Tel. 0514047600
| Vrydag 6 Maart 2015
| www.bloemnuus.co.za
GRATIS
Hofmeyr draai nie doekies om Jens Friis
Steve Hofmeyr sê hy sou anders gestem het in 1992 se referendum as hy toe geweet het wat hy nou weet.
t ll a s a i Th end al M ek urd e w Fle ABSA Ackermans American Swiss Annie Fashion Capitec Bank Caramello's Cedars Shoes Chat2Us Cellular Checkers Hyper Checkers Liquor Shop Clicks Comfort Zone Crazy Daisy Engen Fleurdal
“ONS is ‘n onvolwasse demokrasie en het geensins die kapasiteit vir opinies en idees wat afwyk van wat die nasionale demokratiese narratief voorskryf nie. Dis om van naar te word. “Het ek dit geweet, het ek anders in 1992 se referendum gestem. My jastem vir ‘n SuidAfrika vir almal was ’n enorme dolk in die rug van my taal, sy mense en ons kultuur en erfenis.” Só sê Steve Hofmeyr wie se konsert gisteraand in Bloemfontein ’n vol saal getrek het. Hy glo daar is beslis iets soos negatiewe publisiteit. “Veral as die media oorwegend teen jou is, kan jou beeld pak kry en jou sak ook. By die politiek is dinge meer kompleks: Hoe meer ek geboikot word omdat ek Die Stem sing, hoe meer wil mense dit op konserte hoor.” Dikwels word hy as ’n “omstrede” openbare figuur beskryf. “Maar dis net omstrede van een oogpunt – die liberale een. Vir die meer behou dende burger is daar niks omstrede aan my uitlatings nie. SuidAfrikaners wat my ken, wit en swart, weet al jare dat daar nie ’n rassistiese haar op my kop is nie, maar dat ek sal ophou onderskei tussen rasse en hul bydraes sodra die regering se
rasgegronde beleid gestaak word. Eenvoudig, eintlik.” Steve erken hy het al gereeld beangs gevoel in situasies omdat mense aanvallend is omdat hulle nie hou van wat hy sê nie. “Maar ek kan nie sekuriteit kies en betaal met die belastingbetaler se geld nie. Dit is Malema se voorreg.” Op die vraag oor wie hy dink die mees opgewasse is om die volgende president te word: “Juju. Hy is so volwasse soos ’n vierjarige. So, jy moet weet: Ons kort nie ’n president nie, ons kort ’n wonder werk. Kyk net wat het by die parlementsopening gebeur. Ek oorweeg hulle as openingskunste naars vir ’n nasionale toer. Baie vermaaklik. En tragies. “Ja, tragies – nes beurtkrag wat my weer leer vloek het. Maar ons maak weer vuur en sing FAKliedjies op die kitaar tussen kerse. Ek lees ook meer elektroniese boeke in die donker, as my tab of selfoon se batterye lank genoeg hou. Ons gasstoof het ons sterte al vele oggende gered.” Oor hoe SuidAfrika gaan lyk oor vyf jaar is Steve glad nie optimisties nie. “Ek hoop vir die afwesigheid van die ANC en die aanwesigheid van buitelandse hulp of goddelike bestiering. Maar op ons eie onder hierdie soort leierskap is dit ikabod.”
Skool jou
Toneelspelers kan kom slyp op UVkampus
2
Terugblik
Historiese al manak van die Vrystaat 2
‘Diepsee’
Bundel ’n skat van Weskus kortverhale
4
SPM Bride to Be and Child and Family Expo,
Exclusively Monica's FNB ATM Foschini Galaxy & Co. H2O International Hi Fi Corporation Hobby Bookshop Home & Toys House & Home Jet Kingsmead Let's Eat Right Lilly's Biltong Lotters Pine
5-8 March 2015 Maison Elzona Markham Miladys Mr Price Mr Price Home MTN Fleurdal Nedbank Ooh-La-La Pandora Paradise Bedding Pep Pep Home Photo & Frame World
Rage Scroffy / Fancy Face Siasa Boutique Signature Cosmetics Standard Bank ATM Torga Optical Wimpy Yale Security Point
Vereenigingrylaan, Fleurdal, Bloemfontein
051 522 8141 • www.fleurdalmall.co.za Koördinate: 29°15’ 79.7” S, 26°18’ 94.8” E
X1PUCM8D-BN060315
2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 MAART 2015
Toneelspelers Roos, ma toe in slyp by UV dieselfde bootjie WIL jy ’n akteur wees, maar weet nie waar om te begin nie? Wil jy jou speltegnieke verbeter? Is jy ’n musikant, model of mimiekkunste naar wat deur opleiding in toneel spel jou talente verder kan ontwik kel? Wat ook al jou agtergrond, die ATKV se Toneelspelslypskool kan vir jou die nodige selfvertroue gee vir verskeie aspekte van jou lewe – van teaterspel tot redevoering. Of wil jy ’n toneelstuk regisseer, maar weet nie waar om te begin nie? Die ATKV se Regieslypskool sal jou talente ontwikkel. Die enigste vereiste vir die interaktiewe ervaring is jou verbeelding. Die ATKV bied op 27 en 28 Maart ’n Toneelslypskool by die Universiteit van die Vrystaat se Wynand Mouton en Scaenateater aan. Regie en spel sal afsonderlik in detail gehanteer word. Op dag een sal die teorie op ’n interessante wyse aangebied word en op dag twee word dit toegepas gedurende praktiese werksessies. Hennie van Greunen, skrywer van Tjello(esie) en Violin(ce), Lara Smit: Boernooi en Anna se Engel sal die regiefokus aanbied. Pedro Kruger, wat bekend is as
Ruan Bruwer FANTASMAGORIES. Só beskryf Anandi Grobbelaar, Mej. BloemfonteinRoos 2014, die bootreis wat sy gewen het. Dit is deur die Fleurdal Mall moontlik gemaak. Grobbelaar het verlede week van die asemrowende bootreis op die gewilde MSC Opera terugge keer. Dit het ’n reis van Durban na die Inhacaeilande, asook na die Portugese Eilande, behels, tesame met R2 000 se sakgeld. Grobbelaar, ’n tweedejaarstu dent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê dit was haar eerste ervaring van die soort en dit het haar verwagtinge heelte mal oortref. “Daar was soveel wowgoed gewees dat ’n mens nie een oomblik verveeld was nie,” sê Grobbelaar. “Daar was die heeltyd iets om na uit te sien.” Volgens haar was dit ekstra spesiaal om dit alles saam met haar ma, Marthie, mee te maak. “Daar was ’n paar jaloerse mense, ja, maar vir my was hierdie ’n blykie van waardering vir als wat sy al vir my gedoen het. “Behalwe die nege maande wat sy my tydens swangerskap gedra het, het sy al my nukke en grille vir 20 jaar verdra. Sy is my rolmodel,” sê sy oor haar ma. Die Portugese Eiland wat hulle aangedoen het, het haar só bekoor dat sy dit oorweeg om daar te gaan woon, sou sy ooit van die vasteland moet vlug. Sy en haar ma het in die tydjie wat hulle daar deurgebring het om die eiland, sowat 6 km, gestap vir ’n bietjie oefening. Sy was verras om ’n skoolvrien din wat sy sowat sewe jaar laas gesien het op die boot raak te loop. “Toe ek my vir die Mej. Rooskompetisie ingeskryf het, het ek gedink die pryse is ongelooflik, maar jy reken mos nooit dit gaan jy wees wat dit wen nie. “Die bootreis was regtig vir my ’n droom wat bewaarheid is, dit is
Hennie van Greunen spankaptein van Liriekeraai, maar ook vir sy spel in teaterproduksies soos Vrou wat haar man gekook het en Festen, sal as kursusleier vir die spelfokus optree. Dit kos R500 wat die kursusmate riaal, middagetes en ligte verver sings insluit. Sertifikate van bywo ning sal oorhandig word. Die sluitingsdatum is 13 Maart. Bel Cindy du Plessis by 011919 9109 of stuur ’n epos na haar: cindyd@atkv.org.za.
