Die visgraat 16

Page 1

Skoolkoerant van Dr. CF Visserskool Uitgawe 16 Vierde Kwartaal 2014

Ané Els Dr. CF Visserskool se Prysuitdeling is gehou op Donderdag, 13 November 2014. Die Grondslagfase se funksie het reeds gedurende die oggend plaasgevind, terwyl Gr. 4 – 7 die aand aan die beurt gekom het. Ons leef in groot dankbaarheid teenoor ons Skepper vir ons wonderlike skool met onderwysers wat altyd onvoorwaardelik vir elke leerling omgee en elkeen se talente help ontdek en ontwikkel. Baie geluk aan elke graad se leerder wat die eerste klasposisie beklee het. Op akademiese- en sport asook kultuur gebied het Luhann Kruger baie hoë standaarde gestel. Ons ander “vissies” sal moet hard werk om in sy voetspore te kan volg. Ons is geweldig trots op hom. Baie geluk aan Die VisgraatSkoolkoerant wat die 8ste plek

Roxanna Building Aljo’s Spar Centre Allexandra Avenue Thaba Nchu Road

(051) 430 0735

0733747895

Kay’s centre Poon Street Fleurdal

15 Harvey Road Brenjust Building Shop no. 9

(051) 522 4129

(051) 430 9868

Lees ”Die Visgraat” op Bloemnuus se webwerf!!!

Luhann Kruger by die trofeë wat hy ontvang het.

vanaf Media24 vir die beste Laerskool Skoolkoerant verower het. Baie geluk aan ons A++ simbole by die Speech Festival wat vroeër in die jaar gehou is. Geluk JC du Randt, Ari-ila Peacock, Ruhan Smith en Ané Els. Het julle die kunswerke gesien van ons 3 kunstenaars, wie se skilderye vir die Santam

Nasionale Kinderkuns gallery gekies is? Geluk Luhann Kruger, Nadine Parker en Ona Tsolo. Geluk aan ons rugby en netbal liggawenners en spelers van die jaar. Baie geluk aan Chrissie Bartman wat ‘n silwer medalje en Ntabiseng Nero wat ‘n brons medalje verower het in landloop.

# Nutsman # Klein bouprojekte # Vis-en Visdamdeskundige

Kontak: Louis 0824977461


2 NUUS (vervolg) Na al die toekennings, pryse en beker-oorhandiging, kom die baie geluk en nogmaals geluk tot ‘n einde en die hoogtepunt breek aan... Die hoofseun en hoofmeisie van 2015... Nadine Parker en Ruhan Smith – baie, baie geluk!!! Met God se leiding weet ons dat julle ons skool se naam altyd eer aandoen en dat julle goeie leiers sal wees. Ons behoort ‘n prysuitdeling vir elke onderwyser en skoolhoof te hou. Want sonder julle sou hierdie aand van beloning en erkenning nooit moontlik gewees het nie. Ek wil graag vir elke onderwyser sê: ”Baie geluk – Juffrou of Meneer het die prys behaal van: geduld, wysheid, sagmoedigheid, insig en kennis, blydskap en vreugde, verdraagsaamheid en die meeste liefde... julle elkeen kry volle ere kleure. Ek weet dat, hier by Dr Visserskool maak ons skatte in die hemel bymekaar, en daar sal dit die mooiste prysuitdeling ooit wees... waar almal oor die verhoog stap.

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Graad R ontvang diplomas

Prestige toekennings vir gr. 1- 3

Beste Akademiese prestasies gr.SO tot gr.7

Rugby, krieket en netbal toekennings

SO, Gr 5, Gr 6, Gr 7

Algemene kennis en Jnr. Victrix Ludorm toekennings

Prestige toekennings vir gr. 4-7

Rugby, krieket, tennis en netbal toekennings Blomme deur Mev. Albé Holtshauzen

Snr. Victrix en Victor Ludorm, Sportdogter en Sportseun

Baie dankie aan al ons adverteerders wat in hierdie Visgraat adverteer het. Sonder jul ondersteuning was die koerant nie moontlik nie. Ondersteun hulle asseblief in hul besighede.


NUUS 3

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Michael Kühn Op 13 Oktober 2014 het die groot dag aangebreek vir die graad sesse! Ons het met groot opgewondenheid vertrek na Zastron, wat aan die voet van Aasvoëlberg geleë is, sowat 180km vanaf Bloemfontein. Ons almal het hier geleer hoe belangrik dit is om te dink om ‘n probleem op te los en ons leierskap is so ontwikkel. Ons het geleer dat spanwerk ‘n probleem soveel makliker kan oplos, veral by die hindernisbaan! Dis was heerlik in die natuur en ons was weer opnuut dankbaar teenoor die Skepper vir alles wat Hy gemaak het. Elke dag het ons op gepaste wyse geopen. Ons almal het ons ma’s gemis en besef dat om skottelgoed te was regtig soos ‘n ma se liefde is…….dit hou nooit op nie! Ons het ook te doen gekry met die baie bekende Ottergat. ‘n Gat wat beslis net vir otters gemaak is. Hierdie gat is vol koue, donker modder waardeur jy moet kruip om weer die lig te sien. Ons almal was maar baie bang veral na al die bangmaak stories wat oor die jare aan ons oorgedra is. Ons graad sesse wil baie dankie sê vir Juffrou Riekie wat hierdie wonderlike ervaring saam met ons gedeel het. Vir die graad vywe: Julle het beslis iets om na uit te sien in 2015!

Michael en Ruhan

Nadine

Spanwerk, spanwerk en nogmaals spanwerk!

“Julle vier skones glimlag verniet so lekker... julle gaan ook netnou soos ons lyk!”


4 NUUS

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Armand Immelman “Pappa, ek wil ‘n bouer word...nee, ‘n dokter? Ag Pappa, ek weet nie WAT ek eendag wil word nie. Op 22 Oktober het die graad 7’s ‘n Beroepsdag gehad. Luhann Kruger en Damian Kriel was altwee in die kollig met hul voorstellings. Luhann was ‘n Elektroniese Ingenieur, terwyl Damian ‘n Diamant-myner was. Dit was baie interessant om na almal te luister.

Van links agter: Patoloog, motorwerktuigkundige, treinbouer, argitek, IT Spesialis, sangeres, diamantmyner, onderwyser, Voor van links: Danser, joernalis en elektroniese ingenieur. lag – sodat Juffrou Riekie skoon gehuil het van die lekker lag.

Ané Els Die wekker skree...Dis opstaan tyd. So maklik verval ons elke more in die gewoonte. Oë oop, bad, borsel tande, kam die kapsel op die kop, trek klere aan, eet ontbyt, pak ‘n kosblik en uiteindelik werk toe. Soos enige ander oggend het Juffrou Riekie haar reg gemaak vir die dag wat op haar wag. Sy het niks vreemd verwag nie, tot sy haar bene ingedagte kruis tydens Opening in die personeelkamer. En toe... Groot was die ontnugtering toe sy afkyk en sien dat sy wragties 2 verskillende kleure skoene aan het. Hierdie is die enigste skoene waarvan sy ‘n paar bruines en swartes het. Sy het dadelik daardie “ek mag nie in die kerk lag”gevoel gekry en sy wou ontplof van die groot lag binne in haar!” Hierdie insident het groot vermaak gebied. Die personeel het geskater van die

Hanko Kruger

Juffrou Riekie met haar onpaar skoene

lag. Ons almal maak foutjies, maar Ooo, liewe outjies... Sit die ligte aan en moenie soos ou Bennie boekwurm die bril op die kop vergeet nie! (Juffrou Breggie se raad). Wat as jy een van die dae met 2 verskillende kouse of verskillende oorbelle, ‘n broek oor ‘n romp of hemp onderste bo by die werk opdaag? Wie weet ? Dis dalk net ‘n nuwe Suid-Afrikaanse modereeks wat ons Dr Visser Skool se Juffrou Riekie begin het!

Andreya en Luhann lees Die Visgraat

“Skryf, Vissies, skryf!” Ons het vanjaar weer ingeskryf vir die Nasionale Skoolkoerant kompetisie van Media24. Ons was laas jaar die beste nuweling koerant en dié jaar het ons teen al die groot kanonne in die land deelgeneem. Ons was onder die Top 10 Laerskole in SuidAfrika en het die agtste plek beklee. Dit was vir ons ‘n groot prestasie.


