Bloemnuusbl 20150313

Page 1

Tel. 051­404­7600

| Vrydag 13 Maart 2015

| www.bloemnuus.co.za

Vrystaat se koning van rose tree uit Marietjie Gericke

DIE man wat bekendheid as “Rooskoning van die Vrystaat” verwerf het, het nou amptelik uit die georganiseerde roosliefhebbers­ bedryf getree. Prof. Johan Moll van Bloemfon­ tein, wat vir twee termyne president van die Suid­Afrikaanse Roosvereni­ ging was en lank die voorsitter van die Vrystaatse Roosvereniging, sê egter hy bly ’n roosvriend en passievolle roosliefhebber. Dié afgetrede professor in geskiedenis en voormalige dekaan aan die Universiteit van die Vrystaat sal in die toekoms nog met roosbeoordelings op kampioenskap­ skoue help. Moll is die naweek deur die Roosvriende van die Vrystaat (die nuwe naam van die Vrystaatse Roosvereniging) vir sy jare lange bydraes tot die Vrystaatse Roosver­ eniging bedank. Hy is ook vereer vir sy wye kennis en vernuf in die pragtige tuine van Dirkie Herholdt langs die Renosterspruit buite Bloemfontein. Hierdie toegewyde bydraes oor die jare heen het die Rosestad behoorlik laat “blom”. Liefde vir tuine en plante was Moll se voorland, want as kind reeds het hy sy ma met blomme­ rangskikkings gehelp en bruidsruikers gemaak. Sy groot belangstelling in rose het daartoe gelei dat hy ’n gesaghebbende op die terrein van roosbeoordeling geword het. Hy het die eerste samevattende beoordelaarshandleiding vir die Roosfederasie van Suid­Afrika (Rosa) saamgestel. Hy het landwyd beoordeel en is ook genooi om oorsee in Hampton Court in Engeland te beoordeel, asook in die Bagatelle­tuin in Parys, op die wêreldkonferensie in Houston,

ONS KONSULTEER LANDWYD

HELP DEBT COUNSELLORS cc

• SKULDBERADERS • ADMINISTRATEURS • REGSADVISEURS

GRATIS

Nuwe fliek

Helene gesels oor ‘Ballade vir ’n enkeling’

3

Derde album Op die Roosvriende van die Vrystaat se teegeselligheid waar van prof. Johan Moll afskeid geneem is, is van links Dirkie Herholdt, Helga Streicher (voorsitter), Marie du Plooy, prof. Moll en Trudie de Kock. Foto: Marietjie Gericke Amerika, en in die bekende rosepark in Belfast, Ierland. Hy is later tot president van Rosa verkies en het as redakteur van die jaarblad opgetree. Hy lewer steeds artikels daarvoor. Moll het voorts as een van die vise­presidente (Afrika) in die Wêreld­roosfederasie gedien. Sy liefde vir tuinmaak het daartoe gelei dat hy ’n pragtige roostuin aangelê het en met sy tuine in Heuwelsig en later in Langenhoven­

park het hy talle eerste pryse verower. Moll het oor die jare heen talle lesings oor vele aspekte van die rooskultuur gelewer. Hy is destyds ook deur die departement parke van die Mangaung­metro as komiteelid betrek in sy planne om die roostuin by die dieretuin op te knap. Oor Bloemfontein as Rosestad ken sy geesdrif geen perke nie en hy was een van die leiers wat die stad se Plukrooskompetisie uitgebrei het

sodat dit vandag die grootste in die land is. Volgens mense in rooskringe het hy as voorsitter van die Vrystaatse Roosvereniging indruk gemaak met sy kreatiewe denke en sy suksesvolle nuwe planne om die Roosskou op groot skaal tot ’n omvattende plant­ en­ blomskou uit te brei. Dit het die eerste keer in 2011 plaasgevind en is in samewerking met die VRV se sake­vennoot, die Loch Logan­waterfront, aangebied.

Plaaslike groep spog met nuwe klanke 2

Transgariep

’n Geweste wat altoos na water bly smag

6

Te veel skuld?

Skuldbeslaglegging (‘garnishee orders’) afgetrek van jou salaris? Ons kan dit stop. DEBT COUNSELLORS cc 2009/196236/23

• Moenie dat jou krediteure jou meer lastig val nie. • Moet niks verloor omdat jy agterstallig geraak het nie.

Kellnerstraat 41, Westdene Bloemfontein

Tel. 051 448 8462 • 072 544 8289

Ons konsulteer ook na-ure in die privaatheid van u eie huis of per faks/e-pos.

Botshabelo kantoor: Re-a-Hola kompleks, Kantoor 20, 1ste Vloer

Skakel ons vandag nog vir vinnige skuldverligting – ons KAN help !

X1PV5PA1-BN130315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuusbl 20150313 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu