Gr 7-Lewensoriëntering-Handleiding

Page 16

1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.2

Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure)

1.2.1

Fisiese en emosionele veranderinge

Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en fisiese verandering. Hierdie veranderinge speel ’n belangrike rol in die vorming van jou selfbeeld en selfkennis. Seksualiteit is die wyse waarop ons onsself as seuns en meisies sien. Dit is nie dieselfde as seks nie. Seksualiteit gaan oor die volgende aspekte: 1. Hoe ons onsself sien en hoe ons oor ons liggame voel en dink. Dit sluit aan by Les 1 wat ons gesê het hoe belangrik selfrespek is. Jy kan net jou eie liggaam respekteer as jy dit in ’n positiewe lig sien. Jy het dalk sproete of groot ore en hou nie daarvan nie. Dit is belangrik om verby hierdie dinge te kyk en al jou positiewe eienskappe raak te sien, bv. jou mooi oë. Jy sal ook dan ander mense makliker respekteer as jy selfrespek en selfliefde het. 2. Puberteit veroorsaak dat ons anders begin dink oor die teenoorgestelde geslag. Ons kry seksuele gevoelens en gedagtes en raak maklik verlief. 3. Die bewuswording van ons seksualiteit beïnvloed hoe ons optree en reageer en het selfs ’n invloed op jou kleredrag en keuse van musiek! 4. Seksualiteit gaan ook oor ons waardes en norme ten opsigte van liefde en die bestaande vriendskappe wat ons het. 5. Dit bepaal ook tot wie ons aangetrokke is. Puberteit bring dus al hierdie veranderinge mee en maak ons intens bewus van die verskillende geslagte. Daar is verskeie faktore wat jou seksualiteit kan beïnvloed. 1.

Jou ouers/gesin Dit vorm die basis van jou seksualiteit. Dit is hier wat jy leer watter rol speel elke geslag in die gesin en samelewing. Jou ouers vorm jou waardes en norms ten opsigte van jou seksualiteit.

2.

Jou vriende en portuurgroep Jou vriende het nie te alle tye dieselfde siening oor seks as jy en jou ouers nie en dit kan soms lei tot konflik in jou eie waardestelsel. Dit kan jou verward en deurmekaar laat voel.

3.

Jou kultuur en rassegroep Sekere kulture en rasse het voorskrifte ten opsigte van seksualiteit en die verskillende geslagte se optrede in verband hiermee. Die voorskrifte kan jou opinie oor seksualiteit in ’n groot mate beïnvloed. In sekere kulture mag seuns en meisies glad nie alleen gelaat word nie. Hulle word selfs geskei tydens sosiale funksies.

© Optimi

14


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.