Anandi Grobbelaar, Mej. Bloemfontein-Roos 2014, en haar ma, Marthie, op die Portugese Eilande. Haar ma was die gelukkige een om die bootreis met haar mee te maak. Foto: Verskaf iets wat ek nog altyd gedink het ek graag eendag sou wou onderneem. “Toe ek verlede Vrydag van die boot af stap, was dit sulke klein treetjies en het die realiteit ingeskop dat dit verby was. Ek sal dit graag weer wil doen. “Hoewel hierdie ’n klein beloning is vir die harde werk en
lang ure wat jy vir Reik na ’n Droom gee, moet die bootreis nie die hoofrede wees hoekom jy jou vir die Mej. BloemfonteinRoos kompetisie inskryf nie. Die hoofrede moet jou behoefte wees om te gee.” S Dié gewilde kompetisie word weer later in die jaar aangebied. Hou Bloemnuus dop.
Prof. Nico du Plessis het sy wiskundeboek in Bloemfontein bekend gestel. Die boek, Uitgesoekte wiskundevrae met memorandums vir Gr. 7leerlinge, is met die hulp van twee ervare en suksesvolle laerskoolonderwysers, Roselle Hansen van die Laerskool Koot Nieman en Hanine Hoffman van Grey-kollege (primêr), saamgestel. Die boek is in Afrikaans, sowel as Engels, beskikbaar en is nou by Protea-boekwinkels landwyd beskikbaar. Protea skenk gereeld ’n verskeidenheid boeke vir kompetisies in Bloemnuus en Bloemnaweek. Foto: André Damons
Historiese almanak van die Vrystaat Morné van Rooyen
S 5 Maart: Die Afrikaanse joernalis, persbaas en sakeman Marius Jooste is in dié dag in 1909 op Winburg gebore. Hy ontvang sy opvoeding op sy geboortedorp en in Bloemfontein, en trou op 5 Junie 1938 met Marguerite Malherbe van Tromps burg. Jooste het sy joernalistieke loopbaan by Die Vaderland in Johannesburg begin, maar bedank in 1946 en is later ‘n stigter van die Afrikaanse Sondagkoerant Dagbreek. In 1962 smelt Dagbreekpers Beperk en die Afrikaanse Pers Beperk saam as die Afrikaanse Pers (1962) Beperk, waarvan Jooste besturende direkteur was. Ná die samesmelting van dié onderneming met die Voortrekkerpers in 1971 om Perskor te vorm, word hy ook die hoof van die nuwe persmaatskap
Perskor moes in 1983 die aftog blaas nadat die maatskappy bedrog met Die Transvaler, Die Vaderland en The Citizen se sirkulasiesyfers gepleeg het, maar Jooste het tot sy dood, vier maande vantevore, vasgeskop teen die gedagte van ’n markverdeling. Die Transvaler het weens die terugslag van die knoeiery se ontbloting tot ‘n sirkulasievlak gedaal waarvan hy nooit herstel het nie.
George Pellissier py. In 1974 tree Naspers tot die Transvaalse koerantmark toe met Beeld en ontketen so die hewigste persstryd in die land se geskiede nis.
S 7 Maart: Die NG predikant en professor aan die teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria, dr. George Murray Pellissier, is op dié dag in 1881 op Bethulie gebore. Pellissier se oupa aan vaderskant was die Franse sendeling Jean Pellissier wat in 1833 die Londense Sendinggenootskap se sendingstasie in Bethulie by eerw. Clark oorge neem het. Sy oupa aan moeders
Marius Jooste kant was ds. Pieter Roux, na wie Rouxville genoem is. Sy suster was die kultuurleier, skrywer en politikus Mabel Jansen en sy broer dr. Samuel Henri Pellissier, die stigter
van die Volkspelebeweging. George Pellissier matrikuleer in 1898 aan Greykollege in Bloemfontein. Hoewel hy hom eers as landme ter wou bekwaam, het hy hom geroepe gevoel om ’n predikant te word. Daarom skryf hom in aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die BAgraad aan die einde van 1902 verwerf. Sy studentejare was besonder moeilik omdat die AngloBoereoor log kontak met sy ouerhuis in die Vrystaat byna onmoontlik gemaak het. Hy voltooi sy teologiese opleiding aan die einde van 1906 aan die Kweekskool en bedien drie gemeentes: Pietermaritzburg, Dundee en Carolina. In 1937 lewer hy ’n pleitrede vir die stigting van ’n teologiese fakulteit aan Tukkies en op 16 Maart 1938 word hy een van die eerste vier hoogleraars. Sy buitengewone swaar werklas het daartoe gelei dat hy aan die einde van 1945 aftree.
Wat gebeur waar? S Wolf in Sheep’s Clothing: Skilderye, keramiek en tekstielskeppings deur AnnMarie Tully in die Oliewenhuis kunsmuseum. S Die toneelstuk Tears is om 19:30 in die Scaenateater te sien. Die pryse van kaartjies wissel tussen R25 en R40 by Computicket.
STUUR dagboekinskrywings vir gratis plasing in Bloemnuus/Bloemnaweek na jens.friis@media24.com voor Maandae om 08:00. VRYDAG 6 MAART S Odeion Skool vir Musiekkonsert, Lukas Vondracek: Dié 28jarige Tsjeggiese pianis, wat verlede jaar manjifieke spel in Bloemfontein gelewer het, het al op die ouderdom van tien jaar sy eerste konserttoer onderneem en verskeie kompetisies gewen. Tog is hy steeds aan die leer. Hy is vir ’n kunstenaarsdiploma aan die New Englandkonservatorium in Boston, Amerika, ingeskryf. In 2012 was hy die wenner van die Unisa Internasionale Klavierkompetisie in Pretoria. Hy speel werke van Liszt en Schumann. Bespreek by Computicket. S Exhibition by Elrie Joubert entitled For Keep’s Sake Continued at 18:30 at Gallery on Leviseur. S Fietsry – Die Kaapstadfietstoer (voorheen die Cape Argusfietstoer) word beslis. S Atletiek – Europese Binnenshuise Kampioenskap in Praag, Tsjeggiese Republiek (duur tot Sondag). S USWoordfees in Stellenbosch tot 15 Maart. S Womens World Day of Prayer: A service will take place in the Catholic Church in Green Street at 16:30. S Die NG gemeente Bloemheuwel, Haarburgersingel, Westdene, hou om 12:00 basaar. Bel Marieta de Ru by 0514477468. SATERDAG 7 MAART S Die Cheetahs pak die Bulle om 17:05 in die Vrystaatstadion in Bloemfontein. S Die Westdeneparkmark word om 09:00 langs Brillstraat gehou. Bel Marlene by 0825199030. S Ds. Bertie de Lange van Oranje Selfhelp is die koördineerder van ‘n skoonmaakprojek in Brandwag. Bel hom by 0515227836. S Die Bloemfonteinroosvereniging bied van 09:00 tot 13:00 ’n roos tuin ope dag in Dirkie Herholdt se tuin aan. Bel Helga Streicher by 0827854987.
VRYDAG 13 MAART
’n Figuurstudiewerksessie word op Saterdag 14 Maart deur Jaco Spies en Dina Grobler in die Dina Grobler-ateljee aangebied. Skakel 072-373-4022. SONDAG 8 MAART S Belinda van Zwindrecht tree om 12:00 by Slightly Nutty op. Geen toeganggeld word gevra nie, maar wel ’n skenking. Middagete is beskikbaar. Skakel 0834329927. MAANDAG 9 MAART S Die Vrystaattak van die Genealo giese Genootskap van SuidAfrika hou sy maandelikse byeenkoms om 18:30 in die ouditorium van die Oorlogsmu seum van die Boererepublieke. Jo Botha en Chris Hendriks sal hul familiefoto’s wys. Besoekers is altyd welkom – hul toegang kos R20. Bel Marietjie van Zyl by 0824065975. DINSDAG 10 MAART S Elke Dinsdag om 18:30 kom die Bloemfonteinveerpyltjieklub in die Ramblersklub byeen. Almal is welkom. Bel Amanda by 073785 7287. WOENSDAG 11 MAART S Moshoeshoesdag, ’n openbare vakansiedag in Lesotho, word gevier. S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende en studerende jong mense kom Woensdae om 19:00 by Lukas Steynweg 1, Heuwelsig, bymekaar. Bel Elna van der Walt by 0824625507.
S ’n Reünie van voormalige studente (1950 tot 1959) van die Universiteit van die Vrystaat (UV), asook die Bloemfonteinonderwyserskollege, sal vandag en Saterdagoggend in die Eeufeeskompleks op die hoofkampus van die UV gehou word. Lede van die reëlingskomitee is onder meer Ewie Cronjé, prof. Nico du Plessis, oudappèlregter Joos Hefer en Les Sackstein.
BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 MAART 2015 3
Hulle is wenners
DIE volgende lesers het boeke op Bloemnuus se Facebook blad gewen: S Jaco Nell: Moord per Suurlemoen, Jelleke Wierenga. S Pieter Reyneke: Dokter met die X-faktor, Susan Pienaar. S Barend van der Merwe: Asterix en die groot geveg, R. Goscinny en A. Uderzo. S Mari Erasmus: Lita in Towerland en ander towerponie-stories deur Christina Koenig. As jy van kompetisies hou, maak ook ’n draai op ons webblad: www.bloem nuus.co.za.
Asterix en die groot geveg.
SATERDAG 14 MAART S Die Cheetahs pak die Haaie om 17:05 in die Vrystaatstadion in Bloemfontein. S Die NG gemeente Pellissier hou basaar. Bel Sandra Swart by 051422 4917. SONDAG 15 MAART S Bergfietsry – die Cape Epicfiets toer begin. S Motorsport – die Formule Een wêreldreeks begin in Australië. S The Bloemfontein Dog Training Club gives training at 16:00 on the fields of the Sand du Plessis Primary School, Hippocrates Street, Hospital Park. Contact Margaret Leighton at phoenix21@vodamail.co.za. VRYDAG 20 MAART S Donkermaan. S Ballade vir ’n enkeling, die fliek, word uitgereik. S Ettiene Pretorius, ’n dinamiese jong SuidAfrikaanse eiendomentre preneur, is die gasspreker op Kinder sorg en Childline se sakeontbyt. Dit begin om 07:30 vir 08:00 in die Presidenthotel, Bloemfontein. Rig navrae aan Riëtha Wagener by 0514303311.
Só sê lesers op FB oor plein BLOEMNUUS het sy lesers op Facebook gepols oor hoe hulle oor die nuwe Hoff manplein voel. Deur die bank was dit positief, maar die meerderheid lesers het gevrees dat dit nie so netjies gaan bly soos wat dit nou is nie. Daar was ook le sers wat dankbaar was dat die naam behoue gebly het. S Helena Steyn: Netjies. Vir hoe lank? S Brenda Nel: Wil ek ook weet. S Marianne Stram pe: Dit lyk baie mooi, maar as dit net so skoon en netjies sal bly. S Christelle Labu schagne: Pragtig hou hom so mooi. S Brink Kern: Dit lyk veel beter as vroeër.
