uit jou gemaksone in jou hartsone in!
Augustus/September 2016  Uitgawe 110
Redaksie
God se doel vir jou in sy gemeenskap Jy is vir God gemaak, nie anders om nie, jou lewe gaan daaroor om God toe te laat om jou vir sy doel te gebruik, nie vir jou om Hom vir jou doel te gebruik nie. Op een of ander stadium in ons geloofslewe daag God ons uit om uit ons gemaksone uit te beweeg en iewers in ‘n bediening betrokke te raak. Ons voel natuurlik nooit voorbereid vir enige van hierdie take nie. Ons glo nie dat ons genoeg weet of dat ons regtig die kerk-, Jesus- of Bybeltipe is nie. Die eerste gedagte daaraan is gewoonlik baie vreemd. Ons gaan in hierdie uitgawe ‘n pad stap saam met ons gemeenskappe en ons gaan jou meer vertel van dié uiters belangrike skakel in jou “Wedstrydplan na Lewensverandering”. Jy het al, en gaan nog baie stemmetjies kry, wat op een of ander tydstip in jou lewe jou roep en uitdaag om betrokke te raak in jou gemeenskap. Dit gaan jou uitdaag om uit jou gemaksone te beweeg, maar wees verseker dit sal niks bo jou vermoëns wees nie. God wil jou juis in daardie ongemaklike situasies gebruik om jou eie geloof te strek en te bou. Hy gaan jou voortdurend nooi om buite jou gemak, jou grense van vaardighede oor te steek. Hy gaan jou vra om iemand anders te dien op ‘n manier wat vir jou vreemd is, of om iets vir iemand te doen wat jy nog nooit vantevore gedoen het nie! Ek wil jou vra om ten volle deel te wees van hierdie laaste fase van die “Wedstrydplan na Lewensverandering”. Baie mense ontdek eers werklik hulle identiteit in Jesus in hiérdie fase wanneer hulle baie nou met ander mense skakel en gesels oor God. Ons gebed vir jou is dat jy hierdie fase sal ontdek in die eenvoud daarvan, waar jy genoeg is vir Jesus net soos jy is, sonder enige spesiale kennis of vaardighede, net “Jy”. Ons bid dat jy elke oomblik saam met jou gemeenskap sal geniet in jou geloofsgroei na ‘n veranderde lewe waar Jesus heeltyd die hooffokus is en dit vir altyd sal bly. Wees asb. net versigtig, dit kan jou lewe permanent verander… ! Tot Oktobermaand, sterkte vir jou!!
Francois
Fokus
Dagboek
Fokus: In my gemeenskap
08
3de Kwartaal Kinderkerkkalender
02
Oesfees 2016 - 'n Ware Familiefees
09
Bediening van die Doop
03
Merkwaardighede uit die Woord
09
Bybelskool
04
Gebede vir die gemeenskap
10
SingleSonderMure
*
Agterblad (binne): Preekrooster - Augustus 2016
10
SingleSonderMure
*
Agterblad: Summoned2Serve: Learning Experience
11
Next Steps
12
Kalender: Augustus 2016
13
Kalender: September 2016
14
Kalender: Oktober 2016
14
Huweliksvoorbereiding
15
Genoeg is Genoeg
16
Vriendinnedag
17
Manne-ontbyt
Inhoud
01
Kinders & Tieners
05
Kinders lééf Jesus in die gemeenskap
06
Leef as sy geroepene
07
Talente & Geestelike gawes vakansieprogram
20
Botswana Uitreik
Behoortgroepe
Voetspore
18
Genoeg is Genoeg terugblik - Hippolaan
21
Run & Walk 4 Bibles
19
Mannebediening 4x4 dag by Leeuwenkloof
22
Voetspore Expo
23
Uitreik ervaring 2016: Phendula
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.
Fokus
In my gemeenskap Sedert die begin van 2015 leef kerksondermure in ʼn nuwe seisoen. Ons praat ban ʼn seisoen van lewensverandering. Lewensverandering beteken vir ons: ons help mekaar om Jesus beter en beter leer ken en om meer en meer soos Hy te leef. Ons strewe daarna dat alles waarmee ons besig is intensioneel gerig sal wees op lewensverandering. Hierdie strewe en fokus het geboorte geskenk aan ons Wedstrydplan vir lewensverandering. Vir die afgelope jaar en ʼn half help ons mekaar, met die wedstrydplan, om meer soos Jesus te leef. In die skematies voorstelling van die Wedstrydplan is daar vier konsentriese sirkels. Elkeen van die sirkels verteenwoordig “kontekste” waar ons as Jesus se volgelinge gevorm moet word: my persoonlike lewe, my huis, geloofsfamilie en die gemeenskap (en wêreld). My geloof word gevorm, my lewe word verander om meer soos Jesus se lewe te lyk, wanneer ek alleen saam met die Hom wandel, maar ook in my huis, geloofsfamilie en as deel van die gemeenskap. Tydens die laaste 6 maande van 2016 gaan ons fokus op my gemeenskap en wêreld as konteks waar ek verander word en waar ek saam met Jesus verandering bring. Ons glo dat elke gelowige geroep en gestuur is om die evangelie (goeie nuus) te leef en te deel. Die goeie nuus van Jesus se koningskap is goeie nuus vir gebroke mense in ʼn gebroke samelewing. Dit is goeie nuus vir armes, eensames, onbelangrikes en rykes (Lukas 4). Dit is baie belangrik om te verstaan dat die goeie nuus nie net aangekondig moet word nie, maar geleef moet word. Iemand het mooi gesê: die evangelie van Jesus is ʼn broodevangelie. Daarmee bedoel hy byvoorbeeld, dat die evangelie net goeie nuus is vir armes as hulle fisiese honger verlig word. Die deel van die evangelie, in ons gemeenskap, beteken daarom onder andere om in Jesus se naam (namens Hom) ons brood te deel met armes.
www.kerksondermure.org
Fanie Venter
Wanneer ons kyk na Jesus se opdrag aan sy geloofsfamilie (aan ons) in Matteus 28 dan sien ons dat ons nooit die deel van die goeie nuus kan begrens nie. In teendeel, ons word geroep om elke denkbare grens (onder andere kultureel, geografies, ekonomies) oor te steek met die goeie nuus. Op 14 Augustus skop die nuwe fase (4de sirkel) van ons wedstrydplan af. Vir die volgende 7 weke gaan ons aan die hand van die volgende preekreeks en oefenprogram uitgedaag en gevorm word: Leef Jesus met jou voete Leef Jesus met jou mond Leef Jesus met jou oë Leef Jesus op jou knieë Leef Jesus met oop arms Leef Jesus met jou hele lyf Mense wat saam met Jesus die goeie nuus in hulle gemeenskap en wêreld leef, maak ʼn merkwaardige ontdekking: soos wat ek as instrument van verandering leef, word ek verander om meer soos Jesus te lyk en te leef. Mag ek en jy, in hierdie fase van ons wedstrydplan, hierdie ontdekking maak. k
Hartklop l Augustus/September 2016
01
02 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Merkwaardighede uit die Woord
Hoekom moet ons die Woord na die wêreld toe uitdra Anelize de Wet
Die eerste en eenvoudigste antwoord is: Want dit is ʼn opdrag uit die hart en mond van Jesus self, en dit behoort genoeg rede te wees vir ons om dit te gehoorsaam… “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”(Matt. 28:19-20) Ek besef wel dat in die wêreld wat ons vandag leef word Jesus se Woord vir baie mense nie meer gesien as die belangrikste en finale woord nie. Vir baie het die Woord nie meer krag nie en lê dit en stof opgaar iewers op ʼn rak. Soms word die Bybel darem uitgehaal vir ʼn Sondag, maar net om weer gebêre te word as die erediens verby is. Die Woord van God word baie keer hanteer asof dit ʼn gewone boek is met oulike stories wat lank terug gebeur het. Dit word maklik gebruik as ʼn dik bron van klein versies wat ek kan gebruik om mense te motiveer. Hoe op aarde gaan ons as gelowiges die Woord na die wêreld toe uitdra as ons self nie eers God se Woord toelaat om met ons te werk nie? Verstaan ons dat die Woord van God soveel meer is as net ʼn klomp verhale, staaltjies of motiveringsversies. As ek nie glo in die krag van God se Woord nie, dan gaan ek verseker nie glo dat ek dit vir iemand anders moet vertel nie. 2 Timoteus 3:16 “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek” Die wêreld het die Woord van God nodig, maar nie meer as wat jy dit self ook nodig het nie. Wanneer jy die Woord van God toelaat om jou hart te vorm en verander, dan kan jy nie anders as om die opdrag van Jesus te WIL gehoorsaam nie. Eers wanneer die Woord die maatstaf van ons eie lewens word, dan besef ons die dringendheid om die Goeie Nuus aan die wêreld te bring. Die nood, pyn, hartseer en gebrokenheid van hierdie wêreld roep uit na ʼn Verlosser, ʼn Helper en ʼn Koning! Die Woord van God is Jesus wat die antwoord op al hierdie noodkrete is. Dalk het dit tyd geword vir gelowiges om te besef jou geloof is dood sonder die Woord van God. Jy kan nie sê dat God stil is, as jy nooit deur die bladsye van sy Woord lees nie. Hebreërs 4:12 “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart..” Raak lief vir die Woord van God, sodat jy kan lief raak vir die God van die Woord. Wanneer hierdie liefde deur jou lewe vloei, gaan jy nie anders as om dit met die wêreld te wil deel nie. k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
