uit jou gemaksone in jou hartsone in!
Februarie 2014  Uitgawe 91
Inhoud
Fokus 01
Redaksie - 2014 ‘n “Nuwe Era” in jou lewe
02
Ons Fokus: Ken Jesus Leef Jesus
03
Merkwaardighede uit die Woord
04
Gebedsfokus: Watter rol speel Gebed in jou lewe?
05
Gesins-fokus 2014
13
Dienswerkers
17
Toerusting
My Voetspore 21
Die ‘Wat glo ander’ - toerusting
22
Hope for Africa: Experience Mission Update 2013/14
23
Gebedsreis na Turkye
25
CRB Kyk met dankbaarheid terug na gister & met geloofsoptimisme na die toekoms.
Stories 06
Gemeentejaar studente by kerksondermure
07
Welkom Jolandi
09
“Connect” Belydeniskamp 2013
10
Zambië het lewens verander!
12
Tiener motiveer ons om Jesus beter te ken...
Algemeen 01
Preekrooster
03
Sê jou sê...
14
Kalender - Februarie & Maart
Dagboek 08
Liefde > Geloof + Hoop
08
The Quest for Authentic Manhood
16
Kinderkerk Afskop
20
Seisoene van die Huwelik
20
Valentyns-Ete vir enkellopendes
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204 / francois@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205 / design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging: Hennie Jooste Drukkers: Fishwicks Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org E-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Loof Luister Leef Twitter: @kerksondermure1 Na-ure Predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor
Redaksie
‘n “Nuwe Era” in jou lewe…
Ons staan aan die begin van 2014 en sommige van ons weet presies wat hulle in 2014 wil bereik. Hulle doelwitte is haarfyn uitgewerk en neergeskryf. Dan is daar natuurlik diegene wat slegs opgedaag het maar geen idee het waarheen hulle op pad is nie. Die vraag wat by my ontstaan is, hoeveel van ons weet werklik waar ons geestelik wil wees aan die einde van 2014?
Fanie Venter gesels in sy artikel, “Ken Jesus, Leef Jesus”, oor ons nuwe fokus en jaartema, maar hierdie is nie net sommer enige jaartema of slagspreuk nie. Dit is meer ‘n geestelike reis wat jy in 2014 saam met jou geloofsfamilie gaan stap. Al wat dit van jou gaan vra is dat jy ‘n doelbewuste besluit moet neem om saam met ons, Jesus opnuut te ontdek in jou eie lewe. Begin hierdie uitgawe lees by Fanie se artikel en maak seker jy verstaan God se Hart vir jou. Dit bevat lewensbelangrike inhoud wat jy in jou geestelike GPS moet invoer om seker te maak jy verstaan die pad wat God vir jou uitgekies het hierdie jaar. Neem dus die tyd en maak seker jy is gereed vir die belangrikste en mees opwindendste gewaarwordingsoomblikke van jou lewe. Oomblikke wat jy en jou gesin, familie en vriende gaan deel en waarin ons nader aan mekaar gaan groei en meer soos Jesus sal leef en wees.
Dit is jóú jaar om Jesus só goed te leer ken dat sy karakter in jou gestalte sal vind en voortleef. Almal om jou moetsy teenwoordigheid kan beleef, en sy liefde en omgee wat uit jou uit straal, liefkry… Die res van hierdie uitgawe is propvol stories en getuienisse van jou kerksondermurefamilie wat daagliks daarna streef om Jesus te leer ken en meer en meer soos Hy te word en te leef. Hierdie uitgawe is dan ook ‘n stukkie geskiedenis-in-wording as die eerste kerksondermure “Hartklop” in sy nuwe formaat. Ons hoop julle geniet elke stukkie van die ontdekkingsreis in hierdie nuwe era. Dankie aan elkeen wat met soveel deernis en liefde elke maand pen op papier sit sodat ons in al die spesiale oomblikke saam met Jesus kan deel… Ons wil graag hierdie jaar langs jou stap. Groete en voorspoed vir ‘n vervullende reis deur 2014…
Francois
PREEKROOSTER • Februarie 2014 2 Feb
9 Feb
16 Feb
23 Feb
Hippolaan Dienswerkers Werwing Belydenisaflegging
Nagmaal
08:00
Adrio König
Stephan Joubert
Christo Woite
Colin Smith
10:00
Adrio König
Stephan Joubert
Christo Woite
Colin Smith
18:30
Stephan Joubert
Stephan Joubert
Colin Smith
Fanie Venter
Tieners@Hippolaan 17:30
Midstream
Annelize de Wet
Louis Hager
Stefan Campher
-
08:00
Colin Smith
Adrio König
Fanie Venter
Christo Woite
10:00
Colin Smith
Adrio König
Fanie Venter
Christo Woite
Tieners@Midstream 17:00
Stefan Campher
Annelize de Wet
Louis Hager
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 01
ons Fokus
Fanie Venter
kerksondermure het 'n ryk geskiedenis wat ons jaartemas betref. Die temas wat ons jaarliks onder leiding van die Here se Gees identifiseer, was elke keer meer as net 'n tema. Dit het help vorm aan die identiteit van kerksondermure en rigting aangedui vir ons fokus. Dit is daarom met groot verwagting dat ons ons jaartema vir 2014 bekend maak: Ken Jesus, leef Jesus! Hierdie tema is 'n kernagtige samevatting van die volgende stelling: kerksondermure bereik sy bestaansdoel wanneer mense binne en buite die gemeente (geloofsfamilie) Jesus leer ken en meer en meer soos Hy begin leef. Toe ek so bietjie oor hierdie tema nadink, besef ek ons was glad nie so kreatief met hierdie tema nie. Ons het gelukkig niks nuuts gesê of ontdek nie. Hierdie tema is ons verwoording van die missie van Jesus se kerk soos Hyself dit vir ons gegee het in Matteus 28:19-20: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”. Daarom is dit goed dat ons nie te kreatief en te nuut raak in ons verstaan en verwoording van kerkwees nie. Die bestaansrede vir die kerk is dissipelskap. Dissipelskap gaan daaroor dat ons Jesus beter en beter leer ken en meer en meer soos Hy leef. Wanneer ons sê “Ken Jesus”, gaan dit natuurlik oor baie meer as 'n intellektuele ken. Dit gaan oor in verhouding met Hom leef en groei in ons verhouding met Hom. Dallas Willard verduidelik dit mooi: “Through our ongoing relationship with Jesus and with other Christ-followers, He begins to reform
our hearts’ beliefs, ideals, feelings, and habits of choice”. Vanuit ons verhouding met Jesus maak Hy ons harte nuut, sodat ons nuut (lees: in gehoorsaamheid) kan begin leef. In 'n toneel in die film The Matrix sê Morpheus op 'n stadium vir sy jong vriend: “Neo, sooner or later you’re going to realise just as I did that there’s a difference between knowing the path and walking the path”. Dit is presies waaroor dit vir ons in 2014 as kerksondermure gaan. Om Jesus, sy hart, sy drome, sy passie so te leer ken dat ons meer en meer soos Hy sal word in wat ons dink en sê en doen. In Romeine 13:14 gebruik Paulus 'n treffende beeld om dit mee te verduidelik: Nee, soos ’n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”. Disippelskap gaan dus daaroor dat Jesus in ons lewens “vorm aanneem” (Gal. 4:19). In 2014 vertrek ons op 'n volgende kerksondermure avontuur! Mag jy in hierdie jaar ontdek: daar is meer aan die lewe as wat ek tot dusver beleef het. Mag jy hierdie “meer” saam met Jesus en sy mense ontdek. In 2014 wil ons saam met Jesus Hom beter leer ken, totdat Hy in ons lewens (gedagtes, woorde, en dade) vorm aanneem. Wanneer dit gebeur, begin ons om 'n verskil in God se wêreld te leef. Daarom hou ek so van hierdie formulering: “the church is for discipleship and discipleship is for the world”. Onthou: op hierdie avontuur (wat alles van ons gaan vra) het jy 'n absoluut lojale Vriend wat jou deur en deur ken, wat alles van jou weet. Hy is by jou elke tree van hierdie hele avontuur reis. k
02 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Merkwaardighede uit die Woord
Adrio König
Die Bybelskool se Jesusjaar Galilea Een besondere vraag is waarom Jesus juis in Galilea gaan werk. Hy wil Israel se godsdiens hervorm. Dan verwag ‘n mens Hy sal in Jerusalem gaan werk by die tempel en onder die godsdiensleiers. As Hy hulle kan beïnvloed, sal Hy mos deur hulle die hele volk bereik.
Jy gaan in die Bybelskool dinge in die Evangelies sien waarvan jy nooit geweet het nie. Jou prentjie van Jesus gaan meer as verdubbel. Jy gaan meer inspirasie uit Jesus se lewe op aarde kry as nog ooit. Ons gemeente se Jaartema is: Ken Jesus, Leef Jesus. Ons Bybelskooltema sluit direk hierby aan: Die rykdom wat ons in die Evangelies oor Jesus kry. Dink oor hierdie vrae: Waarom het ons vier Evangelies? Sou een omvattende biografie oor sy lewe nie genoeg gewees het nie? Het elke Evangelie sy eie prentjie van Jesus? Het ons dus eintlik vier verskillende prentjies van Hom? Is dit goed of sleg? Een van die interessantste dele van die hele jaar se Bybelskool gaan juis hierdie verskille tussen die Evangelies wees. Wat is die spesifieke dinge wat Markus beklemtoon? En Matteus? En Lukas? En waarom lyk Johannes so heeltemal anders as die ander drie?
Maar Hy gaan werk in Galilea, die “agterland” van Israel. Dis om die NG Kerk te wil hervorm, maar dan in Limpopo te gaan werk. Jy werk tog in Pretoria of in Kaapstad. En boonop kies Hy dan vissers vir dissipels. Moes Hy nie eerder ‘n paar jong manne by die tempel gekies het wat potensiaal het om later sy boodskap verder te dra nie? Maar die waarheid is dat Jesus juis elke keer ernstige probleme optel as Hy Jerusalem toe gaan. Dis juis in Galilea waar die massas om Hom vergader, die ongodsdienstiges, die vervreemdes, die straatvroue en tollenaars. Hoekom versamel Hy so ‘n vreemde groep mense om Hom? Sê die spreekwoord nie: Meng jou met semels, dan vreet die varke jou op” nie? En is Jesus nie later “opgevreet” nie? k Bybelskool in Februarie: Woensdagaande 5, 12, 19 Feb 19:00, of Donderdagoggende 6, 13, 20 Feb om 08:30
• Bybelskool vir die res van die jaar: Mei, Augustus en Oktober/ November •
Sê jou sê... Deel jou storie... Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor! www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 03
Watter rol speel Gebed in jou Lewe?
