Bloemnuusbl 20150227

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Vrydag 27 Februarie 2015

| www.bloemnuus.co.za

Steve ry Bfn nie verby Jens Friis

Bloemfon­ tein is meer dinamies as in my tyd. Die nasionale verval is seker maar hier ook te bespeur, maar Bloemfontein se pols is sy passie vir geskiedenis en sy hartklop is sy jeug wat in die beste skole saamkom. Bo: Dié foto het byna op die kop tien jaar gelede in Ons Stad, wat verlede jaar met Bloemnuus saamge­ smelt het, verskyn.

VAN boekskryf het Steve Hofmeyr genoeg gehad (vir eers), maar van sing nog lank nie. Só sê Steve wat Donderdag in sy grootworddorp kom optree. “Ná die twee boeke verlede jaar is ek genees van skryf. Vir nou in elk geval. Laaste Dans Drienie en Steve Hofmeyr50 is albei in 2014 gepubliseer. “Hierteenoor gee dit vir my ná al die jare steeds genot om te sing – nie meer as die kreatiewe prosesse nie, maar ek geniet optree meer as enige tyd in my loopbaan. “Ek het ‘n wonderlike ‘kontrak’ met my mark en ons weet presies wat om van mekaar te verwag om ’n lekker aand saam te geniet – veral in Bloemfontein.” In Bloemfontein kom hy ongereeld, ongelukkig. “Maar ek ry nooit verby nie. My ma en broers is die grootste aantrekkings­ krag. Ek was al daar om vriende te besoek – veral my ou skoolhoof. Ook besoek ek steeds die monumente en het al lekker by Naln vasgehaak.” Hy reken Bloemfontein is beslis meer dinamies as in sy tyd. “Die nasionale verval is seker maar hier ook te bespeur, maar Bloemfontein se pols is sy passie vir geskiedenis en sy hartklop is sy jeug wat soggens in die beste skole in die land saamkom. “Ek sou wel meer spog­eetplekke wou sien, ’n inry op Naval Hill, meer tweedehandse boekwinkels en skolesok­ kies.” Voordat Steve­hulle na Bloemfontein

verhuis het toe hy 16 was, het die Hofmeyrs in Pretoria en die Goudveld gebly. “Ons was rural­knapies, maplotters tot ’n mate (ek sien hoe val my ma agteroor as ek sulke dinge kwytraak), maar ek was trots daarop. Kaalvoetkin­ ders. Ons het onskuldige kinderbendes in Anglo Alpha, buite Hennenman gehad. Ons tandarts was in Oden­ daalsrus en inkopies is in Virginia en Welkom gedoen. Vakansies het ons per trein na Hartenbos gegaan.” Hy onthou dat hy veral sedert sy Bloemfonteinse dae al gedig het en ook sy hand aan liedjieskryf gewaag het. “Ek was sterk verbonde aan die kerk (toe die Wesley­Metodistekerk in Noordwyk) en het ook my weermag opleiding in Bloemfontein voltooi. “My dae op Grey voel soos gister: die vakke, die slae, die sport, die makkers en die onnies. Ek was taamlik gemiddeld met ‘n gesonde klap entoesiasme daarby. “In ag genome die standaard van opvoeding vandag, sal ek weer kies vir ’n sterk, streng en gebalanseerde tradisionele skool soos Grey. “Nou ja, en ek sou seker redelik goed gevorder het in Eunice en Oranje. . .” S Steve Hofmeyr sing op Donderdag 5 Maart om 20:00 by Leopards & Lace. Daar is net 250 kaartjies by Computicket beskikbaar. S In ’n volgende uitgawe van Bloemnuus verskyn die res van die onderhoud met Steve.

Links: Steve Hofmeyr en sy ma – ’n foto uit sy album.

GRATIS

Joolkoningin

Carla sou graag daardie dag wou oorhê

5

Aangestel

Engo kry nuwe direkteur

2

Sportdag

Skolespanne sak in hul massas op Bfn toe

8

X1PPPKJ0-BN270215

SPM Bride to Be and Child and Family Expo 5 - 8 March 2015

ABSA Ackermans American Swiss Annie Fashion Capitec Bank Caramello's Cedars Shoes & Accessories Chat2Us Cellular Checkers Hyper Checkers LiquorShop Clicks Comfort Zone Crazy Daisy

Engen Fleurdal Convenience Centre Exclusively Monica's FNB ATM Foschini Galaxy & Co. H2O International Hi Fi Corporation Hobby Bookshop Home & Toys House & Home Jet Kingsmead

Let's Eat Right Health Shop Lilly's Biltong Lotters Pine Maison Elzona Markham Miladys Mr Price Mr Price Home MTN Fleurdal Nedbank Ooh-La-La Pandora

Paradise Bedding & Couches Pep Pep Home Photo & Frame World Rage Scroffy / Fancy Face Siasa Boutique Signature Cosmetics Standard Bank ATM Torga Optical Wimpy Yale Security Point

Vereenigingrylaan, Fleurdal, Bloemfontein

051 522 8141 • www.fleurdalmall.co.za Koördinate: 29°15’ 79.7” S, 26°18’ 94.8” E

X1PT938R-BN270215


2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 FEBRUARIE 2015

Heengegaan S Pieter Schoeman (1937) se troosdiens was in die kapel van Striata, Dawfre Roodestraat, Universitas. S Mpolokeng Rebecca Sebati (1936) van Moshoeshoestraat, Rocklands, is uit die St. Thomas Metodistekerk begrawe. Sy is in die Phahameng­begraafplaas ter ruste gelê. S George Wilfred Sampson (1948) van Gousblomstraat 52, Rykmanshoogte, is uit die Universal­kerk, Opkoms, begrawe. Hy is in die Heather Heights­begraaf­ plaas ter ruste gelê. S Cornelius Johannes Verwey (1936) van Dan Pienaar se gedenkdiens was in die NG kerk Heuwelsig. S Rachel (Ndu) Ramabennyane (1955) is uit die St. John Methodist Church, Levedalestraat, Batho, begrawe. Sy is in die Phahameng­begraafplaas ter ruste gelê. S Petronella Maria van der Sandt (1949) se verassingsdiens was in die NG kerk Bloemvallei, Dreyerlaan, Roodewal. S MacDonald (Macky) Esterhuizen (1948) van Buxtonstraat 2, Heidedal, is uit die Nuwe Apostoliese kerk, Rykmans­ hoogte, begrawe. Sy teraardebestelling was in die Heather Heights­begraafplaas. S Jimmy Jacobs (1937) is uit die NG kerk Estoire begrawe. Hy rus in die Memoriam­begraafplaas. S Maria Elizabeth (Tokkie) Havenga (1945) is uit die Nuwe Apostoliese kerk begrawe van waar die stoet na die Bainsvlei­begraafplaas beweeg het. S Thomas Michael Muller (1940) se gedenkdiens was in die St. James­kerk. S Stephen Birch (1963) is uit die NG kerk Uitsig begrawe van waar die stoet na die Bainsvlei­begraafplaas vertrek het. S Gerda Hugo (1966) se gedenkdiens was in die CRC­kerk, Vereenigingrylaan. S Elizabeth Johanna Maria (Bets) Buys (1932) se verassingsdiens het in Mooiha­ we plaasgevind.

