Hartklop augustus 2014

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Ere aan God vir ons Koninkryksvroue

‘n Vrou en haar geloof Vroueharte vir die Koninkryk... Blomme in die sendingveld

Augustus 2014  Uitgawe 96


Inhoud Fokus op Vroue

Fokus

08

Kor 13 vir Vroue

09

Die vrou as onderwyseres

09

‘n Monument vir onderwyseresse

10

5 Vroue aan die stuur van Kinderbediening

10

Vroue in Kinderbediening

11

Vrouens wat ‘n verskil maak

12

Grafiese ontwerp by kerksondermure...

13

Maatskaplike werkers se harte as vroue

01

Redaksie - Vroue maak in die werklikheid ‘n verskil

02

Vroueharte vir die Koninkryk...

02

Merkwaardighede uit die Woord

03

Geloofsfokus

04

Gebed: Eva se gebed

07

Preekreeks - Luister na Jesus oor...

20

Getuienis: Rou en troos

14

Die vrou vanuit die oogpunt van Centurion Raad vir Bejaardes

29

Koninkryk-Tienergogters: Tienerdogters in Geloof

15

Blomme in die sendingveld

30

Koninkryk-Tienergogters: - Perspektief

16

Vroue by Midstream

32

Toerustingsfokus: RaakVatReis

22

‘n Vrou en haar passie vir Bybels

33

Toerustingsfokus: Bybelskool

Dagboek

Stories 23

Dit was kolwyntjies net waar jy kyk…

24

Dankie vir ‘n MaMs verskil

25

‘n Dag van pret en bederf

33

kinderssondermure Kwartaalprogram

34

Bybelskool

26

Kinderssondermure se Julie vakansieprogram was belaai met hope aksie!

Bediening van die Doop

27

Kinders Luister na Jesus oor…

Enkellopendes Program - Augustus

28

Hoop

35

Emosionele Versorging 36

Hupstoot vir jou Vrouehart

01

Preekrooster: Augustus

WIP (20plus) ‘Follow’ - Program

05

Briewe aan die Redaksie

Kuria - Ken jouself vir die Vrou wie jy is

06

Welkom: Louis Brittz

07

In SY Kruis-Skaduwee…

08

Welkom: Ilse Ferreira

18

Kalender - Augustus

19

Kalender - September

Agterblad:

My Voetspore 31

Algemeen

Vryheid moet gebruik word

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204 / francois@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205 / design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org  e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure Na-ure Predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Adres: Gemeente Sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003  •  Midstream - 012 940 9480


Redaksie

Vroue maak in die werklikheid ‘n verskil Die digter besing Oktober as die mooiste maand.. tog bring Augustus nie net sy kenmerkende winde nie, maar ‘n hernuwing in ons denke oor die vroue in ons gemeenskap – en in die Koninkryk. Die Hartklop staan in hierdie uitgawe bietjie stil, of sal ons nou sê, gaan sit bietjie op die skote, van vroue wat in, agter en met alles besig is wat ons gemeente se harte raak – tot diep in ons omliggende gemeenskappe. Van die werk wat in ons Voetspore projekte gedoen word, tot in ons selgroepe, sendingveld en selfs in ons skole, Hartklop kyk na ons vroue en gesels oor die dieper sy van hul betrokkenheid. Lees gerus op bl 9 oor onderwyseresse, bl 31 oor sending, bl 22 oor Bybelverspreiding, en bl 03 oor ‘n vrou en haar geloof, waarin daar gevra word wat die gewig van die werklikheid van geloof is. Colin Smith stel ons nuwe preekreeks bekend op bl 7 en ons maak ‘n draai by kinderkankerlyers in ons gesprek met Vera van

Dalen op bl 26. Ons verwelkom vir Louis Brittz in ons midde – lees meer oor hom op bl 6 en ouers kan kennis neem van die nuwe kwartaal se kinderssondermure program op bl 33. Ook Midstream se vroue groet ons, op bl 16 en wys dat ook daar groei en vernuwing plaasvind. ‘n Tiener vertel uit haar oogpunt op bl 30 hoe dinge in ons eie tyd ervaar word deur hoërskoolleerlinge. Geniet hierdie Hartklop – wat weerspieël hoe ons vroue se harte klop. Die Hartklop redaksie bedank graag vir Imbali Beauty wat ons vroue bederf met geskenkbewyse vir gesigsbehandelings en Cum Boeke wat ‘n afslagbewys aan ons lesers bied. Ondersteun hulle gerus.

PREEKROOSTER  •  Augustus 2014 3 Aug

10 Aug

17 Aug

Ilse

24 Aug

31 Aug

Hippolaan  Doop                  Belydenisaflegging  Nagmaal                  08:00

Colin Smith

10:00

Colin Smith

18:30

Stephan Joubert

Persoon van Ravi Zacharias

Fanie Venter

Annelize de Wet

Colin Smith

Fanie Venter

Annelize de Wet

Colin Smith

Colin Smith

Fanie Venter

Stephan Joubert

Tieners@Hippolaan                     17:30

Meiring de Wet

Midstream

Annelize de Wet

Louis Brittz

Colin Smith

-

Nagmaal

08:00

Herman de Kock

Adrio König

Colin Smith

Colin Smith

Christo Woite

10:00

Herman de Kock

Adrio König

Colin Smith

Colin Smith

Christo Woite

Tieners@Midstream                     17:00

Annelize de Wet

Meiring de Wet

Annelize de Wet

Allen Baatsen

www.kerksondermure.org

-

Hartklop  l Augustus 2014     01


Koninkryksvroue

Merkwaardighede uit die Woord

Vroueharte vir die Koninkryk... Karaktervolle vroue van die koninkryk Tussen die bladsye van die Bybel vind ons toegewyde vroueharte en gehoorsame hande wat God met hulle lewens eer. Hierdie vroue het nie net God se genade, liefde en guns in oorvloed beleef nie, maar ook ‘n plek in die geskiedenis verdien – met verrykende gevolge vir ons! Dink maar aan Maria, Jesus se moeder, wat haar as jong meisie in totale oorgawe tot beskikking van God gestel het in die wete dat niks vir Hom onmoontlik is nie. ‘n Ander Maria, die suster van Marta, het telkens gekies om by Jesus se voete te sit en sy woorde diep in haar hart te bêre. Dit was dieselfde Maria wat ses dae voor paasfees ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog het. Sy het Jesus gesalf voor sy begrafnis. Dan was daar Maria Magdalena uit wie Jesus 7 duiwels gedryf het wat later deur alle geskiedenisgrense gebreek het en die eerste ooggetuie van sy opstanding geword het. Die vrou by die put het Jesus as die Christus erken, haar waterkruik net daar laat staan en haar vreugde met die dorpsmense gaan deel. Nog ‘n vrou wat 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely het, se geloof het haar gedryf om tussen die skare vorentoe te beur, omdat sy geweet het dat sy maar net aan Jesus se soom kan raak.

Tiesie de Coning

Die geskiedenis hou egter nie hier op nie! In en vanuit kerksondermure werskaf duisende Martas en Marias met ‘n fyn balans tussen “gaan en werk” en “sit en luister”. God gebruik steeds vroue-sendelinge, vroue-predikers, vroue-kleingroepleiers, vroue-projekleiers, vroue-beraders, vroue-begeleiers… God gebruik vroue! Vroue se hande, voete, stemme en harte! Vroue om sy koninkryk te laat kom! Ons wy dus hierdie uitgawe aan vroue wat hulself, soos Jesus se moeder, met oorgawe tot beskikking van God stel; vroue wat soos Maria by Jesus se voete sit en na sy woorde luister; vroue wat saam met Maria Magdalena eerstehands ooggetuie van die kragtige werk van die opgestane, lewende Here is; vroue wat, soos die Samaritaanse vrou by die put, nie skroom om hul nuutgevonde vreugde oor die Lewe met ander te deel nie; vroue wat bereid is om vorentoe te beur, omdat hulle weet watter krag daar in die soom van Jesus se kleed is! Mag dienende vroue, in en vanuit kerksondermure, vroue na God se Vaderhart wees! Dankie, Here, vir soveel vroueharte vir die koninkryk!  k

Ons almal weet dat die karakter van Jesus Christus volmaak is en as gelowiges strewe ons daarna om meer van Sy karakter te leef in ‘n stukkende wêreld wat dit nodig het. Ek het al baie gewonder oor die unieke karaktereienskappe wat die Here aan vroue gee. Ek sien hoe meer en meer vroue opstaan om voluit in die koninkryk te dien en ek glo die Here wil vroue al hoe kragtiger gebruik. Natuurlik is Annelize de Wet elke vrou uniek en sonder twyfel kan vrouens nie alleen die koninkryk bou nie, maar iets van die karakter van Jesus word op ‘n ander manier in vrouens gesien. Dis asof die emosies van Jesus soveel meer sigbaar word in die lewe van gelowige vroue en dis kosbaar in ‘n verwarde wêreld. Die vroue in die Bybel leer ons iets van hierdie karaktertrekke… Hoewel die Bybel hoofsaaklik geskryf is in ‘n tyd waar vrouens onderdruk was, sien ons dwarsdeur steeds vroue wat met oorgawe die Here gedien het. Wanneer ek na hulle lewens kyk, sien ek die krag van dieselfde Gees wat vandag nog in gelowige vrouens werk. Ek dink aan die karaktereienskappe van Ou Testamentiese vroue: wysheid van Debora, waagmoed van Ester, omgee van Rut en dan ook die passievolle liefde van Ragab. Ek leer ook in die Nuwe Testament: gewilligheid by Maria, gasvryheid by Martha, deursigtigheid by Anna en toegewydheid by Prisilla. Al hierdie karaktereienskappe word ook in Jesus se lewe op verskillende tye gesien. Die Woord van God wys dus die hart van Jesus deur die lewe van vroue. Hierdie vroue wat in gehoorsaamheid luister na die stem van die Here en daarop reageer. Elkeen van hierdie vroue het op een of ander manier ‘n toets van hulle karakter ervaar, maar die anker van hul verhouding met God is wat die deurbraak gemaak het. Die Gees maak vroue sterk en die sagtheid van vroue bring ‘n unieke vertroosting vir ‘n stukkende wêreld. Van Eva tot vandag het vroue ‘n roeping in God se koninkryk – het jy as vrou al geantwoord? Ek word uitgedaag om as vrou vandag nog die karakter van Jesus op ‘n unieke manier te leef. Ek sien in die verhale van die Bybelse vroue hoe die vroue elkeen ‘n detail rol vervul wat uiteindelik bydra tot die groter prentjie. Dit is asof hulle karakter getoets word in gehoorsaamheid binne klein details. Ek glo dat elke gelowige vrou vandag nog hierdie spesifieke detail rol behoort te vul. Dit vra gehoorsaamheid aan God se stem en dit vra groei in jou karakter. In die tye wat jy getoets word sal dieselfde God van Ester en Rut, ook by jou wees! Here, laat U koninkryk kom deur elke karaktervolle vrou van God…  k

02    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Geloofsfokus

Hettie Brittz

Terwyl ek verlede naweek saam met my dogter by ‘n skoenestalletjie staan, hoor ek ewe entoesiastiese vroue om my “oe” en “aaa” oor juwele, handgeverfde sleutelrakkies, skilderytjies, handsakke… en een van hulle vat ons almal se sentiment perfek saam: “Ai, vrouens hou nou maar eenmaal van mooi goed, en klaar!” Hoe sou “mooi” geloof lyk, wonder ek? Vroulike geloof? Die afgelope vier jaar is vrouebediening een van my grootste voorregte. Maar dit was ook vier jaar van hartseer en ontnugtering. Ek het baie “mooi” geloof gesien wat vroue totaal verward en verwilderd gelaat het. Want miskien is ware geloof ‘n morsige besigheid – vol gras en modder en selfs bloed … Die geloofstierlantyntjies en godsdiensversiering wat my so ontstel, het eintlik maar een gedeelde eienskap: Die kunstige rol wat ons eie begeertes in die mooimaak van ons geloof speel. Ons begeer tog so om te kan weet wat God sal doen, ons begeer om te kan voorspel wat die toekoms hou, ons begeer om te kan beheer hoe die volgende seisoen in ons lewe sal verloop en ons begeer om ons mans, kinders, vriende en familie se gesondheid en veiligheid te kan waarborg. Diegene met hierdie begeerte vind ongelukkig deesdae by Vrouedae en in vrouetydskrifte volop versiersels en reseppies om al die behoeftes hierbo se vervulling te waarborg. En as ‘n vrou nie waaksaam is en dieper kyk nie, raak sy opgewonde oor die nuutste “how to” van geloof, “print” dit uit, plak dit iewers op, versier dit, Instagram en Facebook dit en voor ons weet, bou ‘n string van ons, ons kosbare geloof op iets wat dikwels nie die gewig van die werklikheid kan dra nie. Ek hoor hierdie soort ontnugterings daarom al te gereeld:   Maar ek het dan my kind gesalf en oor hom uitgeroep dat    hy rein sal bly. Hoe kan dit wees dat hy dan rondslaap?   My dogter se naam beteken “vrolikheid” so ek weet    verseker sy kan nie depressie hê nie. Ek weier om haar te

laat behandel! As haar juffrou net wil ophou om dood    oor haar te spreek deur aan te hou vra of sy nie dalk    depressief voel nie! Dis die juffrou wat dit veroorsaak.   Ek bid nou al so lank vir nuwe werk en toe sien ek gister by    die plek waar ek vir ‘n onderhoud was die nommers 737    op die hek. Dis asof 3, wat vir God se drie-eenheid staan    omring was met 7’s wat volmaaktheid beteken. Toe weet    ek hierdie werk is vir my. Maar vanoggend het hulle laat    weet ek is nie aangestel nie. Hoe verwarrend is al hierdie dinge nie! Ons word verseker dat ons geloof “mooi” sal word deur hierdie versierings by te voeg – aksies, woorde, olies, simbole. Dit werk nie, en ons beweeg na die volgende stalletjie… Dalk moet ons selfs meer Joods wees en Jesus eerder Jeshua noem, want dit werk dalk beter resultate in die hand – ‘n nader verhouding, meer gebedsverhoring, dalk? En soms “werk dit” oënskynlik, en word vir ons ‘n valse hoop! Ons glo nie meer in Jesus nie, maar in ons eie handeling en woorde. Ons beland op ‘n lang ompad, want dit wat vandag werk, werk oor ‘n maand of ‘n jaar nie meer nie. Na baie trane, plons ons voor Jesus se voete neer, want niks anders is ons verlossing nie … Ek vra my af hoe vroulike geloof in die Bybel gelyk het. Dan kyk ek na Maria wat in die stof sit en net na Jesus kyk en luister, na vroue wat by sy kruis staan en waak en huil terwyl hulle nadink oor wat sy dood beteken, wat net bring wat hulle klaar het om sy liggaam mee te balsem, en wat halsoorkop hardloop om almal te vertel dat Hy lewe. Onversierd, onbeskaafd, amper, so sonder reseppies. En dan moet ek wonder of geloof ooit “mooier” as dit hoef te wees. Kan ons nie maar net sit en luister nie? En die volle implikasies van sy dood en opstanding oordink en in ons harte inmasseer (wat meer as ‘n leeftyd sal neem!) en dit wat ons reeds het of is dienswillig uitgiet oor sy liggaam, die Kerk, en dan halsoorkop hardloop na almal wat nog nie weet nie terwyl ons onbeskaamd uitroep: “Jesus lewe!” En as die lewe bloederig raak, dan mop ons dit nie met mooi dingetjies op nie, maar hardloop na die Goeie Herder toe en dan bloei ons daar in sy arms, nie met ons eie bloed nie, maar met syne.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     03


Gebed

Eva se gebed Ek is ‘n vrou. Ek is uniek geskep deur God en ‘n plek in hierdie lewe gegee – ‘n ruimte om te mag wees. Die hele wêreld het gewag dat ek gebore moet word.

Ek is ‘n vrou. God se reis met my, deur die goeie en die slegte, het my voorberei om vry langs ander te mag staan – sonder skaamte en vals onderdanigheid.

