ek nie al die kosbare stories van my oupa en pa uit my kinderjare kan onthou nie. Jou kosbaarste besitting? My kinders, meerkat Dirkie en ons honde. Wat dink jy gebeur ná die dood? Ek sal kan kosmaak deur net ’n vinger te klap en dan kos sal kan bedien met die lekkerste smake. Wie is jou helde? David Higgs, sjef by die Saxon, en my broer Emil Bührmann.
Laaste fliek gesien? Was dit goed? “The Big Wedding”. Dit was gemiddeld.
Wie is jou gunsteling- historiese mens? Generaal de Wet.
Wat is jou kenmerkendste eienskap? Deursettingsvermoë.
Wat is vir jou snaaks? Gerhard wanneer hy grappe vertel, hy is so goed daarmee.
Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Hanlie (Rupert) en Hein Koegelenberg.
Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Ek sou argitektuur gestudeer het. Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? Gerhard, my man.
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Saam met my gesin in die Wildtuin. Wie of wat was jy in ’n vorige lewe? Een van De Oude Kraal se honde.
Wat sou jy dan vir ete maak? Skaapvleis bedien met shiraz.
Wie en wat kan jy nie verduur nie? Iemand wat iets twee keer verkeerd doen.
Wat verveel jou? Doellose gesprekke Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Werk, kosmaak, naaldwerk,
Marie Lombard (regs, met die swart voorskoot) in die kombuis doenig. lees. Oor watter gawe sou jy wou beskik? Ek sou graag mooi wou skryf. Waar sou jy eendag wil aftree? Op die plaas, net hier by De Oude Kraal.
Droë feite
GEBRUIKERSVRIENDELIK: Bloemnuus is só ontwerp dat jy die koerant maklik op jou selfoon kan lees: http://bloemnuus.mobi.
Dié “woestynlandskap” is verlede Vrydag op ’n plaas suid van die Ferreiraplotte afgeneem. Geen reën word vir die naweek voorspel nie. Sien bl. 11. Foto: Jens Friis
DIE skryfkuns-student uit Nederland verkneukel haar in ’n gedig oor iets wat sy nou die dag in Potchefstroom waargeneem het. ’n Man staan met tuinslang en rooi sambreel sy tuin en natlei terwyl ’n donderbui stowwerig aan die opsteek is. Voetgangers en fietsers haas hulle in die straat verby. “Er komt nattigheid van,” sluit haar gedig af. Sy verduidelik mense in Nederland sê “daar kom nattigheid van” as hulle vrees iets gaan geen goeie afloop hê nie. In daardie waterryke wêrelddeel is (nóg) reën nie iets waarna tipies uitgesien word nie. In Suid-Afrika is dit natuurlik andersom. ’n Onweertjie met stof – juis wanneer droogte tier soos tans – boesem geen vertroue in dat dit die dors van die tuin gaan les nie. “Ja-nee,” weet een van die Afrikaanse studente in die klas te vertel, “ons praat hier liewer van droogmaak as iemand iets doen wat slegte gevolge gaan hê.” ’n Ander wys hom tereg: “Daai ‘droogmaak’ kom van ’n uitdrukking wat met stink dinge te make het.”
Droë feite. Droë vente en vakansies. Droog het tóg onvleiende bybetekenisse. Pa was op ons hoewe op die Bainsvlei-vlakte gedurig aan ’t waterlei. Soms ook so ongelowig soos die Potchefstromer tot onder ’n stortreën in. As die voorjaar gelyk het soos vanjaar, het sy oë almaardeur gedwaal na die horisonne. Veral noordwes, na waar die landsreëns vandaan moet kom. Die nuk van elke wind registreer hy. Smiddae se uiltjie word op ’n kampstoel onder bome aan die westekant van die huis geknip. As die wolkbanke eindelik opstapel, is hy pal buite. Of diepnag by die vensters. Luister hy hoe ver die dondereggo’s heen rammel, rammel . . . asof hy dae se reën wil hoor aankom. Dan begin die genade sing op die sinkdak; die geute maak die geluid na van ’n mooi woord soos “murmel”. S Bernard Odendaal (ATKVSkryfskool van die Noordwes-Universiteit)
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 3 DIE volgende aanhalings bly Vicus Bürger, ’n joernalis van Volksblad, oor die jare heen by: S There is a crack, a crack in everything. That’s how the light gets in. – Leonard Cohen se liedjie Anthem.
Oase ____
S Blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat; die groot verlange wat my nooit verlaat. – Eugène Marais in sy gedig Diep Rivier.
S It matters not how strait the gate, how charged with punishments the scroll. I am the master of my fate:I am the captain of my soul. – William Ernest Henley in sy gedig Invictus
S Hy wat met monsters veg, moet versigtig wees dat hy nie self in ’n monster verander nie. En as jy lank na ’n afgrond staar, sal die afgrond na jou staar. – Friedrich Nietzsche
S Power tends to corrupt and absolute power corrupts absolutely. – Lord Acton
S Wie ’n “waarom” in sy lewe besit, kan byna elke “hoe” verwerk.– Friedrich Nietzsche
S Afrikaans-wees is meer as kerkbasaars, geloftedagvieringe, sustersverenigings, Broeder-
Wel en wee
ENGAGEMENT: Nongazi Tshobeka and Darlington Wasakara. S PETER ADAMS is aangewys as die Heidedaller van die Jaar, dr. Nadia Wessels is die Heidedalse Vriend van die Jaar en die Preprimêre Skool Edna-Rita is die Heidedalse Instansie van die Jaar. S Carlen is op soek na leerlinge wat in 1964 aan Oranje gematrikuleer het. Daar word ’n reünie vir 11 tot 13 April beoog. Bel haar by 082-784-4549. S Landdros M. Thamae het ’n aanklag van aanranding in die landdroshof teen André Knipe teruggetrek. Sy verskyning spruit uit ’n bakleiery tussen hom en Jacques van Schalkwyk, ’n regisseur van Supersport, by ’n badkamer vir gestremdes in die Vrystaatstadion. Dit het blykbaar hoofsaaklik oor Juliet Lupton, die vriendin van Knipe, gegaan. ’n Skikking is tussen Knipe en Van Schalkwyk bereik.
S Leolynn Smith van Graaff-Reinet is aangestel as ’n subredakteur in Bloemfontein by Media24 se plaaslike koerante waarvan Bloemnuus een is. S Prof. Muna Mdolu het Dinsdag sy intreerede gelewer as buitengewone professor aan die departement handelsreg aan die UV. S Ernest Welgemoed is in die deur van Standard Bank in Nelson Mandelarylaan geskiet en beroof toe hy op pad was om geld van die Parkweg-slaghuis te gaan bank. Die koeël is deur Ernest se been en hy is in die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal opgeneem. ’n Klag van gewapende roof word ondersoek. S Mariëth Hattingh (38) se troosdiens het Woensdag in die NG kerk Wilgehof plaasgevind.
Photo: Eye Candy Photography House
S Pieter van der Berg van Huis Deernis vier vandag sy 88ste verjaardag. S Allan Donald, bou afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan, gaan Bloemfontein om persoonlike redes vir die Kaap verruil. Hy het sy huis in Bloemfontein reeds verkoop en soek woonplek in die Kaap. Donald sal ook in die Kaap ’n onderhoud voer by ’n geskikte skool vir sy tienerseun. Volksblad het vroeër berig sy seun ly aan aandagafleibaarheid. Dit is vir hom hartseer om die stad te verlaat, want hy is ’n gebore en getoë Bloemfonteiner. S Chalbert Sassenberg en Andrew Elsmere, albei 25 jaar oud, is dood nadat die voertuig waarin hulle gery het, verskeie kere gerol het voordat dit teen ’n muur tot stilstand gekom het. Sassenberg het vermoedelik beheer oor sy voertuig op die N1-hoofweg naby die Walter Sisulu-afrit verloor. Anna-Marie Sassenberg, Chalbert se ma, het in Maart 2011 haar man, André (55), en oudste seun, Leaan (32), ook in ’n motorongeluk verloor. ’n Gedenkdiens vind môre om 12:00 by Celebrations, Kenilworth 5, Spitskop, plaas. S Ivan Mikyle Pool (1991-2013), ’n kelner by Kerdoni’s (Bayswater), is vier dae ná sy 22ste verjaardag dood. ’n Dankdiens vir sy lewe is in die Trinity-Metodistekerk gehou.
Die nuwe drie hoofleiers van Greykollege (primêr) is aangewys. Hulle is Reece van Staden (onderhoofseun), Lesley Botha (hoofseun) en Riaan Brits (onderhoofseun).
S PD Jacobs, ’n fynwol-merinoteler van Trompsburg, is vanjaar die Landbouskrywers SA: Sentraal se boer van die jaar vir die Vrystaat. Jacobs, wat die Pdrino-fynwolstoetery op die plaas Vlakfontein saam met sy skoonseun Willem Grobbelaar bedryf, word vereer vir die dekades van uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse wolbedryf.
bond en Rapportryers, Bles Bridges, die dominee en die skoolhoof. Jy kan Boheems in Afrikaans wees, jy kan ’n punk of ’n hippie of ’n anargis of ’n vryheidsvegter wees, jy kan ’n wêreldburger of ’n kommunis of ’n sosialis of ’n Katoliek of ’n Hare Krishna wees – jy kan wees net wat jy wil en nog Afrikaans wees. En jy kan baie beslis ’n demokraat en Afrikaans wees. – Max du Preez oor Vrye Weekblad se boodskap aan Afrikaanssprekendes tydens die laaste jare van apartheid, Oranje Blanje Blues – ’n nostalgiese trip.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
Dagboek
WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings. Stuur dagboek-inskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdae om 09:00.
