Gr 7-Lewensoriëntering-Handleiding

Page 20

1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.3

Les 3: Groepsdruk: die invloed van groepsdruk (3 ure)

1.3.1

Hoe groepsdruk ’n persoon kan beïnvloed: dwelmgebruik, misdaad, ongesonde seksuele gedrag, afknouery en rebelse gedrag

Wikipedia definieer groepdruk as wanneer een sosiale groep druk uitoefen op ’n bepaalde persoon om hul gedrag te verander sodat dit ooreenstem met die groter groep. Dit kan positief of negatief wees. Ons gaan egter na die negatiewe aspekte van groepsdruk kyk. Jou vriendekring is die belangrikste persone, naas jou ouers, tydens jou tienderjare. Dit is hulle wat die meeste tyd saam met jou spandeer en jou gedrag beïnvloed. Vriende kan ook baie druk op jou plaas om dinge te doen wat jy nie altyd mee saam stem nie. Jy wil egter nie uit voel nie en doen dan dalk hierdie dinge om hul tevrede te stel. As jy nie ’n goeie verhouding met jou ouers het nie of daar is geen volwasse rolmodel in jou lewe nie, kan jy dalk baie makliker onder groepsdruk knak. Groepsdruk kan ’n individu as volg beïnvloed: 1.

Dwelmgebruik Huisgenoot het in 2012 ’n peiling onder jongmense tussen die ouderdomme van 12 en 16 jaar oud gedoen. Daarvolgens het 12% al dagga gerook, waarvan 58% van hul dit ten minste een keer per maand rook. Drie persent van die respondente het al tik gebruik. Daar was selfs wat al ecstacy, kokaïen, CAT en hallusinogene sampioene gebruik het. Sommiges het ook al petrol en gom gesnuif. Die meeste tieners dink dat hul dit net een keer sal doen. Jou liggaam pas egter vinnig by die effek van die middel aan. Jou liggaam ontwikkel ’n behoefte na hierdie middel. Daar ontstaan twee soorte afhanklikheid by die persoon:

© Optimi

1.

Sielkundige afhanklikheid Die persoon het ’n sterk drang na die middel en raak obsessief daaroor. Hy of sy ervaar angstigheid en raak baie geïrriteerd.

2.

Fisiese afhanklikheid Dit sluit al die faktore van sielkundige afhanklikheid in, maar die persoon ervaar ook fisiese onttrekkingsimptome, bv. bewing, koors en spierkrampe. Dwelmgebruik wat omsit in dwelmmisbruik vernietig die jeug se lewens en toekoms en dit kan selfs tot die dood lei.

18


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.