Gebedsfokus
Donnie van der Westhuizen
Gebed is die eenvoudige drang in die hart van die mens om met God gemeenskap te hê. Vir die Christen beteken dit die werk van die Heilige Gees wat roep “Abba Vader”. Gebed is om met God te praat in die naam van Jesus, wat vir ons die weg oopgemaak het. Dit beteken om naby God te bly en my hart in opregtheid vir hom oop te maak. Gebed beteken om vir ewig by God in te tree vir medegelowiges en vir die verloregaande wêreld. Wanneer hierdie drang tot gebed in die harte van gemeentelede ontstaan, kan ons tereg praat van die begin van herlewing. God hoor en verhoor gebede.
Kom en word deel van God se Gideonsbende wat in die naam van Jesus die oorwinningstryd wil stry in gebed. Vorm jou eie gereelde gebedsel van twee of drie mense. God het belowe om daar te wees. Kom en word deel van Saterdagoggend se gebedsgroep om 07:00. Daar sal jy weer nuwe krag kry om te volhard en die vuur in die gemeente aan te blaas. “Sal Hy wat vir ons ore gemaak het, self nie hoor nie?” Maak erns met jou gebedslewe in 2014… k
Werkloos?
Tussen Werke?
Ons is hier om jou te ondersteun en van hulp en raad te voorsien... Kom kuier saam om 08:00 by die Beroepsforum (Jakob se Put) en kry nuwe hoop! Plek: Rooisaal (ingang agter die kerk, by die groot vraghouers). Navrae: Inge van der Merwe 084 621 7670
04 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Gesins-fokus
GESINS-FOKUS 2014
imgion.com
Colin Smith
So aan die begin van die nuwe jaar wil ons vir elkeen sê welkom by kerksondermure se Gesins-fokus vir die komende jaar. Ons het deeglik bewus geraak van die groot behoefte aan die bediening van ons gesinne. Van ons eer-ste dag op aarde is ons reeds deel van 'n groter groep hetsy my gesin, my familie of die breër gemeenskap - en vir gelowiges beteken dit ook 'n geloofsgemeenskap. Ons leef nie op eilande verwyder van mekaar nie. Elke gesin is uniek - in samestelling, en lewensfase, en juis daarom is dit belangrik om by mekaar te leer, saam te groei; sodat ons al meer vir Jesus sal ken en soos Hy sal leef. Daarom is ons baie opgewonde om die volgende aan julle bekend te stel: Dinsdagaande “Onthou om te leef” toerustingsreekse wat ouerleiding, huweliksverryking, geloofsgroei en nog vele meer kursusse gaan aanbied waarby veral gesinne kan baat. Hou die kommunikasie media dop! Gesin-Sondae: Ons het drie geleenthede geïdentifiseer wat ons as Gesin-Sondae gaan inrig. Om hierdie dae 'n bietjie in te kleur gaan ons dit koppel aan 'n bepaalde tema en elke Gesin-Sondag sal ook aansluit by die preekreeks waarmee ons op daardie tydstip besig is. Bou die Album Vandag is elke persoon 'n fotograaf. Kyk maar net na
troues, skoolfunksies, verjaarsdae, noem dit maar op; die papparazzi’s en die mammarazzi’s is oral. Ons bou albums, koop ekstra hardeskywe waar nodig, ons laai af, laai op, stuur aan, ons “copy” en ons “paste”. Hierdie jaar wil ons graag 'n byvoeging maak tot die bestaande foto-albums van ons lewens. Daar is drie geleenthede deur die loop van die jaar waar ons spesifieke foto’s en stories tot ons albums gaan voeg. Ons wil elkeen aanmoedig om deel te neem. Ons glo dat hierdie nie net NOG IETS is wat van ons gesinne gevra word nie, maar juis iets is wat waarde sal toevoeg tot ons gesinslewe, tot die dinamika van elke unieke gesin binne ons kerksondermure familie. Hou asb. die kerksondermure kommunikasie dop. Ons gaan albums laat druk en sal dit van middel Februarie reeds beskikbaar stel vir alle gesinne en enige iemand wat selfs saam met hulle vriende wil deelneem. Ons vra dus dat julle asseblief vir die weke voor daardie Gesin-Sondae die bepaalde aktiwiteite in die albums saam sal doen en op die spesifieke Sondae hierdie album sal saam bring - gevul met foto’s van hoop en nuwe stories van omgee in aksie. Onthou; jy sal altyd deel wees van die kerksondermure Geloofsgemeenskap en familie. k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 05
Welkom
Gemeentejaar studente by kerksondermure
Fanie Venter
Die afgelope paar jaar het die Teologiese fakulteite van die NG Kerk begin met 'n gemeentejaar vir teologie studente. Hierdie jaar vind plaas in die 6de jaar (finale jaar) en is gefokus op praktykopleiding. Dit is die jaar waarin studente die geleentheid kry om, onder toesig van 'n gemeente, dit wat hulle geleer het, toe te pas in die praktyk van 'n gemeente se lewe. In hierdie leerproses is daar 'n baie mooi wederkerigheid ingebou: die student word blootgestel aan die praktyk van predikant-wees en terselfdertyd word die gemeente blootgestel aan die Here se bediening deur die studente. kerksondermure is bevoorreg om hierdie jaar vir twee studente die geleentheid te bied, om hulle gemeentejaar by ons te doen. Vanaf Januarie 2014 tot einde November 2014 is Janet Cruywagen en Meiring de Wet werksaam by kerksondermure. Ons beplan om hulle deeglik aan soveel moontlik bedieningsgeleenthede bloot te stel, wat beteken dat hulle hopelik met soveel moontlik lidmate kontak sal hê. Meiring is 'n student aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is gebore en het grootgeword op die plattelandse dorpie Petrus Steyn. In sy matriekjaar beleef hy dat die Here hom roep om teologie te studeer en sedert hy gereageer het op hierdie roepstem beleef hy groot vrede. In sy studentejare was hy diensbaar by die Studentegemeente in Bloemfontein. Sy bediening was hoofsaaklik gefokus op uitreike en musiek. In sy eie woorde: “My grootste passie is mense, want ek glo ons liefde vir God word bewys deur hoe ons ons naaste liefhet, en die grootste vraag waarmee die Here my die afgelope paar jaar en steeds vandag mee uitdaag, is: ‘Wie is jou naaste?’”. Meiring droom van 'n lewe en 'n gemeente wat 'n verskil in die wêreld maak.
Meiring kon darem behalwe sy fokus op studies en bediening daarin slaag om 'n meisie in Bloemfontein raak te loop. Ek kan dit nie mooier sê as hyself nie: “Ek het ‘n 'beautiful' meisie wat arbeidsterapie studeer en as die Here wil gaan ons eendag trou”. Janet studeer aan die Universiteit van Pretoria. Terwyl sy met haar studies besig was, was sy diensbaar by PEN, Echo en kerksondermure. Die lidmate van kerksondermure Midstream sal Janet ken as die musiekkoördineerder en lofprysingsleier daar. Janet is vir net meer as 'n jaar lank (baie gelukkig!) getroud met Naudé. Sy beskryf haar verhouding met Jesus baie treffend: “Ek is op ‘n plek waar ek in totale afhanklikheid en dankbaarheid leef, want sonder sy oneindige genade sal ek nie wees waar ek vandag is nie. Elke dag is nuut met sy eie uitdagings en dinge, maar daar is iets waaraan ek kan vashou: die wete dat Hy my spesiaal as sy kind gekies het en gesterf het vir my sonde”. Oor kerkwees glo sy die volgende: “Ek glo ook dat die kerk ‘n dienende kerk moet wees - ‘n kerk aan die werk. Elkeen vorm deel van die groter liggaam, ‘n liggaam wat die koninkryk op aarde ‘n realiteit moet maak”. Dis vir my opvallend dat beide Meiring en Janet reeds “kerksondermure taal” praat. Ons is daarom opgewonde om in 2014 as span saam met hulle te leef en te werk. Ons sien met verwagting uit om te sien hoe hulle insette bydra om God se droom vir kerksondermure 'n groter realiteit te maak. k
06 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Welkom Jolandi
Ons is bevoorreg om vir Jolandi Rudman te verwelkom by ons kerksondermure familie. Julle sal vir Jolandi leer ken as iemand met 'n passie vir Jesus en vir Sy mense. Ons is baie bevoorreg om haar by ons Voetsporespan te kan hê. Jolandi, ons bid vir jou die Here se seën toe op die nuwe bediening in jou lewe. - Colin Smith Ek is 'n ma van ‘n seun, Stefan (10 jr) en ‘n dogter, Mea (6jr). Ek is 35 jaar terug gebore in Sandton en woon al vir die afgelope 26 jaar in Centurion. Ek is getroud met ‘n wonderlike man - my sielsgenoot Eugene. Ek het grootgeword in kerksondermure… Ons het eers in Doringkloof in die Voortrekkersaaltjie kerk gehou en van daar af die kerk in Hippolaan gebou. Ons is getroud deur Ds Fanie en hy het ons kinders ook gedoop. Ek is na 8 jaar se diens “retrenched” en kan nie wag om na 6 maande se “vakansie” saam met Ds Colin en Anne-Marie by Voetspore te werk as ‘n Administratiewe Koördineerder nie. Ek glo ons gaan ‘n wonderlike pad saam stap en dat ek in die pos geplaas is om in Jesus se voetspore gevorm te word vir die roeping waarvoor Hy my geskape het. Ek is: speel, slaap, bosveld, see, vriende, familie en werk, kerk, koerant lees, kook en kinders, e-posse, google, facebook, twitter en LinkedIn, TV-kyk, koffie drink, koek eet, huiswerk doen, ma wees, vrou wees, myself wees. Ek wil: graag mense help, ‘n verskil maak en betrokke wees in my gemeenskap!
Ek wil in 2014 ‘n lewe leef wat saak maak! Ek is 'n Christen, en het 'n rustige vertroue dat Hy in beheer is, maak nie saak wat gebeur nie, en ook dat mens se paadjie sal loop soos dit moet, nie soos jy self wil hê dit moet nie. … en daar het julle dit – aangename kennis, my naam is Jolandi Rudman! So bly om julle te ontmoet! k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 07
Dagboek
bied 'n geleentheid vir vroue van ALLE ouderdomme, om saam te kuier, te groei en ‘n verskil te maak in ons gemeenskap. Vir 2014 word 4 funksies beplan – een per kwartaal. Ons skop die nuwe jaar af met:
Vrydag, 21 Februarie 2014 18:30 vir 19:00 Spreker: Lindie Strydom Ligte vingerete sal voorsien word. Koste: R80.00 pp RSVP: voor of op 19 Februarie 2014 by Vera 012 940 9480 of vera@ksm.co.za Hou gerus die advertensies dop vir die res van die jaar se aktiwiteite en kom word deel van hierdie besonderse groeigeleentheid. Saam wil ons hierdie jaar Jesus Ken en Leef!! Vir meer inligting óf om deel te word kontak Vera by vera@ksm.co.za of 012 – 940 9480
MaMs byeenkomste 9:00 tot 12:00 elke 2de Woensdae in skool kwartale. Toegang R30.
Alle mans word uitnooi om die volgende kursus by te woon:
5 Februarie - Retha Visagie: Celebrate Life 19 Februarie - Hettie Brittz 5 Maart - Annelize Mulder: Seks en jou kind Navrae: Surene 084 814 0545/ surene.palvie@gmail.com of Daleen by die kerkkantoor 012 663 2003 x209
The Quest for Authentic Manhood Begin Maandag, 24 Februarie 2014 Tyd: 18:30 tot 20:30 Prys is R250.00 per persoon en dit sluit al die kursusmateriaal in. Plek: kerksondermure Midstream Vir meer besonderhede kontak die kerkkantoor by 012 940 9480 of stuur ‘n e-pos aan mskantoor@ksm.co.za Die kursus is oop vir alle mans, so bring ‘n vriend of werkskollega saam!!
Gasvryheid is een van die belangrikste bedienings by kerksondermure. Die Gasvryheidsbediening is die gesig van ons kerk, die eerste indruk. Ons is hoofsaaklik verantwoordelik vir die verwelkoming van bestaande en nuwe gemeentelede. Vir navrae by Hippolaan, kontak: Daleen by 012 663 2003 x209/ daleen@ksm.co.za Vir navrae by Midstream, kontak: Vera by 012 940 9480/ vera@ksm.co.za
08 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Stories
“CONNECT” Annelize de Wet
Belydeniskamp 2013
Aan die einde van ‘n besige jaar was dit so 'n voorreg om saam met ‘n groep wonderlike graad 11’s te kamp – werklik ‘n besonderse groep! Ons tema van die naweek was 'CONNECT' en die Here het iets besonders gedoen om met elkeen op ‘n unieke manier te 'CONNECT'. Een van die grootste doelwitte van hierdie kamp is dat elkeen van die jong volwassenes ‘n persoonlike gesprek met hul groepleier het oor hul verhouding met die Here. Die WOW getuienisse van die leiers en die Tieners maak dat so 'n kamp nooit vergeet sal word nie. Ek het sommer een van die jongmense gevra om te deel wat sy beleef het op die kamp:
Johanè Janse van Vuuren (belydenisklas 2013): Die kamp was life changing! Dit het my met nuwe oë laat besef hoe groot ons God werklik is. Dit was soveel pret en plesier daarby. Om in die donker by die dam te sit en na die sterre te kyk en met God te praat was fantasties. My persoonlike gesprek was baie ontspanne, my groepleier het my baie gemaklik laat voel en ons het oor baie dinge gesels. Sy het seker gemaak ek weet dat ek met enige vraag na haar toe kan gaan en sy het altyd tyd vir my. Sy het vasgestel of ek om die regte redes belydenis wil aflê en nie om dit net oor en verby te kry nie. Ek het op die kamp soveel nuwe mense ontmoet wat die Here met ‘n rede oor
my pad gestuur het. Ons tema vir die kamp was CONNECT. Met die tema het almal van ons mekaar beter leer ken en ook op ‘n Ander manier. Ons het baie nuwe mense leer ken wat my opnuut die Here se liefde laat ontdek het. Ons het ook ons gawes bepaal wat die Here vir ons gegee het en nou moet elkeen van ons dit gebruik om ‘n verskil te maak. Die kamp het my laat besef dat ek ‘n verskil wil maak, hoe klein ook al. Almal op die kamp het so 'n groot liefde vir Jesus! Ons het heerlik gesing en die Here geloof en geprys! Alles wat ek verwag het en soveeeeel meer! Ons het ‘n amazing God! k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 09
Zambië het lewens verander!
Annelize de Wet
Wanneer iemand vir my vra hoe dit gegaan het met ons uitreik, dan kan ek nie anders as om vir ‘n oomblik sonder woorde te wees nie… Die Here het lewens verander en sy koninkrykswerk het my opnuut opgewonde gemaak oor my roeping! Dit was vir my wonderlik om te beleef hoe Hy ons span gebruik, maar ook hoe Hy ons verander en leer. Dit was ‘n fantastiese ervaring om saam met die gemeente in Sesheke ‘n span te vorm wat kinders in daardie gemeenskap kon bedien met Jesus liefde. Die voorreg is om te weet dat daardie span voortgaan met die werk, terwyl ons aan dié kant vir hulle bid! Kan nie wag om weer te gaan nie! Die Tieners in ons span wou graag van hulle getuienisse met julle deel: Carla Venter: Ek het regtig besef wat dit is om soos ‘n kind te glo. Die 10 dae in Zambië het my lewe verander en ek gaan terug as ‘n nuwe mens. God het my kom wys dat mens enigiets kan doen met Hom aan jou kant en dat ek vir niks hoef skaam of bang te wees nie. Toe ek die eerste dag by die plek aankom waar ons met die kinders gespeel het en Kids games aangebied het, was ek regtig bang gewees. Ek het nie geweet wat om te doen nie, maar toe ek eers begin om met hulle te speel en die glimlagte op hulle gesigte beleef het, het ek opgewonde geraak! My hart het sag geraak vir kinders! Ek het uitgevind dat ek mal is oor kinders – ek het nog altyd geweet, maar het nou eers besef wat ek eintlik kan doen om hulle lewens te verander. Ek moet sê ek sukkel nog partykeer om volle vertroue in myself te hê wanneer ek met die kinders speel en vir hulle goed leer, maar ek is al baie beter daarmee as wat ek die eerste dag was! Dit is vir my ongelooflik om te beleef hoe die Here my net so verander en waar ek sy stem bietjie vir bietjie begin hoor. Die Heilige Gees het ook met my kom praat. Die een aand was ons besig om die Here se Naam te loof en prys. Ek het toe aan ‘n liedjie gedink wat ek graag wou sing en net toe ek daaraan dink, toe begin Alouise die liedjie op die kitaar speel vir ons om saam te sing. Dit was vir my baie cool om so te beleef dat die Gees sommer deur twee mense op een slag praat! Die laaste dag wat ons in Zambië was het ons ‘n uitdaging gehad om te luister na God se stem en dan dit te gaan doen. Ek en Adriël het toe besluit om net bietjie te gaan stap en te luister wat God vir ons wil sê. Ons het die vorige dag by Betty in haar huis gekuier en toe sê ek vir Adriël dat ek behoefte het om weer vir haar te gaan kuier – sy het presies dieselfde gevoel. Net daar het ons besef dat dit God was wat deur die Gees met ons altwee gepraat het en dat dit was wat ons die dag sou doen. Michelise van Heerden: My woorde mag jou dalk glad nie raak nie of jou hart en oë oopmaak nie, maar daar is geen manier om my getuienis vir jou te vertel op 10 bladsye nie – dalk 10 dae! Dalk kan ek net vertel van die dag wat ek my vertroue op Hom geplaas het. Ons het in ‘n groen woud gaan
sit met geluide en die rivier wat net amazing was! Ek vra al lank vir die Here om my te kom wys wie die laggende kind is waarvan almal my vertel (toe ek klein was). In daardie oomblik wat ek daaraan dink bring Annelize vir my ‘n skoenlapper, vasgevang in my hart. Verder kan ek nie beskryf wat in my hart gebeur het nie, maar kan ek julle vertel dat my tyd saam met die Here in Zambië was LIFE CHANGING en dit sal nooit vergeet word nie!
...Bangwetha, wat beteken “expressive/active when talking”.
Marlè Grabe: Die afgelope paar dae in Zambië was waarlik ‘n belewenis! Ons het as vreemdelinge gekom, en die mense het ons as eregaste ontvang. Hulle het so min, en tog deel hulle met oorgawe, waar ons wat oorgenoeg het dikwels in suinigheid lewe. Die gemeenskap in Zambië weerspieël ware liefde vir jou naaste, iets wat dikwels in ons gemeenskappe ontbreek. Ons ken nie eers ons bure nie, maar hulle ken hulle hele buurt! Die Here het in hierdie paar dae iets in my hart verander, en my weer laat besef hoe dankbaar ons moet lewe. Zambië is nou waarlik my huis weg van die huis… Martin Pretorius: Een aand terwyl ons om die vuur gesit het en “heart of worship” sing, voel ek ‘n nood om te ontsnap en op my eie te wees. Ek eindig toe by die bussie op en sit op die grond. Terwyl ons die dag hersien het, is daar verskeie kere die kwessie van vertroue aangeraak. Toevallig (of nie) sit ek en stry met die Here oor my vertroue in Hom. Op die ou end
10 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
...'n vriend van my het voor ons weg is vir my 'n email geskryf, en het gese in hulle boek beteken my naam, Adriél, “lioness of God”, kom dit uit dat ek Hom vra om my ‘n teken te gee sodat ek kan weet ek kan op Hom vertrou. So menslik soos ek is, vra ek egter ook vir Hom om my ‘n teken te gee dat dit die teken is… hehe! Nes ek amen sê begin dit te reën. Toe ek opkyk is daar drie weerligstrale na mekaar. Dit was al weerlig van daardie nag.