03
Gebedsfokus
Christo Woite
GEBEDE VIR DIE GEMEENSKAP Die kerk is die enigste organisasie wat bestaan ter wille van sy nie-lede. Die afgelope paar jaar is daar by gemeentes ʼn groter bewussyn van hul missionele gerigtheid. Die kernbesigheid van die kerk is om die Koninkryk van God uit te bou tot sy eer. Gerigtheid op die gemeenskap mag nie net gaan oor sosiale opheffing of versorging van minder bevoorregtes nie. Dan val ons vas in ʼn “social gospel”-benadering. Ons taak is ook om die verlossingsboodskap so uit te dra dat mense tot geloof kom. Korporatiewe gemeentes is dikwels organisatories en finansieel betrokke by die gemeenskap. Weinig lidmate is op persoonlike vlak besig om die evangelie met mense te deel. Om mense tot geloof te bring is die werk van die Heilige Gees. Hy berei mense voor en plaas geloof in hulle harte. Dis nie net mense se werk nie. Om uitvoering aan hierdie opdrag te gee moet ʼn gemeente in voeling wees met die Heilige Gees en sy werk. Die evangelie word uitgedra in biddende afhanklikheid van die Here. Die Here onderneem in sy Woord om aan die kerk alles te gee wat hy nodig het om die opdrag uit te voer. In Johannes 14:13 sê die Here “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word”. Onder die roeping en leiding van die Here sal ʼn gemeente weet wat nodig is om sy opdrag uit te voer. Dan moet ʼn gemeente daarvoor bid. ʼn Gemeente wat alles be-
plan en uitvoer met hulle eie insig, gaan besig wees met die dinge van die Here - maar nie met die Here van die dinge nie. Vir Paulus was gebed noodsaaklik in die uitvoering van sy roeping. Ook in die vestiging van gemeentes. Gemeentes het biddend ontstaan en moes biddend voortgaan na hy hulle verlaat het. Hy moedig gemeentes aan om vir die ongelowiges en die wêreld te bid en hulle liefde uit te leef. Die vroeë Christelike kerk was ʼn aanbiddende gemeenskap. Dit was klein gemeentes en Christus en die Heilige Gees het sentraal gestaan. Vandaar het hulle die gemeenskap gedien en mense vir Christus gewen onder die leiding van die Heilige Gees. Die Here het daagliks dié gered is, by die gemeente gevoeg. Elke gemeente behoort van tyd tot tyd sy effektiwiteit in die Koninkryk te ondersoek in terme van die hoeveelheid ongelowiges wat tot geloof kom. Gemeentes moet voortdurend bid en vra vir alles wat hulle nodig het om die gemeenskap met die evangelie te bereik. Jesus onderneem in Johannes 14:14 “As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen”. Kom ons bid tot die Here om ons te help om die gemeenskap met die evangelie te bereik dat nuwe gelowiges by ons gemeente gevoeg kan word. k
04 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Kinders Tiesie de Coning
ʼn Splinternuwe kinderkerkkurrikulum met die tema: LEEF JESUS is een van die wyses waarop kinders hierdie kwartaal begelei word om uit te reik na die gemeenskap.
Ons voorskoolse matertjies ontmoet ʼn paar karakters uit die gemeenskap: Tongtongelong van Hong Kong – die aanbieder van die Koo-Wee-Leef-Jesus televisiereeks. Hy voer Sondae onderhoude met onder meer Tekkie Tokkie van Tonga, wat Jesus met sy voete leef. Tekkie Tokkie klap ʼn tekkie en vertel vir ongeredde maatjies van Jesus. Siena Fiena van Sjina is die perfekte voorbeeld van iemand wat Jesus met haar oë leef. Sy het by Petrus kers opgesteek en volg sy voorbeeld getrou. Smakie Sprakie van Samaria is die kletskous van die kouspopfamilie en leef Jesus met haar mond – natuurlik! Ons groter maats gaan nie net leer om Jesus met hulle voete in die gemeenskap te leef nie, maar gaan ook na ʼn paar interessante voet-feite luister, saam met “Happy Feet” dans en op hulle voete moet dink met Flink-Dink. Hulle gaan uitvind hoe ver Paulus, met sy voete, in sy leeftyd gestap het en meer oor Stefanus, een van die vuurwarm apostels, leer. Dan reis hulle saam met Filippus na Samaria en leer hoe die krag van die Heilige Gees die evangelie soos ʼn klippie in ʼn groot wêrelddam laat uitkring het. Paulus het beslis ʼn klippie in sy skoen gehad - daarvandaan al die rimpelings! Die hoogtepunt gaan die ontmoeting met sendelinge wees wat ver loop om die evangelie te verkondig. Ons kan ook nie anders as om vir die Vervolgde Kerk te bid nie – in hierdie lande kan volgelinge van Jesus bes moontlik ʼn draai agter tralies maak wanneer hulle vir hulle geloof vervolg word. Ons bid dus vir hulle geloof en hulle beskerming. Wanneer kinders leer om Jesus met hulle oë te leef, gaan die een-oog-“Minions” ons verjaarsdagmaats toesing en sal die kinders met ʼn paar kopkrapvrae te doen kry. In hierdie erediens is ons Skriflesing visueel en word dit nie net met ʼn prentelyn uitgebeeld nie, maar ook aan ʼn wasgoedlyn! Kinders gaan ook beslis leer dat daar ʼn verskil is tussen jou oë en jou hart se oë – jy het dus meer as net die oë in jou kop. Dit juis deur Petrus se hart se oë dat God die lam bedelaar, ʼn misgekykte eenkantmens, se bene genees. Ons leer om Jesus met ons oë te leef: stop by eenkantmense; kyk hulle in die oë; sien hulle raak; fokus op hulle en beleef God se wonderwerke in die Naam van Jesus. Dit hou nie hier op nie, maar kinders kry ook hierdie kwartaal die voorreg www.kerksondermure.org
om na mense wat met eenkantmense werk, se stories te luister. Mag ons kinders hierdeur geïnspireer word om met Jesus se oë na ander te kyk. Dan gaan kinders ook leer om Jesus met hulle monde te leef. ʼn Vinnige Flink-Dink gaan ons kinders die krag van hulle monde en stemme in Ps 8 laat ontdek. Dan vervolg die Hand 3-reeks en is dit nog lank nie fluit-fluit my storie is uit nie. Dié vervolgverhaal begin waar die man, wat voorheen lam was, oral saam met Petrus en Johannes geloop en die mense met sy getuienis soos ʼn magneet aangetrek het. Met die groot klomp mense om hulle, het Petrus ʼn geleentheid gesien om oor Jesus te getuig. Dis juis op hierdie punt waar die storie opwindend raak! Na ʼn nag in die
tronk kon die godsdienstige leiers nie anders as om vir Petrushulle los te laat nie. Dis juis ons kuiergaste wat Jesus met hulle monde leef en ons kinders met hul stories kom inspireer dat ons Petrus se woorde wil eggo: “Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie” (Hand 4:20). Mag hierdie kurrikulum een van die kosbare kleinode in kinderbediening wees wat ons kleingroepleiers en kinders mobiliseer om Jesus in die gemeenskap te leef! k Hartklop l Augustus/September 2016
05
Kinders
Charlene
Naomi
Christo
Jaarliks hou die span van die SIM Organisasie, wat werksaam is in die Niassa streek van Mosambiek, ʼn SLC (Spiritual Life Conference) te Meponda, Mosambiek. Alfred en Belinda Paetzold, ons eie sendelinge in Mosambiek is hierby betrokke en ons was drie persone wat die voorreg gehad het om saam met hulle die week te kon spandeer. Christo Venter was verantwoordelik vir die tienergroepe, myself en Noami Fourie moes die kinderprogram hanteer. Ek kan net getuig van ʼn “trustworthy God” wat ons dien en wat op soveel wonderlike maniere voorsien het dat ons hierdie span se kinders kon bedien, terwyl die ouers bedien kon word deur mede-gelowiges. Mede-gelowiges wat die wêreld daar buite bereik, wat Jesus nie ken nie. Sommige van hierdie mense het nog nooit eers sy naam gehoor nie! Dit is wanneer roeping-leef ʼn werklikheid word – “I am always doing something new within My beloved ones. Be prepared to be blessed bountifully by My presence, for I am a God of unlimited abundance.” (Sarah Young: Jesus Calling) k
Leef as Sy Geroepene Charlene Franken
"Ek het nooit gedink dat ek die voorreg sou hê om die Niassa streek van Mosambiek sou besoek nie, wat nog te sê om langs die Malawi meer te kamp! Wat my egter die meeste geraak het was die mense... Beide die Mosambiekers en die SIM span saam met wie ons die week tyd spandeer het. Die Mosambiekers leef eenvoudige lewens, is vriendelik en nederige mense. By die sendelinge was ek verbaas om stories te hoor van enkel vroue wat reeds vir 40+ jaar in Afrika as sendelinge werk. Sending gesinne wat ‘n bestaan in Amerika, Australië en ook Suid Afrika prys gegee het om ver van vriende en familie te wees, om hul roeping te leef. Ek het gehoor van huise wat gebou is, waterputte wat gegrawe en gesuiwer word, die gebruik van sonkrag en groentetuine. 'n Bybelskool vir Yao gelowiges, planne om die Mosambiekers te skool in landbou en op so ‘n manier God te leer ken en die aanbied van mediese hulp, het my opgewonde gelaat oor die verkondiging van die evangelie aan hierdie mense. Ek besef nou dat min dinge soveel ewigheidswaarde het, totdat jy in gehoorsaamheid aan God jou doel op aarde begin leef. Gryp die geleentheid aan en reik uit na dié wat Jesus nog nie ken nie." ~Naomi Fourie 06 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Kinders