VRYDAG 8/11 S Yuran Lee violin recital with Tertia Visser-Downie (piano), Odeion, 19:30. Admission: R130, R90, R50. S Lees vorige uitgawes van Bloemnuus aanlyn op die koerant se digitiale bewaarplek/ argief, bloemnuus.co.za. S Snow White and the 7 dwarfs om 11:00 in die André Huguenet-teater. Kry kaartjies teen R25 by Pacofs. S Hoe ’n man se kop werk (komedie) met Altus Theart. Kaartjies kos R100 by Kiki Corner, 051-446-5666, of skryf aan Madelein by meerkatkolonie@vodamail.co.za.
Vrydag 22 November: Mathys Roets om 19:00 in die Koeke la Café. Kaartjies kos R100. Etes is beskikbaar. Bespreek vooraf plek by Gabrielle by 0514301949. Bloemnuus is die mediaborg van dié konsert.
SATERDAG 9/11 S David Fourie en die Bloemfonteinse Kinderkoor tree om 19:30 in die Sand op. Kaartjies kos R100 en R120. Pacofs, 051-447-7771. S Springbokke speel om 19:30 teen Wallis in Cardiff. S Empire of Desire and the Devil’s Ribs at 20:00 in the Aasvoëlklub. S Van Toeka tot Nou-motorskou op die Loch Loganeiland. Toegang kos R30. Bel Willie Marais, 082-331-5339. S Die son kom vandag om 05:15 op en steek vanaand om 18:42 sy kop weg. S NOTC VII om 18:00 in die Tempe- binnenshuise sportsentrum. Daar sal 12 gevegte wees. Die hoofgeveg is tussen Warren Allison en Sihle Khuboni. Skakel 083-612-8590. S ’n Boeremark word elke Saterdag van 06:00 af op die Bewarea-terrein in Langenhovenpark gehou. Daar is ’n spesiale Kersmark met Manie Jackson as gaskunstenaar op Vrydag 29 November van 17:00 af. Toegang is gratis. SONDAG 10/11 S Koek en koffie word van 15:00 tot 17:00 in die lentetuin van die Koekela Huis Kafee (Reidstraat 17, Westdene) bedien. Bel Gabrielle by 073-1411740. S Gaan eet om 12:00 afval met plaasbrood, botter en ander bykosse in Truksvy op Soutpan. Plekbespreking is noodsaaklik: 27767688726@vodamail.co.za.
Rhyno van den Berg (regs) is die wenner van Bloemnuus se Pas die Fotokompetisie. Hier ontvang hy ’n R500geskenkbewys van Johnny’s Fruit Market, asook ’n geskenkbewys vir ’n driegangete vir twee van Euro Caffé. Links staan Simon Tyranis, eienaar van Johnny’s Fruit Market, en agter Carike Barnard wat die kompetisie gekoördineer het. MAANDAG 11/11 S Iewers Nice maak ’n nuwe tak by Pretty Gardens langs Caramello’s oop. Die tak by Reidstraat 28, Westdene (071695-0104), gaan soos altyd voort. S Koop ’n burger by die Spur en kry een gratis. S Die Bevrienders hou sy jaarvergadering in die sentrum by Klercklaan 18, Brandwag. S MTV Europe Music Awards vier sy 20ste bestaansjaar in Amsterdam. Justin Timberlake, Macklemore en Ryan Lewis is voor in die koor met vyf benoemings elk. MTV, 22:00, kanaal 130. S Aansoekvorms vir stalletjies op die Vryfees se kunstemark is van vandag af op vryfees.co.za beskikbaar. Die sperdatum is 20 Maart en die kontakpersoon is Atie Kamper. Stuur e-pos na atie.kamper@volksblad.com. S End of year function of the Ladies 100 Club at 18:30. The guest speaker will be Devi Govender of Carte Blanche. Tickets cost R225 (members) and R235 (guests). Call Mags Lewis-Houghting on 082-4117412. S Die laaste maandvergadering van die jaar van die Vrystaat-tak van die Genealogiese Genootskap van SuidAfrika om 18:30 in die ouditorium van die Oorlogsmuseum. Die gasspreker is dr. Martinus Jordaan wat oor die verskil (al dan nie) van navorsing in genealogie as tydverdryf of vir akademiese kwalifikasies sal praat. Besoekers betaal R20 teegeld. Bel Marietjie van Zyl, 082-406-5975. S Die meeste MultiChoicekliënte gaan ’n week lank gratis toegang tot die meeste van
