Bloemnuusbl 20150220

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Vrydag 20 Februarie 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Kos­en­kunsmark nou meer sentraal

Suksesvol

Beeldskone Annette ook ’n knap sakevrou

2

Madelein Venter

DIE gewilde Kos­en­kunsmark wat maandeliks deur Volksblad aange­ bied word, kry vandeesmaand ’n ander tuiste. Die mark op 28 Februarie sal by die Loch Logan­eiland plaasvind pleks van by die Botaniese Tuin in Bloemfontein. Die skuif is strategies en sal die mark meer toeganklik maak en verseker dat uitstallers ’n groter afsetgebied vir hul produkte het. “Vir baie van die uitstallers bied die mark ’n inkomste uit die verkoop van produkte wat hulle self maak. Hierdie mark trek besoekers uit alle oorde en verseker dus dat die uitstallers volhoubaar kan besigheid doen. Op die ou einde stimuleer die mark die Vrystaatse ekonomie. Met die Loch Logan­waterfront net langs die mark, sal dit meer voete trek. Mense kan by die inkopiesentrum parkeer, hul sake daar doen en dan oorstap na die mark en sy rustige, veilige atmosfeer,” sê Marie­Louise Smith, organiseerder van die mark. Vandeesmaand se mark sal met ’n motorskou gepaardgaan waar heelwat nuwe modelle, asook klassieke motors, uitgestal sal word. Harley Davidson Bloemfontein bring ook sy motorfietse. Die skuif is goed deur die uitstallers ontvang. “Volksblad se gereelde uitstallers soos Bella Sarmie, Seven, Iewers Nice, Tasteful Delights en die gewilde bierbrouery, Kaya, skuif saam na ons nuwe tuiste.

Passiespel

Hier is Marie­Louise Smith (links), organiseerder van Volksblad se Kos­en­kunsmark, saam met Jeanine Nothnagel, raadslid van die Mangaung­metro, by die Loch Logan­eiland waar die mark vandeesmaand gehou sal word.

Foto: Mlungisi Louw

The Cupcake Tree bied ouderge­ woonte van die lekkerste soetgoed en daar is ook heerlike biltong van Tiekie’s biltong. Skilderkuns, dekor, houtmeubels, kinderspeelgoed, babaklere en klerereekse beloof iets vir elke smaak,” sê Smith. Die Mangaung­metro is ook opgewonde oor die skuif. “Danksy hierdie mark kan die inwoners van Bloemfontein weer bewus word van

die mooi omgewing rondom Loch Logan,” sê Jeanine Nothnagel, raadslid van die metro. Markgangers kan hul piekniek­ komberse onder die reuse­skadubo­ me oopgooi of hulle onder Volks­ blad se twee groot tente tuismaak en luister na kunstenaars van CY Vocal­studio wat die vermaak vanaf die groot verhoog teen die water sal verskaf.

Toegangsbeheer sal toegepas word en toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Die mark vind oudergewoonte van 09:00 tot 15:00 plaas. Uitstallers wat betrokke wil raak, kan Smith by 083­287­8845 bel of ’n e­pos na ml@zigzagcreations.co.za stuur. Bevriend die mark ook op Facebook om op hoogte te bly van alles wat maandeliks plaasvind.

Maartens se skryfwerk op planke as blyspel

3

Atletiek

Tharina kook in diskusnommer op byeenkoms

8

X1PPPKHY-BN200215

DIE HEEL NUWE SUZUKI CELERIO

Besoek ons by die Volksblad Kos & Kunsmark

SUZUKI vanaf

R109 900 SUZUKI BLOEMFONTEIN Skouterrein, Curielaan Tel. 051 411 0400

E-pos: theok@mcmotor.co.za

www.SuzukiAuto.co.za

28 Februarie 2015 * Verpligte versekering word uitgesluit. Foto’s gebruik slegs vir illustrasiedoeleindes. * Rentekoers gekoppel aan huidige prima uitleenkoers. Finansiëring onderworpe aan bankgoedkeuring. * Pryse sluit BTW in, maar sluit die inruilprys uit. Paaiement sluit lisensie-, registrasie- en afleweringsgeld in. X1PRGEG5-BN200215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.