Charlene Franken
Kindersondermure HET talente! Dit weet ons nou verseker na die afgelope vakansie se program by die Hippolaanen Midstreambedieningspunte. Dit was ʼn heerlike en aktiewe program, waar kinders die geleentheid gehad het om hulle geestelike geskenke te kon ontdek en waar ons hulle uitgenooi het om dit te gaan deel met hul gesinne sowel as in die gemeenskappe waar hulle woon. Tydens die program het ons stilgestaan by jongmense in die Bybel wat deur God gebruik is. Bybelfigure soos Dawid, Ester, Samuel en Timoteus het vir ons die Woord oopgebreek en ʼn werklikheid laat geword. Die kinders kon deel in die aanbiedinge en hulle het gehoor dat hulle, klein of
www.kerksondermure.org
groot, hulle geestelike geskenke tot opbou van ander en tot eer van God mag gaan uitdeel. Somtyds sukkel ons gelowiges om te onderskei tussen talente en gawes, maar tydens hierdie programme kon kinders leer dat dit in die eerste plek in diens van God en ons naaste moet staan. Beide talente en gawes kom van God af en die vraag wat ons by die kinders gelaat het, was: Wat doen ek daarmee? God gebruik ons gelowiges as sy instrumente en daarom het kinders net nodig om die begrip te verstaan dat al is dit ʼn natuurlike talent of geestelike geskenk wat hulle van God ontvang het, dat hulle dit sal gebruik om mekaar op te bou én tot verheerliking van God se groot en Heilige Naam. k
Hartklop l Augustus/September 2016
07
08 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
09
Dagboek
10 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
11
12 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org 18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
Skool vakansiedag 09:00 Snr Bybelstudie MS
Nasionale vrouedag
09:30 Snr Bybelstudie HL 09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 WIP HL
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Manne-ontbyt
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS 19:00 Veritas HL
18:00 Diepkant 18:30 Voetspore Expo HL 18:30 Bemagtigingsgeleentheid HL & MS
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS 19:00 Veritas HL
18:00 Diepkant
Doop registrasie sluit
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL
Preekreeks: Leef Jesus met jou oë Nagmaal Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS 19:00 Veritas HL
18:00 Diepkant
09:00 Voetspore gebed @ projek: Gestremdes Olieven 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL
Sondag 28 Maandag 29 Dinsdag 30 Woensdag 31
Preekreeks: Leef Jesus met jou mond
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
07:00 Gebed@Hippolaan
Augustus 2016
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 SingleSonderMure
Sondag 21 Maandag 22 Dinsdag 23 Woensdag 24 Donderdag 25 Vrydag 26 Saterdag 27
Preekreeks: Leef Jesus met jou voete
Sondag 14 Maandag 15 Dinsdag 16 Woensdag 17 Donderdag 18 Vrydag 19 Saterdag 20
08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
Sondag 07 Maandag 08 Dinsdag 09 Woensdag 10 Donderdag 11 Vrydag 12 Saterdag 13
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 18:30 Voetspore Kwartaal Vergadering 19:00 Veritas HL
Maandag 01 Dinsdag 02 Woensdag 03 Donderdag 04 Vrydag 05 Saterdag 06
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
13
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 19:00 Belydenisaflegging HL
07:00 Gebed@Hippolaan 09:00 Kuria byeenkoms HL
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS
18:00 Diepkant
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL
09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL
18:00 Diepkant 18:30 Next Steps HL & MS
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL 18:30 SingleSonderMure
07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL
18:00 Diepkant 18:30 Next Steps HL & MS 18:30 Bemagtigingsgeleentheid HL & MS
Doop registrasie sluit
09:30 Snr Bybelstudie HL 18:00 Gemeenteraad 18:30 Vroue@MS 19:00 WIP HL
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 18:30 Doopreëlings HL 18:30 Opvolg Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
Midstream Skole sluit 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL
Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL
18:30 Next Steps HL & MS
09:00 Voetspore gebed @ projek: CANSA TLC 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL
09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekspan oefening
UBA Kamp Nasionale Dienswerker Konf
Skole sluit 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
Sondag 25 Maandag 26 Dinsdag 27 Woensdag 28 Donderdag 29 Vrydag 30
Preekreeks: Leef Jesus met jou hele lyf
Erfenisdag 07:00 Gebed@Hippolaan
Sondag 18 Maandag 19 Dinsdag 20 Woensdag 21 Donderdag 22 Vrydag 23 Saterdag 24
Preekreeks: Leef Jesus met oop arms
Sondag 11 Maandag 12 Dinsdag 13 Woensdag 14 Donderdag 15 Vrydag 16 Saterdag 17
Preekreeks: Leef Jesus op jou knieë 08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan
Sondag 04 Maandag 05 Dinsdag 06 Woensdag 07 Donderdag 08 Vrydag 09 Saterdag 10
September 2016 08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
Donderdag 01 Vrydag 02 Saterdag 03
Oktober
2016
Saterdag 01 07:00 Gebed@Hippolaan UBA Kamp Dienswerker geleentheid
Sondag 02 Maandag 03 Dinsdag 04 Woensdag 05 Donderdag 06 Vrydag 07 Saterdag 08 08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan UBA Kamp Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
UBA Kamp
19:00 WIP HL
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
07:00 Gebed@Hippolaan
Sondag 09 Maandag 10 Dinsdag 11 Woensdag 12 Donderdag 13 Vrydag 14 Saterdag 15 Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
Skole open 09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL
Midstream Skole open 18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL
08:30 Oppiekoppie Uitstappie 09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL Dienswerkers Waarderingsfunksie
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 SinglesSonderMure uitstappie
Sondag 16 Maandag 17 Dinsdag 18 Woensdag 19 Donderdag 20 Vrydag 21 Saterdag 22 09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL
18:00 Diepkant 18:30 Mini-Bybelskool HL & MS 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL
Sondag
23
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
/30 Maandag 24/31 Dinsdag 25 Woensdag 26 Donderdag 27 Vrydag 28 Saterdag 29
Gr.7 EE III Uitreik
Oesfees
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS
18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
09:00 Voetspore gebed @ projek: Cent. Raad vir Bejaardes 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
Doop registrasie sluit
14 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
15
Dagboek
16 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
17
Behoortgroepe Fokus
Anrie Smith