Die belangrikheid van 'n leerbare gees het konstant deurgekom, sowel as my vryheid. Of altans, gebrek daaraan. Om eers 'n badkamer met die ouens te moes deel in Botswana, en dan die oop-plan meisies badkamer in Zambië ( 'n badkamer wat net 'n deur na buite het, en geen deure tussen die twee storthokkies en twee toilethokkies het nie), het my lekker uitgedaag asook die random jokes wat veral plaasvind wanneer jy 'n veltie moet vang tussen niks en nêrens. Voeg daarby nog die ander weird grappe, die simpel danspassies, die klere wat uit desperaatheid en 'n tekort aan skoon (of droë!) klere aangetrek is, en die haarstyle het my pens en pootjies in die diepkant gehad- nie die diepkant van my comfort zone nie! In terme van om dieper te dink en dieper te grawe vir energie en 'n lus om te gee, sowel as my uitkyk op die lewe en my perspektief op dinge is ek lanklaas so baie gechallenge. Daar is ook natuurlik al daai stuff wat jy nooit andersins in jou lewe die kans sou kry om te doen nie. Mango's met skil en al eet, Oreo's met peanutbutter, om in die Zambezi te gaan sit, en laaste maar beslis nie die minste nie- die Victoria Valle.
Francois Pretorius: Die belewenis van 'n uitreik is onbeskryflik. Sommige mense dink 'n uitreik is net 'n trip waarop jy gaan en vir random mense van die Evangelie vertel en vir hulle 'n Bybel te gee en dan het jy nou jou deel gedoen. Dit is glad nie so nie. Ek kan eerlikwaar sê ek het meer by die mense na wie ons uitgereik het, geleer, as wat hulle by my geleer het. Toe ons op huisbesoek gegaan het na van die dorpies rondom Sheseke het ek weereens besef hoe geneig ons is om ontevrede te wees al het ons so baie. Dis maar net een ding wat ek geleer het. Mense sê altyd dat jy anders gaan terugkom as wat jy gegaan het. Ek kan julle belowe dat dit waar is. Die uitreik het my radikaal verander. Dit was rêrig 'n awesome belewenis en ek sal graag weer op 'n uitreik wil gaan.
Voor ons gekom het, het die Here met my gepraat oor my identiteit- onder andere rondom my naam- my outoriteit, om die groot prentjie te sien, en lyding. Toe ons langs die Zambezi “piekniek hou saam met God” toe vat Hy my na Ester toe, en presies dieselfde dinge was issues gewees in haar lewe. So bietjie voor-inligting: 'n vriend van my het voor ons weg is vir my 'n e-mail geskryf, en het gesê in hulle boek beteken my naam, Adriél, “lioness of God”, waar dit volgens meeste bronne “Flock that God shepherds” beteken. Praat van die leeu en die lam! Nou ja, toe ons daar kom was een van die dinge wat nou maar net gebeur het dat die mense nie my naam kon uit-
Adriel Kohn: Hierdie was beslis een van die tye in my lewe waar die Here net op 'n rustige manier- deur sy Still Small Voice- gekom het en net aangegaan het waarmee Hy van my redding af, nee, van my geboorte af, mee besig was. Hy het bevestig wat Hy reeds gedoen het, en dieper en dieper gegaan met wat Hy op daardie stadium in my lewe besig was om te doen. Een van die grootste dinge vir my was om in staat te wees om mal te gaan en heeltemal te chill. Om heeltemal vry te kan wees. Soos 'n kind. Ek is geneig om dinge heeltemal te oordink, en my hele span het my geleer van crazy gaan, elkeen op hulle eie manier. Die kinders met wie ons gespeel het, het ook grootliks daartoe bygedra, want as jy nie ALLES gee nie, kan jy maar vergeet daarvan om enigiets uit hulle uit te kry. www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 11
Tiener motiveer ons om
Jesus beter te ken… Zijl-Marie Botha
spreek of onthou nie, en gevolglik vra ek hulle toe sommer om my 'n ander naam te gee wat hulle sal onthou. Ek kry toe die naam Bangwetha, wat beteken “expressive/active when talking”. Nou, die mense wat my ken sal weet dit is beslis hoe ek is, en dit wys ook iets van my roeping, want ek is 'n danser. Identiteit. Rondom outoriteit- ek moes weet wie ek is, en seker wees van myself om nie afgetrek te word deur dinge soos bv die badkamers nie, en jy moet ook seker wees van jouself om 'n groep kinders “onder beheer” te hou- as jy onseker is van jou outoriteit, gaan hulle bo-oor jou loop. Annelize het ons baie as span gechallenge om ons perspektief te vergroot, en die anderste kultuur, Ds Banda, en selfs die kinders het baie daarmee gehelp. Die span-Bybelstudie in die oggende het ook baie daartoe bygedra. Lyding was maar heeltyd 'n dingdit is nie gemaklik nie. Dis nie altyd lekker nie. Dis warm, dis nat, dis stoute kinders, siek mense, en 'n groep mense. Haha, waar mense betrokke is gaan daar altyd 'n paar oomblikke wees waar julle unity gechallenge word. Maar ons het grace gehad met mekaar, en ek moet sê, ek was nog nooit in 'n span gewees waar die unity so duidelik en so tasbaar was nie. Die Here het ons regtig kom een maak. Dit was ook seker die snaaksste 10 dae van my lewe tot dusver! Baie lekker, baie leersaam, en ek sal beslis nooit weer dieselfde wees nie!
So 2 jaar terug Oujaarsaand was ek en my gesin by vriende op die plaas. Ons het vroegmiddag daar aangekom en ons het onsself geniet tussen die bosse. Die aand braai ons ‘n lekker vleisie op die kole en net so voordat ons moet gaan eet, het ek en die res van die vroue in die huis ingegaan om die borde, ens. te gaan regkry. Die volgende oomblik begin die honde ernstig blaf en die eienaar van die plaas het onmiddelik gaan kyk waarvoor hulle blaf . Hy kry toe vier gewapende manne net buitekant om die hoek van die huis. Ek is net so dankbaar dat niemand daardie aand beseer is nie, ek kon die Here se nabyheid voel toe ons in die huis ingestap het weg van die gevaar wat gedreig het. Dit was of hy my gewaarsku het dat ons in die huis moes ingaan en te danke aan die Here was ek en my gesin veilig bewaar deur die hele gebeure. So ek daag elke tiener vandag uit om hierdie maand en die res van 2014 die Here beter te leer ken. k ONTHOU JY IS TOT ALLES IN STAAT DEUR HOM WAT JOU KRAG GEE !!
Wel, meer as dit kan ek nie sê nie! Ek prys die Here vir ‘n onvergeetlike 10 dae en sien uit om weer Desember 2014 te gaan kuier by ons familie. k
12 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Dienswerkers
Dienswerkersbediening Tiesie de Coning
2014 kan net opwindend wees met al die kraakvars nuuthede op kerksondermure turf! Een van dié nuwighede is ‘n splinternuwe bediening, genaamd die Dienswerkersbediening!
Hierdie bediening was reeds in aksie met die werwing van dienswerkers gedurende November 2013. Ons innige dank aan kerksondermure vir meer as 200 dienswerkers wat aangemeld het vir diens in 2014. Die meeste dienswerkers het in Voetspore waarnaas Kinder- en Tienerbediening aangemeld. Die Here se strome van seën het ons beker sowaar laat oorloop! Aan Hom al die eer! Die dienswerkersbediening is ‘n bediening waar kerksondermure se dienswerkers gee, groei, getuig en geniet. Hierdie bediening het ten doel om elke geroepe gelowige wat aanmeld vir diens in die nommerpas bediening te laat inskakel waar sy/haar gawes, passie en styl op die regte plek met groot entoesiasme tot uitbreiding van God se koninkryk uitgeleef kan word. Die wagwoord is holistiese intensionele integrasie tussen dienswerkers oor bedieningsgrense heen – dus kerksondermure in die ware sin van die woord!
• Woensdag, 12 Maart, 18:30: Opleiding met Dr Alan Hirsch – leier in die missionêre kerkbeweging. • Saterdag, 24 Mei, 8:30-13:00: ‘n Eerste-in-sy-soort DIENSWERKERS KONFERENSIE. • Vrydag, 29 Augustus, 18:30: Dienswerkers Waarde ringsfunksie Dienswerkers in alle bedieninge sal op gereelde basis inspirerende en Woord-spesifieke korrespondensie vanuit die Dienswerkersbediening kantoor ontvang om sodoende die ratwerk van kerksondermure geolie te hou! Twee geleent-hede vir werwing van dienswerkers word ook vir Februarie (spesifieke werwing met die oog op die vulling van bepaalde diensposisies) en November (algemene werwing vir alle bedieninge) in die vooruitsig gestel. k Nuwe dienswerkers wat graag wil aanmeld vir 2014 of om die Dienswerkersbediening te kontak – ons is in diens van die Koning: • Tiesie de Coning, Gemeenteleier: Dienswerkersbedien ing – tiesie@ksm.co.za / 082 802 7853 • Alice Kleingeld, Dienswerkersbediening: administrasie & koördinering – alice@ksm.co.za / 012 663 2003 x 211.
