Bloemnuusbl 20141023

Page 1

Gekroon

Anandi is die nuwe Mej. Bfn­Roos Bl. 8 Tel. 051­404­7600

Best in the FS Tony’s passion for job as tour guide awarded

Kovsies­sterre

Oupa is ’n sterk aanspraakmaker op titel Bl. 14

P2 | Donderdag 23 Oktober 2014

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Damme leeg, perke kom Ruan Bruwer WATERBEPERKINGS is binnekort Bloemfonteiners se voorland, maar voordat dit in werking gestel kan word, moet ’n proses eers gevolg word. Die Mangaung­raad het reeds 55 dae gelede op sy raadsverga­ dering besluit die metro moet vlaktwee­waterbeperkings kry, maar dat ’n proses van openbare deelname eers gevolg moet word voordat dit ingestel kan word. Dit is egter nog nie gedoen nie. Mxolisi Siyonzana, speaker van die metro, sê prosesse vir openba­ re deelname sal eers vroeg in November kan begin. Trevor Balzer, waarnemende direkteur­generaal van waterwese en sanitasie, het reeds in die Staatskoerant van 14 Maart aangekondig die metro moet waterbeperkings kry. Watervlakke van damme wat water aan die stad se inwoners moet voorsien, is baie leeg. Die metro hoop om met die waterbeperkings 15% van die daaglikse gebruik – wat 36 mil­ joen liter per dag is – te bespaar. Damme wat vir die watervoor­ siening verantwoordelik is, is almal bykans dolleeg. Die Groothoekdam, wat hoof­

saaklik water aan die landelike gebiede van Thaba Nchu verskaf, is al amper twee maande lank kurkdroog. Die Knelpoortdam staan op 44,1 %, die Welbedachtdam op 106,9% (waarvan 95% toegeslik is) en die Rustfonteindam op 19,6%. Wanneer die waterbeperkings waarskynlik eers later vanjaar deur die metro ingestel gaan word, gaan waterverbruikers erg inge­ perk oor die gebruik van water wees. Die natlei van tuine sal by­ voorbeeld ontoelaatbaar wees en plante sal net op sekere dae van die week met ’n emmer natge­ maak kan word.Voertuie kan net een keer per maand met ’n emmer gewas word. Ander maniere om water te bespaar is om die kraan toe te draai terwyl jy skeer of tande borsel, stort eerder as om te bad, afvalwater van ’n bad, wasbak of wasmasjien te gebruik om toilette mee te spoel en krane, pype en toilette wat lek te herstel. Qondile Khedama, hoofbestuur­ der: kommunikasie van die metro, kon teen druktyd nie terugvoering gee presies wat die stand van sake is en wanneer die proses vir openbare deelname sal begin nie.

KOVSIES BO: Die netbalspan van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is weer amptelik die beste in die land. Hy het Maandagaand teen alle verwagtinge in die groot gunsteling, die Tukkies, in die eindstryd van die Varsitysports­reeks in Pretoria oortuigend geklop en sodoende sy titel behou. ’n Paar van die spelers kon beswaarlik die trane ná die wedstryd keer. Herkenbaar op die foto is van links Karin Venter (hulpafrigter), Alicia Puren, Denielle van der Merwe, Maryke Coetzee, Danelle Willemse, Monique Lemon, Zi­marie Smith en Michael Shaw (kondisioneringsafrigter). Lees berig op bl. 16. Foto: Saspa


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.