“Nader tot God en Hy sal tot julle nader.” Jak. 4:8. Een van Lindie Strydom en haar oorlede ouma se gunsteling Bybelverse. Op Woensdag, 1 Junie 2016 het sowat 300 vroue (en mans) Hippolaan se ouditorium betree en nadat hulle heerlike warm sop en verversings van Moeggesukkel geniet het, het hulle na ʼn aan die brand boodskap geluister. Met die gepaste uitrusting en die beste wapen in die hand, die swaard, dit is die Woord van God, het Lindie haar passie vir gebed gedeel. Haar geesdrif was aansteeklik. Ons is opnuut bewus gemaak van die daaglikse geestelike stryd, die slagoffers en die vyand. Hy wil hê dat ons van hom vergeet, soveel so dat ons dink hy bestaan nie. As ʼn soldaat in God se weermag is dit van uiterste belang dat ons weet wie die vyand is en hoe hy te werk gaan. Gelukkig vir ons, is sy strategieë en planne redelik voorspelbaar en vir duisende jare al dieselfde en kan ons dus onsself goed voorberei op sy aanslae. Alhoewel dit belangrik is om te weet teen wie ons baklei en om op en wakker te wees vir sy sluwe, onderduimse en geslepe toertjies, wou ons nie te veel tyd aan hom spandeer nie. Ons wou fokus op die oorwinning wat ons reeds behaal het deur ons Bevelvoerder, Jesus Christus. Ons wou leer hoe om onder sy vlerk posisie in te neem en vanaf die beste plek moontlik die aanval te loods… ons knieë. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar in ons gedagtes teen die bose geeste in die lug (Ef. 6:12). Daarom móét ons ons gedagtes rig op alles wat waar, edel, rein, mooi en prysenswaardig is (Fil. 4:8). Ons moet die volle wapenrusting aantrek - die waarheid as gordel, God se vryspraak as borsharnas, die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig soos skoene, die skild van die geloof in die hand, God se verlossing as helm en vat die swaard van die Gees, God se Woord. Sodoende sal ons vas kan bly staan en sal geen wapen wat teen ons gesmee word, iets uitrig nie (Ef. 6:13-7 en Jes. 54:17). Ons vertrou dat die Heilige Gees die aand gebruik het om nuwe krag in sy kinders se gebedslewe in te blaas, want genoeg is genoeg. Die dief het genoeg gesteel, geslag en uitgeroei (Joh. 10:10). Ons is nugter en wakker (1 Pet. 5:8). Ons is nie bang en moedeloos nie, want die oorlog is nie ons sʼn nie, maar God sʼn en Hy het reeds oorwin (2 Kron. 20:15-17). Ons sien uit om te hoor hoe ons Vader die krag van gelowiges se gebede gebruik om sy oorwinning ten toon te stel. “Bid sonder ophou.” 1 Tess. 5:17. k
18 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Behoortgroepe Fokus
Sjoe! Wat ʼn fantastiese voorreg om saam met die kerksondermure-familie ʼn dag in God se pragtige natuur te kon geniet - van ʼn koue mistige vroeë-oggend tot ʼn oop sonskyn dag waar mens die berge en dale kon waardeer. Die dag was so ingerig dat ʼn ieder en elk ʼn heerlike tyd saam met vriende en familie kon deurbring, en ook nader aan hul Skepper kon kom. Twee-en-twintig meer waaghalsige manne (en hul ewe avontuurlustige passasiers) het die rowwer terrein saam met Willem Glas (die mede-eienaar van die familieplaas) aangedurf. Daar was selfs ʼn paar “level-4” hindernisse wat oorkom moes word, en in meeste gevalle met groot sukses. Die ander agt meer versigtige manne (en hul dankbare passasiers) het die skilderagtige roete saam met Lampies Lamprecht (ʼn goeie vriend van Willem) gevolg en as groep padlangs lekker saam gekuier. Almal het tydens die roete deelgeneem aan ʼn “echouitdaging” waar hulle verskeie bome, voëls, bokke (en hul voetspore en nr.2’s) moes uitken.
Hier is ʼn paar van die WhatsApp en Facebook posts wat na die dag ingestroom het: • Ons het gister gaan 4x4 ry by Leeuwenkloof in Broeder stroom. Dit was ʼn fees om God se natuur so te kon geniet het. Die mis was baie dik en die plaas en kampterein is baie goed ontwikkel. - Dirk Badenhorst. • ʼn Kwaliteit familiedag in die bosse berge…. Dankie Vader vir U vriendskap en liefde wat oral leef!! - kerksondermure • Wat ʼn voorreg was dit nie om ʼn Awesome dag saam met kerksondermure familie en my gesin in die natuur te kon geniet! Om net weer stil te raak in SY skepping en weer te “recharge”! Ons het dit ongelooflik baie geniet! Great plek! - Ben Pietersen Die wenspan en ʼn paar naelskraapse opvolgers het handige • Dankie julle dit was awesome en ons doen dit verseker pryse gewen tydens die “amptelike prysuitdeling” langs die weer. - Francois Schoombee braaivleisvure! Let wel – aangesien daar nie orals selfoon op- • Dankie aan elkeen vir ʼn vrek lekker 4X4 dag. - Colin Smith vangs op die plaas is nie, was die echo-kompetisie voorwaar ʼn • Baie dankie, dit was nou werklik ʼn lekker prettige dag uitdaging so sonder “Google”. Selfs die kinders het “memories” gewees! Heeltyd speeltyd! Edmond David Vigoureux gemaak tydens die besoek aan die grot (met ʼn vlermuis hier en • Baie dankie almal vir ʼn wonderlike dag. Nou weet ons ook daar) en langs die visdam (waar die hoofdoel was om ʼn plat klip- sommer hoe om veilig te “recover” … as dit moet. - Hannes pie oor die water te laat “hardloop” tot aan die ander kant van die Vermaak dam). Die ouer meer ervare manne het maar eenkant gestaan, • Dankie aan al die KSM’ers vir ʼn dag om te onthou. Beste bos want hulle onthou uit hulle jong dae hoe erg seer daai gooi-arm wense. - Willem Glas k was die dag na al die pret (en bravade om die meisies te wys wie is nou eintlik die bobaas plat-klippie-gooier)! Hannes de Villiers van Mission 4X4 het rondom middagete gedeel hoe die manne met hulle 4X4 voertuie ʼn verskil in ander mense se lewens kan maak. Net om die dag nog meer interesant te maak: vir die 4X4 entoesiaste, was daar ʼn paar uitstallings van die nuutste 4X4 voertuie asook ʼn “recovery-kursus” na middagete.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
19
Tieners Johan Jansen van Rensburg
Meeste mense vandag jaag ʼn sekere leefstyl na. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is Land Rover met hulle slagspreuk “One life – live it”. Die hartklop hiervan is dat mens een lewe het, so koop ʼn Land Rover, vaar Afrika in en leef voluit. ʼn Klomp van ons het die voorreg gehad om die vakansie presies dít te doen toe ons op ʼn uitreik na Botswana en Zambië gegaan het. Die verskil het egter ingekom by die feit dat ons nie ʼn “destination” nagejaag het nie, maar eerder mense. Hoekom mense? Want dis God se groot gebod – dat ons mense moet liefhê, hulle najaag. Nie net hier waar ons bly nie maar ook in Judea en Samaria tot die uithoeke, en in ons geval, Botswana en Zambiё, of waar ook al die Gees jou sou stuur. 2 uur die oggend op die 25ste Junie het die Heilige Gees twee spanne gestuur na Ghanzi, Botswana. Die een span van Klerksdorp van die Hervormde Gemeente en die ander span gemeng in ouderdom en denominasie van Centurion. Beide ry heeldag lank en kom eers na sonsondergang by die kampterrein aan, en beleef die avontuur van in die donker kamp opslaan. Die volgende dag sluit ʼn derde span by hulle aan, ʼn groep tieners, studente en volwassenes van #Imagine. Vir die volgende vyf dae beleef hulle prakties 24/7 wat dit beteken om Jesus te volg, om Sy hande en voete te wees en hoe God, soos mens uittree om Sy wil te doen, intree en mens skuur en skaaf en lei en leer. In die vyf dae is almal blootgestel aan wat dit beteken om gestuur te wees. Daar is letterlik 24 uur lank elke dag gebid. Menige keer as jy gaan bid het, het jou uur tydgleuf soos 5 minute gevoel en wou jy net nie ophou nie. Hier het ons beleef hoe dit moes wees om soos die een suster Maria by Jesus se voete te sit. Mens wou net nie opstaan nie. Verder was ons daagliks gevoed deur die Woord van God en gemotiveer en geïnspireer deur sprekers wat vir ons waarheid kom uitpak het. Waarheid wat ons gedryf het om elke dag prakties in die gemeenskap die koningryk van God te gaan leef. Deur te luister na die stem van God het baie uit hulle “comfort zone” getree en gaan bid vir mense. Die evangelie is letterlik gedeel, maar ook op praktiese maniere uitgeleef. Mense se erwe is skoongemaak, plante is verwyder, heinings is reggemaak, vriendskappe is gebou, daar is baie gespeel en soms het mens net stil langs iemand gaan sit en in dié stilte het diep gesprekke plaasgevind. Als was beslis nie maanskyn en rose nie. Die een dag het ons deurgery na New Xade (jou tong moet klap as jy dit uitspreek), ʼn nedersetting waar van die laaste Boesmans woon. Hier het ons gesien hoe Westerse denke en Afrika politiek ʼn hele kultuur beïnvloed en, om eerlik te wees, verwoes. Selfs hier in die middel van nêrens het mense se verskille kerkskeuring veroorsaak. Mens kan maklik kwaad raak daaroor, maar die Gees van vertroosting het ingetree en vir ons kom wys hoe een van die plaaslike ouens met vuur en vlam die liefde van God met sy gemeenskap deel, ten spyte van die verskille. ʼn Verlamde man kom wys ons dat daar hoop is, nie net vir hom om weer te kan loop nie, maar ook vir sy gemeenskap om in eenheid in God se plan te kan loop. Die uitreik het beslis lewens verander, nie net die plaaslike mense wat bedien is nie, maar ook die spanne wat gegaan het. Vir ʼn kort rukkie het ons hemel op aarde beleef en was eensge-sindheid, soos met die Handelinge gemeente, aan die orde van die dag. Die gesegde lui dat alle goeie dinge tot ʼn einde kom en as die uitreik hier moes stop, sou dit fantasties wees. Alhoewel twee van die spanne teruggekeer het na
Suid-Afrika, was dit vir die Centurion span maar nog net die begin. Met harte wat radikaal verander is, het die span nog verder Noord gegaan. Heel Noord langs die Okovango Delta is ʼn klein dorpie Namaxere, en vir die volgende paar dae sou dit ons huis wees. ʼn Huis sonder krag en met net een kraan wat die hele “village” van water voorsien. Hier het ons geleer hoe min mens nodig het om te oorleef en dat die kleinste goedjies die grootste vreugde bring. Die “longdrop” was ʼn luukse en as jy wou warm stort, moes jy jou water in ʼn ketel kook. ʼn Boer maak ʼn plan, en daarom het ons lekker geëet en gestort, maar soos dit in Spreuke staan, mense maak planne maar God rig ons treë. In die “village” het God beslis ons treë kom rig op maniere wat ons nie verwag het nie. Die plan was om ʼn speelarea vir die kleuterskool te omhein, ʼn klimraam op te rig en die kindertjies van Jesus te vertel, en alhoewel dit gebeur het, was God se plan soos altyd groter. Diep verhouding met die Kgosi van die “village” is gebou, soveel so dat hy vir ons ʼn saal gegee het wat ons kan regmaak en gebruik, nie net vir gemeenskapsprojekte nie, maar ook om Bybelstudie groepe in aan te bied en kerkdienste in te hou. Die mees prominente figure in die “village” het ons beste vriende geword en ons sien uit om te beleef wat God nog met ons in Namaxere in die toekoms gaan doen. Maar nie te min was dit nog nie die einde nie. Ons het die voorreg gehad om in verwondering van God se grootheid te staan soos ons deur Sy natuurskoon gereis het. Van Namaxere is ons deur die Caprivi in Namibië al langs die Chobe, tot by ons finale bestemming – Livingstone, Zambië. Hier het die Here nog verder bonatuurlik kom werk soos ons die volgende paar dae by ʼn Amerikaanse sendingstasie gebly, gedien en geleer het. Met ʼn ligging wat afkyk op die “mighty” Zambezi, het lewe in oorvloed vir ons as span diep sin gemaak en werklikheid geword. Daar is soveel waaroor ons nog kan getuig, maar dit sal letterlik 16 dae lank vat. Wat ons as span wel beleef en geleer het, is dat God ons almal heeltyd uitstuur en hier waar ons langs die Victoria watervalle gestaan en geluister het na “the smoke that thunders”, het ons soos David Livingston besef dat wanneer God jou stuur, jy eintlik geen idee het wat vir jou wag nie. Wanneer God praat, fluister Hy nie, maar is dit soos die gedreun van die valle duidelik en kragtig vol outoriteit. Ek sluit af met die laaste boodskap wat God vir ons as span op die uitreik kom gee het toe ons op pad terug was en by Nata langs die Makgadikgadi panne gestaan het. Die watermassa lyk baie soos die watermassa waar langs Jesus gestap en Sy eerste dissipels geroep het. Jesus het vir hulle gesê: “Volg my en ek sal jou ʼn visser van mense maak.” Die vraag wat Jesus ons daardie aand kom vra het soos die son oor die water en soutpanne sak, was nie of ons Hom sou volg nie, maar sou ons soos die eerste dissipels bereid wees om onmiddellik en onvoorwaardelik als te los en Hom, die Messias, intensioneel te volg? Is ons bereid om ons “one life to live” vir Jesus se wil, Jesus se hart en Sy koningryk te leef, waar ook al Hy ons stuur? k
20 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
My Voetspore
Wat ʼn wonderlike gebeurtenis, wat 3000 atlete van regoor Gauteng getrek het om deel te neem aan hierdie baie spesiale marathon, ter herdenking van die lewe van Riana van Niekerk en om fondse in te samel vir Bybelvertaling en -verspreiding in SA en die res van die wêreld. Die Run&Walk4Bibles AGN erkende halfmarathon met ʼn 5, 10 en 21,1km het al ʼn baie spesiale plekkie op die jaarlikse wedloop kalender, gemeenskap kalender en die kerksondermure kalender gekry, en dit is besig om in een van die lekkerste familie vermaaksgeleenthede te ontwikkel, waar die hele gesin kan deelneem, dit geniet én nog ʼn wonderlike verskil in ons gemeenskap kan maak. Die droom is dat dit nog ʼn huishoudelike naam sal word wat elke gesin in Gauteng sal ken en opgewonde sal maak om deel daarvan te wees. Dit was die wedloop se 5de verjaarsdag hierdie jaar en ons het hulde gebring aan die baie bekende atleet Riana van Niekerk (18 Junie 1976-13 Februarie 2016) deur die wedloop na haar te vernoem. Die wedloop sal dus voortaan bekend staan as die Riana van Niekerk Run&Walk4Bibles. Hierdie half marathon se 5de bestaanjaar was ook gevier met ʼn baie spesiale gemeenskapsprojek waarmee hardloopskoene, sweetpakke, mussies, serpe en T-hemde ingesamel was vir minderbevoorregte atlete. Dit is met groot dankbaarheid wat ons opgewonde is oor die splinternuwe geleentheid wat hierdie projek geskep het vir individue en besighede om in ons ge-
meenskap te belê. Dankie aan elkeen wat ietsie hier bygedra het om marathon hardloop as sport onder behoeftige atlete te help bevorder. kerksondermure is deel van die Run&Walk4Bibles omdat dit so ʼn wonderlike geleentheid is waar ons as Geloofsfamilie saam ons gemeenskap kan dien en dit om fondse in te samel vir die vertaling, produsering en verspreiding van Bybels – in ons land en wêreldwyd. Ons wil baie graag vir ieder en elke gemeentelid wat saam kom dien het, deelgeneem het, wat ondersteun het of wat aktief help bid het vir God se seën op sy wedloop, baie dankie sê. Julle is verseker die kern van die sukses wat op 25 Junie bereik is, sowel as van die lewens wat as gevolg hiervan aangeraak en verander gaan word deur die verspreiding van God se Woord. Dan is daar ook ons sakemanne in die gemeente wat hierdie jaar begin ondersteun en deelneem het. Ons is baie dankbaar vir Ijaba Sekuriteit en Monitor Net vir die veiligheidsdienste wat hulle by die geleentheid verrig het. Die gemoedsrus wat julle teenwoordigheid verskaf het, is van onskatbare waarde. ʼn Groot dankie ook aan Radio Kansel wat in 2016 vir die eerste keer deel geword het, dit was só lekker om julle ook deel van die span te kon hê! Julle is “awesome” en ons kan nie wag om dit in 2017 weer sáám aan te bied nie. k
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting en foto’s van hierdie puik geleentheid. www.runandwalkforbibles.co.za of die Facebook-blad: Riana-van-Niekerk-RunWalk4Bibles www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
21
My Voetspore
22 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
My Voetspore
Uitreik ervaring 2016 Die PhENdula winkel inisiatief het ontstaan toe Pen, Moreleta Park en kerksondermure koppe bymekaar gesit het om saam ʼn inisiatief te loods wat ʼn verskil in ons gemeenskappe kan maak. Kinders word vir ʼn paar weke in die skool opvolgend geleer om verantwoordelikheid ook vir hul eie gemeenskappe te aanvaar. Een van die maniere is om skoon te maak. Vir ʼn sekere hoeveelheid rommel wat hulle opruim, ‘verdien’ hulle ʼn sekere hoeveelheid PhENdula geld. Hierdie geld kan hulle self spandeer deur items vir hulle by die PhENdula winkel te koop. Hierdie ‘winkel’ is saamgestel uit skenkings. Die kinders word dan aangemoedig om buiten vir hulself ook artikels te koop wat hul in die skool kan gebruik en iets om ma/pa of sibbe te bederf met ʼn geskenkie. Die doel van hierdie inisiatief is om vir die kinders ʼn prettige leerervaring te gee van verantwoorlikheid (werk/verdien en begroot hoe om geld reg te spandeer) en om iets vir iemand anders te gee. Ons benodig : skenkings vir die winkel , en vrywilligers om die dag vir die kinders onvergeetlik te maak.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Augustus/September 2016
23
Lees JUIG! Tydskrif vir artikels wat inlig, jou siel voed en aktuele sake vanuit ’n Bybelse wêreldbeskouing benader
God Se Plan Is EKSKLUSIE F
vir Hulp ISSN 2071 - 1913 Tienerdepressie
Hoe Die Vrug DIE HEILIGE Van GEES Ons Gesond Hou
11004
Vo lum Uit ga e8
’N KOMM
UNISTIES
E
we 5
ENDA AG Hoe die
God sou et ’n m ? rom Waa ophou EETJIE HomN PLAN KLEI
ORDE WÊRELD ing kaap beskaw
Niekerk
EMAND
Ná r as oo sterke
ter im ag gehe IEË Die LERG lie 2016 e/Ju AL
“Die
Juni
90 RSA R32.
(BTW
ingeslu
n Arno isviea vir die Nasie
JOE NI
it) And
er Land
e R28.
86 (BTW
uitges
e vurig
el ie ’n G alternat
n d va gebe
ko g.” Ja ot kra t gro ge he verdi ‘n reg
luit)
R29.90
Met ’n V Januar
RSA (insl.
BTW)
Ander lande
R26.23
ISSN 2071 - 1913
11007
MISVERSTAAN van die BYBEL
7
Padoorsteke VERSKILMAKrs en ERS CORNÉ KRIGE
9 772071 191307
KALLIE K
van der Vyver
2071 - 1913 ISSNFred
11008
9 772071 191307
ISSN 2071 - 1913
0 12 1100
rste Verwag hul ee
191307 9 772071
is Openhartige Getuien ISSN 2071 - 1913
1 14 1100
"DIT MAAK REGVERD
IGES BLY WANNEER
E WORD. DIT ONTSTEL
REG OPGETRE
kind DIÉ WAT KWAAD
Wat Hou Die TOEKOMS In? Mei 2016
R32.90 RSA (BTW
Met ‘n visie vir ons RIEL toekoms PROBEER
‘INTELLEKTUELES’
WEER...
herbedink die Afrikaner-identite it
Ander Lande R28.86 DOEN.” (SPR 21:15) (BTW uitgesluit) ingesluit)
“Die waarheid
“en gooi die nette uit”
hou vir altyd,
die leuen net ’n
G W retha
DOEN TOG NET ...wat die Here sê
oomblik.” Spreuke 12:19
R21.89 (excl. tax) 9 772071VAT)191307 Other Countries
R24.95 RSA (incl.
R28.95
RSA (insl.
BTW)
Ander lande
R23.89
(BTW uitg.)
ISSN 2071 - 1913
2 16 1100
P DIE TYD
UIT, OMD AT DIE
ISSN 2071 ISSN 2071 1913
9 772 - 19 13 1 1 071 002 191 9 772 307 110 071 191 03 307
DAE BOO
S IS.” EF
9 772071 191307
9
R24. 772 071 95 RSA
5:16
(incl.
VAT)
JY DAT Apri
191 Othe 307
110
r Coun
tries
ISSN 2071 - 1913
ISS ISSNN 2071 2071 - 19 - 19 13 13 9 772
2 2008 11
9 772 071 071 191 307 191 307
9 772071 191307
l 2011
04
R21.8
9 (excl.
tax)
“DIE
VAD ER VAN
11 1 1 00 0 5 06
ISSN 2071 - 19 ISSN 13 2071
Teken nou in & spaar 20% ISSN 2071 - 1913
11011
—deur Dennis Loots
‘n Baie eerlike worstelstryd Een van my gunstelingskrywers is A.W. Tozer, wat ‘n wonderlike boek, The Knowledge of The Holy, geskryf het. In hierdie boek maak hy ‘n studie van die eienskappe van God. Hy begin die boek deur te sê dat “wat ons glo die waarheid is oor God, sê wie ons is”. As Christene kom ons voor al hoe meer uitdagings te staan en word ons gekonfronteer met baie belangrike kwessies; ons kan nie daarvan wegkom nie. Die persoonlike stryd wat ons voer, kom dikwels in die vorm van verhoudings, geld, gesin, werk en gesondheid, maar selfs wanneer daar oorweldigende en veeleisende uitdagings is, bepaal dít wat ons glo die waarheid is oor God, hoe ons hierop sal reageer. So baie mense in die wêreld glo nie eens dat daar ’n God is nie, of glo dat Hy irrelevant is. Die Psalms weerspieël die Psalmdigters se eerlike stryd met die werklikhede van die lewe en hoe God betrekking het op daardie werklikhede. Die Psalms is ’n daad van aanbidding, maar aanbidding wat plaasvind te midde van die stryd en uitdagings van die lewe. Wanneer jy die Psalms lees, ontdek jy persoonlike krisisse, natuurrampe, en worsteling met depressie. Daar is vrees, daar is vyande wat bedreig. Daar is dood, sonde, en persoonlike mislukking. Dit alles word deur die Psalmdigters, Dawid en andere, aangeroer binne die konteks van aanbidding en geloof in God, en hoe Hy verband hou met hierdie kwessies.
Loof die Here met jou hele hart Psalm 111 is een van daardie Psalms wat met die werklikhede van die lewe worstel – vra jouself af wat jy uit hierdie Psalm kan neem. Waaraan moet jy herinner word wanneer jy met die seëninge en stryd van die lewe te doen het? Die Psalmdigter gee erkenning aan die grootheid van God. In die werklikhede van sy worstelstryd verklaar hy dat hy glo God volkome voldoende is:
“Halleluja! Ek wil die HERE loof van ganser harte; in die kring van die opregtes en in die vergadering. Die werke van die HERE is groot; nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het. Sy dade is majesteit en heerlikheid en Sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.” Hy sê dat een van die funksies van God se kinders is om mekaar aan Sy grootheid te herinner. Wanneer iemand terneergedruk voel, herinner hulle hieraan: God is groot! God is magtig. God is tot alles in staat. Ons hoef nie te vrees nie. Ons vertroue is nie in ’n onbenullige godjie wat onvoldoende is nie en nie in staat is om ons te help nie; ons vertroue is in God wat magtig is en alles kan vermag.
Hoe kan ons die uitdagings van die lewe hanteer? Hoe moet ons daardie dinge hanteer wat in die toekoms gaan gebeur, die goeie sowel as
bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.” Daniël 3:16-18. Daar is wêreldwyd so baie Christene wat vervolg en mishandel word, bloot omdat hulle in die Naam van Jesus glo. Ons moet mekaar daaraan herinner dat God tot alles in staat is, Hy is almagtig en die arm van die Here is nie te kort om te help nie. Daar sal baie uitdagings wees, baie omstandighede wat moontlik twyfel kan saai, selfs spotters wat die spot met ons dryf, maar op die ou end sal elke knie buig, en elke tong bely dat Hy die Here is. Die eerste ding wat die Psalmdigter in die vergadering van die regverdiges doen, is om hulle aan te moedig om mekaar aan die grootheid van God te herinner. Tweedens erken en verklaar hy God se getrouheid. God is lief vir Sy volk, Hy is getrou; ons kan op Hom vertrou. Sy almagtigheid is nie ‘n teorie waaroor ons kan
‘n Vreeslose antwoord “Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: ‘ Ons ag dit nie nodig om u hierop ’n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan
argumenteer en teologiese gesprekke oor voer nie, Sy almagtigheid is werksaam in die werklikheid van ons lewe. “Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig, die HERE is genadig en barmhartig. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee. Hy dink vir ewig aan sy verbond. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, deur hulle die erfdeel van die heidene te gee. Die werke van sy hande is trou en reg; al sy bevele is betroubaar. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; uitgevoer in trou en opregtheid.” Ons kan staatmaak op die feit dat ons Vader weet wat aangaan in ons lewens, en dat Hy getrou sal wees. Die Psalmdigter verheug hom oor die verskillende maniere waarop die Here sy getrouheid bewys. In vers vier herinner hy ons daaraan dat God genadig is. Ons gaan almal die genade van God nodig kry. God is getrou; Hy sal ons alles skenk wat ons nodig het. Gelukkig handel God nie met ons volgens wat ons sondes verdien nie. Selfs in die werklikhede van ons mislukkings en ons tekortkominge, kan ons vertrou op die genade van God. Hou op om met spyt terug te kyk. Hou op »
F?
BLY OO
R HO M.” (SPR
23:2 4)
ISSN
ISSN
ISSN
GELD
Die waarste gesegde wat ek al ooit oor geld gelees het, is: Jou inkomste is soos skoene – as dit te klein is, druk dit jou, maar wanneer dit te groot is, laat dit jou maklik struikel. Baie mense sê ook dat geld ons verander, maar helaas, ek glo dat geld ons ontmasker. Gee iemand baie geld of vat alles weg, en ek wys jou wie hy is!
“...Die liefde vir geld lei tot alle soorte slegte dinge. Party mense het geld hulle mikpunt gemaak en daardeur hulle vertroue op die Here verloor en die een smart na die ander oor hulle eie lewe gebring.” 1 Timoteus 6:9-10
2071 - 19 13 2071
9 772 - 19 13 1 1 0 071 191 12 9 772 307 120 071 191 02 307
ISSN
Kan te veel
2071 - 19 13 2071
9 772 - 19 13 1 1 0 071 191 11 9 772 307 110 071 191 12 307
12002
Daar sal baie uitdagings wees, baie omstandighede wat twyfel kan saai, selfs spotters wat die spot met ons dryf, maar op die ou end sal elke knie buig, en elke tong bely dat Hy die Here is. die slegte? Hoe gaan ons die seëninge en die worsteling hanteer? As ons net na die wêreldwye politieke arena kyk, is dit duidelik dat daar ‘n enorme krisis aan die ontwikkel is. Ons moet weet dat God ten spyte van alles almagtig en tot alles in staat is. Een van my gunstelingboodskappe uit die Skrif is die verhaal van Sadrag, Mesag en Abednégo uit die boek Daniël. Koning Nebukadnésar en sy raadgewers het druk op Sadrag, Mesag en Abednégo uitgeoefen deur hulle met die dood in ’n vuuroond te dreig as hulle nie buig voor die goue afgod wat die koning opgerig het nie. Hulle het geweier om te buig, omdat hulle voor niemand behalwe die lewende God sou kniel nie. Hulle is na die koning ontbied, en het die volgende gesê:
IS HY
ISSN
9 772071 191307
ie Christen-lewe behels seëninge en stryd, en ons kan beide te wagte wees. Ek vertrou dat daar altyd meer seëninge as geestelik stryd sal wees, maar iemand wat glo dat daar nie ’n stryd woed nie, op persoonlike, nasionale of internasionale vlak, misgis hom lelik.
’N WY SE VER WEK HET; DAN
ISSN 2071 - 19 ISSN 13 2071
Ideaal as ’n verjaardaggeskenk! ISSN 2071 - 1913
D
AS IEM AND
9 772 - 19 13 1 1 0 071 191 10 9 772 307 110 071 191 11 307
11012
9 772071 191307
PSALM 111
E, EN
ISSN 2071 - 19 ISSN 13 2071
ISSN 2071 - 1913
VERTROU OP GOD
JUIG BAI
9 772 - 19 13 1 1 0 071 191 08 9 772 307 110 071 191 10 307
9 772071 191307
RUBRIEK
JES US L EE
DIE REG VERDIG E
9 772 - 19 13 1 1 0 071 191 07 9 772 307 110 071 191 08 307
11010
ISSN 2071 - 1913
“Halleluja! Ek wil die HERE loof van ganser harte; in die kring van die opregtes en in die vergadering. Die werke van die HERE is groot; nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het. Sy dade is majesteit en heerlikheid en Sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Hy het vir Sy wonders ’n gedagtenis gestig, die HERE is genadig en barmhartig. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee. Hy dink vir ewig aan Sy verbond. Hy het die krag van Sy werke aan Sy volk bekend gemaak, deur hulle die erfdeel van die heidene te gee. Die werke van Sy hande is trou en reg; al Sy bevele is betroubaar. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; uitgevoer in trou en opregtheid. Hy het aan Sy volk verlossing gestuur; Hy het Sy verbond vir ewig ingestel; Sy Naam is heilig en vreeslik. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid, almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.” Psalm 111
seks aan & rebe ons kind llie ers? TUIS OND ERRIG :
ii Hart vir God & d Gesinne “EN KOO
ie 2016
(BTW uitg.)
?
JOU KIND & DISSIP PAKGEE LINE: OF NIE?
9 772071 191307
LERING
JUIG !
AAM?
Ma
11005
9 772071 191307
IT RITEar ja SOLIDA it! 114
DRAAGS
stenskap
g jy ORGAN jou E skenk?
Vertroue in die Huwelik
ISSN 2071 - 1913
d as gevin God.” tem an LEWE my s kind v RVOL p in ’N OOistenskaplek n he t “E k n aa r e Chr werks RRIG die ste ONDE ige kun TUIS oofwaardf 5:16 bus
ONVER
Ware Chri
8
11003
9 772071 191307
nd u ki ED k jo MaaD-GERE GO
se
9 772071 191307
l glo...
Mens
: SKAP STEN wat CHRIGeloof ker ’n s an on
Ware Men
God se wil:
5 Uitg awe
KERK: EIS ESIS GEN ISSN 2071 - 1913 TERUG!
Ware Lew e Volu me
S taa
F
oor ON
ap
P BEKERINGSDOO VERVOLG
JUIG!
JUIG ! TYD SKRI
tensk
Chris
skap
Volume 8 Uitgawe 4
re e Wa
skap
JUIG! Ware Lewe Ware Mense Ware Christen
skap
Ware Christen
Mense Ware Lewe Ware
sten Ware Chri e Mense e War Ware Lew
JUIG! TYDSKR IF
Ware
JUIG!
8 Volume 3 Uitgawe
KR IF
Lewe
JUIG!
IF JUIG! TYDSKR
TY DS
Ware
F
JU IG!
! JUIG
SKRI JUIG ! TYD
KA DUISMIGHTYROO END MEN EG ERED !
die OORW duis IN tern is
9 772
2071
071
Wat is jou NALATENSKAP?
BEMOEDIGING
- 19
191
13
307
120
02
jou huwelik
VERNIETIG?
D
aar is net één God. Hy bly die Voorsiener van alles, en Sy genade is nie te koop nie. As ons dít nie weet nie – omdat ons beursies en banksaldo’s ons laat dink dat ons in beheer is – karring dit al te maklik aan ons trots. Ons word arrogant, ligsinnig en kry ’n valse gevoel van mag – iets wat met ’n ek-het-God-nie-regtig-nodig-nie-houding des te makliker by die voordeur inwaai as geld dit vooruitgaan. 1 Timoteus 6:9-10 leer ons wat die waarheid rondom te véél geld of ’n begeerte na rykdom is: “Mense wat begeer om ryk te wees, val in die versoeking en strik van die satan. Daarby kom daar allerhande onverstandige begeertes wat hulle benadeel en hulle uiteindelik vernietig en in die dooie hel laat stort. Die liefde vir geld lei tot alle soorte slegte dinge. Party mense het geld hulle mikpunt gemaak en daardeur hulle vertroue op die Here verloor en die een smart na die ander oor hulle eie lewe gebring.”
jy ook wil hê. Op die ou end koop ons dinge wat ons nie nodig het nie, met geld wat ons nie het nie, om mense te beïndruk wat nie regtig saak maak nie. As ons in hierdie net vasgevang is, moet ons besef dat geld nie vrede of blywende waarde kan bring nie. Ons vrede word juis gesteel omdat ons langer ure en meer moet werk om ons uitgawes te dek – wat lei tot stres, frustrasie en te min tyd vir mekaar in die huwelik! Wat sou van ons eiewaarde staande bly as ons alles verloor? Met hope geld en genoeg arrogansie is dit maklik om te dink dat jy dit goed sal hanteer, dat niks jou van stryk sal bring nie…tot jy op jou knieë staan met niks in die hand nie! Ons moet versigtig wees dat ons nie ons huwelik
Die leuen oor ons inkomste
en kinders ter wille van geldmaak verloor nie, en nog meer daarop bedag wees om nie ons siel in die proses te verloor nie.
So baie huwelike en kinders se harte bloei omdat Pappa heeldag net werk, werk, werk. En nee, daar is niks daarmee fout om as man aan jou gesin se behoeftes te wil voorsien nie, maar dalk moet ons besef dat God ons nie ten kóste van ons huwelike en gesinne finansieel mildelik sal seën nie. Wanneer ’n man massas geld maak, maar sy vrou en kinders sien hom byna nooit, moet ons dalk vra of dit nie Mammon is wat hom vet voer en in Egipte hou nie – die plek van skuld, slawerny en afvalligheid nie. God se hartsbegeerte is dat ons huwelik en gesin héél en eensgesind sal wees, nie dat ons baie geld sal hê nie.