Die volgende moet-dit-nie-misloop-nie-heerlikhede word vir dienswerkers in die vooruitsig gestel:
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 13
14 Hartklop l Februarie 2014 09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus HL
09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 18:30 Gasvryheid Hippolaan afskop 19:00 40Plus byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL
18:45 Selindeling Hippolaan
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 7:00 Tieners Lofdanse 18:30 Huwelikskursus HL Doopregistrasie vir Mrt sluit
09:00 MaMs HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Bybelskool HL
Preekreeks: KEN JESUS 5 HL - Hippolaan / MS - Midstream
Nagmaal Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste 11:30 Selindeling Midstream WIP koffieaand Rondom40 Kamp
18:30 ADAM kursus MS
17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus HL
19:00 40Plus byeenkoms 18:30 Hoop Depressiegroep
18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Doopreëlings 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
Donderdag
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekoefening
23 Sondag 24 Maandag 25 Dinsdag 26 Woensdag 27
Preekreeks: KEN JESUS 4
Bikers uitreik Belydenisaflegging
Donderdag
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Griefshare HL 18:30 Single& Parenting HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
16 Sondag 17 Maandag 18 Dinsdag 19 Woensdag 20
Preekreeks: KEN JESUS 3
19:00 Hippolaan Brugbou
08:00 Beroepsforum HL
28 Vrydag
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 Vroue@kerksondermure Midstream byeenkoms Pen Nagtoer Rondom40 Kamp
Dieper Konferensie (Hippolaan)
07:00 Gebedsgeleentheid HL Rondom40 Kamp
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL ADAM ontbyt
21 Vrydag 22
08:00 Beroepsforum HL 18:30 Enkellopendes Social HL
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
14 Vrydag 15
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum HL
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
1 Saterdag
Woensdag 6 Donderdag 7 Vrydag 8
09:00 Snr@Midstream byeenkoms 09:00 MaMs HL 09:30 Oppiekoppie Snr byeenkoms HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Bybelskool HL 19:00Sendeling terugvoer
Dinsdag 5
Sondag 10 Maandag 11 Dinsdag 12 Woensdag 13 Donderdag
Dienswerkers Werwing
9
Preekreeks: KEN JESUS 2
12:00 Doop Doop @ Midstream Gasvryheid Midstream afskop
2 Sondag 3 Maandag 4
Februarie
middelblad
www.kerksondermure.org
18:30 ADAM kursus MS
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus HL Aswoensdag
18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 18:30 Raak-Leef-Week HL 19:00 Musiekoefening Wêreldbiddag vir Vroue” 10:00 - West View Methodist Church
ADAM Ouer & kind kamp 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum HL 18:30 Raak-Leef-Week HL
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Emosionele Versorging Seminaar MS 18:30 Raak-Kuier HL
18:30 Dienswerkers Opleiding Alan Hirsch saam Strategiese Span
www.kerksondermure.org
18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas HL
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Emosionele Versorging Seminaar MS 18:30 Raak-Kuier HL
09:00 MaMs HL 18:30 Vroue Afskopfunksie HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Veritas MS
18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas HL
HL - Hippolaan / MS - Midstream
Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste
08:00-13:00 Vakansieprogram
30 Sondag 31 Maandag
Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste WIP koffieaand Bikers inreik
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Raak-Kuier HL 18:30 My kind & tegnologie MS
Menseregtedag
30Plus Kamp
19:00 Musiekoefening
Skole Sluit
Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 18:30 Hoop Depressiegroep 19:00 Veritas MS Doopregistrasie vir Apr sluit
Midstream Skool Sluit
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 30Plus Kamp
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus
Donderdag 28 Vrydag 29
18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening 30Plus Kamp
23 Sondag 24 Maandag 25 Dinsdag 26 Woensdag 27
Preekreeks: Wat vra Jesus 3
Gesins Sondag Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste 17:00 Slegs Belydenisklas Hippolaan & Midstream
08:00 Beroepsforum HL
Donderdag 21 Vrydag 22
18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening
16 Sondag 17 Maandag 18 Dinsdag 19 Woensdag 20
Preekreeks: Wat vra Jesus 2
18:30 ADAM kursus MS
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus ADAM Ouer & kind kamp 09:00 Raak-Leef-Week HL
Woensdag 6 Donderdag 7 Vrydag 8
09:00 MaMs HL 09:00 Snr@ Midstream 09:30 Oppiekoppie Snr 18:30 Raak-Leef-Week HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP
Dinsdag 5
07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus HL Dieper Konferensie (Hippolaan) Wêreldbiddag vir Mans
1 Saterdag
Sondag 10 Maandag 11 Dinsdag 12 Woensdag 13 Donderdag 14 Vrydag 15
Verbintenis Sondag Dienswerkers werwing ADAM Ouer & kind kamp 12:00 Matriekdiens
9
Preekreeks: Wat vra Jesus 1 Lydingsweke begin
Doop by alle dienste 12:00 Doop 11:30 Selfamiliefees MS
2 Sondag 3 Maandag 4
Maart
d - kalender
Hartklop l Februarie 2014 15
KINDERKERK AFSKOP
2014
Met ‘n jaartema soos “KEN JESUS LEEF JESUS” kan die vreugdevure in die kinderkerk vir 2014 mos net hoog en warm brand! Kleingroepleiers het reeds op 19 Januarie tydens beide eredienste by Hippolaan en Midstream vere reggeskud – dit nadat die koördineerders in die voorafgaande week reeds deur die tekkies behoorlik vasgemaak het. Op Sondag, 26 Januarie, was die kinderkerk in rep en roer toe man en muis aanmeld vir nog ‘n jaar op pad met Jesus se liefde. Die weersiens was spesiaal en blink ogies en groot glimlaggies tower enige uur om in die beste uur van die week!
Die tema vir die eerste kwartaal is “JESUS SAAM MET…” ‘n Benadering word gevolg waar volwassenes, tieners en kinders dieselfde temas tydens prediking sal beleef met die uitsondering dat die kinders ‘n week na volwassenes en tieners is. Ouers word versoek om die onderstaande Bybelverhale en Skrifgedeeltes ter voorbereiding in die week voor die kindereredienste vir hul kinders te lees – dus nadat dit tydens ‘n Sondagerediens in die volwasse prediking hanteer is:
Die kinderkerkkalender en temas vir 3-jariges tot Gr 6-kinders sien as volg daar uit:
Sondag, 2 Februarie
(Matt 3:1-6; onthou-vers: Joh 3:30): Kinders reis saam met Johannes die Doper. Gr 1-6 kinders doen Bybelse Wiskunde en leer dat Jesus al hoe meer moet word en ons al hoe minder. Daar word gekyk na ‘n Lego-verhaal van Johannes se lewe waarin kinders ontdek: “It’s not about me”. Ons taak is om Jesus se lig te weerkaats. Aan die ander kant skater peuters en kleuters vir twee pikkewyne wat ‘n laserliggie volg. Gliggie Glaggie Gloggedonsie van Gliekeland kom leer ook ons kleiner maats dat hulle ‘n liggie en ‘n laggie moet hê net soos die Gliegie-Gloggies. Dis ook Johannes se storie – hy het Jesus se lig gevolg en weerkaats. Wanneer ons by Jesus se lig uitkom, sal ons liggie en laggie sy lig weerkaats.
Sondag, 9 Februarie
(Joh 3:1-16; onthou-vers: Joh 3:16): Saam met Nikodemus ontrafel ons kinders ‘n hoogs bewaarde geheim en ontdek hoe ‘n nagdissipel ‘n dapper dissipel met ‘n daggetuienis word. Jesus het dié naguil na die lig gelei. Die ewige lewe is nie ‘n “top secret” nie – dis ‘n gratis geskenk vir almal. Gliggie Glaggie ken ook hierdie geheim en leer vir die peuters en kleuters dat Nikodemus se naggie ‘n daggie geword het. G'n wonder hy was ‘n dissipel met ‘n liggie en ‘n laggie nie – net soos die Gliegie Gloggies van Gliekeland.
(Joh 8:1-11; onthou-vers: Joh 8:11b): Kinders reis saam met die vrou in die middel en doen ‘n eksperiment met Coke en paar knope. So beleef hulle hoe ons sonde ook aan die lig kom – net soos wat die knope in die glas Coke na bo kom. Op hierdie wyse leer peuters en kleuters dat God alles weet. Hy weet van ons sonde en Hy vergewe Sondag, ons. Ons jonger maats beleef hoe Jesus ‘n super slim oplossing vir die vrou in die middel van die kring gegee het: 16 Februarie gooi of gaan! Gliggie Glaggie reken dit was “awesome”! Gr 1-6 kinders kry ‘n geleentheid om soos die Fariseërs met ‘n klip in die hand te staan, maar laat dit op grond val in die oorweldigende belewenis van Jesus se liefde vir sondaarmense. Ons kry sowaar ‘n tweede kans!
Sondag, 2 Maart
(Joh 9:1-41; onthou-vers: Joh 9:5b): Saam met ‘n blinde man teken ‘n dapper maat geblinddoek ‘n prent op die bord terwyl daar bepaalde voorskrifte gegee word. Dis swaar om blind te wees. Jy kan nie eens die prente in die Kinderbybel sien nie! Jy kan nie rugby speel of fiets ry nie! Ons luister na ‘n verhaal hoe Jesus nie net ‘n blinde man se oë genees nie, maar ook sy hart, sodat hy Jesus as die Lig vir die wêreld raaksien! Gr 1-6 kinders ontdek die woord “BLIND” in brailleskrif en weet verseker dat ons verlossing “amazing grace” is – dis mos wat die lied sê. Gliggie Glaggie skree sommer uitbundig vir ons kleiner maatjies: “Gippie, gippie goera!” – dis hoe wonderlik hierdie wonderwerk van Jesus is! Jesus is wonderlik en doen wonderwerke!
Sondag, 9 Maart
(Luk 24:13-34; onthou-vers: Luk 24:34a): Saam met twee teleurgesteldes stap ons kop onderstebo tussen Jerusalem en Emmaus. Hierdie twee dissipels se voete sleep, want hulle weet nie dat Jesus uit die dood opgestaan het nie. Hulle harte is so seer dat hulle nie eens vir Jesus, die vreemdeling wat saam met hulle stap, herken nie! Dit was eers toe Jesus, die Brood wat lewe gee, die brood breek dat hulle Hom herken het. Dit het dié twee teleurgestelde dissipels se harte so warm laat klop dat dit hulle voete in beweging gebring het en hulle oor die opgestane, lewende Here laat getuig. Hy is voorwaar die Brood wat lewe gee. Gliggie Glaggie Gloggedonsie reken hulle suggie het ‘n liggie en ‘n laggie geword!
