Nongqai Vol 13 No 1

Page 85

MAJ JF ROSSOUW: GEBORE TE MONTAGU

(Ek het die foto vir mnr Stemmet gestuur) Hennie, Dankie vir die foto's. Die foto van die uitpaseringsparade wat deur die toe Kolonel (later Genl.maj) Koos Rossouw (ex Montagu) van die SAP - kollege gelei is hou vir my persoonlik n stukkie geskiedenis in. Eerstens was my broer Francois een van die nuwe konstabels wat op parade was. Tweedens was dit op 4 Desember 1964 op Pilditch-stadion die aand voor my troue met Petro die volgende dag.. My moeder was daar uit Franschhoek uit vir die twee belangrike gebeurtenisse maar ek het n krisis gehad. Ek kon haar nie na die parade neem nie! Ek was verbonde aan die RSA se regspan wat aan pleitstukke vir die Wêreldhofsaak ivm Namibië (toe nog Suidwes Afrika ) wat in Den Haag sou plaasvind gewerk het. Die president van die hof, Sir Percy Spender, het verdere uitstel geweier en ons moes dag en nag werk om ons pleitstukke betyds in Den Haag te hê. Slaag ons nie, kon die hof natuurlik teen ons beslis. Dr Verwoerd sou ons almal fire ! My taak was om daardie nag finale konsep-pleitstukke vir ons advokate op te stel. Sou die advokate tevrede wees, kon ek dit die volgende oggend finaal afhandel en vir n kort wittebrood gaan. Anders sou ek die volgende dag net gaan trou en die Sondag terugkeer --- geen wittebrood. ! 85 Nongqai Vol 13 No 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.