Toer na Bloemfontein
Stef Bos en orkes kom eerste keer in jare na Sand Bl. 9 Tel. 0514047600
TIS
Changed
Domestic worker wages adjusted P 10
Wenresep
Motorwag weet hoe om nie motoreienaars te irriteer Bl. 2
| Donderdag 11 Desember 2014
| www.bloemnuus.co.za GRA
Arend vlieg weg met hond Jens Friis
DIE lewe van ’n poedel is kortge knip toe ’n arend hom opgeraap het en sy base moes toekyk hoe dié roofvoël met hom al tjankend wegvlieg. Die treurspel het Vrydagoggend by die Wurasoordafrit tussen
Bloemfontein en Edenburg plaasge vind. “Baby, ons poedel van 11 maande, was onrustig in die kar. Ons het gedog sy wou haar nood verlig en het van die N1 getrek. Dalk was dit die hitte of iets wat haar gepla het, want Baby het veel meer sin gehad in ’n dooie diertjie
wat daar naby gelê het as om ’n draai te loop. Ons het haar telkemale geroep,” vertel ’n ontstelde Gill Smith van OosLon den. Hulle het besluit om die stopslag te gebruik en toebroodjies daar te eet. Gill (71) en haar man, Steve (73), het die kos en koeldrank uit die bagasieruim gehaal toe hulle iets deur die lug hoor swiep en hoe Baby vreeslik tjank skuins bokant die plek waar die dooie dier lê. “Ek kon my oë nie glo nie en my stem was skoon weg toe ek wou skree.” Steve het sy arms woes gewaai, nader gehardloop en op “die groot, swart voël” gegil, maar hulle het nie ’n kans gestaan nie en “ons moes toekyk hoe die arend met ons babahond wegvlieg”. Hulle het in die kar gespring en die arend langs ’n grondpad agternagesit. “Maar dit was vergeefs. Die arend het weg van die grondpad
’n Witkruisarend in vlug. gevlieg en die laaste wat ons kon sien, was dat Baby leweloos in sy kloue hang. Dalk het ons arme hondjie ’n hartaanval gekry. Maar ons is seker sy is dood. ’n Arend sal nie só ’n onskuldige diertjie laat wegkom nie.” En só het die Smiths toe met ’n seer hart in hul bakkie die pad verder aangepak na hul kinders op ’n plaas anderkant Vryburg. “Die kleinkinders het vreeslik daarna uitgesien om met Baby te speel. En nou sal ons vir hulle die slegte nuus kort voor Kersfees moet bring.” Louise Coetzee van BirdLife
Tussen Bloemfontein en Edenburg by die N1 se afrit na Wurasoord het ’n poedel met sy lewe geboet toe ’n arend hom gevang het.
Vrystaat sê wat gebeur het, is seldsaam. “Gevalle is wel al aangeteken waar kroonarende wat in woude voorkom, honde in Pietermaritzburg se omgewing vang.” Maar kroonarende kom nie in die Vrystaat voor nie. “Hier is wel breëkoparende, dwergarende en roofarende.” Die waarskynlikste is witkruis arende waarvan sy al heelwat in die Edenburgomgewing gesien het. “Witkruisarende vang graag dassies. Die poedel kon omtrent dieselfde grootte as ’n dassie gewees het en die arend kon hom só misgis het. Poedels loop immers nie normaalweg op die Vrystaatse vlaktes rond nie.” Louise twyfel of die dooie diertjie waaraan Baby gesnuffel het ’n rol in die arend se vangs gespeel het, “want arende steur hulle gewoonlik nie aan dooie diere nie”. S Om ’n lid van BirdLife Vrystaat te word, bel Coetzee by 082382 1341.
Foto: Jens Friis
Kom doen jou Kersfeesinkopies by Fleurdal Mall. Maandag 15 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Dinsdag 16 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 17:00 Woensdag 17 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Donderdag 18 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Vrydag 19 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Saterdag 20 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Sondag 21 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 17:00 Maandag 22 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Dinsdag 23 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Woensdag 24 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 19:00 Donderdag 25 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Gesluit Vrydag 26 Desember . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 17:00 Donderdag 1 Januarie 2015 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 08:00 - 17:00
Vereenigingrylaan, Fleurdal, Bloemfontein
051 522 8141 • www.fleurdalmall.co.za Koördinate: 29°15’ 79.7” S, 26°18’ 94.8” E
X1PJ9489-BL111214