Red eers net boetie, nou vreemdes ook Ruan Bruwer MIN het Mizan Viljoen (15) tien jaar gelede toe sy haar jonger boetie van ’n waarskynlike verdrinking gered het, geweet dat menseredding haar so ’n groot vervulling in die lewe sou gee. Twee jaar later het Mizan, deesdae ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, aan menseredding begin deelneem en het reeds in 2013 tydens die Desembeker­vakansie al mense­ redding by Glentana in die Suid­Kaap gedoen. Dit was vrywillig, want ’n mens kan eers betaling van die ouderdom van 16 jaar ontvang. Volgens haar was sy vyf jaar oud en haar boetie, Gean, twee en ’n half toe hy in die swem­ bad beland het en nie kop bo water kon hou nie. “Dis ’n lekker gevoel om te weet jy kan iemand help en ’n lekker vaardigheid om te hê. “My vriende dink dis baie cool,” het sy Saterdag op die Vrystaatse mensereddingskam­ pioenskap gesê. Gean was aanvanklik baie bang vir water, maar het dit nou oorkom en neem self aan menseredding deel. Thinus Krügel, ’n mediese student in sy eerste jaar aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), se keuse op ’n studie­ rigting is geïnspireer deur ’n voorval sowat drie jaar gelede toe hy ’n lewe gered het. Hy het sy vrywillige ure as ’n menseredder by die Stadion­ swembad gedoen toe hy die eerste keer ervaar het hoe om iemand van ’n gewisse verdrin­ king te red. Volgens Krügel was daardie gevoel onbeskryflik en iets wat hy eendag as ’n mediese dokter meer van wil hê.

“Die seun, seker so 12 jaar oud, kon glad nie swem nie. Ek het boonop niks gehad om vir hom te gooi om hom uit die water te trek nie. “Daardie was die lekkerste gevoel wat ek nie eintlik kan beskryf nie. Dit gee jou ’n vervulling,” het Krügel gesê. Hy is verlede jaar vir die nasionale jeugspan gekies waarvan hy die kaptein was. Oor haar vorige twee jaar se werk op Glentana se strand, sê Mizan ’n mens moet op jou hoede wees en fyn oplet. “Ek het nog nie self iemand uit die water moes probeer red nie, maar was al teenwoordig toe mense in die moeilikheid beland het. “Ek moes wel al noodhulp toepas toe mense deur bloubla­ sies gesteek is. Ons kan ook help met gevalle van sonsteek, snye of bysteke.” Sy reken sy het al sowat 30 vrywillige uur in totaal gewerk. ’n Mens moet eers 20 uur vrywillig werk voordat jy betaling kan ontvang. Voordat swemmers aan die kampioenskap kon deelneem, moes hulle eers ’n sertifikaat verwerf wat uit teorie, prakties en kardio­pulmonêre resussitasie bestaan. Seniors (o.15) moet spesifieke tye in die swembad kan handhaaf om vir die Suid­Afri­ kaanse kampioenskap te kwalifiseer. “Menseredding lyk nie so opwindend van die kant nie, maar is bitter lekker. Swem kan dikwels ’n ernstige storie wees waar sukses ’n groot rol speel met swemmers wat baie gefokus is. “Met menseredding is dit heeltemal anders, dis ’n baie gemakliker atmosfeer,” het Krügel gesê.

Mizan en Gean Viljoen. Tien jaar gelede het sy haar jonger boetie van verdrinking gered en vandag doen albei menseredding. Foto: Ruan Bruwer

Doen aansoek om ’n Vryfees-stalletjie Skakel Iatros by: 072 805 6228 of 072 216 5973

X1PT8YM5-BN270215

AANSOEKE vir kunstemarkstalle­ tjies op die Vryfees (13 tot 18 Julie) kan nou ingedien word. Die fokus van die kunstemark is op kreatiwiteit en kunssinnig­ heid. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 20 Maart. Voornemende uitstallers kan

die aansoekvorms vir die kunstemarkstalletjies van die fees se webtuiste aflaai. Belangstellendes kan Atie Kamper op weekdae tussen 09:00 en 16:00 by 051­404­ 7811 bel of ‘n e­pos aan Atie.Kamper@volksblad.com stuur om onmiddellik ‘n verwysingsnommer te kry.

De Wet Claassens en sy vrou, Nadia, Lika (vier jaar) en Liewan (nege maande) by Liewan se doop.

Nuwe direkteur wil Engo na hoër hoogtes lei Jana Marx

“DIE werk van ons hande moet die storie van ons hart vertel . . . ” Só droom De Wet Claassens, die nuwe direkteur van Engo – bestuurshulpdien­ ste, hardop. Claassens, wat op 2 Februarie vir Jannie Nothna­ gel in hierdie posisie opge­ volg het, neem nou verant­ woordelikheid vir die be­ stuurshulp­ en administratiewe dienste van Engo. Nothnagel bly steeds aan die stuur van die Bloemfontein­sentrum vir bejaardes. Claassens het in Virginia grootgeword en sy BRek­graad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Ná sy klerkskap het hy as ‘n praktykbestuurder by ‘n rekenmeesters­ en ouditeurs­ firma in Bloemfontein gewerk. Die skuif van die korpora­ tiewe wêreld na ‘n nie­wins­ gewende organisasie is ‘n aanpassing, maar Claassens is oortuig dat sy posisie by Engo vooraf bepaal is: “Ek glo nie in toeval nie, maar wel in die genade van Bo. Engo gee hoop in mense se lewe – ewige hoop!” Hy beskou hom as ‘n mense­mens wat sy lewe rig volgens die goue reël: Doen aan ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê. “Daarom vertrou ek dat God my gaan toerus met die

