Tel. 0514047600
| Vrydag 20 Maart 2015
| www.bloemnuus.co.za
VS versterk luggolwe Ruan Bruwer VRYSTATERS blyk gesogte keuses vir sportkommentators te wees. Hetsy krieket of rugbywedstryde, die kanse is baie goed dat jy ’n stem op lug gaan herken van oudsportlui met Vrystaatse bande. Die nuutste lid om hom by ’n ellelange lys van sportkommentators te voeg is Nicky Bojé, die gewese Proteakrieketspeler. Bojé het die krieketseisoen sowat ’n halfdosyn krieketwedstryde help uitsaai en selfs ’n paar eendagwed stryde uit Johannesburg gedoen. Hy sê hy sal weer volgende seisoen daarmee voortgaan as hy gevra word. Bojé volg in sy pa, Nic, se voetspore wat ’n bekende stem op die lug was. Hy het rugby uitgesaai. Wat nie wyd bekend is nie, is dat twee Vrystaters, Bojé en Christo Olivier, agter die mikrofoon was toe Joel Stransky in 1995 se Wêreldbe kereindstryd die skepdoel deur die pale gejaag het, asook toe die eindfluitjie geblaas het. Hulle het vir die destydse TV1 uitgesaai. Met die eindstryd was die Afrikaanse, Engelse en Xhosakommentators om die beurt op die lug. Olivier is natuurlik lank reeds een van die land se mees gerespekteer de kommentators en al die “Stem van Bloemfontein” gedoop. Hy saai al 42 jaar uit. Benewens Bojé jr. het Allan Donald, Victor Mpitsang, Deon Kruis,
CHRISTO OLIVIER
BOETA DIPPENAAR
EWIE CRONJÉ
VICTOR MPITSANG
Boeta Dippenaar, Jeremy Fredericks, Frans Cronjé, Davy Jacobs, Corrie van Zyl, Gerhardus Liebenberg, Cliffie Deacon en Louis Wilkinson almal in die laaste twee dekades vir die
Vrystaat en/of Knights gespeel en daarna ’n draai agter die mikrofoon gemaak. Die meerderheid van hulle doen steeds omroepwerk.
Dan is daar ook nog gewese Vrystaatspelers soos Ewie Cronjé en Omar Henry, asook Willie Wilson, ’n oudskeidsregter wat krieketwedstry de uitgesaai het. Olivier het ook lank krieket uitgesaai. Cronjé, wat een van die heel eerste kommentators by SuperSport was om in Afrikaans krieket uit te saai (in die 1995’96seisoen), sê dit is moeilik om te sê hoekom die Vrystaters veral so graag by krieket uitsendings betrek word. Ewie en Frans het albei ook ’n paar rugby wedstryde gedoen. Ook Olivier kan nie sê hoekom Vrystaters sulke gewilde keuses vir kommentators is nie. “Ons word dalk op sportgebied afgeskeep, maar beslis nie met sportomroepers nie.” Benewens uitsaaiwerk is Mpi tsang, Kruis en Dippenaar gereelde gesigte op die kassie. Mpitsang is omtrent weekliks in die ateljee met krieketwedstryde of op die krieket program Inside Edge, terwyl Kruis, Fredericks en Dippenaar gereelde paneellede op BVP op kykNET is. Op die rugbyfront is Werner Swanepoel, Toks van der Linde en Hanyani Shimange oudspelers van hier wie se stem weekliks op SuperSport gehoor word. Hennie Koortzen (SuperSport) en Stephan Cloete (RSG) saai ook bykans weekliks uit. Dan is daar ook nog wyle Retief Uys (rugby) en Mornay Pretorius (rugby en krieket) wat lank vir die SAUK wedstryde uitgesaai het.
GRATIS
Op die spel
Wen kaartjies na Dana se konsert in Kovsiekerk
3
Trotse Boet
The Gods must be crazy word animasieprent
7
X1PW3LE5-BN200315