Bloemnuusbl 20140214

Page 1

14 FEBRUARIE 2014

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Ingeprent

In Bloemwiele

Waar was jy toe dít gebeur het?

Motors staan tou om aangewys te word as beste van jaar bl. 10, 11

bl. 2

Wenfoto

WWW.BLOEMNUUS.MOBI

Die wenner in Bloemnuus se Troufoto van die Jaar­kompetisie is Andrey en Elani Vermaak wat deur 3’kies Photography afgeneem is. In die tweede plek is Moses en Candice Igbo (Eye Candy Photography House). Lindi en Hendre Moolman (The Willows) is derde en in die vierde plek is Ernst en Megan Bezuiden­ hout (Genesis Images). Kyk op bl. 8 wie het watter pryse ter waarde van sowat R20 000 gewen. Die borge is die Loch Logan­waterfront, Kloppers, Black Mountain­hotel, Visionnare Beauty, Quest Gym, Kaleidoscope Studios, M.I. Adam Hypnotics Spa, House of Interior Design en The Wedding Shoppe.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014

Waar was jy toe . . .?

WATTER groot nuusgebeure het jou só geraak dat jy ná jare steeds kan onthou waar jy was toe dit gebeur het? Dít is wat Bloemnuus in ’n paar aflewerings oor die volgende weke vir Bloemnuus-lesers gaan vra. In die eerste deel gee Jens Friis (40), redakteur van Bloemnuus, ’n paar sulke indrukke soos hy dit onthou.

VLIEGRAMPE

S Helderberg (1987): Dit was ’n Saterdag vroegmiddag en ek het na Edwill van Aarde se Afrikaanse Treffers geluister. Daar het skielik ’n noodsien oor die radio gegalm. As st. 6-seun (gr. 8-leerling) was só iets aan my onbekend. “ ’n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens het naby Mauritius geval …”, het ’n omroeper gesê. S Concorde (2000): Die koskaste was redelik leeg in my woonstelletjie in ’n toringblok in Montreal, Kanada, waar ek as student vir ’n doktorsgraad navorsing gedoen het. Oorkant die straat was ’n winkel – iets soos ons Spar. By die betaalpunt het die Franse en Engelse

koerante met groot volbladkleurfoto’s die skokkende nuus gebring: Air France se supersoniese Concorde het geval en in ’n vlammehel ontplof. Ek kon my oë nie glo nie. Later sou ons leer dit was ook die einde van ’n era in die lugvaartbedryf, onder meer omdat dié blitsige vliegtuie nie omgewingsvriendelik is nie.

TWIN TOWERS (2001)

Ek het in Colesberg se hoofstraat op my ouma gewag. Sy was by die tandarts. Uit verveling het ek die radio aangeskakel en na ’n plaaslike stasie geluister. Ek kon nie glo dat hulle sulke “grappies” maak dat een van die Twin Towers in New York inmekaargestort het nadat ’n vliegtuig daarin vasgevlieg het nie! Ek het vies van radiostasie verander. Maar die ondenkbare was wel waar: Skaars by die huis aangekom, toe val die tweede toring. Die pos sou enkele dae later ’n brief met ’n foto bring waar ’n vriend en sy seun ’n dag of wat voor die terreuraanval met New York se wolkekrabbers agter hulle afgeneem is.

Wie sou kon dink slegs 16 jaar ná prinses Diana se troue sou sy sterf?

PRINSES DIANA

S Troue (1981): Ek was in Sub. B en juffrou Therina Marais het ons spesiaal vroeër huis toe gestuur. Vergete was die haat teenoor die Engelse wat 80 jaar gelede onder die Boere gemaai het. Die sprokiestroue van die eeu wou niemand misloop nie. S Dood (1997): My ma, Naómi, het op ’n Sondagoggend toe sy my vir kerk wakker gemaak het, dié nuus gebring. Kon dit waar wees? (Terloops, ek het nou die dag die fliek oor Diana gekyk en hoewel resensente dit afgekraak het, het ek dit geniet.)

Die einde van ’n era in die lugvaartbedryf. Air France se Concorde val. Kyk na ’n video hiervan op www.bloemnuus.co.za.

JOHANNES KERKORREL (2002)

Ek was as Volksblad-korrespondent in Philippolis aan’t skryf aan ’n storie toe vriendin Marnie van Wyk bel: “Het jy gehoor . . . ?” het sy oor die selfoon gevra. ’n Week of wat gelede het ek Ralph Rabie (Kerkorrel) toevallig die eerste keer in ’n Kaapse kuierplek gesien. Toe was hy nog springlewendig, maar nou het hy sy lewe op ’n grusame manier geneem. Ek het verder aan my plattelandse nuusstorie vir Volksblad geskryf.

POLITIEK

En daar wen Suid­Afrika jou waarlik waar die 4x4­vryslag­aflos op die Olimpiese Spele 2004!

Pres. F.W. de Klerk en Nelson Mandela kort ná Mandela se vrylating.

Toevallig het albei die twee politieke gebeure wat my bybly ’n verband met my ouma en oupa Jens en Ellie Friis wat op Vaalbank-Zuid, noord van Bloemfontein, gewoon het. Die onveiligheid op dié twee bejaardes se hoewe was later ’n rede waarom hulle by my ouers gaan bly het. S Noodtoestand (1985): Ná ’n kuier by my grootouers het ons een aand Philippolis toe gery. Suid van Trompsburg het die nuus oor Radio Suid-Afrika gekom: Pres. P.W. Botha het ’n noodtoestand afgekondig. Ek was nog te jonk om mooi te verstaan wat dit beteken, maar ek onthou ’n onsekerheid en die nag buite die motor het baie donker gevoel. S ANC ontban (1990): As ek reg onthou, was dit iewers in Februarie. Ons was weer op VaalbankZuid. Die 20:00-nuusbulletin het gespeel en daarna sou ’n konsertprogram van die Alabama-studentegeselskap volg. Maar Alabama was ’n hele paar minute laat, want ’n verlengde SAUK-nuusuitsending is gewy aan pres. F.W. de Klerk wat onder meer aangekondig het dat die ANC

Die sanger Johannes Kerkorrel (oftewel Ralph Rabie). ontban gaan word. (My oorlede ma en F.W. het in dieselfde tyd in Potchefstroom geswot.)

SPORT

S Rugbywêreldbeker (1995): Onderweg van Etosha in Namibië het ons by familie in Windhoek oorgebly. Was dit nie dat die bure net so opgewonde was oor dié wedstryd nie, sou hulle gedink het daar is ’n moord in die huis langsaan. Ons het ons kele rou geskree. Dit was immers oor méér as net ’n sportoorwinning. Toe Joel Stransky daardie skepskop oor die pale laat seil, het die dak gelig. Ons as verstote Suid-Afrikaners was weer deel van die wêreld. S Swemoorwinning (2004): Nico, my broer wat in Londen werk, se

vlug was laat en die minute het afgetik voordat Ryk Neethling en sy spanmaats vir die eindronde van die 4x4-swemaflos op die Olimpiese Spele in Athene sou aantree. Van die lughawe het ons so gou moontlik by die huis probeer kom. Ons het skaars gesit of die skoot het geklap. Dit het goed gelyk, maar daar kan altyd fout kom. Ons vier manne raap toe inderdaad goud voor die Amerikaners op. S Stuur nuusgebeurtenisse wat jou bybly na jens.friis@media24.com in dieselfde formaat as wat hier gebruik is. Moenie dieselfde gebeurtenisse lys nie, tensy daar ’n baie besonderse rede is. Sluit ’n sin of twee oor jouself in.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014 3

Wel & wee STUUR gerus nuus vir Wel en Wee na jens.friis@media24.com.

S Die volgende Bloemfonteiners is in die afgelope dae oorlede: Sera Kruger (gebore 1943); Herman (Manus) Kruger (1950); Johannes Jacobs Pelser (1931); Maggie Foster (1956); Basil Isaac Stone (1952); prof. Piet Schoeman (1935); Maria Elizabeth (Marie) Ludick (1936); Elsa Pretorius (1922); Deo Botha (1954); Kathleen Wilkie (1930) en Ertjies Luyt (1950).

Kontiki­Preprimêr het op die eerste skooldag van die jaar drie kuiergaste ver­ welkom. Mickey en Minnie Muis het gehelp om trane af te vee en Dottie het hand bygesit en met haar kuikens ’n klomp hartjies gesteel. Voor lê Willie Sim­ mons. Van links is, eerste ry: Liané de Wet, Mari­Juan Meyer, Brinck Coetzee, Herko van Tonder en Blyde Naudé; tweede ry: Rico Huisamen, Wi­Jan Booyens, Gabby Diedericks, Mickey, Danè Smit, Minnie, Nicola Frylinck en Reynardt Breytenbach. Heel agter in die middel is Dottie. Foto: Jannie Verster

S Annemarie van Rooyen van Huis Amalia, Bayswater Care, word op Woensdag 19 Februarie 93 jaar oud. S Lenie Walters van Heederstraat, Wilgehof, word op Donderdag 20 Februarie 91 jaar oud. S Phillip (55) en Ella (51) Kotze is in die Vrystaatse hooggeregshof geskei. Dié bekende sangpaar is 28 jaar gelede op Prieska getroud. Philip woon nou in Pretoria. Hy het die bekende Philip Kotze-sangskool in Bloemfontein gesluit toe hy laat in verlede jaar verhuis het. Hy rig nou sangleerlinge in Pretoria af. Ella is ’n werknemer van die Universiteit van die Vrystaat. Sy het gesê hulle gaan nooit weer saam sing nie. S Die volgende lesers het boeke en CD’s op bloemnuus.co.za gewen: Sunette Hiten, Johannes Knoetze, Eileen Faber en Maxie Booysen.

Die leerlingraad van 2014 vir die Laerskool President Brand is van links, voor: Stefan Hugo en Kaycee Hyman; tweede ry: Rickardt Cronjé, Suléze Cronjé, Jan­ co van der Merwe, Celine van den Berg (onderhoofmeisie) en Kaydee Hyman; derde ry: Riané van Zyl, Justin Coetzee, Elandri Crafford, Heinro Fouché, Anice de Jager en Roan Herbst; agter: Danco van Vuuren, Robyn­Lamé Swart, Ru­ handré Coetzee (hoofseun), Lieschen van Zyl, Christo Erasmus, Dene van Jaarsveld (hoofmeisie) en Wian Duvenhage (onderhoofseun). Foto: Jasper Herbst

S Brahm Henkins, fagot-speler in onder meer die Vrystaatse Simfonieorkes, het sy arm gebreek. S Prof. Annie van den Oever van die Ryksuniversiteit van Groningen in Nederland het haar intreerede as buitengewone professor in rolprent- en visuele media by die Universiteit van die Vrystaat gelewer. S Ollie le Roux, die voormalige Springbok-voorryman, rig vanjaar Oud-Greys af. Dié bekende klubspan het gistermiddag proewe op sy rugbyvelde gehou.

494 JAAR DIENS: Sannie Fouchee, ’n oud­taalversorger by Volksblad, doen gereeld moeite om oudwerknemers van dié koerant vir ’n kuiertjie bymekaar te kry. Onlangs was dit weer sulke tyd en die oudwerknemers wat op dié dag byeen was, het tesame 494 jaar diens gedoen. Petro Jordaan en Emsie Briel is nog in die tuig en as hulle twee elk nog drie jaar vasbyt, sal dié span ’n halwe millennium van diens kan vier. Van links is, voor: Mariana Linde, Briel, Christine du Preez en Jordaan; middel: Tilla Jacobs, Susie Duvenage, Len Bo­ tha en Bernadette Henning; agter: Stella McGill, Fouchee, Rina Meintjes, Mop­ pie Lombard, Magda de Beer, Koba Boshoff, Betta van Huysteen en Trudie Tal­ jaard. Foto: Richard Fouchee

Edna de Klerk het op 4 Februa­ rie haar 93ste verjaardag ge­ vier.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014

Dagboek

VRYDAG 14 FEB. S Valentynsdag. S Nasionale Kondoomweek word van vandag tot 21 Februarie gehou. Al hoe minder seksueel aktiewe Suid-Afrikaners gebruik kondome, sê die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) aan die hand van ’n huishoudelike peiling wat verlede jaar gedoen is. Onbeplande swangerskappe en die kans om seksueel oordraagbare siektes te kry hou regstreeks verband met die nie-gebruik van kondome. S Sentraal se Top20-atletiekbyeenkoms om 14:00 in die Vrystaat-atletiekstadion. Toegang kos R20. Skakel 051-410-1800. S Franzel, Diandri en Naudé tree in Innie Skuur op. Kaartjies kos R250 per paartjie en sluit ’n peuselbord en verwelkomingsdrankies in. Bespreek by Music Inc. by 051-433-3439. S Beesstert (oxtail) en stampmielies – nes jou ouma dit sou maak. Ouma se Kombuis, Tweede Laan, Westdene. Bel Lita Kotzé by 083-262-1165. S Rhodes se tweede Stoepsitfees word die naweek gehou. S Anna Davel sing in die tuin van Koekela by Reidstraat 17. Bel Gabrielle by 073-1411-730 of 051-430-1949. S Liefdeshuldeblyk: MT2, Kevin Leo en Ella Kotzé in Sand du Plessis om 19:30. Kaartjies teen R100 is te kry by Pacofs (051-447-7772).