beste moontlike vaardighede om saam met die Engo­span ‘n verskil in mense se lewe te maak,” sê ‘n baie gelowige Claassens. ‘n Nuwe direkteur beteken nuwe, vars idees en volgens Claassens bied sy posisie heelwat opwinding. “Engo is só ‘n besonderse entiteit. My kop is vol nuwe planne en idees, maar terselfdertyd weet ek ook om nie aan ‘n wenresep te verander nie.” Claassens se bestuurs­ en finansiële agtergrond help hom in sy dagtake, terwyl ‘n agtergrond van modelwerk weer sy mensekennis en netwerk verbreed het. Wanneer hy nie rondrits of werk nie, bring hy graag tyd saam met sy vrou, Nadia en twee kinders, Lika (vier jaar) en Liewan (nege maande) deur. Claassens se groot droom vir Engo hierdie jaar is om elke dag God se wil te soek en Sy drome daagliks uit te leef. “Ek sien baie uit daarna om nuwe mense te ontmoet, om elke dag meer by my kollegas en by Engo as groter organisasie te leer, om voort te bou op die organisasie se goeie reputasie en nog meer mense bewus te maak van ons werksaamhede. Ons gaan almal saamwerk om Engo nog méér suksesvol te maak!”

Netwerk24 blink uit GUMTREE is die gewildste webwerf in Suid­Afrika, met die nuuswebwerf News24 net ’n kortkop agter hom. Netwerk24, wat in Oktober verlede jaar begin is, het die agtste meeste besoekers getrek en meer as 1,33 miljoen unieke besoeke gehad. Netwerk24 is die gesamentlike digitale tuiste vir Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport. Liesl Pretorius, Netwerk24 se redakteur, sê die webwerf se 33%­groei in unieke gebruikers sedert Desember – te midde van ’n betaalstrategie – is ’n mosie van vertroue van Net­ werk24 se lesers.

“Ons sien daarna uit om ons aanbod te verbeter en uit te brei vir hierdie lojale en nuwe gebruikers.” Die syfers is volgens Effective Measure se statistieke vir webverkeer in Suid­Afrika in Januarie, berig mybroad­ band.co.za. In Januarie het Gumtree 4,95 miljoen unieke besoeke ontvang. News24 het 4,76 miljoen besoeke in hierdie maand gehad. In die derde plek is IOL (die webwerf van Independent­koe­ rante) met 2,18 miljoen unieke besoeke.


BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 FEBRUARIE 2015 3

Wen met ‘Bloemnuus’ AS jy na vanaand se Superrugby­ wedstryd in die Vrystaat­stadion gaan opruk, onthou dat jy ’n Cheetah­trui kan wen wat selfs deur die span of ’n speler van jou keuse geteken sal word. Bloemnuus en Toyota, die Cheetahs se hoofborg, gaan met elk van die Cheetahs se agt tuiswedstryde hierdie opwinden­ de prys weggee. Behalwe dat jy by die wed­ stryd moet wees, moet jy ook ’n selfie met ’n kamera neem en dit op Bloemnuus se Facebook­ blad gaan deel. Dit is belangrik dat die veld op die agtergrond van die foto

Tears is van 11 tot 13 Maart om 19:30 te sien in die Scaena. Kaartjies wissel tussen R25 en R40 by Computicket. Van links is, voor: Olivia Wyngaard, Troy Myeni, Anika du Toit, Che Keet, Zabesuthu Mpiti, Magnus McPhail en Berlie Swart. Agter is Dieketseng Dlamini en Peggy Khotle. Foto: Marlé Visagie

Wat gebeur waar? STUUR dagboekinskrywings vir gratis plasing in Bloemnuus/Bloemnaweek na jens.friis@media24.com voor Maandae om 08:00. VRYDAG 27 FEBRUARIE S Tommy Dell en Manie Jackson tree op in die Aasvoëlklub. S Skenk bloed by die Loch Logan­ waterfront tussen 09:00 en 16:00. S Die NG kerk Waterbron hou ‘n somerplaasbasaar om 17:00 by dié kerk, Vergezochtpad, Bainsvlei. Santa Pretorius, 051­445­2345. S Exhibition by Elrie Joubert entitled For Keep’s Sake Continued at 18:30, Gallery on Leviseur. S Manie Jackson en Tommy Dell in die Aasvoëlklub. ’n Kaartjie kos R150 by Computicket. S Wolf in Sheep’s Clothing: Skilderye, keramiek en tekstielskeppings deur Ann­Marie Tully in Oliewenhuis. S Valiant Swart in InnieSkuur. ’n Kaartjie kos R120. Navrae: 079­387­ 3614. S Glacier van Sanlam en AHi Bloemfontein hou op 27 Februarie ’n gala­ete in Bloemfontein. Die sprekers is Frans Stroebel, strateeg en jare lange persoonlike assistent van wyle dr. Anton Rupert, asook Rocco Carr, sake­ontwikkelings­ bestuurder van Glacier van Sanlam. Die byeenkoms, waarna alle plaaslike sakelui uitgenooi is, word by die Woodlands Function Venue gehou en begin om 18:00 vir 18:30. Kaartjies kos R3 500 vir ’n bespreekte tafel van tien sitplekke of R350 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by Trish Rodriques by ahibloemfon­ tein@shisas.co.za. S Cheetahs teen Blues in Bloemfon­ tein om 19:10. S Leroi kom uit Pretoria om by Friends Pub te sing om 20:00. S Skaapkopete by Pub Stop om 13:30 en DJ Botter om 19:30. SATERDAG 28 FEBRUARIE S Three’s A Company Live om 20.00 in Pub Stop.