Geld wat status bring Omdat aansien en erkenning soos ’n dwelm is wat jou laat goed voel, is daar ongelukkig nie ’n versadigingspunt nie. Jy smag altyd na meer en raak ingestel op dít wat ander het en
Vroue van geloof en moed –
—deur Gretha Wiid
geval het. Moenie dat intellek of dogma God se finansiële seën in jou lewe weerhou nie. Vra die Heilige Gees om jou te oortuig. Glo my, Hy sal! • Jy kan tiendes betaal en in oorvloed saai, maar as jy oneerlik is oor jou belasting, sal God jou nie finansieel seën nie. Jy sal ook nie finansieel vry word as jy mense ontduik vir wie jy geld skuld nie, of selfs net te veel kleingeld aanvaar sonder om die winkeleienaar daarop te wys nie • Jy kan kies om net te saai wanneer dit nie aan jou sak gaan vat nie en dus ’n gewone seën daarvoor ontvang. Om egter te saai omdat God dit op jou hart druk terwyl jy weet dat dit jou finansieel in ’n verknorsing
—deur Lourieke Haller
E
k was onlangs by ’n begrafnis waar almal opgestaan het en, soos by deesdae se gradeplegtighede, juigend hande geklap het vir die wonderlike ouma en geestelike moeder van baie, wat na die Hemel ‘gegradueer’ het. Dié juigende staande ovasie het iets oor Joan se nalatenskap gesê.
Jesus verweef in elke verhaal Soos haar kinders, skoonkinders en kleinkinders die een na die ander staaltjie van haar sorg, liefde en wysheid vertel het, was die goue draad deur elkeen se verhaal verweef haar liefde vir Jesus. Vroeg elke oggend kon hulle haar aantref op ’n gemaklike stoel wat oor haar tuin uitkyk – Bybel in die hand, besig om tyd saam met haar beminde Vader te bestee.
Ons moet versigtig wees dat ons nie ons huwelik en kinders ter wille van geldmaak verloor nie, en nog meer daarop bedag wees om nie ons siel in die proses te verloor nie.
Geld en geloof Die maklikste manier om finansieel staande te bly, is om die beginsels van God se Woord te gehoorsaam; beginsels van saai en maai, eerlikheid en geregtigheid rondom geld en die betaal van jou tiende. Onthou, skuld wat nóú aangegaan word, verseker miskien vir jou ’n onmiddellike inkomste of uitkoms, maar plaas jou toekoms onder stres. Aan die ander kant verseker saai en die betaal van jou tiende nie noodwendig nóú vir jou ’n uitkoms nie, maar wel op die dag wat jy dit nodigste het.
Tiendes en gawes • Baie mense redeneer oor die beginsel van tiendes – ’n Ou Testamentiese beginsel of iets wat saam met die koms van Jesus weg-
Nalatenskap van Christelike generasies Sy het ’n aandeel in elkeen van haar gesinslede se bekering gehad. Dit was duidelik dat hierdie vrou ’n erfenis nagelaat het wat baie wyer uitgekring het as net haar eie liefdevolle familie. Die uitwerking van haar geloof het van haar af, deur ander, al wyer uitgekring totdat ’n hele gemeenskap geraak is. Soos een dit gestel het: “Hoe sy dit reggekry het om soveel mense te ‘mother’, is inderdaad ’n wonderwerk!” Dit was haar nalatenskap. Deur haar liefde vir Jesus, is
kan plaas, sal ’n dubbele seën vir jou bring. Wees daarom sensitief vir die stem van die Heilige Gees. As God jou lei om te saai, sal Hy jou nie in die proses in die verknorsing laat nie • As jy vir jou maat oor geld jok en dinge van hom/haar weerhou, kan God daardie leuens, ongehoorsaamheid en die volharding daarin nie seën nie • As jy jou maat met geld manipuleer of beheer, of minderwaardig hanteer, sal jou huwelik leeg loop as gevolg van jou oorvol beursie. Soek allereers die koninkryk van God, en Hy sal jou die begeertes van jou hart gee. Met ons hart op die regte plek, seën Hy ons huwelik en ons inkomste!
JUIG! TYDSKRIF 47
sien en te praat oor wat die Gees sê. Ons kan ’n uitwerking ten goede hê, of ’n kragteloosheid wat op ‘niksheid’ uitloop nie. Kay stel dit so: “Wat bedoel ek met niksheid? Niksheid is dit: ‘Ek gaan neutraal bly. Ek gaan nie vir enigiets standpunt inneem nie. Ek gaan sonde nie sonde noem nie. Ek wil liewer hê dat mense my aanvaar...’ Watter soort vrou is dit?”
As vroue het ons ’n groter uitwerking op ons mans, ons kinders, ons kleinkinders, gemeenskap, selfs in ons kerk as waarvan ons soms bewus is. Wat is jou uitwerking? saak waarin sy hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my tot steun.” Rom 16:1. As vroue het ons ’n groter uitwerking op ons mans, ons kinders, ons kleinkinders, gemeenskap, selfs in ons kerk as waarvan ons soms bewus is. Wat is jou uitwerking?
Watter soort vrou is jy? Kay Arthur het onlangs tydens ’n vrouekonferensie ’n kragtige boodskap gegee. Die titel van haar toespraak was: “Woman of Courage in a Critical time”. Is ons vroue van moed op hierdie kritieke tydstip? Dit is maklik om verswelg te word deur die ongeregtigheid, wreedhede en onheil eerder as om in geloof te sien wat God
Vrees of geloof? Ons kan vroue van moed en geloof wees. Ons kan ons kinders of ons kleinkinders leer wat God se Woord sê. Ons kan hulle in ’n verhouding met God lei. Ons kan hulle leer hóé om in geloof te leef – op ’n praktiese wyse. In plaas daarvan om beangs te wees oor veiligheid, finansies, eksamens, of wat jou gesin ook al laat struikel, kan jy jou kinders leer dat daar vrede, rus en veiligheid by Jesus te vind is. Deur hoe jy nou reageer, vorm jy die tipe volwassenes wat jou kinders gaan wees wanneer hulle eendag stres, teëspoed en teleurstelling gaan ervaar. Lééf geloof vir hulle. Bid saam met hulle oor praktiese dinge in hulle lewe. Bid »
’n Ma hou die sleutel tot die siel, en dit is haar liefde wat ’n stempel van karakter afdruk en wat van ’n kind ’n Christen maak pleks van ’n wreedaard. Bekroon haar as die koningin van die huis.
Anoniem
GRETHA WIID is ’n verhoudingskenner, gasspreker en skrywer. Volg haar op facebook of twitter
JUIG! TYDSKRIF 45
opvolgende generasies nou kinders van God en sal hulle kinders se kinders Hom dien – danksy hierdie een vrou van geloof se voorbeeld.
Kanaal vir geloof Sy het my laat dink aan Paulus se woorde oor Febe, wat ook in haar gemeenskap ’n kanaal vir geloof en liefde was: “...staan haar by in enige
JUIG! TYDSKRIF 53
52 JUIG! TYDSKRIF
12 uitgawes vir net R316 ’n GRATIS DVD*
k ry
SKAKEL NOU! 021 852 4061
OF FAKS JOU BESONDERHEDE EN KREDIETKAARTBESONDERHEDE FAKS: (021) 852-5781 | e-pos: subs@joymag.co.za
* geldig solank voorraad beskikbaar is
Vir meer inligting oor JUIG! of JOY! Tydskrif gaan na www.juig.co.za en www.joymag.co.za 24 Hartklop l Augustus/September 2016 www.kerksondermure.org
Preekrooster PREEKROOSTER Augustus 2016 7 Aug
14 Aug
21 Aug
28 Aug
Hippolaan Reeks begin Nagmaal
Tertia Kellerman
08:00 Adrio König
Colin Smith
Fanie Venter
Colin Smith
Fanie Venter
Tertia Kellerman
10:00 Adrio König
Tertia Kellerman
Glow@18:30
Bennie Mostert
Stephan Joubert
Annelize de Wet
Midstream Reeks begin Nagmaal Tertia Kellerman (Streaming)
08:00
Fanie Venter
Christo Woite
Tertia Kellerman (Streaming)
10:00
Fanie Venter
17:30
Tiesie de Coning
Geen
Tiesie de Coning Christo Woite
TBC
TBC
Geen
* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander.
Gratis CD’s met kerksondermure se preke Elke Sondag stel kerksondermure die vorige week se preke op CD beskikbaar by albei die kerkkantore. Ons versprei tans 250 CD’s elke Sondag. Dankie dat jy ook op só ʼn manier help om die boodskap van die Evangelie verder die wêreld in te stuur. Neem gerus die vrymoedigheid om addisionele behoeftes te registreer by die kerkkantore soos en wanneer nodig. *Preke is ook beskikbaar via die webwerf.
Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure
Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor
Na-ure predikant op roep: 083 489 0180
Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480
Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046