VRYDAG 4 OKTOBER 2013
Met lof
My life in Thailand
Dewald Louw kry graad bl. 10
p6
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZAGRATIS
Sit aan
Kokkedoor deel een van sy resepte bl. 8
As ek moeg word vir die lewe in die stad . . .
Vat ek die pad MAAK soos Jens Friis en verken ’n nedersetting digby Bloemfontein. Blaai na bl. 2.
Foto: Jens Friis
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013
Briewe
S MET die geweldige waterkrisis wat Bloemfontein die afgelope klompie dae getref het, het ons in Genl. Brandrylaan 133, Uitsig, ons harte oopgemaak en bure gehelp met die skep van water uit ons swembad vir toiletgebruik. Sodoende is die swembad se watervlak onder normaal gelaat. Graag vra ek hiermee dat die stadsbestuurder ons ook tegemoet sal kom om ons swembad gratis op te vul. – M.M. van Straaten, 082-681-5003
Ry ’n draai na dié pos
S DIE Soet-en-sout-hoenderkebabs wat voorverlede week in Bloemnuus was, het ons op Braaidag beproef. En ek moet sê: Dit was uiters smaaklik. Ek kan dit beslis vir ander lesers aanbeveel. – Ansie, Fichardtpark S ONS dogter se troufoto was in Bloemnuus. Ek was absoluut verstom oor hoeveel mense ons daarna gebel het om te sê hulle het dit gesien – selfs van Dewetsdorp en Brandfort. Bloemnuus word wyd gelees! – Alta Muller S VERBEEL ek my, of word daar die afgelope tyd baie meer instandhoudingswerk gedoen in die tradisioneel wit woonbuurte van Bloemfontein as in die afgelope paar jaar? Strepe word met verf op paaie aangebring wat deur die jare al verblyk is, ’n mens sien darem dat daar hier en daar ’n slaggat reggemaak word, Hoffmanplein word opgeknap, sypaadjies word langs Nelson Mandelarylaan gelê . . . Ek hoop nie ek is verkeerd nie. Dit sal wonderlik wees as die munisipaliteit sy sake agtermekaar kry en daar ’n verbetering is. – Brink Kern
Dié man het besluit dit is makliker om met sy fiets teen die bult op te stap as om dit uit te ry.
DIE lente is hier en die weer is ideaal om die pad te vat en ’n nedersetting in die Bloemfontein-distrik te verken. In die komende weke sal JENS FRIIS sulke plekkies aandoen waarvan die wêreld al grootliks vergeet het. Eerste aan die beurt is Austin’s Post – suidwes van Bloemfontein. DAAR word gesê watter lewenspad jy neem, gaan bepaal waar jou lewensreis gaan eindig, maar met ’n vakansie is dit anders: Dan hoef jy genadiglik nie altyd ’n bestemming te hê nie. Soms is dit van die lekkerste lekkertes om eenvoudig sonder enige verwagtings ’n pad te vat. En so moet dit wees as jy oor ’n naweek besluit om ’n draai deur jou dorp of stad se distrik te gaan ry. Só slaan ons op ’n Saterdagoggend neus in die wind in die rigting van Jagersfontein met die R706, wat sommige sê die langste reguit stuk pad in die land is. Op die kop 65 km uit Bloemfon-
Sou jy gaan S VAT drink- en eetgoed saam en hou piekniek langs die pad soos in vanmelewe se dae. S Gooi in Bloemfontein of op Edenburg brandstof in, daar is nie ’n vulstasie op Austin’s Post of Wurasoord nie. S Onthou jou sonbril en sonbrandroom. S Lente en herfs is die beste tyd om dié geweste te besoek. Die winters is vaal en bitter koud en die Vrystaatse vlaktes is in ’n droë, uitmergelende somer nie altyd die mooiste plek nie.
Pure plaas: ’n Trekker voor ’n skuur. tein kruis die Petrusburg/Edenburg-grondpad dié pad en dit is hier waar ons op die ingewing links draai toe die R706 te reguit word. ’n Verdere 3 km aan wag Austin’s Post. Sy bome sien jy in die verte van die teerpad af. Oor dié plekkie wat was, is beslis in sy ganse bestaan nog g’n reisberig geskryf nie. Maar hierin lê juis die lekker: Om op ’n plek te kom waar plaaswerkers verbaas na jou kyk as jy ’n foto van hul wêreld neem. Hier kom immers selde besoekers en jy gaan een van weinig wees wat ’n prentjie aan die naam Austin’s Post sal kan koppel. Ja, dit is maklik om deesdae te reis en onontdekte plekke word min. Dié stippel op ’n kaart bestaan deesdae uit weinig meer as ’n plaasopstal en skure. Maar op sy dag het die boere en werkers van omliggende plase hierheen gestroom om die nodige goedjies by die plaaslike winkel aan te skaf. Jy sou ook jou pos hier kon kry en waarskynlik brandstof ingooi. Austin’s Post was voorwaar ’n pos vir die onmiddellike omgewing. Maar só vergete is dit nou dat ’n soektog op Google niks oplewer oor waar Austin’s Post se wortels lê nie.
Op sy dag het die boere en werkers van omliggende plase hierheen gestroom om die nodige goedjies by die plaaslike winkel aan te skaf. Jy sou ook jou pos hier kon kry en waarskynlik brandstof ingooi. Foto’s: Jens Friis Al wat ek wys word, is dat dit wel nog ’n aparte inskrywing as “plek” in die Geelbladsye het met name soos Van der Merwe van Diepfontein, King van Wonderkop en nog ’n Van der Merwe van Poskraal. En dit is deur dié wêreld suidwes van Bloemfontein wat ons na Wurasoord ry om die N1-
noord terug huis toe te vat. Die voordeel van só ’n sirkelroete is dat jy nie weer dieselfde pad terug Bloemfontein toe ry nie. En as jy ’n ekstra uurtjie het, kan jy in plaas van Wurasoord ook verder suid ry na Edenburg, die Rietrivier weer kruis onderweg na Reddersburg en dan na die Rosestad terugkeer.
