Tel. 0514047600
| Vrydag 31 Oktober 2014
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Vasbyt, vir 365 dae
Man se resep vir gewigsverlies verstom Ruan Bruwer ’n ONGELOOFLIKE wil en deursettingsvermoë. Dit is moeilik om Ollie Kotzé (23), ’n reken meesterklerk by Luytrekenmeesters, se lewensver haal anders te verwoord. Om 365 dae van uitsluitlik water, Provitas, lemoene en tamaties te leef is bykans ondenk baar. Voeg daarby 365 dae se oefening, elke liewe dag in die buitelug, ongeag die weersom standighede. Die beloning hiervoor? ’n Volle 65 kg ligter. Die motivering? Om net “normaal” te wees. “Ek was altyd bewus daarvan dat mense vir my kyk (weens my grootte). Ek wou nie meer bloot op grond van my voorkoms verwerp word nie. “Ek wou ook lekker goed doen soos om te gaan fliek, want vroeër kon ek nie in die sitplek pas nie. As jou doelwit vir jou belangrik genoeg is, kan jy dit vermag, al is dit hoe moeilik,” sê hy. Dikwels sien ’n mens advertensies vir die een
Toe (links): Ollie Kotzé as matriekseun (links op foto) in SchweizerReneke toe hy bykans 150 kg geweeg het.
Nou: Vyf jaar later, met ’n geheel en al ander voor koms. Foto’s: Facebook
NO. 1 FABRIC STORE
of ander wonderkuur vir gewigsverlies. Voor en náfoto’s word vertoon, maar dikwels lyk dit nie na dieselfde mens nie. Dit is egter nie een van daardie gevalle nie. Die Ollie op 148 kg, en nou op 93 kg (gespierd en al), ís dieselfde mens. Hy het sedert die begin van die jaar 6 kg se spiermassa ontwikkel. Hy sê die keerpunt was toe hy eendag ’n nuwe broek (grootte 50) wou gaan koop, maar daar net dié een grootte broek was wat hom gepas het. Volgens hom was hy reeds op skool oorgewig, maar het dinge op universiteit (in Potchefstroom) weens drank en ’n onaktiewe leefstyl handuit geruk. Hy het begin draf en opstote en opsitte gedoen – elke keer ’n bietjie verder en ’n bietjie meer, totdat hy ’n jaar later 150 opstote en 300 opsitte kon doen. Toe hy aan die begin van die jaar begin werk het, was die eerste ding wat hy gedoen het om by ’n gimnasium aan te sluit, wat hy vroeër nie kon bekostig nie. Hy oefen vyf dae ’n week twee en ’n half uur per dag. Mense loop nou verby hom en herken hom glad nie. “My hemel, is dit jy Ollie? Dit kan nie jy wees nie,” haal hy een so ’n voorbeeld aan. Hy het sy bynaam op skool weens sy gewig gekry. “Soos ’n mens se liggaam aan sekere kossoorte verslaaf word, raak dit ook aan gesonde kos verslaaf. Ek het vroeër baie sout geëet, maar het dit heeltemal afgeleer.” Hy wil ’n motiveringspreker word en jongelinge aanmoedig om van jongs af gesonde keuses te maak.
Musiekfees Paar vriende reël konsert met bekende kunstenaars
8
Roem wink
Angelique maak opslae in modewêreld
3
Troskies
Boet en Tracy vertel van gelukkig getroude lewe
5
Christmas Organza @ R10/pm DAN PIENAAR 051 436 0491/2 • SANLAM PLAZA 051 447 0458 • CURRIE AVENUE 051 522 6507 • BETHLEHEM 058 303 4495
X1PBE78X-BN311014
10m
15m
110
20m
Die leiers in hek outomatisering en toegangsbeheer. PRODUCTS
WIRELESS Outdoor Beams
TM
ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES
32 Kolbe Avenue Oranjesig, Bloemfontein
Tel: 051 448 6695/6 Fax: 051 448 6698
www.stafix.co.za 0861 STAFIX X1PD9665-BN311014