X1PUCRQ5-BN060315
4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 MAART 2015 MENINGS EN RUBRIEKE/COMMENTS AND COLUMNS
Korporatiewe beheer: Is daar enige vordering? Dave Lubbe
DIE jaar 1994 was ‘n uitsonderli ke jaar. Behalwe vir die demokra sie is die King 1verslag oor goeie korporatiewe beheer uitgereik. Daar word dikwels gevra hoe SuidAfrika aangaande korporatie we en etiese beheer in die openbare sektor vaar. Dit het in ‘n jammerlike staat verval. Gekwalifiseerde ouditverslae in veral plaaslike owerhede skrei ten hemele en selfs “politieke leiers” erken dat die vlakke van byvoor beeld korrupsie hand uitruk en ‘n geweldige negatiewe impak het. Die stand van korporatiewe beheer in SuidAfrika is grootliks gelyklopend met die bewindsperi odes van die drie presidente. Vanaf 1994 het die regering ‘n groot poging aangewend om goeie korporatiewe beheer te probeer vestig. Daar is gekonsulteer met kenners en baie van die begin sels van goeie korporatiewe beheer is in openbaresektorwet gewing ingebou. Opleidingsessies is gereël om korporatiewe beheer onder politici en staatsamptenare te bevorder en King 1 was “hoog op die agenda”. Tesourie het selfs ‘n handleiding uitgereik aangaande die toepassing van King 1 in die openbare sektor. Die wapenskan
Dave Lubbe is professor in die Sentrum vir Rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) waar hy spesialiseer in ouditkunde, korporatiewe beheer en sakeetiek. Hy het as voorsitter van talle ouditkomitees in die openbare en private sektor gedien. Benewens akademikus is hy ook ‘n digter en liriekskrywer. daal het egter skadu’s begin gooi oor die toepassing van goeie korporatiewe beheer en sekere politieke hoës moes ten alle koste beskerm word. Tydens die Mbekiera was daar ‘n duidelike afname in die toepassing van goeie korporatie we beheer. Nogtans reik die
Tesourie weer riglyne uit oor die toepassing van die 2002King 2 verslag. Die wapenskandaal en die vele “gates” toon duidelik dat die politieke wil en sterk etiese leierskap ontbreek om korrupsie, ensovoorts konsekwent en deursigtig aan te pak. Ná 2009 is korporatiewe beheer laag op die politieke agenda. Deesdae word die argument gereeld geopper – King 3 verwys na direkteure, enso voorts, en is nie van toepassing op die openbare sektor nie. Tot dusver het die Tesourie nie ‘n riglyn opgestel oor die toepassing van King 3 nie. Daar is begin met die King 4 verslag wat moontlik aan die einde van 2015 die lig sal sien. Soos met die eerste drie, sal King 4 sekerlik weer een van die beste bronne oor korporatiewe beheer en etiese leierskap wees. Of selfs die beste internasionale verslag die regering tot goeie korporatie we beheer gaan hervorm, is hoogs onwaarskynlik. Dalk is die president, wat reeds meer as ‘n verleentheid vir die land geword het, se negatie we impak op goeie korporatiewe beheer sodanig dat die land ‘n “onrehabiliteerbare onetiese kultuur” bereik het wat selfs King 4 nie ongedaan sal kan maak nie.
Volg Bloemnuus op Facebook nes 9 550 mense vir wie Bloemfontein en omgewing na aan die hart lê. Hier word heelwat ekstra nuus gedra waarvoor daar nie plek is in die gedrukte koerant nie. Gaan maak daar ’n draai.
Wanneer die son gaan skuins lê Madré Marais
WAT het cowboys, kunstenaars en kiekverslaafdes in gemeen? Soos die oorgrote meerderheid van die mensdom staan hulle verstom voor ’n sonsondergang. Dink ’n bietjie daaroor. Professi onele fotograwe én mikendruk kers neem honderde variasies op die tema af: die wolke teen sonsondergang, die berge, die see. Net so kan skilders nie die gloeiende lig van vroegskemer weerstaan nie. Ook, hoe anders sal ’n cowboy verhaal dramaties afgesluit word as die held op sy perd nie in ’n oranje gloed op die horison kan wegry nie? Om die een of ander rede bring ons ook graag die romantie se in verband hiermee. Soekie van Straaten van Struisbaai skryf aan ’n opsitkersrubriek dat sy ’n sensitiewe man wil ontmoet wat graag teen skemer op die strand gaan stap. Baksteen Bothma van Upington weer, sal vir jou kan vertel hoe hy sy Lalielief se hart gewen het toe hy haar tydens ’n Kalaharisonsondergang om die jawoord gevra het. Sonsondergange spreek onge twyfeld tot almal, of jy nou ’n natuurmens of ’n stadsmens is. Waar die een dalk deur die spel van kleur oor die Vrystaatse vlaktes bekoor word, bewonder ’n ander hoe dit die ruite van die Loch Loganwoonstelgebou soos die fasette van ’n diamant laat skitter. Hoe dit ook al sy, ons raak graag liries hieroor. Die skrywer N.P. van Wyk Louw besing dié tyd van die dag in sy gedig Karoo-dorp: Someraand: Die laat-middag het room geword en treine wat ver fluit en ’n wit-bont klaas-skâwagter
Bundel lei leser nuwe wêreld binne Madré Marais
BOEKBESIEL
“DIE twee mense het die vreemde in getrek sonder om te weet waarheen hulle op pad is. Hul bestemming is nie op die landkaart aangeteken nie. Voor die Kompanjie en die fabriek se tyd was die kranse bloot ’n landmerk vir kreefvangers aan die rotsagtige kus.” Met dié verkenning van die onbekende begin E. Kotze se verhaal Woestyn. Net soos hierdie twee karakters, word lesers van die bundel Diepsee ’n wêreld ingelei waarvan hulle dalk nie eens bewus was nie. Ook ’n
leefwêreld wat aan die verander is. Die bundel is ’n keur uit al Kotze se kortverhaalbundels, waarvan die eerste in 1982 verskyn het. Sussie Kotze is veral bekend vir Weskusverhale. Dié werk is al geloof vir die manier waarop dit Afrikaanse seewoordeskat inspan en bewaar. Kotze skilder ’n baie spesifieke ruimte met haar mense en hul alledaagse wel en wee, dikwels met die stryd om ’n bestaan te maak as tema. Hierdie erns word met ’n
eiesoortige, warm humor afgewissel. Lesers word saamgenooi om kreef uit te haal, om ’n snoeklyn te bloed, om saam met die Weskusmense aan te sit en brosgebraaide viskuite en kerriesop en soutvis te eet. Die karakters is vissermanne wie se hande vir geen werk verkeerd staan nie, vroue wat hul gesinne se steunpilaar word wanneer onheil dreig en kinders deur wie se oë insig in grootmensdinge geopenbaar word. Kotze laat haar karakters mens word deur universele vreugdes en verliese deur hulle te laat leef. Dit doen sy, soos in ’n Kaartjie na die
kruis, met aardsheid, eerlikheid en die onvoorspelbaarheid van die see: “Met die smaak van jongsnoek in sy mond ry Hank terug deur die vleie. Maar daar is ook die oë van die kind en die gesig van die vrou. En daar is die twee skilpadhandjies van ou Magiel Coetsee, met die stompgewerkte vingers, en die duur sigaar met die blink sellofaanomhul sel wat nooit gerook is nie.” S Wen een van drie eksemplare van Diepsee deur E. Kotze (Tafelberg-uitgewers) deur die inskrywing op Bloemnuus se Facebook-blad voor Maandag (09/03) om 08:00 te like.
‘
Dalk is die sonsondergang spesiaal omdat ons die belofte van nagrus ná ’n bedrywige dag verwag. Dalk omdat dit hoop inhou – as die son ondergaan, sal dit ongetwyfeld môre opkom. wat wag-hou op ’n kluit en rook uit die lokasie rook en by die dorpsdam sing en mense in tennisbroekies loop die koper skemer in Dalk is die sonsondergang spesiaal omdat ons die belofte van nagrus ná ’n bedrywige dag verwag. Dalk omdat dit hoop inhou – as die son ondergaan, sal dit ongetwyfeld môre opkom. Of miskien is dit omdat die sonsondergang ons bewus maak van die aarde wat draai, ’n planeet wat deur die heelal tol, en van die uitspansel, van iets wat groter as ons is. Dalk gee dit ons ook ’n bietjie hoendervel omdat die onbekende by ons aanklop. Hierin lê ’n brokkie cowboyfilo sofie: Gaan die onbekende tegemoet met jou oog op iets asemrowend – dié benadering beloof ’n treffende volgende hoofstuk. S Madré Marais is ’n subredakteur by Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante.
BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 MAART 2015 5
De Priester sing op vroue-oggend VROUE van Bloemfontein en omstreke sien jaarliks met groot afwagting uit na Volksblad se gewilde vroueoggend. Op vanjaar se geleentheid, op 8 Mei, sal vroue weer nie teleurge stel word nie. Die sanger en liedjieskrywer Jak
de Priester sal die nagenoeg 400 vroue wat verwag word, vermaak. Die sanger van die treffer Sally Williams Nougat en ander liedjies soos Die liefde los ’n spoor en Groen Mamba sal die laatherfskoue blitsvinnig verjaag.
Die geselligheid vind ouderge woonte in die Woodlandsonthaal sentrum plaas. ’n Kaartjie kos R300, wat ’n ete, vertoning en ook ’n geskenksak insluit. Tafels vir tien gaste is ook teen R3 000 beskikbaar.
Besprekings kan nou reeds gedoen word deur ’n epos na lara@spottedapple.co.za te stuur. Jak de Priester is vanjaar se gaskunstenaar op die jaarlikse Volksbladvroue-oggend.
PRELLER PLEIN
E LL E R R P
4699
11999 Scottish Leader blended scotch whisky 750ml
106
94 99 Amarula 750 ml
99
Nederburg Lyric 750 ml
28
99
Spar sunflower oil 2l
59
32 99
99
Richelieu International liquor brandy 750 ml
18
99
Hunter's Dry Cider handies or cans 6 x 330 ml
Tastic rice 2 kg
Whole grilled chicken with 500 g coleslaw
174 99 Johnnie Walker Red Label scotch whisky 750 ml
BUY ANY 3 FOR
Not for Sale to Persons Under the Age of 18. TEL: 051 436-1870 TRADING HOURS: MON - SAT 08H00 - 20H00 AND ALSO PUBLIC HOLIDAYS EXCEPT CHRISTMAS DAY AND GOOD FRIDAY Specials available at PRELLER PLEIN TOPS up to and including 8 March 2015, while stocks last. We reserve the right to limit quantities. Prices include VAT. No traders please.
X1PTN7CH-BN060315
25
00
Cadbury Dairy Milk selected chocolate slabs 80 g
57
99
Montic full cream long life milk 6x1L
Specials available at PRELLER PLEIN KWIKSPAR up to and including 8 March 2015, while stocks last. We reserve the right to limit quantities. Prices include VAT.
21
99
Brookes Oros Orange, Lemos, Cocopine or Naartjie 2L X1PTN79D-BN060315
X1PU4QGW-BN060315
6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 MAART 2015 FUNKSIES & KONFERENSIES
Office space to let: African Life Building, President Brand Street, Westdene, Bloemfontein. Phone Mossie 076 890 4454.
1425
VERKOPE & BEMARKING 3760
ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835
KRUIEKENNER 1435
Herbalist Doctor for court cases, lost lover, financial problems. Also Magic rings and enlargement cream. PROFF PRICE MBUGA 071 966 3495. LENINGS
Prestige Contractors: Alle bouwerk (20 jaar ervaring), plafonne, Dry Walls, staal-, teël-, verf- en loodgieterswerk. Gratis kwotasies. Skakel 079 581 6654. EIENDOMME
KANTORE 1445
Healthcare company seeks 8 motivated sales consultants to join their dynamic team. We offer: Basic package: R8 500 neg. Commission. Fuel allowance. Full training. Requirements: Sales experience an advantage. Energetic and serious applicants ONLY. For interview call Euriza on 051 522 2237 or SMS name, area and age to 082 634 3755.
3290
WOENSDAG 11 Maart om 11:00vm
DIT KAN REËN DIE NAWEEK: Teëldakke skitter spierwit in Woodland Hills terwyl ’n buitjie oor dié landgoed uitsak. Daar is vandag ’n 30%-kans op 3 mm, môre ’n 30%-kans op 5 mm en Sondag en Maandag elk ’n 30%-kans op 10 mm in Bloemfontein. Die maksimum dagtemperatuur sal rondom 30°C wees en die minimum sowat 13°C. Foto: Jens Friis
Besigtig dag voor veiling 9vm - 4nm
Valenciaweg, Bainsvlei,
BLOEMFONTEIN
ONGELUKBESKADIG, BANK LOPEND/NIELOPEND & TROKKE
AOP 14776
REPO & VERSEKERINGSVOERTUIE
Volg ons op Twitter @Auction_AOP
131 WW /W SWANEPOEL & SJ KRUGER NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the High Court of South Africa (Free State Division, Bloemfontein) in the matter case no: 3329/13 between: WYNAND WILLEM SWANEPOEL (identity no: 300505 5016 089) 1st Plaintiff WYNONA SWANEPOEL (identity no: 400128 0013 081) 2nd Plaintiff and SUSANNA JOHANNA GERMINA KRUGER N.O. (in her capacity as trustee of the ERFPACHT BOERDERY TRUST, IT1058/2003) 1st Defendant CHARLOTTE KöNIG N.O. (in her capacity as trustee of the ERFPACHT BOERDERY TRUST, IT1058/2003) 2bd Defendant WILHELM MICHAEL KöNIG N.O. (in her capacity as trustee of the ERFPACHT BOERDERY TRUST, IT1058/2003) 3rd Defendant In pursuance of a Court Order granted by this Honourable Court on 28 October 2014 and a warrant of execution, the following properties will be sold in execution with/without reserve to the highest bidder on Wednesday, 18 March 2015 at 10:00 at the offices of the Sheriff, Bloemfontein West, 6a Third Street, Bloemfontein, namely: 1. Portion 2 of the farm Zoetvlei 1048, district Bloemfontein, Free State Province In extent 137,0451 (one three seven comma zero four five one) hectares Held by Deed of Transfer No T9058/2005; 2. Portion 2 of the farm Zoetvlei 1048, district Bloemfontein, Free State Province In extent 25,696 (two five comma six nine six) hectares Held by Deed of Transfer No T9058/2005; 3. Portion 4 of the farm Zoetvlei 1048, district Bloemfontein, Free State Province In extent 25,696 (two five comma six nine six) hectares Held by Deed of Transfer No T9058/2005; 4. Portion 5 of the farm Zoetvlei 1048, district Bloemfontein, Free State Province
In extent 25,696 (two five comma six nine six) hectares Held by Deed of Transfer No T9058/2005; 5. Portion 2 of the farm Kwestiefontein 679, district Bloemfontein, Free State Province In extent 25,3708 (two five comma three seven zero eight) hectares Held by Deed of Transfer No R11517/2010; 6. The farm Kwestiefontein 2938, district Bloemfontein, Free State Province In extent 356,7856 (three five six comma seven eight five six) hectares Held by Deed of Transfer No R115182/2010; 7. The farm De Hoop 320, district Bloemfontein, Free State Province In extent 385,4394 (three eight five comma four three nine four) hectares Held by Deed of Transfer No R14089/2012; Subject to: Certain conditions listed below Situated at: On the Jagersfontein Road, district Bloemfontein Zoning: Farmland Property description: 1. Portion 2 of the farm Zoetvlei 1048: The property consists of 3 cement dams, 2 bore holes, ruins of an old house and 8 workers'quarters. 2. Portion 2 of the farm Zoetvlei 1048: The property consists of a residence with three bedrooms built in cupboards and tiled floors, 2 bathrooms, dining room and open plan lounge/kitchen. There is 1 brick store with corrugated iron roof. 3. Portion 2 of the farm Zoetvlei 1048: This is a vacant piece of farmland. 4. Portion 2 of the farm Zoetvlei 1048: This is a vacant piece of farmland. 5. Portion 2 of the farm Kwestiefontein 679: The property consists of 2 workers quarters and 1 bore hole. 6. The farm Kwestiefontein 2938: The property consists of a farmhouse with 4 bedrooms, built in cupboard and carpet floor, 2 bathrooms, kitchen, 1 open plan television lounge / dining room. A separate dining room and 2 garages. There is a swimming pool. 7. The farm De Hoop 320: The property consists of a farmhouse with 4 bedrooms, built in cupboards and tile floors, 2 bathrooms, kitchen, scullery, television lounge, dining room, separate lounge
and 1 carport. There is 1 privet, 1 10 hectare land with privet. 1 5 hectare land with privet, 3 dams 91 cement and 2 sink) and 5 camps. Terms: The purchase price shall be paid by way of a 10% (ten percent) deposit on the day of the sale and the unpaid balance within 14 days shall be secured by a bank or building society guarantee. The said sale shall in all respects be governed by the High Court Act and the Rules made there under or any amendment thereof or substitution thereof and subject thereto. Conditions of sale: The full conditions of sale may be inspected prior to the Sale at the office of the Sheriff, Bloemfontein West, 6a Third Street, Bloemfontein. The said conditions of sale will be read out by the Sheriff immediately prior to the sale. Take further notice that: 1. This is a sale in execution pursuant to a judgment obtained in the above court. 2. Rules of this auctin is available 24 hours foregoing the sale at the office of the Sheriff Bloemfontein West, 6A Third Street, Bloemfontein. 3. Registration as a buyer, subject to certain conditions, is required i.e.: 3.1 directions of the Consumer Protection Act 68 of 2008. (URL http://www.info.gov.za/view/ DownloadFileAction?id= 99961); 3.2 Fica-legislation i.r.o. identity & address particulars; 3.3 payment of registration monies; 3.4 registration conditions 3.5 registration closes 15 minutes before commencement of the auction. 4. The office of the Sheriff Bloemfontein West will conduct the sale with auctioneers CH de Wet and/or AJ Kruger and/or TI Khauli. Advertising costs at current publication tariffs & sale costs according court rules will apply. Johan Slabbert Peyper Attorneys Attorney for the Plaintiffs Dynarc House 200 Nelson Mandela Avenue Bloemfontein Tel. 051 444 2256 Fax 051 444 2250 Email: betsie@peyperattorneys.co.za Ref: J Slabbert/betsie/S1254 20X3SMALL-BN060315
Hulle is oorlede
S Charm Klaue (1937) se gedenk diens het in die Doveskapel plaasgevind.
S Eddie Swanepoel (1941) van Winburg se troosdiens was in die NG kerk Winburg (Klipkerk).
S Henry Twiggie (1938), oudstreek hoof van die Nedcor en Nedfin bankgroep in die Vrystaat en NoordKaap, is in sy huis in Langen hovenpark oorlede. Hy het versprei de beenmurgkanker gehad wat sy hart erg aangetas het. Hy is gebore in die Windsortongebied in die NoordKaap. Sy eerste vrou, Christi ne, is 22 jaar gelede ná ’n klein operasie oorlede. Uit die huwelik is twee seuns gebore, Henry jr. (51) wat ’n lugvaartingenieur is, en Shaun (44) wat ’n direkteur van ’n bekende inligtingstegnologiemaat skappy is. Hy was 16 jaar met sy tweede vrou, Sonja, getroud.
S Willem Schimper (1951) is uit die NG kerk Heuwelsig begrawe. Hy is in die Bainsvleibegraafplaas ter ruste gelê.
S Jacob Daniël (Jaco) le Grange (1953) is oorlede. S Franci van Zyl (1933) is uit die NG kerk Bloemheuwel begrawe van waar die stoet na die Suidparkbe graafplaas vertrek het. S Dr. Willem Petrus Grobbelaar (1927) van die Aliquandoaftreeoord se gedenkdiens was in die NG kerk Heuwelkruin. S Pieter Christiaan (Chris) Beneke (1940) is oorlede.
S Pietie Claassen (1926) is uit die NG kerk BloemfonteinNoord (Klipkerk) begrawe. Sy teraardebe stelling was in die Theunissenbe graafplaas. S Liefie Erasmus (1934) se gedenk diens was in die NG kerk Winburg (Rietfonteingemeente). S Roux Liebenberg (1951) se afskeidsdiens was in die Doveskapel. S Louise Fredrika Opperman (1936) is uit die Gereformeerde kerk BloemfonteinSuid, op die hoek van Haldonweg en Lilaclaan, Wilgehof, begrawe. Sy rus in die Bainsvleibe graafplaas. S Anna Ceclia (Annatjie) Vos (1931) se verassingsdiens was in die NG kerk Petrusburg. S Christoffel Daniel Froneman (1945) se verassingsdiens was in die NG kerk Bloemheuwel, Haarburger singel, Westdene.
Speurder Byleveld sal vrae beantwoord BAASSPEURDER Piet Byleveld vertrek eersdaags op ’n nasionale toer van optredes waarin reguit vrae verwelkom en reguit antwoorde verstrek sal word. Jacques Botes is die aanbieder en onderhoudvoer der. Luidens ’n nuusverklaring sal ou bekende sake weer aangeroer word en onlangse prominente sake onder die vergrootglas geplaas word. Die psige en denke van ’n misdadiger word ook in die sessies ontleed en kwellende vrae oor gewetenlose misdadigers se werkwyse kry aandag. Die vervaardiger Marnus Bisschoff sê hulle beoog om ook internasionaal op te tree. Byleveld en Botes sal op 6 Maart in die Aasvoëlklub optree. Kaartjies kos R150 en moet bespreek word by ITicket by www.iTickets.co.za.
