TAMATIE
Sensitief teenoor virusse Met die huidige globale fokus op die Covid-19-pandemie, virusse, strategieë en beperkings wat ingestel word, kan voedselprodusente inderdaad ook hieruit iets leer en dit selfs op die plaas toepas. Oor die algemeen is opgemerk dat sekere gebiede meer deur die pandemie geraak is as ander. Mense verskil ook ten opsigte van hulle blootstelling en sensitiwiteit teenoor virusse.
H
ierdie toestande is nie ‘n nuwe begrip vir die tamatie- of groenteboer nie, want virusse word reeds baie jare op die plase bestuur. Die uitdaging vir die tamatieboer is egter dat daar nie slegs een virus is om te bekamp nie en dat die verskillende maniere waarop die virusse oorgedra kan word ook die verspreiding van die virusse kan bepaal. Soos eerstehands met die huidige pandemie waargeneem is, kan inperkings en sanitasie die virus tot ‘n mate beperk – dieselfde is ook waar vir die tamatieprodusent. Deur sanitasieprotokol toe te pas kan die tamatie-oes doeltreffend beskerm word. In die verlede het produsente hoofsaaklik die virusse wat op tamaties voorkom bestuur deur op die tamatietelers staat te maak om variëteite met weerstand te teel. Dit raak egter nou belangriker om kennis op te doen en maatreëls in te stel om die verspreiding van virusse te bestuur en te beperk. Dit kan gedoen word deur strategieë ‘n spesifieke gebied in te stel binne of op die plaas as ‘n geheel tussen lande en aanplantings. Die beste strategie om virusse te beheer bly steeds om te verhoed dat ‘n virus vir die eerste keer in ‘n gebied inkom. Virusse se verspreiding verskil, omdat sekere virusse slegs deur insekte wat op die plante voed oorgedra kan word, terwyl ander deur meganiese aanraking of met saad versprei kan word. Strategieë is veral belangrik waar daar nie weerstand bestaan vir ‘n spesifieke virus in die gewas nie – komkommermosaïekvirus in tamaties is een só ‘n voorbeeld. Wêreldwyd is daar nog verskeie “nuwe” virusse wat nie in Suid-Afrika voorkom nie en vir baie daarvan bestaan daar nie weerstandsbronne nie. Hierdie situasie kan baie groot ekonomiese verliese vir produsente meebring, omdat gewasse se opbrengspotensiaal en kwaliteit verlaag kan word. In die meeste gevalle word die situasie nog verder bemoeilik omdat ontle dings in ‘n laboratorium gedoen moet word om die korrekte virus te identifiseer. Virusinfeksies in tamaties kan ‘n groot invloed hê op die groei en verkleuring van die plante met ‘n vergeling of mosaïekpatroon wat in die meeste gevalle sigbaar is en selfs nekrotiese dele wat kan voorkom. Ander simptome verwys na ‘n verdwerging of vervorming van die blare en stamme – dit kan egter verwar word met die toediening van sekere onkruiddoders, selfs wanneer die toediening indirek in ‘n area was. Identifikasie van virussimptome kan verder verwar word met tekorte van voedingselemente, aangesien die simptome baie kan ooreenstem.
GROENTE & VRUGTE | SEPTEMBER • OKTOBER 2021
“Tomato curly stunt”-virus op ‘n tamatieplant. Dit is die ras van “Tomato yellow leaf curl” virus wat in Suid-Afrika geïdentifiseer is.
Die produsent kan in ‘n situasie beland waar verskillende virusse een plant kan infekteer sodat die simptome nie tipies vertoon vir ‘n identifikasie nie. Deeglike diagnostiese ontledings is dus van kardinale belang om virusse te identifiseer.
Komkommer-mosaïekvirus Hierdie virus word gewoonlik waargeneem in meer gematigde klimaatstreke, maar kom wêreldwyd voor. Dit kom tans meer op NA BLADSY 18
17