Bloemnuusbl 20141205

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Vrydag 5 Desember 2014

| www.bloemnuus.co.za

Kersliggie­skouspel Ruan Bruwer

WAT vyf jaar gelede begin het met net ’n enkele stringetjie liggies buite Pellissierrylaan 71 om die Kerstyd te vier, het intussen só uitgebrei dat mense nou saans die een ná die ander stop om dit te aanskou. Dít is alles die handewerk van die 18­jarige Dylan Britz. Sy ouerhuis is nou een van dié in Bloemfontein met die meeste liggies. Dit lyk soos ’n huis uit ’n sprokies­ verhaal en tref die oog as jy in Pellissierrylaan afry. Britz, wat vanjaar matriek aan die Hoërskool Fichardtpark geskryf het, het middel­Oktober begin om die liggies op te hang terwyl hy matriek­ eindeksamen geskryf het. “Dit neem ongeveer vier weke om al hierdie liggies op te hang. Hier is nie eintlik meer plek om nog liggies op te sit nie,” sê Britz. “Ek het dit saans op my eie gedoen en nie enige hulp gekry nie. My ma­hulle gee maar die elektrisi­ teit.” Die liggies word saans om 19:30 aangeskakel en brand tot 22:00. Dit is gewone LED­liggies wat nie baie krag benodig nie. “Ek het destyds vir die tannie oorkant die pad liggies verkoop. Haar huis was nogal indrukwekkend rondom Kerstyd. “Ek het gedink as ons huis dalk eendag net naastenby só kon lyk, sou dit wow wees. Ek dink ons het haar nou oortref – nie dat ons in kompetisie met mekaar is nie. Sy sit nie meer haar liggies op nie. “Hier is eintlik ’n klompie huise in die omgewing wat saans Kersliggies het. Ek weet ook van ’n paar huise in Heuwelsig wat dit behoorlik doen. “Die idees het ek maar elders

GRATIS

Gekroon

Bloemfonteinse skoonheid verower titel

2

Ongelukkig Weergode draai teen Knights­ krieketspan

8

Dié huis in Pellissierrylaan tref dadelik die oog. Dit is danksy die 18­jarige Dylan Britz (inlasfoto) wat gefassineer is met liggies. Foto: Verskaf gekry deur met die oë te steel.” Volgens hom maak hulle saans die hek vir die publiek oop sodat mense kan inloop om die liggies binne die erf te bekyk. “Ek moet sê, ons voel soms soos celebrities as ons hier uitry met al die mense hier voor die hek. “Ek is baie nuuskierig oor wat die mense sê, so ek kruip soms in die tuin weg om na hul kommentaar te

luister!” Britz het aan die begin van die jaar sy eie onderneming, Lighticle, begin. Hy voorsien liggies vir troues. Hy verkoop ook liggies en het sy eie Facebook­blad. Met die geld wat hy maak, koop hy verdere liggies aan. “Ek weet ek moet seker iewers stop. Dit is amper soos ’n ver­ slawing. Ek hou van liggies,” erken

Britz. Mense vra hom of hy volgende jaar vir ’n elektrisiën gaan studeer. Hierdie jong entrepreneur se kop staan egter in die rigting van rolprente en hy is aan die Universi­ teit van die Vrystaat se nuwe filmskool ingeskryf. S Die liggies sal tot 3 Januarie saans brand, behalwe wanneer dit reën.

Tree af

Onze Rust se skoolhoof groet ná 23 jaar 2

QUALITY REPLACEMENT PARTS

SUITABLE FOR VW, OPEL, AUDI, BMW, MERCEDES BENZ AND TOYOTA VEHICLES These products are not manufactured by or under licence from original vehicle manufacturer, these are high quality replacement parts

Bloemfontein, 62 Krause Street, Oranjesig • Tel:

051 448 5117/8

X1PHYGHD-BN051214

X1PHYL1W-BN051214


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.