Tel. 0514047600
| Vrydag 23 Januarie 2015
| www.bloemnuus.co.za
’n Nuwe brug sal die Loch Loganwaterfront oor Henrystraat met die Checkerssentrum verbind.
GRATIS
Foto: Jens Friis
Blink uit
Tennisspelers van Rosestad skitter 8
Brug sal Checkers, Waterfront verbind Marietjie Gericke ’n BRUG tussen die Loch Logan waterfront en die Westdenearkade winkelsentrum langs Sovereign BMW het tydens die Mangaungmetro se nuutste raadsvergadering die groen lig gekry. Dié brug sal die Loch Logan waterfront oor Henrystraat met die Checkerssentrum verbind. Dit sal vir voetgangers, asook ’n aantal winkels, voorsiening maak. Daar sal ook dakparkeerplek op die gebou van die Westdenearkade winkelsentrum geskep word. Die ruimte wat vir winkels op die brug voorsien word, is 2 819 m2 per verdieping, terwyl daar ’n dubbelver dieping sal wees. Uit raadsdokumente blyk dat marknavorsing gewys het dat die eenheidswaarde van R1 500 per vierkante meter vir die winkels as
ONS KONSULTEER LANDWYD
HELP DEBT COUNSELLORS cc
• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS
huurgeld op die brug gevra kan word. “Gegrond op die bogenoemde waarde en in ag genome dat die voorgestelde lugbrug ’n dubbelver dieping is, kan die algehele waarde op R8 460 000 te staan kom. Dit is die berekende sakewaarde van die brug.” Verdere marknavorsing het getoon dat ’n jaarlikse huur van 9% van die markwaarde aanvaarbaar is. Die jaarlikse huur sal dus R761 400 wees. Die brug sal deur die Michael Family Trust ontwikkel word. Die DA, by monde van Hardie Viviers, die koukusleier, het op die vergadering gevra waarom nie gehoor gegee is ingevolge munisipa le wetgewing dat die bou en bedryf van die brug op ’n algemene vergadering bespreek moet word waar die vergadering vooraf in
nuusblaaie geadverteer is nie. Viviers het gesê ingevolge wetgewing moes die publiek in kennis gestel geword het van die vergadering waarop die bedryf van die brug bespreek en goedgekeur is. Viviers het dit ook gehad teen die baie lae huurgeld wat gevra word vir die lugruim waarin die beoogde brug bedryf sal word. Dit kom op sowat R63 000 per maand neer, terwyl ’n mens maklik uit een winkel op die brug sowat R60 000 huurgeld per maand sal kan verhaal, het hy gesê. Viviers het daarop gewys dat die eiendomme wat op die brug bedryf gaan word, nie almal op dieselfde eienaar se naam bedryf word nie. “Daar is eiendomme op die naam van die N. Georgiou Trust, die Michael Family Trust, . . .” Rossouw Botes, DAraadslid, het gesê die party is nie teen ontwikke
ling nie, maar “ons sal graag net wil weet of die eienaars van die geboue op datum is met betalings van munisipale dienste aan die metro. Daar was ’n berig in die koerant dat ’n aantal geboueienaars in Bloemfontein aansienlike bedrae vir dienstegeld skuld”. Hy wou ook geweet het of ’n verkeerstudie oor die beoogde ontwikkeling gedoen is en of die punt oor die brug eers voor ’n artikel 79komitee van die raad gedien het. Die Michael Family Trust wat die brug gaan ontwikkel, sal nou die R761 400 per jaar huurgeld vir die lugruimte wat die brug in beslag neem, betaal wat op sowat R63 000 per maand neerkom. Die hele besluit is deur die meerderheidstem van die regeren de ANCparty in die raad goedge keur.
‘Onderwyser’
Wat doen Igno as hy nie foto’s neem of skryf?
3
Op die spel
Een leser kan vier CD’s wen
5
To Germany
Learners share experience in country 7
Te veel skuld?
Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23
• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.
Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein
Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289
Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.
Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1ste Vloer
Skakel ons vandag nog vir vinnige skuldverligting – ons KAN help !
X1PMG5DM-BN230115