Bloemnuusbl 20150212

Page 1

Naka lug sy mening Só moet 50/50 wedstryde gewen word

Ook Brink het gewonder oor sy laaste dag

‘Geen probleme met opening van nuwe hospitaal’

Bl. 12 Tel. 051­404­7600

Doodmenslik

Oor (d)raaiery

Bl. 4

Bl. 6 | Donderdag 12 Februarie 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Beter paaie na Bfn kom

’n Blik op die N8 van die lughawe­brug af. Miljoene rande se opknappingswerk aan hoofweë sal dit makliker maak om in die toekoms na Bloemfontein te ry.

Jens Friis OOR enkele jare sal dit baie geriefliker wees om na Bloemfontein te ry, want drie hoofweë na die stad word opgeknap. Die Suid­Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het met die verbetering van die

N8­hoofweg tussen Bloemfontein en Sannaspos, oos van Bloemfontein, begin. Die werk aan die N1 suid van Bloemfon­ tein tot naby die Tierpoortdam is reeds in ’n gevorderde stadium. En die swakste deel van die N1 tussen Bloemfontein en Johannesburg sal oor die volgende drie jaar oorgebou word. Luidens ’n verklaring deur Sanral sal die opknappingswerk op die N8 oor sowat 24 km van die hoofweg strek. By voltooiing sal dit vir 4,1 km ’n dubbelpad wees. Rehabilitasie aan die res van die hoofweg sluit in die versterking van die sypaadjie en verbetering van die dreinering­ stelsel. Die werk het reeds in Oktober begin en sal oor 27 maande strek.

Bloemnuus­lesers kla op Facebook dat die werk aan die N8 maar traag is. “Hulle werk so stadig dat teen die tyd dat die derde slaggat reg is, die eerste een al weer verskyn.” Ook Dina Smith Liebenberg sê vordering is maar stadig – “ ’n jammerte, want die pad is gevaarlik en dra baie verkeer”. Gerda van Rooyen waarsku dat die pad baie smal is op die dele waaraan hulle wel werk en dat die pad vol los klippe is. Dis juis dié klippe wat Morné Tolken al twee voorruite gekos het. Werk aan die N1 tussen Ventersburg en Kroonstad sal in Maart begin, berig Jana Smit. Logashri Sewnarain, streekbestuurder van Sanral se oostelike streek, sê die kontrak word in twee dele verdeel.

Foto: Jens Friis

’n Kontrakteur vir die suidelike deel van die pad (Ventersburg na Holfontein) sal in Maart aangewys word. Sewnarain sê die toename in verkeersdruk was ’n aanduiding dat die padvermoë vergroot moes word. Die bestaande pad sal ná die opknapping en rehabilitering eindelik die noordwaartse ryvlak wees. Twee nuwe bane sal vir verkeer wat in ’n suidelike rigting ry, gebou word. Sewnarain sê die verkeerstrategie is om aanvanklik die nuwe, suidelike ryvlak te bou sodat die bestaande pad veilig en sonder onderbrekings gebruik kan word. Sodra dié ryvlak voltooi is, sal verkeer na die nuwe suidelike ryvlak oorgeskuif word terwyl die bestaande pad opgeknap word. Die projekkoste is sowat R559 miljoen.

X1PQJ4V1-BL120215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuusbl 20150212 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu