Nongqai Vol 13 No 1

Page 84

AJJ van Niekerk: "Forty Five" was sy bynaam omdat hy altyd sy kop skeef gedraai het as hy aandagtig geluister het. Hy het later Ondersekretaris van Justisie geword, terloops n pos waarin ek later een van sy opvolgers sou word. Later was hy die eerste hoof (nou Direkteur-generaal genoem) van die Departement van Beplanning. AJ Pretorius. Hy was in die Departement van Justisie hoog gerespekteer as "Oom Braam". Hy was die vader van die skryfsters Madelein van Biljon en Dr Cecile Celliers. Oom Braam was n baie gerespekteerde ware heer. Ek onthou hom vandat ek n klein seuntjie was. Eksentriek, maar n heer. Na sy aftrede is hy heraangestel as landdros van die verkeershof in Pretoria. 'n Pos wat hy beklee het tot hy al heelwat oor die tagtig jaar oud was. Niemand kon n hofrol so vinnig soos Oom Braam afhandel nie. Ek was toe in Justisie se hoofkantoor en die klagtes veral deur die verkeersdepartement, teen Oom Braam stroom toe in en die lêer beland op my tafel. Ek het klein gevoel. Dit blyk toe dat Oom Braam sy eie prosedure in die hof gevolg het. Mense het nie in sy hof gelieg nie, skuldig gepleit, niks kanse gewaag nie en gewoonlik met ‘n waarskuwing of ligte boete weggekom. Al minder mense het erkenning van skuld betaal want hulle het geweet Oom Braam sou lig straf. Een klagte was oor n verhoor wat soos volg verloop het. Terwyl die staatsaanklaer nog besig was om die klagte van ry oor n stopstraat of só iets, te stel, val Oom Braam hom in die rede met: "Mnr die aanklaer, wil jy nou vir my vertel hierdie mooi jong dame só iets lelik sal aanvang? Ek glo dit nie! Dame ek weet nie of jy dit gedoen het nie maar as jy dit gedoen het, gaan huistoe en moet dit nie weer doen nie!" Die hofrekord het gelees: Skuldig. Vonnis: Gewaarsku en ontslaan. Ons het ‘n plan gemaak en Oom Braam het vir die tweede keer eervol afgetree. Hoe kon ek nou teen my waardige kinderdae-held, optree?? JW van Greunen. Een van die bekwaamste landdroste wat ek ooit ontmoet het. Hy het my oortuig om by Justisie aan te sluit. Landdros van Greunen was een van die eerste streeklanddroste wat in die land aangestel is en het na ‘n baie suksesvolle loopbaan as Hooflanddros van Kaapstad afgetree. JJ van Noordwyk. Ek het ook onder hierdie landdros gewerk. Hy was ‘n perfeksionis en het ‘n ongelooflike kennis van elke faset van sy beroep gehad. Hy het ons jongeres geleer om voorskrifte uit ons kop te ken en toe te pas. Hy was die Hooflanddros van Bellville toe hy heeltemal te vroeg onverwags oorlede is. •

Die Landdroskantoorgebou

Soos reeds gesê, het ek in die ou landdroskantoorgebou begin werk. Waar die nuwe gebou opgerig is, was ‘n oop parkeerterrein. Die nuwe gebou is in Februarie 1972 deur die Minister van Justisie, Mnr PC Pelser, geopen. Ek was toe parlementêre beampte van Justisie en ek en my vrou was gaste by die openingsplegtigheid. Landdros Johan van Eeden, ' n Montagu-seun was toe die landdros. Adamus P Stemmet (AP) 84 Nongqai Vol 13 No 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.