S Bederf jou Valentyn met ’n eetdingetjie in Die Pienk Meerkat langs Milnerweg. Die koffietuin is van 09:00 tot 16:30 oop. Skakel 083-2793166. S Reitz hou sy Bieliemieliefees die naweek. Bespreek by Computicket om Theuns, Elizma en Lianie te sien. S Pad na jou hart – vind jou ware noord met Ivan Botha, Donnalee Roberts en Marius Weyers begin in teaters draai. S Valentine’s dinner (fine dining, six course) at De Oude Kraal Guest Farm at 19:00. Theme: Mid-Summer Night’s Dream. Bookings essential, 051-564-0636. S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 by die Victorian Square, Pres. Reitzstraat. Skakel 051-447-4122. S Valentine’s Romantic Dinner at De Stijl Gariep Hotel at 19:00. S Die UV se joolfinaliste spook vanaand sake uit in die UV-joolkoningin- en Mnr. Jool GD-kompetisie in die Callie Human-sentrum op die Kovsie-kampus. Kaartjies is by die joolgemeenskapsdienskantoor op die kampus te koop. S Sit aan vir ’n buffet-ete in Rosie’s Brasserie by die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum. Bespreek by Stephne Ackermann by 051 410-2046. S The Windmill Casino and Entertainment Centre will be hosting a Robot Valentine’s Day Party from today at 20:00 on the lawns outside

Wen Chris Chameleon se nuwe CD, Herleef – Psalms en Gesange. Skryf in op www.bloemnuus.co.za.

the main building. Whether or not you go with your Valentine, the party’s dress code will help you enjoy yourself. Dress in red if you are taken, yellow if you are still deciding and green if you are single and available. S Die Bloemfonteinse Kokkedoor-finalis, Magda Johnstone, en haar Kokkedoor-spanmaat, Toinette du Toit, kook vandag en môre ’n storm los by die Liedjiesbos-gastehuis. Kaartjies kos R250 en dit sluit ’n geskenkpak in. Bespreek by 082-8288529. S Reinhard Mulke, kitaarspeler en sanger, tree om 17:00 op die Musgravemark op. Bel Koos by 072-376-0572. SATERDAG 15 FEB. S Volmaan. S Gospel-aand om 19:00 met Louis Brittz by die NG kerk Pellissier. Dit kos R50 en R30 vir kinders jonger as 13 jaar. Meer besonderhede by www.ngkerkpellissier.co.za. S Jannie Moolman en die Vrystaatse Simfonieorkes speel op die De Oude Kraal-gasteplaas. Bespreek by Computicket teen R120. Bring eie piekniekmandjie. S Boeremark van 06:00 tot 14:00 in Langenhovenpark. S Surrounded by 12 hectares of natural vegetation on Grant’s Hill, the Oliewenhuis Art Museum offers access to four marked walking trails through unspoilt natural surroundings. The walking trails are easily accessible to young and old and offer a unique opportunity to experience the beauty and tranquillity of the area. The museum gardens also offer ideal picnic spots. S Die Cheetahs speel om 17:05 hul eerste Superrugbywedstryd vir 2014 teen die Leeus in die Vrystaat-stadion. Arno Jordaan is die gaskuns-tenaar ná die tyd. S Philippolis-boeremark elke Saterdag van 08:00 tot 10:00. S Gholfdag van die NG kerk Jagersfontein. Bel Archie by 082-460-4818. S Valentynsete in Innie Lapa om 19:00. Bel Yvonne by 084-295-8001. S Die Suikergildetak Helen de Munnik hou tussen 08:00 en 15:00 ’n demonstrasiedag in die NG kerk Fauna se saal, Blesbokstraat 10. Nuwe koekversiertegnieke sal gedemonstreer word. Alle bakkers word genooi. Dit kos R100 per persoon. Bel Laura Smit by 083-941-7276.

WOENSDAG 26 MAART: Steve Hofmeyr tree in die Kovsiekerk op. Kaartjiepryse wissel tussen R110 en R220 en is by Computicket te kry. Skakel 082­481­8881 vir verdere inligting. Dit word deur Afrikoon Produksies aangebied. Bloemnuus en Radio Rosestad is die media­ borge van dié konsert. S Krieket: Dag vier van die eerste toets tussen die Proteas en Australië word regstreeks van in Pretoria uitgesaai. SuperSport 2, 09:55. Kanaal 202. SONDAG 16 FEB. S Die Freshford-huismuseum (Kellnerstraat 31, Westdene) is tussen 14:00 en 17:00 oop. S Wil jy hê jou hond moet gehoorsamer wees? Die Dog Training Club kan help. Die klub se lede kom Sondae om 16:00 by die Laerskool Sand du Plessis byeen. Maak gebruik van die ingang in Hippocratestraat. Kontak Nelia Smit by smitnelia@gmail.com. S Perkussie-uitvoering om 16:00 in die Ou Presidensie. Heinrich Lategan met Petro Engelbrecht en ander. Toegang kos R50. S Alwena van der Vyver tree om 09:00 op die Gesinsdiens van die Klipkerk op. Toegang is gratis. Kollekte sal opgeneem word. Bel Dedrey du Randt, 051-448-1419. S Die son kom vanoggend om 05:57 op en sak om 19:00. MAANDAG 17 FEB. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. S Die Shimlas speel om 19:00 teen die Tukkies in Pretoria. S Skenk bloed tussen 10:00 en 16:45 by Shortstraat 11, Naval Hill. Skakel 051-4474122. S Amelia Smit, ’n paletmeskunstenaar, stal in by Moerby, Reitzstraat 67, Westdene. S Compassionate Friends kom om 18:00 in die Malherbe-gebou, Graduandistraat, byeen. Bel Aubrey Josiah by 082-455-7433 of Carol by 079-885-2224.

DINSDAG 18 FEB. S Skenk bloed by Kloppers in die Loch Logan-waterfront. Skakel 051-447-4122. S Klein Karoo wys om 20:00 op kykNET. S ’n Ondersteuningsgroep vir ouers met kinders wat gay is, is onlangs gestig. Enigeen, ongeag kerkgenootskap of geloof, is welkom om hulle hier aan te sluit. Nie net ouers van gay kinders nie, maar ook broers, susters of vriende van iemand wat gay is en wat ’n behoefte het om hulle by so ’n groep aan te sluit, word hierheen genooi. Doen navraag by 082-465-1402. WOENSDAG 19 FEB. S Barefoot Contessa IX: Ina vind meer uit oor die heel beste kos in New York. Food Network, 12:15. Kanaal 175. S Paul Roux se Project Apology – video-dokumentasie ter verskoning aan lydende nie-mensespesies tot 28 Februarie in die Stegmann-galery op die UV-kampus. S Skenk bloed by die Life-Rosepark-hospitaal. Navrae: 051-447-4122. S Career Development Workshop at 17:00 at the CR Swart Senate Hall (UFS). DONDERDAG 20 FEB. S Die Sopkombuis van die Klipkerk gee kos aan minderbevoorregtes. As jy kan help met die uitdeel daarvan of ’n skenking wil doen, bel Elize by 051-4367322. S Stef Bos se Kaaskop in Kaapstad om 20:00 in die Wynand Mouton-teater. Kaartjies kos R180 en R150 vir pensioentrekkers, leerlinge en studente. Bespreek by Computicket. S Die Odeion-skool vir Musiek bied die jaarlikse spesiale gedenkkonsert ter