NUUS 5

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Luhann Kruger Ha-ha-haaa! Die verskaffers van die lekker-lag was die Leerlingraad van 2015. Op Vrydag, 14 November is die nuwe leiers ingesout deur 2014 se leerlingraad. Dit was groot pret. Daar was allerhande interessante voorskrifte vir uitrustings en prettige aktiwiteite was aan die orde van die dag. Heyn du Preez, die singende boemelaar het “De la Rey, De la Rey...” voor die personeelkamer kom sing, terwyl Ruhan Smith sy tande moes borsel tydens klaswisselling, sodat hy met ‘n breë, blinkwit glimlag in die nuwe klas kon instap. Verder was daar ook eienaardige troeteldiere wat baie mooi versorg moes word. Teen tweede pouse kon die ou leerlingraad nie meer hul brousels wegsteek nie, en moes die 2015 leerlingraad dit ontgeld. ‘n Onaardige reuk het in die lug gehang en die klomp het maar naar gelyk! Voorspoed vir 2015 julle! Daar rus ‘n groot verantwoordelikheid op jul skouers.Leef ons skool se leuse uit - ”Altyd hoer!”

Onherkenbare ‘paintball’-soldate

Meerkatkolonie Paintball-baan

Leerlingraad 2015

“Captain America”

Boemelaars

Baba’s

Michael Kühn Radio Rosestad het `n Gee- wat `n skietbaan moes voltooi. projek waardeur hul en Dit het goeie spanwerk geverg verskeie besighede iets om dit suksesvol te doen. spesiaal vir die gemeenskap Daarna is hul in 4 spanne doen. `n Groep van 12 seuns, opgedeel wat teen mekaar wat meestal uit Graad 6 en 7 Paintball moes speel. Dit was leerders bestaan het, is deur groot oorlog en mens het net mnr. Zak vergesel na die skote hoor klap. Na afloop van ‘paintball’-geleetheid. Die die Paintball het die seuns seuns het begin met `n paar lekker boerewors-broodjies opwarm oefeninge. Hul is gekry om te eet. daarna in 2 spanne opgedeel Dit was ‘n dag propvol genot!


6 REDAKTEURSBRIEF

Luhann Kruger Soos trekvoëls elke jaar trek na warmer wêrelddele, moet ons Graad 7’s nou ons vere regskud en vlieg na nuwe bestemmings. Die tyd het aangebreek om nuwe horisonne te gaan verken. Trekvoëls en ander voëls soos wedvlugduiwe het die verstommende vermoë om nie

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

tydens hul vlug te verdwaal nie. Wetenskaplikes het vasgestel dat die magneetveld van die aarde iets daarmee te doen het. Dit lyk of die posisie van die son en die sterre ook ‘n rol speel. ‘n Derde manier waarop voëls moontlik hul rigting vind, is om bakens op hul roete as padkaarte te gebruik. Hoe gaan ons op koers bly

RESENSIE

Antoiné van Eeden In die tradisionele skrywe van fiksie stories kom ‘n verhaal van ‘n seun op soek na sy bestemming en kry toe ‘n avontuur wat hy net van kon droom. ‘n Legendariese skatkaart het gesorg vir ‘n wonderlike avontuur. Tesame het Jim Hawkins, Jim en sy “sidekick” handlanger Morph, John Silver, die grappige Robot B.E.N en die wyse en slim kaptein Amelia, word hier ‘n onvergeetlike avontuur beleef. Gordel jouself vas vir ‘n avontuur soos min terwyl Jim Hawkins en sy span veg vir hul lewens op “Treasure Planet”.

tydens ons wedvlug deur die lewe? Is die ‘Magneetveld’ binne jou sterk genoeg om jou op die regte pad te hou? Het jy die vermoë om te onderskei tussen wat belangrik en wat minder belangrik is? Of lyk al die sterre en al die sonne vir jou maar ewe blink? Sal die ‘bakens’, wat jou ouers en onderwysers jou geleer het, jou kan help tydens jou vlug? Hierdie is alles vrae wat elke mens voor ‘n nuwe fase in jou lewe vir jouself moet vra... en as jy twyfel, moet jy betyds ‘n koers-aanpassing doen sodat jy die wedvlug suksesvol kan voltooi. Maak seker dat Jesus die Magneet in jou lewe is en dat die riglyne in die Woord jou bakens is. So, kan jy verséker weet waar Dawid die wortels gegrawe het... Hierdie “Dawid” sit nou sy redakteurspen neer en groet “Die Visgraat”.