die kanale op die DStv Premium-pakket kry. Van vandag tot Sondag sal intekenare op die pakkette DStv Access, Select 1 en 2, Family, Compact en Extra customers toegang tot kanale soos SuperSport se nege kanale, bykomende nuuskanale, kinderprogramme en vermaakkanale hê. M-Net se 13 kanale, met flieks, reekse en meer, sal ook op die naweek van 16 en 17 November oopgestel wees. TUESDAY, 12/11 S Day of Aashura (Tenth day of Muharram), Islamic Holy Day. S Oproep tot gebed by Klipkerk tussen 10:00 en 11:00 in kamer 21 van die kerk se sentrum. Bel Vanessa, 072-3753652. S Kunstenaars wat van 15 tot 20 Julie op die 14de Vryfees in Bloemfontein wil optree, het nog tot 30 November tyd om hul aansoeke in te dien. Dit kan by vryfees.co.za ingedien word. WOENSDAG 13/11 S NG kerk Soutpan hou om 10:00 vrouebybelstudie in Truksvy. DONDERDAG, 14/11 S Jennifer Zamudio met Hart en Siel in InnieSkuur. Kaartjies teen R80 is te kry by Kiki Corner (051-446-5666) en Music Inc (051-433-3439). Navrae: 079-387- 3614 of meerkatkolonie@vodamail.co.za. S Ter viering van Wêrelddiabetesdag bied die Life Rosepark-hospitaal van 09:00 tot 14:00 ’n diabetesbewusmakingsdag aan. Die publiek kan die hospitaal vir gratis bloeddruk-, cholesterol- en glukosetoetse besoek. Sr. Jossie van
der Westhuizen, suster in beheer van diabetiese dienste van die Life-Rosepark-hospitaal, sal help met raad en inligting. Bel die bemarkingskantoor van die Life-Roseparkhospitaal by 051-505-5424. S Klipkerk-feesmark in die gemeentesentrum. Belangstellendes wat wil uitstal, kan 051-448-1419 bel. VRYDAG 15/11 S Kersmark van 10:00 tot 18:00 met heerlike eetgoed en mooi geskenke by Plettenbergstraat 1, Dan Pienaar. Bel Lita Kotzé, 083-262-1165. S Tempe-gholfklub hou ’n gholfaand, iets wat selde plaasvind. Bel Johan Venter by 082-551-1137 of stuur e-pos na johan@bfn.co.za. DINSDAG 19/11 S Reps for Jesus, Praise and Worship-aand, 18:30, House of Bread. Bel Francois Kruger, 084-446-3084. THURSDAY, 21/11 S Jérome Pernoo (tjello) en Jêrome Ducros (klavier), Odeion, 19:30. Toegang kos R130, R90 of R50. S Die Vrystaatse tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gesondheid en Beroepsveiligheid (Saiosh) bied ’n konferensie en uitstalling oor beroepsveiligheid en gesondheid in die President-hotel aan. Registrasie is om 08:00 en die konferensie begin om 09:00. Van die onderwerpe onder bespreking is die wetgewing oor beroepsveiligheid en gesondheid en registrasie van praktisyns. Dit kos R295 per persoon. Bel Gillian Sue, 082701-9149. S Nog inskrywings is te vind op bloemnuus.co.za.
Altus Theart, Björn Coetsee met Bunnie, die kleinste kuiergas in Innie Skuur, Elzette Maarschalk en Joseph Clark. Nog foto’s te sien op bloemnuus.co.za se galerye.
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 5
Ons mense in die vreemde
Die Fouriegesin woon in Essex, Engeland. Van links is Stephan (17), Christine, Melissa (24), André en Etienne (21).