S Thys die Bosveldklong in die Violet­saal, skouterrein, om 19:00. Dit kos R150 en kinders jonger as vyf jaar betaal niks. Bring jou eie mandjie met eetgoed en kom dans saam. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Jolene Dippenaar, 082­502­ 1516. S Skenk bloed by Mimosa Mall as deel van die Shavathon tussen 09:00 en 16:00. S The FS Dachsie Club (for everyone that loves or are interested in sausage dogs) will start their 2015 programme at 16:00 in the public park on the right hand side of Pasteur Hospital. Pedigree and mixed breeds are welcome. Ronel du Preez (082­883­2903). S Leer meer oor vetplante by Potskuur by die Vrystaatse Botaniese Tuin om 15:00. Die spreker is prof. Johan du Preez van departement plantwetenskap aan die UV. Skryf aan deonpotgieter@iclix.co.za. S Die Vrystaatse Orgidee­vereniging vergader by De Bruynstraat 9A om 11:00. Fred Wilkinson (084­200­9416). S Figuurstudiewerksessie deur Jaco Spies en Dina Grobler in die Dina Grobler­ateljee (072­373­4022). S Songs of the Movies met Leandra Joubert in die Aasvoëlklub. ’n Kaartjie kos R80. Bespreek by Esther (079­ 522­5257). S Blood Wedding met onder andere Lulu Botha en Marli van der Bijl in die André Huguenet om 19:30. Die regie is deur Stephan Brink. ’n Kaartjie kos R50 by Pacofs. S Reünieontbyt van plaaslike rekenmeesters en Transnet­kollegas wat tot en met 1989­’90 in diens was om 08:30 by Gallery on Leviseur, Leviseurstraat, Bloemfontein. Dit kos R50. Louwrens van der Vyver (051­522­3193) of Helena Sullivan (083­317­9989). S Veiling ten bate van Volksblad se Ons gee om­fonds om 10:00 in Philippolis. Die Ou Tronk sal onder meer opgeveil word. S Francois Bouwer en Margie Anderson in InnieSkuur. ’n Kaartjie kos R120. Navrae: 079­387­3614.

S Die Vrystaattak van die Boeremu­ siekgilde hou om 19:00 ’n uitreikdans party in die Rosenhof­skoolsaal. Dit word aangebied ten bate van Oranje­selfhelp. Carel Wessels (072­358­0840). S Die Brandfort­buurtwag se gholfdag by die plaaslike gholfklub om 11:00. Dit kos R150 per speler en sluit ’n ete in. Bel Danel (084­242­9565) of Johan (082­536­5058). S Boeremark in Langenhovenpark. SONDAG 1 MAART S The Bloemfontein Dog Training Club will resume training at 16:00 on the fields of Sand du Plessis Primary School, Hippocrates Street, Hospital Park. They offer socialising of dogs, home obedience and advanced obedience. Margaret Leighton, phoenix21@vodamail.co.za. S Free State Agility and Dog Training Club bied hondespring­klasse, gehoorsaamheidsklasse en sosialise­ ringsklasse vir alle soorte honde aan. Dit begin om 15:00 by die Laerskool Sand du Plessis in Hospi­ taalpark. Maak gebruik van die ingang uit Listerstraat. Gawie Faul, 083­303­ 0222 of 051­522­8518. S Karaoke om 15:00 by Pub Stop. MAANDAG 2 MAART S Skaf ’n Volksblad én Huisgenoot aan teen R25 by koerantverkopers in Bloemfontein. DINSDAG 3 MAART S Krieket – Wêreldbeker: Suid­Afrika teen Ierland, Canberra. S Die Bloemfonteinse Fynproewers hou ‘n kookdemonstrasie met Nina Timm. ‘n Kaartjie by Vars uit die Oond (Prellerplein) kos R120. S Elke Dinsdag om 18:30 kom die Bloemfonteinse Veerpyltjieklub in die Ramblersklub byeen. Almal is welkom. Amanda (073­ 785­7287).

WOENSDAG 4 MAART S ’n Ondersteuningsgroep vir Parkinson se siekte kom om 10:00 by Van Heerden­ straat, Wilgehof (Westerbloem), byeen. Melissa, 051­407­7236. S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende en studerende jong mense kom om 19:00 bymekaar by Lukas Steynweg 1, Heuwelsig. Elna van der Walt, 082­462­5507. DONDERDAG 5 MAART S Steve Hofmeyr sing by Leopards & Lace om 20:00. Kaartjies te kry by Computicket.

Please take note that the

Annual General Meeting

of the Bloemfontein branch of the South African National Blood Service (SANBS), open to the general public, will take place on

Thursday 12 March at 17:00

at the Bloemfontein Blood Donor Centre, 11 Short Street. The 2015-2016 Donor Committee will be elected, and we invite and encourage all local donors to join us. To attend, please contact Natalie Booysen at 051 447 4122. X1PRU12H-BN270215

sigbaar moet wees. As alternatief tot ’n selfie, kan ouers ook ná die wedstryd hul spruite saam met ’n Cheetah­ speler afneem en daardie foto op die Facebookblad se muur gaan oplaai. Jy het tot Dinsdag om 12:00 om die selfie van jouself of saam met jou vriende op Bloemnuus se Facebookblad te gaan deel. ’n Wenner sal uit dié inskry­ wings gekies word. Die wenner kan kies of hy die trui geteken wil hê en sal daarmee saam ook ’n Cheetah­ serp ontvang.


4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 FEBRUARIE 2015

Historiese almanak van die Vrystaat S 27 Februarie: DIE Afrikaanse skrywer en digter C.M. van den Heever is op dié dag in 1902 in die konsentrasiekamp by Norvals­ pont gebore. Hy gaan in die distrik Trompsburg skool, asook in Bloemfontein aan die Brebner­ en die Grey­kollege. Hy studeer aan die Bloemfon­ teinse universiteit onder proff. Francken en D.F. Malherbe. In 1928 vertrek hy na Nederland waar hy sy studie aan die Univer­ siteit van Utrecht voortsit. Met sy terugkeer na Suid­Afrika aanvaar hy ’n pos as lektor aan Kovsies. In 1932 ontvang hy sy doktorsgraad op grond van ’n proefskrif oor die digter Totius, waarna hy in 1933 as hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Wit­ watersrand aangestel word. Hy sterf op 8 Julie 1957. Van den Heever word veral onthou vir ’n uitmuntende

biografie oor generaal J.B.M. Hertzog en sy bekendste romans, Somer en Laat Vrugte; vir laasge­ noemde ontvang hy die Hertzog­ prys vir prosa in 1942. S 28 Februarie: Volkspele is die eerste keer op dié dag in 1914 uitgevoer op die plaas Vuisefon­ tein, ’n paar kilometer noord van Boshof. Dr. Samuel Henri Pellissier, die vader van Volkspele in Suid­Afrika, het in 1912 die vergesig gehad van ’n gedissiplineerde, tradisiege­ bonde jeug, met hul eie volkspele, volksang en volksdrag. Terwyl Pellissier in Swede was om hom daar verder in skrynwerk te bekwaam, het die jong mense saans geleenthede vir ontspanning geskep. Hulle het in die kleurryke volksdrag van hul verskillende lande bymekaargekom en volksang en volksdanse beoefen. Net die