‘n Nogeens opwindende jaar wink vir ons Gr 7’s! Hippolaan se Gr 7’s sal die Kinder EE III gedurende die eerste twee kwartale deurloop terwyl Midstream se Gr 7’s in die eerste kwartaal die Kinder EE III en in die tweede kwartaal die Tiener EE III sal volg. Beide sal uitloop op ‘n persoonlike gesprek en ‘n uitreik – Hippolaan reik uit na die Transoranje Instituut en Midstream na die sekuriteitswagte. Gr 7’s sal na afloop van die 2de kwartaal reeds hulle EE III Sertifikate en knopies ontvang. Vir die 3de en 4de kwartaal word die volgende in die vooruitsig gestel: ‘n kort kursus rakende verskillende gelowe; Bybelinterpretasie en uitleg; vrae wat pla; Hoërskool “stuff”; boelies, drank en dwelms; tegnologie en ek. Die jaar sal afgesluit word met ‘n bekendstelling aan die tienerbediening. Ons innige gebed is dat elke kind – vanaf die Doekdra-fase tot en met Gr 7 – in 2014 Jesus sal leer ken en soos Jesus sal leef! k
16 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Toerusting
SPLINTERNUUT -
kerksondermure Toerustingfokus
Psalm 16:11 “U leer my hoe om te lewe”
Carl du Preez
Die Bybel is vol verhale van prediking, opleiding, mense wat toegerus word vir die lewe, kennis wat oorgedra word, die spreekwoordelike ‘wapentoerusting’, riglyne en sekerlik die beste en mooiste - verhale van Geloof, Hoop en Liefde. Die Psalmskrywer skryf so mooi in Psalm 16:11 “U leer my hoe om te lewe”. Frank Viola se woorde eggo 'n stuk van wat ons droom met Toerusting: “The marker for discipleship is living by an indwelling Lord rather than by trying to imitate His outward behaviour”. Dit is wat hierdie Toerustingfokus van kerksondermure graag wil bereik – om bestaande Toerusting te versterk en te koördineer en om nuwe relevante Toerusting aan te bied.
kursusse en seminare insluit. Hou ons kommunikasie media dop vir hierdie “Onthou om te leef” Toerustingsreekse. Afgesien van Toerusting op Dinsdagaande is daar ook ander Toerusting met spesifieke fokusse: • Doopvoorbereiding kursusse • Huweliksvoorbereidingseminare • Bybelskool • Groot-groep Bybelstudies • Veritas Bybelinterpretasie-opleiding • Bedieningspesifieke toerusting wat self deur die verskillende bedienings gedryf word
Van nou af gaan ons Dinsdagaande “Onthou om te leef” Toerustingsreekse aanbied. Dit sal ouerleiding, huweliks- Ons glo dat julle saam met ons opgewonde is oor hierdie verryking, geloofsgroei, dissipelskap en nog vele ander nuwe fokusarea! k
Doopvoorbereiding Seminare elize@ksm.co.za
Dinsdagaande "onthou om te Leef" Toerustings Reekse rita@ksm.co.za
Bedieningspesifieke Toerusting
Huweliksvoorbereiding Seminare Jolandi@ksm. co.za
Toerusting Fokus
Bybelskool adk@3gi.co.za
carl@ksm.co.za
Veritas Bybelinterpretasie Opleiding lynnev@telkomsa. net
Groot Groep Bybelstudie christo@ksm. co.za
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 17
DivorceCare en DivorceCare4Kids
Vir volwassenes en laerskoolkinders geraak deur skeiding of egskeiding.
Splinternuwe reekse begin: Donderdag, 6 Februarie by beide Hippolaan en Midstream!
Kontak Marietha by 012 663 1610 of marietha@ksm.co.za vir meer inligting 18 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Dagboek
Single&Parenting - Program & Ondersteuningsgroep vir enkelouers met praktiese hulp en riglyne ten opsigte van ouerskap. Splinternuwe reeks begin Donderdagaand 6 Februarie. kerksondermure, Hippolaan Kontak Ria Mardon by 012 663 1610 of enkelouers@ksm.co.za vir meer inligting. www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 19
In Februarie, maand van liefde, begin ons eerste “Onthou om te leef” Toerustingsreekse...
Seisoene van die Huwelik 11 Feb. 18:30 • Verlief en ‘Verlore’ – Die lentegeure voor kinders • Ds Colin Smith 18 Feb. 18:30 • Kinders in die huis - Somerson bak warm! • Carl du Preez 25 Feb. 18:30 • Tieners in die huis - Herfsblare waai • Ds Fanie Venter 4 Mrt. 18:30 • Die Silwer Jare - Wyse winter • Ds Donnie van der Westhuizen Koste: R50 per paar per aand, R30 enkel Kinderoppasdiens beskikbaar @ R20/kind (bespreek vroegtydig) Registrasie en Navrae: Marietha Graham: marietha@ksm.co.za, 012 663 1610
Valentyns-Ete
vir Enkellopendes
14 Februarie 2014 kerksondermure, Hippolaan R150 per persoon Kinderoppasdiens beskikbaar @ R50/kind Kaartjies is beskikbaar by rita@ksm.co.za Navrae: 012 663 1610
! e i n p o lo s i m e i n t Moet di 20 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
ALLE SENIORS in Midstream word hartlik uitgenooi om in 2014 met jul teenwoordigheid en betrokkenheid ‘n verskil te kom maak deur Jesus te KEN, en te LEEF! Visie: Om gemeenskaplike geestelike behoeftes van Senior medegelowiges te akkommodeer. Missie: Deur gereelde byeenkomste waar geestesvoedsel, aktuele praatjies, sosiale funksies of uitstappies aangebied/gereël word. Komitee: Tans bestaan die komitee uit: Martie Koen – 083 228 2787, Isabel Steyn – 072 298 6632 en Daan Stiglingh – 082 453 2984. Enigeen wat graag deel wil wees van die komitee is meer as welkom om hul name op te gee by Vera by die kerkkantoor: 012 940 9480 of vera@ksm.co.za
Selindeling : Hippolaan Rooisaal 17 Februarie 2014 18:45 Navrae: Andrew 072 802 3243 of Daleen by daleen@ksm.co.za/ 012 663 2003 x209 Selfamilie-Indeling : Midstream Oud, jonk, enkellopendes, gesinne, getroudes, enkelouers & vreemdelinge - ons help ALMAL om by die regte Selfamilie uit te kom. Sondag, 23 Februarie 11:30 – 13:00 Midstream. RSVP asb. voor of op Donderdag, 20 Februarie 2014 by Vera – 012 940 9480/vera@ksm.co.za
Program vir 2014: Die voorlopige program vir 2014 is as volg, maar is onderhewig aan verandering: • • • • • • • • • • •
Woensdag 5 Februarie: 09:00: Afskopfunksie te Midstream met gaskunstenaar, Gottfried Schiele (Klokkespel). Woensdag 5 Maart: 09:00: Getuienisoggend met gassprekers. Woensdag 9 April: 09:00: Vermaaklikheidsprogram aangebied by Retire aftree-oord. Woensdag 7 Mei: 09:00: Sprekeroggend met Ds. Annelize de Wet. Woensdag 4 Junie: 09:00: Sprekeroggend met Ds. Donnie van der Westhuizen. Julie 2014 – GEEN BYEENKOMS a.g.v. die winter skoolvakansie. Woensdag 6 Augustus: 09:00: Sprekeroggend met Stephan Joubert. Woensdag 3 September: 09:00: Byeenkoms & Yadah optrede (?). Woensdag 1 Oktober: 09:00: Uitstappie – Meer inligting sal later gekommunikeer word. Woensdag 5 November: 09:00: Sprekeroggend met Carl Du Preez (Sielkundige). Woensdag 3 Desember: 09:00: Kersafsluiting.
Vir meer inligting of enige navrae kontak gerus vir Vera by die kerkkantoor: 012 940 9480 of vera@ksm.co.za
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 21
Die ‘Wat glo ander?’- reeks
My Voetspore
Getuienis deur: Zandeli Opperman
Dié uiters interessante reeks deur verskeie sprekers, is deel van die groter Roetekaart-reeks opleiding wat Voetspore bediening, in Midstream aangebied het. Die reeks het afgeskop met die Coram Deo Konferensie wat handel oor ons perspektief op en van die wêreld. Daarna die hantering van geloofsgesprekke in Coffee Shop scenario. En nou, die derde been van die Roetekaart reeks, ‘Wat glo ander’.
Wonder jy nie soms want ander glo nie? Hoe hulle dink en hoekom hulle anders lewe nie? Die “Wat glo ander?”-reeks is geskep om ons as Christene toe te rus om met die nodige verantwoordelikheid te kan sê wat ons glo, en hoekom ons glo wat ons glo. Die reeks het ook uitgewys hoe belangrik dit is om ons eie geloofsgeskiedenis te ken en dat daar soms baie klein, maar kritieke verskille tussen gelowe is. Die reeks gee ons die gereedskap om te kan praat, gesels en respekvol te kan kommunikeer met mense van ander gelowe. Net soos Jesus met die Tollenaars, sondaars en die Fariseërs in gesprek getree het, so kan ons met die mense in ons omgewing gesels en sodoende vir hulle Jesus se onvoorwaardelike liefde wys. Die reeks het afgeskop met Judaïsme. Gevolg deur Islam, Boedisme, Katolieke en Ateïsme aangebied deur verskillende sprekers, waarvan meeste sprekers van AntWoord bediening is. AntWoord is ‘n eg Suid Afrikaanse bediening vir Christelike apologetiek. Al die sprekers is kenners in hul onderskeie gebiede en het gesorg vir ‘n breë oorsig en ver-
staan van elke geloof. Daar is ook verskeie artikels, videos en mp3’s aflaaibaar van hul webtuiste. (www.antwoord. org.za) Die maandreis wat elke persoon deur hierdie reeks stap, raak verskeie punte aan. Hoe jy persone met ander gelowe benader, hóé jy met hulle praat, waaróór jy met elke een praat. Nie net het die reeks my geleer van ander gelowe nie, maar dit het my ook versterk in my eie Christelike geloof. Dit het vir my gewys hoe diep ons Christelike wortels werklik strek. Dit is onsettend belangrik dat ons as Christine nodig het om fiks te word met God se Woord. Ons as Christine moet uit een mond kan praat as dit by ons geloof kom. Deur die hele reeks het die sprekers vertel hoe persone van ander gelowe hul geloof uitoefen en hoe elk hul eie god of gode sien. Wat vir my spesifiek uitgestaan het, is dat die Christelike geloof die enigste godsdiens is waar ons God, Vader noem. Dit sê nogal iets van die belangrikheid van ‘n persoonlike verhouding met God. ‘n Geloof wat vasstaan en histories gewortel is in ‘n God wat alles doen deur liefde en genade vir sy kinders. Sprekers: André van Zyl, Karl Buckin-Smith, Udo Karsten, Chrisna Fourie, Roedolf Botha en Vincent Matthews. k
Wat glo ander? Nuwe reeks 8, 15 & 22 April 2014 @ 18:30 26 Augustus en 2 & 9 September 2014 @18:30 Onderwerpe: • Ateisme • Judaisme • Jehovah Getuies • Katolieke • Hindoeisme • Afrkagelowe • Islam • Boedisme Kostes is R100 per persoon vir 3 aande, sluit in toerusting. Navrae: Jolandi by 012 663 2003/jolandi@ksm.co.za
22 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Hope for Africa: Experience Mission Update 2013/14 Hein van Wyk
As deel van Hope for Africa Strategic Alliances, en in noue samewerking met kerksondermure, koördineer Hein en Helene van Wyk ook die werksaamhede van Experience Mission in Afrika. Elke jaar word etlike duisende jongmense gemobiliseer tot dienswerk wat lei tot leierskapsontwikkeling en gemeenskapsopheffing in die Amerikas, Europa en Afrika.
Verlede jaar het vier Amerikaanse uitreikspanne onder Hein en Helene se leiding Suidelike Afrika besoek; onder andere ook Centurion en Olievenhoutbosch. Twee van die vier spanne was deel van ‘n kultuurblootstellingsprogram, genaamd “Immersion”. Hierdie program, wat wissel van 3 tot 6 maande, het ten doel om aan jong volwassenes die geleentheid te gee buite hul gemaksones in diverse en unieke kultuurkontekste te gaan woon - hulself letterlik in die kultuur te deurweek - en sodoende iets van die lewensuitkyke en perspektiewe van ander kulture te beleef. Die basis waarop Experience Mission hierdie belewenisse bou is wedersydse vertroue, respek en die onderlinge demonstrasie van nederigheid, gebrokenheid en diensbaarheid. Die Immersion Programme bied die geleentheid aan jongmense om, deur die uitleef van liefde en diensbaarheid in agtergeblewe gemeenskappe, God, die Skepping, hulself en ander beter te verstaan.
tration set in - I'm here for a reason. To simply obey. -1 John 3:18." • "Most moments my mind is distracted: thinking of dance moves for the upcoming play, trying to remember how to simplify fractions as I help tutor Grade 3 students, making peanutbutter sandwiches at the 10AM break for the kids who get no breakfast, or any food outside of OCS, for that matter. But then there are moments when I sit and hold a child in my arms, playing hand games and trying to explain why I'm "so white". Then I remember that I'm right where God wants me, that I'm right where He has called me to be. When I see the unforgettable smile and hear the contagious laughter, I get a little taste of God's Kingdom. I am blessed to be in this blessed place. Here's to living the dream, God's dream, all day, every day!" • "We learn time and time again in the Bible that words have power; they have meaning. They are my go-to method for showing love and encouragement. Here I am in Olievenhoutbosch, working with materially poor, forgotten, disabled children. They truly are the “least of these” – unloved, untaught, unseen by most of the community. These children are so loved by the God who made them, and by me. But here, I am without words. Many of the children are mentally handicapped and have trouble understanding and using their own language. My English and 5 words of Afrikaans are useless here.
Tydens die spanne se werksaamhede in Olievenhoutbosch het hulle by kerksondermure lidmate aan huis gebly en sodoende deel geword van die Centurion gemeenskap. Die Amerikaners het geleer om te doen en te leef soos plaaslike mense doen. Hierdie kultuurblootstelling het gestrek van pap, braaivleis en “bunny chow” tot krieket, rugby en “ubuntu”. In vele opsigte was dit ‘n lewensveranderende belewenis. Beide spanne het nou saamgewerk met gemeenskapsinisiatiewe in Olievenhoutbosch waar kerksondermure ook betrokke is. Hierdie inisiatiewe sluit onder meer plekke in soos die Badirammogo Ouetehuis, Olievenhoutbosch Christian School, die Disability Centre en ook die Centurion Council for the Aged. Die impak wat die spanne op hierdie gemeenskapsinisiatiewe gehad het, en ook wat die gemeenskap op die spanne gehad het, is duidelik te sien in die refleksies wat ons van die spanlede ontvang het. Hier is ‘n paar: • “The simple moments through the week are the moments that have made me realize more about the nature of the Kingdom here on earth. In actions out of love we find that our hearts reflect Christ and His mission on earth. To love without limits. The Disability centre is a place overflowing with love & laughter. As we continue to serve here, I strive to see that although some tasks seem so small - or when fatigue & frus-
I am now fully dependent on God’s love to speak through my actions and attitude. Though I am unable to tell them with words, God’s love can do the talking for me. It is a language of its own, not limited by borders, language barriers, handicaps or cultures. His love has the ultimate power and is the only truly universal language". k Die eerste van drie Experience Mission Immersion spanne wat Centurion en Olievenhoutbosch in 2014 besoek, arriveer alreeds op die 3de Februarie. Ons is op soek na kerksondermure families wat weer bereid sal wees om as gasheerfamilies vir hierdie Immersion span van 13 lede op te tree. Plaaslike jongmense word ook uitgenooi en aangemoedig om deel te raak van die Immersion span se aktiwiteite in die gemeenskap. Hein en Helene van Wyk kan gekontak word by 082 349 8465 of per e-pos by hein@hopeforafrica.co.za
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 23
Charlotte Rossouw deel haar ervaring tydens 'n gebedsreis na Turkye, in Desember 2013 Toe Janet in Junie 2013 noem dat sy weer beplan om ‘n groep op ‘n Gebedsreis na Turkye te neem, het ek net geweet ek wil deel hiervan wees, en dat die Here weer ‘n besondere plan met ons het. Min het ek besef wat alles gaan gebeur. Ons span van 5 kom uit verskillende agtergronde, maar tog het ons ‘n ongelooflike tyd saam gehad. Ter voorbereiding vra Sunet dat ons mooi moet gaan dink in watter deel van Turkye, wil die Here hê moet ons besoek, voor bid en die gelowiges gaan bemoedig. Byvoorbeeld, Izmir (Smirna in Openbaring 3), of Diyarbakir, die stad in die meer konserwatiewe ooste van die land. Izmir is net soveel makliker om uit te spreek, het ek by myself gedink, maar laat ek hoor wat die Here vir ons sê. Een nag kry ek ‘n vreemde droom oor Turkye, en die spanlede is ook in die droom. Ek sien ‘n groot goue bal. ‘Kan jy nader gaan?’ vra Susan. Ek stap in die goue bal in, daar is trappe, en ek gaan op. ‘Wat sien jy nog?’ Dit is die boonste verdieping van die ‘goue bal’, maar daar is nie ‘n dak nie. Wat sou dit beteken wonder ek, toe ek wakker word. Dae later maak die droom sin. Die stad Diyabakir het ‘n muur wat reg rondom loop, en die binneste deel is waar die arm mense bly. In ‘n foto van die helderverligte muur, sien ek dit lyk soos ‘n goue bal. Vir my is dit, Diyarbakir op sy mooiste.
In Turkye is daar ongeveer 75 miljoen mense, waarvan slegs 5 000 Evangeliese Christene is. Turkye is 'n sekulêre staat, wat beteken dat daar godsdiensvryheid is. Die realiteit is heel dikwels die teenoorgestelde. Om 'n Turk te wees is om 'n Moslem te wees, word geglo. Veral in die meer konserwatiewe oostelike deel van die land, waar ons gereis het. Baie van die plaaslike Christene, het eers as volwassenes met Christenskap kennis gemaak. Wanneer 'n Turk 'n Christen word, word hulle dikwels deur hul families verwerp. Hul lewens kan selfs in gevaar wees. Sommige van hulle het hulle ouers, boeties en sussies 6-10 jaar laas gesien.
Min van ons besef watter voorreg dit is om in 'n huis en in 'n land groot te word, waar jy vrylik jou geloof kan uitleef en beoefen. Tog, ten spyte van die moeilike omstandighede en die versigtigheid wat gelowiges in Turkye aan die dag moet lê, helder hierdie ‘nuwe’ Christene se oë op, as hulle van ons Verlosser praat. Ons het die Vrydagaand, via Istanbul, in Diyarbakir geland. Baie koud en moeg in die bed neergeval. Saterdagoggend het ons saam met ‘n groep van die plaaslike gemeente ontbyt geëet. Dit was nou vir jou ‘n interessante ervaring. Elkeen het iets saamgebring. Eiers, vleisie, brood, kaas, ens. Die tafels en stoele is reggeskuif. So ook die borde kos op die tafel. Maar elkeen kry nie sy eie eetbordjie nie. Jy skeur vir jou ‘n stuk van die Turkse brood af. Dan trek jy dit deur een van die ander borde. Op dié manier kry jy van die kos so saam met die broodjie. In die begin is dit maar vreemd, veral omdat dit maar ‘n deurmekaarspul is en ‘n mens nie juis gewoond is om so saam uit die verskillende borde te eet nie. Na die ontbyt was dit goed dat ons so saam met Turkse gelowiges kon bid vir gemeentesake, die stad en die land. Sondagaand gaan kuier ons by ‘n gemeente in die nabygeleë stad, Batman. Dis ‘n huiskerk van sowat 10 gemeentelede. Ons leer ken die tipiese gasvryheid van Turke toe een van die gemeentelede ons nooi vir ete by ‘n restaurant, en daarop aandring om vir die hele groep te betaal, al is sy eie finansies waarskynlik skraps. Hulle sal hulle self tekort doen, om gaste net tuis te laat voel. Gasvryheid en tee, loop hand aan hand, in hierdie kultuur. Oral waar ons gegaan het, bied hulle eers vir ons tee aan (chai soos hulle dit noem). En sodra jou glasie leeg is word 'n volgende geskink. Dié sterk swart tee, bedien in 'n klein glasie, kan later nogal bitter raak. ‘Waar kom hulle vandaan?’ was 'n gereelde vraag aan Richard*, ons tolk en toergids. “Aaaaahhh, Mandela. But you are white?” was die reaksie as hulle hoor van Suid Afrika.
