‘N VERSUGTING: DIE POLISIE IS SOOS ‘N MINNARES IN ‘N POLISIEMAN SE LEWE Al jou tyd is tot die beskikking van die staat ..... HBH As redakteur van die Nongqai vir bykans 12 jaar, kyk ek terug op ‘n verreikende ervaring. Mense skakel my op my selfoon van regoor die wêreld – op een dag praat ek met vriende in Switserland, Nederland, Guatemala, Mississippi of Skotland. Ek ontvang e-posse van reg oor die wêreld! Dankie. Iewers op die aardbol sit ‘n oud-SAP-lid of ‘n oud-SAW-lid wat via die internet die Nongqai lees en “iets” wil sê. Ek voel al soos ‘n biegvader want ek deel nie alles met ons lesers nie...... Ek kry versoeke soos: my Vader was ‘n polisieman en hy is oorlede net na my geboorte, 60 jaar gelede. Hy was op Stamford Hill in Durban gestasioneer is daar miskien iemand wat my kan vertel hoe ‘n mens hy was? Van ‘n Zulu-dame: Ek soek na my Vader hy was iewers in Soweto gestasioneer. My Moeder is oorlede en het my nooit vertel wie hy was nie. Kan jy my help om hom op te spoor ... jammer ek het nie sy naam nie ... hy het Afrikaans gepraat ... ek vermoed hy was ‘n Bruinman. Oom ek weet oom en my Vader het saam in die veiligheidspolisie gewerk en dan ‘n stortvloed van vrae oor sy Vader en oor die veiligheidspolisie...
veiligheidspolisie verbonde was. Hulle voel skuldig omdat hul Vaders moontlik mense kon gemartel het en selfs mense se dood veroorsaak het. Ons uit die vorige bedeling kry ook glad nie die erkenning wat ons toekom nie! Wat? Kom ek stel die saak kortliks in perspektief: Ek was ‘n ooggetuie en ‘n bevoorregte polisieoffisier – ek het op die hoogste forums in die land gedien maar later het ek ook met albei voete vas op die grond gestaan in swartwoonbuurte tussen die bloed en die riool! Met ‘n kakofonie van klanke rondom my – van huilende babas, blaffende plaaslike honde en polisiehonde, sirenes, die helikopter bokant ons, die dreunsang, die “loe-loe-loe” en stampende voete van opgesweepte en ongeduldige mense en polisie luidsprekers. Die dreun van Casspirs ... Die reuke in die lug en die rook van Meloding, Thabong en Soweto! Mense wat die polisie aanval met klippe ... die reuk van brandende huise, motorvoertuie en sakesentrums wat brand... Dis soos ‘n droom. ‘n Nagmerrie. Saans as jy in die bed lê hoor jy steeds die geraas, ruik jy steeds ... , flits klippe steeds by jou verby!
Mens voer gesprekke met mense en daar is daardie soeke en heimwee na die polisieman-pa. Ek verduidelik die polisie het alles van ons geëis. Die polisie was soos ‘n minnares wat aanspraak op ons hele lewe gemaak het. Jou aanstaande vrou was gekeur, jy moes toestemming kry om te trou, jou vrou moes toestemming kry om te werk – honderde reëls oor jou lewe en jou doen en late. So op ‘n Sondag-oggend gedurende die sestigs ry die streng distrikskommandant kerk toe. Hy ry by ‘n kaptein se huis verby. Die kaptein met kaal bolyf sny gras. Groot moeilikheid vir die kaptein – hy ‘gedra hom op ‘n wyse’ – daardie wyse pas nie by ‘n polisie-offisier nie! As gevolg van die suksesvolle, volgehoue propaganda-oorlog voel baie mense vandag skuldig. Baie polisiemanne se kinders voel “skuldig” juis omdat hul Vaders aan die
Kom ons begin by die begin: Eerstens het ons ‘n Nobel-pryswenner, hoofman Albert Luthuli gehad wat met die regering wou onderhandel. Toe wou hulle nie!!! Ek was by toe mnr Robert Kennedy – broer van JFK – Durban toe gekom het om mnr Luthuli te spreek. (Ek het toe al begin dink.) Intussen het mnr Mandela vir
NONGQAI VOL 12 NO 7
(Vervolg op bladsy 90)
89