Suid­Afrikaners was nie in volks­ drag geklee nie, want hulle het nie so iets gehad nie. By die aanskoue van hierdie kleur­ en glansryke optredes het Pellissier besluit dat wanneer hy weer in sy eie land terug is, hy dit sy taak gaan maak om die jong mense van sy volk te mobiliseer en aan te spoor om ook ’n spelende, singende en werkende volk te word. Pellissier het vier Sweedse danse vertaal en aan leerlinge van sy skool geleer. Tydens ’n Sondagskoolpiekniek op Saterdag 28 Februarie 1914 is dié spele toe die eerste keer uitgevoer. Destyds het dit as die “Swedish Games” bekend gestaan. Gou het dit in gewildheid toegeneem. Volksang en volkspele het in Suid­Afrika posgevat. Vir Pellissier was volkspele ’n fisieke en geestesaktiwiteit wat

Dr. Samuel en Judith Pellissier. deur volksgenote in die breë lae beoefen is. Spoedig is predikante, onderwy­ sers en ander kultuurleiers by die

beweging betrek en is die Uniale Raad vir Volksang en Volkspele in 1941 deur die Reddingsdaad­ bond gestig.


BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 FEBRUARIE 2015 5

Hier is dit nog lekkerder om te gee Leatitia Pienaar DIT is lekkerder om te gee as om te neem, maar by die Goodwill Shop op die terrein van die Jean Webber­kompleks in Parkweg word dit sommer dubbele vreugde. Dié koffiewinkeltjie is net die regte plek vir daardie wegbreek­ koffie en muffins, beskuit of ander

lekkernye saam met vriende of familie. Hier kan ‘n mens ook klere wat nie meer pas nie, boeke en ander huisware wat jy nie meer wil hê nie, skenk. Mense het nie altyd geld om te gee nie, maar hulle kan ‘n verskil maak deur van die goed wat in hul pad staan, te skenk. Dit word teen ‘n minimale

Net die regte plek vir koffie en muffins. Hier is Tina Macheli (links), wat die beskuit en ander eetgoed bak, en Ilona Boshoff, bestuurder van die winkel. Foto: Leatitia Pienaar

bedrag verkoop en die opbrengs word teruggeploeg in die kom­ pleks wat ’n tuiste vir 37 mense met ernstige liggaamlike ge­ stremdhede is. Die Vrystaat­tak van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede word ook op die terrein gehuisves. Ilona Boshoff, bestuurder van die winkel, sê dit is ’n geld­ insamelingsprojek wat eerstens in die behoefte van die inwoners voorsien, maar almal is welkom om te koop. Die klere is baie gewild onder studente en met klere van ’n hoë gehalte teen ver onder R20 is dit geen wonder nie. Klere wat nie verkoop word nie, word platteland toe gestuur om behoeftige gesinne te help. Die winkel is geskoei op die konsep van die Goodwill Shops in Australië. Dit maak staat op die deurlopende verskaffing van “pre­loved” ware van goeie gehalte wat weer verkoop kan word. Die eetgoed wat mense saam met hul koffie of tee kan bestel, word daar gebak en dra ook tot die fondse by. S Die publiek kan ook van die kliniek se dienste teen ‘n bekostig­ bare tarief gebruik maak.

Klippe, perd haar hartsdinge Ruan Bruwer

CARLA DE BRUYN (19) is onlangs as die Universiteit van die Vrystaat (UV) se joolkoningin aangewys. Dié tweedejaarstudent in BSc geologie was ook Mej. Fotogenies. Sy het sowat R6 300 vir die Stigting vir Kinders met Kanker (Choc) by die Universitas­hospitaal ingesamel. Sy sal vir die volgende jaar as ’n ambassadeur vir die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gemeenskaps­ projek optree en aktief by haar gekose organisasie, asook dié wat deur die universiteit ondersteun word, betrokke wees. Bloemnuus het die volgende vrae aan dié oudleerling van die Hoërskool Hennenman gestel: Wat of wie in die lewe gee jou ’n huppel in die stap? Op pad na my klippe in ons fakulteit is ek altyd trippelend en huppelend tussendeur die groot bytende miere voor my koshuis (Roosmaryn). Het jy ’n verskuilde talent? Ek het die vermoë om tien minute voor klas op te staan, te eet, tande te borsel, my hare te doen, boeke te gryp en eyeliner aan te sit, sonder

beslis in hierdie onderhoud gevra word? Wat my pligte as joolkonin­ gin gaan behels.

Waarvan omtrent Bloemfontein hou jy die meeste? Die stad is groot genoeg sodat jy alles kan kry wat jy nodig het, tog klop hier ’n platte­ landse hart. Watter dag in jou lewe sal jy graag wil oorhê? Die kroningsdag X ek sal net minder op my senu­ wees wil wees en meer oomblikke wou inneem om vir altyd te koester.

Carla de Bruyn en haar perd. om lááste in die klas te wees. Oor watter talent of gawe sou jy graag wou beskik? Om só te kan teken dat ander mense ook weet wat op my veldsketse aangaan. Is daar iets in jou loopbaan waarop jy besonder trots is? Ek was in ekstase oor my keuring vir geologie, aangesien ek baie van klippe hou (’n vrou moet ’n klipkop kan uitken). Watter vraag het jy verwag sou

Gunstelinge: Eetplek in Bloem? Om teen sonsondergang by Picnic te eet en kuier is heerlik – bygesê, wanneer my studente­beursie dit toelaat. Kuierplek in Bloem? McDonalds, asook McCafé met sy chai­tee waar ek en my Roosmaryn­vriendinne ontspan, lekker saamkuier en hartsake deel. Mall in Bloem? Die Waterfront. Ek is gek na die rustigheid van die water. Afrikaanse kinderliedjie? Ek ry al van twee jaar af perd en die liedjie Blinkvosperd was my hart se punt. Vak op hoërskool? Biologie. Ek is baie nuuskierig en wil weet wat en hoe alles vorm en ontstaan.

