Tel. 0514047600
| Vrydag 16 Januarie 2015
| www.bloemnuus.co.za
My 1ste skooldag
Plaaslike bekendes deel hul ervarings Ruan Bruwer HAASBEKKIES se heel eerste dag op die skoolbanke is vir baie ’n vreugdevolle en uitbundige geleentheid, maar beslis nie vir almal nie. Skole in die Vrystaat het eergister vir 2015 geopen. ’n Paar van die Rosestad se bekendes onthou hul eerste skooldag met gemengde gevoelens om uiteenlopende redes. Vir Mardi Delport, dosent en omroeper, was dit ’n vreesaanjaen de en senutergende somersoggend in Daniëlskuil in 1982. “My ma het my en my tweeling sussie, Danri, by die skool gaan aflaai en toe bars sy in trane uit. Sy het meer as ons gehuil. “Ek en my sussie het mekaar se hande vasgehou en die onbekende ingestap. “Ons was bang en het nie geweet wat om te verwag nie. “Ek het vinnig maatjies gemaak en was die volgende dag gemaklik om weer terug skool toe te gaan.” Die skrywer Jaco Jacobs was bang hy sou deur ’n onderwyser doodgeslaan word. Sommer op sy tweede skooldag in Carnarvon in 1987 het Jacobs skoolsiek gespeel omdat hy nog nie kon lees nie. “Toe ek ná my eerste skooldag tuis kom, was ek verpletter om uit te vind ek kon steeds nie lees nie. Dit was die enigste rede waarom
GRATIS
Nuwe reeks
Reis na waar Vlug na Egipte oor 3 maande verfilm is 4
Nuwe bloed
Mardi Delport ek besluit het om tog maar wel skool aan te durf – sodat ek boeke kon leer lees. “Die ding wat ek die beste van my eerste skooldag onthou, is ongelukkig die absolute vrees daarvoor. “My pahulle het my voor die tyd goed ingelig presies hoeveel dinge daar is waarvoor jy op skool ’n pak slae kon kry, en ek was seker die onderwysers gaan hulle bes probeer om my dood te slaan,” het hy gesê. Die toneelskrywer en aktrise Ilne Fourie se eerste dag (Middelburg, OosKaap) in 1992 het nie so vlot verloop soos sy sou wou hê nie.
Jaco Jacobs
Ilne Fourie
“
Toe ek ná my eer ste skooldag tuis kom, was ek verpletter om uit te vind ek kon steeds nie lees nie. – Jaco Jacobs “Ek het groen koeldrank saam met my kos en ’n Melrosekasie in my skooltas gekry.
“Die koeldrank het egter gelek en teen pouse was die tassie deurdrenk en als grasgroen. Gelukkig het die kasie niks makeer nie omdat dit in foelie toegedraai was. “Ek was ook afgehaal omdat van die ander kinders geldjies saam gekry het vir die snoepie en nie ek nie. My ma was bang ek sou verdwaal op pad snoepie toe. “Die juffrou, haar van was De Kock, was hoogs higiënies en ons moes ná pouse ons tande borsel voordat ons weer die klas kon binnegaan.” S Nog onthouoomblikke op bl. 2.
Burgundy Access
• WHEELCHAIR SALES AND REPAIRS • POWER WHEELCHAIRS AND SCOOTERS • WALKING AIDS VAT NO: 4700196977 REG. NO: IT 112801 • ADULT AND BABY DIAPERS 19 Van Heerden Rd., Willows, Bloemfontein • RENTAL OF WHEELCHAIRS, Tel. 051 522 1874 • Tel/Fax: 051 522 2174 • Cell: 082 413 5873 Fax: 086 503 0938 • E-mail: burgundy@polka.co.za • Web: http://burgundyaccess.co.za WALKING AIDS AND HOSPITAL BEDS
OudKovsie nou nuwe hulp afrigter van Proteas 8
Uitblinkers
Bfn se slimste matrieks gesels oor hul sukses
6
• PRESSURE RELIEF CUSHIONS AND MATTRESSES • GRAB RAILS • COMMODES, BATH AND SHOWER AIDS • LIGASANO WOUND PRODUCTS • HOMECARE PRODUCTS X1PM0QX9-BN160115
ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES
UPINGTON KIMBERLEY BLOEMFONTEIN
Tel: 054 332 1458 Tel: 053 861 5631 Tel: 051 448 6695
IMPORTERS, MANUFACTURERS & DISTRIBUTORS OF ELECTRIC FENCING PRODUCTS FOR:
Monitor en beheer jou sekuriteit, enige tyd, vanaf enige plek. 110 m 20 m 15 m 10
WIRELESS Outdoor Beams
PRODUCTS
X1PLTJA1-BN160115