Bloemnuusbl 20141120

Page 1

Gewildste

Laat oë rek

Model waarop publiek dol is, gesels

Mangaung­metro kan R50 miljoen só spaar

Bl. 11 Tel. 051­404­7600

My will

Benefits of appointing an executor

Bl. 2 | Donderdag 20 November 2014

| www.bloemnuus.co.za

P 10 GRATIS

Verdrinking wek vrae Ons Kinderhuis ontken seun het dae gelede weggeloop Jens Friis ’n SEUN (13) van Ons Kinderhuis wat in ’n nabygeleë spruit verdrink het, het dae vooraf reeds wegge­ loop. Só beweer ’n pa en twee seuns wat vroeër in dié kinderhuis was, maar steeds vriende met die oorledene was. “Hy het ’n week gelede al ge­jump (weggeloop) en het in die sloot geslaap. Ook sy kombers het weggespoel.” Hulle beskryf die oorledene as ’n vriendelike kind wat graag grappe gemaak en poetse gebak het. Toe die nuus by die Ons Kinderhuis van sy dood bekend geword het, “was almal in trane – ook die bestuur”. Die seun het saam met twee maats in die spruit agter die kinderhuis gaan speel toe die voorval plaasgevind het. Volgens Frikkie van Dyk, hoof van Ons Kinder­en­jeug­ sorgsentrum, het die ander twee seuns die 13­jarige seun by die spruit gelos omdat hy nog wou speel, berig André Damons in Volksblad.

Verlede week se deurdringende reën is wyd verwelkom, maar dit het ook ontwrigting veroorsaak soos dié foto toon wat uit ’n motor in Curielaan naby die brug by die skouterrein geneem is. Water wat in ’n spruit naby Ons Kinderhuis gestroom het, het ook die lewe van ’n seun geëis. Foto: Loreal Eloff Die polisie het hulle omstreeks 23:00 ingelig dat ’n seun in die spruit verdrink het en dat dit moontlik een van hul kinders is. Van Dyk en ander versorgers het sy lyk uitgeken. Die kinders word gereeld gewaarsku om nie in die spruit te

speel nie. Magda van Niekerk, Engo se direkteur: vakkundige dienste, ontken dat die seun dae voor sy dood weggeloop het. “Dit gebeur baie selde dat kinders vir dae wegloop. “Die kinderhuis word hul huis.

Hulle ‘behoort’ later hier. Die seun wat verdrink het, was al ses jaar hier.” Sy wys daarop dat kinders wat vantevore weggeloop het van hul huise of gereeld stokkies draai uiteraard nie ophou jump wanneer hulle in die kinderhuis woon nie.

“Kinders dros weg van iets byvoorbeeld reëls, verantwoordelik­ heid en roetine of hulle dros na iets soos ’n vorige groep of ouerhuis omdat hulle bekommerd is of gedrag openbaar wat nie in die sentrum aanvaarbaar of toelaatbaar is nie. “Hierdie gedrag kom veral voor by kinders wat van die straat is en onbeheerbare gedrag openbaar het. “In sulke gevalle word die polisie betrek, asook die terapeutiese span van die sentrum. “Kinders kan oorgeplaas word na sentrums waar strenger beheer is en hulle byvoorbeeld nie openbare skole bywoon nie.” Daar is 724 kinders in 34 Vrystaatse sentrums waarvan sowat 200 in Bloemfontein is. “Bitter min van dié kinders sterf,” sê Magda. “Verlede jaar is twee kinders dood, een in Koffiefontein wat doodgebrand het en ’n baba wat kort ná geboorte gesterf het. “Dis elke keer ’n traumatiese ervaring vir die personeellede, want die kinders word soos jou eie kinders.”

X1PE28PE-BL201114


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuusbl 20141120 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu