Hartklop desember 2014

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

:

Geseende Christusfees Desember 2014  Uitgawe 100


Inhoud

Fokus 01

Kersfees - ‘n fees vir Onwaardiges

02

Boodskap van die Gemeenteraad Voorsitter

03

Geseënde Christusfees

04

Jong Volwassene, saam met wie eet jy hierdie Kersfees?

04

Maria was ‘n tiener...

10

Wat beteken Kersfees vir jou?

11

Soli Deo Gloria

11

Kersgebed 2014

Dagboek 05

Belangrike Datums

06 07 08 09

Kalender - Desember 2014 Kalender - Januarie 2015 Belangrike inligting: Tieners en Kinders ‘n Man met ‘n Hart vir God Eredienstye: Desember 2014 & Januarie 2015

12

Agterblad:

Vrou na God se Hart...

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org  e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure App: Google Play Store & Apple i-Store: kerksondermure Na-ure predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Adres: Gemeente sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003  •  Midstream - 012 940 9480


Kersboodskap

Fanie Venter

Kersfees – ˙n fees vir Onwaardiges

Die kersverhaal in Lukas 2 kan 'n mens laat wonder of die engele (God se boodskappers) nie dalk op die nag waarin Jesus gebore is, by die verkeerde adres opgedaag het nie. Met die grootste boodskap van alle tye daag hulle in die oop veld by skaapwagters op. “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” word heel eerste deur randfigure sonder enige invloed gehoor. Hulle was, in die oë van mense, beslis nie goed genoeg om die eerste ontvangers van die goeie nuus te wees nie.

Die lewe kan vir jou en my maklik oortuig dat ons nie goed genoeg is nie. Ons kan onsself baie maklik vertel en glo dat ons nie goed genoeg is nie. Mense laat ons maklik twyfel in ons eie waarde. Daarom is die verhaal van die skaapwagters en die verdwaalde engele vir ons goeie nuus. As ons na Jesus se lewe kyk, sien ons die engele het toe nooit verdwaal nie. Hulle was toe al die tyd presies by die regte plek en die regte mense.

God ag die skaapwagters, die onwaardiges, goed genoeg vir ’n ontmoeting met sy Seun. As jy op 'n plek in jou lewe is waar jy onwaardig voel, dan is jy op presies die regte plek, want dan is jy op God se adreslys. Dit sal nie die eerste keer wees dat God in die oë van mense sy adresse verkeerd gehad het nie. Kersfees sê: God ag jou goed genoeg vir ’n ontmoeting met sy Seun. Na hulle ontmoeting met die Seun het die skaapwagters vol blydskap, terwyl hulle die Here loof en prys, teruggegaan na hulle skape toe. Die werk van die engele het nou ook hulle werk geword (Luk. 2:13-14). Mag elke ontmoeting met Jesus jou lewe ook so verander. Só verander dat jy saam met Hom terug stap na jou lewe toe. Met nuwe gedagtes, nuwe hoop in jou hart en met nuwe woorde op jou lippe. God se adres is nooit verkeerd nie. God se adres is jy!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Desember 2014     01


Boodskap van die Gemeenteraad Voorsitter

Jan Rhoodie

Liewe Gemeente 'n Paar weke gelede het Christo Woite gepreek uit Ps 118 en 3 kern gedagtes uitgelig: 1.

God is goed

2.

Daar is geen einde aan God se liefde nie

3.  Hy is my God Dit was 'n boodskap wat my vele kere die afgelope tyd gehelp het om vrede en stabiliteit in my gemoed te skep wanneer hierdie deurmekaar wêreld gedreig het om my om te dop. Nou, wanneer die jaar uitloop in 'n harwar van aktiwiteite, is ons nog meer kwesbaar en neem dit soms nie veel om die vrugte van die gees te “verruil” vir die vrugte van die lewe nie (lees gerus weer Gal 5 : 16 - 26). Uit die Here se genade het ons egter 'n keuse om elke dag en in elke omstandigheid te kies om hierdie boodskap te glo en daarvolgens te lewe. Graag bedank ek die uitvoerende span onder leiding van Fanie, my mede gemeenteraadslede, al die werknemers en die dienswerkers vir hul uitmuntende spanpoging hierdie jaar - ek glo die resultate is duidelik vir almal om te sien. Namens die gemeenteraad wil ek jou as lidmaat hartlik bedank vir jou insette, betrokkenheid en ondersteuning. Ek moedig jou egter aan om in 2015 nog nouer, of dalk selfs vir die eerste keer, betrokke te raak. Die gemeente se vermoë om 'n verskil in die wêreld te maak, is immers net 'n refleksie van elke lidmaat se bydrae en betrokkenheid. Kom vind jou plek en maak 'n verskil. Mag die Here ons in sy liefde omvou en die werk van sy hande in ons lewens seën. Geseënde Kerstyd Jan Rhoodie

02    Hartklop l  Desember 2014

www.kerksondermure.org


Kersboodskap: Manne & Vroue Elke jaar rondom hierdie tyd sê ons vir mekaar "Waar is 2014 heen?" en "Ek kan nie glo die jaar is verby nie."

"die enigste weg na my is deur my seun Jesus Christus." Wat beteken die woorde presies?

Alle winkels is verlig met kersversierings, kersliedere is oral te hoor, jy's weer op vakansie by jou gunsteling vakansiedorp, ma beplan al maande aan daai groot Kersfees ete... En so word die proses herhaal, jaar na jaar. Oor 'n maand is jy weer druk besig by jou werk en die kersete is 'n amperse vergete gedagte.

Die antwoorde tot die vrae is eenvoudig maar ook 'n baie besonderse herinnering van 'n gebeurtenis wat werklik alles vir altyd verander het. Gewoonlik eindig ek op met so 'n intense gevoel van dankbaarheid dat my trane maar vlak sit.

Ek nooi jou uit om hierdie jaar een ding anders te doen en hierdie een ding is net vir jou. Vind 'n plekkie waar jy vir minstens 30 minute werklik alleen en ongesteurd kan wees. Raak werklik stil en dink dan vir 'n oomblik... Dink oor die geboorte van Jesus in Bethlehem. Dink oor hoekom dit gebeur het. Hoekom is dit belangrik? Dink dan oor hoe hierdie gebeurtenis jou lewe beïnvloed. Dink oor wat presies die boodskap van ewige hoop vir jou ontsluit. Dink oor waar dit jou sou los as Jesus nie gebore is nie. Dink oor God se woorde

Carel Bosman Ja, Kersfees is daar om saam met geliefdes te geniet, maar dis ook daar vir jou om werklik stil te wees, al is dit net vir 30 minute, want Kersfees verteenwoordig een van die grootste en mees betekenisvolle gebeurtenisse in die geskiedenis, en dit affekteer my en jou op 'n manier wat woorde kwalik kan beskryf. Mag jy 'n wonderlike Kerstyd geniet, gevul met vrede, vreugde, kalmte en geluk.

Groete Carel

Geseënde Christusfees Boodskappe van ons manne- en vrouebediening

Die hart van Kersfees is God se hart - 'n hart gedryf deur liefde. God het ons so lief gehad dat Hy nie anders kon as om sy volmaakte geskenk, sy seun Jesus Christus vir ons te gee nie. Liefde maak God se geskenk van genade moontlik en as ek hierdie genade besef, dring dit my tot liefde vir my naaste. Die hart van Kersfees is Jesus. Immanuel – God met ons. Hy het gekom om vir ons te kom wys en vir ons te kom Lindie Strydom gee, die rede om te lewe! Hy is Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. God se dienskneg wat Hy uitgekies het op wie die nasies hulle hoop kan vestig. Jesus is God se alles vir die mens se totale nood. Die hart van Kersfees is om hierdie Jesus vir 'n desperate wêreld met groot behoefte en nood te gaan gee, maar ons kan nie gee wat ons nog nie self ontvang het nie! So die hart van Kersfees is om hierdie geskenk van Christus ook vir jouself te ontvang. God gee Sy alles, Sy heel beste, Hy gee Homself. Hy roep ons dan ook, nie vir 'n “seisoen van gee” nie, maar 'n lewe van gee - om soos Hy, ons lewens te gee. Die hart van Kersfees is om jouself vir God te gee en in ruil, kry jy 'n nuwe hart – God se hart! Gee ons asseblief hierdie Kersfees U hart!

Groete Lindie

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Desember 2014     03


Kersboodskap: Jong Volwassenes & Tieners

Annelize de Wet

Jong Volwassene, saam met wie EET jy hierdie Kersfees?

As daar nou een ding is wat jong volwassenes goed kan doen, dan is dit EET! Ja, koffie, wyn en bier staan nie los daarvan nie, maar EET…hulle weet van EET! As daar net 'n halwe geleentheid is om saam te EET, dan word dit gereël en fees gevier. Sommige jong volwassenes is reeds getroud, ander het aanhangsels, maar 'n groot hoeveelheid is deel van hierdie bondel vriende wat EET. Of jy as jong volwassene in Gauteng grootgeword het, uit die Vrystaat kom, of dalk “affie Kaap” is, daar is een ding wat jou deel maak van hierdie bondel gemeenskap - EET! Maar dan kom Kersfees en skielik EET al wat 'n mens is on-

ophoudelik. Hierdie bondel vriende reis naby en ver om saam met familie te EET en te kuier. Dit word 'n bekende plek op 'n ander plek. Ek wil julle uitdaag om hierdie EETgewoontes waarmee julle so goed is, opnuut hierdie Kersfees te gebruik om fees te vier oor die Christuskind wat vir jou gebore is. Geniet jou ma se lekker skaapboud en pampoenkoekies, maar weet hoekom hierdie geleentheid 'n fees is! Geseënde Christusfees, EET en wees vrolik saam met mense wat jy lief het!  k

Maria was 'n tiener... Ek het sommer net gesit en dink oor die ongelooflike potensiaal wat God in tieners sien. Maria, as 'n jong tienermeisie, kon maklik geskrik het vir die uitdaging wat die Here aan haar kom gee het, maar sy kies om bruikbaar te wees in God se plan. Haar keuse vir gehoorsaamheid het beteken dat sy deur die gemeenskap verstoot en gespot sou word, maar tog kies sy Hom. Wanneer Maria geboorte skenk aan die Seun van God, begin 'n nuwe lewe saam met Jesus op aarde. Ek dink as ons al haar stories kon hoor, sou ons beter kon verstaan hoeveel vreugde haar gehoorsaamheid gebring het.

Hierdie Kerstyd wil ek elke tiener herinner dat God jou roep tot gehoorsaamheid, al vra dit baie van jou! Jy mag dalk baie keer ook verstoot of gespot word omdat jy kies om Jesus te volg, maar hou moed! Die vreugde van sy genade en liefde oortref elke stukkie vervolging. Wanneer jy as tiener gehoorsaamheid kies, weet dat die engelekore ook saam met jou juig! Geseënde Christusfees... Kies gehoorsaamheid hierdie Kerstyd!  k

04    Hartklop l  Desember 2014

www.kerksondermure.org


Dagboek

Belangrike Datums

2015 gaan verseker met 'n gejuig afskop – en vroeg in die jaar trek ons alweer weg met 'n hele klomp toerusting- en ander geleenthede. Merk so lank in jou dagboek (of op jou elektroniese dagboek) die volgende datums:

Beroepsforum

Skop af, 16 Januarie om 08:00 Elke Vrydag by kerksondermure Hippolaan Kontak: Inge van der Merwe 012 644 0545/beroepe@ksm.co.za

Huweliksvoorbereiding-Kursus

Drie Dinsdagaande 20, 27 Januarie & 3 Februarie om 18:30 kerksondermure Hippolaan Koste: R300 per paartjie 012 663 1610/huwelike@ksm.co.za Registrasievorms is ook in die voorportaal beskikbaar. Registrasie sluit 13 Januarie.

SingleSonderMure

Bring en Braai 23 Januarie om 18:30 kerksondermure Hippolaan Rita Barnes 012 663 1610/ singles@ksm.co.za *Bring asb jou eie drinkgoed

Dienswerkers

Inligtings- en Toerusting geleentheid Of jy dien met jou tyd, kundigheid, gawes, talente, leierskap of in watter hoedanigheid ookal iewers betrokke is by kerksondermure. Dienswerkers van alle kerksondermure bedieninge word na hierdie geleentheid genooi: Dinsdag, 20 Januarie 2015 18:00 vir 18:30 kerksondermure Hippolaan & Midstream RSVP: kommunikasie@ksm.co.za voor/op 19 Januarie 2015

Griefshare Reeks 1 begin:

9 Februarie Maandagoggende 10:00 - 12:00 kerksondermure Midstream 12 Februarie Donderdagaande 18:30 - 20:30 kerksondermure Hippolaan 012 663 1610/verliese@ksm.co.za Koste: R300 pp  •  (13 sessies)

Single&Parenting

Skop op 12 Februarie af kerksondermure Hippolaan Donderdagaande 18:30 - 20:30 012 663 1610/enkelouers@ksm.co.za (13 sessies)

SingleSonderMure

Maanligpiekniek - 20 Februarie Rita Barnes gee jou die venue as jy registreer. 012 663 1610/singles@ksm.co.za

21 Januarie

19:00 - Verhoudingsgroep leiervergadering kerksondermure Hippolaan & Midstream

23 Januarie

18:30 - Manne Lofprysing kerksondermure Hippolaan

30 Januarie

18:30 - Manne Lofprysing kerksondermure Midstream

28 Januarie & 4 Februarie 18:45 - Selindeling kerksondermure Hippolaan

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Desember 2014     05


Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream

28      Sondag

Tiener Zambië uitreik

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream

21      Sondag

Tiener Zambië uitreik

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream

14      Sondag

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream Doop by alle dienste 12:00 Doop

7      Sondag

9     Dinsdag

2     Dinsdag

Versoeningsdag

Tiener Zambië uitreik

29     Maandag 30     Dinsdag

22     Maandag 23     Dinsdag

Tiener Zambië uitreik

15     Maandag 16     Dinsdag

8     Maandag

1     Maandag

Eredienste: 23:15 Hippolaan 19:00 Midstream

31    Woensdag

24    Woensdag

Tiener Zambië uitreik

17    Woensdag

Skole Sluit

10    Woensdag

Kersdag

Eredienste: 08:00; 10:00 Hippolaan 08:00; 10:00 Midstream

25   Donderdag

Tiener Zambië uitreik

18   Donderdag

Tiener Zambië uitreik

11    Donderdag

18:30 Doopreëlings

09:00 Snr@Midstream byeenkoms

Midstream Skool Sluit

4    Donderdag

3    Woensdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS

6     Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL Tiener Zambië uitreik

07:00 Gebedsgeleentheid HL Tiener Zambië uitreik

Welwillendheidsdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

26      Vrydag 27    Saterdag

Tiener Zambië uitreik

19      Vrydag 20     Saterdag

Kantoor sluit

Tiener Zambië uitreik

12      Vrydag 13     Saterdag

5      Vrydag


Kantoor open

08:00 Personeel gebed HL/MS

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

KB: (Koördineerdersvergadering: 18:00 Peuters/Kleuters; 18:40 Jr/Sr; 19:30 Gr 7(HL&MS)

Skole Open

19:00 Senior “band” oefening

08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

18:00 Diepkant HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL 18:30 Dienswerkers: Inligting en Toerusting HL & MS

Doopregistrasie vir Feb sluit

Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 18:30 Midstream BKS 19:00 Verhoudingsgroep leiervergadering HL&MS

Bybelstudie: 08:30 HL & 10:30 MS 09:30 OppieKoppie Bestuursverg HL 19:00 Senior “band” oefening

Registrasie - Belydenisaflegging sluit HL

08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL 18:30 SingleSonderMure HL 18:30 Manne Lofprysing HL Toerusting kamp – lofprysing opleiding HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream Toerusting kamp – lofprysing opleiding HL & MS

Bekendstelling v Wedstrydplan: ‘commitment’ erediens 11:30 MS Selindeling 08:00 & 10:00 Afskop van kindereredienste (HL & MS) (GR 7 EE Oorsig & kenmekaar) 14:00 Tienerbediening: Groepleiers opleiding Tienerbediening Afskop, Groepsindeling & Aanddiens

18:00 Diepkant HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL

Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 18:00 Gemeenteraadverg. HL 18:45 Selindeling HL

Bybelstudie: 08:30 HL & 10:30 MS 19:00 Senior “band” oefening

Registrasie - Belydenisaflegging sluit MS

08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL 18:30 Manne Lofprysing MS

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

25       Sondag 26      Maandag 27      Dinsdag 28     Woensdag 29     Donderdag 30       Vrydag 31      Saterdag

08:00 & 10:00 Dienswerkerswerwing HL &MS KB: Kleingroepleierdienste 08:00 & 10:00 (HL & MS) (Geen kindereredienste) 17:00 Tieners: Gr 11 diens HL & MS Geen tienereredienste Gr 8-11

18       Sondag 19      Maandag 20      Dinsdag 21     Woensdag 22     Donderdag 23       Vrydag 24      Saterdag

Eredienste: (slegs 1 oggenddiens) Hippolaan: 09:00 en 18:30 Midstream: 09:00 Geen kindereredienste

11       Sondag 12      Maandag 13      Dinsdag 14     Woensdag 15     Donderdag 16       Vrydag 17      Saterdag

Eredienste: (slegs 1 oggenddiens) Hippolaan: 09:00 en 18:30 Midstream: 09:00 Geen kindereredienste

04       Sondag 05      Maandag 06      Dinsdag 07     Woensdag 08     Donderdag 09       Vrydag 10      Saterdag

Nuwejaarsdag

01     Donderdag 02       Vrydag 03      Saterdag


Belangrike Inligting Dagboek Datum

Wat/Wie?