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013 3
Today in history 1905: Orville Wright pilots the first flight longer than 30 minutes. The flight lasted 33 minutes, 17 seconds and covered 21 miles. 1910: Dr Anthony Edward (Anton) Rupert, industrial chemist and SA business entrepreneur and magnate, is born in Graaff-Reinet. 1910: Dr Etienne Rousseau, founder of Federale Volksbeleggings in SA, is born. 1929: The Table Mountain cableway, one of the biggest tourist attractions in Cape Town, is inaugurated. 1957: Sputnik 1, the first man-made satellite, is launched, beginning the space race. 1957: Jacob Hendrik (Henk) Pierneef, SA landscape painter, dies in Pretoria at the age of 71. 1963: Hurricane Flora storms through the Caribbean, killing 6 000 in Cuba and Haiti. 1965: Pope Paul VI arrives in New York, the first pope ever to visit the US and the Western hemisphere.
BEAUTIFUL BLOEMFONTEIN: Huise weerkaats in ’n spieëlgladde plaat water op die Woodland Hills Wildlife Estate. Die kwik sal vandag tot 30 grade Celcius styg, voorspel weathersa.co.za. Die son sak om 18:18. Geen reën word verwag nie. Foto: Jens Friis
Die 1973-matrieks van die Hoërskool J.B.M. Hertzog het onlangs hul 40-jaar-reünie gehou.
In ’n naam . . . Bernard Odendaal
NEE kyk, die hou van ’n matriekreünie is g’n kinderspeletjies nie. Ek praat nie van die reëlings nie. Die turksvy is die konfrontasie met tyd. Tyd en sy trawante: onthou en (wil) vergeet. Pril is die herbelewings skielik in die kop. Kloppend die oopgekrapte seer. G’n wonder enkeles laat weet hulle kom liewer nie. Ek weet nie hoekom nie, maar hier, 40 jaar later, raak die náme my. Veral die vroue s’n; die meisies van toentertyd. Name met eeue se familiegeskiedenis oor hulle geskryf: Elisabeth, Maria, Cornelia, Willemina, Laetitia. Troetelend verklein tot Elsie, Marietjie, Nelie, Wilna – en Tiepies. Name pasgemaak vir ’n Afrikaanse mond. Marinda.
Skuins voor tjaila-tyd
Susan. Magtild. Die Engelse “Melanie” sê ook smaaklik. Maar ek jok; ek weet eintlik hoekom dit my so tref. Altesaam 35 jaar in die sekondêre en tersiêre onderwys en die al groter gesukkel om name gespel en uitgespreek te kry, het die waardering laat groei. Name uit die vermaaklikheidswêreld word gebedel. Ge-google. Aangesmokkel uit die Amerikas, die koue Noorde, die Verre én die Nabye Ooste. Geparfumeer en gekonkok dat jou tong verlam en jou kieste verstop raak. Somtyds smaak dit my ouers gaan kap sulke splinters uit al wat ’n familielid se name is, en pak dan die brokkies
soos Griekse krabbel aanmekaar. Moenie dink daar is net een manier om Elsie of Marietjie te spel nie. Elsi, Elske, Elsjé. Mariekie, Mariki, Marique, Mari-Ké. Dink hedendaagse ouers hul meisiekinders is ongeskik om familiebande oor te erf? Of dat hulle speelpoppies is? Die verleentheid om altyd te moet verduidelik hoe jou naam uitgespreek en gespel word – aan jou eie mense! Anna, Annemie, Annelie. Elsa en Elmien en Daleen. Ester, Hester en Marie. Uit die Waterbron-kontrei van destyds klink die bekendheid. Name wat nie soos tierlantyntjies vóór die persoonlikhede in kom hang nie, maar moeiteloos na hulle toe oopmaak. S Bernard Odendaal (ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit)
1966: Lesotho, formerly the British colony of Basutoland, achieves its independence as the Kingdom of Lesotho and becomes a member of the Commonwealth. 1992: Mozambique’s 16 year civil war ends with the Rome General Peace Accords.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013
Dagboek:
Dinge te doen
WAT gebeur wanneer en waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00.
VRYDAG, 4 OKTOBER S Die uitstalling Tom Waits for no man kan van môre tot 25 Oktober in die Stegmann-galery op die UV-kampus gesien word. S Ooggesondheidsmaand duur tot 20 Oktober. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is gloukoom – abnormale vloeistofdruk in die oog – die naasgrootste oorsaak van blindheid wêreldwyd. Jou tweejaarlikse besoek aan ’n oogkundige moet ’n toets insluit om dit betyds te diagnoseer en te behandel. S Fancy Dress Cansa Party at Arriva (Plot 23, Kelly’s View), 18:30. Ansu, 082-457-8071. S Ajé en Lee-Anne sing om 17:00 by die Musgrave-mark. Theresa, 082875-4852. S Tot Sondag word Kamers Vol Geskenke gehou by die Woodlandskonferensiesentrum. Dié ekspo bied ’n verskeidenheid handgemaakte produkte wat juweliersware, kosprodukte vir die fynproewer, keramiekware en meubels, dekorbykomstighede, tuinware en ontwerpersklere en -bykomstighede insluit. Kamers is daagliks oop van 09:00 tot 18:00 en Vrydag van 09:00 tot 20:00. S Dis Diereweek en die DBV bied spesiale tariewe vir inentings – ook vir hondsdolheid. Daar is ook afslag op sterilisasie en kastrasie van honde en katte. Reinet Meyer, 051-447-3801. SATURDAY, 5 OCTOBER S Navaratri, Hindu Festival. S NG kerk Bloemfontein-Wes hou van 08:00 – 13:00 Vleisfees op die Senwes-terrein. Claudette, 051-444-2403.
S Inconvenient Truths, Jimmy Law exhibition at Gallery on Leviseur, 082-835-2335. S The Windmill Casino will be staging its annual fireworks display tonight at 20:00 and will last for 20 minutes. Ensure that your pets are kept indoors to avoid their being frightened by the noise. To minimise the noise factor, the pyrotechnicians will not be using fireworks larger than 100 mm (diameter). See ad on this page for more info. S Die Vrystaatse Seniorburgerkoor bied ’n Lentekoorfees aan in die M.L. Spiessaal van die Hoër Meisieskool Oranje om 10:30. ’n Gesamentlike koor onder leiding van Chester Meyer sing liedere van verskeie lande. Ander kore wat gaan optree, is die Bloemfonteinse mannekoor, die Serenitas-vrouekoor en die Oranje-Meisie-skoolkoor. ’n Massakoor onder leiding van Stefan Buys sal ook optree. Kaartjies kos R35 en is te kry by Computicket en die deur. S Under 9 6-a-side cricket festival at Saint Andrew’s from 08:30. This event forms part of their 150th birthday celebrations and is the first of its kind in Bloemfontein with schools like Grey College, Fichardt Park, Willem Postma, Universitas and Centres of Excellence taking part. P.J. Redelinghuys, 083-983-0279. S Huisgenoot-Skouspel today and tomorrow at Sun City. Tickets are available at Computicket and Checkers. S Kom kuier saam met die departement voeding en dieetkunde en vind uit wat dieetkunde as beroep behels. Tyd: 10:00 – 14:00. Rig navrae aan Christa Mitchell by 051-401- 2894 of dietetics@ufs.ac.za. S NG kerkmark en marathon op Jagersfontein. Pieto Louw, 082-3852007. S Rock-konsert met Oros in ’n lang glas, Locnville, Aka . . . Old Greys se sporterrein (The Dome) van 12:00 tot middernag. Toegang: R150. S Chris Coetzer (deel van 3 Tenore) tree op saam met Maryna Knoesen, Ronel Engelbrecht, Angelique du Plessis, Marius van Greunen en Stephan Herholdt in Ons Kinderhuis se saal. Kaartjies kos R80 en R50 vir senior burgers en kinders onder 13 jaar. Rig navrae aan Carlize Strydom by 082-577-5656.
S New Moon, 02:34. S Aand met Kobie Kloppers. Orreluitvoering van sy werke om 19:30. Bespreek by Computicket. S Die pastorale terapeut Steyn Venter sal praat oor Verstaan jou man by ’n gratis vroueteeparty om 09:00 in die biblioteek, Boerneefstraat, Langenhovenpark. Skakel 076-302-7393. S Ons land/ Our Land, the Johannesburg Station Panels Revisited by Carl Becker and Monique Pelser (Main Building, Oliewenhuis). Since 2007 Pelser and Becker have been travelling South Africa locating the original sites of JH Pierneef’s well-known Johannesburg Station Panels. The two worked independently of each other and only met in 2010, when they decided to collaborate and develop a discourse. Between them they have been to all 28 sites, which are widely distributed across South Africa and Namibia. The exhibition engages with the representation of the South African landscape. It attempts to both query and contemporize the legacy of one of South Africa’s most significant landscape painters and contributes to a national discourse in art history. The viewer, confronted by this work, engages with the legacy of painting in South Africa as well as the changing surface and concept of the land. S Modensopark, Rhylaan 6, Bayswater, hou ’n “open house” en is oop van 10:00 tot 17:00. Kom ry trein teen R5 per persoon en kom kyk na modeltreintjies. Monica 072-596-3659.
SONDAG, 6 OKTOBER S Die Russiese komponis Pjotr Iljitsj Tsjaikofski se lewe en musiek is die onderwerp van ’n nuwe radioreeks van 13 episodes. Dit word deur Philip de Vos, ’n oud-Bloemfonteiner, op RSG aangebied en volg op sy gewilde reeks oor Mozart. Tsjaikofski – Die musiek en die mens begin om 10:00 op RSG (100-104 FM). S Biddag vir reën: Die Klipkerk hou ’n diens van verootmoediging en nuwe toewyding om 09:30 en 11:00. Die diens sal gelei word deur ds. Johann Els. Dedrey du Randt, 051-4481419. S Biddag vir reën: Die Andrew Murray-gemeente hou ’n biddiens vir reën om 09:00. Bel Iris (082-8120990) of Mariana Nel (082-358-4709).
’n Reeks poskaarte van Oliewenhuis is by dié kunsmuseum te koop. S Dr. Ntsele pak Moselesela om ’n WBF-bokstitel om 14:00, Instituut vir Sportwetenskap, 35 Nico van der Merwelaan, Oranjesig. Dit word ook regstreeks op DStv Supersport (SS6) uitgesaai. Kaartjies kos R100 vir ringsitplekke en die res R80. Dit is te koop by Computicket. Hein van Bosch en Anton Nel sal sake uitspook in ’n SA swaargewigvegtitel en Janse van Rensburg en Jakkie “Jakstar” Olivier in ’n Cage Rage-geveg. Dit vorm deel van Macufe (Mangaung African Cultural Festival). Kaartjies na verskeie konserte by Macufe is nou te wen op www.bloemnuus. co.za. S NG kerk Heuwelsig hou ’n feesdiens om 09:00 ter viering van sy 50ste bestaansjaar. DONDERDAG, 10 OKTOBER S Prof. Philip Badenhorst praat oor Dr. Petronella van Heerden: Vrystater, vuurvreter en baanbreker in die Sinagogesaal om 10:00. Dit vorm deel van die U3A se gereelde praatjies.
S Toeac, die Nederlandse akkordeon-duo om 19:30 in Odeion. Bespreek by Computicket. S Die Bloemfonteinse skrywer Fanie Viljoen se wetenskapsfiksiedrama Breking debuteer om 20:00 op RSG in Radioteater. S The Blend, ’n musiekgroep, word bekend gestel by Innie Skuur, Meerkatkolonie, Langenhovenpark, om 19:00. Die Bloemfonteiners Sarel Greyling, Anton Esterhuyse en John Smit is deel van die groep. ’n Kaartjie wat ’n ete insluit, kos R120. Bespreek by 082-559-9700. S Die Grey-kollege Reünie Castle Lite gholfdag in samewerking met die hoërskool, laerskool en preprimêre skool van Grey-kollege sal op die Schoemanpark-gholfbaan gehou word. Daar word van die eerste en tiende bowwe afgeslaan en albei bane is reeds volbespreek met ongeveer 300 oud-Grey-leerlinge wat vir die Grey-reünie-naweek in Bloemfontein bymekaarkom. Vir meer inligting bel die reüniekantoor by 051-4445799.
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013 5
Douglas skitter Nico Gous Behind The Candelabra PUNT UIT 5: 4 REGISSEUR: Steven Soderbergh AKTEURS: Michael Douglas, Matt Damon
Michael Douglas as Liberace in Behind The Candelabra.
