Bloemnuusbl 20150305

Page 1

Gee pas aan

Geraasoorlas

Shimlas steeds onoorwonne

Polisie beplan optrede teen dié oortreders

Goud werd

’Landjobbers’ raap grond op in oud­VS Bl. 6

Bl. 2

Bl. 12 Tel. 051­404­7600

| Donderdag 5 Maart 2015

| www.bloemnuus.co.za

GRATIS

Park sal bekendes vereer Marietjie Gericke

’n HELDEPARK, binne die streekspark in Thaba Nchu wat vir meer as R200 miljoen ontwikkel word, is deel van premier Ace Magashule se plan om op kuns­ en kultuurgebied vooruitgang in die Vrystaat te bring. “Met die park sal hulde gebring word aan voorgangers wat die stryd om vryheid gestry het. Dit is mense soos Nelson Mandela, O.R. Tambo, Bram Fischer, Joe Slovo, Beyers Naudé en Chris Hani,” het hy in sy provinsiale rede gesê. Die Wesleyaanse Kerk, stigtersplek van die ANC, se opknapping is ook voltooi en dié kerk sal vanjaar nog geopen word. Sosiale kohesie is hoog op die agenda het Magashule beloof: “Ons bied Macufe sedert 1997 aan om ons diversiteit te vier. Ander feeste wat weer ondersteun sal word, is die Vryfees en die Kersiefees.” Magashule het gesê daar sal ook voortgegaan word om ander sportsoorte te ondersteun soos Vrystaatse rugby, Vrystaat­krieket, Bloemfontein Celtic, Free State Stars en die Vrystaatse Crinums­netbal­ span. Later vanjaar sal die Vrystaatse O.R. Tambo­marathon bekend gestel word.

Die oprigting van sitplekke by die Kaizer Sebothelo­stadion is voltooi. Die volgende sportontwikkeling­ sentrums se verbeterings is aan die gang en behoort vanjaar voltooi te word: Seisa Ramabodu­stadion, Sipho Mutsi Indoor Sports Centre en die Fezile Dabi­stadion. Herdoop

Die Mangaung­metro se raad het die afgelope week besluit dat die bekende Kerkstraat in Bloemfontein O.R. Tambostraat gaan word en Elizabethstraat word Miriam Make­ bastraat. Die metroraad het ook besluit dat die Seisa Ramabodu­stadion, ’n veeldoelige sportstadion in Bloem­ fontein wat meestal vir sokkerwed­ stryde gebruik word, voortaan as die Petrus Rantlai Molemela­stadion bekend sal staan. Dit is na die “vader van beroep­ sokker in Suid­Afrika” hernoem. Dr. Petrus Molemela (82), ’n Bloemfonteiner wat op ’n plaas naby die Tierpoortdam buite die stad gebore is, was ’n groot weldoener van sokker en sokker­ont­ wikkeling. As destydse eienaar van Bloemfontein Celtic, het hy hand in die sak gesteek en tot 80% van die klub se bedryfskoste betaal.

NO.1 FABRIC STORE

SKRYF ’N BYSKRIF EN WEN. Wat het deur Wouter jr. se gedagtes gegaan toe hy só ’n kus ontvang het van sy ouers, Wouter en Ilze Kleinhans? Skryf ’n onderskrif vir hierdie foto op Bloemnuus se Facebook­blad voor Maandag om 08:00. Die wenner loop weg met ’n handvol kinderboeke. Foto: Marina Fick Photography

JUST ARRIVED Winter Material

DAN PIENAAR SANLAM PLAZA CURRIE AVENUE BETHLEHEM

051 436 0491/2 051 447 0458 051 522 6507 058 303 4495 X1PU7UPW-BL050315

KONTRAKTEURS

Koop jou plaveisel stene vir jou volgende projek by Empire Bricks en toets ons kwaliteit en diens Robert Burnsstraat 12, Hamilton - Bloemfontein Tel. 051 434 3239

X1PU8F8W-BL050315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.