Hegte gesin het groot waarde ANDRÉ FOURIE, ’n oudleerling van Sand du Plessis en Jim Fouché, en sy gesin woon in Benfleet, Essex, oos van Londen waar die Teems in die Noordsee uitmond. “Ons bly op ’n bult wat uitkyk op die Teems waar dit see begin word. Die rivier mond by Southend-on-Sea (een van die buurdorpe en ’n gewilde vakansiebestemming) in die Noordsee uit en afhangend van hoe die wind waai, kan ons die see ruik.” Hy het hul ervaring van Engeland en die mense met Theonie Kok gedeel. Hoekom Essex? Ek het by ’n filiaal van Saambou gewerk. Toe Saambou in 2002 vou, was dit die derde keer in ’n kort ruk dat die (beroeps-)mat onder my uitgepluk is. Christine het ’n werkaanbod van Essex ontvang en so het ons toe besluit dat ons as gesin so ’n jaar of wat die wêreld gaan verken. Wat doen julle? Ek is saam met twee oud-Durbaniete in ’n besigheid, Biltong Direct, waar ons boerewors en biltong maak en ander Suid-Afrikaanse lekkernye vir verlangharte invoer en verkoop. Christine is ’n rekenaarkonsultant in Londen. Melissa (24) doen haar meestersgraad in argitektuur aan Oxford. Etienne (21) doen sy honneursgraad in BSc (rekenaarwetenskap) aan die Universiteit van Essex waar hy in die ontwikkeling van videospeletjies spesialiseer en Stephan (17) doen sy A-levels (omtrent dieselfde as st. 9 en st. 10 in Suid-Afrika). Het julle maklik aangepas? Nee. Die aanvanklike plan was om ’n jaar of wat te kom – wat soos ’n verlengde vakansie gevoel het – een wat te lank uitgerek het. My hart klop Vrystaatbloed en ek is gewoond aan rolbosse, rooigrond en Afrikaans. In ’n stadium wou ek met alle geweld oppak en teruggaan. Die onderneming, waar ek met mede-Suid-Afrikaners kon meng en ons inskakeling by die Suid-Afrikaanse gemeente het baie gehelp om my aanpassing eindelik makliker te maak. Hoe leef jy jou kultuur as Suid-Afrikaner daar uit? Ons praat net Afrikaans by die huis, gaan na die Afrikaanse kerk hier en bring met elke besoek aan Suid-Afrika Afrikaanse boeke en musiek saam. Al my Britse vriende ken die Cheetahs. Etienne is betrokke by die internasionale War and Peace Show waar mense van oor die wêreld heen jaarliks krygstuig en uniforms van vergange oorloë uitstal en veldslae uitbeeld. Hy en ’n groep jong Suid-Afrikaanse manne (en enkele meisies) verteenwoordig ons Bosoorlog – kompleet met browns, webbing en selfs ’n Eland-pantserkar. Wat maak dit beter of slegter om daar te woon? ’n Groot voordeel is dat dit so maklik is om Europa toe te gaan, veral noudat ons Britse paspoorte het. Ons gaan dikwels vir ’n naweek Nederland, Frankryk of België toe. Die gesondheidsorg is uitstekend en ons het geen skoolgeld vir die kinders betaal nie. Ek is egter oortuig daarvan dat die gehalte van onderwys in SuidAfrika beter as in Engeland is. Ná drie kinders deur die stelsel verstaan ek steeds nie die onnodig gekompliseerde stelsel nie. Hoe verskil die Britte van Suid-Afrikaners? Hoewel ek dit deesdae ook al hoe meer by SuidAfrikaners sien, grens die Britse Health and Sa-
fety-reëls en -regulasies heel dikwels aan die belaglike (anderdag is koekies by ’n laerskool verbied omdat iemand beseer kan word as hy daarmee gegooi sou word. By ’n ander skool moes kinders handskoene en ’n bril dra toe hulle met gomstiffies gewerk het). Nog ’n verskil is dat meisies toegelaat word om grimering skool toe te dra en hul hare los te laat hang wat nie by ’n skooluniform pas nie. Baie van die seuns – van laerskool af – dra blink oorbelle (skool toe). Is die mense van Essex erg gesteld op hul voorkoms? Essex is Engeland se Vrystaat waar landwyd goedig die spot gedryf word met die inwoners. Die meisies word geterg oor hul voorkoms – oranjerige fake tan, vals naels, vals wimpers en hulle is baie modebewus – soos in die gewilde TV-program The Only Way Is Essex. Interessante sêgoed? Wildvreemdes kan jou as darling of sweetheart aanspreek – ongeag jou ouderdom of geslag. Hier word ’n dialek gepraat (Estuary English) wat ons aanvanklik moeilik verstaan het. Hulle kan nie ’n “r” sê nie en ook nie die Engelse “th”-klank nie. Verder sê hulle nie die “t” aan die einde van ’n woord nie. ’n Sin soos “But, Mother, it is my birthday” word “Ba Muve, ee eez ma bifday” en dan word die laaste “ay” so lank uitgerek. Meneer Gerber, my Engelsonderwyser, sou die stuipe gekry het as hy moes hoor hoe die klomp Engelse hul taal vermoor. Wat mis jy van Bloemfontein? Ek moet nou versigtig wees om nie die Bloemfontein wat ek destyds agtergelaat het te verwar met die huidige Bloemfontein nie. Soos oral ter wêreld het die tyd aangestap en verandering gebring. Ek mis die spontane Afrikaans, die ongekompliseerde lewenstyl en dat Bloemfontein ’n kompakte stad met alles binne ’n redelike afstand is. Ek verlang na die heerlike tye by Maselspoort en die atmosfeer (en sosaties) op die jaarlikse landbouskou. En om die Cheetahs in die Vrystaat-stadion te sien. Raad vir ander mense wat oorsee wil gaan werk en woon? Besef dat jy alles wat vir jou bekend en dierbaar is, agterlaat en dat dit tyd gaan verg om so soort van ’n ondersteuningstelsel te begin. Maak seker die kultuur is vir jou aanvaarbaar. Die belangrikste is egter om ’n doelbewuste besluit te neem en dan afsluiting te kry. Moet nie, soos ek, met jou twee bene in verskillende lande staan nie. Watter lewensles het jy daar geleer? Moet nooit die waarde van ’n hegte gesin onderskat nie. Sonder my gesin sou ek dit nie gemaak het nie. By ’n gebrek aan behoorlike ondersteuning, soos ons in Suid-Afrika het, was ons op mekaar aangewese en het ons ’n baie hegte eenheid gevorm.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
Gr. 12’s
Lizelle Kotze en Tertius Tait (Sand du Plessis).
