Tel. 0514047600
| Vrydag 13 Februarie 2015
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Familieblad bind saam Stoffel Cilliers
REEDS 11 jaar lank sien ’n familie kwartaalbladjie genaamd Skakels in Bloemfontein die lig. Ek en my twee Bloemfonteinse swaers, Japie Badenhorst en Gideon Nel (wat met my susters, reeds oorlede, getroud was), en my broer in Klerksdorp en suster in Pretoria gee dit sedert 2003 uit bloot om familiebande heg te hou. Vir elke uitgawe besluit die redakteur, my broer Jonker in Klerksdorp, op ’n tema. Bydraes rondom hierdie tema word na my gestuur, wat dit op ’n rekenaar tik, toepaslike foto’s byvoeg, dit uitdruk en versprei. Eintlik is Skakels ’n kleinboet van die familiekoerant van die Cilliers familie, die WWM, wat in 2014 al 56 jaar oud was. Sý storie begin in 1925, toe my pa, Jan, met my ma, Helen, getrou het. Vyf kinders X ek die jongste X is uit hul baie gelukkige huwelik gebore. Ons Cilliersgesinnetjie het gewoonlik Sondagmiddae al lesende en skrywende op die noorderfrontstoep van die familie plaas, Winddam, distrik Lindley, deurgebring. Die drie oudste kinders, Hanna tjie, Agnes en Jansie, het al drie onderwysers geword. Toe hulle en Jonker uit die huis is, het my ma elke Sondag vir elkeen ’n brief geskryf. Ek matrikuleer in 1956. Hoe gaan die gesinsbande voortaan behoue bly? Agnes stel voor dat ons ’n soort kettingbrief sirkuleer. Sy sê ek moet iets uitdink. In 1959 kuier ek as tweedejaar student by Agnes. Ek stel belang in die joernalistiek. Op 25 Julie 1959 skryf ek aan elke gesinslid dieselfde brief. Ek sê dat “op ’n direksievergadering wat
Stoffel Cilliers met die familiekoerant wat hy gekry het toe hy ses jaar gelede 70 geword het. Hier is hy saam met sy kinders, JanChris en Lalien Cilliers. vandag aan etenstafel gehou is, besluit is om oor te gaan tot die stigting van ’n familiekoerant waaraan almal ’n aandeel sal hê”. Ek sal redakteur wees. Dit sal ’n maandblad wees. Bydraes mag nie langer as een skryfblokvel wees nie. Toe die eerste uitgawe in September 1959 verskyn, het die Cilliers’s se penproduk die naam wat hy vandag nog dra: WWM, of voluit: Westewindmoeite. Dit is afgelei van drie van die vier dele van my pa se plaas: W vir Die Weste; W vir Winddam en M vir LandmetersMoeite. Bly kopie skep Maand ná maand rol die blad eers uit die vulpenne en later die balpuntpenne. Gou voeg die trotse mammas ook hul kinders se tekenprente en grappies by. ’n Afsonderlike buiteblad verskyn. Ál meer illustrasies ook. ’n Nuwe pos word geskep – dié van kunsredakteur.
Die eerste klompie jare verskyn die WWM maandeliks. Bydraes word dikwels rondom temas geskryf. Naderhand begin die kleinkinders ook bydraes lewer. In die landwye Gesinsjaar kon gesinne artikels inskryf wat hulle saam gemaak het. In Lindley wen die Cilliers’s met die WWM. Later word die blad net op spesiale geleenthede uitgegee. Daar is al meer as 35 spesiale WWM’s uitgegee. Enkeles is trouWWM’s. Dit word lank voor die tyd in die grootste geheimhouding aanmekaar geslaan. Met die hulp van skoonfamilie word van babafoto’s tot graadfoto’s geplaas. Die WWM word dan in die egpaar se bagasie weggesteek en hulle ontdek dit eers op hul wittebrood. Daar is ook ’n hele klompie herdenkingsWWMs van egpare wat 50 jaar en 25 jaar getroud is. Die meeste spesiale uitgawes is egter van familielede wat 90, 80, 70, 60
of 50 jaar oud geword het. Meestal word maande voor die tyd met die beplanning van so ’n WWM begin. Daar is ’n lys opgestel met die verjaardae en eposadresse van al my oorlede pa en ma se kinders, kleinkinders, agterkleinkin ders, skoonkinders en stiefkinders – meer as 50 van hulle. Van hulle woon in Amerika, Kanada, Griekeland en Australië. Word ’n WWM gemaak, word hulle per epos gevra om bydraes te lewer. Dit bly moeilik om dié koerant se genre te bepaal. Ons noem dit ’n familiekoerant, maar dit bevat nie vars nuus nie. Dit lyk soos ’n album, maar dit bevat teks ook. Dit is egter beslis ’n stukkie CilliersAfri cana. Die formaat van die publikasie het oor die jare heen drasties verander. Van handgeskrewe bydraes op blou skryfblokvelle is gevorder na eers getikte en later rekenaargedrukte bladsye wat in albumformaat uitgegee word met pragtig ontwerpte buiteblaaie. Deesdae word bydraes per epos ontvang, deur ’n rekenaargeletterde uitgelê en in eboekformaat en ook as album of kunstig versierde plakboek uitgegee. Só het ’n eWWM tot stand gekom. Dit is dus nou by wyse van spreke ook op die www! Die kleinkinders wou egter nie agterbly nie. Einde 2012 laat sien hulle die eerste kleinkinderWWM die lig en is dit in sy geheel elektronies. Onlangs het een kleinkind 60 geword. Toe het sy vrou en sy broer ’n baie dik elektroniese WWM met honderde foto’s gemaak waaraan hulle maande lank gewerk het. En om te dink alles het 56 jaar gelede op eenvoudige blou skryfblokvelletjies begin.
Skrikbewind Bouler neem tweede keer driekuns
8
Op planke Alec Debbo huldig pa Al met stuk
2
Soos gister
Sannies onthou ‘ ’n Pot vol winter’ 2
X1PPPKHX-BN130215
ONS KONSULTEER LANDWYD
HELP DEBT COUNSELLORS cc
• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS
Te veel skuld?
Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23
• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.
Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein
Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289
Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.
Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1ste Vloer
Skakel ons vandag nog vir vinnige skuldverligting – ons KAN help !
X1PPHRDM-BN130215