Ek is ‘n vrou. God se Gees maak my sterk en ek tree in in hierdie krag, ek dra hoop en lewe, ek kyk die wêreld in die oë en omarm my volle menswees. Ek is ‘n vrou. God berei my voor vir iets groter as myself en gee my drome van liefde en billikheid. Ek gee myself hiervoor, maak my hart en arms oop sodat God nuwe lewe deur my kan skep. Ek is ‘n vrou, uniek geskep deur God. Amen

04    Hartklop l  Augustus 2014

Gesryf deur: Mariette Steyn (13 Junie, 2013) ~ Geloofsreis vir vroue

Ek is ‘n vrou. God gee my mense wat my liefhet, my ondersteun en my innooi. Ek ontdek vriende wat betroubaar is, en daar is vir my – ‘n tweede moederhuis.

www.kerksondermure.org


Briewe aan die Redaksie

Deel jou storie... Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor! Hoe ervaar/leef ek en jy ons kind van God wees in 2014? – ’n Medereisgenoot op pad…   Hoeveel keer het ek en jy al Romeine 12 gelees en dit vir onsself gebid? En nie net Romeine 12 nie, al die ander bekende dele wat ons gereeld lees, en gereeld vir God sê ons wil aan Sy Woord gehoorsaam wees. Want God meet onder andere ons liefde vir Hom aan ons gehoorsaamheid aan Sy opdragte, as ek die Bybel reg verstaan. En daar is baie opdragte en riglyne oor hoe Hy wil hê ons moet elke dag optree. Dink maar aan Jesus se Bergpredikasie in Matt 5-7 en Lukas 6; die hele praktiese Jakobusbrief; Efesiërs 4 tot 6; Galasiërs 5 en 6; Romeine 13; 1 Kor 13, Kolossense 3, en so kan ek aanhou!   Die vraag is egter: doen ons wat ons lees? Maak ons ’n verskil? Lyk ons anders as die res van die mense om ons? Dink ons met God se hart; kyk ons met Sy oë; luister ons met Sy ore; praat ons uit Sy mond? Dis ons almal se begeerte, maar ons weet mos ons kry dit nie altyd reg nie. Boonop vergeet ons baiemaal van die leefstyl-afrigter wat Jesus vir ons gestuur het, die Heilige Gees. Die Boodskap sê dat ons wat vrygekoop is en nuutgemaak is, die Heilige Gees moet toelaat om te besluit wat ons dink, doen en sê. (Gal. 5)   Ons het al baie gehoor en gelees van die koninkryk van God, maar wat beteken dit in die praktyk? Lukas 17:22 in Die Boodskap verduidelik dit vir my die beste: “Julle verstaan My heeltemal verkeerd,” het Jesus geantwoord. “Wanneer Ek vir julle sê dat God se nuwe wêreld (Die Boodskap se vertaling van die koninkryk van God) hier is, bedoel Ek nie dat dit iets is wat julle met die blote oog kan sien nie. Mense kan byvoorbeeld nie sê: ‘God se nuwe wêreld is in daardie dorp’ of ‘God se nuwe wêreld is hier in ons stad’ nie. Nee, God se nuwe wêreld is iets wat binne-in jou lewe gebeur. Wanneer jy aan My kant kom staan, verander jou lewe van binne af. Dan is jy ’n burger van God se nuwe wêreld.”   As ek en jy bely dat die Heilige Gees besig is om ons van binne af nuut te maak, is dit mos vanselfsprekend dat ons anders sal begin lyk, anders sal begin dink oor dinge, anders sal begin praat oor dinge, ook oor ons eie land, ons regering, ons medemense, anders kan ons nie bely dat ons aan Jesus se kant staan nie.   As ek en jy en elke ander kind van God, wat bely dat ons burgers is van hierdie nuwe wêreld, ons andersheid prakties begin uitleef, dan moet dit ons omgewing tog verander! As ons gereeld bid vir almal wat gesag uitoefen (1 Tim 2:1-7), bid vir hulle redding, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei, in volkome toewyding aan God, glo ek met my hele hart God sal ons gebede verhoor!   As ek en jy die owerhede gehoorsaam wat oor ons aangestel is, omdat God dit van ons vra, sal ons ingesteldheid en voorbeeld mos ’n verskil maak in die omgewing waar ons woon en werk. As ek en jy anders begin praat oor ons elkedagse leefwêreld – ons werkplek, die skool of universiteit, die supermarkpersoneel, die sportveld, finansiële sake; e-tolgeld, die politiek, ons leiers, mense in die algemeen, dan MOET dit tog ’n impak hê in die geesteswêreld, en ook daar waar ons beweeg.

’n Praktiese voorbeeld: Ons sê maklik: “Ek het geen respek vir daardie mens nie”, of: “Ek het al my respek vir hom/haar verloor”! Maar nou, omdat ons nuwe mense is, moet ons liewer sê: “Ek hou nie van wat daardie mens doen nie, maar God sê ek moet alle mense respekteer, dus gaan ek hom of haar respekteer, bloot omdat Hy dit van my vra.”   1 Petrus sê ons moet alle mense respekteer, ons medegelowiges liefhê, God vrees, en die keiser eer. In ons geval sal die keiser seker die regering wees? Ons kan die voorbeeld deurtrek na ons medegelowiges en “die keiser” toe…   Dis nie altyd maklik nie, maar dis baie moontlik en noodsaaklik om gehoorsaam te leef! Gelukkig hoef ons dit nie op ons eie of uit ons eie krag te probeer doen nie. Ons het die Heilige Gees se hulp, en Hy is elke dag, elke uur en elke sekonde daar vir ons, met raad en riglyne uit die Woord, wat Sy swaard (en ook my en jou swaard) is.  Wanneer ons in gehoorsaamheid en in liefde leef, sal dit ook hoop bring in elke situasie waar ons as burgers van God se koninkryk anders optree as wat mense verwag. Dink net hoe dié hoop kan uitkring en ’n verskil kan maak in ander mense se lewens!   Kom ons begin dit vir mekaar bid: dat elke lidmaat van kerksondermure, en ook elke ander kind van God in ons land, daadwerklik aan Jesus se kant sal kom staan, regtig van binne af sal nuut word, en ’n reuse verandering sal maak deur die manier waarop ons bid, dink, doen en sê – en op dié manier God se nuwe wêreld só sigbaar maak dat honderde duisende ander mense ook na hierdie nuwe wêreld toe sal wil immigreer. * * *

Jou karwag – Ria Janssen   Graag wil ek my storie oor die karwagte by Mall@Redds met julle deel. Ek en 'n vriendin koop volledige Bybels by die Bybelgenoodskap wat ons versprei. Sy versprei Shona Bybels by Midstream en ek Franse Bybels by Mall@Redds.   Dit is so 'n plesier om met hulle die Woord te deel. Die wagte ken al my motor dus kom vra hulle vir Bybels. Graag wil ek twee WOW ervarings met julle deel. As die karwag my pakkies in die kattebak sit en sien die Franse Bybels, vra hy en die dankbaarheid om die Woord te besit is meer as wat woorde kan sê. So, die eendag toe ek ry na ek inkopies gedoen het, hoor ek iemand hardloop langs my motor en slaan teen die ruit, ek weet nie of die man my wil beroof nie, maar hy vra toe net vir 'n Bybel, ek kon dit nie glo nie. Ek werk in Erasmusrand, eendag gaan ek sommer Kasteelpark toe om inkopies te doen. 'n Karwag kom na my en vra of ek nie van Centurion daar by Mall@Redds is nie. Toe ek bevestig vra hy of ek vir hom 'n Bybel het. Hy sê hy het my motor herken. Gelukkig het ek toe net 'n boks Bybels gekry. So ek kan eerlikwaar vir Elmine sê, die karwagte ervaar die liefde van Jesus Christus. Ek sal op die uitkyk wees vir Yannick en hom ook 'n Bybel gee. * * *

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     05


Algemeen

Louis word kerksondermure familielid Fanie Venter

Louis Brittz is sedert 1 Junie deel van die kerksondermure span. Ek het, om hom bietjie bekend te stel, vir hom ʼn paar vrae gevra: Vertel vir ons iets van jouself. Ek het in Brakpan grootgeword, regte gaan swot by Tukkies. Daar het ek die Here Jesus leer ken en lekker “radical” geraak! Tydens my artikelklerk-jare het ek my eerste CD opgeneem en toe in 1994 voltyds in die musiekbediening gegaan. Ek is dus die afgelope 20 jaar 'n “worship”leier, regisseur, skrywer en musiekbedienaar. Die eerste 10 jaar het ek net met tieners en jongmense gewerk, en die afgelope 10 jaar darem met grootmense ook. Ek is met Hettie getroud, nou al 21 jaar, en ons maak vir Idalise, Pero en Simone groot. Wat maak jou opgewonde? Ek raak opgewonde wanneer ek sien hoe mense energiek raak vir die Here en in beweging kom. Passie is magneties - om te beleef hoe iemand se passie vir Jesus ander mense aansteek is vir my lekker. Om betrokke te wees wanneer God iemand vrymaak sal my altyd opgewonde maak - dis hoe ek sien dat Jesus leef. Ek hou ook van groot bewegings en planne om God se koninkryk te bou. Natuurlik van dinamiese lofprysing, koffie met lae suurgehalte en jong, goedkoop rooiwyn (Brakpan...). Hoe droom jy oor die kerk? Die kerk is 'n 15-man skrum. Verbeel jou die hele rugbyspan bind saam, bult hulle spiere en beur vorentoe. Dis 'n onkeerbare beweging! Daar is soveel 'donker' om ons om plat te stoot en dis 'n opwindende uitdaging. Ek weet ons kan ons wêreld verander as elke lidmaat voluit speel. Ek het al gesien hoe gemeentes die kultuur rondom hulle heeltemal verander. Ons is hier om die aarde te maak soos dit in die hemel is. Net die kerk kan dit doen, want dis waar ons SAAM Jesus se opstandingskrag in beweging bring. 'n Gesonde kerk is soos 'n groot skip met drie afdelings: 'n Siekeboeg waar mense kan kom gesond word, 'n Kuierdek waar enigiemand kan kom uithang, veilig voel en verhoudings bou (selfs die "pirate" met die houtbeen). En 'n hele paar dekke met groot kanonne waarmee ons Jesus se liefde na die wêreld toe afvuur. Waarmee is jy besig? Ek is op #Imagine se kernspan. Ons probeer om duisende jongmense in Suid-Afrika opgewonde te maak oor Jesus en sy kerk. Ons bring hulle bymekaar en skep ook geleenthede vir hulle leiers om te kan groei. Ek skryf steeds musiek en bedien wyd soos tyd dit toelaat, soms as kunstenaar maar meestal as "worship"leier en spreker. Ek neem in Augustus 'n nuwe lofkonsert-CD op (Kook vir die Koning - 20 jaar later). Dan is ek ook agter die skerms betrokke by 'n

paar ander kunstenaars se loopbane en produkte. Ek het 'n klein onderneming (Merchant Musiek) en ons werk o.a. met Retief Burger, Loyiso Bala, Duis:Lig en Soweto String Kwartet. Wat kom maak jy by kerksondermure? Ek en my gesin kom eerstens 'behoort'. Ons glo dat mens se gemeente die dak oor jou kop is en om nie deeglik in te skakel nie, is waansinnig. Ons wil verhoudings bou en saam met passievolle Christene hard werk om God se koninkryk te bou. Ek is nou wel as individu bekend vir 'n paar goed, maar ek hou nie daarvan nie - ek is 'n spanspeler en ek glo in die span by kerksondermure. Ek kom 'n paar bedieninge hier met my gawes en ervaring ondersteun. Ek is by erediensontwikkeling, jongmense, “worship”, prediking en multimedia betrokke en veral opgewonde om ons aanddienste 'n unieke karakter te help gee. Ek sal ook in die opwindende fase waarin ons Midstream bedieningspunt is, help beplan en bou. Hoekom by kerksondermure? Ek en Hettie ken kerksondermure al laaaank. Via vriende, familie en eie optredes wat ons aan die gemeente verbind het deur die jare, ken en vertrou ons kerksondermure se DNA. Ons beleef dat gewone, “down-to-earth” mense hier kan tuiskom en met groot passie Jesus se liefde kan uitleef buitentoe. Ons beleef hier die siekeboeg, kuierdek en oorlogdekke. En die leierskap hier is net "great"! Ons glo ons kan hier help, tuiskom, lang paaie met mense loop en geestelike ondersteuning hê vir die dinge waarvoor die Here ons roep in Suid-Afrika en elders. Ons hou van kerksondermure. Ons voel hier soos gewone mense - en dis belangrik, want ons het die skete, probleme en behoeftes van gewone mense. Maar ons voel ook uniek hier: dat ons gawes en talente gebruik kan word om die Here te eer. Hopelik is dit hoe elke gemeentelid hier voel!  k

06    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


PREEKREEKS:

Luister na Jesus oor...

Colin Smith

My ma het altyd gesê jy het twee ore en een mond, gebruik hulle so. Dalk klink dit bekend vir jou. In hierdie maand waarin ons in die besonder kyk na vroue en die rol van vroue in ons lewens, waarin ons opnuut hierdie wonderlike mense waardeer en erken, is dit ook gepas dat ons nuwe reeks gaan oor luister, en juis luister na Jesus oor... Jesus praat reguit. Hy draai nie doekies om nie. Hy gebruik die beelde van sy tyd en sy hoorders en Hy verduidelik vir hulle hoe radikaal anders die Koninkryk van God is en hoe radikaal anders sy volgelinge se lewens moet wees. In hierdie reeks gaan ons dit waag om van hierdie waarhede wat Jesus vir ons geleer het te ontsluit. Daarom gaan ons luister na Jesus oor: Woorde- Hoe gebruik ons ons woorde daagliks? Geluk- Waarin vind ons geluk? Vergifnis- Die waarde en krag van vergifnis. Is dit vergeet en vergewe, of vergewe en leef? Geld- Watter rol speel geld in die lewe van `n gelowige? Verandering- Die een konstante in die lewe. Hoe lyk die vorming van ons geloof in ons lewens? Elkeen van hierdie temas ontsluit `n magdom gesprekke. Ons glo en vertrou dat julle saam met ons op reis sal gaan, op reis na die voete van Jesus en dat ons opreg sal luister en reguit sal praat oor dit wat Jesus vir ons leer. Mooi loop.

In SY Kruis-Skaduwee… Net na sonsopkoms rondom Paastyd sit ek en my familie in die motor voor skool en daar sien ek dit……..die skaduwee van ‘n Kruis! Ek skreeu opgewonde vir mamma…kyk daar dit is Jesus-se-Kruis mamma! Mamma neem ‘n foto en waarlik die “strik-lamp-paal” wat Paasfees uitbeeld maak ‘n volmaakte Kruis! Mamma vra wat dit vir ons beteken en ek sê… Mamma dit beteken dat Jesus altyd saam met ons is en dat ons bewaar word deur Jesus ons Redder en mamma….Jesus seën ook ons Kerk! Mag ons almal deur kinder-oë en-harte Jesus se Redding & Liefde vir ons beleef! Kristen Knoetze www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     07


Fokus op Vroue

1K

or 13 vir

Al sou ek die mooiste huis in die duurste buurt hê en die nuutste mode navolg, maar my huismense geniet nie die weelde van my sagte teenwoordigheid nie, dan is ek so waardeloos soos 'n bankkrediet met 'n nulbalans.

Al het ek die gawe van woorde om enige produk te kan verkoop, skares na my motiveringspraatjies te laat stroom, maar ek het nie die omgee om na ‘n vriendin wat seergekry het te luister nie, doen ek meer kwaad as goed. Al ken ek die geheimenisse van die nuutste tegnologie, en al besit ek al die kennis van die Beurs en Reserwebank, maar ek weet nie hoe voel ‘n bejaarde se sagte wang en hande nie, dan het ek niks bereik nie. Al gee ek 'n dubbele tiende vir die armes, en al beroem ek my daarop dat ek in elke liefdadigheidsorganisasie dien, maar ek is te besig om soms in die veld te gaan stap en my Skepper met sonsondergang te ontmoet, baat dit my alles absoluut niks.

e u Vro

werksgeleenthede of op ander ouers met slimmer en mooier kinders nie. ‘n Vrou wat liefhet, is nie grootpraterig en verwaand nie. Selfs nie wanneer jy al wéér bevordering gekry het of ‘n referaat by ‘n oorsese kongres moet lewer nie. ‘n Ma en kind se liefde handel nie onwelvoeglik deur ongeduldig met mekaar te wees nie. ‘n Vrou se liefde handel nie onwelvoeglik deur op haar man jaloers te wees nie, soek nie haar eie belang deur haar man te manipuleer nie, is nie liggeraak, foutvinderig en nukkerig nie. ‘n Vrou wat liefhet, verbly haar nie oor ‘n ander se foute nie. ‘n Ma wat liefhet, vermy die woorde: "Ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie luister nie". ‘n Vrou wat liefhet, verheug haar oor God se goedheid in ander se lewe.

‘n Vrou wat liefhet, is geduldig – óók in die poskantoor se ry, in spitsverkeer en met ‘n tweeling op elke heup in ‘n besige supermark.

Daarom, liewe vrou, kom ons bedek alles met die warm kombers van liefde en diep omgee. Kom ons glo in ons huismense en deel onbevange die onbeskaamde hoop dat Jesus weer kom.

‘n Vrou wat liefhet, is vriendelik – ook met ‘n verwaarloosde boemelaar, ‘n onkundige kassier en ‘n honger straatkind.

En nou: geloof, hoop, en liefde bly. Hierdie 3, maar die grootste hiervan – vir elke vrou – is onvoorwaardelike liefde… want GOD IS LIEFDE.  k

‘n Vrou wat liefhet, is nie afgunstig op haar vriende met beter

Algemeen

Welkom

Ons verwelkom vir Ilse Ferreira by kerksondermure as deel van die kommunikasie span. Sy gaan op kontrakbasis help met nuwe projekte en kommunikasie take. Ilse Ferreira se pad met die Here het al ‘n draai in Italië gemaak waar sy as sendeling by die organisasie Christ Worldlight International gewerk het, worship leader in die kerk was en sommer orals gesing en selfs gepreek het (‘n buitengewone ding vir ‘n vrou in Sicilië). “Van al die dinge wat ek al geleer het op my pad met God, is dat Hy daar is al gebeur wat, en selfs al kan jy nie sy teenwoordigheid voel nie. Selfs al VOEL jy alleen, IS jy nie alleen nie.” Sy en haar tienerdogter, Kiara is al ses jaar lidmate van kerksondermure en het verlede jaar aan die Kerssangdiens deelgeneem as koorlede. Albei van hulle geniet dit om hul geloof deur musiek, sang, kuns en op ander kreatiewe maniere uit te leef, soos skryf. Albei skryf ywerig (ma al professioneel vir meer as dertig jaar).   k

08    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Fokus op Vroue

Die vrou as onderwyseres Volgens die Meriam-Webster woordeboek is ‘n onderwyseres ‘n “vroulike persoon wie se beroep is om te onderrig.” ‘n Bietjie yl definisie volgens my.... Om ‘n onderwyseres te wees is soveel meer as dit! Ek dink Henry Brooks Adams het dit heel goed saamgevat toe hy gesê het: “A teacher affects eternity, she can never tell where her influence stops.” Alhoewel die onderwysberoep verskeie uitdagings bied, o.a. multi-kulturele en/of oorvol klaskamers, kinders wat emosionele of finansiële probleme het wat hulle gedrag en/of vordering in die klaskamer beïnvloed, ‘n algemene gevoel dat daar net te min ure in die dag ens., is die belonings net soveel meer. As onderwyseres het ek die tweede grootste invloed (naas sy/ haar ouers) in ‘n kind se lewe. Gevolglik beteken dit ek is in ‘n posisie om nie net vaardighede soos lees of skryf vir ‘n kind te leer nie, maar ook waardes en beginsels te leer wat die karakter van ons toekomstige volwassenes gaan bepaal. Deur te fokus om kinders hulle volle potensiaal te laat bereik en hulle selfbeeld en karakters te bou, dra ek by om die wêreld ‘n beter plek te maak, een kind op ‘n slag. So tussen vuil handjies, verf en vetkryt, toebroodjies maak, prentjies uitsny, lesse beplan en drukkies gee besef ek gereeld wat ‘n voorreg dit is om met hart en siel jouself te kan toewy aan jou beroep, en te weet dat jy ‘n verskil maak.

As Christenvrou het ek myself nog altyd in die onderwysberoep as ‘n tipe van “under-cover” Ria Wessels sendeling gesien. Alhoewel nie al die kinders met wie ek te doen kry in Christelike huise grootword nie, of al die onderwysinstansies met wie ek in kontak is die Christen-geloof voorstaan nie, weet ek dat my lewe ‘n getuienis is. Hoe ek moeilike situasies hanteer in die klaskamer, hoe ek ‘n kind onvoorwaardelike aanvaar, geduld, vriendelikheid, getrouheid in my werk, eerlikheid, opregtheid, liefde.....hierdie is die eienskappe in ‘n onderwyseres wat kinders iets van Jesus leer. En so bou die onderwysberoep Jesus se koninkryk, een kind op ‘n slag. As ek so na my mede Christen-kollegas in die onderwys kyk, kan ek nie help om aan 1 Johannes 3:16 te dink nie: “Ons het agtergekom wat ware liefde is: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. So moet ons ook ons lewens opsê ter wille van ons broers en suster.” Ek sien daagliks hoe Christen onderwyseresse hulle lewens aflê om Jesus se koninkryk in die klaskamer te bou, en daarvoor salueer ek hulle! Mag Jesus jou elke dag wysheid en krag gee om hierdie uitdagende beroep met vreugde te doen!  k

‘n MONUMENT VIR ONDERWYSERESSE ‘n Graad Een-parabeen het eenmaal gereken: “Juffrou is soos mamma – net by die skool.” “Tien uit tien”, sou ‘n hele klas vol haasbekkies luidrugtig saamstem. Juffrouens is inderdaad skool-mammas van die klouter-kabouter fase tot wanneer ons iewers op ons lewenspad terugkyk en erken dat onderwysers se invloed inderdaad lewenslank strek. Daarom vandag ‘n GROOT DANKIE spesiaal aan elke JUFFROU – hulle wat ‘n onmisbare rol in die vorming van ‘n nuwe generasie speel wat op hulle beurt weer ‘n volgende geslag moet lei en leer. Veral dié onderwyseresse wat nie net vertel, verduidelik of gedemonstreer het nie, maar dié wat met entoesiasme kinders inspireer! Dié wat nie net vakkennis oordra nie, maar ook kinders met warmte en liefde oorspoel, sodat die mooiste in hulle na vore kom, want dit wat onderwysers in die harte van hul leerders laat gebeur, kan ‘n wêreld beïnvloed. Ons bou ‘n monument vir onderwyseresse wat lewe spreek, wat kanse gee, wat kinders vertrou, wat optimisties hoop op die toekoms, wat kinderlik glo in God, wat die beste in elke kind raaksien, wat positief vorentoe kyk en wat hul roeping as liefdeswerk

Tiesie de Coning

beskou en elke dag voluit daarvoor leef. Ons salueer onderwysers met deernis, omgee, menslikheid, humor – julle is dié juffrouens wat kinders met lewenswysheid toerus en wat jong leiers met verantwoordelikhede toevertrou om waagmoed aan die dag te lê en baanbrekerswerk te doen. Dankie aan elke onderwyseres vir wie karakter belangriker is as aardse besittings, vir wie integriteit swaarder weeg as prestasie en vir wie eerlikheid en lojaliteit ver bo ander deugde verhewe is. Dankie aan elke juffrou wat ‘n veilige ruimte vir leerders skep en opstaan vir afvlerk-kinders. Dankie vir elke juffrou wat deur voorbeeld eerder as deur dwang lei, dog uit wie se ferm hand ook empatie en begrip straal. Dankie vir elke onderwyseres met ‘n sin vir reg en regverdigheid, sodat alle kinders gelykwaardig behandel word. Dit is julle wat ‘n gewone skooldag kleur gee en wie se nalatenskap vir die res van ons kinders se lewens in rooi letters sal uitspring. Ons kyk met waardering na ons onderwyserskorps – deur die bank! Dankie elke juffrou wat op pad is met Jesus se liefde, sodat kinders Jesus sal leer ken en soos Hy sal leef.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     09


5 Vroue aan die stuur van Kinderbediening... Daar word dikwels grappenderwys na vroue-bestuurders verwys. Dis nou as dit by wiele kom! Die wiele van kinderbediening word egter deur 5 vrouens gedraai wie se entoesiasme, passie en lewensvreugde dikwels die koppe laat draai. Dié 5 vroue is: Charléne Franken (Kinderbedieningsleier), Rachel du Preez (Hippolaan assistent), Tiesie de Coning (Gemeenteleier: kinderbediening), Hezel Fourie (Midstream koördineerder), Maryna Burger (Administratiewe beampte). ‘n Groot DANKIE aan elkeen van hierdie 5 vroue vir hul onbaatsugtige bydrae en nederige dienswerk wat in kinders se lewens ‘n verskil maak!  k

... Vroue in Kinderbediening Die wyse koning Lemuel het ‘n knap vrou in die Spreuke-boek besing. Hierdie loflied word vir vroue in kinderbediening toegesing – vroue met lewenslus, energie, deernis, passie en ‘n hart vir kinders. Dié bestanddele maak geroepe, gelowige vroue die pilare waarop kinderbediening rus. In Lemuel se woorde: ‘n Knap vrou in kinderbediening is baie werd, baie meer as edelstene. Kinderbediening steun op haar en pluk die vrugte van haar werk… As sy met kinders praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde… Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!” Vroue in kinderbediening is vroue wat gekies het om die Here te dien. Dan verdien ‘n vrou om geprys te word! ‘n GROOT DANKIE, diep uit die hart van kinderssondermure, vir elke vrou wat Sondag na Sondag haar tyd, liefde en warm hart vir kinders gee. Daarmee saam ‘n DANKIE vir elke wederhelf en kinders wat ma afstaan om haar liefde vir Jesus met kinders te deel. Ons gebed is dat God se werk deur vroueharte veel vrug sal dra in kinderlewens!  k

10    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Vrouens Wat 'N Verskil Maak Miriam Müller vertel: Ek het vir Lucy in 2002 leer ken as ‘n skugter jong vrou wat van die platteland af gekom het om in die stad ʼn inkomste te kom verdien om haar familie te onderhou. Sy moes nie net vir haarself en haar kleuter dogter sorg nie, maar ook vir haar pa, ma, boetie en sussie. Sy het as ʼn huiswerker in Johannesburg begin werk en gou gewys dat haar hande vir niks stuit nie en dat sy wonderlik met kinders kan werk. In 2010 het sy Pretoria toe geskuif, steeds as ‘ n huiswerker en toe die geleentheid gekry om by kerksondermure se Tabita handvaardigheidsklasse aan te sluit. Sy het slaafs elke Donderdag die klas bygewoon en was honger om te leer. Sy het gou gevorder van handwerk na masjienwerk. Sy het haar eie naaimasjien aangeskaf en begin klere maak vir haarself en die familie. Haar selfvertroue het so gegroei dat sy begin het met verstelwerk aan my kollegas se klere. Die woord het gou versprei dat sy netjiese en professionele werk lewer, en sy is nou al bekend is vir soomnate, tafeldoeke, gordyne, strooi kussings en die maak van konsertklere. Die skugter jong vrou het ontluik in ʼn selfversekerde vrou wat tydens die Donderdag klas as groepleier kan optree om sodoende die ander dames vaardighede aan te leer. Onder leiding van Babsie het Lucy gehelp met die aanbied van ʼn werkswinkel vir 70 vroue by die Christelike Maatskaplike Raad. Lucy se positiewe gesindheid, geduld, hardwerkendheid en haar menseverhoudings het alles bygedra tot haar suksesverhaal. Ten spyte van al haar prestasies bly Lucy ʼn nederige persoon wat altyd bereid is om ander te help. Ons sê graag baie dankie aan Tabita handvaardigheidsklasse wat aan haar die geleentheid gegee het om tot ʼn waardige vrou vol liefde te ontwikkel. Sy sien nou ook beter finansieël daar uit met die ekstra inkomste wat sy deur haar naaldwerk verdien. Lucy skryf self: "Ek het gebore by die plaas tot ons het getrek na lokasi toe. Ek het een kind en my ma, pa, bottie

en sussie. My family sy het getrek want my pa het nie werk nie dai tyd dit was hart by my. My kind was klein sy het gesoek klere en kos en my family ook, toe kom ek by Johannesburg na werk soek. Ek het gewerk da toe kom ek by Pretoria werk. Werk ek tot ek ken kerksondermure. By die kerk is dit elke Donderdag naaldwerk, toe kom ek by die naaldwerk dit is baie lekker da want ons leer baie goet ek doen naaldwerk tot nou. Ek het machine by die huis , ek doen naaldwerk by die kerk en by die huis die mense bring die goed by my. Ek het werk maar ek maak nog meer geld want ek sorg my family. Elke Donderdag ek kan nie wag nie want ek leer baie goed en ek kan nou ene mense wys. Ek vra die onderwyser by die klas sy wys vir my ek doen by die huis. My ma ken my salarie sy vra waar kry ek meer geld. Die naaldwerk is lekker ons het oulik onderwyser..." Babsie Vermaak van die Tabita handvaardigheidsklasse gesels: "Uit dankbaarheid vir wat die Heer vir my beteken, wou ek alreeds van kleintyd af ander help. Nie noodwendig met geld of goed nie, maar deur my hulp, omgee, liefde, diens, kennis, versorging, ondersteuning, kreatiwiteit, ens. Ek wou graag Jesus se hande en voete wees, ʼn instrument in sy hande.   My ma was die tipiese Spreuke 31:10-32 vrou. Sy het dag en nag vir almal gesorg op baie maniere. Toe alreeds het ek besluit dat ek eendag ʼn projek, Tabita handvaardigheidsklasse, tot stand wil bring. Tabita kom van Handelinge 9:36. Ons help mense om hulself te help, om geestelik te groei en te ontwikkel tot trotse vroue wat vir niemand hoef terug te staan nie... My groot droom is dat daar oral soortgelyke projekte sal ontstaan. Al wat dit vra is om gewillig, diensbaar en toegewyd te wees. Die Vader sal in al die behoeftes voorsien!"   k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     11


ndd 1

Grafiese ontwerp by kerksondermure

Ons dank die Here in hierdie uitgawe vir soveel wonderlike vroue wat die koninkryk laat seëvier in hierdie wêreld en spesifiek in die kerksondermure familie. Nadia Strydom is dié vrou wat daarin slaag om kerksondermure se koninkryksdrome en fokus ‘n visuele identiteit te gee.

Nadia het ‘n groot liefde vir die visuele kunste in alle vorme en gebruik hierdie talente om die liefde en omgee wat die kerksondermure familie uitleef teenoor die kinders, tieners en volwassenes in ons gemeenskap visueel gestalte te gee. Ons dank die Here vir haar onvoorwaardelike diens vir die koninkryk.   k

Gretha Wiid se

ALLES-IN-EENDAGBEPLANNER is hier!

Om in aanmerking te kom vir die boekprys, stuur 'n e-pos na design@ksm.co.za, of handig die strokie in by die kerkkantoor voor Donderdag 28 Augustus 2014.

Hou dit heeldag byderhand om belangrike datums en gebeure neer te skryf.

m

et hierdie dagbeplanner vir 2015 kan jy nader aan God en jou man beweeg. Elke bladsy bevat ’n inspirerende aanhaling van Gretha Wiid, asook ’n Bybelvers om jou krag te gee. Met ’n bladsy vir elke dag kan jy seker maak jy skryf al daardie belangrike datums neer. Onthou verjaarsdae, koffie afsprake saam met jou vriendinne, ’n belangrike werksafspraak en jou kinders se sport- of kunswedstryde en daardie spesiale aandjie saam met manlief. Die beplanner sal verseker dat jy altyd weet wat in jou en jou geliefdes se lewens aangaan. Jy sal nooit ’n belangrike afspraak misloop nie, want jy sal altyd jou unieke Gretha Wiid Dagbeplanner 2015 by jou hê. Hierdie dagbeplanner is nie net vir die besige vrou nie, maar ook vir die tuisbly-ma wat dalk net ’n hupstoot nodig het aan die begin van die dag. Dit sal jou lewe nie net makliker maak nie, maar ook seker maak jy het ’n jaar gevul met liefde en God se teenwoordigheid.

Inskrywings per e-pos: Stuur ons jou Naam, Van, Kontaknommer en e-pos adres. In die opskrif merk asb soos volg - Hartklop Boekprys. Wenners sal gekontak word en pryse kan afgehaal word by die kerkkantoor tydens kantoorure of op Sondae na afloop van die erediens.

Boekprys Naam & Van: Kontak nommer: e-pos adres:

WEN! Een van 5

12    Hartklop l  Augustus 2014 2014/07/07 01:25:16 PM

www.kerksondermure.org


Maatskaplike Werkers se harte as vroue

Ria Mardon

n;

yse en Esterhu Links: Dale rt e b b la S Regs: Celia

In hierdie maand dink ons aan vroue en vier ons hulle diens in gemeenskappe - dit het my laat nadink oor die vrou in die besondere rol van Maatskaplike Werker. Maatskaplike werk as beroep het groot uitdagings en daar moet dikwels moeilike besluite geneem word, te midde van hoë werksladings. Ek het gewonder oor die vrou as Maatskaplike Werker, gesels met vroue in hierdie beroep en deel graag iets van hulle ingesteldheid en hart, wat daagliks na vore kom in die werk wat hulle doen :

“Wanneer ek oor my eie situasie as vrou en maatskaplike werker dink word ek gevul met ‘n oorweldigende gevoel van dankbaarheid ten opsigte van my eie lewe. Die oorvloedige genade van materiële behoeftes wat vervul word – die warm bad elke aand, ‘n yskas vol kos en ‘n warm bed in die ysige koue, maar ek is veral dankbaar oor my gesin wat my gelief en geborge laat voel. Die man in my lewe wat my veilig laat voel en by wie ek myself kan wees.” “Ek dink dikwels met deernis aan die duisende vroue wat nie in bevoorregte situasies is nie. Vroue wat nie oor basiese lewensmiddele beskik nie – vroue wat nie warm water het nie, wat nie voedsel het vir hulle of hulle kinders nie, maar veral vroue wie nie veilig voel in hul eie huise nie.” “Ons kom daagliks in aanraking met vroue wie deur hul geliefde aangerand en mishandel word, vroue wie met ‘n alkoholis moet saamleef, wie se man sy werk verloor en wie se lewens net eenvoudig uitmekaar val. Vroue wat gekonfronteer word met die feit dat haar man haar kind molesteer. Vroue wie se situasie ‘n daaglikse stryd om oorlewing is. Ek wonder dikwels hoe hierdie vroue dit regkry om ondanks hierdie dinge tog aan te gaan. Ek sien ook die hartseer en bitterheid en letsels wat dit op sommige se menswees laat. Maar ek sien ook vroue wat daagliks ‘n wilsbesluit neem om hul kop op te lig, ten spyte van hulle omstandighede. Wat kies om dankbaar te leef en die klein dingetjies in die lewe raak te sien en te waardeer – ‘n warm koppie tee, ‘n sonsopkoms of die reuk van ‘n blom. Dan besef ek ook weer opnuut dat dit ons Maatskaplike Werkers se taak is om uit te reik na hierdie vroue in nood en uit ons oorvloed ook hulle lewens aan te raak en vir hulle

Lianie Barnardo nuwe hoop en moed te gee om hulle kop op te lig en positief te leef ten spyte van hulle moeilike omstandighede.”

Ek hoor dus ‘n soeke na die positiewe en die raaksien van alternatiewe stories. Ek hoor ook skynbare teenstrydige, maar kragtige eienskappe wat na vore kom by hierdie vroue : “Ek is vrou, ek is moeder, suster, trooster en vriendin. Ek is sterk, maar ook swak in my deernis. Ek kan veg teen onreg. Ek kan saamlag, maar ek kan ook rigting wys waar nodig. My hand is sterk om iemand op te tel. My skouer is sag vir deernis en troos. Ek hoor en voel ander se seer. Ek is uniek. Ek is ‘n Godskind – dit is my anker. Ek is ‘n Maatskaplike Werker, maar ook vrou.” Ons Netwerk vir Lewe Sentrum en ook van ons Voetspore projekte werk baie nou saam met drie spesifieke maatskaplike werkers van die Christelik- Maatskaplike Raad wat by twee kantore in Centurion werksaam is – Daleen Esterhuizen, Celia Slabbert en Lianie Barnardo. Hulle is vroue wat hulle beroep as ‘n roeping en passie met deernis uitleef wat elkeen die Here ken. Ons wil hulle graag bedank vir dit wat hulle uitstraal en die wyse waarop hulle weer hoop bring in die lewens van individue, gesinne en gemeenskappe in Centurion.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     13


Die vrou vanuit die oogpunt van Centurion Raad vir Bejaardes

Dr Elma Kruger

Augustusmaand staan gewoonlik in die teken van die vrou omdat 9 Augustus tradisioneel Vroudag is. Vir vroue is dit ‘n wonderlike gedagte dat die samelewing soveel erkenning aan haar gee, dat daar selfs ‘n openbare vakansiedag rondom Vrouedag ingestel is.

noudat hulle oud is, is hulle verplig om hul karige pensioen met kleinkinders te deel omdat die ouers dikwels afwesig is. Die man en vaderfiguur is nie ‘n prominente steunstelsel nie, wat meebring dat die Swart vrou meestal as enkelouer/grootouer moet optree.

Die primerê doel van Vroudag lê myns insiens daarin dat sekere uitstaande vroue op ‘n spesiale wyse vereer word vir hul besondere bydraes tot die opbou van die gemeenskap. Centurion Raad vir Bejaardes kom daagliks in aanraking met gewone vroue uit verskillende ouderdom-, taal-, kultuur-, geloofs-, geletterdheids- en inkomstegroepe. Baie van die vroue wat ons pad kruis, het deur hulle lewe op verskillende vlakke uitstaande bydraes gelewer en sou op Vrouedag besondere vermelding verdien het, maar omdat hulle nie in die hoofstroom was nie, het hul bydraes ongesiens verbygegaan.

Godsdiens speel ‘n groot rol in aktiwiteite met bejaardes te Olievenhoutbosch. Ouer vroue geniet sang, kan mooi sing en daar is ‘n stukkie treurigheid in hul godsdienstige liedere. Vir my as maatskaplike werker is dit ‘n groot leemte dat ek nie hul taal verstaan nie, omdat hul sang ‘n besondere betekenis en simboliek het, soos dit weerspieël word in die gevoel waarmee hul sing, met gepaardgaande handgebare en ritmiese danse.

So, wie is hierdie vroue wat op my pad as maatskaplike werker kom en ‘n besondere indruk laat? Die ouer vrou maak die grootste deel van ons werksaamhede by CRB uit omdat dit ons fokus is om ouer mense te help om so lank as moontlik selfversorgend in die gemeenskap te bly. In bejaardesorg is vroue die meerderheid en soos die jare aanstap, oorleef vroue oor die algemeen hul mans. Die inwonertal in aftree-oorde en ouetehuise word oorheers deur vroue. Die redes waarom vroue langer leef, is nie bekend nie maar oor hul langer lewensverwagting bestaan min twyfel. Sonder om te veralgemeen, beskik die vrou in die oudste generasie d.w.s. 85 jaar en ouer, oor ‘n sterk oorlewingskrag, is trots, baie spaarsamig en het nog iets van die 1933-depressie in haar wese. Hulle bereken Rand en sent deeglik en gaar graag op. Ouer vroue in die jonger ouderdomsgroep d.w.s. 60 jaar en ouer, is baie aktief, fluks, vervul verskeie rolle met gemak en plaas ‘n hoë premie op selfontwikkeling en verwesenliking van haar talente. Die bejaarde vrou met wie CRB daagliks werk, kan tereg beskryf word as die bewaarder van waardes, is gelowig en woon graag godsdienstige aktiwiteite by. Hiervan kan ons dienssentrums getuig, want Bybelstudiegroepe word goed deur ouer vroue (en natuurlik ook ouer mans) benut. In Olievenhoutbosch, waar die Raad verskeie projekte het, tref ons ook interessante vroue met eiesoortige karaktertrekke aan. Die bejaarde vrou van Olievenhoutbosch is sterk, gelowig, optimisties, tradisievas, blymoedig en gasvry. As maatskaplike werker het ek ‘n deernis vir hierdie vroue omdat hulle deur hulle lewens baie hard gewerk het om brood op die tafel te hou, maar

By die Vigsprojek waar ons hoofsaaklik jonger vroue bedien, word baie ooreenstemmende persoonlikheidstrekke opgemerk. Uitstaande kenmerke is hul kunstigheid, liefde vir kleur en kreatiwiteit. Anders as die ouer generasie, is die jonger Swart vrou huiwerig om oor godsdiens te praat en gaan nie gereeld kerk toe nie. Dit is inderdaad ‘n uitdaging vir die kerk! Die vrou as vrywilliger is sekerlik een van die vroue wat op Vrouedag besondere erkenning behoort te kry. Vir enige maatskaplike werker en welsynsorganisasie is vrywilligers goud werd. Hoewel meer mans deesdae toetree tot die vrywillige welsynswerkveld, is vroue nog in die meerderheid. Aan hierdie kosbare groep sê ons dankie! Ek glo dat Matt 25: 35-40 onder andere na vrywilligers verwys met die volgende woorde: “Ek sê vir julle: wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers (diegene wat honger, dors of sonder klere e.a. lewensmiddele is) van My gedoen het, het julle vir My gedoen.” Tereg die vraag: wat is die impak van interaksie met ander vroue op my as maatskaplike werker en as vrou? Om met vroue uit verskillende groeperinge te werk, is ‘n oneindige groot voorreg. Interaksie met ander vroue vorm op die lange duur ‘n spieël waarin jy jouself sien, vorm, kritiseer, en positief probeer ontwikkel. Die slotsom van alles is dat vroue ongeag kultuur, ouderdom en ander verskille, inherent dieselfde is en almal dieselfde opdrag het, naamlik om tot eer van God en in die voorbeeld van Christus te leef. Ek dink die woorde van Desmond Tutu is in dié verband toepaslik: “Vroue, ons het julle nodig om ons geloof in die mensdom terug te gee.”  k

14    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Blomme in die sendingveld

As ek dink aan vrouwees dan sien ek blomme. Blomme in allerlei kleure, vorms en geure. Teksture wat wissel tussen gladde sy, veersagte blomblare tot stywe trotse blomkoppe. En so is die vrou ook – so verskillend maar tog vrou.

’n Sendingvrou is nie veel anders nie! Jy is steeds vrou, ’n blom geplant in ’n ander kultuur of land, maar steeds vrou! Maak nie saak waar jy bly nie daar sal altyd iets wees om te was, af te stof, kos om te kook, kinders om te leer en te troos en ander om na uit te reik. Ons het al op interessante plekke gebly en plekke waar ek wel gevoel het, dat as vrou ek regtig nie gaan regkom nie! Ons hou tog van ons mooi goedjies en om dinge op ons vroumanier in te rig…en hier sit ek met ’n huishouding van die manlike geslag en die meeste besoekers wat ons ontvang nie van die vroulike soort is nie!! In sulke tye bid ek en vra dat die Here, wat my gemaak en Wie my deur en deur ken, tog moet help!! En elke keer is dit sy antwoord “My genade is vir jou genoeg.” Daarin lê so baie opgesluit! Is God genoeg vir my? Veral hier waar daar so baie tye is sonder enige diep vriendinne of sonder dinge wat ek kan doen wat my vrouwees uitlig. Dit is juis dan in sulke tye wat ek weet dat die gesegde “Blom waar jy geplant is!” baie waarheid inhou! Nie net groei waar jy geplant is nie, maar BLOM! Wees wie jy moet wees net waar jy is.

Toegegee, sommige plekke bring so ’n effe meer van ’n uitdaging aan hierdie blomwaar-jy-geplant-is idee! My huis staan tussen 100 hutte, daar is geen winkels naby nie en dié wat verder is, is baie anders as in SA, goeie vriende is baie skaars en ons funksioneer elke dag in 4 tale! Baie van dit wat vir ons ‘Normaal’ is, word hier beskou as baie vreemd! Soos byvoorbeeld dat vroue maar langbroeke mag dra!! Of dat brood bak deel is van elke dag se takies. Dit is nie aldag maklik hier nie, dis verseker, maar daar is ook baie seën! Ek het in die gewoonte gekom om binne die eerste week in ’n nuwe huis blomme te plant. My tuin het al baie vreugde verskaf! Aanvanklik was dit baie vreemd hier waar net kos geplant word. Maar iemand het eenkeer die frase aangehaal en dit bly my by “Beauty brings Hope”. Hier waar almal so effe rooi gekleur is van die stof, waar die kleertjies aan die kinders se lywe nog nooit seep gesien het nie, waar elke dag ’n stryd is om oorlewing, hier bring my tuin en my huis hoop. Hoop straal uit my hart vir die Yao mense, want ek weet hulle is sonder hoop, hopeloos verlore, maar God het hulle so lief!! Ek is hier sy gesant en al kan ek nie aldag al my Yao woorde onthou nie, al sukkel ek om soms ’n wip in my stap te hê, weet ek sy genade is genoeg. Hy het my hier geplant vir ’n rede en ek wil blom om Hom te behaag! Mag jy ook blom waar Hy jou geplant het!

Belinda Paetzold

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     15


Vroue by Midstream Dankie Helene vir jou inisiatief, kreatiwiteit en aansteeklike energie wat bygedra het tot die ontstaan van Rondom 40 wat heerlik saam kuier, saam werk en saam uitreik na diegene in nood! Julle kerksondermure harte maak ‘n verskil in en vanuit Midstream! Die volgende kuiergeleentheid is Vrydagaand, 22 Augustus. Meer inligting sal volg, so hou asb. die gemeente e-pos en advertensies dop. Vir navrae, of om in te skakel, kontak gerus vir Helene Lombard by 082 533 2406 of helombard@gmail.com

Aangesien hierdie ‘n spesiale uitgawe is om hulde te bring aan alle vroue, stel ons graag die volgende drie knap dames, wat agter die skerms van ons Vrouebediening werk, aan julle voor…

Tanya van Dyk

Lizette Stokes

Wilna Niemand

Baie dankie vir julle tyd en moeite om kwartaalliks vir ál ons vroue ‘n spesiale geleentheid te reël om saam te kuier, te groei en ‘n verskil te maak in ons gemeenskap… Vir meer inligting kontak gerus vir Vera by die kerkkantoor: 012 940 9480 of mskantoor@ksm.co.za

Baie Dankie Bernice… Na bykans 4 jaar wat Bernice voor gevat het met die gasvryheidspan te Midstream, het sy ná vele oorweging besluit om die leisels oor te gee.

Namens kerksondermure, die gasvryheidspan én die hele Midstream gemeente, wil ons ‘n BAIE GROOT DANKIE sê vir haar onbaatsugtige diensbaarheid én die verskil wat sy gemaak het. Bernice gaan steeds op die gasvryheidspan dien, maar wil graag iemand anders die geleentheid gun om leiding te neem in haar plek. Indien enigiemand geroepe voel om by Bernice oor te neem as gasvryheidshoof te Midstream, kontak gerus vir Vera by die kerkkantoor: 012 940 9480 of mskantoor@ksm.co.za

16    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


'Hy wil jou vir Homself hê, om Sy liefdevolle arms om jou te vou'

Charles Stanley

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     17


18    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org

08:00 Strategiese Span verg. 10:00 Griefshare MS 18:45 Selindeling Hippolaan 19:00 Veritas kursus HL

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Span vergadering 18:00 Tieners Band 18:30 Raak-Kuier MS 18:30 Huwelikskursus HL

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

Nasionale Vrouedag

Belydenisaflegging registrasie sluit

08:00 Kreatiewe Span verg. 10:00 Griefshare MS 19:00 Veritas kursus HL 19:00 Bybelskool MS

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Span vergadering 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Raak-Kuier MS

09:00 MaMs HL 09:00 Maatskaplike Werkers Forum 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Bybelskool HL 19:00 Veritas kursus MS

08:00 Strategiese Span verg. 10:00 Griefshare MS 19:00 Veritas kursus HL 19:00 Bybelskool MS

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Span vergadering 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band

19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 18:30 Hoop Depressiegroep 19:00 Bybelskool HL 19:00 Veritas kursus MS

08:00 Kreatiewe Span verg. 10:00 Griefshare MS 19:00 Voetspore Projektevergadering 19:00 Veritas kursus HL 19:00 Bybelskool MS

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band 18:30 Wat glo ander? MS

09:00 MaMs HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Bybelskool HL 19:00 Veritas kursus MS

Doopregistrasie vir Sept sluit

Augustus

Nagmaal Inligting & oriënteringsere-diens HL & MS Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste WIP koffieaand HL - Hippolaan / MS - Midstream

31      Sondag

Preekreeks: Luister na Jesus oor

Belydenisaflegging

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 Enkellopendes social 19:00 Rondom40 kuieraand Pen Nagtoer

08:00 Beroepsforum HL Dienswerkers Waarderingsfunksie

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:45 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 18:00 Kuierkerk & Selgroepe

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00 & 10:00

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Donderdag 29      Vrydag 30

08:30 Bybelskool HL 09:30 Oppiekoppie best verg 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

24      Sondag 25     Maandag 26      Dinsdag 27     Woensdag 28

Preekreeks: Luister na Jesus oor

Bikers uitreik

08:00 Beroepsforum HL

Donderdag 22      Vrydag 23

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

17      Sondag 18     Maandag 19      Dinsdag 20     Woensdag 21

Preekreeks: Luister na Jesus oor

11:30 Selindeling Midstream 12:00 Matriekdiens @ Hippolaan 30Plus Piekniek

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Saterdag

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum 19:00 Vroue@kerksondermure Midstream byeenkoms

Woensdag 7     Donderdag 8       Vrydag 9

09:00 Snr@Midstream 09:30 Oppiekoppie Snr 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Veritas kursus MS

Dinsdag 6

07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Huweliksvoorbereiding

10      Sondag 11     Maandag 12      Dinsdag 13     Woensdag 14     Donderdag 15      Vrydag 16

Preekreeks: Luister na Jesus oor

12:00 Doop Doop @ Midstream

3       Sondag 4      Maandag 5

08:00 Beroepsforum HL 18:30 Huweliksvoorbereiding

1       Vrydag 2      Saterdag


www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     19

08:00 Kreatiewe Span verg. 10:00 Griefshare MS 18:45 Selindeling Hippolaan

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Span vergadering 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Emosionele Versorging HL 18:30 Wat glo ander? MS

09:00 MaMs HL 18:30 Nuwe Lidmaatfunksie Hippolaan 19:00 40Plus byeenkoms

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening 08:00 Beroepsforum HL

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Kuier 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Emosionele Versorging HL

Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 18:30 Hoop Depressiegroep

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band

HL - Hippolaan / MS - Midstream

Gesinssondag Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste Slegs Belydenisklas: 17:00 @ Hippolaan & Midstream WIP koffieaand

08:00 Strategiese Span verg.

28      Sondag 29     Maandag 30      Dinsdag

Preekreeks:

08:00 Kreatiewe Span verg.

Erfenisdag

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

Midstream Skool Sluit

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Raak-Leef Konferensie 09:00 Huishulp Kursus 09:00 MaMs Damesoggend HL

September

Doopregistrasie vir Okt sluit

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum 18:30 Enkellopendes social 18:30 Raak-Leef Konferensie

Donderdag 26      Vrydag 27

09:30 Oppiekoppie best verg 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 18:30 Raak-Leef Konferensie 19:00 Musiekoefening

21      Sondag 22     Maandag 23      Dinsdag 24     Woensdag 25

Preekreeks:

08:00 Strategiese Span verg.

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus 09:00 30Plus Vriendinnedag

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus

14      Sondag 15     Maandag 16      Dinsdag 17     Woensdag 18     Donderdag 19      Vrydag 20

Preekreeks:

Doop by alle dienste 12:00 Doop

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum

Dinsdag 10     Woensdag 11     Donderdag 12      Vrydag 13

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Doopreëlings 18:30 Griefshare HL 19:00 Opvolg doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

Woensdag 4     Donderdag 5       Vrydag 6      Saterdag

09:00 Snr@Midstream 09:30 Oppiekoppie Snr byeenkoms HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Veritas kursus MS

Dinsdag 3

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Span vergadering 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Emosionele Versorging HL 18:30 Wat glo ander? MS

7       Sondag 8      Maandag 9

08:00 Strategiese Span verg. 10:00 Griefshare MS 19:00 Veritas kursus HL

1      Maandag 2


Getuienis

Rou en troos: in die hart van ‘n vrou

Marie Nieman

Hoe lank word ek geoorloof om my voluit aan rou en trane oor te gee na my kind se dood? Wat ‘n belaglike vraag is dit nie, is die eerste gedagte wat by ‘n mens sou opkom, want die logiese antwoord is “NOOIT!” Ek wil graag my getuienis met ander ouers deel wat deur die smart gegaan het om hul kind aan die dood af te gee en hopelik help ek hiermee ‘n ander.   My seun, Hendri Coetzee, is op 7 Des. 2010 deur ‘n krokodil van sy kayak getrek op die Lukuga rivier in die DRC tydens ‘n ekspedisie wat hy gelei het om onbekende groot mere in Afrika te verken. Daardie nag toe ons die oproep ontvang, van een van die twee Amerikaners wat saam met hom was, het my lewe so onherroeplik verander en is lank daarna eers weer op nuwe spore geplaas om te kon voortgaan.   Van al die woorde van simpatie en bemoediging wat ek deur die tyd ontvang het is daar een wat uitgestaan het! “Hoe ervaar jy die Here in hierdie tyd, Marie?” Daardie een kon ek dadelik antwoord, want die Here se nabyheid was vir my so tasbaar.   Ons was op Gansbaai in ons seehuis toe ons hierdie boodskap ontvang het. Daardie nag was daar geen slaap nie en die volgende oggend toe die son opkom en ek oor Walkerbaai kyk krioel die hele baai so ver as jy kan sien na Hermanus, van dolfyne! Ek het by myself gedink ek is seker Hendri het dit met Jesus gereël om vir sy ma iets so besonders te kan stuur op hierdie eerste dag van smart! Ek het van hierdie ervaring vir soveel mense oor jare vertel. Op ‘n dag toe dink ek dis snaaks dat my man, Adriaan, nie ook uitbrei oor hierdie wonderlike gesig wat ons ingewag het nie. Ek vra hom toe daarna en hy sê toe vir die eerste keer vir my hy het niks gesien nie, maar wou nooit my ervaring bederf nie! Tydens ‘n gedenkgeleentheid in Jinja, Uganda het Chris, een van die Amerikaners wat saam met Hendri was tydens die voorval, gevra of ek enige spesifieke vrae het oor wat presies daardie dag gebeur het. Ek wou nie regtig die moontlike grusame detail weet nie, maar daar het spontaan drie vrae by my opgekom. Ek vra toe of Hendri die krokodil sien kom het, die antwoord was nee. Die krokodil het hom van agter aan sy reddingsbaadjie gegryp en uit die kayak getrek. My tweede vraag was of daar baie bloed was? Die antwoord was, nie ‘n druppel nie! My laaste vraag was of hy iets gesê het voor hy onder die water verdwyn het! Chris sê toe hy en Ben het baie daaroor gepraat na die tyd, want dit het geklink soos “O my God” (Amerikaans), maar ook nie heeltemal nie. Ek en Hendri se boesemvriend, Pete, het onmiddelik na mekaar gekyk en vir mekaar gesê Hendri het nooit daardie Amerikaanse uitdrukking gebruik nie. So ek glo hy het God op daardie oomblik gesien.   Pete het daarna by my kom sit en gesê hy wil iets met my deel wat sy ma vir hom gesê het. Hy weet van my sterk Christelike oortuigings so ek glo moontlik nie aan spiritualiste nie, maar hy voel tog hy wil dit met my deel. Sy ma was so onsteld na Hendri se dood dat sy ‘n spiritualis gaan sien het en gevra het sy moet haar asseblief help. Sy wou weet of Hendri baie gely het voor hy dood is. Die persoon het vir haar gesê: “His spirit left his body before the body was dead.” Ek het hieraan vasgeklou, maak nie saak hoe die boodskap by my uitgekom het nie, maar ek glo die Here het dit vir my gestuur.   ‘n Paar weke later het my goeie vriendin, Amanda, my gebel en gesê sy het ‘n visioen gehad toe sy die middag haar voordeur by die huis oopstoot. Sy het vir Jesus gesien met ‘n glimlaggende Hendri wat Hy aan die arm agter Hom uit die water optrek na

die hemel toe! Dit was vir my die bevestiging van al die voorafgaande.   So gaan ek toe aan en ek huil en treur oor my seun. Ek weet dis baie sleg vir my man, my dogter Charlene en almal om my, maar ek wens net ek kan alleen wees en so misrabel op my eie aangaan, want ek is net vir niks anders lus nie! So gaan ek na ‘n paar jaar na ‘n Christelike vrouekamp op Marble Hall. Die dag voor ons moet gaan, sê ek vir my man ek wens ek kan liewer net hier by die huis bly, want ek is tog nie lus om tussen mense te wees nie en nog minder lus om vir ‘n klomp sprekers te gaan luister. Na baie selfworsteling besluit ek om tog maar te gaan, omdat ek bietjie skuldig voel, want ek was self deel van die reëlingskomitee.   Ek besluit egter vooraf ek gaan net ‘n sessie bywoon as ek so voel! Die eerste sessie is toe al Vrydagaand en ek maak verskoning. Alleen in my kamer in die gastehuis voel ek dat ek my nou met oorgawe kan oorgee aan trane en verlange, want daar is niemand anders wat ek daarmee moontlik kan onstel nie. Charlene, wat ook saam was, kom na die sessie by my inloer om nag te sê. Sy het my net een kyk gegee toe sê sy “Ma hoekom lyk jy alweer so!” Dit was natuurlik genoeg om weer die sluise oop te trek. Ek en sy huil toe sommer saam, maar vir die eerste keer hoor ek haar toe sy sê: “Ek het net ‘n halwe ma oor na Hendri dood is!” Sy het dit al tevore gesê maar ek het haar nog nooit “gehoor” nie! Skielik kom ek tot die besef dat ek dit aan haar en my geskenkkinders (my man se kinders) verskuldig is om nou af te sluit en weer betrokke te raak in die wêreld van die lewendes, want ek het nog ander kinders! Ek was vir drie jaar net afwesig en het my ander geliefdes in die proses al vir jare erg afgeskeep! Hulle is nog hier en ek het soveel om steeds voor te leef!   Wat hierop volg is my verdere getuienis dat die Here intens by elkeen van ons betrokke is tydens ons rouproses. Ek was besig om in Psalms te lees op daardie aand en nadat Charlene uit is, en ek my gesig gaan was het, vat ek my Bybel en begin verder lees by Psalm 30. By vers 12 is ek verstom om die Here so duidelik met my te hoor praat. Vrylik vertaal staan daar “Ek sal jou roukleed uittrek en sal vir jou ‘n feeskleed aantrek en jou weer laat dans van vreugde!”   Hy het by my gestaan deur hierdie drie jaar van intense rou en nooit gesê hou op huil of treur nie, maar die oomblik toe ek vir Hom sê, “Here ek is gereed om my roukleed uit te trek,” toe gee Hy vir my hierdie wonderlike versekering dat Hy nie slegs my roukleed sal uittrek nie, maar vir my ‘n feeskleed sal aantrek en my sal help om weer te kan dans van vreugde!   Hierdie was nie net woorde in die Bybel nie, die verandering het ek baie fisies gevoel! Die volgende dag het ek voelbaar lig gevoel in kontras met die swaar gevoel wat my met slepende treë die vorige drie jaar laat voortbeweeg het! My lewe was uiteindelik op nuwe spore geplaas en ek was gereed om met nuwe lewenslus en wysheid voort te stoom. Die verlange en hartseer oor my seun sal altyd daar wees, maar ek is nie meer daardeur verlam nie, danksy die genade en liefde van die Hemelse Vader! Wat ek op hierdie helingsreis van my geleer het, is dat ons onsself moet oopstel en ontvanklik wees, want ons Here, wat altyd om en in ons is, “praat” dikwels met ons deur persoonlike boodskappe van bemoediging en bevestiging.   k

20    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     21


Koninkryksvroue

'n Vrou en haar passie vir Bybels Sommige mag dalk vra wat die resep is wat nodig is om ’n groot geleentheid soos Draf & Stap vir Bybels te organiseer soos wat almal onlangs, op 28 Junie, beleef het. Baie beslis deel van hierdie resep is ’n Paulus-geloof, ’n knipsel Petrus-voortvarendheid, -arrogansie en -passie, asook die absolute geduld van ’n Job, gekoester in die dankbare blymoedigheid, energie en uithouvermoë van ’n Rut of ’n Josef. God voorsien hierdie gawes en vermoëns as Hy mense inspireer om te DOEN tot eer van Sy naam! Verder nog in hierdie resep is nodig ’n liefde (en dalk behoefte) om te beweeg (draf of stap) tot eer van die Here. Iewers, ’n klompie jare gelede, het hierdie resep met my begin bak en brou! Carolyn Larsen skryf onlangs in haar bundeltjie oor Vreugde dat God in Sy onbeskryflike goedheid die mensdom baie geskenke gegee het, waarvan die Bybel as die spreekwoordelike hart van God een groot geskenk is, en onbetwisbaar geestelik immergroen bly. Die rykheid van wysheid en diepte van God se almag word op só 'n spesiale manier in die Bybel gekommunikeer, dat ons as gelowiges beslis nie daarsonder kan nie. Ek het daarom só gereken: Om mekaar te help, is belangrik, en dit doen ons in verskeie kerksondermure-bedieninge. Om ander na God te lei sodat Sy koninkryk ook in hulle blom, is van allerbelang, en so baie doen dit geroepe op ver en naby plekke en op ’n innemende vreugdevolle wyse. Dan is dit ook mos nodig dat sommige ander van ons in diens van God se koninkryk moet dink aan die hede en toekoms van Bybelproduksie, -vertaling en -verspreiding want immers is die Bybel die belangrikste bron van geestelike toerusting waaroor ’n kind van God kan beskik. Dawid sê immers nie verniet in Psalm 119:105: “U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig op my pad” nie. Hierdie realiteite het my passie om op die Bybel as bediening te fokus, aangewakker. Dit was dan ook die rede vir die kerksondermure-WAAG-bediening se ontstaan in 2012. Ek glo dat God my (weer) vreugdevol, energiek en spesifiek sensitief vir die rol van die Bybel in ons lewens en vir die wêreld gemaak het. Ek sê “weer” omdat ek na ons gesin se noodlottige motorongeluk in 2006 (waarin my eggenoot en seun oorlede is) vir etlike jare ’n geestelike “Sabbatical” beleef het. Ek weet dat God steeds in hierdie tyd my

Elize van Eeden

absolute Alfa en Omega was, maar dat die geestelike energie wat ek na buite toe moes leef – en waarin Hy altyd ruim voorsien het, selfs toe ek nog tot 2008 Jeugkoördineerder van NGSesmylspruit was – iewers parkeer het. Dit wat stukkend gevoel het, moes eers heel word. Die soekend-na-binne-leefstyl het genadiglik weer ’n vol kruik geword wat wou en wil uitdeel na buite, deur die genade van die Here! In 2012 het ek en my man Wynand Meiring ons selgroep oorreed om leiding te neem in die WAAG-inisiatief waarin ons onder meer ’n geleentheid wou skep vir Christene om hulle op ’n gegewe tyd en geleentheid, soos om te draf en te stap vir Bybels, fisies, finansieël en geestelik oop te stel. Kortom, om sommer net bewus te raak, en deel te wees van Koninkrykswerk wat soveel groter is as onsself of wat ons onsself kan indink. Só maklik is dit om in Rand en sent net te “gee” vir Bybels deur ons Gemeente, maar so dikwels is ons onbewus en onbetrokke van waarheen die “gee” gaan, en of ek werklik “gegee” het in tyd en in my hart, en met ’n bietjie meer inspanning as waaraan ons gewoond is. Min van ons dink ook daaraan dat dit eintlik baie geld kos om die Bybel te vertaal, te produseer en te versprei. Koninkrykswerk vir Bybels gebeur in sowat 200 lande, en in tale waarvan ons skaars kennis het. Hoe wonderlik is dit nie dat organisasies, soos die Bybelgenootskap, sorg dat die Bybel selfs vir gesigsgestremdes ontsluit word nie. Vir my en die WAAG-bediening was en is die uitdaging om kerksondermure en ander gemeentes in veral Centurion en groter Pretoria daarvan bewus te maak dat ons as Christene, insluitend “sportywerige” Christene, sigbaar en fisies (al is dit in die koue!) kan deel wees van ’n spanpoging om fondse in te samel vir Bybels. Elkeen wat op 28 Junie deelgeneem het, het of een Bybel of twee Bybels met hulle inskrywing en deelname verseker. Soos ’n vrou kort na ’n kind se moeisame geboorte gou vergeet hoe vermoeiend swaar dit was, so is dit ook met die kerksondermure-WAAG Draf & Stap vir Bybels. Dit was nie maklik om voor te loop en nog voltyds in ’n ander beroep te staan nie, maar die Here het oorvloedig geseën, en as die Here wil, maak ons in 2015 weer so!  k

22    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Dit was kolwyntjies net waar jy kyk… Met opgewondenheid en tog so bietjie wonder het dames gearriveer op die 18de Junie vir ons Kuria kolwyntjie uitreik saam met die Voetspore bediening.

kon een hou vir hulself en een moes hulle persoonlik aan 'n vreemdeling gaan gee. Die oorblywende twee kolwyntjies was vir die uitreik.

