uit jou gemaksone in jou hartsone in!
k i l k r e w Wonder
April/Mei 2016  Uitgawe 108
Redaksie
Wonder jy soms of jy deel is van God se Geloofsfamilie? Romeine 8:14: "Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God”. Die Gees wat Jesus aan ons elkeen gegee het, maak ons nie slawe van hierdie wêreld nie en dit laat ons nie in vrees lewe nie; nee, ons het die Gees ontvang wat ons tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Romeine 8:16: “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is”. Ek weet dat die Gees in my woon wanneer my lewe verander en vernuwe. Ek verskuif my fokus na Jesus, en ek begin sonde haat. Wanneer die Heilige Gees ons lei, verander ons karakter en geaardheid. Ons begin dink soos kinders van God, redeneer soos kinders van God, en tree ook op soos kinders van God. Ons lewe nie meer in isolasie nie. Deur die voortdurende leiding van die Gees en sy Woord word dit elke dag duideliker en duideliker dat ons na die beeld van God vernuwe word. Ons lewe nie meer nie, God lewe in en deur ons. Dit gaan nie meer oor ons belange nie maar alles begin rondom God draai, God word die kern van ons bestaan. Dan sal jy nie meer twyfel of jy ʼn kind van God is nie en jy sal leef as ʼn deel van sy Geloofsfamilie. In hierdie uitgawe herinner ons jou weer aan die Pinkstergebeure en die werking van die Heilige Gees wat Jesus by ons agtergelaat het. Wanneer die Heilige Gees in my en jou léwe, rus Hy ons toe met spesifieke Gawes en Vrugte wat ons in die wêreld kan gebruik en dra. In hierdie uitgawe fokus ons ook op die wonderwerke wat in ʼn geloofsfamilie gebeur wanneer Een liggaam deur Een Gees beheer word. Terwyl jy hierdie uitgawe deurblaai, probeer fokus op die werking van die Gees in die harte van ons Geloofsfamilie. Neem dan ʼn pen en papier en dink aan die dinge in jou lewe waarin jy die werking van die Gees kan beleef.
Groete vanuit die kommunikasiekantoor.
Inhoud
Francois
Fokus 01
Fokus: Gees Wonderwerke
02
Pinksterreeks 2016
03
Merkwaardighede uit die Woord
04
Gebedsfokus: Gebed en die Heilige Gees se funksies
Algemeen
Dagboek 07
Run & Walk 4 Bibles
11
Bybelskool & Doopvoorbereiding
12
Veritas & Next Steps
13
The great adventure - kursus
13
Hoor mekaar se harte
14
Kalender: April 2016
15
Kalender: Mei 2016
16
Kalender: Junie 2016 & Behoortgroepe Hippolaan
05
Gebedsbediening
17
SingleSonderMure
06
Gebedsimfonie & Gebedsopleiding
18
Seniors@Midstream
Behoortgroepe
18
Huweliksvoorbereiding
Pasga by die Kruis
28
Gemeentefees 2016
09
Kinders & Tieners
Persoonlike Sorg 10
Wonderwerklik
19
Kinders en die Heilige Gees
My Voetspore
20
Kinderbedieningstatistieke
21
Het jy geweet?
22
Getuienis
23
Tienerbediening skenk weer geboorte in April 2016
23
Belydenisaflegging, die sirkel word voltooi!
24
Getuienisse van wonderwerke
26
Die oorvloed van die Here?
*
Agterblad (binne): Preekrooster - April 2016
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.
Gees Wonderwerke Waaraan dink jy as jy die woord "wonderwerk" hoor? Normaalweg dink ons onmiddellik aan dinge soos bo-natuurlike genesings en mense wat uit die dood opgewek word. Natuurlik is hierdie dinge wonderwerke. Sulke wonderwerke het trouens ʼn baie belangrike deel uitgemaak van Jesus se aardse bediening.
Fokus
Fanie Venter
Vandag wil ek by ʼn ander soort wonderwerk stilstaan. Wonderwerke wat anders is, maar in geen opsigte minder wonderbaarlik nie. Jesus het deur sy sterfte en opstanding ons verlos en vir ons ʼn nuwe lewe gegee. Die werk van die Heilige Gees is om ons in staat te stel om elke dag hierdie nuwe lewe te leef. Die Gees en die wonder van eenheid: In Efesiërs 4:3 staan daar "... lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf." Een van die grootste wonders van die Gees is sy vermoë om mense wat in byna alle opsigte van mekaar verskil in Christus saam te smee tot ʼn eenheid. In Christus maak dit nie saak of iemand ʼn Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie (Gal. 3:28). In die hande van die Gees word verskille/verskeidenheid die pad na eenheid. Hierdie werk van die Gees is ontsettend belangrik, want dit het te make met die bekendmaking van Jesus aan die wêreld. In Joh.17 sê Jesus dat die eenheid van die kerk die wêreld in staat stel om Jesus as die gestuurde van die Vader te sien. Die Gees en die wonder van omgee: Ek het vanaand die skryf van hierdie artikel onderbreek om ʼn selgroep te besoek en saam met hulle Nagmaal gevier. Ek het gegaan om te gaan bedien, maar ek is lanklaas so wonderlik bedien. Wat die aand besonder gemaak het, was die belewenis van egte omgee vir mekaar. ʼn Groep mense (niemand is bloedfamilie nie) met almal pyne en uitdagings op die lewenspad, wat hulle lewens met mekaar deel en diep omgee vir mekaar is nie natuurlik nie. Dit is ʼn wonder van die Gees. Dit is die Gees wat God ons Vader maak en daarom mekaar se broers en susters. My belewenis van hierdie wonder van die Gees het my laat dink aan 1 Kor. 14. Daar sê Paulus as die geloofsfamilie bymekaar is, op die regte wyse, en iemand van buite kom in, sal hy op sy knieë val en uitroep: "Waarlik God is hier by julle!" Die Gees en die wonder van lewensverandering: Die mikpunt en strewe van volgelinge van Jesus se lewens is om al hoe meer soos Jesus te lyk. In Paulus se woorde: "dat Christus in ons gestalte kry" vlg. (Gal. 4:19). Hierdie lewensverandering is nie die vrug van ons inspanning nie. Dit is die wonderwerk van die Gees. "...ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Dit doen die Here wat die Gees is’" 2Kor.3:18. Kom ons vertrou die Gees om ons oë oop te maak vir hierdie en soveel ander van sy wonders in en rondom ons. k www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
01
Reekse in April & Mei 2016 By kerksondermure heers daar groot opgewondenheid oor April en Mei. Op 27 Maart het ons die hoogtepunt van die geskiedenis van die mensdom gevier – Jesus se opstanding uit die dood! Vanuit ons viering van hierdie beslissende oomblik gaan ons deelneem aan ʼn reeks met tema “God is not dead” gedurende April. Hierdie tema is geïnspireer deur ʼn fliek en lied met dieselfde tema. Op Vrydagaand 8 April gaan ons as gemeente by Hippolaan en Midstream hierdie fliek saam kyk. Hou die afkondigings dop vir meer inligting. Die reeks skop op 10 April af met die eerste tema: Kan ʼn denkende mens glo dat God bestaan? Op 17 April gesels ons oor die tema: Waar is God wanneer ek seer het? Die reeks sluit op 24 April af met die tema: Vyf gewilde besware teen die Christelike geloof. Hierdie reeks vind plaas in die oggende asook by die Glow@18:30 by Hippolaan.
05 Mei 2016: 08:00 Hemelvaart Engelse Erediens Hippolaan 19:00 Hemelvaartdiens Hippolaan en Midstream In Meimaand gebeur daar ʼn groot ding – kerksondermure neem deel aan ʼn inisiatief met die naam “Een God, een kerk en een stad”. Op al die Sondae van Mei gaan ʼn groot aantal verskillende gemeentes en denominasies sigbaar uitdrukking gee aan ons eenheid in Christus deur dieselfde temas te preek.
1 MAY 2016
15 MAY 2016
A call to salvation through Christ
Leading people to commit to a life of prayer based on the Bible.
8 MAY 2016
08:00 10:00 17:30 18:30
Pinksterfees – WORD EEN - HL en MS Pinksterfees – WORD EEN - HL en MS Pinksterfees - WORD EEN - MS Pinksterfees - WORD EEN - HL
22 MAY 2016 Trusting that Christ's victory will be our victory in life. 08:00 Pinkster Oorwinningsfees - EEN WEN HL en MS 10:00 Pinkster Oorwinningsfees - EEN WEN HL en MS 17:30 Pinkster Oorwinningsfees - EEN WEN MS 18:30 Pinkster Oorwinningsfees - EEN WEN HL
Helping people discover their call and its place in God's big mission.
Binne in hierdie reeks vind ons Pinksterreeks plaas vanaf Sondag 8 Mei tot Woensdag 11 Mei. Die tema vir hierdie reeks wat voortvloei uit Opstandingsondag, Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees is: Oorwinningsfees. Tydens ons oorwinningsfees gaan ons luister na die stories van verskeie volgelinge van Jesus wat getuig van die oorwinningskrag van God in hulle lewens. Hou weereens die afkondigings dop vir meer opwindende inligting hieroor.
29 MAY 2016
09 Mei 2016 - 19:00 Pinksterdiens Oorwinningsfees HL en MS 10 Mei 2016 - 19:00 Pinksterdiens Oorwinningsfees HL en MS 11 Mei 2016 - 19:00 Pinksterdiens Oorwinningsfees HL en MS
We recognise and celebrate that we are one church in the city - we are better together.
Ek glo jy verstaan nou waarom ons opgewonde is oor April en Mei. Ek glo dat jy begin deel in hierdie opgewondenheid. k
02 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Merkwaardighede uit die Woord Wat het van Jesus se wonderwerke geword? Van alles wat Jesus gedoen en gesê het, was sy wonderwerke die belangrikste. Maar vandag kom sy wonderwerke tweede. Wie praat, lees, skryf, preek, wonder selfs net oor sy wonderwerke? Ons het vandag ons eie wonderwerke. Dis ‘n wonderwerk dat die son elke dag opkom! Is die kleurespel van die blomme nie ‘n wonderwerk nie?!
Adrio König
En ons het ook bewondering vir Jesus se geestelike wonderwerke. Mense se geestelik dowe ore gaan oop. Mense se geestelik lam bene word sterk vir die sending. Alles pragtig. Maar waar is Jesus se wonderwerke? Klipharde wonderwerke. Letterlik lam bene wat sterk word. Letterlik blinde oë wat sien. Letterlike melaatsheid wat verdwyn. Daar is geen ander aspek van Jesus se werk wat meer aandag in die Evangelies kry as sy wonderwerke nie. Al vier Evangelies beklemtoon ook die feit dat dit die groot saak is wat die skare aangelok het. En Johannes gee selfs die doel van sy Evangelie aan as: “Hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is” (Joh 20:31). Getalle: Net in die eerste nege hoofstukke van Markus alleen word vyftien wonderwerke in besonderhede verhaal, en verder is daar agt algemene uitsprake oor talle en talle wonders wat Jesus gedoen het, uitsprake soos: “Hulle (dit is Jesus en die dissipels) het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Waar Hy ook al in dorpe of stede of op plase gekom het, het die mense die siekes op die bymekaarkomplekke neergesit en Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; en almal wat aan Hom geraak het, het gesond geword” (Mark 6:53-56). Publisiteit: Jesus se wonders het groot aandag getrek en skares gelok. Trouens niks anders het soveel publisiteit aan sy bediening gegee nie. Dit was eintlik oorweldigend. Kyk net in Markus: 1:28, 33, 45; 2:2; 3:7; 5:21, 24; 7:36. Massas het tot geloof in Jesus gekom (Mark 2:12; 7:37; Luk 5:26; 7:16, 17; Joh 2:11, 23; 4:48, 53; 7:31; 9:35-38; 10:42; 11:45,48). Ons gemeente se naam is kerksondermure. Die buite-mense moet inkom. Maar hoeveel mense kom regtig van buite af in? Ons word jaarliks meer, maar is dit nie net uit ander gemeentes nie. Waar is die mense van buite?
Wonderwerke Sal Jesus se wonderwerke hulle nie nader aan Hom bring nie? k
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
03
Gebedsfokus
Gebed en die Heiliqe Gees se funksies
H
oe meer jou lewe onder die beheer van die Heilige Gees is, hoe meer sal jy bid. Hoe meer jy bid, hoe meer sal jou lewe Christo Woite onder die beheer van die Heilige Gees wees. In Romeine 8:26 word ons geleer dat die Heilige Gees ons help om te bid en vir ons intree. Die Heilige Gees het gekom om verskeie funksies in ons lewens te vervul. Deur gebed kan ons Hom vra om die funksies in ons lewens te vervul. Ek gaan ʼn paar noem. In Johannes 14:25, 26 staan: "... sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat ek vir julle gesê het." Ons kan bid vir die onderrig van die Gees en om ons te herinner aan alles wat Jesus gesê het. So kan ons alles inneem wat ons nodig het vir ons geestelike groei. Johannes 16:8 leer ons dat die Heilige Gees die wêreld sal oortuig van sonde. Ons kan bid dat die Gees ons sensitief sal maak om bewus te wees van ons oortredings en sondeloos voor God te lewe. Die Heilige Gees kan ons help om gehoorsaam te leef. In Romeine 7:6 staan: "Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie." Ons is vrygemaak van die wet omdat ons saam met Christus gesterf het. Die Gees maak ons gehoorsaam om die wet van die liefde uit te leef. Hy wil ons lei. In Johannes 16:13 word ons geleer dat Hy ons in die hele waarheid wil lei. Dit is belangrik om te bid vir die leiding van die Heilige Gees, sodat ons nie spontaan net ons eie kop volg en op ons eie oordeel sal vertrou nie. Ons vind die volgende woorde in Romeine 15:13: "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" In Handelinge 1:8 staan dat ons krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor ons kom en ons sal die Here se getuies wees. Ons krag kom van die Heilige Gees, maar ons moet vir dié krag bid. Paulus skryf in Romeine 15:17-19 hoe die Here hom bemagtig het deur die krag van die Heilige Gees om die heidennasies aan God gehoorsaam te maak. In ons diens aan die Here kan ons ook bid om deur woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, effektief te wees. Deur ons gebede kan ons hierdie funksies van die Heilige Gees in ons lewens ervaar. Mag die Here ons hierin ryklik seën. k 04 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Gebedsbediening kerksondermure se Gebedsbediening staan op drie bene: Gebedsversoeke, voorbidding per e-pos en die Saterdagoggend gebedsgeleentheid. U kan by enige hiervan of by alles inskakel. Gebedsversoeke:
Saterdagoggend gebedsgeleentheid:
Indien jyself of enige iemand wat jy ken of dalk net raakgeloop het, voorbidding benodig, gee dit asb vir ons deur. Kontakbesonderhede: gebed@ksm.co.za of kontak ds Christo of Maryna by die kerkkantoor.
Elke Saterdagoggend om 7vm tot 8vm kom ʼn klompie van ons lidmate en nie-lidmate byeen om oor spesifieke sake te bid, insluitend die gebedsversoeke wat per e-pos versend word. Hier word ʼn kort bespreking oor ʼn aktuele saak bespreek of ʼn kort Bybelse boodskap gelewer, waarna almal teenwoordig in groepe ingedeel word, waar dan gebid word vir spesifieke sake.
Voorbidding: Ons ontvang gebedsversoeke per e-pos, per telefoon, per ‘facebook’ of in persoon. Die meeste versoeke word egter ontvang op die gebedsversoekekaartjies wat in die voorportaal van die kerkgebou beskikbaar is. Hierdie versoeke word dan per e-pos uitgestuur na ons span voorbidders wie dan sommer daar en dan alternatiewelik op ʼn meer geleë stadium, vir daardie spesifieke versoeke bid. Hierdie versoeke is meestal anoniem – soms is daar kontakinligting by. Indien ons oor enige kontakinligting beskik, volg ons die situasie sover moontlik op.
Ons nooi u as lidmate/nie-lidmate uit om asseblief oor hierdie aangeleenthede te bid en as u oortuig voel, by hierdie bediening aan te sluit. Word ʼn voorbidder en/of woon ons Saterdagoggend gebedsgeleenthede by! Ons geloof word versterk deur gereëlde gebed! Indien u enige verdere vrae het, kontak vir Christo Woite of Maryna Burger by (012) 663-2003 of cwoite@ksm.co.za/ mburger@ksm.co.za k
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
05
Gebedsimfonie
Maryna Burger
Op Maandagaand 14 Maart 2016, in gietende reën, het ʼn klompie lidmate en inwoners van die groter gemeenskap, bymekaargekom om te hoor wat Dr Bennie Mostert sê rondom die belangrikheid van gebed. Hy het ons meegevoer met feite uit die verlede – wat gebeur het as daar werklik gebid word. ʼn Paar sinnetjies wat die grootste indruk op my gemaak het, is dat ons nie "grênd" woorde hoef te gebruik as ons bid, om God te beïndruk nie. Die krag van gebed lê in Die Een wie ons aanroep wanneer ons bid. Ook dat ons as mense nie die reg het om sonder die Krag van God te leef nie! ʼn Getroue gebedslewe sal herlewing bring in enige omstandigheid. Daarna het Mathys Roets ons besiel met van sy liedere se inspirerende woorde, waarna ons gesellig rondom ʼn koppie koffie en eetdingetjie kon kuier. ʼn Verrykende en besielende aand! k
06 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
07
08 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Pasga by die kruis Anrie Smith
Woensdagaand, 9 Maart 2016 hou ‘n dankbare herinnering in. ‘n Herinnering om seker te maak ons onthou om nooit te vergeet nie. Oor die tweehonderd gaste in rooi en wit geklee, langs mekaar aan tafels getooi in swart, versier met die koninklike kleur van pers, die voorbeeld van ‘n gevlegde kroon, kerslig en bedien met ‘n feesmaal wat herinner aan ‘n lydingspad van meer as tweeduisend jaar terug. ‘n Pad gestrooi met palmtakke en afwagtende verlorenes wat loof en prys.
ingswoorde van Lindie Strydom en begelei deur Colin Smith se vertelling van die ware verhaal van die uittog op pad na waar Pasga en die Kruis bymekaarkom. ‘n Kans om te onthou om nooit te vergeet wat die ware Brood van die Lewe vir my en vir jou kom doen het nie. ‘n Geleentheid om herinner te word aan ‘n Dienskneg se voorbeeld van voete was. Om uit danksegging vir die onskatbare prys wat Hy betaal het vir mekaar te bid en mekaar te dien.
Die geskiedenis vertel hierdie verhaal op pad na Pasga met ongesuurde brood, die bloed van geslagte lammetjies, ‘n onskuldige Man met ‘n pers mantel om sy skouers en ‘n doringkroon op sy kop. Die reis van díé Lam op pad na sy slagting. Die Een wat niks verkeerds gedoen het nie en tog geoffer is, sodat elke swart hart wat vir Hom kies, deur sy bloed wit kan word, elke kind wat in die donker was nou in sy lig kan leef, ‘n pers koningskleed kan aantrek, ‘n pêrelkroon kan dra, aansluit by Sy feesmaal en ‘n ereplek mag inneem langs Hom aan tafel.
Mag hierdie Paastyd ‘n anders-as-gewoonlik onthou-fees wees. Mag dit ‘n diepe ontdekking en verstaan inhou van wat dit regtig beteken om ons lewens prys te gee. ‘n Opregte bereidwilligheid om ten spyte van wat dit ons gaan kos, ons kruise op te neem en Hom te volg.
‘n Spesiale onthou-aand beplan en voorberei deur die diensbare hande van die Kuria vroue-komitee en vrywillige kerksondermure werknemers en gemeentelede. Bedien met die open-
Baie dankie aan elkeen wat deel was van hierdie spesiale geleentheid – elke dienaar, bywoner, broer en suster. Bo alles – alle eer aan Hom wat sy liggaam met soveel gawes seën en gebruik om vir mekaar tot seën te wees. Dit is werklik ‘n voorreg om die Koning se werk deur sy kinders te mag aanskou. k
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
09
Persoonlike Sorg
Wonderwerklik... Hoe voorbereid is ons om God se genadegawes raak te sien? Die ontwikkeling en bekendstelling van penisillien in die laat 40’s was die begin van die era van antibiotika en word erken as een van die grootste voorwaartse spronge in terapeutiese medikasie. Voorheen was daar geen effektiewe behandeling vir infeksies soos longontsteking, gonorree en rumatiekkoors nie. Hospitale was vol pasiënte met bloedvergiftiging as gevolg van wonde opgedoen in oorloë en krapwonde. Dokters kon nie veel meer doen as om te wag en te hoop nie. Daar word vertel van Dr. Alexander Flemming wat besig was om na ʼn bloedmonster onder ʼn mikroskoop te kyk met naby aan hom ʼn gemufde snytjie brood. ʼn Ligte wind het van die spore grys materiaal oor die skyfie gewaai en hy het dadelik die effek daarvan opgemerk. Dit was die begin van ʼn mediese wonderwerk! Jare daarna het ʼn verslaggewer aan hom gestel dat hy darem baie gelukkig was om so ʼn ontdekking te maak, waarop Flemming geantwoord het: “All great discoveries come to those with a prepared mind”.
Gustav Petersen
ʼn bundel. Soms vergeet ons die werklikhede hiervan en rasionaliseer ons dit as goeie geluk. Ons gedagtes raak afgestomp deur die maalkolk van eksterne inligting en daarin raak van die wonderwerke verlore. Hoe voorbereid is ons om God se genadegawes raak te sien? Sy tapisserie wat saamgeweef is uit “klein” stukkies van die lewe? En daar is ook groot wonderwerke om aan te dink: “Just a theory, but if God claps his hands will it make a big bang?” Ons dink aan Adam en Eva, maar vergeet dikwels hoe oorweldigend hulle God se skepping moes beleef het, maar toe dit alles prysgegee het vir hulle idée van wysheid. Die viering van God se genade het by hulle verby gegaan, terwyl God net aan hulle wou wys dat Hy weet wat is die beste vir hulle.
Ons gedagtes moet vernuwe word en ons gesindhede moet verander word deur die Heilige Gees, toegespits op verwagtinge van sy planne. Sy wonderwerklike konstruksie van ons en ons medemens, met Hom bo alles, moet ons tot geestelike wakkerOns leefwêreld is deurtrek van die werklikhede heid lei. van wonderwerke. Dit gebeur elke dag rondom en binne-in ons, daar waar ʼn kind gebore word en selfs Hoe weet ons of ons reg is om te sien en te verstaan wanneer dit reën na ʼn lang uitmergelende droogte. wat Hy ons wys ? Of is ons gedoem om dit mis te Daar word elke dag nuwe geneesmiddels ontdek loop? Begin om God se aangesig te soek in gebed en versprei, ook na behoeftige mense op afgeleë en nie net in daai 5 min tussen die eerste koppie plekke. Gelowiges se gebede word beantwoord en koffie en gou-gou stort nie. Gedurigdeur! Nie net in ʼn ewige gesmeek en geworstel met Hom nie, maar harte van klip word vervang met harte van vlees. in liefde en verwondering. Dalk skielik hoor jy in ʼn Ek ervaar dit in my eie liggaam – ek staan. Staan ver- eensame oomblik ʼn Piet-my Vrou wat sê: :Ek is lief vir wonderd op in die oggend met die wete dat terwyl jou." Of jy haal diep asem tydens ʼn druk agenda en ek geslaap het, het my hart aanhou klop, my longe voel sy wonder-vryheid deur jou spoel. Jy put eneraanhou suurstof verskaf en die niere en lewer on- gie uit die wete dat ONS GOD lewe in alles wat lewe verpoos hul funksies bly handhaaf het. Met my oë en begin sien deur die mikroskoop van sy geneesoop verslind ek kleure, vorms en teksture. My ore is middels: versoening, barmhartigheid, geduld en vol van klanke wat my laat dans maar ook waarsku vreugde. Al is ons kennis ʼn 100 keer meer as ʼn ander as daar gevaar op pad is. In die somer voel my vel s’n en ons verbly ons nie in sy wonderwerke nie, sal die son se strale en in die winter koue vingers wat ons nooit ʼn 100 keer meer goeie nuus kan saamdra my prikkel. Ek ruik ʼn weelde van geure naby my en as ʼn ander met minder kennis nie. daar is selfs ʼn bietjie bestuiwing wat my amper laat Maak tyd om net stil te staan, op te hou ‘kap’ en die nies. In alles is daar ʼn ervaring! rus te gebruik om die ‘byl’ skerp te maak, om die Die lys van aktiewe wonderwerke is te lank om van- wonderwerklikheid van God “Ek Is” te ervaar (Psalm dag hier te noem en vat ʼn leeftyd om te versamel in 46:11). k 10 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
11
Dagboek
12 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
13
14 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Sondag
24
Sondag 17
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
Vryheidsdag
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 17:00 Gemeentefees MS 18:30 SingleSonderMure 19:00 Belydenisaflegging HL
Donderdag 28 Vrydag 29 Saterdag 30
Doop registrasie sluit
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS 19:00 Bybelskool HL
Maandag 25 Dinsdag 26 Woensdag 27
18:00 Diepkant 18:30 Gebedsopleiding HL
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL
Donderdag 21 Vrydag 22 Saterdag 23
09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 18:00 Gemeenteraad 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS 19:00 Bybelskool HL
Maandag 18 Dinsdag 19 Woensdag 20
18:00 Diepkant 18:30 Gebedsopleiding MS
07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL
Donderdag 14 Vrydag 15 Saterdag 16
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 18:30 KB Koördineerders vergadering HL & MS 19:00 Musiekspan oefening
Maandag 11 Dinsdag 12 Woensdag 13
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS
Sondag 10
Skole open 18:00 Diepkant
10:00 GriefShare MS
08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan 17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
Donderdag 07 Vrydag 08 Saterdag 09
07:00 Gebed@Hippolaan
Maandag 04 Dinsdag 05 Woensdag 06
April 2016 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
Vrydag 01 Saterdag 02
Sondag 03
Tienereredienste: Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe Midstream: 16:30 Belydenisklas, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe
Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:30 (Gr. 7’s)
Kindereredienste:
Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00, 10:00 & 17:30 (tienerdiens)
Sondae eredienstye - tensy anders aangedui:
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
15
Maandag 09 Dinsdag 10 Woensdag 11
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Pinksterdiens HL & MS
Maandag 16 Dinsdag 17 Woensdag 18
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 18:30 Voetspore Kwartaal Vergadering 19:00 Veritas HL
Maandag 23 Dinsdag 24 Woensdag 25
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL
Sondag 08
Moedersdag Pinkster begin
Sondag 15
Pinksterfees
Sondag 22
Retreat
Nagmaal Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste 17:30 Bybelkuier Midstream
09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL
18:30 KB KGL Opleiding MS 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
Sondag 29 Maandag 30 Dinsdag 31
18:00 Diepkant 18:30 KB KGL Opleiding HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
19:00 Pinksterdiens HL & MS
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 19:00 Belydenisaflegging MS
07:00 Gebed@Hippolaan
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL Retreat
07:00 Gebed@Hippolaan Retreat
09:00 Bybelstudie HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Musiekspan oefening
2016
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 SingleSonderMure Uitstappie
Donderdag 26 Vrydag 27 Saterdag 28
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Opvolg Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
Donderdag 19 Vrydag 20 Saterdag 21
08:30 Oppiekoppie Snr Uitstappie HL 09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
Donderdag 12 Vrydag 13 Saterdag 14
Hemelvaart 08:00 Engelse erediens HL 09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Afr. erediens HL & MS
Donderdag 05 Vrydag 06 Saterdag 07
Mei
Doop registrasie sluit
09:30 Snr Bybelstudie HL 09:00 Voetspore gebed @ projek: El Shalem 19:00 WIP HL 19:00 Manne byeenkoms HL
09:30 Snr Bybelstudie HL 18:30 Vroue- & Manne@MS 19:00 WIP HL
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Pinksterdiens HL & MS 19:00 WIP HL
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 Manne Kursus MS 19:00 WIP HL 19:00 Bybelskool HL
Openbare vakansiedag
Werkersdag 08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan 17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
18:00 Diepkant
Maandag 02 Dinsdag 03 Woensdag 04
Sondag 01
Dagboek
Junie 2016
Woensdag 01
Donderdag 02 Vrydag 03 Saterdag 04
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS 19:00 Kuria byeenkoms HL
09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
Sondag 05
Maandag 06 Dinsdag 07 Woensdag 08
Donderdag 09 Vrydag 10 Saterdag 11
08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL
Voetspore Binnelandse Projekte uitstalling Hippolaan 09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekspan oefening
18:00 Diepkant 18:30 Next Steps HL & MS
09:30 Snr Bybelstudie HL 09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL Voetspore Buitelandse Projekte uitstalling Hippolaan
07:00 Gebed@Hippolaan
Sondag 12
Maandag 13 Dinsdag 14 Woensdag 15
Donderdag 16 Vrydag 17 Saterdag 18
Gr.7 EE III Uitreik
09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL
Jeugdag
Sondag 19
Maandag 20 Dinsdag 21 Woensdag 22
Vadersdag 17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
18:30 Next Steps HL & MS
18:30 Next Steps HL & MS 09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS
Skool vakansiedag 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
07:00 Gebed@Hippolaan
Donderdag 23 Vrydag 24 Saterdag 25 09:00 Bybelstudie HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Musiekspan oefening
Skole sluit 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 18:30 SingleSonderMure
07:00 Gebed@Hippolaan Run & Walk 4 Bibles
Doop registrasie sluit
Sondag 26 Maandag 27 Dinsdag 28 Woensdag 29
Donderdag 30
17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
Vakansieprogram HL & MS
Vakansieprogram HL & MS
Vakansieprogram HL & MS 18:30 Emosionele Versorgers opleiding HL
Vakansieprogram HL & MS 09:00 Voetspore gebed @ projek: Filadelfia Ark 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS
Behoortgroepe by kerksondermure Hippolaan
27 Mei: Kuria en Mannebediening Fliekaand vir die hele gesin. kerksondermure Hippolaan
1 Junie: Kuria byeenkoms Spreker Lindie Strydom 3 September: Kuria Vriendinne dag met Elize Parker 9 November: Kuria byeenkoms Spreker ds Stephan Joubert
Ons OppieKoppie Seniors kom elke eerste Woensdag van ʼn maand om 09:30 by kerksondermure Hippolaan bymekaar. Kom saam met ons op ʼn heerlike uitstappie na Ludwqig Rose op 12 Mei. RSVP by Daleen - 012 663 2003/dlombard@ksm.co.za
16 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
17
Dagboek
18 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Kinders Tiesie de Coning
Die Drie-eenheid is ‘n moeilike begrip vir kinders en tog ook in ‘n sekere sin eenvoudig. Moeilik, omdat die Vader, Seun én Gees – dus drie – één God is. Bybelse wiskunde werk dus gewis nie volgens dieselfde beginsels as wat op die skoolbank toegepas word nie! Dan is die Drie-eenheid ook eenvoudig, omdat ons in die Bybel lees dat daar net een ware God is en dat die Vader, die Seun en die Gees elkeen en almal saam God genoem word. Om die Drie-eenheid vir jou kind te verduidelik, kan jy die woord “anders” gebruik: God is “anders” - Hy is net een God, maar Hy is ook drie Persone. Dalk kan die volgende voorbeelde jou kind help:
• • • •
Water is tog lopende water, stoom en ys. Die eierdop, die wit van die eier en die geel gedeelte word alles die eier genoem. ‘n Kers bestaan uit kerswas, die vlam en die pit. Pa is pappa, oupa en ouma se seun en mamma se man.
