Tel. 0514047600
| Vrydag 17 Oktober 2014
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Dié brak ’n bielie Dierbare Jack egter ’n sagmoedige reus Ruan Bruwer PARTY brakke se blaf is erger as hul byt. Die Bloemfonteiner Jack, ’n Napolitaanse mastiff gekruis met ’n Deense hond, is moontlik een van hulle. Op die oog af is dit moeilik om te glo, maar die reusagti ge Jack, wat ’n allemintige 96 kg weeg, is volgens sy
eienaar ’n dierbare hond – die spreekwoordelike gentle giant. Toe hy sowat vyf maande gelede geweeg is, kon hy nie op die skaal pas nie. Twee van sy pote, wat nie op die skaal was nie, is dus nie by die 96 kg gereken nie. Gelukkig vir sy eienaar, Engela van Tonder, is dié honde gewoonlik ná hul tweede verjaardag uitgegroei. Volgens Engela het sy ’n
Die reusagtige hond Jack weeg op 96 kg swaarder as baie mense. Hoewel hy groter as die ander 11 honde op sy eienaar, Engela van Tonder (foto), se werf is, is hy nie ’n boelie nie. Sy beskryf hom as ’n gentle giant. Foto: Ruan Bruwer
groot hond gesoek om oor haar huis wag te hou nadat haar boerboel oorlede is. Jack het op vyf weke reeds 7 kg geweeg. Hy het in Augustus sy tweede verjaardag gevier. Toe sy hom vir sy eenjaarin spuiting geneem het, het hy die skaal op 94 kg laat kreun. Die Bloemfonteinse veearts dr. Stephan Wessels, wat langer as 20 jaar praktiseer, sê hy het nog nie so ’n groot hond teëgekom nie. Jack is so groot dat hy sy eie dubbelbed het om op te slaap. Hy jaag sy eienaar maandeliks sowat R1 200 uit die sak vir hondekos alleen. Jack verorber daagliks sowat 800 g kos. Jack is een van 12 honde op ’n hoewe in Bainsvlei. Hier is ’n pophuis vol ander diere. Hy is selfs groter as Engela se minia tuurperde. “Mense skrik gewoonlik as hulle hom sien. Hy laat nie mense in die erf toe tensy ek hulle vergesel nie. Hy het nog nie gebyt nie, maar wel al ’n vriendin van haar voete af gestamp,” sê Engela. Sy erken hy neig tot oorgewig, maar hy is aktief. Soggens wanneer sy die beeste gaan voer, stap Jack saam. Hy stap nie vir kwaadgeld saam nie, maar dra die beeste se voer van sowat 5 kg in ’n emmer in sy bek. As al die diere klaar gevoer en versorg is, bly daar nie veel vir Engela, wat by die diereprodukte winkel in Preller Walk werk, oor nie. “Daar is maar min geld vir my in ’n maand oor vir beder fies. Die diere geniet voorkeur.”
Sprokiesmooi
Kies só jou perfekte aandrok Bl. 5
Beste in land
Oranje se o.13A hokkiespan ryg nog ’n titel in Bl. 12
Reinigend
Ballade vir ’n Enkeling: Leon vind vrede Bl. 2