VRYDAG 9 AUGUSTUS 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
Anderland
Riana Nel
Van Bloem tot Gaboen
Maak draai in Bfn
bl. 10
Om die wêreld per fiets
Twee vat die pad
bl. 12
Ry só saam op Taaldag Otto Liebenberg
’n BUSTOER deur Bloemfontein met die stad se “taal”-geskiedenis as tema. Dít is wat op toergangers wag wat die Vriende van die Ou Presidensie se Taaldag-bustoer onder leiding van Otto Liebenberg, kurator van Naln, op Saterdag 24 Augustus gaan meemaak. Die Taaldag-toer gaan soek na geboue en plekke wat nog tasbaar aan dié interessante geskiedenis herinner. Geboue soos Borckenhagen se koerantgebou, die Ou Mark, die Oranje-Koffiehuis, die Derde en Vierde Raadsaal, standbeelde en selfs die onherkenbare terreine van verblyf en samekoms. En daar word gesoek na ’n perspektief op die huidige en toekomstige taalwerklikhede van Bloemfontein. Die oorsig begin nog voor die vroeë Kaapse veeboere en die Groot Trek. Voordat kapt. Warden in 1848 sy Britse garnisoen by die fontein bekend as Bloemfontein vestig om hiervandaan Britse beheer in die Transoranje uit te oefen. Die plaas is deur Johan Nicolaas Brits bewoon. Die Basotho noem die gebied Mangaung. By Philippolis en Thaba Nchu vestig daar onderskeidelik Griekwa- en Barolong-gemeenskappe. Mettertyd kom Duitse en Franse sendelinge,
GRATIS
en Joodse en ander handelaars. Toe Brittanje in 1854 uit die gebied onttrek, is die Vrystaters kwalik gereed vir onafhanklikheid en daar word sterk op uitlanders, veral Hollanders, en kundiges uit die Kaapkolonie staatgemaak om ’n staatsadministrasie op die been te bring. Bloemfontein is ’n kosmopolitiese dorpie. Die boerebevolking praat
bl. 2
onbewustelik lankal Afrikaans. Dr. Brill lewer ’n keerpuntlesing, nog vóórdat die GRA in die Paarl gestig word! F.W. Reitz, hoofregter en later staatspresident, word een van die eerste Afrikaanse digters. Afrikaans soek ’n plek naas Nederlands. Maar Engels, “wêreldtaal” en magstaal, word ook modetaal. Carl Borckenhagen, koeranteienaar, is Afrikaans simpatiek. Die legendariese Oom Lokomotief verhuis na Bloemfontein. Die Anglo-boereoorlog breek uit; daarna is dit Milnertyd. Maar Bloemfontein het ook taalbewustes soos ds. Willem Postma, Johannes Visscher, pres. Steyn, genl. Hertzog, dr. D.F. Malherbe, en andere; verenigings soos die Afrikaanse Taalgenootskap en Onze Taal. Uniewording kom, met Engels en Nederlands as amptelike tale. Afrikaans neem mettertyd die plek van Nederlands in; ook in die kerk, en die Afrikaanse Bybel verskyn.
Dagboek: Saterdag 24 Augustus S Ou-dae-Erfenistoer (Vriende van die Ou Presidensie). Taaldagkultuur-historiese bustoer om 14:30. Parkering: Elizabethstraat. Gids: Otto Liebenberg. Koste: R50 vir nie-lede en R25 vir lede. Reza Brits, 051-522-4575.
Op die Taaldagtoer word daar by die Vrystaatse Provinsiale Wetge wergebou en Naln (klein foto’tjie links) aangedoen. Foto’s: Jens Friis