Vanaf 9 tot 12 jaar stel kinders se toenemende abstrakte denke hulle in staat om die Drie-eenheid beter te begryp. Hulle toon die vermoë om van God as God te praat en verwys met reg na Jesus as dit oor die persoon van Jesus gaan. Dit is ook in hierdie fase dat kinders die Heilige Gees as deel van die Drie-eenheid en die krag, So is die Vader én die Seun én die Heilige Gees almal leiding en lering van die Heilige Gees beter verstaan – veral te danke aan hulle toenemende abstrakte denke. God. God is inderdaad “anders”! Kinders in hierdie ouderdomsgleuf verwys dikwels na In die peuterfase (2-3 jaar) het kinders ‘n konkrete Gods- die Heilige Gees as die “stemmetjie in my hart” – tereg begrip en word daar merendeels na Jesus en in ‘n min- dié stem wat ‘n kind lei en leer. dere mate na God, Jesus-God of God-Jesus verwys. Omdat peuters konkrete denkers is het hulle nie die nodige Hulle verwys ook na die Gees as hulle “gewete” wat hulle abstrakte denke om die onsigbare Heilige Gees te be- help om te onderskei tussen reg en verkeerd, goed en gryp nie. In hierdie fase kan kinders ook nie die Drie- sleg. Hulle verstaan ook dat die krag van die Gees hulle kragtige getuies van Jesus maak – ‘n taak wat kinders eenheid van God onderskei of verstaan nie. met groot onderskeiding uitvoer! Kinders vanaf 7 - 8 In die kleuterfase (4-5 jaar) is daar by sommige kinders jaar toon ook begrip vir die gawes en die vrug van die ‘n elementêre bewustheid van wie die Heilige Gees is. Gees in hulle lewens. Dit is egter in die 9 - 12 jarige fase Kleuters is steeds konkrete denkers en het nie die no- dat kinders nuuskierig raak om die Gees se geskenke in dige abstrakte denke om die Gees te begryp nie. Tog hul eie lewens te ontdek en daardie gawes tot eer van raak kleuters bewus van die onderskeid tussen God, God en tot diens aan hulle naaste wil gebruik. Jesus en die Heilige Gees en aanvaar hulle die Drie-eenLaat ons voortdurend bly bid vir die inwoning en die leiheid. ding van die Gees in kinders se lewens, vir die kragtige Dit is egter in die 6-8jarige ouderdomsgleuf dat kinders werking van die Gees en vir die helder stem in kinders se kan begin onderskei tussen God, Jesus en die Heilige binneste wat hulle help om God se wil vir hulle lewens Gees. Nader aan 8 jaar begin kinders ook meer onder- te onderskei. “Dit doen die Here wat die Gees is…” k skeidend van God en Jesus praat en is hulle in staat om te verstaan dat die Gees ons krag gee om bv. getuies van Jesus te wees.
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
19
Kinderbedieningstatistieke
Einde Februarie 2016 was daar ‘n totaal van 1286 kinders by kindersondermure geregistreer .
Hieronder is ‘n diagram van die verspreiding van die kinders in die 22 kinder-eredienste wat op ‘n Sondag te Hippolaan en Midstream plaasvind. (Hierdie diagram dui die verspreiding vir die 1ste kwartaal van 2016 aan)
Baba
Peuter Kleuter
Gr.1-3 Gr.4-6
Gr.7
Ons wil ‘n vriendelike versoek rig dat ouers wat nog nie hul kinders (babas tot gr. 7) vir kinderkerk 2016 geregistreer het nie, dit so spoedig moontlik doen by www. kerksondermure.org > kinderbediening > kinderbedieningregistrasie. Die registrasieproses is nodig, omdat die getalle die voorbereiding en aankope van hulpmiddels vir die kleingroepaktiwiteit bepaal. Dit wys ook allergieë/ander info uit waarvan ons moet kennis dra en is van groot hulp as ons nodig het om met ‘n ouer kontak moet maak. Navrae in verband met die kinderbediening registrasie kan gerig word aan mburger@ksm.co.za
20 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Kinders
HET JY GEWEET ? Het jy geweet waarheen ‘n Geesvervulde kinderbediening en Geesvervulde kleingroepleiers kan lei…? • 22 Geesvervulde kinderdienste per Sondag – aldus 660 kinder-eredienste per jaar met 7470 kleingroepe waarin leiers, as werktuig van God, kosbare saad in kinderharte kan plant. • Die ontwikkeling van 8 handleidings en 1080 Power Point skyfies per jaar met bykans 50 ander gemeentes binne ons land se grense wat ons kinderkerk-materiaal gebruik, sodat kinders Jesus kan leer ken en kan leer om soos Hy te leef. • Godsdiensonderrig aan 220 kinders in 7 klasse per jaar vir 34 periodes in een van ons laerskole waarin Geesvervulde kinder bedieningsleiers vir kinders die geleentheid gee om hulle lewens vir Jesus te gee. • CSV vir 110 – 140 kinders per week gedurende 2 pouses van 20 minute elk waarin kinders die Here kan loof en prys en vir hulle skool kan bid. • ‘n Gr 7-uitreik na 60 kinderhuiskinders 2 keer per jaar en nog ‘n Gr 7-uitreik na 15-20 sekuriteitswagte jaarliks waarin kinders die evangelie van Jesus Christus met ‘n maat of ‘n sekuriteitswag deel. • Paasfeesuitreike na 1200 kinders; ‘n Hemelvaartdiens vir 60 voorskoolse kinders; Gr R uitreike na byna 300 kinders waar die kindertjies na Hom toe kom. • Vakansieprogramme vir 3-4 dae per program waarin gemiddeld 250 kinders met die Woord aangeraak word. • Die emosionele versorging van 130 skoolgaande kinders en 6 onderwysers gedurende skoolure per jaar. • Die emosionele versorging van 48 gesinne per jaar met kosvoorraad vir 30 gesinne kwartaalliks – kos wat deur huisgesinne wat die Here ken, voorsien word vir dié in nood. Ons gebed is dat ‘n Geesvervulde kinderbediening met Geesvervulde kinderbedieningsleiers Geesvervulde kinders tot gevolg sal hê wat die vrug van die Gees met oorgawe uitleef, sodat God se koninkryk kan kom! k
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
21
Getuienis