DIT is min dat die voorprente my vang. Maar Matt Damon en Michael Douglas as minnaars, wát gaan hier aan? Behind The Candelabra is ’n uitstekende titel vir die fliek. Op ’n kandelaar staan kerse en in hierdie fliek verskyn die flambojante pianis en sanger Liberace se storie onder die lig met al sy vertakkings. Die fliek bekyk veral Liberace (Douglas) se verhouding met Scott Thorson (Damon). Die absurde verhouding word die beste saamgevat met hierdie stukkie dialoog van Liberace uit die fliek: “I want to be father, brother, lover, best friend.” Daar is plastiese chirurgie, goue
ringe en nog vertakkings en intriges. Hierdie rol is ligjare weg van Douglas se vroeë macho-rolle, maar hy skitter as Liberace en ontsenu jou met sy perfekte glimlag. Damon is ook goed, maar dit is na Douglas wat die aandag verskuif sodra hy op die toneel verskyn. Wat dit vererger, is hoe kleurvol die fliek is. Dit is soos om na diamante te kyk, jy waardeer die produk, maar weet nooit wie het miskien daarvoor gesterf nie. Dit is ’n vermaaklikheidswêreld met ’n lang skaduwee. Regisseur Steven Soderbergh se Ocean’s Eleven, Twelve en Thirteen is kleurvol, maar sit dit op steroïede en jy kry Behind The Candelabra. S Vir ’n voorsmakie van die fliek, gaan kyk by www.bloemnuus.co.za se video-afdeling.
Oase ________ DIE volgende aanhalings bly Michael Hetzel, die hoofbestuurder van Leopards and Lace, oor die jare heen by:
Michael Hetzel
S Moenie jou hele lewe daaraan wy om iemand anders se aanvaarding en goedkeuring te wen nie. Onthou dat jy reeds aanvaar en goedgekeur is deur God. – Joyce Meyer S ’n Vriend is iemand wat jou verlede verstaan, in jou toekoms glo en jou vandag aanvaar net soos jy is. – Beverly LaHaye S Die kuns van gelukkig wees, lê daarin om vreugde in alledaagse dinge te vind. – Henry Ward Beecher
S Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U Woord is my hele lewe. – Psalm 40:9 S Moenie wag vir iets groots om te gebeur nie. Begin waar jy is, met wat jy het, en dit sal jou altyd lei na iets groter. – Mary Manin Morrisey S God sê nie altyd hoe Hy vir jou sal sorg nie, maar Hy sê wel dat jy nooit sonder sy sorg sal wees nie. Hy sê nie vir jou wanneer Hy jou gebede sal verhoor nie, maar Hy sê wel dat sy tydsberekening perfek is. – Roy Lessin S Ander sien ’n hopelose einde waar die gelowige ’n eindelose hoop sien. – Gilbert M. Beeken
GROOT VRAAG GEVRA: Nandi Kinghorn en Marius Cilliers is verloof. Stuur onlangse verlowingsfoto’s vir plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Foto: Perfect Pear Photography & Film
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013
Beautiful Bangkok
dengue fever and no one understood me. Not a good memory.
Our people abroad
How is the weather and how have you adapted? Hot, humid and more hot. Imagine being in an outdoor sauna – welcome to Thailand. You can shower and walk outside only to start sweating. The first six months were tough, but you adjust. Wearing light clothing is the way to go even though this isn’t always possible. I end up staying indoors when possible. Most people walk outside with umbrellas.
AMY SCOTT was born and raised in Bloemfontein and matriculated from St Michael’s School in Bloemfontein. She is currently living in Bangkok and shared her experiences of Thailand through her camera lense with Theonie Kok.
How are the people? I’ve become quite cynical, but at first glance, to tourists the people appear to be nice and some genuinely are, but I’ve grown to not like them due to their split personalities and excessive judgment.
Why Bangkok? After college my boyfriend and I moved to Cape Town and one day while job hunting online, I stumbled upon a teaching in Thailand post and jokingly said: “I want to do that.” Since we had just moved it didn’t seem appropriate to move again, but after working in jobs we didn’t enjoy we decided to sell everything and head off to Thailand. Honestly, I don’t even think I realised Bangkok was the capital until we got here. It was a quick decision and a whirlwind after that.
Strange habits? Saying “Yes, I understand” when they have no clue what you’re saying. They tell people shamelessly if they are beautiful, ugly, fat or dark skinned. Do they have any interesting sayings? “Same, same but different.” I’m not quite sure how this works.
Where do you live? At first we lived in the countryside, two hours from Bangkok. It was great at first, but after a year we became bored. When we finished up our one and a half year contract with the school we decided to try our luck in Bangkok and this move would allow me to do photo shoots on weekends. I live close to the main road, city centre, and it’s easy to hop on the sky train and go anywhere.
What do you miss about Bloemfontein? Besides my family, I miss the different seasons, fresh air and quiet streets. Do you have any advice for other people thinking of living or working abroad? Specific to Thailand, it’s not a gap year, it’s hard work and there are so many things you need to adapt to. Find a school when you get here, most agencies are not good and it’s best to find employment directly through a school. If you can deal with teaching 40 children in a small, hot room with no syllabus then go for it, but if you think you can party every weekend or travel every weekend and take days off work then think again. You only get paid for the days you work, no paid holidays at most schools and no other benefits. Do your homework and research. If you don’t have a bachelors degree you will struggle to find work in the major cities. You have to do visa runs often which are pricey, inconvenient and are not paid by your employer.
What do you do? I am an English teacher and have taught kindergarten and primary school. The experience has been such a learning curve and I’ve come to really love children and their lively spirits. How do you find your learners? At my previous school, I was more respected than at my current one. The children tend to respect the Thai teachers more and take chances with us. I think this has to do with the language barrier too, but coming from a home and school where we were taught to respect adults it’s been tough to accept that here children get more respect than adults. How do the schools differ from the schools in South Africa? I could probably write a book on this question so I’ll try and sum it up. I went to a good school and had great teachers and never realized how tough it was going to be here. There is no system. You are given a book and told to teach English. I made up my own curriculum as I went along, researching and teaching what I felt was important. Many schools don’t believe reading is essential when learning another language. There is so much concentration on putting on different shows for the parents and not enough time for education and time to play. Lessons taught by Thai teachers
Photos are from the portfolio of Amy Scott. In the photo fourth from the left, top, Amy kisses the wax statue of actor Johnny Depp. Photos: Amy Scott usually consist of the students copying a board full of words into their notebook. The days are too long, 08:00 to 15:30 with extra classes afterwards. At my first school, there were no sporting activities and no playground, only a concrete slab. In South Africa there is more structure and the quality of work and teachers are better. Thailand and South Africa have one thing in common – you can’t fail a student; they must do the test over and over till they pass.
How does life in Bangkok differ from life in South Africa? Well, for one the cost of living. It’s cheap to live a decent life here as food and daily expenses are more affordable. However, if you like to do activities every weekend or party then things are expensive. Transport is amazing here; so cheap and safe. I feel safe. I’ve been out may times and forgotten to lock the gate and no one has ever been inside. I can walk the streets alone and I still don’t feel threatened, but I am always aware regardless.
The smells when you walk outside sometimes make you wonder what in this world can smell so bad . . . Do you find communication difficult? Yes. In the countryside it was worse trying to communicate as English there is nearly non-existent. In Bangkok it’s a bit better as there is more emphasis on the importance of English, but the street vendors and taxi drivers often don’t understand you. I remember stumbling around the street asking people where the hospital was when I had
What lesson did you learn there? The grass isn’t greener on the other side although it does seem that way at first. Favourite characteristic of the people? They smile most of the time. Least favourite characteristic? They gossip and stare. Favourite dish? Som Tam – green papaya salad. Favourite place to visit? In Bangkok – JJ Weekend Market for cheap shopping. Favourite saying? “Mai pen rai, sabai sabai” – Don’t worry it’s all good. ) Visit amyscottpic.com to see more of Amy’s work or www.facebook.com/amyscottpic.
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013 7
Getroud
Henri en Theresa Johnson.
Stuur jou mooiste, onlangse troufoto na jens.friis@media24.com. Die plasing hiervan in Bloemnuus is gratis. Meld wie die fotograaf is, wie in die foto verskyn en waar die foto geneem is. Nog troufoto’s verskyn op bloemnuus.co.za.
Thaart en Lindie Slater.
TOE: Hermien en Kobus Hamman is in 1974 in die Klipkerk, Bloemfontein, getroud. Hermien het grootgeword op Soutpan en Kobus op Hoopstad. Albei het aan die Hoërskool President Steyn gematrikuleer. NOU: Volgende jaar sal die Hammans 40 jaar getroud wees. En só lyk hulle nou. Die egpaar het drie seuns. Twee is getroud en hulle is oupa en ouma van vier kleinkinders (amper vyf). Hermien en Kobus woon in Richardsbaai, maar “ons volg Bloemnuus getrou op ons rekenaar”. Lesers is welkom om hul troufoto’s af te stof en ’n toe-en-nou-foto na jens.friis@media24.com te stuur. Jy moet minstens 30 jaar getroud wees.
Foto: Elsa Vermeulen
Jaco en Lizette Henning.
Foto: Alwin Keirr
VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON: Dit is spesifiek só ontwerp dat jy die koerant nou maklik op jou selfoon se skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.
Besoek ons by bloemnuus.co.za
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013
Kom sit aan Die pragtige boek Karoo Kombuis - onthoukos en onvertelde verhale uit die hartland deur Sydda Essop (www.quivertreepublications.com) het onlangs verskyn. Skaf dit aan en ontdek die tradisionele resepte, die veldmedisyne en die uiteenlopende kosverhale van die Groot-Karoo in hierdie boeiende reis na die geskiedkundige hartland van Suid-Afrika. En as jy besluit om nie net die boek te lees nie, maar wel ook van die heerlike kos te maak onthou die volgende woorde van Katriena Townsend uit Victoria-Wes: “Ek sê altyd vir my dogter as jy kosmaak, dan maak jy dit met liefde. Moenie die kos net in die pot in gooi nie. My ma het altyd gesê sit dit op met liefde, dan smaak dit lekker.” Buiten die resep vir ’n kwepertert hiernaas deel ons op bloemnuus.co.za nog ’n resep, dié keer vir ’n Griekse oondgeroosterde lamsboud. Gaan loer daar.
Henry se kwepertert HIERDIE is ’n baie eenvoudige, vinnige resep wat Henry Olivier van Kokkedoor-faam self uitgedink het – sit dit voor saam met vars room of vla. Jy het nodig: 16 ingelegde kwepers, afgeskil, pitte verwyder en elkeen in 4 tot 5 stukke gesny 2 kg suiker 3 en ’n half liter water Skil van twee tot drie suurlemoene, dun afgeskil sonder die wit 60 g ongesoute botter 150 g koekmeel 1 eier Gooi die kweperstukke in ’n kastrol met genoeg water en kook dit vir 15 tot 20 minute tot
dit sagter is, maar nog ferm. Kook die suiker, water en suurlemoenskille in ’n ander kastrol tot dit ’n lekker dik stroop gevorm het. Skep die kwepers uit die water, pak dit in gesteriliseerde flesse en vul dit op met die stroop (maak seker daar is geen lugblase in die bottels nie). Vir die kors: Vryf die botter met jou vingerpunte by die meel in en voeg die eier by om ’n deeg te vorm. Laat dit vir 30 minute in die yskas rus. Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius. Rol die deeg dun uit en voer ’n tertbak (gespuit met kleefwerende kossproei) daarmee uit. Pak van die ingelegde kwepers in die kors en bak dit vir 25 tot 30 minute totdat die kors goudbruin en gaar is.
Henry Olivier van Prins Albert wat so goed gevaar het in die realiteitskookprogram Kokkedoor deel sy resep vir ’n kwepertert. Foto: Karoo Kombuis
FOKUS OP AÏDA
Paleis, pondok Dirk Swart MENSE sien die lewe selde dieselfde. Een sien ’n glas as half-leeg en die ander dit as half-vol. Net só sien kopers en verkopers produkte en eiendomme verskillend. Die verkoper sien sy huis as die mooiste paleis en die koper sien elke foutjie in die pondok raak. So wil elke verkoper die beste prys vir sy eiendom hê terwyl elke koper die eiendom teen die beste prys wil koop. Wees realisties: Meneer die Verkoper, jou buurman het moontlik R1,5 miljoen vir sy huis gekry omdat dit reeds opgeknap is met graniet en nuwe kaste in die kombuis, mooi teëls of nuwe matte en moderne badkamers. Vergelyk dan jou huis daarmee: Jy kan nie vir jou huis dieselfde vra as wat jy vir die paleis by die see wil betaal nie. Meneer die Koper, jy kyk na baie huise voordat jy koop, moet dus ook nie R1 miljoen vir ’n eiendom van R1,5 miljoen aanbied nie. Die verkoper kry kundige en ervare inligting van sy agent en weet wat is die waarde van sy eiendom. Wanneer jy wil verkoop: S Die eerste indrukke van jou huis is blywend. Is jou huis netjies? Klein jakkalsies vernietig die wingerd en ook die prys wat die koper bereid is om te betaal. S Kry agent(e) wat die area ken, gereeld in die area huise bemark, borde op straat het, huise in die area skou en verkoop en wat moeite met die bemarking van jou eiendom sal doen. S Om ’n huis te verkoop is ’n baie emosionele en regskundige proses. Daar kan vele probleme insluip wat die proses kan vertraag en mense ongelukkig kan maak. S Wees seker voordat jy ’n bemarkingsdokument by enige agent teken. Het die agent dit aan jou verduidelik en presies gesê wie gaan jou huis bemark? Het die agent vir jou ’n bemarkingsplan voorgelê en ’n afskrif van die mandaat gegee? S Mandate vir bemarking: 1. Alleenmandaat: slegs een agent/agentskap mag jou eiendom bemark en verkoop. Jy weet wie jou huis bemark, jy het die vertroue in
daardie agentskap en weet dat die agent in jou area spesialiseer. 2. Deelmandaat: Jy kies twee of drie agente/ agentskappe wat jou huis bemark. Slegs een van hulle kan jou eiendom verkoop. 3. Oopmandaat: Jy laat soveel agente as wat jy wil toe om jou huis te bemark. Die risiko is dat jy vir dubbele kommissie aanspreeklik gehou kan word wanneer twee agente beweer hulle het albei jou huis aan die kopers voorgestel. S Bemarkingsprys: Die huidige nasionale verkooptyd vir ’n reggeprysde huis is 17 weke en 2 dae. Soms verkoop ’n huis binne enkele dae, want die agent het ’n koperslys wat oor maande heen saamgestel is en weet watter koper sal in watter huis belang stel. Indien die prys te hoog is verloor jy potensiële kopers wat nie gaan kyk nie omdat dit moontlik bo hul vuurmaakplek is. As jy die prys later verlaag, het daardie kopers reeds ander reggeprysde huise gekoop. S Aïda se area-agente: 1. Ken hul areas, hulle spesialiseer daar. 2. Sal jou help om jou eiendom teen die beste moontlike prys, in die kortste moontlike tyd en met die minste ongerief te verkoop. 3. Het indien nodig, direkte toegang tot regsadvies by Phatshoane/Henney-prokureurs. 4. Werk met kenners om die kopers te help om hul verbande so spoedig moontlik te laat goedkeur. 5. Het ’n verskeidenheid eiendomme in hul area om vir voornemende kopers te wys. Daarom skakel die meeste kopers die Aïda areaagente wanneer hulle huise in ’n spesifieke area soek, want die Aïda-agent in die area adverteer in die koerante, op webblaaie, hul borde is op straat, hulle skou in die area en hulle het verkoopborde in die area. 6. Sal jou graag behulpsaam wil wees met waardasies en bemarking van jou eiendom. Skakel gerus die Aïda area-agent. Ons agente wil jou graag ontmoet. S Dirk Swart, die skrywer van dié berig, is die bestuurder van Aïda in Bloemfontein.
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013 9
Klas van ’13
Stuur jou onlangse matriekafskeidfoto (goeie gehalte en kleur) na jens.friis@media24.com. Nog foto’s verskyn op bloemnuus.co.za. Die plasing van die foto’s is verniet.
Ansunell Lourens en Ockie van Schalkwyk (Oranje). REGS: Pierre Hugo (principal, Bloemfontein South), Duke Maema (deputy principal), Prudence Mahlaba (head girl), Chris Phalatsane (head boy) and Driekie Boshoff (deputy principal).
Photo: Elsa Vermeulen
Lizaan Beukes en Tinus Venter (Fichardtpark). Foto: Francois Heydenrych
Wynand Maritz en Carissa van Heerden (Fichardtpark).
JM Wentzel en Hilde-Mari Tessendorf (Fichardtpark).
Malvereen Lamont en Keanu Stone (Hoërskool Bloemfontein). Foto: Kiki-D
Arnold Fouche en Sumari van Niekerk (Fichardtpark).
Jancú Steyn en Leanne Snyman (Sand du Plessis).
Eloise Hellmuth en Marnus Meyburgh (Fichardtpark).
Vanessa van Belkum en James van Biljon (Fichardtpark).
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013
Die sanger Dewald Louw het ’n graad in BA kommunikasiekunde (mediastudie en joernalistiek) met lof aan die UV verwerf. Hy gaan volgende jaar verder aan Kovsies studeer en wil ’n honneursgraad in sielkunde doen. Hier is Dewald (tweede van links) saam met sy meisie, Nicole van Niekerk, sy pa, prof. Flip Louw, en sy ma, Maria Louw. Foto: Gerhard Steenkamp
Wel en wee S DIE Vrystaters Phillip Henning en Joubert Klopper het mekaar in die eindstryd van die o.12enkelspel van die Suid-Afrikaanse junior kampioenskapstoernooi gepak. Henning het die titel verower deur met 6-3, 6-1 op die stadion-bane te seëvier. Phillip was verlede jaar een van Bloemnuus en SuperSport se Let’s Play-sportsterre van die Maand. S Sureta de Beer is op soek na Manda Steyn. Hulle was in die 1960’s saam in die Hoërskool Sentraal en was boesemvriende. Sou Manda hierdie lees, kan sy aan Sureta skryf by sdebeer1955@gmail. com. S Dr Basie Olivier and adv. Hein Lambrech of the CUT’s Department of Government Management will participate at the International Week hosted by Hochshule Harz in Germany to share their intercultural experiences, intellectual discourse and collaborative research with students and staff members in Germany. They will present guest lectures as part of the CUT’s internationalisation strategy to expose faculty staff and students to the globalised world and understand its implications for establishing strategic partnerships and enterprises in areas such as research, teaching and learning. S Riaan Smit van die Cheetahs het sy kuit beseer in dié span se kragmeting teen die WP. S Guida van der Westhuizen, ’n dosent in die departement somatologie aan die SUT, en haar dogter Arabella (2) is dood in ’n ongeluk op die N1 buite Trompsburg. S Was dit nie vir die (oud-)Vrystaters in die Springbokspan nie, sou die Bokke beslis nie die Wallabies met 28-8 afgeransel het nie. Adriaan Strauss, Willie le Roux en Morné Steyn het seker gemaak dat die punte inrol.
