Bloemnuusbl 20150122

Page 1

O, die nostalgie

Klaar gerol

Kovsies

’n Dagboek gooi dié Bloemfonteinse skrywer nie sommer weg nie

Rolbalspeler van die Proteas tree uit; gaan nou keurder speel Bl. 11

Eerstejaars het hierom besluit om hulle aan die UV in te skryf Bl. 3

Bl. 4 Tel. 051­404­7600

| Donderdag 22 Januarie 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Oorleef só beurtkrag

DIE moontlikheid van beurtkrag is nou groter as in Desember en Januarie. Hier is wenke om die donkerte te oorleef.

ESKOM het onderhoudwerk skandalig afgeskeep en die gevolg daarvan is beurtkrag. Dít gaan drie jaar deel van Suid­Afrikaners se lewe wees, sê Tshediso Matona, uitvoerende hoof van die elektrisiteitverskaffer. Die beurtkragvooruitsig het sedert Desember skerp toegeneem en Eskom wil nou ’n kontantinspuiting van R3 miljard hê om die las effens te verlig. Die verwagte vraag na elektrisiteit draai reeds by die punt om groter as Eskom se opwekkingsvermoë te word en beurtkrag is dus ’n werklike moontlikheid. Die toestand sou volgens vroeëre projeksies eers in Februarie sóveel vererger

het. Die rede daarvoor is die gehalte van die onderhoud­ werk waarmee laat in 2014 begin is. Opwekkingseenhede wat pas versien is, gee slegs ’n maand nadat die werk daaraan gedoen is, proble­ me. Die Suid­Afrikaanse Vereniging van Versekeraars (SAIA) het verbruikers aangemoedig om sekere stappe te doen om hulle teen skade en diefstal tydens kragonderbrekings te beskerm. “Ons verstaan dat beurtkrag kan veroorsaak dat alarmstelsels nie werk nie en dan inbrake en skade tot gevolg kan hê. Ons sal in sulke omstandighede die kliënt vergoed,” het Donald Kau, hoof van korporatiewe sake van Santam, gesê. Die SAIA en Santam het die volgende wenke gegee

om skade tydens kragonder­ brekings te voorkom: S Prop toestelle wat nie tydens beurtkrag gebruik kan word nie, uit. Dit sal die gevaar van skade verminder. S Toets jou alarmstelsel gereeld. S Reël dat jou buurman jou perseel gereeld besoek om te kyk of alles reg verloop. S Laat weet jou veiligheids­ maatskappy waar jy gaan wees. S Maak seker mense weet waar hulle jou in ’n noodgeval kan kontak. S Maak seker jou elektriese heinings en hekke werk steeds in die geval van ’n kragonderbreking. S Wees bedag wanneer jy die huis verlaat. S Hou altyd ’n flitslig gereed in jou motor. S Lees ook die berigte op bl. 2.

KORT OP MEKAAR SE HAKKE. Twee kollegas aan die Hoërskool Sentraal se spruite is slegs 12 minute uit mekaar gebore. Gideon Goosen (links), sportorganiseerder, se eersteling, Christiaan, sou sy opwagting eers op 6 Janua­ rie maak, maar besluit toe hy wil die vyfde al kom. Hy het so byna Bernalt Röll, wat reke­ ningkunde en besigheidstudie gee, se klein Reinard voorgespring. Lees die berig op bl. 3. Foto: Ruan Bruwer

X1PMG7JD-BL220115

ONS KONSULTEER LANDWYD

HELP DEBT COUNSELLORS cc

• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS

Te veel skuld?

Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23

• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.

Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein

Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289

Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.

Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks,

Kantoor 20, 1ste Vloer

X1PMG8U1-BL220115 X1PMHCMW-NK210115


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.