24 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
So het mense se belangstelling in die buitelanders, elke keer vir Richard geleentheid gegee om hulle na die Diyarbakir Kilise (kerk) uit te nooi.
Elke dag het ons deur die strate geloop, en vir die mense van Diyarbakir gebid. Dat die Here sal ingryp in mense se lewens, dat hul harte ontvanklik sal wees vir die Evangelie, en vir guns vir plaaslike gelowiges en toekomstige uitreikspanne. Tydens hierdie uitreik het ons nie gaan Bybels uitdeel nie. Ons het veral gegaan om die plaaslike gelowiges te gaan bemoedig. Die waarde van 'n besoek aan - , en 'n gebed vir - en saam met 'n Turkse gelowige moet nooit onderskat word nie. Dan is daar ook 'n ander aspek van daar wees. Deur doodgewoon soos Jesus te leef, kan Moslems die Bybel wil lees, om agter te kom wat maak jou “anders”. Wat maak dat jy met liefde of met genade teenoor ander optree. So anders as wat dalk die norm van die dag is.
Ons is gewaarsku dit gaan baie koud wees, maar het glad nie sneeu verwag nie. Dit sneeu nie gewoonlik in Desember in Diyabakir nie. So word ons een aand verras deur Richard se sms: “God has send you a gift, it is going to snow tonight”. Wat ‘n mooi gesig om te aanskou! Dit bring egter ook teleurstelling. Die paaie is toegesneeu, wat beteken ons kan nie die Siriese vlugtelinge gaan ondersteun soos beplan nie.
Ongelowiges het nodig om die verskil wat Jesus Christus in 'n mens se lewe maak, raak te sien, in gewone mense soos ek en jy se lewens. k
Een van die negatiewe aspekte van die Turkse Moslem mans, wat ons verskeie kere opmerk, is die feit dat hulle dikwels vroue as minderwaardig ag en nie respekteer nie. Veral hier in Diyarbakir is dit opmerklik. Selfs met die hantering van hul kinders, kan mens nie anders as om op te merk dat slegs seuns belangrik is nie.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 25
Terugblik op Afgelope 25 Jaar van Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) Dr Elma Krüger
CRB kyk met dankbaarheid terug na gister & met geloofsoptimisme na die toekoms. CRB is hierdie jaar 25 jaar oud en staan steeds sterk om die uitdagings van die toekoms te hanteer. Jaarliks lewer die Raad deur sy verskillende strukture aan gemiddeld 1 700 ouer persone omvattende dienste wat hulle in staat stel om solank as moontlik goed versorgd in die gemeenskap te woon. Om ‘n welsynsorganisasie te bedryf is vandag geen maklike taak nie omdat Regeringsubsidies al hoe minder standhoudende bydraes lewer tot welsynsdienste. Die tendens is om die verantwoordelikheid van welsynsorganisasies aan die gemeenskap te gee wat meebring dat welsynstrukture verleë voor die gemeenskap moet staan vir donasies en ondersteuning. Vir 25 jaar ken CRB hierdie pad, maar is bevoorreg om in ‘n gemeenskap te werk waar kerke en welwillende mense ons deur moeilike tye bygestaan het. As ons terugkyk, is die grootste suksesfaktor te vinde in die feit dat ons deur die jare Jesus Christus onvoorwaardelik vertrou het, en alle beplanning en begrotings in biddende afhanklikheid gedoen het en steeds doen. 2013 het vir die CRB verskeie hoogtepunte opgelewer. In Olievenhoutbosch het ons by die Hiv/Vigsprojekte begin met ‘n Dagsorgsentrum met die naam “Bokamoso” wat in Sotho “Future” beteken. Die sentrum huisves gemiddeld 15 kleuters en word bedryf in een van die bejaardes se huis, naby die Hiv/Vigsprojek. Nêrens kon ons geskikte grond kry nie en was dankbaar toe Margaret Malepa haar huis beskikbaar stel. Die afgelope jaar is daar twee Wendy-strukture opgerig, omheining is aangebring, toilette en ander geriewe is verbeter. Met die hulp van donasies het hierdie projek gegroei, maar staan in die teiken van voorsienigheid van Bo. Die jaar was feestelik afgesluit met Kerspartytjies en vir volwassenes wat by die weeklikse aktiwiteite inskakel, is ‘n Bybel as kersgeskenk gegee. Die Olievenhoutbosch-bejaardesorgprogram het die afgelope 10 jaar wat ons daarby betrokke is, gegroei tot ‘n waardevolle dienspunt vir die gemeenskap se ouer persone. Gepaste akti-
witeite soos Bybelstudie, handwerk, primêre gesondheids- en maatskaplike dienste verseker dat bejaardes hulle ouderdom in waardigheid kan geniet. Die beskikbaarheid van tuissorg help dat verswaktes in hulle huise solank as moontlik kan bly. Voor Kesfees het die Raad met die bystand van vrywilligers en donateurs ‘n Kersfunksie vir Olievenhoutbosch se bejaardes aangebied en dit was voorwaar ‘n belewenis. By die geleentheid is handwerk, onder andere, beoordeel, ‘n skoonheidskompetisie gehou en kersgeskenke uitgedeel. Amerikaanse studente van Experience Mission het die skoonheidskompetisie beoordeel en het saam die vreugde van die oumense geniet. Agnes Mpofu, 78 jarige bejaarde vrou het in haar dankie-woord, so treffend die volgende opgemerk: “Om die weeklikse aktiwiteite by te woon, help om siektes te vergeet, weg te kom van al die bekommernisse en om weer soos ‘n kind die Here te vertrou”. ‘n Ander uitdaging waarvoor die Raad die afgelope jaar te staan gekom het, is om bejaardes wat as gevolg van dalende inkomste nie meer daaglikse etes kan bekostig nie, vanuit ‘n etesubsidiefonds by te staan. Toenemende armoede onder bejaardes, veral in die ouderdomsgroepe 85 jaar en ouer, bly ‘n groot kommer en ons sien dat meer bejaardes aansoek doen vir bykomende staatspensioene. CRB is vanaf Julie 2013 ‘n SASSA-dienspunt waar bejaardes hulp ontvang met aansoeke vir Ouderdomspensioene. ‘n Terugblik op die jare wat verby is, maak die Raad nie net alleen dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir sy sorg en genade nie, maar ook dankbaar vir kerksondermure en vrywilligers se getroue bystand. Woorde kan ons dankbaarheid teenoor kerksondermure wat ons deur dik en dun bygestaan het, nie uitspreek nie. Ons vertrou dat ons as span vorentoe bevoorreg sal wees om sy lig uit te dra na talle in nood, met een gemeenskaplike fokus naamlik om Jesus te ken en Jesus te leef! CRB wens u almal ‘n geseënde 2014 toe. k
26 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
Whoo Hoo! Die nuwe jaar is hier en ons is geseend met 167 leerders in ons skooltjie. Ons het groot behoefte vir die volgende skryfbehoeftes, asb!: • Wit A4 afrolpapier • Grys potlode • Gom (Pritt) • Inkleurpotlode Enige bydrae kan by ksm se ontvangs gelos word. Merk asb. duidelik: OCS. Of, jy is enige tyd welkom om ons skooltjie te besoek. Kontak gerus Ria Wessels by riawessels710@gmail.com. Besoek gerus ook ons blog: http://riaocs.blogspot.com vir gebedsversoeke en nuus van die skool.
Raak betrokke by koninkrykswerk deur 1 uur 'n week te gee van jou tyd en gawes. THF Bekendstellingsdag Ons nooi jou uit om op Saterdag, 22 Februarie 2014, te kom luister na wat THF Jeugontwikkeling in die Olievenhoutbosh gemeenskap doen om die koninkryk te bou. ‘n Bekendstelling van ons projek word gehou tussen 08:30 en 09:30 by kerksondermure – Hippolaan in die Oranjesaal. Daar is geleentheid vir enige ouderdom persoon met enige ondervinding om deel te wees van ons projek en ‘n verskil te maak in ander se lewens. Ons sien jou daar!
ELKE DAG GEVUL MET GELOOF, HOOP EN LIEFDE ’n Dagbeplanner en ’n stukkie inspirasie, met pragtige foto’s, alles-in-een, wat jy elke dag saam met jou kan dra – sommer in jou handsak! Dit is nie dikwels dat jy ’n dagbeplanner kry wat knus in jou handsak kan pas, maar ook mooi genoeg is vir jou koffietafel nie. Geloof, Hoop en Liefde is die enigste dagbeplanner wat jy in 2014 nodig sal hê. Nie alleen sal jy alles onthou wat belangrik is nie, maar jy sal ook oorgenoeg inspirasie kry om alles te doen wat jy moet. Uit Lindie Strydom se pen vloei die woorde wat jy moet hoor, terwyl die Bybelverse jou die ekstra bietjie krag sal gee wat jy gaan nodig kry. Dan is daar boonop ook oorgenoeg plek om al die koffie-afsprake met jou hartsvriendinne neer te skryf. Hierdie boek bring alles bymekaar: jou verhouding met God, die sekerheid dat Hy altyd daar vir jou sal wees en sy liefde vir jou. Dit is waaruit geloof, hoop en liefde uiteindelik bestaan.
WEN! Een van 5
Om in aanmerking te kom vir die boekprys, stuur 'n e-pos na design@ksm.co.za, of handig die strokie in by die kerkkantoor voor 2014/01/20 09:41:27 AM Maandag 24 Februarie 2014.
Feb-Mrt.indd 1
Inskrywings per e-pos: Stuur ons jou Naam, Van, Kontaknommer en e-pos adres. In die opskrif merk asb soos volg - Hartklop Boekprys. Wenners sal gekontak word en pryse kan afgehaal word by die kerkkantoor tydens kantoorure of op Sondae na afloop van die erediens.
Boekprys Naam & Van: Kontak nommer: E-pos adres: www.kerksondermure.org
Hartklop l Februarie 2014 27
Mense van God is hulle wat deur die donker wêreld stap - en in hulleself 'n Lig dra.
- Felix Adler -
28 Hartklop l Februarie 2014
www.kerksondermure.org
PREEKREEKS:
Ken Jesus saam met... 26 Januarie - 23 Februarie
Joh annes die Doper
Nikodemus, die Naguil
die Vrou in die Middel
‘n Blinde m an
Twee Teleurgesteldes