ere van Arnold Bosman, bekende dirigent en pianis, aan. Die eerste gedenkkonsert is in 2010 aangebied om vyf jaar sedert sy dood in 2005 te herdenk. Arnold het veral in die laaste dekade van sy lewe in ’n vooraanstaande musikale karakter ontwikkel en het as uitvoerder en ook dirigent ’n betekenisvolle bydrae tot musikale uitvoering en navorsing in Italië gelewer. Op die konsert sal werke van Mozart uitgevoer word. VRYDAG 21 FEB. S Die Laerskool Willem Postma vier sy 69ste bestaansjaar met ’n pretstap op Naval Hill. Die eerste groep leerlinge sal om 09:00 aan die sirkelroete van ongeveer 5 km begin stap. Bel Isabel Homsek by 051-436-2730. S Grey-kollege-Standard Bank-skaaktoernooi. Bel Mareth Jooste (051-444-1513). S South Africa’s top dedicated micro brewers return to the Eastern Free State for the Clarens Craft Beer Festival. Tickets are priced from R100 and include a tasting glass. Early booking for the festival and accommodation is recommended. For more information and bookings visit the website www.clarenscraftbeerfest.com. Call Natalie Meyer on 082-901-4700. S Halfeeufees van die NG kerk Hospitaalpark word gevier. Die naweek van 21 tot 23 Februarie 1964 is die kerkgebou ingewy en op 26 Februarie is die gemeente gestig. Ter viering van dié vyf dekades word ’n feeskonsert om 19:00 in die saal van die Hoërskool Sand du Plessis gehou. Geen toegangsgeld word gevra nie, slegs ’n sagte kollekte. Bel Alta Wessels by 051-522-8069.

Die vertoning van Tommy Dell en Manie Jackson volgende Vrydag het blitsig uitverkoop. Bloemnuus is ’n mediaborg van die konsert.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014 5

‘Amelie’ vir jou Valentyn

PC Labuschagne (18), die huidige Mnr. Vrystaat, het sy oog op die Mnr. Teen SA­titel op 1 Maart. PC is ’n bemarkingstudent aan die SUT en was verlede jaar ’n leerling aan die Hoërskool Jim Fou­ ché waar hy die kaptein van die eerste rugbyspan was. As jy PC wil help om die Mnr. Teen­titel na Bloemfontein te bring stuur dan die woorde PC LABUSCHAGNE na 35959.

DIE Bafta-bekroonde Franse rolprent Amelie behoort vanaand verliefdes se hart warm te laat klop wanneer dit in ’n Valentynsviering in die tuin van die Oliewenhuiskunsmuseum in Bloemfontein vertoon word. Dié bekoorlike romantiese komedie, geskryf en geregisseer deur Jean-Pierre Jeunet en met Audrey Tautou in die rol van Amelie Poulain, speel in Montmartre in Parys, Frankryk, af. Amelie is ’n skaam kelnerin wat soos ’n goeie fee die lewe van mense om haar verbeter terwyl sy self na liefde en geluk soek. Fractal (Vriende van Oliewenhuis), wat die geleentheid aanbied, sal ook eetgoed en ander ware verkoop. Kaartjies kos R30 en is Vrydag by die hek, wat om 17:30 open, te koop. Rig navrae aan Yolanda Els by 051-011-0525 (uitbreiding 611).

Arno Jordaan sing Saterdag op die Castle Deck in die Vrystaat­sta­ dion ná die wedstryd tussen die Cheetahs en Leeus. Dié wedstryd begin om 17:05. Castle Lager borg die kunstenaars wat ná elke wedstryd hier optree. Wicus van der Merwe kom op 21 Februarie aan die beurt as die Cheetahs teen die Bulle uitdraf. Twee lesers staan die kans om CD’s van Arno te wen deur hulle in te skryf op www.bloemnuus.co.za. ’n Video van Arno is hier gelaai. Lees op Bloemnuus se Facebook­blad waaraan dié sanger glo.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014

Gert groet ná 32 jaar besluit: Genoeg is genoeg en ek tree aan die einde van Februarie af.

NÁ ’n “leeftyd” by Media24 tree Gert Engelbrecht aan die einde van die maand af. JENS FRIIS het met hom gesels. Gert, hoe het dit gebeur dat jy by Volksblad begin werk het? Ek het op 5 Desember 1970 by die Sendingpers met die drukkersbedryf kennis gemaak. Ná tien jaar het ek by Die Volksblad om ’n pos aansoek gedoen. In April 1980 het ek as handsetter by

Die Volksblad begin werk. In die vroeë 1980’s was ek by Perskor in Kroonstad en van 1984 weer by Die Volksblad. Ná 32 jaar gebroke diens by Volksblad het ek nou

Waar was jy op skool? Aan die Laerskool Sand du Plessis en daarna aan die Hoër Tegniese Skool (nou Louis Botha). Ons was ’n gesin van nege: ma, pa, drie susters en vier broers. Ek is in 1982 met die wonderlikste vrou, Anna-Marie, getroud. Ons het ’n dogter, Lourette, wat getroud is met Nico Wilson en uit hul huwelik is twee kleindogters, Anchelle en Nicolette, gebore.

Wat het jou werk by Media24 behels? Ek het begin as ’n handsetter in die loodtydperk. Met my terugkeer in 1984 was ek ’n reproduksiesamesteller. Daar het ek koerantblaaie en advertensies saamgestel. Soos ons daardie tyd gepraat het: spoeg-en-plak. Daarna het ek oorgeskuif na die kamera-afdeling waar my litografiese werk in alle erns begin het. Daar het ek met negatiewe in die koerantbedryf begin werk. Dit was nie iets nuuts nie, want ek het reeds by die Sendingpers en by Perskor sulke ondervinding opgedoen. Met die koms van CTP(Computer to Plate) drukkerye het daar herstrukturering plaasgevind. Ek is toe omstreeks 2007 na die advertensie-afdeling oorgeplaas. Dit is waar my retoesjeringswerk begin het. Wat is retoesjering? Retoesjering behels om ’n foto en advertensie vir die rolpers drukgereed te maak. ’n Foto mag vir jou baie mooi lyk, maar onthou die rolpers druk in vier kleure: magenta (helderpienk), cyan (blou), geel en swart. Daaruit word ’n kleurfoto gedruk. So jy moet jou kleure eweredig saamstel. Verder moet ek ’n iets uitsny (cutout) as redaksie of ’n kliënt dit verlang.

Gert voor sy rekenaar waar hy met foto’s “toor”.

Foto: Stef Krüger

Wat was die lekkerste van jou werk? Beslis die wonderlike kollegas.

Gert en Anna­Marie Engelbrecht.

Hier word Gert (links) deur Media24 vereer vir 25 jaar diens. Ook op die foto is Amelia van Heerden, Frans Coetzee, Sam Mokhele, Manie Smith en Marie McLaren. Wat gaan jy die minste mis van jou werk? Om altyd teen die horlosie te werk.

roetine te wees? Beslis nie, want nou sal ek weer mens kan wees sonder om altyd te jaag.

Dink jy dit gaan ’n skok vir jou gestel wees om af te tree en uit jou gewone

Waarheen wil jy reis? Ek wil kampeer en Weskus toe gaan.