Erika Henning en Arno Dynes (Jim Fouché).
Jade Martyn en LizeMarie Kruger (Sand du Plessis).
Bern Potgieter en Lorenco de Kock (Jim Fou ché).
Ig Maré en Carmen Smith (Fichardtpark).
Jean Massyn en Anton Klopper (Fi chardtpark).
Henco Moller en Jeanique Greyling (Fi chardtpark).
Arndt Viviers en Simonei van Ede (Fichardt park).
LizéMari du Toit en Rikus Smit (Fichardt park).
Linette Swiegers (Sand du Plessis).
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 7
Krappie Labuschagne en Carla Grové (Fichardtpark).
Marco Bester en Esmari Coetzee (Grey).
Callie Malan en Inge Viljoen (Fichardtpark).
Zander Visser en Zandri van der Ryst (Jim Fouché).
Ruan en Elene (Grey).
Marcel Matthee en Pallie Venter (AHS Kroonstad).
Nina le Grange en PC Labuschagne (Jim Fouché).
Foto: Zander Visser
Mariesa Olivier en Julian Roux (Jim Fouché).
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
MEET OUR NEWEST MEMBER Of ThE faMily. BRiNg yOURS TO jagUaR BlOEMfONTEiN ThiS WEEKEND.
JAGUAR RANGE STARTING FROM ONLY R534 800. It’s your chance to introduce your loved ones to the car of your dreams. Bring them and join us at Jaguar Bloemfontein this weekend. And after seeing the SA Car of the Year finalist F-Type, you can check out the thrilling Jaguar XF, which is now available from just R534 800. JAGUAR.CO.ZA
h OW a li V E a RE yO U ?
JAGUAR BLOEMFONTEIN
50 Nelson Mandela Avenue, Bloemfontein Tel: 051 403 4200
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 9
Klas van ’13
BLOEMNUUS het baie foto’s ontvang waar matrikulante voor hul matriekafskeid is by motors – van blinknuwe vuurwaens tot ’n outentieke perdekar, afgeneem is.
Ian Stannard en Felescha van der Westhuizen (Jim Fouché).
Hardus Nieuwenhuis en Liza Labuschagne (Fichardtpark).
Chanrilize Coetzer en Anco Gouws (Jim Fouché).
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
Jano de Beer en Marieke Botha (Jim FouchĂŠ).
Mariska Swiegers (Fichardtpark).
Ronel van Zyl en Stephan Raulstone (Fichardtpark).
Ludwig Streso en Sammi Lee Snyman (Fichardtpark).
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 11
Tyd vir uitspan Idees, wenke en raad om jou naweek te help beplan:
Wysheid uit die fles DOMINEE: “Dronk Daan, ek wil vandag met jou praat . . .” Dronk Daan: “Praat maar, Dominee, ek luister.” Dominee: “Dis oor jou drinkery wat ek met jou wil praat, Dronk Daan.” Dronk Daan: “En wat van my drinkery, Dominee?” Dominee: “Dronk Daan, ek dink jy drink te veel.” Dronk Daan: “Mag so wees, Dominee, maar wat kan ek maak as die dors so groot raak?” Dominee: “Maar, Dronk Daan, dis mos nou al oor en oor bewys water is die beste drank op aarde . . .” Dronk Daan: “Ja, Dominee, maar wie is ek, arme sondaar, om altyd net die beste te wil hê?” – Grappie ingestuur deur Jorina Claassen
PERSOONLIKE DIENSTE
1420
CJK ACCOUNTANTS: For any accounting work, financials, statutory returns, estates, etc. Contact 0795223021/ cjkinfo@cjkacc.co.za www.cjkacc.co.za
S Ficksburg se gewilde Kersiefees word die naweek van 23 November gehou. Kyk by cherryfestival.co.za. Slabbert Toere, ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus, onderneem ’n toer na dié fees. Bel Andries du Toit by 083-412-7453. S Philippolis, 90 minute se ry suid van Bloemfontein, hou skou tot môre. Die saalperdskou is naas die een in Bloemfontein die grootste in
BOEDELKENNISGEWINGS
OP SOEK NA I am looking for knitting machines: Empisal and Passap, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.
LOODGIETERS 1855
Qualified plumber: We do geysers, bathrooms, leakages, etc. Contact Jerry 079 077 2054.
1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234. BOME SNY en tuinvullis verwyder. 40% afslag. Skakel Joubert 0832407905.
1435
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
ALGEMENE & HUISDIENSTE
BOME
KRUIEKENNER
1879 – Born: Leon Trosky, Russian Communist leader. 1887 – The Johannesburg Stock Exchange (JSE) is established.
S Weg, die reistydskrif, reik ’n plattelandse uitgawe genaamd Weg/ Platteland uit. Die eerste uitreiking is op 25 November op die rak.
1485
FINANSIEËL
1679 – Commander Simon van der Stel camps on the bank of the Eerste River and calls the place Stellenbosch.
S DIT sal vandag 30 °C word, volgens weathersa.co.za. Die aanvoelbare temperatuur sal 31 °C wees. Geen reën word voorspel nie. Die res van die naweek se weer lyk soortgelyk. Jy kan dus jou naweek hiervolgens beplan.
S Die Otterskloof- Private Wildreservaat hou op Saterdag 16 November ’n MTB en Trail Running Event. Hardloop/ry tussen renosters, swartwitpense en buffels deur langs die Vanderkloofdam. Kontak: lulani.vermeulen@gmail.com of 078-801-9776.
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
JEFFREYS BAY: XMAS SPECIAL BEAUTIFUL, FULLY FURNISHED 2-BEDR DUPLEX, CARPORT, BRAAI AREA. 1 KM FROM BEACH.044 293 1268/ 076 400 0703.
EIENDOMME
TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
Ruim, moderne 3-slk-/2-badk, 2 motorhuise, voorafbetaalde krag, in Waverley. R7 800 plus deposito. 083 297 9221/071 872 7870.
122 TJ HOLTZHAUSEN In the estate of the late Tobias Johannes Holtzhausen, identity number 340426 5008 087, married out of community of property to Magdalena Welhelmina Anna Holtzhausen, a pensioner who resided at Flat I 8, Noorderbloem Retirement Village, Metz Street, Bayswater, Bloemfontein, date of death 21 October 2012, number of estate: 13145/2012. Notice is hereby given in accordance with Sections 35(5) and 34(9) of Act No. 66 of 1965, as amended, that the first and final liquidation and distribution account in the above estate, will lie open for inspection at the office of the Master of the High Court, Bloemfontein for a period of 21 (twenty one) days from date of publication of this notice. Signed at Bloemfontein this 31st day of October 2013. KA SOROUR C/o Van der Merwe & Sorour 45 First Avenue Westdene Bloemfontein
Today in history
1909 – Born: Katherine Hepburn, American actress who won four Oscars. Her movies include The Philadelphia Story and The African Queen. 1922 – Born: Christiaan Neethling Barnard, medical pioneer who performed the first heart transplant.
Johan Kok, met wie Bloemnuus die heel eerste Ons Mense in die Vreemdeonderhoud gevoer het, woon nou in SuidKorea en het dié foto van ’n grootstreepswael op ’n onlangse kuiertjie in die Bloem hofdamnatuurreservaat geneem. sy soort in die land. Annette Loock, 051-773-0484.
0158) is ongeveer 90 km suid van Kimberley.
S Suid-Afrika se jongste nasionale park, Mokala, is nou nog groter. Die park is nou 275 vierkante kilometer groot. Dit volg nadat nog grond van 10 vierkante kilometer hierby gevoeg is. Mokala (053-204-
S Stuur soortgelyke inskrywings na jens.friis@media24.com. Die plek of gebeurtenis moet naby genoeg aan Bloemfontein wees dat inwoners maklik oor ’n naweek daarheen kan uitwyk.
