Tel. 0514047600
| Vrydag 24 Oktober 2014
| www.bloemnuus.co.za
‘Eet en vlug’ ’n pyn Ruan Bruwer
’n BRIEF in vandeesweek se Volks blad, “Klante loop toe sonder om vir ete te betaal!”, het diefstal by restaurante – kliënte wat nie vir hul kos betaal nie – weer in die kollig geplaas. Die briefskrywer, Maretha Ackerman, het geskryf hoe geskok sy was om te sien hoe ’n man en vrou by die Wimpy in die Fleurdal Mall geloop het sonder om die rekening te betaal. “Kan ’n mens so skelm wees? Meneer, Mevrou, as julle die skuldiges is, hoop ek dat daardie kos vir julle pyn op die maag gegee het,” het Ackerman geskryf. Maar Gerhard Wiese, eienaar van daardie Wimpy, het vinnig vure doodgeslaan en gesê die man het wel later teruggekom om die rekening te vereffen. “Ons het ’n groot groep gereelde kliënte wat die kelners al ken. Soms word reëlings getref dat hulle later kom betaal. “Ons het ook ’n kaartmasjien waarmee kliënte sommer by hul tafel reeds kan betaal.” Volgens hom sal die kelner eers vir daardie uitstaande geld verant woordelik wees as dit ’n gewoonte begin word. “Dit is die kelner se verantwoor delikheid om die tafel dop te hou en te verseker die rekening word betaal. “Ons het ’n stelsel om seker te maak die bedrae klop aan die einde van die dag met die bestellings.” Volgens Wiese gebeur dit meer by die Wimpy in die Waterfront (waarvan hy ook die eienaar is) dat die geld aan die einde van die dag nie klop nie. Clarissa Minnaar, bestuurder by
Mugg & Bean in die Mimosa Mall, sê dit gebeur by uitsondering dat mense “verniet” by hulle eet. “Dit is meestal met groot
gebeurtenisse soos Macufe of wanneer die restaurant tot oorlo pens toe vol is dat mense kanse vat. By ons is dit die kelner se
verantwoordelikheid om toe te sien die rekening word betaal, anders moet dié rekening uit sy sak betaal word.”
GRATIS
Bene van jellie LaurenLee speel deur erge moegheid
Bl. 11
Matrikulant
Janke Kotzé was amper op pad na Stellenbosch Bl. 2
Plat Anna
Toneelstuk nou ook in eboekformaat
Voorwaarts mars!
’n Skoolkonsert kan vir sommige seuns iets wees wat hulle met alle mag probeer vermy, maar wanneer ál die bykans 1 000 leerlinge van ’n skool aan ’n musiekblyspel deelneem, is dit iets om te aanskou. Die Laerskool Willem Postma bied elke ses jaar ’n blyspel op groot skaal aan en vanjaar s’n, Mars, is spesiaal deur Maretha Maartens geskryf. Anton Esterhuyse het die musiek gekomponeer, Xander Steyn was die choreograaf en Karlien van Coller die regisseur. Voor is van links Johan Pienaar, die skoolhoof, Steyn en Van Coller op die verhoog van die Sand du Plessisteater. Foto: Verskaf
Bl. 5