Die Laubschers is van links Bettie (administratief), Sam, André en Rozelle (almal fotograwe). Foto: Ruan Bruwer

Kameras in die hand op baan se kant Ruan Bruwer LEDE van die Laubscher­gesin met ’n kamera in die hand of om die nek is ’n baie algemene gesig by skolesportbyeenkomste in die Rosestad. Al vier lede van die gesin, asook twee vriende, vertolk ’n spesifieke rol: om soveel atlete moontlik op kamera te probeer vaslê. Die storie van die Laubschers – pa Sam en sy spruite, Rozelle en André, agter die lens van ’n kamera en ma, Bettie, ook betrokke met administratiewe take soos die bestelling en betaling van foto’s – het toevallig sowat nege jaar gelede begin. André het by sy pa aange­ klop om hulp met ’n taak oor entrepreneurskap. Dit het gehandel oor foto’s wat by sportgeleenthede geneem en verkoop word. “Ek het gedink dis nie ’n slegte idee nie. Ek was op die VKB­week gewees en het daar gesien hoe die fotograaf sakke vol geld maak. Ek het besef maar daar is ’n mark hiervoor, mits jy oor goeie toerus­ ting beskik,” het André verduidelik. “Ek het met ’n gewone mik­en­ druk­kamera begin, maar gou besef ek kort ’n ordentlike lens.” Rozelle het aanvanklik glad nie ’n belangstelling in fotografie gehad nie totdat sy een dag noodgedwon­ ge moes uithelp met die neem van foto’s. Toe het die gogga haar ook

gebyt. Sy het haar pa se kamera by hom afgerokkel, ’n fotografiekursus geneem en ’n loopbaan in fotogra­ fie gevolg. Sam doen hoofsaaklik veldnom­ mers (diskus, hoogspring em hamergooi) op atletiekbyeenkomste, Rozelle kiek verspring, hekkies en spiesgooi, André al die baannom­ mers en sy vriend, Tristan Visser, doen spiesgooi, verspring, gewig­ stoot en waar ook al meisies deelneem. Nog ’n vriend, Ruan Mynhardt, doen die ontwikkeling van die foto’s wat op die byeenkom­ ste self gedruk word. Vroeër het ’n vriendin van Rozelle, Monique Bouwer, daardie taak verrig. Rozelle vertel van ’n uitstekende aksiefoto wat sy een keer van Johan Goosen geneem het. Hy wou die foto by haar koop om dit te raam en aan die Vrystaatse Rugbyunie te skenk, maar sy het per abuis die foto uitgewis. Dit het lank geneem om daardie teleurstelling te verwerk. Volgens Sam was hy self ’n bitter teleurgestelde man ná die eerste byeenkoms waarop hy foto’s geneem het en hy was nie oortuig of daar ’n toekoms in is nie. “Daai dag was ’n nagmerrie. Daar het soveel goed verkeerd geloop en om die kroon te span, het ons nie juis geld gemaak nie.” Hy herinner graag sy vrou aan haar woorde destyds van “hierdie ding gaan nie werk nie”. . .

X1PT3AA4-BN270215


6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 FEBRUARIE 2015

Getroud

MET 2014 se gewilde Troufoto van die Jaar­kom­ petisie agter die blad, begin die nuwe jaar se kompetisie. Tientalle foto’s is reeds ontvang en dit sal in komende uitgawes geplaas word. Stuur gerus ’n foto van jou onlangse troue na jens.friis@media24.com. Die plasing hiervan is gratis. Onthou om te noem wie op die foto is en deur wie dit geneem is. Daar is nie plek vir al die foto’s in die gedrukte koerant nie en foto’s word ook op Bloemnuus se Facebook­blad en www.bloemnuus.co.za geplaas.

Ian en Luzette Wheeler.

Marianne en Johan Strampe.

Elbé en Nardus Greyling.

Marais Devenish en Mariesa de Winnaar.

Marizanne en Waldo de Bruin.

Foto: Charina Bartlett

Foto: Schink

Foto: Johan en Renske Jordaan

Anne­Maré en Erick Coetzee.

Francois en Wilmari Geldenhuys.

Foto: CE Jonker

Foto: Appelliefie Art & Photography

Frans en Ronel Massyn.

Foto: CE Jonker

Foto: Forever Photos

Foto: CPO

Martin en Justine Kruger.

Foto: Tania Allen

Gerhard en Mariska Grobler.

Foto: Nickies’ Photography


BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 FEBRUARIE 2015 7 SKOLENUUS

Weer tyd vir Sannies se Entrepreneursdag Ruan Bruwer

Daar was verlede Vrydag (20/02) in die skroeiende Bloemfonteinse son byna geen beter plek om te wees as in ’n swembad nie. As daardie swembad boonop vol skuim is, verdubbel die pret. Die skuimbad was die grootste trekpleister op die Laer Meisieskool Oranje se kermis waar die meisies hul beurt in lang rye afgewag het om in die skuim te baljaar. Van links geniet Lenice Janse van Rensburg, Carli Meyer en Zarine Potgieter hulle. Foto: Ruan Bruwer

Picture perfect

The Protea and Free State netball player Adéle Niemand was pleasantly surpri­ sed when she recently visited the St Michael’s School for Girls as a guest speaker. A large portrait of her in action for Free State Net­ ball had been painted from a photo by Vanessa Chen, a gr. 12 le­ arner from last year. Photo: Ruan Bruwer

’n GROOT lekkerte jaarliks by die Hoërskool Sand du Plessis is sy Entrepreneursdag. Hier verstom leerlinge dikwels met die kreatiwiteit van die produkte wat hulle ontwikkel en uitstal. Die gebeurtenis vind op 6 Maart by die skool plaas. Vanjaar se tema is Passie of Passief. Benewens R160 000 se pryse is daar ook die titel van beste entrepreneur van 2015 op die spel. ’n Span onafhanklike kundiges sal die uitstallings aan die hand van sekere kriteria beoordeel en leerlinge met raad en bystand voorsien. Daar is drie afdelings. ’n Ope afdeling vir hoër­ en laerskole, sowel as ’n afsonderlike een vir slegs Sannies­leerlinge. Die matriektweeling Hanlo en Petri Henning is ’n voorbeeld van leerlinge wat reeds op laerskool aan die dag deelgeneem het en sedertdien hul entrepreneursvaardighede ontwikkel het dat hulle nou deeltyds geld met hul produk verdien. Hulle het met gemmerbier begin, sommer wat hulle uit hul ma se

resepteboek gekry het, maar het sedertdien ook suurlemoen­ en pynappelbier begin verkoop wat egter hul eie geheime resep is. Dié identiese tweeling het selfs hul eie handelsmerk, Vinkel en Koljander. Hulle is ’n gereelde gesig op die boeremark. Op Sannies se Entrepreneursdag van 2014 is hul stalletjie as die beste aanbieding en verpakking en as beste selfvervaardigde produk of diens deur ’n Sannies­leerling aangewys. “Die Entrepreneursdag het ten doel om ons leerlinge oor ‘n wye spektrum basiese besigheidsbeginsels te help ontwikkel,” het Sanmarie Maritz, projekorganiseerder, gesê. “Ons het nie ’n winsoogmerk nie en die hoofdoel is om ’n forum vir leerlinge daar te stel om hul entrepreneursvaardighede te ontwikkel.” Leerlinge van verskeie hoër­ en laerskole sal van 08:00 af begin besigheid doen. Stalletjies sluit om 12:00. Toegang is gratis. Leerlinge kan hulle nog tot 2 Maart inskryf. Bel die skool by 051­522­4071 of Maritz by 084­512­ 4034.