Uit die argief Nuwe fotoverhaal in Volksblad (14 Februarie 1972): Meisie word plaas se “voorman” AS ’n melkboer vir ’n voorman begin adverteer omdat hy nie meer self die boerdery kan behartig nie, is dit nie iets besonders nie. Maar as die suksesvolle aansoeker blyk ’n aantreklike jong meisie te wees, nogal met die nodige kwalifikasies, kan allerhande komplikasies opduik. Dit is die tema van Die Volksblad se boeiende nuwe fotoverhaal, ’n Voorman vir Vredevlei, waarvan die eerste aflewering vandag verskyn. Gert du Randt het altyd na ’n seun gehunker wat eendag sy boerdery by

hom kan oorneem, maar moet met ’n enigste dogter, Elsa, tevrede wees. Elsa toon egter spoedig dat sy vir geen man agteruit hoef te staan nie en help vlytig met die boerdery. Nietverdiend se toekoms lyk verseker. Maar dan sterf Gert du Randt onverwags en sy vrou en Elsa ontdek dat die afbetalings van die verband op Nietverdiend agterstallig geraak het en dat hulle elders ’n heenkome sal moet soek. Baie teensinnig aanvaar Elsa werk by ’n motorhawe in die dorp. En dan sien sy eendag ’n advertensie oor ’n melkboer van Skeurkloof wat ’n voorman soek. Die aansoeker moet kennis van suiwelboerdery

hê, so reg in Elsa se kraal. Die boerdery was nog altyd haar eerste liefde, en sy besluit om die feit te verberg dat sy ’n meisie is en aansoek te doen. Dis dan dat die poppe begin dans . . . Begin vandag lees aan die interessante ontknoping van hierdie verhaal. S Volksblad, moederkoerant van Bloemnuus, vier vanjaar sy 110de verjaardag. Dié liefdestorie, so reg in die kraal van Valentynsdag wat vandag gevier word, het op Februarie 1972 in Volksblad verskyn. Ter viering van Volksblad se 110de verjaardag verskyn ’n Vandag in die Verlede-rubriek daagliks op bl. 2 van dié dagblad.

Vader Kestell is in 1941 uit ’n toringlose Tweetoringkerk begrawe. Hier beweeg die stoet verby die winkel van G.A. Fichardt in Kerkstraat.

Kestell môre onthou Jens Friis

Verlede week het die Vrystaat lekker reën gehad. Hier speel kinders (wat vandag ou mense of reeds dood is) ná ’n lekker bui reën in die water. Dis onbekend wanneer die foto geneem is. As jy interessante foto’s (tussen 1 en 6 MB) van Bloemfontein en omge­ wing het wat ouer as 50 jaar is, stuur dit asseblief na jens.friis@media24.com.

DIE Vriende van die Oorlogsmuseum vier môre die bekende ds. J.D. Kestell se geboortedag in Bloemfontein. Dr. John Daniël Kestell, ook bekend as vader Kestell, is op 15 Februarie 1854 in Pietermaritzburg gebore. Hy was ’n predikant in die NG kerk, Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier. Hy het in die Anglo-Boereoorlog as veldprediker vir die Harrismith-kom-

mando opgetree. Kestell was ook ’n tyd lank die rektor van die Universiteit van die Vrystaat en was in 1914 betrokke by die stigting van Ons Kinderhuis in Victoriaweg, Bloemfontein. Nadat hy redakteur van die Kerkbode in Kaapstad was, het hy in Bloemfontein die stigtelike rubriek “Ons kerklike lewe” in Die Volksblad van 1929 tot sy dood op 9 Februarie 1941 behartig. Vader Kestell is uit ’n toringlose Tweetoringkerk,

die NG moedergemeente van Bloemfontein, begrawe, want die een toring het in 1935 ineengestort. Die ander is toe veiligheidshalwe gesloop en die herboude torings is eers in Mei 1943 in gebruik geneem. Die kransleggingsgeleentheid begin môre om 09:00 by Ons Kinderhuis. Die gasspreker is Frikkie van Dyk, hoof van die kinderhuis. Rig navrae aan Ronel Theart by 082-456-2040 of stuur ’n e-pos na ronel. theart@vodamail.co.za.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014 7

Op pad ondertoe by die Suid­Afrikaanse grenspos. Héleret glimlag breed oor die “verowering” van die Sani­pas.

Wilna en Héleret het dadelik ná hul aankoms hier om ‘n drinkdingetjie aangeklop.

Héleret by van die vuurpyle wat geil by die Sani Mountain Lodge aan die bopunt van die Sani­pas blom. Agter is van dié lodge se rondawels en ‘n kothuis.

Vroue oorwin Sani-pas

Wilna en Héleret Wolmarans-Visser se droom van baie jare om die Sani-pas op hul eie aan te pak en te “verower” het verlede maand waar geword. Wilna vertel hoe dit gebeur het. HOEWEL die twee avonturiers al so ’n paar jaar gelede die taamlik rowwe pad na Die Hel (Gamkaskloof) tot menige mens se verbystering met ’n 1,1 liter-Fiat heen en terug suksesvol aangepak het, het hulle besef die Sani-pas is in ’n ander “klas”. Maar ry moes hulle hom ry. Daarom is vroeg verlede jaar ’n 4x4-voertuig aangeskaf en reëlings getref om ’n kursus in 4x4-bestuur te doen. Elke moontlike video oor die Sani-pas is gekyk en daar is so wyd moontlik gelees oor dié pas, wat met woorde soos verraderlik, berug en die moeder van alle Suid-Afrikaanse passe beskryf word. Op Maandag 20 Januarie het die groot dag aangebreek. Nadat die nag by die Sani Lodge Backpackers (1 560 m bo seespieël) digby Himeville oornag is, is in die pad geval – opgewonde, maar taamlik bewerig aan die binnekant. Ook nie snaaks nie as jy ’n pad gaan aandurf met plekke wat op die padkaart aangedui word as Blind Man’s Corner, Haemorrhoid Hill, Reverse Corner en Suicide Bend . . . Ná sowat 2 km is dit die einde van die teerpad en die eerste stukkie grondpad laat die hoop opvlam dat al die dinge wat oor hierdie pas gesê is, sommer net

deur ’n sloot of oor ’n hoop klippe gaan kom. Sover jy ry, is daar waterval op waterval, waarvan sommige oor die pad stroom. Die volgende 9 km is ’n ander storie. Waar die helling oor die eerste deel hoogstens so 11% is, is dit nou op plekke tot 30%, met 14 haarnaalddraaie voordat die kruin bereik word. Oor dié stuk word by die 1 000 meter gestyg. Die Lesotho-grenspos is aan die bopunt van die pas, waar ook die grens tussen die twee buurlande is. Dié 9 km-rit het ’n uur en ’n half geduur. Digby die grenspos is die Sani Mountain Lodge, wat bekend is om sy “Highest Pub in Africa” (2 874 m bo seespieël). Nodeloos om te sê het die twee dadelik Maluti-lagers bestel en op die dek gaan geniet terwyl hulle met verwondering afgekyk het op die pas wat hulle “verower” het.

Sou jy gaan S Sani Lodge Backpackers (verblyf onder) www.sanilodge.co.za 033-702-0330

Die uitsig oor die pas van die Sani Mountain Lodge af in Lesotho. bangmaak-praatjies is. Aan die regterkant van die pad is die ruïnes van wat tot in die 1950’s bekend was as die Good Hope Stores. Al wat jy vorentoe sien, is die Drakensberg en ’n grondpad wat

al hoe nouer word. Die omgewing is asemrowend mooi. Die Suid-Afrikaanse grenspos is 14 km van die begin van die pas en het ’n uur geneem om te bereik. Wilna-hulle het ’n Nederlandse paartjie teëgekom wat dié

Foto’s: Wilna Wolmarans

stuk onsuksesvol met ’n gehuurde sedanmotor aangedurf het en maar moes omdraai – die motor in ’n gehawende toestand. Dit het die vorige paar dae swaar gereën en plek-plek moes ’n mens uitklim om te beplan hoe jy

S Sani Mountain Lodge (verblyf bo) www.sanimountain.co.za Besprekings: 078-634-7496 Navrae: 073-541-8620 S Onthou: Warm klere, ’n reënbaadjie en jou paspoort.

PROMOSIE

Advertensies: Susna, 051-404-7798

Die jaarlikste skaaktoernooi van Grey­kollege (sekondêr) en Standard Bank sal op 21 en 22 Februarie in die Reüniesaal van Grey­kollege plaasvind. Topskaakskole van oor die land heen sal weer vanjaar hul vernuf toon en skaak van ’n hoë gehalte kan verwag word. Skole wat deelneem, is die Afrikaans Hoër Seunskool, Afrikaans Hoër Meisieskool, Hoërskool Waterkloof, Pretoria Boys’ High School, Prestige­kollege, Hoërskool Brandwag (Uitenha­ ge), Durban High School, Glenwood High School, Rondebosch High School, Grey­kollege, Eunice, Hoërskool Sentraal, Hoër Landbouskool Marlow, Hoërskool Fichardtpark, Hoër­ skool Martie du Plessis, Tswellang School for the Disabled, Springfontein Secondary School, Hoërskool Olien (Fauresmith), Hoërskool Marais Viljoen, Hodisa Secondary School en die Hoërskool Duineveld. Groot prysgeld is op die spel vir die wenners in elke afdeling en die toernooi beloof om oudergewoonte baie opwinding aan die spelers en publiek te verskaf. Foto: Verskaf


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014

R20 000!

DERDUISENDE Bloemnuus-lesers het op Facebook en www.bloemnuus.co.za gestem om te help bepaal wie die wenner in Bloemnuus se Troufoto van die Jaar-kompetisie sou wees. En dit is: Andrey en Elani Vermaak wat deur 3’kies Photography afgeneem is (sien voorbladfoto). In die tweede plek is Moses en Candice Igbo (Eye Candy Photography House). Lindi en Hendre Moolman (Palm Photography) is derde en vierde is Ernst en Megan Bezuidenhout (Genesis Images). Pryse van nagenoeg R20 000 was op die spel. Die lesers wat elk R1 000 gewen het deur op Facebook en die webblad te stem, is Gerda Vermeulen en Marianka de Jongh. Al die pryswenners moet asseblief vir Bianca Prins by 051-404-7600 bel om hul pryse op te eis. Wie bepaal die wenner? Buiten die lesers se stemme wat getel het, het die span beoordelaars bestaan uit: S Jens Friis: redakteur van Bloemnuus; S Susna Pieters: verkoopsbestuurder van Bloemnuus, Ons Stad en Express; S Christo van Staden: assistent-redakteur: Volksblad, verantwoordelik vir Volksblad se plaaslike koerante; S Karen Herbert: produksieredakteur, Sentrale Plaaslike Koerante van Volksblad; S Meryl Henning: Loch Logan-waterfront (borg); S Anton Smith: omroeper by Radio Rosestad; S Bianca Prins: bemarkings- en geleentheidskoördineerder van die Volksblad-groep; S Madelein Venter: koördineerder van spesiale projekte en jeugbylaes: Volksblad; S Reza van Rooyen: digitale redakteur: Volksblad; S Elretha Britz: kunsredakteur van Volksblad. Die pryse Loch Logan-waterfront: Twee geskenkbewyse: S R2 000 – Fotograaf wat wenfoto geneem het; en S R1 000 – Fotograaf wat foto geneem het wat tweede kom. Kloppers: Twee geskenkbewyse: S R1 000 aan ’n Bloemnuus-leser wat op Bloemnuus se Facebook-blad gestem het; en S R1 000 aan ’n Bloemnuus-leser wat op Bloemnuus se webblad, www.bloemnuus.co.za, gestem het. Black Mountain-hotel: Naweek vir twee. Visionnaire Beauty: Gesigsbehandeling (facial) en pedikuur (R530) aan wenbruid.

Die beoordelaars het hul mening gegee en derduisende Bloemnuus­lesers het op Facebook en www.bloemnuus.co.za gestem. In die tweede plek is Moses en Candice Igbo se troufoto deur Eye Candy Photography House.

Quest Gym: Drie geskenkbewyse aan elk van die paartjies op die eerste drie foto’s: S Eerste – drie maande se gim-toegang met ’n persoonlike afrigter (R1 800). S Tweede – een maand se gim-toegang met ’n persoonlike afrigter (R600). S Derde – een maand gratis gim-toegang sonder ’n persoonlike afrigter (R330). Kaleidoscope Studios: Fotosessie vir die paartjie op die wenfoto (R1 500). M.I. Adam Hypnotics Spa: NAP-sessie en hipnoterapie-sessie vir elk van die drie toppaartjies (R450 elk). House of Interior Design: Geskenkbewyse aan die paartjies op die eerste drie foto’s: S Eerste – R2 500. S Tweede – R1 800. S Derde – R1 500. The Wedding Shoppe: Drie geskenkbewyse van R150 elk wat in die Loch Logan-waterfront gebruik kan word aan die paartjies op die eerste drie foto’s.