Liewe medegelowiges, Baie dankie vir die geleentheid om ons gesin se storie en harte met julle te deel en om te kan getuig van die Here se teenwoordigheid in ons lewens. Ek neem aan almal ken teen hierdie tyd al ons storie... maar almal ken nie die storie in ons harte nie. Ons storie in kort is dat ons alledaagse, GEJAAGDE lewens in ‘n oomblik verander het toe Schalk op 22 Januarie 2016 deur ‘n bus reg voor sy skool raakgery is. Daarna was dit ‘n malemeule rit van op-en-af. Daar gaan onmiddellik soveel gedagtes deur ‘n mens se kop maar my eerste gedagte was om te bid. Ek het hardop tot die Here gebid dat Hy asseblief by ons kind moet wees en hom help. Om volkome op die Here te vertrou om dit te laat gebeur is moeilik, ek moet dit erken. ‘n Mens se gedagtes en verstand sê vir jou vertrou die Here met jou probleem en hartseer en nood, om dit met jou hele hart te glo verg baie. Die Here is so getrou en het my gebed gehoor, Hy het mense na ons toe gestuur om ons te help om op Sy Woord en Sy Beloftes te vertrou. Hy het ook dokters en verpleegpersoneel gebruik om ons en ons kind ‘n tweede kans te gee. Ons is omarm deur mense... vriende en familie en vreemdelinge wat deur Hom gestuur is om ons te kom bemoedig en om vir ons en ons seun te bid. Hy het selfs mense gestuur om vir ons te sorg deur elke aand vir ons kos te bring….vir 3 weke lank! Na die ergste skok verby is begin ‘n mens tog wonder hoekom gebeur sulke dinge in ‘n mens se lewe? En is dit die Here wat sulke dinge laat gebeur? Ek weet nie of ek die vraag reg kan antwoord nie en of daar ‘n regte antwoord is nie, al wat ek nou weet is: Die ongeluk het baie mense weer laat bid. Die ongeluk het baie skoolkinders laat vrae vra soos is my verhouding met die Here reg, Is my verhouding met my ouers en maats reg? Die ongeluk het mense weer laat nadink oor hulle gejaagde lewens - is dit die moeite werd en wat is ons doel op aarde. Die ongeluk het baie mense weer laat besef dat daar net een keuse in die lewe is en dit is om ‘n verhouding met die Here te hê...elke dag. MAAR die grootste van alles het die ongeluk mense weer laat besef DAT ONS “N LEWENDE GOD DIEN EN DAT HY NOG DAAGLIKS WONDERWERKE LAAT GEBEUR, ons moet dit net raaksien en glo! As ek na Schalk kyk sien ek net een ding en dit is ‘n wonderwerk van die Here af! Van die oomblik wat hy raakgery is het die wonderwerke reeds begin: Daar was ‘n dokter by hom sekondes na die ongeluk. Die ambulans was in die omgewing. Die beste neurologiese hospitaal was die naaste aan die ongeluk. Die noodgevalle/trauma dokter en personeel was nie besig toe die ambulans stop nie, hulle kon dadelik aan Schalk aandag gee Schalk het slegs kopbeserings opgedoen….die res van sy liggaam het NIKS makkeer nie. My man het ‘n goeie werk met ‘n goeie mediese fonds. So kan ek aanhou om al ons seëninge te tel. Om in die Here te glo, om Hom lief te hê en te vertrou verhoed nie hartseer in jou lewe nie, maar die Here sal jou bystaan om deur dit te kom en Hy sal jou nooit meer beproef as wat jy kan hanteer nie. Ons sê elke dag vir die Here dankie vir Sy genade en liefde en dat Hy ons ‘n 2de kans met Schalk in ons lewens gegee het! In kort is dit die storie in my, Deon en Marissa se harte , Schalk het egter sy storie heeltemal anders beleef as ons. Hy het eers bewus geword van wat gebeur het toe hy “amper gesond” wakker geword het. Hy is nog besig om alles te verwerk wat met hom en om hom gebeur het. Hy sê wel: Hy is nou bewus van hoeveel mense vir hom omgee en lief is. Dat die Here mense gebruik om Sy hande en voete op aarde te wees Hy verstaan nog nie hoekom die ongeluk met hom gebeur het nie. Hy besef wel dat sy genesing ‘n wonderwerk van die Here is na ons hom al die stories vertel het Hy besef dat klein dinge in die lewe waaroor tieners ‘issues’ het nie so belangrik is nie Sy verhouding met die Here is nou sterker. DIT IS ONS HARTE SE STORIE. Ons hoop dit kan ‘n verandering in iemand se lewe of hart veroorsaak. Liefde Die Viljoens
22 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Tienerbediening
Teodor v.d. Spuy
Die tienerbediening skenk weer geboorte in April 2016 Die tienerbediening se “Think Tank” het plaasgevind die naweek van 4 en 5 Maart. Vrydagaand het ons saam met Dr. Bennie Mostert gesels rondom die tema van hoekom jeugbediening ʼn mors van tyd kan wees. Ons het mekaar in die oë gekyk en mekaar herinner dat God tieners roep in alle volheid. Dat daar nie ʼn junior Heilige Gees is vir tieners en ʼn volwasse Heilige Gees vir ouers nie. Dat God ons jongmense wil gebruik om op te tree as agente van verandering in Centurion. Saterdag het die jeugbediening ʼn besluit geneem om erns te maak met God se plan vir jongmense en ons as leiers het ons mandaat om as mentors op te tree ook weer bevestig. So, hou gerus die maand van April dop. Dis wanneer ons die nuwe tienerbediening gaan bekendstel aan die res van die gemeente. Verwag ʼn nuwe logo, nuwe naam, nuwe idees, nuwe taalgebruik en meer as dit, ʼn bediening wat ons glo deur God opgerig is met die doel om ons omgewing daadwerklik aan te raak! k
Belydenisaflegging, die sirkel word voltooi! Belydenisaflegging beteken baie keer vir die ouers meer as vir die tieners. Dit hoef nie noodwendig ʼn beskuldiging te wees nie, want Pappa en Mamma het immers ʼn belofte by die doopvont gemaak om hulle kind groot te maak in die leringe van Jesus. By kerksondermure het ons ʼn behoefte om die belydenisjaar ʼn onvergeetlike ervaring te maak vir elke tiener en sy/haar ouers. Dis weer tyd in die maande van April en Mei vir Belydenisaflegging. Hierdie jaar behoort weer ʼn baie spesiale geleentheid te wees. Dit is ʼn viering van ʼn siklus wat voltooi is. Die kinderbediening het ons tieners “melk” gegee en groot gemaak en stelselmatig aan Jesus bekend gestel. Die kerk in samewerking met ouers, groepleiers, skole en families het hierdie tieners bygestaan oor etlike jare om uiteindelik nie net vaste kos te kan eet nie, maar om ook nou formeel aan te sluit by die liggaam van Christus. Ek
hoop dus dat daar ʼn groot afwagting in beide tieners en ouers se harte leef vir hierdie mooi geleentheid wat wag. Dit wat ʼn gemeenskap om ʼn kind groot te maak en dit vat ʼn gemeente om ʼn tiener te help belydenis aflê. Dié oortuiging leef in ons harte meer as ooit! 2016 datums vir Belydenisaflegging: 22 April by Hippolaan 13 Mei by Midstream 2 September by Hippolaan Kontak Belinda Nel by bnel@ksm.co.za vir meer inligting en om betyds te registreer vir een van hierdie datums. k
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
23
My Voetspore Annelize de Wet (084 400 4534) 012 663 2003 x 258 Anne-Marié Cronjé (082 866 5336) 012 663 2003 x 253
adewet@ksm.co.za amcronje@ksm.co.za
Getuienisse van wonderwerke
Ons, by El-Shalem, glo en respekteer elkeen se geestelike pad met Abba Vader, ook ons gestremde kinders s'n, en poog werklik om dit nooit te onderskat nie.
Ons kry op 'n dag besoek van Mej Dowe SA, toe ons haar by een van die klasse inneem om voor te stel, spring een van kinders, 'n 8-jarige seun met outisme op, gaan haal die salfolie, salf haar hande en bid vir haar. Vir ons is dit 'n Vingerafdruk van Abba Vader en net weereens 'n bevestiging dat ons kinders se gees heeltemal volkome is en dat hulle fyn by Heilige Gees hoor! Dankie Pappa ons loof U Naam! Al waaroor ons kan getuig by Berg en Dal Swangerskapkrisissentrum is God se groot genade. Einde van 2015 het ons amper die deure van Berg en Dal gesluit agv ʼn tekort aan fondse maar soos so baie maal vantevore was dit nie God se plan vir ons nie. Ons het die helfte van Februarie weer geopen met ʼn nuwe huismoeder en harte vol dankbaarheid! Dankie Jesus! Nepal Die gas het die dag nadat ek uit Nepal vertrek het, opgeraak. Gelukkig het Karen nog 'n vol bottel gehad en kan sy steeds kos maak. Landswyd gaan die krisis voort. My vlug uit Kathmandu is gekanselleer en ek moes 'n dag vroeër vertrek. Ons moes in Dhaka, Bangladesh stop om brandstof in te neem. Die oggend voor my vertrek, het ek 'n afspraak met Becky (63), 'n dogter van sendelinge en toegewyd aan die Here in Nepal. Sy vertel hoe sy nie die Veritas opleiding wou bywoon nie, maar dat die Here haar oortuig het om dit te doen. Sy het tevore net haar man in sy bediening ondersteun, maar nou het die Here vir haar 'n bediening van haar eie oopgebreek. Sy kom meld aan vir diens en is bereid om 2 dae per week enigiets te doen wat Veritas Nepal nodig het! 'n Nepali-sprekende mentor, fasiliteerder, aanmoediger, moeder, ouma wat haarself kom gee ter wille van die Koninkryk. Met 15 nuwe fasiliteerders wat graat hul eie mense wil oplei, is Becky se inset besonder waardevol. Sy fasiliteer opleiding, help dat vergaderings lei tot besluite en dat Tri en Lily gemotiveerd bly terwyl Karen in die platteland inset gee sodat nuwe fasiliteerders met vrymoedigheid vorentoe kan gaan. Daar is nuwe opgewondenheid oor die Woord en geleenthede neem toe. Ons kyk nou ernstig na die moontlikheid om ekstra personeel aan te stel
Indië Kersfees - Ver van die chaos van Kolkata, na baie ure op byna onbegaanbare paaie in 'n oorvol voertuig en teen 20 km/uur kom ons by die dorp aan waar ons Kersfees vier. Dis 'n oorwegend Christen-dorp in noordoos Indië. Omdat so baie mense se lewens in die verlede deur alkohol verwoes is, is alle alkohol hier verbode. Daar is omtrent 50 gesinne, die meeste het baie kinders. Jeremiah, ons gasheer, is een van 11. Op 24 Desember om 15:00 lui die kerkklok. Almal stroom uit hulle huise na die area wat gereed gemaak is vir die geleentheid. Gesinne bring hulle eie rys, borde en bankies. Vleis en groente wat deur die jeug voorberei is as deel van 'n kompetisie, word uit groot emmers bedien. Jeremiah se vrou, dr. Savita, het ons gewaarsku dat daar nie voorsiening is vir ontbyt nie. Middagete is daagliks om 08:30 - rys en vleis en groente. Eet genoeg sodat jy kan hou tot aandete. Teen 16:30 is dit ysig koud en donker. Dan moet aandete afgehandel wees want die Kersprogram rondom 6 kampvure begin teen 17:00. Kinders sê Bybelverse op en groepe sing Kersliedere. Die patroon word vir vier dae herhaal. Alles is ordelik. Niemand stamp en stoot nie. Daar's 'n vrolikheid en gemeensaamheid. Ek sien nie afgode nie. Almal is vriendelik. Die omgewing is netjies, senior burgers word gerespekteer en is versorg. Kinders en diere is meestal gehoorsaam. Christus het 'n impak gehad! Gretchen, huisma van Ikaya Nothando Babahuis vertel: Begin November 2015 is 'n pragtige babadogtertjie in die hospitaal gebore, maar ongelukkig wou haar mamma haar nie hê nie. Sy het direk na ontslag die dogtertjie in 'n plastieksak toegemaak, en binne in die asblik gelos reg voor die hospitaal, dit terwyl dit 38grade buite was. Met die Here se wil het 'n boemelaar direk daarna in dieselfde asblik kos gesoek en op die dogtertjie afgekom waar hy haar dadelik na die noodgevalle geneem het. Sy is drie dae later ontslaan in ons sorg geplaas. Ons kan net getuig dat Lisa ʼn pragtige gesonde baba is. Sy het geen skade opgedoen in die tyd wat sy in die hitte in die plastieksak was nie en ons is dankbaar dat sy ook HIV negatief is. Ons het nou 'n pappa en mamma vir haar gekry, waar sy voluit kan lewe en deel van ʼn gesin kan wees. Ons is sedert 2015 betrokke by die Filadelfia Ark projek toe ons bewus geword het van die grootte / omvang van die behoeftes by hierdie gemeenskap. Daar was insamelings gedoen vanuit die gemeente vir die voedsel tekorte wat ervaar was.
24 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
My Voetspore ‘Wonderwerklik’ het die Here verder voorsien deur die Kersboomprojek , wat gesorg het vir ‘n oorvloed van voedsel. Bakkie vragte se voedsel is geskenk en aangery. Dit het ‘n wonderlike verskil gemaak het in hierdie mense se lewens en hulle het groot waardering hiervoor gehad. Die projekspan het agtergekom dat daar 8 kinders in die gemeenskap was wat in 2016 na Graad 1 moes gaan, maar die ouers van die kinders kon nie die nodige skoolklere, skryfbehoeftes en ander benodigdhede bekostig nie. Antwoord op gebede, en die Here se genade oor die mense, is ʼn sprekende getuienis van sy wonderwerke wat nog elke dag plaasvind. Hy het waarlik nog ‘n wonderwerk verrig en voorsien in alle behoeftes van die kinders sodat hulle na graad 1 toe kon gaan as normale kinders en verder was enige bekommernis by die ouers ook gestil. Volhardende geloof en vertroue in Hom, maak die verskil. Ons Tumelo projekspan worstel nou al meer as ’n jaar lank met ’n probleem. By Rooiberg, ook deel van ons evangelis se bedieningsgebied is, is daar ’n kwynende gemeente van die VGK met ’n selfaangestelde evangelis. Hy besluit wanneer daar kerk sal wees en wanneer nie – laasgenoemde opsie is gewoonlik die gevolg van ’n drinkpartytjie. Op een of ander wyse het hy ’n houvas op die mense.
- Naaldwerk: Maak van sakke - Kooklesse: Kreatiewe kook met min bestanddele - Etiek in my werksomgewing • Ons kon die volgende donasie-doelwitte bereik: - Engelse Bybels vir al die kinders wat die skool verlaat het - Handboeke en skryfbehoeftes vir die nuwe skooljaar - Kospakkies vir Desember vir ons behoeftige gesinne waarin die Centurion Mall/ksm kersboom ‘n groot rol gespeel het. Dit bly vir ons ‘n wonderwerk om te sien hoe die Here deur sy Gees in mense se harte werk om ander in nood by te staan. Dankie vir elkeen wat gehoorsaam is. René, huisma van Huis Gideon Pleeghuis, gesels: "Ek het ondervind dat 'n mens dink partykeer God hoor ons nie as ons bid nie. Dit is nie waar nie; ons en sy tyd verskil net. God sal op die regte tyd ons gebede verhoor. Ek het jare gebid dat God my in 'n posisie moet plaas waar ek my passie en droom kan uitleef en Hy het die wonderwerk vir my gedoen op sy tyd. Ons is soms net te oorhaastig en wil nie wag nie, miskien mis ons dan wonderwerke wat kon gebeur het. "
Die afgelope maand, tydens ’n spesiale uitreik van ons evangelis, pastor Matela Thabane, saam met twee ander evangeliste van die Kwena-tentaksie, het daar nou ’n keerpunt gekom. Pastor Thabane het die besoeke afgesluit met ’n diens in die NG kerkgebou op Rooiberg. Die Tswanas wat dit bygewoon het, het nou self versoek dat pastor Thabane voortaan daar kom diens hou. Ons gaan probeer om die vervoer van ons evangelis op Sondae direk na sy diens by Koedoeskop waar hy woon, Rooiberg toe, met rybeurte moontlik te maak en ons glo dat daar nou vir hierdie gelowiges ’n nuwe tydperk van groei gaan aanbreek. Charlotte sê: “Alhoewel ek nog baie nuut in die Moslembediening is, het die Here al soveel deure vir my oopgemaak. Ek het 'n klomp wonderlike mense ontmoet die laaste paar weke. Ek is so dankbaar vir die geleentheid wat ek gegun word om koninkrykswerk te doen en sien daarna uit om meer en meer mense te ontmoet met wie ek my hart en passie kan deel, om die Evangelie met ander te deel, hier reg op jou agterstoep, Erasmia. Probleme en uitdagings skep ‘n geleentheid vir God om sy getrouheid en almagtigheid aan ons te bewys. Die offer van sy Seun vir ons “sonde-probleem” is seker die grootste bewys van God se verlossing. By Olievenhoutbosch Christian School, sien ons ook gereeld hoe God op ‘n wonderbaarlike wyse sy almag en getrouheid gereeld aan ons bewys deur te voorsien wanneer ons uitdagings beleef: Hier is ‘n paar voorbeelde: • ‘n Week nadat ons ‘n leerder met ernstige leerprobleme geïdentifiseer het, het ‘n Arbeidsterapeut haar dienste gratis vir die skool kom aanbied. • Nadat ‘n behoefte geïdentifiseer is om ouers, veral die mammas van die skool, te bemagtig, bied ‘n vrywilliger aan om een keer ‘n maand ‘n werkswinkel vir ons ouers aan te bied. Hulle het tot dusver die volgende werkswinkels gehad: www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
25
My Voetspore
Annelize de Wet
Die oorvloed van die Here?
Ons eie verstaan van wat oorvloed is, word deur die wêreld om ons besoedel! Ons koppel oorvloed aan die grootte van ons huise, die plekke waar ons vakansie hou, of die hoeveel geld wat ons in die bank het. Oorvloed word ‘n selfsugtige begeerte tot meer en beter en groter! Dit is presies wat die die oorvloed van die Here NIE is nie. Wanneer jy in die oë kyk van ‘n kind wat dae laas geëet het en skielik met ‘n bord vol kos breed glimlag, dan kry oorvloed ‘n nuwe betekenis. Wanneer ‘n ma met kanker gediagnoseer word en steeds getuig van die goedheid van die Here, dan kry oorvloed nuwe betekenis. Wanneer ‘n pa sy seun kan vergewe wat in dwelms verval het en doen wat nodig is om hom te help, dan kry oorvloed nuwe betekenis. Oorvloed genade, oorvloed vreugde, oorvloed wysheid en insig! Ef. 1 :3 - “Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is”. Hier lees ons oor hemelse oorvloed wat van die Gees af kom en wat nie gemeet word met die maatstaf waarmee die wêreld meet nie! Die begin en einde van oorvloed word gevind in Christus! Hy gee die oorvloed van die hemel as woonplek op, om mens te word wat die geestelike oorvloed vir ons kom wys. Hy kom wys vir ons die hemelse oorvloed wanneer Hy ‘n blinde weer laat sien en in dieselfde asem die geestelike blindes met die waarheid aanspreek (Joh. 9). Ons ervaar werklike oorvloed genade wanneer Jesus kniel langs ‘n vrou wat owerspel gepleeg het en volgens die wet die dood moes ontvang (Joh. 8). Jesus se oorvloed vrede maak selfs storms stil (Matt. 8) en sy oorvloed vergifnis laat ‘n verlamde opstaan (Mark. 2). Sy oorvloed wysheid word met skare mense gedeel wanneer hy die bergrede openbaar (Matt. 5-7). Wanneer ons in verhouding met hierdie Jesus staan, dan vul sy Gees ons met dieselfde oorvloed wat in Hom is. Ons leef dus in ongehoorsaamheid as ons dink ons kan oorvloed vind in die aardse dinge waaraan ons so baie waarde heg. Ons opdrag is om die geestelike oorvloed van Jesus se genade en liefde te deel met elke mens met wie ons in aanraking kom. Ontdek weer die betekenis van oorvloed van die Here… Joh. 1:16- “Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang…” k 26 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
kerksondermure Aanlyn 'connect' jou met:
Skandeer hierdie QR-kode en laai die toep af!
www.kerksondermure.org Hartklop l April/Mei 2016
27
28 Hartklop l April/Mei 2016
www.kerksondermure.org
Preekrooster PREEKROOSTER April 2016 3 Apr
10 Apr
17 Apr
24 Apr
Hippolaan Doop
08:00
André & Marianna van Zyl
Mahlatse Mashua
Johan Erasmus
André & Marianna van Zyl
Mahlatse Mashua
Johan Erasmus
Roedolf Botha
André & Marianna van Zyl
André & Marianna van Zyl
Colin Smith
10:00 Colin Smith
18:30 Annelize de Wet
Midstream Doop
08:00
Johan Erasmus
Roedolf Botha
André & Marianna van Zyl
Johan Erasmus
Roedolf Botha
André & Marianna van Zyl
Teodor van der Spuy
Annelize de Wet
Fanie Venter
10:00
17:30
Bybelkuier
Fanie Venter
Tinarie van der Merwe
Teodor van der Spuy
* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander. Binnekort SnapScan en Zapper as alternatiewe betaal metodes by kerksondermure. • Laai die SnapScan App af by Google Play Store/Apple i-Store (soek onder kerksondermure). • Laai vooraf jou kredietkaart besonderhede. • Nou is jy gereed om betalings en oorbetalings te doen. Hou die kommunikasie mediums dop vir die nuutste, maklikste en veiligste e-betaling tegnologie. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure
Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor
Na-ure predikant op roep: 083 489 0180
Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480
Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046
Wil jy jou sukses verdubbel? Jy hoef niemand te ontmoet of tyd af te staan nie. Jy praat slegs met jou sake netwerk en maak deure oop vir Social Upliftment Services om hulle te ontmoet en voor te stel aan 'n organisasie wat die gemeenskap dien. Word deel van die SUS Netwerkspan en help om deure oop te maak wat baie lewens kan aanraak.
Jou sukses kan 'n gemeenskap bevorder.
Besoek ons webwerf by www.socialupliftmentservices.com of ons Facebook blad by Social Upliftment Services vir meer informasie. Navrae kan gerig word aan info@socialupliftmentservices.co.za Registreer as 'n netwerker op ons webwerf se "kontak ons" blad.