Kuria, Vroue Wat Dien, reik uit na alle vroue. Kuria wil vroue tot geestelike oorvloed bedien, inspireer en motiveer. Die kolwyntjie uitreik kon weereens die dames saamkry om juis daardie doel te bereik.

Ons gaste het dit so geniet, saam gelag en gesels. Ons het later begin bekommerd raak dat hul gaan vergeet om huis toe te gaan! Dae na die byeenkoms het van hulle nog gesels oor die aand se gebeure. Orals op Facebook was elkeen se kolwyntjies en teksverse te sien.

Soveel vroue se passie en talente het hierdie uitreik moontlik gemaak. Sonder elkeen se diensbaarheid sou dit nie tot die einde toe deurgevoer kon word nie. Die aand is begin deur Lindie se getuienis waarin ons herinner is dat ons van onsself kan gee en so tot uitreik kan kom na ander wat ons nodig het. Die Here het vir Annelize uit haar sokkies geseën, want haar boodskap wat sy gebring het kon net van die Here wees. Annelize, tennis sal van nou af vir baie van ons 'n blywende betekenis hê. Die beginpunt is om te leer om te DIEN. Daar moet dan deurgeswaai word om te kan deurvoer tot die einde. Hoe meer mens oefen, hoe makliker raak dit om die spel te speel. Dit vat oefening voor jy dit kan baasraak. Dit is soortgelyk om tot DIENS te wees vir die Here. So kan ons 'n groter oes inbring vir ons Verlosser. Die ys is gebreek deur versiersel in profetiese kleure wat aan almal uitgedeel is en so hul kreatiwiteit aan die gang kon sit. Die dames kon enigiets daarmee vorm. Die werkswinkel was in die hande van 7 dinamiese vroue vanuit ons gemeenskap wat hul passie en talent uitleef as beroep of as stokperdjie. Hulle het tagtig vrouens bygestaan om 4 kolwyntjies elk met kreatiwiteit te versier. Ons gaste

Dit was so lekker om met Voetspore hande te vat en almal daar betrokke te kon leer ken. Ons is nou baie meer bewus van al die uitreike waarby hulle betrokke is en sal beslis weer 'n projek saam met hulle aanpak. Ons het na twee van hul uitreike gegaan en persoonlik tyd saam met hul mense spandeer. Eerstens was ons na Raad vir Bejaardes Centurion wat hier reg onder ons neuse in Lyttelton is. Wat 'n belewenis om saam met mense te kon wees by wie ons soveel kan leer. Hul het al paaie gestap wat ons nog nie eers weet moontlik voorlê nie. Op die ou end het hulle ons onbewustelik meer bedien as ons vir hulle. Hulle het ons laat besef dat ons nie moet vergeet om te leef nie en dat ons moet omgee vir mekaar as medegelowiges. Maak jouself vry van die wêreld se dinge wat jou keer om vry te kan leef. Ons is almal deel van God se familie en jy moet leef vir Hom. Ons tweede uitreik was na El-Shalem Sentrum vir Gestremdes. Hulle neem kinders in wat persoonlike aandag vereis aangaande hul versorging en geletterdheid. Hulle is ook net om die draai van ons >>

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     23


in Hennopspark. Ons het die mense gaan bedien wat tot diens is van hierdie kinders. Met liefde en omgee hanteer en leer hulle hierdie kinders. Opreg het ons aan elkeen wat tot diens is van hierdie kinders 'n kolwyntjie oorhandig wat 'n vlaggie bevat het met bemoedigende skrifgedeeltes.

Dit is onmoontlik om in woorde die impak te beskryf wat hierdie uitreik gemaak het. Om soveel vreugde te kon beleef kan net toegeskryf word aan die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader.

Daardie oggend was gevul met die Heilige Gees. Prys die Here! Ons het nie daar gestop nie, want die Here se seën het oorgeloop. Elke skolier het ook 'n kolwyntjie gekry en so ook elke persoon wat hulle kom afhaal het daardie middag.

Alle eer aan ons Hemelse Vader en dankie aan elke liewe persoon wat uit gehoorsaamheid deel was van hierdie bediening. Almal se bydrae het dit moontlik gemaak dat ons as vrouens saam kon werk aan iets wat verder moes gaan as net die aand se gebeure.

Die res van die dag het ons gegaan waar die Here ons gelei het. Ons het by 'n kleuterskool, 3 naskoolsentrums en individue van ons gemeenskap besoek afgelê. Hierdie mense is almal tot diens van iets of iemand.

Word deel van die bediening en deel jouself met ons sodat ons almal saam geestelik kan groei. Ons wil alle vroue aanmoedig om saam met ons tot diens te wees en met volharding hul lewenspad as ambassadeurs vir Jesus te stap.

Glimlagte was op elke gesig te sien en blydskap het uit hulle gestraal. Só was die uitreik uniek.

Ons nooi jou hartlik uit na ons volgende byeenkoms op 3 September 2014.  k

MaMs het 2014 met 'n “bang” afgeskop. Ons was so geseënd om na ongelooflike sprekers te kon luister in die eerste kwartaal van 2014 en ook bietjie terug te gee met 'n uitreik. Retha Visagie was ons eerste spreker vir die jaar. Sy het ons kom leer hoe om ons lewens te “celebrate” as ma's en as vrouens en om soms net so bietjie verby die ernstige dinge te kyk en net te lag oor situasies wat ons andersins so kan ontstel. Hettie Brittz het volgende by ons kom kuier. Sy het haar skoene uitgeskop en met ons kom deel hoe dit is om self 'n ma te wees en hoe dit vir haar soms net so moeilik is om sekere dinge te hanteer as dit

Dankie vir 'n MaMs verskil

by kinders grootmaak kom. Sy het ons gereedskap kom gee oor hoe om van dié moeilike situasies te kan hanteer. Dit was 'n onvergeetlike oggend met 'n stampvol saal waar ons ekstra stoele moes indra om al die ma's te akkommodeer. Dit was 'n ongelooflike ervaring, sy is 'n absolute inspirasie. Annalise Mulder het ons kom toerus oor die moeilik taak van seksonderrig, waar dit in vandag se lewe so uiters belangrik is om ons kinders die regte inligting te gee. Maar sy het ons op haar sagte kalm manier kom wys dat die taak glad nie so groot en moeilik hoef te wees nie. Laastens ons uitreik. Blydskap! Ware en uitbundige blydskap! Dit is wat ons op Saterdag 12 April 2014 ervaar het saam met 30 kinders van Wensaam Kinderbediening in Elandspoort Danville. Ons het 'n partytjie gehou met alles en nog wat om dit vir hulle 'n onvergeetlike dag te maak. Elke kind is huis toe met 'n hele sak vol bruikbare geskenke. Dankie aan elkeen wat bygedra om die dag so 'n reuse sukses te maak.  k

24    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Elke kind verdien om bederf te word. Elke kind verdien ‘n dag om spesiaal te voel. En elke kind verdien ‘n bietjie liefde – selfs al is dit van vreemdelinge. So het MaMs, in samewerking met Simply WOW Events, as deel van hulle uitreik-projek die kinders van Wensaam Kinderbediening in Elandspoort bederf met ‘n kinderpartytjie by Die Windpompie in Raslouw op Saterdag die 12de April. Wensaam Kinderbediening is ‘n naskoolsentrum wat omsien na die behoeftes (kos en klere) van minderbevoorregte kinders van die Danville Elandspoort omgewing. Cathy van Rensburg is die koördineerder van hierdie kinderbediening en sien om na 130 kinders, 20 oumensies en dan 38-45 gesinne op ‘n daaglikse basis. Van hierdie kinders en oumense is daar sowat 80-90 mense wat elke dag ‘n bord kos ontvang en boonop probeer Cathy en haar span om ook naweekpakkies met kos vir elke kind te gee. Wensaam Kinderbediening ontvang geen fondse van die staat af nie en is afhanklik van goedhartige mense en organisasies wat daagliks donasies by hulle aflewer. Saterdagoggend, 12 April, het afgeskop met ‘n paar mammas van MaMs wat hard aan die woel was om die partytjie-plek mooi te maak met balonne, lekkers, kolwyntjies en koeldrank. Net so voor 10uur het die bus daar aangekom met 30 opgewonde gesiggies wat nie kon wag vir die dag om te begin nie. Toe die deure van die bus oopmaak was dit omtrent ‘n resies om te sien wie eerste op die trampolien en springkasteel beland. Hulle was behoorlik uit hulle kassies van opgewondenheid. Die verskeidenheid van plaasdiere waaraan hulle kon vat en voer het dié uitstappie net nog meer van ‘n belewenis gemaak. Maar die dag het meer as net speel ingehou. Elke kind het met hulle aankoms ‘n lekkergoed-pakkie ontvang en die paaseiers wat oraloor weggesteek was, is sommer vinnig-vinnig uitgesnuffel. Petro Klopper van Nebulae Montessori het toe met die kinders kom gesels oor Paasfees en die belangrike betekenis wat dit vir ons as Christene inhou. Sy het ook ‘n baie praktiese vergelyking getrek tussen die paaseiers se sjokolade, wit en geel, wat die drie-enige God voorstel en die hol paaseiers wat simboliek is van Jesus se opstanding uit die graf. Die kinders het aan haar lippe gehang en lekker saam gesels as vrae gevra is. Elke kind het dan ook ‘n paaseier ontvang met ‘n versie aan (Joh. 3:16) met die doel om dit vir iemand anders by die huis te gee en dan ook vir hulle die storie van Jesus en Paasfees te vertel.

kompetisie omtrent aan die gang oor wie die vinnigste met ‘n aartappel op ‘n lepel kan hardloop, Smarties die verste kan spoeg en die beste waterbalonne kan vang. Dit was groot pret en net toe die kinders dink die pret is verby, ry die Blue Barrel treintjie by die hek in en staan die kinders behoorlik tou om op hierdie treintjie te ry. So het die dag stadigaan verbygegaan en kon MaMs nie die kinders huis toe stuur met leë hande nie. Elke kind het ‘n sak ontvang met sy/haar naam op en in elke sak was daar ‘n sweetpak, frokkie, pakkie onderklere, waterbottel, kosblik met versnapperings, inkleurboek met kryte, ‘n kleiner rugsakkie waarop elkeen se naam geborduur is, met seep, waslap, tandeborsel, tandepasta en sjampoe daarin. Die kinders kon hul oë nie glo toe hulle hierdie sakkies uitpak nie en die opgewondenheid het behoorlik uit hul geborrel. Dis met hierdie opgewondenheid wat hulle elkeen met oorgawe dankie gesê het en in die bus geklim het op pad terug huis toe. Met breë glimlaggies en arms wat waai het die dag tot ‘n einde gekom! Wat ‘n wonderlike dag! En wat ‘n wonderlike voorreg om soveel glimlaggies op een dag te sien vir goedjies wat ons elke dag as vanselfsprekend aanvaar! Hierdie dag sou nie só ‘n groot sukses kon wees sonder die goedhartige mense wat skenkings gemaak het nie. So van MaMs se kant af sê ons baie dankie vir elke borg, elke maatskappy, elke individu wat êrens ‘n bydrae gelewer het om hierdie kinders vir ‘n dag lank te bederf! Mag dit net die begin wees van groot dinge.   k

Na ‘n lekker worsbroodjie was dit tyd vir boeresport en was die www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     25


Kinderssondermure se Julie vakansieprogram was belaai met hope aksie! Charlene Franken

Vier opwindende dae met interessante Bybeltemas het deel uitgemaak van ons fliek wat gehandel het oor Jesus; hoe ons Hom beter leer ken het en dan uitgestuur is om soos Hy te leef. Kinders het deur die Woord ontdek dat daar vir elkeen ‘n plek in Jesus se “movie” is. In Jesus se verhale is gewone mense aangeraak: Jesus wat die melaatse man genees (Matt 8:1-4); die dogtertjie van die Joodse raadslid (Matt 9:23-26); die doofstom man (Mark 7:31-37); en nog ander. Tog het ons geleer dat elkeen van ons spesiaal in God se oë is en kies Hy elkeen van ons – ook die kinders – om ‘n rol in sy verhaal te speel.

Deur die Bybel te lees het kinders ook wonderwerke deur Jesus beleef. Hulle het gekyk na: die offisier se slaaf (Matt 8:5-13); die oor van die hoëpriester se slaaf (Luk 22:50-51); die silwermuntstuk in die vis se bek (Matt 17:24-27); en die vyeboom wat verdroog (Matt 21:18-22). Lindie Strydom het ook baie mooi by hierdie Bybeltema aangesluit en deur middel van “props” kom verduidelik dat ons vandag nog steeds vir ander mense moet vertel van die wonders wat God doen. Dat elkeen van ons uitgestuur word soos wat Handelinge 1:8 sê en dat ons die Goeie Nuus wat ons sien en hoor met die wêreld moet gaan deel.

Musiek speel natuurlik ‘n belangrike rol in flieks en daarom het ons die eerste dag die voorreg gehad om Barney Armstrong by ons te hê. Musiek kan ‘n wonderlike atmosfeer skep en op ‘n speelse dog kreatiewe manier het hy musiekspeletjies en ‘n Liriekeraai vir die kinders aangebied. Groot en klein het dit vreeslik baie geniet en saamgespeel.

Kinders het die geleentheid gehad om deel te kon word van die Bybel – die KEN JESUS LEEF JESUS –verhaal. Die Ligte, Kamera en Aksie was belaai met kanse om Jesus beter te leer ken; en wat ‘n wonderlike geleentheid was dit nie!

Ons het gesien dat Jesus ORALS besig was, selfs vandag nog! Die kinders het deur ‘n “make-over” stilgestaan by plekke in die Bybel waar Jesus besig was: die Bruilof in Kana (Joh 2:1-11); Blinde in Betsaïda (Markus 8:22-26); Die besetene in Gadara (Matt 8:2834); en die Verlamde in Jerusalem (Betesda) (Joh 5). Nadat die kinders met springmielies in die hand, die fliek Agent 2000 gekyk het, het Izél Bezuidenhout (wat die rol vertolk van Chante-Amore in Agent 2000) met passie en entoesiasme haar agter-die-skerms belewenisse met ons kom deel. Die kinders het aan haar lippe gehang en het haar teenwoordigheid terdeë geniet. Die kinders het ook die geleentheid gekry om ‘n agter-die-skerms toer deur die Staatsteater te beleef. Die dogtertjies was natuurlik gaande oor die hoeveelheid kostuums en verskeidenheid skoene vir elke produksie en die seuns wou elke swaard, helm of borsharnas aanpas! Ons was ook bevoorreg om te sien hoe die stelontwerpers en stelbouers die Reik na die Sterre-produksie se dekor op die verhoog bou.

“It’s a wrap” Ons maak volgende jaar weer so!

Staatsteater het jy geweet? •  Daar is 1326 sitplekke in die   Opera teater •  Die boukoste in 1981 het R331M   beloop •  Eerste vertonings is eers in 1983    by die Staatsteater gehou. •  Die toring waarin die backdrops   opgehys kan word is 55m hoog. •  Die verhoog kan 6m op en 13m   af beweeg. •  Die perseel bestaan uit 6 teaters   en verskeie store en werkswin  kels. •  Die brandgordyn kan binne   20 sekondes sak.