Gala-aand hier DIE finaliste in die egpaar-afdeling van Bloemnuus en Athalia se Ouma en Oupa Roos 2013 se foto’s verskyn vandag. Wie die kroon sal dra, sal op Woensdag 16 Oktober op Monte Bello bekend gemaak word.
Die geselligheid begin om 18:30 en sluit ’n driegangmaaltyd in en gaste sal deur die Grey-kollege-boereorkes, die sangers Riëtte van der Watt en Chris Pretorius, Bloemnuus se Spontaan 2013-wenner, vermaak word.
Kaartjies teen R140 is by Hurtermakelaars, Kidgerstraat 8, Dan Pienaar, te koop of Lianda Hurter kan by 084-410-2396 gebel word. Die hoofborge is Bloemnuus, Checkers, CPI, Elsa Vermeulen-fotografie en Biographix.
S Magda Johnstone, ’n finalis in die kosprogram Kokkedoor op kykNET, was Saterdag een van die uitstallers op Volksblad se Kos-enkunsmark. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand by die Botaniese Tuin gehou. Moet dit nie die volgende keer misloop nie. S Robert Hans (Bob) van Noord (76) se gedenkdiens vind vandag om 11:00 uit die Baptiste-kerk in Langenhovenpark plaas. S Jaco Peyper het verlede naweek die Vrystaat se mees ervare toetsskeidsregter geword toe hy die wedstryd in die rugby-kampioenskap tussen Argentinië en die All Blacks beheer het. Peyper het in dié stryd verby wyle Steve Strydom se Vrystaatse rekord van 11 toetse geskuif. Dié Bloemfonteiner het verlede jaar die jongste blaser geword wat ’n Curriebeker-eindstryd beheer het. Hy was 32 jaar en 167 dae oud.
Susan en Johan du Plessis.
Piet en Doret du Toit.
S The South African Chefs Association (SACA) is pleased to welcome Bruce McKay as the new chairperson of the SACA Free State committee. S Maryka Holtzhausen, Karla Mostert en Adéle Niemand, die UV se nasionale spelers, is terug uit Engeland waar hulle vir die Proteas in ’n reeks van drie toetse gespeel het. S Elizabeth Maria Maree (87) van Striata-aftreeoord se gedenkdiens vind vandag om 10:00 uit die NG kerk Universitas-Wes plaas. Die verassing vind privaat plaas.
Niel en Anita Botha.
Willie en Marie Simmons.
Ogies en Lien Wessels.
Daan en Wiesie Kotzee.
Buks en Annatjie Klopper.
Bernie en Ria Keyter.
S Johan van der Wath, kaptein van die Knights, het hierdie week se twee eendagwedstryde misgeloop. Hy het vroeër die week in ’n oefening ’n kuitbesering opgedoen. S Weet jy van iets wat op ons radar hoort? Stuur dan ’n e-pos aan jens.friis@media24.com.
WOENSDAG 9 Oktober om 11:00vm
Besigtig die dag voor veiling 9vm - 4nm
Valenciaweg, Bainsvlei, BLOEMFONTEIN
REPO & VERSEKERINGSVOERTUIE
/"73"&
AOP 12560
ABSA
t 888 "6$5*0/01&3"5*0/ $0 ;"
7FJMJOHTSFÑMT PQ XFCXFSG CFTLJLCBBS t '*$" HFME WJS QVCMJFL FO IBOEFMBBST
BLOEMNUUS, VRYDAG 4 OKTOBER 2013 11
Wills will be drafted for free AS has become tradition over the past few years, members of the public will be able to have a basic will drafted by an attorney free of charge during National Wills Week from 7 to 11 October. Attorneys’ firms throughout the country are participating in the National Wills Week project. “By ensuring that you have a valid will, you as the testator, can protect the interests of your loved ones and ensure that there is no delay in settling your estate after your death. It also ensures that your executor will act according to your wishes as set out in your will. A valid will allows you to state who should inherit your assets and property, to appoint an executor of your choice for your estate and also a guardian for your minor children,” say Law Society of South Africa (LSSA) co-chairpersons Kathleen Matolo-Dlepu and David Bekker. During Wills Week, attorneys participating in the initiative will display posters with their contact details so that members of the public can make appointments with attorneys in their area. Why should an attorney draft your will? A practising attorney has the necessary knowledge and expertise to ensure that your will is valid by complying with all the legal requirements in the Wills Act and also that it complies with your wishes. An attorney can also advise you on any problem which may arise with your will and assist your executor. Often a will is not valid because the person who drafts it does not have the necessary legal knowledge to ensure that all the legal requirements of the Wills Act are met. These include the fact that the will must be in writing, it must be signed by the testator in the presence of at least two competent witnesses and also signed by the witnesses.
quired, then to the extended family in terms of degrees of relationships. The following problems may arise if you die without leaving a will: S Your assets may not be left to the person of your choice. S It can take a longer time to have an executor appointed. The executor who is appointed may be somebody you may not have chosen yourself. S There could be extra and unnecessary costs. S There could be unhappiness and conflict among members of your family because there are no clear instructions on how to distribute your assets. The contact details of attorneys participating in the project can be accessed on the LSSA website at www.LSSA.org.za or call the Law Society of the Free State on 051-447-3237.
By ensuring that you have a valid will, you as the testator can protect the interests of your loved ones and ensure that there is no delay in settling your estate after your death.
What could happen to your estate if you die without a valid will? If you die without leaving a valid will, your assets will be distributed according to the provisions of the Intestate Succession Act. These provisions are generally fair and ensure that your possessions are transferred to your spouse and children, and where applicable, to siblings, parents, and if reJEFFREYS BAY:
Dringend! Opsoek na betroubare eienaar vir 'n pragtige, liefdevolle Duitse Herdershond (wit), so tussen 7 en 8 jr. (Charl 071 869 8081/ Rensche 083 623 5655. NEED TO FEEL BETTER? NEED TO TALK? Contact us, WE'LL LISTEN. Always confidential and free. 24/7. Talk to us: 051 444 5000. Write to us at Box 29874, Danhof 9310. E-mail us at Befrienders@wsinet.co.za
ALLE groottes yskaste, vrieskaste te huur. Skakel 051 522 4616
Beautiful, fully furnished duplex, plus braai and carport. Available Dec. and Jan. 042 293 1268/
076 400 0703/ 082 562 1933.
CJK ACCOUNTANTS: For any accounting work, financials, statutory returns, estates, etc. Contact 079 522 3021/ cjkinfo@cjkacc.co.za. www.cjkacc.co.za TIEN SONBEDSESSIES beskikbaar teen R150, 8:00 tot 21:00. Skakel: 071 678 2084
We do plumbing, tiling, painting and clean swimming-pools from green to whatever colour. Call Ben 071 067 4694/
Mazda Etude 2003 160IE: R45 000 Audi A6 1999 2.8 Quatro: R35 000 Renault Sandero 1.6 I 2010 United, only 52 250 km: R79 000 . Skakel Anton
082 825 9148.
SPRINGKASTELE en
WATERWURMS
Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane
AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte ('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654.
BRIDGING CASH while waiting for
CASH FOR GOLD
We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches
PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only) CASH SAME DAY
086 1101 388 083 6700 788
082 345 6711 Bekostigbare plaasvakansie, 15 min van Plettenbergbaai en Nature's Valley. Skakel 079 872 4136.
KUSA-geregistreerde Staffies te koop, R3 500 elk. Gebore 05 Augustus 2013 ( Francois 072 380 8301.
Gevestigde gordyn- maatskappy benodig die dienste van naaldwerksters met ondervinding in industriële masjiene, en 'n werkswinkelbestuurder. Skakel: 051 436 0746/ 082 557 4966 .
122 J D TYROPOLIS BOEDEL WYLE: JOHNNY DIMITRIOS TYROPOLIS
HOË GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.
SKAKEL RINA by 051-4461361
A Bachelor flat to let in Uitsig, available anytime. Contact Thiwe 076 791 2868/051 505 4702.
HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild. Slaapplek vir 1 tot 6. Beste tarief, heeljaar. 044 695 0219/ 082 641 4092.
Beautiful 4-bedr-house with pool and granny flat in York Rd, Waverley to rent. R12 000 p.m. Call Stratos
082 560 0420.
In die boedel van wyle Johnny Dimitrios Tyropolis, identiteitsnommer 460805 5056 08 5 in lewe woonagtig te: 12 Louis van Winsenstraat, Heuwelsig,
Bloemfontein, boedelnommer 15505/2008. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf 4 Oktober 2013. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: Jeannine Saffy, Saffy & Associates, Posbus 12439, Brandhof,9300. Tel. 051 448 5511.
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING VEILING Vrystaat Hoë Hof, Bloemfontein (Republiek van SuidAfrika) in die saaknr. 3123/2010 tussen: PEETE MOLAPO Eiser in Hoofaksie/Vonisskuldenaar en PS DE BRUYN N.O. Eerste Verweerder in Hoofaksie/Eerste Vonnisskuldeiser ES DE BRUYN N.O. (TRUSTEE VAN DIE PASCAN TRUST)
Tweede Verweerder in Hoofaksie/Tweede Vonnisskuldeiser PS DE BUYN Derde Verweerder in Hoofaksie/Derde Vonnisskuldeiser Ingevolge 'n vonnis wat gelewer is op 16 Julie 2013 in Bloemfontein en 'n lasbrief vir eksekusie uitgereik deur die griffier van die hof, sal die volgende goedere verkoop word per openbare veiling sonder reserwe, op Woensdag 23 Oktober 2013 om 10:00 by die Balju-Wes Kantoor, Derdestraat 6A, Arboretum, Bloemfontein aan die hoogste bieder vir kontant, te wete: P Molapo se reg, titel en belang onder saakno. 3123/10. Neem verder kennis dat: Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof; Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju-Wes, Derdestraat 6A, Arboretum, Bloemfontein; Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes o.m. 3.1 voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008: (URL http://www.info.gov.za/vie w/DownloadFileAction?id= 99961); 3.2 Fica-wetgewing m.b.t. identiteit- en adresbesonderhede; 3.3 betaling van registrasiegelde;
3.4 registrasievoorwaardes. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju Bfn-Wes met afslaers CH de Wet en/of AJ Kruger en/of TI Khaudi. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingkoste volgens hofreëls, geld. Geteken in Bloemfontein in
September 2013. HJ KLEYNHANS Prokureur vir Verweerders Bock & Van Es Kellnerstraat 61 Westdene Bloemfontein BALJU BLOEMFONTEINWES.
Bloemnuus is op Facebook. Gaan soek die bladsy en “like” dit daar.
CUT basketball team honours fallen heroes by playing. Go to www.bloemnuus.co.za.
Mag CB hiér tuiskom DIE Curriebeker het ’n helde-ontvangs gekry toe dit op die Absa Curriebeker-trofeetoer die Loch Logan-Waterfront aangedoen het. Op dié geleentheid het die Cheetahs handtekeninge uitgedeel en ’n skare rugbyondersteuners het opgedaag. Ook die agterkleindogter van sir Donald Currie, die vader van die Curriebeker, was teenwoordig. Hopelik kom dié gesogte beker gou weer Vrystaat toe. ’n Ondersteuner wat só glo, is Honiball Marais.