Skryf jou ‘sci-fi’-storie en stuur in Elretha Britz “AFRIKAANS het wetenskapfiksie skrywers nodig wat dieselfde as Neill Blomkamp met sy rolprente kan bereik,” sê die skrywer van die Novareeks, Fanie Viljoen van Bloemfontein. Dit is presies wat LitNetAkade mies met sy kompetisie vir wetenskapfiksie wil vermag. Die kompetisie vir kortverhale in dié genre is vir gr. 10 tot gr. 12leerlin ge en bied aan die wenner prysgeld van R4 000, ’n Kindle Firebondel en ’n Lapaboekpakkie, asook R4 000 vir die wenner se skool.
Die tweede en derde prys beloop R3 000 en R2 000 plus Lapaboekpakkies. Dié in die vierde en vyfde plekke ontvang merietepryse van R1 000 elk en ’n Lapaboekpakkie. Elzette Steenkamp, ’n kenner van wetenskapfiksie, sal 20 verhale uit die inskrywings kies waaruit die beoordelaars Eldridge Jason, Elizabeth Wasserman, Koos Kombuis en Viljoen die wenners sal aanwys. Etienne van Heerden, hoofre dakteur van LitNetAkademies en internasionaalbekroonde skrywer, sê LitNetAkademies wil reeds op skool skeppende denke by
leerlinge vestig. Hopelik sal die kompetisie nuwe skrywers na vore laat tree. Belangstellendes word aange raai om die LitNetAkademiesKu berklas se Facebookblad dop te hou vir pryse wat in die loop van die kompetisie weggegee gaan word en vir raad van bekende skrywers. Kortverhale moet tussen 700 en 1 000 woorde lank wees en op die laatste op 24 April ontvang word. Die inskryfvorm en ander inligting verskyn op http://www.lit net.co.za/Article/wf2015. Rig navrae aan Maggie Marx by wf@litnet.co.za.
BLOEMNAWEEK, VRYDAG 6 MAART 2015 7
Stap vir geldinsameling Blou het betroubaarheid uitgebeeld. Die gr. 5-leerlinge wat amper van kop tot tone blou was, is van links Stephan du Toit, Rickus Prinsloo en Celia Snellenburg.
Dié gr. 4’s se verantwoordelikheid word deur die kleur groen voorgestel.
Trap twee goue medaljes los Chanté Olivier van die Laerskool Willem Postma het op die Suid-Afrikaanse padkampioenskap wat in Nelspruit gehou is twee goue medaljes in die afdeling vir meisies o.12 losgetrap. Foto: Verskaf
DIE Laerskool Willem Postma het Vrydag (27/02) ‘n 5 km- en 9 km-pretstap op Naval Hill as ‘n geldinsamelingsprojek aangepak waarin leerlinge en ander stappers deelgeneem het. Elke graad het een van die skool se sewe karakterwaardes – geloof, omgee, respek, burgerskap, regverdigheid, verantwoordelikheid en betroubaarheid – uitgebeeld. Die gr. 3’s het in oranje klere gestap en regverdigheid, een van Possies se karakterwaardes, verteenwoordig. Foto’s: Ruan Bruwer
Die tennisspan van Grey-kollege wat aan die Internasionale Skolesport-federasie se wêreldkampioenskap in Katar gaan deelneem, is van links George Botha, Jan-Paul Berry, Kukutla Motlojoa, Philip Henning, Liam Coertzen en Handré Hoffman. Foto: Ruan Bruwer
VERTEENWOORDIG VRYSTAAT: Die Vrystaatse opewater-swemspan neem hierdie naweek aan die nasionale opewaterbyeenkoms in Grabouw deel. ’n Klompie swemmers moes hulle of weens beserings òf weens voorbereiding vir nasionale galas later vandeesmaand van die span onttrek. Daar word nietemin baie van veral Marné Frylinck verwag wat op die Midmar-myl die 1,6 kmafstand in ’n indrukwekkende tyd van 19 minute en 15 sekondes afgelê het en daarmee ’n algehele 13de plek in die ouderdomsgroep 14 tot 30 jaar behaal het. Die swemmers wat die provinsie in die 3 km- of 5 km-nommer sal verteenwoordig, is van links, voor: Wesley Schutte, Carine Theunissen, MJ van Jaarsveld en Stefan Visser; agter: Chantel Smith, Adri Venter, Marné Frylinck, Caro de Jager en Dané Steyn. Afwesig: Eric le Roux, Tyla Loubser, Guido Postma en JP Seyffert. Foto: Ruan Bruwer
JF pak Trekkers DIE Hoërskool Jim Fouché speel die naweek gasheer vir die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem. Die o.18Ahokkiemeisies speel om 08:00 en die seuns om 09:00. Die eerste rugbyspanne sê mekaar om 13:45 die stryd aan en die o.19A-netbalwedstryd begin om 12:15.
X1PTLN2D-BN060315
Fichies gasheer vir duisende sportlui Ruan Bruwer DIE Hoërskool Fichardtpark is die plek om die naweek te wees vir liefhebbers van skolesport waar die Cloversportdag aangebied word. Die gebeurtenis kan beslis as een van die heel grootste skolesportdae in die land gereken word. Sowat 4 000 junior sportlui is dan in verskeie sportsoorte slaags. Saterdag (07/03) veral gaan die suide van Bloemfontein van sportseuns en meisies wemel. Nie minder nie as 90 netbalspanne uit 29 skole sal mekaar dan op die netbalba ne van Fichardtpark aandurf. Op die rugbyveld word 57 wedstryde beslis waaraan 30 skole en 110 spanne in geheel meeding. Dié wedstryde word op die velde van die Hoër en Laerskool Fichardtpark en die Martie du Plessisskool beslis. Op Fichardtpark se splinternuwe astrobaan en van sy hokkievelde, sowel as die Universiteit van die Vrystaat (UV) se astro, sal 25 seunspanne (16 skole) en 51 meisiespanne (24 skole) mekaar aandurf. Een van die rugbywedstryde wat beslis aandag sal trek, is die Hoërskool Sentraal wat met die Hoërskool Diamantveld (die NoordKaap se beste span in 2014) om 15:00 op die Aveld kragte meet, sowel as Fichardtpark wat Hentie Cilliers, tradisioneel een van die NoordVrystaat se rugbykragte, in die hoofwedstryd om 16:10 op die Aveld pak.