Die Visgraat, Vierde Kwartaal

PRETBLAD 7

deur Luhann Kruger DIE HAARKAPPER

KLOP-KLOP

Dankie vir ons laaste lekker Visgraat vir 2014 Redaksie! Redakteur: Luhann Kruger Joernaliste: Armand Immelman Michael Kühn Antoiné van Eeden Hanko Kruger Ané Els Zantus Zeelie Luan Verwey Roechelle Koekemoer Koördineerder: Juf. Ansie Kruger

SPOOKWINKEL


8 RUBRIEK

Hanko Kruger Hoe kan ek by God uitkom? Sommige mense sê, ”Ek is te sleg!” Onthou jy daai groot helde van die Bybel - Moses, Dawid en Paulus?

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Raai wat het hulle almal in gemeen? Groot baarde? Ja, wel... dit was immers Bybelse tye. Almal het baarde gehad! Wat het hulle nog in gemeen gehad? Dat hulle altyd almal goed was? Nee. Dat hulle nooit bang was nie? Nee. Hulle was almal...elke liewe een...‘n MOORDENAAR! As God sulke groot sondaars

NUUS

Armand Immelman Mnr. Hennie Botha, die pa van JP Botha in gr. 3, was een van die deelnemers aan die Checkers Championship Boerewors Kompetisie.. Hy is as die Vrystaatse wenner aangewys. Tydens die finale rondte by Sun City het hy nou wel nie gewen nie, maar kon hy ‘n instansie benoem aan

wie hy graag 150kg wors wil skenk. Dr. CF Visserskool is benoem en op 17 Oktober het oom Hennie saam met Checkers die wors aan ons skool kom oorhandig. Op 7 November het ons ‘n Boeriedag gehou en Boereworsrolle verkoop. ‘n Mooi bedrag van R 4 500 is op hierdie wyse ingesamel vir ons skool.

kan verander... as HY van Moses so ‘n groot leier kon maak, as HY van Dawid ‘n groot koning kon maak en as HY vir Paulus kon verander in ‘n groot prediker... DINK net wat HY met jou kan doen!

Antoiné van Eeden Die tema hierdie jaar was “vintage”. Die saal het prentjiemooi gelyk met voëlhokkies wat uit die dak gehang het. Die gasvroue se tafels was weer net die mooiste en die beste wat jy aan kan dink. Vanessa Booysen, as gasspreker het elke dame wat die oggend bygewoon het net laat besef wat ‘n ma regtig vir ‘n kind beteken en wat ‘n groot voorreg dit is om ‘n Mamma te kan wees. Juffrou Ansie, baie dankie vir hierdie geleentheid wat Juffrou elke jaar vir 160 Mamma’s reël – hulle verdien dit. Ons sien nou reeds uit na die volgende oggend tee!


NUUS 9

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Roechelle Koekemoer Die SO klas het saam met juffrou Nicolene besluit om vanjaar Kersversierings te maak. Hulle het met hul vlytige vingers draad en krale gevorm tot kruisies en sterre wat aan kersbome gehang kan word.

Luan Verwey Wat ‘n wonderlike insprasie is Juffrou Linda nie vir ons almal nie. Haar pragtige idee van die kalenders het die skool in rep en roer gehad. Hare is gesny en gesigte is gewas vir hierdie wonderlike dag. Die inspirasie agter hierdie kalender was eers net ‘n fondsinsameling maar het later iets geword wat elke mamma en ouma se hart vinniger laat pomp. Elke

Vissie wat afgeneem is daardie dag, is in die kalender. Mammas kan regtig moeite doen om ‘n kalender aan te skaf. Daar is vir elke maand ‘n ander tema soos: Februarie – Liefde Maart – Vry-wees September – Lente Ek hoop dat elke maat moeite sal doen om ‘n kalender aan te skaf. Dit is iets besonders en sal jou vir altyd aan jou skooldae laat terug dink.

Melissa, Jessica en Monique wys hulself in 2014 se kalender

Hanko Kruger Estoire NG gemeente het een Dinsdag tydens saalopening die gr. 6’e kom verras met Bybels as geskenk. Elke gr. 6 leerder het ‘n Afrikaanse Bybel ontvang. Die leerders wat reeds ‘n Bybel van hul eie het, is uitgedaag om hierdie Bybel dan weer vir ‘n ander maat te gee wat nog nie ‘n Bybel het nie. So word die Woord van God ook onder Vissies versprei. Ps 119:105 sê mos: “U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

Heinrich ontvang ‘n Bybel van Ds. Robbie


10 NUUS

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

leerders se aantal lesure per vak laat geen ekstra tyd binne die skooldag toe nie. Ons is baie dankbaar vir Tannie Marita vir tyd wat sy opoffer om vir ons klein maats die wonderlike Boodskap te bring.

Zantus Zeelie Ons skool was die afgelope jaar gelukkig om verskeie verbeterings projekte te kon aanpak. ‘n Nuwe verkope lokaal by ons sportterrein is opgerig agter die busloods. Die lokaal is dan ook meer sentraal geleë tussen die verskillende sportvelde. Die skool spog ook met opgegradeerde krieketnette danksy geld wat vanaf die Lotto ontvang is. Krieket oefeninge is ook nou vir die kinders baie lekkerder. Vroeër die jaar is daar ook met die afskuur en herstel van die skool se dakke begin en die verfwerk in Oktober . Die toegangshek van die skool is vervang met ‘n gemotoriseerde skuifhek wat dit vir almal veiliger maak. ‘n Pragtige houtkruis is in die tuin voor die kantore opgerig en in die aand word dit verlig. Hierdie simbool moet ons herinner aan Sy heerskappy, ook by Dr. Visser. Met die nodige leiding van ons skool se Bestuursliggaam is al hierdie verbeteringe moontlik gemaak en kan ons almal net dankie sê.

Nuwe verkooplokaal by die sportterrein

Kersspel met tannie Marita Dakke word geskuur en geverf

Krieketnette

Luan Verwey Elke week sien al die Grondslag fase maats van die skool vreeslik uit na die kuier van tannie Marita. Jy kan sommer op die stoepe hoor hoe gons dit van opgewondenheid as die kinders na die lokaal beweeg. Die kinderkrans word al van 1984 by Dr. CF Visserskool aangebied. Elke Donderdag word die kinders aan die Bybel voorgestel en loop hulle daar uit met ‘n gevoel van liefde. Die doel van die Kinderkrans is om kinders te vertel en te wys hoe lief Jesus ons het. Om Jesus se liggie in hierdie donker wêreld te wys en om kinders te nooi om ook hulle eie lewens vir Jesus te gee. Die kinderkrans word tans net vir die Grondslag fase aangebied, want die senior


Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Roechelle Koekemoer Ek het met juf. Mineé gaan gesels oor haar en mnr. Drikus se troue wat op 12 Desember plaasvind, en gaan uitvind wat haar gedagtes op die oomblik is... “Op die oomblik is alles presies soos ek dit graag wil hê. Dis my Droomtroue...ek trou met my beste vriend en sielsgenoot. Ons tel die dae af en kan nie meer wag nie. Dis lekker om te weet dat my strooimeisies – my sussie, 2 beste vriendinne en niggie – aan my sy gaan wees. Al my familie en vriende gaan ook daar wees. Die bestes van die bestes! My rok is nog nie klaar nie, maar ek kan nie wag vir die dag as ek vir die finale passing gaan nie. Die kleur van ons troue is nog ‘n geheim vir die wat nog nie weet nie, maar natuulik weet my Gr 3 klas amper alles!” Die Visgraat wens mnr. Drikus en juf. Mineé ‘n pragtige dag toe en groot seën op jul lewe saam.

NUUS 11


12 SPORT

Die Visgraat, Vierde Kwartaal

Zantus Zeelie

o/9 krieketspan

Hanko moker ‘n spoghou

Paul draai die krane oop

Eish Junior! Dis naby!

Op die paaltjies, Rikus !

Dylan op die aanval

Ruhan met ‘n snelbal

Die kwartaal is begin met die 0/9’s, 0/11’s en 0/13’s, wat in die nuwe krieketnette geoefen het. Verskeie wedstryde is gespeel en gemengde welslae is behaal. Die 0/9 span van Juffrou Riekie het net 1 wedstryd gespeel maar ongelukkig verloor. Die beste krieketspeler vir 0/9 was Ruan Kruger. Die 0/11 span van Meneer Ronnie het 3 wedstryde gespeel en al 3 gewen. Die derde wedstryd het oom Louis ingestaan vir Meneer Ronnie wat in Ierland was. Hanko Kruger is dan ook as die beste 0/11 krieketspeler aangewys. Die 0/13 span van Meneer Zak het 3 wedstryde gespeel maar ongelukkig almal verloor. In die span het Paul Kruger as bouler uitgestaan en het Rikus Raath die beste met die kolf gevaar. Paul Kruger het dan ook die toekenning as beste 0/13 krieketspeler ontvang.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.