Tel. 0514047600
| Donderdag 26 Februarie 2015
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Is Naval Hill regtig veilig? Marietjie Gericke
‘
As daar paniek knoppies gehuur MET die paniekknoppiestelsel kon word by die wat nog nie deur amptenare in toegangsbeheer werking gestel is op Naval Hill soos wat die Bloemfonteinse sou inwoners stadsvaders reeds in September baie meer van Naval Hill 2012 op ’n raadsvergadering gebruik kon maak. besluit het nie, is Naval Hill dalk nog nie so veilig vir drawwers en – Hardie Viviers, DAkoukusleier van die fietsryers soos gedink word nie. Bloemnuus het ondersoek Mangaungmetro ingestel na die veiligheid van Naval Hill en tot die gevolgtrek king gekom dat dit veiliger as vroeër is, maar nog nie heelte mal veilig nie. Op ’n raadsvergadering in September 2012 het die stadsva ders van Bloemfontein besluit om Naval Hill veiliger te maak met ’n toegangsbeheerkamer by die ingang waar ’n mens paniekknoppies teen ’n byko mende koste sou kon huur vir as jy dalk op Naval Hill in gevaar beland. Hardie Viviers, DAkoukusleier van die Mangaungmetro in wie se wyk Naval Hill val, sê dit is betreurenswaardig dat daar tot vandag niks gekom het nie van die besluit wat reeds op 29 November 2012 geneem is om ’n paniekknoppiestelsel op Naval Hill te installeer. “Die hele bedoeling van die ontwikkeling van Naval Hill was juis om toerisme te lok, maar ook dat inwoners van Bloemfon tein Naval Hill meer vir aktiwitei te soos draf en bergfietsry moet kan gebruik. “As daar wel ’n paniekknop piestelsel was en paniekknoppies wel soos Kaba Kabagambe, hoof van stadsbeplanning by die metro, op die relevante vergadering verduidelik het,
gehuur sou kon word, sou inwoners van Bloemfontein baie meer van Naval Hill gebruik kon maak.” Bloemnuus het Naval Hill saam met Viviers besoek en gevind dat daar wel by uitkyk en verskeie ander punte op Naval Hill paniekknoppies op staanders aangebring is, maar dat dié nie gekoppel is en gevolglik nie gebruik kan word nie. Kameras kon by die Nelson Mandelabeeld gevind word, maar dit is nie seker wie die kontrole hiervan doen of waar die beheerkamer is nie, want Bloemnuus kon dit nie op die koppie kry nie. Viviers bevraagteken die werklike waarde van die kameras vir besoekers aan Naval Hill. Sekuriteitsbeamptes kon wel by die nuutgeboude toegangsbe heerkamer en ook op Naval Hill by die beeld en by die planeta rium aangetref word. Verder word Naval Hill nou van 21:30 tot 07:00 vir besoe kers gesluit. Naval Hill is nie omhein nie, hoewel daar in die nag spreiligte teen die hange is. ’n Besoeker aan Naval Hill kla
Bloemnuus het ondersoek gaan instel na die veiligheid op Naval Hill nadat ’n leser dié natuurreservaat besoek het en Kersvader by die spasie vir jou naam in die boek by die sekuriteitshek geskryf het. Hy het dit gedoen omdat hy vermoed het veiligheidsmaatreëls is glad nie wat dit blyk om te wees nie. Foto: Jens Friis egter dat ’n mens tot “Kersva der” by die spasie vir jou naam in die boek by die sekuriteitsper soneel by die toegangsbeheerka mer by Naval Hill se ingang kan skryf en dan word jy steeds op die koppie toegelaat. Qondile Khedama, hoofbe stuurder: kommunikasie van die metro, sê egter Naval Hill is
wel veilig. “Nadat die stad Naval Hill ’n nuwe baadjie gegee en opge knap het volgens ’n meester of totaalplan, was sekuriteitsopknap pings deel van die oorwegings.” S Lees verder op bl. 6 waarom die Mangaungmetro reken Naval Hill is veilig.