Bloemnuusbl 20141204

Page 1

Oud­hoof praat Maak dieretuin só ’n groter trekpleister

Stephan Cloete saai eerste toets uit vir RSG

Samba se lede glimlag breed kort voor Kersfees

Bl. 2 Tel. 051­404­7600

Op die lug

Meevallertjie

Bl. 3

Bl. 7 | Donderdag 4 Desember 2014

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Besighede verswelg buurt Dan Pienaar se sonering­dilemma draai in hof Marietjie Gericke ’n SAKEMAN van Bloemfontein, Colin Slabbert, het in die landdroshof in die stad verskyn omdat hy na bewering ’n sakeonderneming van ’n woonperseel in die stad bedryf. Slabbert is nie gevra om te pleit nie en die saak is tot 20 Januarie 2015 uitgestel. Prof. Fief van der Merwe, DA­raadslid, in wie se wyk die beweerde “onwettigheid” aan die gang is, sê dié saak raak geweldig baie Bloemfonteiners. “Baie sakemanne maak deesdae in huise in die stad, maar veral in Dan Pienaar, sakeon­ dernemings oop.” Van der Merwe sê die Mangaung­metroraad kan nie toelaat dat mense sake doen op woonerwe wat nie vir sake gesoneer is nie. “Inwoners koop dikwels juis eiendom waar dit stil en rustig is. Dan verkoop die buurman sy woning en die volgende eienaar begin ’n sakeonderneming daar. “Dit is ook nie regverdig dat huurders, byvoorbeeld by Prellerplein ten duurste huurgeld moet betaal nie. Net oorkant die straat word van huise sakeondernemings gemaak teen ’n tiende van die Prellerplein­ winkelsentrum se huurgeld. “Dan betaal die onwettige sakeonderne­ mings ook nie saketariewe vir erfbelasting nie. Hul water­ en elektrisiteitstariewe is ook goedkoper as dié van ander sakeonderne­ mings. Só verloor die metroraad duisende rande aan inkomste,” sê Van der Merwe. Hy sê parkeerplek is ook ’n groot probleem. “Baie onwettige sakeondernemings plaas groot advertensieborde aan hul heinings en in hul persele wat ’n invloed op die estetiese voorkoms van ’n woonbuurt het.” Van der Merwe sê die saak het natuurlik ’n teenkant ook, want weens regstellende aksie word Suid­Afrikaners gedwing om inkomste vir hulself te genereer.

Die motorhandelaarsaak in Louw Wepenerstraat. “Dit bied ’n kans aan entrepreneurs om vir hulle en hul werknemers ’n werk en inkomste te skep. “In dié opsig rus ’n verantwoordelikheid op die metroraad om die dorpaanlegskema te verander waarin sekere woongebiede natuurlik in sakeondernemings verander. ’n Voorbeeld is Louw Wepenerstraat van Fleckstraat tot by die Laerskool Willem Postma wat vir sakeregte geoormerk kan word en die dorpsaanlegske­ ma dan aan te pas om die sakeondernemings te huisves.” Van der Merwe onderneem om die aangeleentheid met die beplanningsafdeling van die metroraad te bespreek om die

moontlikheid te ondersoek om uitvoering aan sy versoek te gee. Wat hom egter ontstel, is die arrogante wyse waarop ’n motorhandelaarsaak in Louw Wepenerstraat en ’n wassery in Albrechtstraat op woonerwe geopen is. Dit wek die indruk hulle wil die metro­ raad uitdaag om hulle te verwyder en dat die raad dit nie sal regkry nie. “Die ander sakeondernemings het ten minste beskeie te werk gegaan, hoewel dit hulle nie verskoon word nie,” sê Van der Merwe. Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die Mangaung­metro, sê

Foto: Marietjie Gericke

by navraag die metro is in agt soortgelyke hofsake betrokke. S Bloemnuus het Slabbert om kommentaar genader, maar hy wou niks sê nie.

X1PHD459-BL041214


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.