RAHMAN’S 1-DAY SPECIAL PRAYER “CHANGED OUR LIVES”

After 4 years searching for a right man, N. Marelette is so happy that she recently married a caring husband just 2 months after Rahman had prayed for her.

2 Weeks after attending Rahman's special prayer meeting in Sasolburg, I Mrs. W.S. Jantjies successfully got my first job promotion at work. I had spent 5 years apllying for a job promotion at work.

Mr. S. Hendrik and his wife bought this lovely Vereeniging house, 3 months after attending Rahman's 1 day special prayer.

Mrs. J.F. Langeveldt (Vanderbijlpark):

I meet this powerful man Rahman on a TV program.

Before I had suffered for years and I tried many people for help but all failed. I cound not believe it when he showed me my enemies in form of a dream and whatever they were doing to pull me down. Every single detail he showed me about my enemies was so true.

Rahman accurately read my fortune and told me all my problems without me speaking a single word to him. Within 6 days after his prayers, my husband left his girlfriend and came back to me plus my enemies approached me and confessed the bad things they did to me. Rahman also gave me a special ring to fix my financial problems, and a love crystal that made people at home and at work like me, listen to me and do for me whatever I wanted from them without asking me any questions. Even though others have failed to deliver to your expectations, this may be your last chance to

breakthrough no matter what problem you're facing. Consultation Fee: R100 Tel. 051 421 9000 • Cell: 083 493 2383 • Fichardtpark (opposite Checkers Hyper) Bloemfontein X1PRPL65-BN270215

PERSOONLIKE DIENSTE

KRUIEKENNER

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1435

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

Die Hoërskool Jim Fouché was verlede Vrydag (20/02) die verdienstelike wenner van die geesbeker op die Vrystaatse interhoër­swemgala by die Stadion­swembad. JF se leerlinge het beslis gees en van stilkry, is daar min. Die skool se onnies is boonop jonk van gees en het nie gehuiwer om self te dirigeer nie. JF het verlede jaar die geesbeker met die Hoër Meisieskool Oranje gedeel. Sien die video van die singende JF­leerlinge en leerlinge van ander skole op www.bloemnuus.co.za. Foto: Ruan Bruwer

Herbalist Doctor for court cases, lost lover, financial problems. Also Magic rings and enlargement cream. PROFF PRICE MBUGA 071 966 3495.

HUISVERBETERINGS BINNE 1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEER van alle plafonne en 'dry walls'. Ook die herstel van plafonne. Gratis kwotasie. Skakel 079 581 6654.

EIENDOMME

INSOLVENTE BOEDELS 4215

WOONSTELLE TE HUUR 3250

GESONDHEID & SKOONHEID 1430

LENINGS 1445

1 room - from R1 650 p.m. Available immediately. Deloy flat, Elizabeth Street. Contact: Rental Administrator Procor SA Koki Matsabu Tel. 057 352 2990 Fax: 057 352 3775 E-mail: koki@procorsa.co.za

HUISE TE HUUR 3270

THE St Michael’s School’s Laureates Awards were awarded to 13 matric girls at their annual honours dinner recently. The criteria are academic effort, neatness and diligence, character and sport and cultural involvement. The receivers are from the left Siyamkela Jantjies, Catarina Vicente, Kristina Tam, Tsaone Tikane, Ofentse Monnaruri, Angeline Wong, Daniela da Costa, Busisiwe Mavundla, Skye du Toit, Devorah Brandt, Ciara­Clare Raffert, Refiloe Matsoso and Karabo Tikane. Photo: Supplied

BOEDELKENNISGEWINGS

Uitsig: R5 000 p.m. Ruim en netjies. 2 slpk, 2 bad/k, oopplan leef area, besproeing en alarm. Toesluit motorhuis, netjiese tuin. Onmiddelik beskikbaar. Skakel Corrie 082 333 6768. Tuindienste ingesluit.

BESTMADE 135 BK (IN LIKWIDASIE) MEESTER SE VERWYSING: B20069/2014 KENNISGEWING VAN TWEEDE VERGADERING VAN KREDITEURE KENNIS geskied hiermee dat die tweede vergadering van skuldeisers in die bogemelde saak sal plaasvind op 18 Maart 2015 om 10:00 voor die Landdros Welkom vir die volgende doeleindes: 1. Voorlegging van die likwidateurs se verslag 2. Aanvaarding van voorgestelde besluite 3. Bewys van eise LIKWIDATEURS: CF DE WET EN MJ MAVUSO ADRES: p/a Kaap Vaal Trust, Posbus 16185, Doornfontein 2028. Tel. 011 402 3170.


Hein vir SA span gekies DIE naelloper Llewellyn Hein, ’n oudleer­ ling aan die HTS Louis Botha, is vir die nasionale o.19­span gekies. Dié span gaan van 5 tot 8 Maart op die Afrika­kampioenskap in Ethiopië teen ander Afrika­lande meeding. Hy sal ook vir die 4 x 100 m­aflosspan in die blokke sak.

Afwagting groot vir sportdag Ruan Bruwer DIE Hoërskool Fichardtpark is die plek om aanstaande naweek te wees vir liefhebbers van skolesport waar die Clover­sportdag aangebied word. Die gebeurtenis op 6 en 7 Maart kan beslis as een van die heel grootste skolesportdae in die land gereken word. Sowat 4 000 junior sportlui is dan in verskeie sportsoorte slaags. Saterdag (07/03) veral gaan die suide van Bloemfontein van sport­ seuns en ­meisies wemel. Nie minder nie as 90 netbalspan­ ne uit 29 skole sal mekaar dan op die netbalbane van Fichardtpark aandurf. Op die rugbyveld word 57 wedstryde beslis waaraan 30 skole en 110 spanne in geheel meeding. Dié wedstryde word op die velde van die Hoër­ en Laerskool Fichardt­ park en die Martie du Plessis­skool beslis. Op Fichardtpark se splinternuwe astrobaan en van sy hokkievelde, sowel as die Universiteit van die Vrystaat (UV) se astro, sal 25 seunspanne (16 skole) en 51 meisiespanne (24 skole) mekaar aandurf. Een van die rugbywedstryde wat beslis aandag sal trek, is die Hoërskool Sentraal wat met die Hoërskool Diamantveld (die Noord­ Kaap se beste span in 2014) kragte meet, sowel as Fichardtpark wat Hentie Cilliers, tradisioneel een van die Noord­Vrystaat se rugbykragte, pak. Ook die HTS Louis Botha se wedstryd teen Landboudal behoort goeie aftrek te kry. Op die netbalbaan is daar ’n paar

Tharina skitter THARINA VAN DER WALT het drie goue medaljes op Vrydag (20/02) se Louis Botha­atletiek­ byeenkoms behaal – in die hamergooi, skyfwerp en gewig­ stoot. Dit was veral dié leerling aan die Hoër­ skool Jim Fouché se vertoning in die skyf­ werp vir o.15­meisies waarin sy met ’n gooi van 38,99 m losgetrek het, wat die oë laat rek het. Haar afstand in die hamergooi van 53,83 m was ook on­ der die vyf beste verto­ nings van die byeen­ koms.

Die Clover­sport­ dag op 6 en 7 Maart kan as een van die heel grootste skole­ sportdae in die land gereken word. Sowat 4 000 junior sportlui is dan in verskeie sportsoorte slaags. Die suide van Bloem­ fontein gaan met sportseuns en ­meisies wemel. tweestryde wat sportliefhebbers opgewonde sal maak. Onder hulle tel die Hoër Meisieskool Oranje se wedstryde teen Diamantveld (Kimberley) en die Hoërskool Duineveld (Upington), Tralies wat teen Duineveld en die Hoërskool Noord­Kaap (Kimberley) te staan kom en Fichies wat Noord­Kaap en Diamantveld aandurf. Dié drie Noord­Kaapse spanne is daardie provinsie se voorste drie netbalskole. Ander Bloemfonteinse skole wat in netbal sal meeding, is Pres. Steyn, Eunice, St. Michael, Brebner, Sand du Plessis en Navalsig. Die Vrystaat se twee voorste hokkiekragte vir meisies, Eunice en Oranje, kom albei teen die Hoër­ skool Hudsonpark van Oos­Londen te staan. S Die aksie begin Vrydag (06/03) met 21 skole wat met 65 spanne op die tennisbane van Grey­kollege, Eunice, die stadion, Oud­studente en die UV sake sal uitspook. Skiet vind op Fichies se skietbaan plaas en sewe skole het aangedui hulle gaan korrel. Agt skole met tien gholfspanne sê mekaar op Tempe se gholfbaan die stryd aan en 27 skaakspanne (16 skole) speel dieselfde dag skaak.

X1PRWV31-BN270215

Meisies oorheers op atletiekkampioenskap Ruan Bruwer

DIE hekkiesloper Thabo Verster (o.12) van Grey­kollege was een van die uitstaande atlete wat verlede naweek op die Motheo­ en Xhariep­laerskole­kampioenskap in aksie was. Vier van die voorste 35 prestasies is deur hom gelewer. Die beste daarvan was in die 75 m­hekkiesnommer, wat hy in 11.65 sekondes afgeblits het. Hy is welverdiend as die beste seunsbaanatleet aangewys. Onder die meisies het die Laerskool President Brand se Su­Mari Gouws (o.13) uitgetroon. Sy het in die skyfwerp, asook die gewigstoot, gekook. In eersge­ noemde het sy 33,23 m gehaal, en die gewig het 11,65 m ver getrek. Die titel van beste veldnommer­atleet vir meisies het aan haar gegaan. Die meisies van President Brand eet duidelik soggens hul mielie­ pap. Amy Jacobs (o.11) en Cilethe Julies (o.10) het die vierde en vyfde beste vertoning volgens die puntestelsel gelewer. Heel opvallend van die punte­ stelsel is die meisies wat op dié dag die seuns die loef afgesteek het deur 17 van die 20 topplekke in te neem. Nog ’n meisie­atleet wat duidelik oor krag en ’n goeie tegniek beskik, is Heike de Nysschen van die Laerskool President Steyn. Dié veelsydige atleet het in die spiesgooi, skyfwerp en gewigstoot puik afstande gegooi wat onder die

Su­Mari Gouws van die Laerskool President Brand het op die Motheo­ en Xhariep­laerskole­atletiekkampioenskap in die skyfwerp en gewig­ stoot uitgetroon. Foto: Verskaf voorste 17 vertonings getel het. Ronel­Mare Saaiman (Laerskool Universitas, o.13­meisies) was die voorste baanatleet vir haar prestasie in die 1 500­stap wat sy

in 09:16 voltooi het. Die titel van beste veldnommer­ atleet vir seuns het aan Aron Aranda (o.11) van Grey gegaan vir sy 11,80 m in die gewigstoot.

Enkele lopies pootjie Grey-kollege op pad na T20-eindstryd GREY­KOLLEGE se T20­krieketspan het net­net op ’n plek in die eindstryd van die nasionale T20­skoletoernooi se eindronde uitgemis. Hy het drie uit vyf kragmetings gewen. Grey het in sy laaste wedstryd, wat as ’n uitspeelstryd gedien het,

met vier lopies teen die uiteindelike kampioen, Menlopark, vasgeval. Grey het hom nietemin goed van sy taak gekwyt en was ná die eerste dag, waarin hy oor Hilton­kollege en die Hoër Jongenskool Paarl geseë­ vier het, die enigste span met ’n

vlekkelose rekord. Grey se Wihan Victor (114) was die enigste speler om ’n 100­tal te moker en die toernooi se voorste lopiemaker (207). Philip Visser se 4/13 teen Hilton was die beste boulsyfer. – Ruan Bruwer

After 10 years of struggling, my husband is back at home after mama Linda showed me my enemies in a mirror . We are now a happy, married couple - thank you, mama Linda. My husband stayed with his girlfriend for 10 years. Without him I struggled to support myself and could not even pay our children's school fees. I visited traditional healers, but with no help. Then I heard of Maria Linda on a radio talk show and my neighbour whom he helped and rescued from black magic. I visited mama Linda and paid R200. He told me about my future and my marriage problems. He put a mirror in a dish with water and I saw the faces of my enemies and my husband's girlfriend. He prayed for me and gave me holy water and oil to wash myself. After two days I saw results, my enemies confessed their wrong doings towards me and my husband left his girlfriend and come back home. I'm now happy after visiting mama Linda .

Visit Mama Linda by calling 062 4336 703 X1PTER9R-BN270215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.