PROMOSIE: BLOEMFONTEIN BRUIDSKOU & LEOPARDS & LACE

Bruidskou vol glans DIE Bloemfontein Bruidskou™ word die 19de agtereenvolgende jaar aangebied en wel in samewerking met Leopard & Lace onder die bekwame bestuur van Michael Hetzel. Hetzel is bekend vir sy bestuursvermoë en goeie menseverhoudinge. Albei die partye het jare lange ondervinding in bruidskougeleenthede en die samewerkingsooreenkoms is ’n gulde geleentheid. Die bruidskou duur van Vrydag 7 Maart om 09:00 (tot 20:00), Saterdag 8 Maart om 09:00 (tot 18:00) tot Sondag 9 Maart om 09:00 (tot 13:00). In die tydperk sal die besoekers in Leopard & Lace se restaurant in die Ball Room kan ontspan waar heerlike eet- en drinkgoed bestel kan word. Die

kontantkroeg sal ook deurentyd oop wees. Die besoekers sal ook die geleentheid kry om hulle vir duisende rande se pryse in te skryf. Die wenners van die pryse sal op Sondag 9 Maart op ’n bepaalde tyd aangekondig word. ’n Goeie verskeidenheid diensverskaffers sal op die bruidskou verteenwoordig word. Verskeie stalletjies van troukoeke, blomme, klank en beligting, fotograwe, ontwerpers, ensovoorts het reeds stalletjies bespreek. Uitstallers wat belang stel, kan Michael Hetzel by sy kantoor by Leopard & Lace besoek. ’n Vloerplan is daar beskikbaar sodat die uitstallers hul keuse van die grootte van hul uitstalruimte kan maak. Die pryse wissel

volgens die grootte van die ruimtes. Vooraf-betaling sal ook by Leopard & lace geskied. Let asseblief daarop dat daar ’n beperkte aantal uitstalruimtes beskikbaar is. Leopard & Lace is reeds bekend vir sy pragtige lokale en gewild vir die gehaltediens wat hy bied. Die onderneming hanteer self die spyseniering en dit word wyd aanbeveel vir troues en konferensies, asook enige ander spesiale geleenthede. Daar is genoeg parkeerplek en die nodige sekuriteit. Alle belangstellendes, veral voornemende bruide en bruidegomme, hul ouers en ander jong mense word genooi om die bruidskou te besoek. Kom deel die naweek in die feesatmosfeer. Vir algemene inligting bel Nella by 083-262-2918 of Michael by 079-499-1464.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014 9

PROMOTION

Style, comfort at new development CRESTONE HILLS is a new development that promises comfort and style in Lilyvale which is one of Bloemfontein’s most beautiful development areas. Lilyvale is a very popular, fast-growing, secure development in the northern suburbs of Bloemfontein. Amenities near the development are, amongst others, the beautiful botanical gardens, shopping centres such as Preller Square and the North Ridge Mall, as well as Bays Village. Mimosa Mall is only a mere ten minutes’ drive from this development and schools are within the vicinity. Lenova Construction and Development has been developing in Lilyvale since 2010 and has completed Andes Park with a total of 57 units, and Blue Ridge with a total of 80 units. The construction company is currently in the process of developing

LENINGS

Crestone Hills and Delano View. Crestone Hills is a beautiful brand-new development with a double-storey duplex and a total of 80 units. It is located in the best position in the whole area of Lilyvale, because of its stunning views. Different packages are available with three- or four-bedroom units, including three bathrooms, an open-plan kitchen, dining area and lounge. The units all have double garages. Each unit has stylish, modern finishes like granite kitchen tops, cupboards in the kitchen and all bedrooms. The lounge area is fitted with a gas fireplace and a built-in braai. Each unit has its own fully-fenced private garden with a lawn. This project will be finished by the end of March. Most of the units have been sold, only 20 remain.

TROETELDIERE 1445

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BOUPLANNE 1802

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

AAA - Kwaliteit, INSTALLERING Van: Alle plafonne en drywalls (herstel van plafonne). gratis kwot.(0795816654

TE KOOP

3600

1660

TE KOOP: BULL TERRIERS. 6 WEKE OUD, 2 REUNS, 1 TEFIE. R2 000 ELK. 072 458 2189.

PERSOONLIKE DIENSTE

BETREKKINGS

SAKE

GELEENTHEDE 2415

EKSTRA GELD NODIG? VERKOOP TUPPERWARE. SKAKEL MICHELLE 084 625 7379. VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE 2635

ALLERLEI 1655

Limousine Afslaers hou elke Saterdag om 08:30 'n veiling by ons perseel agter Wiesbaden op Bainsvlei. Ons verkoop vee, voertuie, implemente, meubels en losgoed. Inskrywings: 051 451 1211. Jaco 079 603 9374 of Danie 076 757 4972.

SOEK, KOOP, VERKOOP

ROMMELVERWYDERING 1860

Vervoer van meubels, bourommel, huis- en tuinvullis. Skakel Kobus 072 288 7535.

JEFFREYS BAY: Beautiful, fully furnished, FS. 2-bedroom duplex. Carport and braai. Available March and April. 042 293 1268/076 400 0703

EIENDOMME

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

3210 1871

3701

GOUS VERTUE & ASS. ING Benodig die dienste van ‘n pas toegelate prokureur of senior verskyningsbevoegde klerk om so spoedig moontlik diens te aanvaar in die Siviele Litigasie Afdeling. Die suksesvolle kandidaat moet: •Afrikaans en Engels magtig wees •Beskik oor toepaslike ondervinding. E-pos CV na mirell@gva.co.za Navrae: Mirell Cloete 051 436 1457.

"A", leestekens soos "!" AKKOMMODASIE OM TE DEEL

BOME

REGSLUI

Bayswater: Charolaisstraat: Dame gesoek om huis te deel. R1 950 p.m. 082 463 1559.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

B E T R E K K I N G S


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014

Finalists evaluated TWENTY-FIVE members of the South African Guild of Motoring Journalists (SAGMJ) spent two days on the road in the area surrounding the greater Tshwane Metropolitan Municipality to evaluate the nine finalists for the coveted WesBank/SAGMJ Car of the Year award. The finalist vehicle with the highest score will be awarded the title of 2014 WesBank/SAGMJ Car of the Year, the ultimate award in the South African motoring industry, at a gala event in Sandton on Wednesday. The nine finalists for the 2014 WesBank/SAGMJ Car of the Year

competition are: S Audi A3 Sportback 1.4T FSI Manual S Jaguar F-TYPE 3.0 V6 S S Lexus IS 350 F-Sport S Mercedes-Benz A 45 AMG S Peugeot 208 GTI S Porsche Cayman S S Renault Clio4 66 kW Turbo Dynamique S Volkswagen Golf 7 1.4 TSI 90 kW Comfortline DSG S Volvo V40 D3 Geartronic Excel Each of the 25 jurors had already been exposed to the finalists, having either attended the local launch event of the vehicle or having tested them for at least

three days, under normal driving conditions, in 2013. During the evaluation days, the jury had to test each finalist under simulated extreme conditions at the Gerotek vehicle testing facility. In these controlled conditions, the jury were enabled to evaluate each of the finalists’ dynamic and response in wet conditions, steering inputs and stability at high speeds, road comfort and suspension on simulated extreme road surfaces as well as handling, braking and cornering abilities on the facility’s Dynamic Handling Track. According to Christo Valentyn, chairman of the SAGMJ, the South

African version of the Car of the Year award is one of the toughest and most professionally run events of its kind. “The competition is unique in that all full members of the guild have input in which vehicles ultimately become finalists. These members also determine the jury who conducts the formal evaluation of the finalists on behalf of the broader membership, making it one of the most representative and experienced jury panels used in competitions of this nature. “The demographics of this year’s jury include a wide spectrum of individuals that represent a fair

cross-section of the motor-buying public. In terms of age, the youngest jury members are, for instance in their twenties, while the oldest is in his seventies. And considering the important role women play in vehicle purchasing decisions, the jury also included four highly experienced and respected women. “The jury has the mandate to select, from the nine extremely worthy finalists, the car that, against its direct competitors and in the market as a whole, displays the ultimate in motoring excellence. This is the competition’s primary criterion,” says Valentyn.


