Leer by Roland
Bloemnuus se SuperSport Let’s Playsportster gaan in VSA swem
Het groot bydrae tot klubrugby in streek gelewer
No excuses by MEC for decline in FS results, but . . .
Bl. 12 Tel. 0514047600
Rikus gehuldig
Matric results
Bl. 3
P2 | Donderdag 15 Januarie 2015
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Kommer oor aanvalle Ruan Bruwer
GR. 1’S VAL IN: Gaan hierdie 12 jaar se skoolgaan nog lank duur? Klein Hanco Nel, ’n gr. 1leerling aan die Laerskool Willem Postma, het sommer al gisteroggend vroeg tydens die saalopening diep gape gegaap op ma Corné se skoot. Skole in die Vrystaat het gister vir 2015 geopen. Sien môre se Bloemnaweek vir nog foto’s, onder andere van drie oudCheetahrugbyspelers wie se spruite almal saam in gr. 1 aan dié skool is. Foto: Ruan Bruwer
KOMMER heers opnuut oor die gewelddadige aard van aanvalle op die inwoners van plase en hoewes. Die land het vroeër vandeesweek weer gegons oor twee moorde in die Vrystaat, een waarin Toon Swanepoel (72) en sy vrou, Rienie (70), Sondag ure lank gemartel is voordat hulle na bewering in die gesig geskiet is. En dít vir die bejaarde egpaar se vuurwapen, drank, ’n TV en ’n Mazdabakkie. Drie mans van 19, 20 en 25 jaar het gister in die Bloem fonteinse landdroshof in verband met die moorde verskyn. Bainsvlei is vir ’n ruk al ’n brandpunt en die aard van die geweld wat dikwels met hierdie huisbrake gepaardgaan, is enorm. Net mooi twee jaar gelede is Pieter (58) en Elsa (55) Kolver op hul hoewe by Bainsvlei op wreedaar dige wyse aangeval. Sy het haar oog verloor en haar man is in die arm en knie geskiet en het verskeie steek en snywonde opgedoen. Die burgerregteorganisasie AfriForum en die landbouorganisa sie TLU SA maak vandag die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2014 bekend. Kapt. Harry Nagel, provinsiale polisiewoordvoerder, sê inwoners op
plase en hoewes word nie noodwen dig met meer geweld aangeval nie. Bejaardes word eerder as ’n sagte teiken gesien. “Dit hang maar af van die aanvaller se ingesteldheid of hy net wil roof of die persoon leed wil aandoen. Bejaardes word aangeraai om meer veiligheid aan die dag te lê,” het hy gesê. Kapt. Chaka Marope sê benewens Bainsvlei is Bayswater, Langenhoven park en Universitas ook “probleem gebiede” wat die laaste ruk baie misdaad gehad het. In Bayswater is inwoners in Desember gerusgestel met mans wat die strate gepatrolleer het. Volgens Marope was dit nie ’n projek deur die polisie nie. Nico Bredenhann wat in die polisiediens is, sê die feestyd “was ’n mal tyd”. Verskeie Bloemfonteiners het laat weet hoe hulle deel van die misdaadstatistieke geword het. Intussen berig Volksblad moeder koerant van Bloemnuus, Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), is weens sy aanhitsing dat mense grond moet beset, regstreeks by die Swanepoels se moorde betrek. Dít nadat hy op die EVV se nasionale verkiesingskongres in Bloemfontein sy lede aangemoedig het om grond oral te beset.
X1PLMQ9W-BL150115
X1PLMRJH-BL150115