Bloemnuusbl 20150205

Page 1

Stryd begin

Kry só afslag

Laat oë rek

Mangaungers dok minder op as hulle voor 3de betaal

UV mik na top­2 Dié projekte van in Varsitybeker; Mangaung­metro SUT wil 1 wen soos ‘spoke’ Tel. 051­404­7600

Bl. 2

Bl. 5

Bl. 12

| Donderdag 5 Februarie 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Stadsbiblioteek in April ’16 klaar Marietjie Gericke DIE laaste fase vir die opknapping van die Bloemfonteinse Stadsbiblioteek op die hoek van Wes­Burger­ en Charles­ straat teen méér as R11,5 miljoen, het middel Januarie vanjaar begin en behoort teen 15 April 2016 voltooi te wees. Die verbeterings van die derde fase behels die opknapping van die uitleen­afdeling, asook dié van die kinderafdeling. Verder gaan die ingang en omsendtoonbank ook meer verbruikersvriendelik gemaak word. Die personeel sal hierna die biblioteek vir sy opening voorberei, deur boeke terug op die rakke te plaas. Dié proses behoort teen 1 Julie 2016 voltooi te wees. Só sê Qondile Khedama, hoofbe­ stuurder: kommunikasie van die Mangaung­metro in Bloemfontein. Khedama het gereageer op navrae van Bloemnuus en sê die Bloemfon­ teinse Openbare Biblioteek is vir die inwoners in Augustus 2013 gesluit ter voorbereiding van die oorhandiging van die perseel vir fase twee van die

opknappings. Dit is op 18 Oktober 2013 gedoen. Die Machabachaba­kontrakteur het fase twee op 7 November 2014 voltooi. Fase twee het die opknapping behels van die studiegebied met sowat 100 studiehokkies, die skep van openbare internet­toegang en Wifi­verbinding, die vermeerdering van die openbare toilette, die opknapping van die verwysingsafdeling, asook die opknapping van die navraetoonbank vir beter toegang tot inligtingsbronne. ’n Meer verbruikersvriendelike leesgebied is ook geskep. Die verbetering van die fotokopieër­gerie­ we is gedoen, wyl geriewe vir liggaamlik gestremde inwoners ook verbeter is. Die bedrag wat aan fase twee bestee is, was R5 614 215 wat saam met fase drie se R11 47 848 altesaam meer as R17 miljoen beloop. Khedama sê die nege personeelle­ de van die Bloemfonteinse Stadsbibli­ oteek wat met die publiek by die uitleen­ en verwysingsafdelings gewerk het, is na verskillende tak­biblioteke van die metro uitgeplaas. Die amptelike 2 915 geregistreerde

lede van die Bloemfonteinse Stadsbi­ blioteek is aangemoedig om die dienste van die sewe tak­biblioteke van die metro te gebruik. Die biblioteek se lidmaatskapkaarte kan by enige takbiblioteek in die metro­ munisipale gebied gebruik word. Die Mangaung­metro se biblioteek­ dienste het 19 442 lede. Khedama sê daar is ook nog twee biblioteke wat in Botshabelo en Thaba Nchu gebou word. Mangaung se openbare biblioteek in Rocklands en die BP Leinaeng­bibli­ oteek in Phahameng ondergaan die huidige boekjaar kleiner opknappings. “Behoorlike studiegeriewe gaan in al die biblioteke oor die Mangaung­ metro­ munisipale gebied heen in werking gestel word. Die metro wil seker maak dat die gebiede in sy munisipale gebied wat nie oor biblioteke beskik nie, ook die huidige biblioteke sal kan benut. In die bestaande biblioteke word opvoeding en toegang tot inligting aangemoe­ dig. Dít is van die sentrale rolle wat deur openbare biblioteke vervul word,” sê Khedama.

Burgundy Access

BLINK LOOPBAAN WINK: Die 18­jarige Clarise Jacobs het Saterdag ’n gesogte modelkompetisie gewen wat haar lewe ’n nuwe wen­ ding laat neem het. Lees berig op bl. 3. Foto: Verskaf

• WHEELCHAIR SALES AND REPAIRS • POWER WHEELCHAIRS AND SCOOTERS • WALKING AIDS VAT NO: 4700196977 REG. NO: IT 112801 • ADULT AND BABY DIAPERS 19 Van Heerden Rd., Willows, Bloemfontein • RENTAL OF WHEELCHAIRS, Tel. 051 522 1874 • Tel/Fax: 051 522 2174 • Cell: 082 413 5873 Fax: 086 503 0938 • E-mail: burgundy@polka.co.za • Web: http://burgundyaccess.co.za WALKING AIDS AND HOSPITAL BEDS

• PRESSURE RELIEF CUSHIONS AND MATTRESSES • GRAB RAILS • COMMODES, BATH AND SHOWER AIDS • LIGASANO WOUND PRODUCTS • HOMECARE PRODUCTS X1PPPRW1-BL050215

ONS KONSULTEER LANDWYD

HELP DEBT COUNSELLORS cc

• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS

Te veel skuld?

Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23

• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.

Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein

Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289

Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.

Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1ste Vloer

Skakel ons vandag nog vir vinnige skuldverligting – ons KAN help !

X1PPGG0M-BL050215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.