Tel. 0514047600
| Vrydag 30 Januarie 2015
| www.bloemnuus.co.za
Bloemskou bied talle eerstes vanjaar
GRATIS
Hulle wen
Baie pryse te wen op FB en ons webblad
3
Toer deur SA Op die Bloemskou sal daar staatmakers soos die gewilde saalperdkampioenskap in die hoofarena wees. Maar daar sal ook meer nuwighede wees.
Foto: Mlungsi Louw
Jens Friis DIE Bloemskou vind vanjaar van 23 April tot 2 Mei plaas, maar die sluitingsdatum vir van die uitstallers is reeds vandag. In samewerking met Women & Business sal ’n gedeelte van een van die sale omgeskep word as ’n kreatiewe mark met uitsoekuitstallers wat selfgemaakte, kreatiewe en kunsprodukte bied. “Die sluitingsdatum hiervoor is vandag waarna daar ’n keuringspro
ses sal wees,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die Bloem skou. Meer as 100 000 mense besoek jaarliks die tien dae lange skou. “Vanjaar verseker die twee vakansiedae dat niemand die skou hoef mis te loop nie. Die Bloemskou lok besoekers van oor die land heen, sowel as ’n gemiddeld van 450 plaaslike, nasionale en interna sionale uitstallers. Dit is dus ’n wonderlike ekonomiese inspuiting vir SentraalSuidAfrika.”
TM
ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES
Onder die eerstes op vanjaar se skou tel ’n buitelug en sportekspo op Saterdag 25 April. Toks en Vaatjie van Toks en Tjopsfaam sal besoekers hier vermaak. Nog ’n eerste is ’n liggaamsbou kompetisie in die vorm van die NABBA Xtreme Body’s Classic op Vrydag 24 April. Perdespring maak sy buiging op Sondag 26 April in die hoofarena. Kunstenaars wat sal optree, is onder andere Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Riana Nel, Bok van Blerk,
UPINGTON KIMBERLEY BLOEMFONTEIN
MonArk en Jay & Lianie. Die Bloemskou sluit op Saterdag 2 Mei af op ’n hoë jazznoot met optredes deur die gewilde Tshepo Tshola en Press. Die Glam Guru, Hannon Bothma, bied op Saterdag 25 April ‘n werksessie aan. Behalwe skoutoe gang word kaartjies hiervoor deur Spotted Apple (0514471086) teen R120 per persoon verkoop. S As jy meer wil weet, bel die skoukantoor by 0514489894 of loer by www.bloemskou.co.za.
Tel. 054 332 1458 Tel. 053 861 5631 Tel. 051 448 6695
www.stafix.co.za 0861 STAFIX
Winner kom na Bloem vir ‘Bloom’
3
Krieket
St. Andrew se krieket blom behoorlik
8
PRODUCTS
BEVEILIG DIT WAT VIR JOU SAAK MAAK... IN-HOUSE TECHNICIANS
VIR ALLE ELEKTRIESE OMHEININGS EN HEKMOTORS
IMPORTERS, MANUFACTURERS & DISTRIBUTORS OF ELECTRIC FENCING PRODUCTS FOR:
• SECURITY FENCING • GAME FENCING • EQUESTRIAN FENCING • AGRICULTURAL FENCING X1PNM7ER-BN300115