Ook die HTS Louis Botha se wedstryd teen Landboudal om 13:50 op die Aveld behoort goeie aftrek te kry. Op die netbalbaan is daar ’n paar tweestryde wat sportliefhebbers opgewon de sal maak. Onder hulle tel die Hoër Meisieskool Oranje se wedstryde teen Diamantveld van Kimberley (om 09:00) en die Hoërskool Duineveld van Upington (om 13:30), Tralies wat teen Duineveld (09:00) en die Hoërskool NoordKaap van Kimberley (14:30) te staan kom en Fichies wat NoordKaap (10:00) en Diamantveld (13:30) aandurf. Dié drie NoordKaapse spanne is daardie provinsie se voorste drie netbal skole. Ander Bloemfonteinse skole wat in netbal sal meeding, is Pres. Steyn, Eunice, St. Michael, Brebner, Sand du Plessis en Navalsig. Die Vrystaat se twee voorste hokkie kragte vir meisies, Eunice en Oranje, kom albei teen die Hoërskool Hudsonpark van OosLonden (om 07:30 en 13:40 onder skeidelik by die UVastro) te staan. Die aksie begin Vrydag (06/03) met 21 skole wat met 65 spanne op die tennisba ne van Greykollege, Eunice, die stadion, Oudstudente en die UV sake sal uit spook. Skiet vind op Fichies se skietbaan plaas en sewe skole het aangedui hulle gaan korrel. Agt skole met tien gholfspanne sê mekaar op Tempe se gholfbaan die stryd aan en 27 skaakspanne (16 skole) speel dieselfde dag skaak.
Cheetahs sal moet wys dat hulle kán Ruan Bruwer ’n REUSESTRYD gaan hom Saterdag (07/03) in die Vrystaatstadion afspeel tussen spanne wat albei stert in die lug is ná seges verlede naweek. Die spanne moes hard werk om dié oorwinnings te behaal. Die Bulle het in Pretoria met die Haaie afgereken en die Cheetahs was ietwat gelukkig om met die Blues klaar te speel. Met ’n moeilike toer wat op die Cheetahs wag – hulle speel teen die Crusaders, Chiefs, Brumbies en Force, met eersgenoemde drie almal voormalige kampioene – gaan die Sentrale Streekspan soveel punte moontlik voor sy oorsese reis moet insamel.
VS se topatlete dié naweek haaks ’n GROOT naweek lê vir atlete voor wanneer die Vrystaatse baanenveldbyeenkoms vandag (06/03) en Saterdag (07/03) in die Vrystaat stadion gehou word. Die provinsie se voorste atlete sal hul beste voet wil voorsit aangesien daar ná Saterdag ’n Vrystaatse subjeug, jeug, junior en o.23span gekies word wat oor ’n maand in die SA’s in Bloemfontein sal meeding. Ook die senior span sal volgens die naweek se uitslae gekies word wat op 17 en 18 April na Stellenbosch vir die SuidAfrikaanse kampioenskap reis. ’n Rapsie meer as 600 atlete het hulle ingeskryf wat in die afdelings subjeug (14 en 15 jaar), jeug (16 en 17 jaar), juniors (18 en 19 jaar) en seniors (20 jaar en ouer) sal deelneem. Dit begin vandag om 13:00 en Saterdag vanaf 07:00. Toegang vandag is R30 en Saterdag R50 wat ook toegang tot die Superrugbywed stryd tussen die Cheetahs en Bulle bied.
Die Cheetahs speel nog volgende Saterdag (14/03) teen die Haaie voordat hulle op die vliegtuig klim. ’n Oorwinning oor die Bulle sal meebring dat die Cheetahs ’n eerste keer ooit hul eerste drie wedstryde in die Superrugbyreeks kon wen. Naka Drotské, Cheetahsbreier, het gesê hy was nie juis beïndruk met sy manskappe se spel teen die Blues nie en benewens stewige skrumwerk was daar nie baie ander aspekte waaroor hy opgewonde was nie. Dit is darem gerusstellend dat iemand soos Joe Pietersen (losskakel) se vorm as stelskopper uitstekend lyk. Die voorspelers sal almal op hul stukke moet wees teen ’n Bulagttal wat van Springbokke wemel.
Die Hoër Meisieskool Oranje se tennisspan is van links Daniel de Villiers, Lise Stofberg, Hanri Stofberg, Aletta Macheli, Lize Moolman en Sabrina Moolman. Foto: Ruan Bruwer
Skole speel internasionaal Hannes Nienaber
DIE tennisspelers van die Hoër Meisieskool Oranje gaan van Sondag (08/03) af in Doha, Katar, die geleentheid hê om hul name in dié skool se trotse geskiedenis op die tennisbaan te verewig. Oranje en Greykollege neem albei aan die Internasionale Skolesportfederasie (ISF) se wêreldkampioenskap deel. Oranje het die afgelope paar jaar die SuidAfrikaanse tennistoneel oorheers en sal sterk aanspraakmakers op die titel wees. Dié span het vanjaar die vierde keer met die titel as kampioen van die Gerrie Berner toernooi in die Paarl weggestap. Die titel van Oranje se Amanda Coetzertoernooi was ook die afgelope vier jaar drie keer in eie besit. Albei skolespanne is deur Tennis SuidAfrika (TSA) gekies om aan die toernooi deel te neem. Die kriteria wat vir die aanwysing van die voorste spanne gebruik is, is die individue le spelers se plek op TSA se rangorde. Dit is die eerste keer dat SuidAfrikaanse
spanne aan die wêreldkampioenskap, wat die eerste keer in 1995 in Duitsland gehou is, deelneem. Grey is saam met die voorste skolespanne van Turkye, Katar, China en Frankryk in ’n groep geloot. Oranje het ’n taaier loting ontvang met Australië, China en België se voorste spanne wat op hulle wag. België se voorste span is PaterDamian Sekundarschule, terwyl Australië deur Meridan verteenwoordig sal word. Gustav Fichardt, tennisafrigter van Bloem fontein, sal albei spanne in Katar bystaan. Die Oranjeniete sal deur Lize Moolman, Hanri Stofberg, Lise Stofberg, Daniel de Villiers, Aletta Macheli en Sabrina Moolman verteenwoordig word. Grey se span bestaan uit George Botha, JanPaul Berry, Kukutla Motlojoa, Philip Henning, Liam Coertzen en Handré Hoffman. Henning is verlede jaar as die Afrikakampioen (o.14) gekroon. Hy het die Afrikameesterstoer nooi gewen, waarna slegs die voorste 12 spelers van die vasteland genooi is.
After 10 years of struggling, my husband is back at home after mama Linda showed me my enemies in a mirror . We are now a happy, married couple - thank you, mama Linda. My husband stayed with his girlfriend for 10 years. Without him I struggled to support myself and could not even pay our children's school fees. I visited traditional healers, but with no help. Then I heard of Maria Linda on a radio talk show and my neighbour whom he helped and rescued from black magic. I visited mama Linda and paid R200. He told me about my future and my marriage problems. He put a mirror in a dish with water and I saw the faces of my enemies and my husband's girlfriend. He prayed for me and gave me holy water and oil to wash myself. After two days I saw results, my enemies confessed their wrong doings towards me and my husband left his girlfriend and come back home. I'm now happy after visiting mama Linda .
Visit Mama Linda by calling 062 4336 703 X1PUAF1H-BN060315