BLOEMNUUS, VRYDAG 14 FEBRUARIE 2014 11

Proud contender VOLVO are extremely proud that its Volvo V40 has been selected as a 2014 WesBank/ SAGMJ Car of the Year Finalist. With an impressive list of international awards already behind its name, the sleek Scandinavian five-door hatchback is a strong contender for first place. The specific derivative chosen as a finalist is the Volvo V40 D3 Geartronic Excel. The next step in the process is a stringent two-day evaluation session to be held in Gauteng in January 2014 where jury members will assess the nine finalists, with routes and modules designed to test the vehicles in conditions similar to how the average consumer would use the vehicles. The winner will then be announced at a gala banquet in February 2014. The Volvo V40 The Volvo V40 is a modern, expressive car with a Scandinavian luxury look and feel, and meticulous attention to detail. The fully graphic instrument cluster with personalised layout and information enhances the intuitive and uncomplicated driver experience. This luxurious Scandinavian hatch wraps you in a

Promotion super-comfortable cockpit with outstanding ergonomics and technology that make you feel informed, focused and relaxed. Outstanding safety and support package The Volvo V40 features a class-leading safety and driver support package, including Volvo Car Group’s ground-breaking Pedestrian Detection with Full Auto Brake and several other new features. Volvo’s V40, as well as all

other new Volvo’s, come standard with City Safety – the system which brakes automatically to avoid collisions if the driver does not react in time. Record-breaking safety rating for the all-new Volvo V40 in Euro NCAP test In 2012 the Volvo V40 received the top rating of five stars in the Euro NCAP collision test. The overall result is the best ever recorded by the institute. Furthermore, the Volvo V40’s protection for adults was the best result ever recorded in a test, no less than 98%.

The Volvo V40 has been selected as a 2014 WesBank/ SAGMJ Car of the Year finalist.


Rekords spat op byeenkoms BYEENKOMSREKORDS het Vrydag gespat op die Laerskool Fichardtpark se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms wat in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein aangebied is. Altesaam 24 rekords het in die slag gebly en die Rosestad se atlete het gewys hulle is steeds ’n groot krag in Suid-Afrikaanse laerskole-atletiek deur 22 van dié rekords te verbeter. Twee van die bogenoemde atlete, Alex Klopper (Oranje) en Thabo Verster (Universitas), se vertonings het die verbeelding aangegryp. Hulle het stukke beter as die wenners op die Suid-Afrikaanse laerskolekampioenskapsbyeenkoms in 2013 vertoon. Alex, wat groot belofte toon, het die 80 m vir meisies 10 jaar in ’n blitsige 11.21 afgelê. Dit is 21 honderdstes van ’n sekonde vinniger as die wentyd van Johnline Jantjies (Noord-Kaap) se wentyd (11.42) op die genoemde 2013-byeenkoms. Alex het in die 100 m nóg beter vertoon en weer maklik gewen. Haar wentyd van 13.67 was ’n ongelooflike driekwart van ’n sekonde vinniger as die nasionale wentyd (14.22) van Rudzwana Ramukhubati (Wes-Kaap).

NEW JERSEYS: Shaun Venter and Johann Sadie wearing the new jerseys in which the Cheetahs will play in the SuperRugby series. Foto: Conrad Bornman

Cheetahs and Lions face off

THE Toyota Cheetahs and Lions will meet tomorrow at 17:05 in the opening game of the 2014 Vodacom Super Rugby matches. The gates open at 15:00. Previous encounters Saturday will be the ninth Super Rugby encounter between the Toyota Cheetahs and the Lions since 5 May 2007. The two teams will meet in the Free State Stadium for the fourth time. Out of the previous three home games the Toyota Cheetahs only managed to win the last one on 7 April 2012 with 26-5. The two teams are in an equal position of 4 wins each, with the Toyota Cheetahs winning two of the previous four games in Johannesburg, while making history in 2010 by beating the Lions 59-10 – their biggest victory over the Lions – in Welkom. The Lions’ biggest victory was on 13 February 2009 when the Gauteng team beat the Toyota Cheetahs 34-28. Previous encounters: 5/5/2007 – Johannesburg: Toyota Cheetahs won 16-10. 16/2/2008 – Bloemfontein: Lions won 23-22. 13/2/2009 – Johannesburg: Lions won 34-28. 15/5/2010 – Welkom: Toyota Cheetahs won 59-10. 12/3/2011 – Bloemfontein: Lions won 25-20. 6/5/2011 – Johannesburg: Toyota Cheetahs won 53-19. 25/2/2012 – Johannesburg: Lions won 27-25. 7/4/2012 – Bloemfontein: Toyota Cheetahs won 26-5. Played: Toyota Cheetahs won 4. Lions won 4. Toyota Cheetahs’ points: 249; Lions’ points: 153. Toyota Cheetahs’ positive average match score: 31-19. Lots of fun The fun is not over when the final whistle blows. After the big game, the entertainment starts on the Castle Deck with Arno Jordaan. Sparta, proud new sponsor of the Toyota Cheetahs, will be hosting the popular TV personality Jan Braai at the Weber and Sparta braai area in the stadium on Saturday. Jan Braai will be giving braai demonstrations and interacting with the fans. Supporters now have the option of paying by a debit order for as little as R28 per month for a budget seat.

Thabo het ’n blitsige 70 m-hekkieswentyd in die seuns 11 jaar-ouderdomsgroep behaal. Sy wentyd was 11.02 en dit is ook heelwat beter as die wentyd op die genoemde 2013- nasionale kampioenskapsbyeenkoms in die einste nommer en ouderdomsgroep. Regardt Fourie se gouemedaljetyd op die Suid-Afrikaanse skolekampioenskapsbyeenkoms was 11.25. Thabo het ook die verspring met ’n goeie byeenkomsrekord van 4,58 m gewen en dit vergelyk goed met die nasionale wenner (2013) se 4,72 m. Nog drie Bloemfonteiners het met goeie tweekunste vorendag gekom. Die puik rugbyspeler van die Laerskool Bloemfontein Tony Angus het in die seuns 13 jaar-afdeling gewys daar skort niks met sy vaart nie. Hy het die 100 m (11.80) en 200 m (24.71) in blitsige byeenkomsrekordtye gewen. Sethuntsa Kedibone (Kgato) het ’n byeenkomsrekord-tweekuns in die 800 m (2:27.07) en 1 500 m (5:10.00) in die meisies 13 jaar-afdeling behaal. In die seuns 8 jaar-ouderdomsgroep het Ehan Botha (Grey) gerieflike oorwinnings in die 60 m (8.95) en 80 m (11.66) behaal.

BLOEMNUUS is op Facebook. Soek die blad en “like” dit – nes 4 800 ander lesers vir wie Bloemfontein na aan die hart lê.

Rufus Botha


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.