26    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


KINDERS LUISTER NA JESUS OOR…   Kinderssondermure is hierdie kwartaal die ene ore! Ons luister na Jesus oor… woorde, blydskap, vergifnis, geld, goed en gee; hoe om te verander. Hiervoor het kleingroepleiers ‘n splinternuwe KEN JESUS LEEF JESUS kwartaalkurrikulum ontvang om die nodige voorbereiding biddend te doen en leiding te gee.    Op Sondag, 3 Augustus, luister kinders na Jesus oor… blydskap. Die onthouvers is Hand 16:34b “Hy en sy hele huisgesin was vol blydskap omdat hulle nou in God geglo het.” Dit is die storie van die man wat wou selfmoord pleeg. Dié storie staan in Handelinge in die Nuwe Testament en gaan so… Paulus en Silas was superlief vir Jesus, maar ‘n superslegte ding het gebeur. Hulle is superseer geslaan en in ‘n superslegte tronk gegooi. ‘n Supergoeie tronkbewaarder moes hulle oppas. Hy maak toe ‘n superslim plan en sluit hulle in ‘n sel in die middel van die tronk toe. Min het hy geweet watter super wonderwerk God gaan laat gebeur! In die middel van die nag was Paulus en Silas superbly en het supermooi gesing. Skielik was daar ‘n supergroot aardbewing, die superslegte tronk het geskud en die supersterk deure het oopgegaan. Die supergoeie tronkbewaarder het besef hier is nou supergroot moeilikheid en het ‘n superdom plan gemaak. Maar Paulus was supervinnig en het vir hom God se supergoeie plan van redding vertel. Hy en sy familie is gered en was vol blydskap! Aha, dis die geheim: ware blydskap gebeur wanneer Jesus jou red! Ons luister na Madagascar 2 se “I like to move it, move it” – dit beweeg ons om te beweeg en dié goeie nuus met almal te deel! (Ouers word versoek om Hand 16:16-40 vir hul kinders te lees. Deel julle blydskap met ander.)   Kinders is die ene ore op Sondag, 10 Augustus, as ons na Jesus luister oor… vergifnis. Ons leer meer oor koninkryksgelykenisse en doen ‘n bietjie Bybelse wiskunde. Dan skakel ons in op die G.R.A.C.E. TV-kanaal (Gr 1-6) / A-nee-a TV-kanaal (peuters en kleuters) en kyk na die gelykenis van die onvergewensgesinde amptenaar. Dan vir ‘n “kyk weer” waarna opwindende doendinge met ‘n hardgekookte eier en papiervliegtuigies volg – alles om by ons kinders tuis te bring dat ons ander moet vergewe soos wat God ons vergewe. Ons bevestig hierdie besluit deur die Onse Vader gebed hardop saam te bid. Ook Lekker Lawwe Lita/ Lukas Lieflapper van Lofland leer vir peuters en kleuters dieselfde les: vergewe mekaar soos God julle vergewe. Dis hoe die Lieflappers dit in Lofland doen. Daarna luister klein maatjies na dié Lieflapper se loelerstelollerstelekkerste liedjie. (Dis ‘n week van genade wat voorlê waarin ons mekaar moet vergewe soos wat God ons vergewe. Ouers word versoek om toe te sien dat dit in die eerste plek in gesinsverband gebeur.)

maak kinders ‘n draai by die tandemuis en wonder of daar ‘n kerkmuis is! Ons kry wel iemand in die Bybel wat so arm soos ‘n kerkmuis was. Dié arm weduwee het net twee muntstukkies in die offergawekis gegooi, maar volgens Jesus se wiskunde was dit meer werd as al die ander mense s'n saam. Ons krap kop om dié somme uit te werk en druk eerder die “rewind” knoppie om weer daaroor te dink. Dan “pause” ons as ons verstaan hoekom die arm weduwee die “drum roll” verdien! Ons ontdek dat God nie in rand en sent meet nie, maar binne-in ‘n mens se hart kyk. Ons gee ons dankoffer met warm harte en sing “Give your heart to Jesus” uit volle bors. (Ouers word versoek om saam met kinders hierdie week iets vir iemand te gee. Doen dit met ‘n warm hart! Lees weer Mrk 12:41-44 as huisgesin saam.)   Sondag, 24 Augustus, is geoormerk om na Jesus te luister oor… hoe om te verander. Die bye sing die “bee-day” lied vir ons maats. Daarna verken ons die Bybel op soek na ‘n besige by en ontdek ‘n besige by in Betanië: Marta! Anders as Marta hou Maria daarvan om te “chill” – sy sit eerder by Jesus se voete en luister na sy woorde! Dis presies waar die drama begin het. Marta wou hê Maria moes haar help. Dan vir die “million dollar” vraag: wat is reg en wat is weg? Soos wafferse “TMO’s” probeer kinders by die antwoord uitkom, maar berus dan in Jesus se woorde: “Net een ding is nodig!” Kinders leer hoe om te verander: dit gebeur by Jesus se voete. Dan is dit fliektyd en verrassingtyd as Lekker Lawwe Lita/Lukas Lieflapper van Lofland vir ons peuters en kleuters kom kuier. Sy sing haar loelerstelollerstelekkerste liedjie vir ons: “O, die liewe Martatjie” en leer vir ons dat ons nie te lorrieporriemorriesorry besig moet wees nie, want dit maak jou orriegeriekstiekstjorrie ongelukkig. Maria het die estebesteegteregte ding gedoen! Sy het by Jesus se voete gesit en na Hom geluister – dit gee jou sommer ‘n lielielallaloela huppel in jou trippel en ‘n hiehielieliehahahoho lag op ‘n slag. (Ouers word versoek om Marta en Maria se verhaal in Luk 10:38-41 vir hul kinders te lees. Leer Jesus hierdie week as gesinne beter ken deur Bybel te lees, te bid, met ander oor Jesus te gesels en na plekke toe te gaan waar julle Jesus beter kan leer ken.)  Op Sondag, 7 September, is dit tyd vir fliek en “springmielies” wanneer ‘n kwartaalterugblik plaasvind en kinders die “Luister na Jesus oor…”-kurrikulumreeks se hoogtepunte, onthou-verse en kerngedagtes weer beleef. Mag elke kind in kerksondermure in gehoorsaamheid en met toewyding na Jesus luister oor… woorde, blydskap, vergifnis, geld, goed en gee; hoe om te verander. Ons gebed is dat ons kinders Jesus luisterend sal leer ken en soos Hy sal leef!  k

Op Sondag, 17 Augustus, luister kinders na Jesus oor…geld, goed & gee. Die muise sing ons verjaarsdagmaats toe en dan

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     27


Betrokkenheid by ‘n lewensbedreigende siekte is 'n baie emosionele en sensitiewe verantwoordelikheid. Wanneer ‘n jong kind se lewe bedreig word, is ouers se beskermingsdrang in oormaat geaktiveer. Wanneer dit jou lot word as ouer om saam met jou kind te veg vir lewe, draai die lewe op sy kop. Jou nuwe vriendekring is ouers met siek kinders en jou bestaande vriendekring raak stadig maar seker kleiner. Jy moet soms kies tussen brood vir een kind en 'n mediese rekening sodat jou ander kind se behandeling kan voortgaan. Kinderbegrafnisse, verlies, trane, pyn, geestelike worsteling en min slaap is jou voorland. En so begin ook 'n nuwe pad met God. Vrae, smekinge, soebat en pleit en onderhandel is deel van jou daaglikse aksie. Die ander kant van die geestelike spektrum is ook die vreemde mense op jou pad wat uitreik, verskeie denominasies en ander gelowe wat hospitaalbesoeke doen en kom bid. Baie ontydig, ongevraag en soms selfs onwelkom. Die een groep dryf jou kind se demone

Hoop

Hoop Vir ouers wat hiermee kan assosieer: Ek wou nooit die pad stap stap nie, maar ek moes en ek het. Ek wou nooit die terminologie leer ken nie, maar ek het nie 'n keuse gehad nie. Ek wou nooit deel word van ‘daai groep’ nie. Dit was altyd die ‘ander’ mense. Die mense met wie dinge gebeur, die mense wat seker sterk genoeg is, die mense wat ‘gekies’ word. Die mense vir wie jy al jou mooiste ‘cliches’ uithaal en vir wie jy bid. En toe val ek binne in die groep van ‘ander mense’, en ek maak met hul vriende. Ek leer saam met hul ‘leopard crawl’ en huil en lag. Ek leer saam met hul bid en hoop en grappe maak en begrafnis hou. En ek vrees my beurt. Ek leer van deurnagte en pyn en gil en braak en bloei. Ek leer van goeie dae en laagtes. En ek raak lief vir die ‘ander’ mense. Ek huil oor hul seer en ek huil oor my eie, en ek huil oor my kind hier én my kind daar. Die een wat siek is, en die een wat afgeskeep word as gevolg van die siekte. Ek sien ‘vriende’ wat verdwyn en nuwes wat verskyn. Ek sien mense wat my storie ‘hulle storie’ maak. Hul vriendskappe bly nie. Hulle floreer net op stories. Ek leer ken mense van elke kerk en denominasie en geloof. Baie reik uit en kom bid. Baie se gebed is opreg en ander skep soveel vrees. Dit is hulle wat kom demone soek in my en my kind. Dit is hulle wat kom om te oordeel, oor die sondes van die ouers te groot is vir God se genade. Dit is hulle wat in geloof my die rug keer, en dan kan ek net met slap

uit, die ander vervloek die duiwel, nog een pleit vir volle genesing en die volgendes bid dat God in genade jou kind gou kom haal omdat die lyding te veel vir hul is om te aanskou. Daar is heelwat wat dit onder jou aandag bring dat jy jou sondes moet bely sodat God jou kind kan genees. Daar is vele geloofsgenesers wat namens God beloftes maak. Daar is dié wat wil betrokke raak op voorwaarde dat hul almal wat nie soos hul glo nie, gaan bekeer. En wanneer jy daar staan en aanskou en beleef, wil jou hart soms breek as jy waarneem hoe Christelike geloof gebruik word om verder te kasty en seer te maak. Hoe maklik is dit om geloof te gebruik om oordeel uit te spreek? Daar is dié wat werklik in liefde daar is, baie van hul is slegs Jesus se hande en voete. Hul bid tuis, want hul weet God hoor ook die gebede wat daar gebid word. Mag ons leer om meer sensitief te raak wanneer ons met stukkende mense werk. Ons gesinne se seer hou nie op nie, ons moet net daar wees.  k

HoopHoop Hoop Hoop Hoop

hande skree: ”Hoekom Here? Hoekom ons?” Ek stap op 'n pad wat net een rigting het, want omdraai is nie 'n keuse nie. Vorentoe, meer kennis, meer geloof, meer hoop, meer bid, meer vertrou, meer skewe humor. Ek raak weird. Dit is hoe ek cope, die grappe al hoe skewer om die seer weg te steek. Daar is nie tyd vir trane nie, want ‘n ma is sterk vir haar kind. Ek sien hoe ma’s sterk is vir pa, en pa’s sterk is vir ma, en ek sien hoe baie van hulle skei. Want die voorgee en die realiteit is dreinerend en uitmergelend te veel. Ek is net te moeg vir baklei, want daar is net een baklei wat saak maak. Die een vir lewe. As ek iemand kan doodmaak en so my kind se lewe red, sal ek. As ek kaal in die straat moet dans en so sy lewe red, sal ek. Dis jammer dis nie opsies nie. Dis makliker as om te bid, te glo en te hoop op iets wat ek nie kan sien nie. Maar so in die gebed leer ek myself beter ken en leer ek God beter ken. En so met die terugkyk is ek dankbaar vir die geleentheid om te weet: ek weet wat ek weet. En ek weet wat ek weet is waar, en ek weet ek GAAN my kind weer sien, want die Ewige Lewe is waar. En hierdie trane vir nou sal verby gaan, en dit sal oorgeneem word deur die mees ongelooflike vreugde van weersiens. En vir al ons seer ouers kan ek sê: “ Kyk op, Hy kom weer op die wolke… en met die weersien is jou kind se gesig ook daar, wat met vreugde gevul sal wees, en al wat vir jou dan sal saakmaak, is dat liefde nie 'n einde het nie, en afstand het nie vervreem nie.”  k

28    Hartklop l  Augustus 2014

Vera van Dalen

www.kerksondermure.org


Koninkryk-Tienerdogters

Tienerdogters in Geloof Ek kan nog al die probleme onthou waarmee ek omring was in hoërskool... vriendskappe wat verlore is vanaf laerskool, die soek na 'n nuwe vriendekring, die begeerte om aanvaar te word, en wat gedoen moet word om aanvaar te word... Dit het baie emosionele struikelblokke veroorsaak... veral wanneer jy sekere goed gedoen het om aanvaar te word en dit het verskil met jou geestelike waardes en norms... ek het altyd gevra: "waarom doen ek dié goed? Hoekom soek ek die aanvaarding?" En al die tyd was die Here heeltyd daar... want wat anders sou vir my die twyfel in my hart geplaas het? Die Heilige Gees was konstant besig om my te waarsku, raad te gee.... toe ek begin luister het vir die Heilige Gees toe het ek besef hoekom ek aanvaarding wou hê... Want ek wou hê ander moes my aanvaar want ek kon nie myself aanvaar nie... toe ek die Heilige Gees se raad volg, Ons leef in ‘n vinnige, kits wêreld waar alles “bigger & better” moet wees. Ek hoef nie eers te vertel wat die eise van die lewe aan ons tieners stel om te weet dat dit enorm is nie. Partykeer kyk ek na hulle en wens dat ons hulle kan toedraai in sagte watte om hulle te beskerm teen die lewe. Maar ons kan nie, ons as ouers, onderwysers, groepleiers en mentors kan maar net die pad langs en saam met hulle stap, saam met hulle beleef, raaksien en reflekteer. Wanneer ek aan ons dogters dink, hoor ek die woorde van die lied “Hosanna”, “I see a near revival, stirring as we pray and seek. We're on our knees, we're on our knees”. Dit maak my baie opgewonde, want ons dogters sit nie net stil nie. Hulle hardloop ook nie doel- en rigtingloos rond

toe eers kom ek agter, die enigste plek waar ek aanvaarding nodig het is by die Here... en Hy het my al lankal aanvaar.... Stephanie Pienaar

Die beste van als is daai gevoel... die gevoel van, noudat die Here my aanvaar, aanvaar ek myself, ek soek ook nie aanvaarding by ander nie, want die aanvaarding wat ek gekry het by die Here het die gat in my hart gevul... So, luister na die Here, volg sy raad... want as jy luister, gaan jy hoor wat Hy te sê het... die aanvaarding wat jy by Hom kry, is 'n duisend keer beter as wat jy kry by die mense rondom jou... So bid en praat met die Here, bou 'n verhouding. Hoe sterker jou verhouding met die Here, hoe harder gaan Sy stem raak... niemand het gesê dit gaan maklik wees nie, maar sy aanvaarding is 'worth it'.  k

nie. Ons dogters is op hulle knieë, biddend en soekend na wat Jesus van hulle vra. Ons dogters is besig om te luister na die hartklop van God, sodat hulle Jesus kan leef vir en saam met hul gesinne, hul vriende en die mense rondom hulle. Dit is vir my wonderlik en ‘n baie groot Janet Cruywagen voorreg om saam met ‘n groep van ons dogters by kerksondermure hierdie pad te stap. Dit is vir my ongelooflik kosbaar om elkeen se opgewondenheid oor die lewe en oor Jesus te beleef en elkeen te sien groei. Mag elkeen van julle besef hoe kosbaar julle vir ons is en dat ons baie trots is op die manier hoe julle daagliks Jesus sigbaar maak in die lewe en wêreld rondom julle.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     29


Kiara Ferreira

Perspektief: vanuit ‘n tiener se oogpunt

Vandag se tienermeisies is môre se vroue. Maar op pad na die toekoms ervaar hulle baie struikelblokke. Dit is hierdie struikelblokke wat veroorsaak dat hulle soms na slegte gedrag gryp, met die gedagte dat taboe-gedrag hul enigste uitweg is. Taboe gedrag sluit in rook-en drinkery op ‘n vroeë ouderdom, snyery, van slegte taal gebruik maak en selfs rebelsheid. Tienermeisies kan hierdie slegte gedrag hê nie net as gevolg van struikelblokke soos familie-probleme nie, maar ook as hul ouers hul nie daarmee help nie. Dit kan ook wees dat die ouer dalk nie eers weet dat die kind sielkundige hulp nodig het nie, en ook nie weet wat die kind als kwyt raak by die skool of op ander plekke nie (soos selfone).

Ek dink vandag se tienerdogters kry die verkeerde idee van kerk toe kom. Ek kan by die kerk raaksien dat baie van die tienerdogters met vreeslike dik grimering kerk toe kom, en dit laat my soms wonder hoekom hulle by die kerk is. Is hulle by die kerk omdat hul ouers gesê het hulle moet kerk toe kom, of is hulle hier om meer oor die Here te leer? Ek wonder altyd of hulle sou kerk toe kom as hulle ‘n keuse sou hê. Ek het ook nog altyd gewonder hoekom baie tienerdogters by die kerk amper geen aandag skenk nie, maar alle aandag gee aan ‘n fliek van twee ure lank. Al hierdie goed pla my, maar die ding wat my die heel meeste pla, is hoe ons as tienerdogters makliker gesien sal word besig om ‘n vampier-boek te lees eerder as die Bybel.

Ek kan in die hoërskool sien dat struikelblokke, met ander woorde, die probleme wat veroorsaak dat ons as tienermeisies se lewens nie heeltemal perfek en volmaak is nie, ook kan wees: meisies wat met net een ouer grootword, meisies wie se ouers rokers en/of alkoholiste is, meisies wie se kinderregte by die huis oor die algemeen geskend word.

Ek het nog altyd gewonder hoekom ons as tienerdogters meer met bonatuurlike goed, soos boeke, flieks, ens., besig gehou word as wat ons tyd met die Here spandeer. Wel, ek dink ek het ‘n goeie idee hoekom, en my opinie is dat die duiwel sulke boeke en flieks gebruik en dit baie interessanter probeer maak, sodat hy die kinders wat na hierdie flieks kyk, kan vasvang.

Nog iets wat ek in die hoërskool sien, is dat party tienerdogters wat ek ken, sukkel omdat hulle sonder ‘n pa deur hul hoërskool jare gaan, en om als nog erger te maak, kan hul ma’s dalk ook baie slegte goed doen wat ouers nie behoort te doen nie. My opinie daarvan is dat hul kinders ook die slegte goed begin doen.

Ek vind dit maklik om te sien dat baie tienerdogters eerder op dwelms en drank staatmaak om hulle met hul probleme te help, as wat hulle op Jesus staatmaak. So dit is waar Jesus in my storie inpas. Vandag se tienerdogters behoort vir Jesus te vra om hulle te help, en meeste van hulle besef nie dat hulle Jesus se hulp nodig het nie. Vandag se tienermeisies is môre se vroue. En ek weet dat dit tyd en moeite vat om by hierdie struikelblokke verby te kom. Maar kies vir Jesus om jou te help, en jy sal ‘n weg vind.  k

Volgens my is dit vreeslik hartseer omdat die dogters en hul ma’s nie besef wat die regte antwoord op al hul pro-bleme is nie...

30    Hartklop l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


My Voetspore

Vryheid moet gebruik word Tertia Kellerman, kerksondermure se sendeling in Asië, skryf uit Sjina: As mens lank genoeg in die donker bly, verblind die lig jou. Dit geld fisies, geestelik en ook op ander vlakke. Mense vind die Lig onaanvaarbaar omdat hulle te lank in die donker was. Op ‘n snaakse manier kan dit ons almal oorkom dat ons so gewoond raak aan die manier waarop ons dinge doen, dat ons dit nie eens agterkom nie. Vandag, deur ‘n kollega se opmerking, besef ek dat ek vir die 15 jaar in Indië nooit in ‘n nuusbrief kon skryf dat ek saam met Veritas College werk nie! Ek het so gewoond geraak daaraan dat ek my nuwe vryheid (selfs al mag dit tydelik wees) nie gebruik het nie. Ek hoop hierdie oorsig oor Veritas College se hartklop sal jou iets laat verstaan van waarmee ek besig is en hoekom ek besig is om dit te doen! Veritas College GLO Veritas College bied Geïntegreerde Leierskapsontwikkeling (GLO) aan. Dit is teologiese opleiding wat aan twee hoofwaardes voldoen: Dit moet getrou wees aan Bybelse beginsels en relevant wees vir Christus se kerk in ‘n veranderende samelewing wêreldwyd. Opleiding in die konteks van gemeentelewe Veritas College wil help dat teologiese opleiding as ‘n geïntigreerde deel van die lewe en bediening van die gemeente plaasvind. Dit moet die visie en bestaansreg van die kerk ondersteun sodat almal in die gemeente deel sal wees van die volgende dinamika:

skaalse toerusting van lidmate sodat elke gelowige in ‘n bediening kan staan – by die werk, skool, hospitaal, kantoor, aanleg, staatsdepartement. Dit kan die kerk help om by te dra dat daar totale sosiale transformasie plaasvind. Bevorder algehele lewensontwikkeling Veritas College is oortuig dat jou geloof in Christus elke aspek van jou lewe, insluitend jou werk, gesinslewe, verhoudings, ontspanning, finansies, akademie, en karakter moet bepaal. Deelnemers aan GLO word toegerus en aangemoedig om self die Bybel te interpreteer en dit op die verskillende areas van hul lewens toe te pas sodat die Here Jesus Koning kan wees oor alles. GLO poog om deurgaans in opleiding te beklemtoon dat die elemente van kennis, karakter en vaardighede geïntegreer moet word.   k

Bevorder die doelwitte van gemeentegroei GLO bevorder die Bybelse doelwitte en roeping van die gemeente. Die doel van GLO is nie om die individu aan te moedig om kennis op te doen vir eie gewin nie, maar om die gemeente toe te rus om hulle aandeel in God se doel met die wêreld uit te voer. Groepe gelowiges word dus in hulle eie gemeenteverband opgelei. Voordele van GLO in die konteks van die gemeente;   •  Leierskapsopleiding het ‘n onmiddelike impak op al die    aktiwiteite van die gemeente.   •  Elkeen wat opleiding ontvang word sterker aan sy/haar ge   meente gebind en kan effektief benut word.   •  Almal dien terwyl hulle opgelei word.   •  In die konteks van die plaaslike gemeente word opleiding    so aangebied dat die spesifieke behoeftes van hulle eie ge   meente en gemeenskap aangespreek word.   •  Dis toekomsgerig omdat die leierskapsbasis van die ge   meente voortdurend groei. Effektief in Westerse en nie-Westerse wêreld Omdat GLO gewoonlik deeltyds aangebied word, binne die konteks van die plaaslike gemeente, kan dit aangepas word by die fasiliteite tot in die moeilikste en armste omstandighede. Elke kultuur kry die geleentheid om Bybelse beginsels in hulle unieke konteks toe te pas. Toerusting vir liggaamsbediening GLO bied wonderlike en opwindende geleenthede vir grootwww.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     31


Toerustingsfokus

RaakVatReisMidstream

Kom saam met ons op ‘n RaakVat Reis waar ons meer van onsself, van mekaar en van ander gaan ontdek. Ons eerste helfte by Hippolaan was ‘n groot sukses, nou vir ons reis in Midstream. Moet dit nie misloop nie!

r e e l l e s

1)  Raak-Kuier Evangelisasie Toerusting Dinsdagaande van 29 Julie, 5 en 12 Augustus (Midstream 18:30) – Koste: R50 per persoon vir al drie aande.

n a ek

Ons leef mekaar raak op soveel terreine - langs die sportveld, in `n koffiewinkel, in die ry by die bank, by die kantoor of in klastyd. Elke dag word ons geseën met soveel mense wat ons paaie kruis. Die vraag wat ontstaan is: hoe benader ons sulke geleenthede? Ons gaan vir drie weke stilstaan by hierdie baie belangrike vraag. Ons sal kyk na maniere om gesprekke aan te knoop en watter geleenthede en uitdagings daar is in vandag se wêreld in terme van die uitdra van die Goeie Nuus. Hierdie is beslis drie geleenthede wat jou lewe sal verryk, jou sal uitdaag en uiteindelik sal bemagtig.

G

2)  Raak-Sien Wat glo ander? Dinsdagaande van 26 Augustus, 2 en 9 September (Midstream 18:30) – Koste: R100 per persoon vir al drie aande. `n Klomp jare terug moes jy ver reis om `n gesprek met iemand van `n ander geloof en etniese afkoms aan te knoop - vandag is dit oral om ons. Al ooit gewonder wat die essensie van die verskillende gelowe werklik is? Indien ons vir mense wil lief wees, sal dit ons geweldig baie baat om ook meer uit te vind oor hul geloof en hul kultuur. Ons gaan hierdie drie weke stilstaan by die gelowe van die Moslems, Jode, Hindoes, Boeddiste, Ateïste, ZCC gelowiges en ander Afrika-godsdienste. Dié reeks sal nie net

nuttige inligting deurgee nie, maar iets vertel van Jesus se hart, sowel as die wyse waarop ons mense van ander geloofsoortuigings moet benader. “Don’t tell them Jesus loves them, until you are ready to love them too”.

3)  Raak-Leef Konferensie Biblical Donderdag- en Vrydagaande van 18 & 19September (Midstream 18:30) asook Saterdagoggend 20 September (Midstream 08:00) – Koste: R150 per persoon vir al drie dae Hierdie drie dae toerustingskursus vorm die basis van ons RaakVat-Reis. God se radikale verlossingsplan bring ook `n radikale Koninkryk met `n radikale grondwet te voorskyn. Kom en ontdek die wonder van `n nuwe manier van kyk na die wêreld en na jou omgewing. Saam ontdek ons die verskillende wêreldbeelde van hierdie mooi land en sy mense, en waarom `n Bybelse wêreldbeeld SO dringend nodig is vir die gesprekke waarby ons betrokke is. Die Raak-Vat-Reis bied ons geleenthede om te groei, om betrokke te raak en om ten volle toegerus deel te neem, lief te hê en die wêreld raak te leef.  k

Navrae en registrasie: Jolandi Rudman 012 663 2003 x 254 (slegs tot 13:00) jrudman@ksm.co.za

32    Hartklop  l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Bybelskool:

Die Evangelie van Lukas Wie was Lukas?  •  Hy was nie 'n dissipel nie.   •  Hy het nie vir Jesus geken nie. Hy was nie ‘n Jood nie.  •  Hy was 'n Griekse heiden Kan ons hom glo? Waar kom hy aan sy kennis van Jesus? Wat besonders skryf hy oor Jesus? Matteus skryf vir die Jode. Het Lukas, die Griekse heiden, dan vir die heidene geskryf? Kom ons kyk. Omdat Matteus vir die Jode skryf, probeer hy deur talle aanhalings uit die Ou Testament die Jode oortuig dat Jesus die Messias is wat in die Ou Testament beloof is. Niemand haal meer uit die Ou Testament aan, as Matteus nie. Maar Lukas skryf anders. Sommige meen omdat hyself 'n heiden was en nie 'n Jood nie, het hy net vir die heidene geskryf. Maar hy skryf vir heidene én Jode. Onthou, hy was saam met Paulus op sy sendingreise. En een van die groot sake in Paulus se bediening was om die Joodse Christene en die heidenchristene bymekaar te hou. En Lukas het dit by hom geleer. Hy is dus die evangelis met die breë visie. Hy het almal in die oog - nes die Here self. Lukas vertel 'n hele aantal gelykenisse wat die ander Evangelies nie het nie:   •  Die verlore seun (Luk 15).

•  Die barmhartige Samaritaan (Luk 10).   •  Die straatvrou (Luk 7).   •  Die Fariseër en die tollenaar (Luk 18). Dit is sommige van die beroemdste gelykenisse. En boonop help hy ons ook die meeste om gelykenisse uit te lê. Hy leer ons wie eintlik die verlore seun was. Wat leer ons by hom oor die val van Satan? En waarom word Jesus ‘n profeet genoem wanneer Hy wonderwerke doen? Ons gaan by die Bybelskool konsentreer op die volgende: 1 In wie stel Jesus, volgens Lukas, die meeste belang?   In die leiersfigure of die randfigure? 2 Hoe verklaar Lukas gelykenisse?   Wie was die verlore seun? 3 Lukas die mediese dokter: waar het sy hart geklop? 4 Lukas die “Praise en worship-evangelie”.   En die wonderwerke?

* Datums en tye beskikbaar op bl. 34

kinderssondermure Kwartaalprogram AUGUSTUS 3de – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6: Les 2 – Luister na Jesus oor… Blydskap    (Hand 16:34b)   •  Gr 7 Hippolaan & Midstream: EE III (Prof Adrio - Vrae Wat Pla) 10de – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6: Les 3 – Luister na Jesus oor… Vergifnis (Matt 6:12)   •  Gr 7 Hippolaan: EE III (Uitreik na Louis Botha Kinderhuis)   •  Gr 7 Midstream: EE III (Uitreik na Midstream Sekuriteitswagte) 17de – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6: Les 4 – Luister na Jesus oor… Geld, Goed & Gee     (Mark 12:44 & 2 Kor 9:7)   •  Gr 7 Hippolaan & Midstream: EE III (Voorstelling, sertifikate,    uitreik-getuienisse & “cupcakes”)   24ste – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6: Les 5 – Luister na Jesus oor… Hoe om te verander   (Luk 10:42a)   •  Gr 7 Hippolaan & Midstream: EE III (Eben de Wit - My kind en   Tegnologie) 31ste – Nagmaal (geen kinder-eredienste)

SEPTEMBER 7de – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6: Les 6 – Terugblik: Luister na Jesus oor…   •  Gr 7 Hippolaan & Midstream: EE III (André van Zyl - Wat glo   ander) 14de – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6 Hippolaan: Hartklopfees   •  3 jaar – Gr 6 Midstream: Getuienisse & Vlaggiefees   •  Gr 7 Hippolaan & Midstream: EE III (Rodney Seale – Boelies,    drank, dwelms & seksuele reinheid)   21ste – Kinder-eredienste:   •  3 jaar – Gr 6 Hippolaan: Getuienisse & Vlaggiefees   •  3 jaar – Gr 6 Midstream: Hartklopfees   •  Gr 7 Hippolaan & Midstream: EE III (Tiesie de Coning – Wonder    van die Woord)   28ste – Gesinserediens (geen kinder-eredienste)

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Augustus 2014     33


Dagboek

34    Hartklop  l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Augustus 2014     35


Bederf-Jou-Vriendin-Aand!

Hupstoot vir jou Vrouehart...

8 Augustus 2014 18:45 vir 19:00 kerksondermure Midstream R80.00 pp (Ligte verversings ingesluit) RSVP: Vera voor of op Woensdag 6 Augustus 2014 012 940 9480 of mskantoor@ksm.co.za

Gretha Wiid

36    Hartklop  l  Augustus 2014

www.kerksondermure.org


Dagboek Baie van ons dink dat ons eers ons lewens moet regruk voor ons dit by ‘n kerk of dalk self by Jesus se voete kan waag. Ons is dikwels so bewus van ons foute en sonde dat ons eerder van ander Christene af wil wegbly as om te waag dat iemand sou uitvind hoe ons voel. Jesus het nooit gevra dat jy jou lewe agtermekaar moet kry voor jy Hom mag dien nie. Hy kom na jou toe, daar waar jy sit, hou Hy sy hand uit en vra jou om Hom te volg. Jy hoef nie jou lewe te verander om Hom te volg nie, maar wanneer jy agter Hom aanstap, sal Hy jou verander. WIP 20+ begin met ‘n nuwe reeks, ‘Follow’, van Andy Stanley. Bring jou vriende saam, kom maak nuwe vriende en kom geniet die reis saam met ons. Ons ontmoet Woensdagaande om 18:45 in die Rooisaal by kerksondermure (Hippolaan).

Week 1 1 2 3 4 5 6 7 8

Datum 6 Aug 13 Aug 20 Aug 27 Aug 3 Sept 10 Sept 17 Sept 1 Okt

Tema Jesus Says Next Steps Fearless Follow Wear The Fine Print What I Want to Want Leading Great Unfollowers

As jy meer oor WIP 20+ wil uitvind, of by ons wil aansluit, stuur gerus ‘n epos na wip@ksm.co.za of kontak Madeleen by 083 212 5533, of Hugo by 084 517 7417.


Hoe beskerm jy jou geliefdes as jy self nie meer hier is nie?

Jy kan ‘n impak in God se koninkryk maak al is jy nie meer hier nie Het jy geweet dat jou donasie aan ‘n goedgekeurde publieke weldaadsorganisasie vrygestel is van boedelbelasting? Om uit te vind hoe om jou testament korrek te bewoord – of vir ander vrae oor jou testament kontak gerus die Netwerk vir Lewe Sentrum by 012 663 1610 of testamente@ksm.co.za. Inligting is ook beskikbaar op ons webtuiste, www.kerksondermure.org


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.