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
122 ARTHUR EDWARD SCOTT In die boedel van wyle Arthur Edward Scott, identiteitsnommer 370621 5006 080, gebore 21/06/1937, boedelnommer 2484/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening (tensy anders vermeld) in bogenoemde boedel ter insae sal lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof Bloemfontein vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 8 November 2013. Evert Phillippus Jacobus Kleynhans, Posbus 20157, Willows 9320. Tel. 051 430 3630, datum: 29 October 2013. 122 HM VAN NIEKERK In die boedel van wyle Henricus Marinus van Niekerk, wat woonagtig was by Westerbloem 170, Bloemfontein, boedelnommer 869/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Bloemfontein, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 8 November 2013. PROKUREURS: DUVENHAGE & VAN DER MERWE, Posbus 63, Kuruman 8460.
GEREGTELIKE VEILING 4501
KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik Bloemfontein, gehou in Bloemfontein, in die saaknommer 19649/2013 tussen: LOOTS LOODGIETERS Eksekusieskuldeiser en MNR BOETA KöNIG Eksekusieskuldenaar Geliewe kennis te neem dat ingevolge 'n vonnis verleen op 11/09/2013 in bogemelde Agbare Hof in terme van 'n Lasbrief vir Eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word op Dinsdag 3 Desember 2013 aan die hoogste bieër by Balju Bloemfontein-Wes, Veilingslokaal, Mannionweg 4C, Ou Industriële Gebied, Oranjesig, Bloemfontein (langs die Kragsentrale en Little Green Beverages) om 10:00, naamlik: 1 Isuzu KB 320 V6 D/C-bakkie met kappie (registrasienommer: BTP682FS) R65 000 Neem verder kennis: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju, Bloemfontein-Wes, Derde Straat 6A, Bloemfontein 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan die bepaalde voorwaardes, onder andere: 3.1 voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008 3.2 FICA-wetgewing met betrekking tot identiteit en adresbesonderhede 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. Verkoping sal geskied by die veilingslokaal van die Balju, Bloemfontein-Wes met afslaers. 5. Advertensiegeld teen heersende publikasietariewe en verkopingskoste volgens Hofreëls, geld. Gedateer in Bloemfontein op hierdie 29ste dag van Oktober 2013. W J BOTHA Prokureur vir Eiser Botha Hefer Ing. Property Park Kellnerstraat 60B Bloemfontein Verw: WJ Botha/bv/LOO4/0004 Tel. 051 430 4353
1923 – Adolf Hitler attempts a coup in Munich, the “Beer Hall Putsch”, and proclaims himself chancellor and Ludendorff dictator. 1960 – John F. Kennedy is elected 35th president, defeating Republican candidate Richard Nixon in the closest election, by popular vote, since 1880. 1974 – Born: Penny Heyns, South African swimming star. She represented South Africa at the Atlanta Olympics in 1996, winning both the 100 m and the 200 m breaststroke event. This made her the only woman in the history of the Olympic Games to do so.
12
BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013
BLINK UIT: Van links is Bianca van Huysteen, Elri Groenewald, Ruhandré Coetzee en Kobus Duvenhage, die Laerskool President Brand se sportsterre vir 2013.
Naka Drotské by sy vrou Marzanne en die kinders Jeazanne, Annica, Tristan en Allen.
Foto: Charl Devenish
Die ander Naka . . . NAKA DROTSKÉ is as rugbyspeler en afrigter bekend. Maar wie is hy as mens? Hier verklap hy ’n paar dinge wat jy moontlik nie geweet het nie. Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Ek sou ’n pro-golfer wou wees. Wat is jou grootste tekortkoming? Ongeduld.
Met watter tekortkominge in ander mense kan jy saamleef? Mense wat impulsief is.
Wie of wat is die liefde van jou lewe? My twee seuntjies en my vrou Marzanne.
Wie en wat kan jy nie verduur nie? Skynheilige mense en mense wat negatiwiteit in alles raaksien.
Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Ons eet graag by Margaritas.
Jou kenmerkendste eienskap? Ek is ’n reguit mens. Wie is jou helde? Richard Branson en Ernie Els.
Waarvan hou jy glad nie in Bloemfontein nie? Stofstorms. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? By my rivierhuis by Riviera Glen saam met my gesin. Jou kosbaarste besitting? My skootrekenaar. Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Richard Branson. Wat sou jy dan vir ete maak? Braaivleis met my groentepot. Wat verveel jou? Mense wat wil kritiseer maar nie hul feite reg het nie. Wat is jou gunsteling-versreël? Avoid pessimists. Negativity is contagious.
Adriaan Strauss (links) en Naka Drotské.
Foto: Conrad Bornman
Waar sou jy eendag wil aftree? Phuket.