18 Januarie @ 17:00 by Hippolaan & Midstream

Alle Graad 11’s en hul ouers word uitgenooi na die Graad 11 diens. Alle inligting vir die Belydenisjaar word hier gekommunikeer.

25 Januarie @ 14:00 tot 17:00 by Midstream

Tienerbediening Groepleiers Midstream & Hippolaan Opleiding

25 Januarie @ 17:00 by Hippolaan

Belydenisklas indeling by Hippolaan

25 Januarie @ 18:00 by Midstream

Belydenisklas indeling by Midstream

25 Januarie @ 17:00 by Midstream

Tienerbediening Afskop en Selgroepindeling

25 Januarie @ 17:30 by Hippolaan

Tienerbediening Afskop en Selgroepindeling

Afskop van Trek die 2015-dagboek nader en teken die volgende belangrike datums aan: Sondag, 18 Januarie 2015

Eredienste vir kleingroepleiers om 8:00 & 10:00 te kerksondermure Hippolaan en Midstream: Bekendstelling van die ontdekkingsreis vir 2015.

Sondag, 25 Januarie 2015:

Kinder-eredienste vir 2015 skop af om 8:00 & 10:00 te kerksondermure Hippolaan en Midstream: Lofprysingsdienste & bekendstelling van die ontdekkingsreis vir 2015.

Registrasies vir 2015 kinderkerk Registreer asb u kind (babas tot Gr 7) vir kinderkerk 2015. Gebruik die volgende link om u kinders te registreer: http://kerksondermure.org/ index.php/bedieninge/kinders/kinderbediening-registrasie of gaan na www.kerksondermure.org. Kliek op Bedieninge, kliek op Kinderbediening, kliek op Registrasies. U sal 'n epos ter bevestiging van suksesvolle registrasie vir 2015 ontvang.

Kleingroepleiers dringend benodig vir 2015 Meld aan as kleingroepleier in kinderbediening vir 2015 en kom samel die kinderoes vir die Koninkryk in! Meld aan by Maryna by mburger@ksm.co.za / 012 663 2003 x 214.

08    Hartklop l  Desember 2014

www.kerksondermure.org


Dagboek

'n Man met 'n hart vir God 'n Nuwe Mannebediening vir kerksondermure skop af met 'n awesome lofprysingsgeleentheid met Louis Brittz en Leon Ferreira.

slegs @ Midstream Vrydagaand 23 Januarie 2015 kerksondermure Hippolaan 18:30 vir 19:00.

Vrydagaand 30 Januarie 2015 kerksondermure Midstream 18:30 vir 19:00.

Alhoewel hierdie 'n mannebediening afskop is, word al die gesinne ook uitgenooi om die wonderlike nuwe begin met pa te kan deel. Ons nuwe Naam word by hierdie geleentheid bekendgestel. Visie: Om manne te lei om God se liefde te ontdek en dit elke dag uit te leef.

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Desember 2014     09


Uit die mond van die suigeling

WAT BETEKEN KERSFEES VIR JOU? kinders se sêgoed – spelling onveranderd gelaat “Ons vuur Jesus se verjaars dag.” “Juses verjaar en dan vier ons fees. I love Jesus.” “Dat ons Jesus se verjaarsdag kan vier en persente kan kry onder 'n kersboom.” “Dat die Here Jesus gebore is. Dit is wanneer jy saam met jou familie kan wees en fees vier en vir die lekkerte persente uitdeel om te wys hoe lief ons vir mekaar is.” “Dat die Here vir ons sy seun gestuur het.” “Om god se vejaarsig te voor en om met my family te wees en met my ouma oupa en uncles auntes en gusins.”

“Jesus is gebore om vir ons sondes te sterf dat ons vergewe kan word.” “Kersfees is persente maar dan dink ek mooi en besef dis oor Jesus.”

“Kersfees is die lekkerste tyd van die jaar want ons kry persente maar ons kry liefde wat die wonderlikste present is en ons moet dankbaar wees want ons het 'n familie wat ons liefhet en ons onder steun.”

“Jesus is gebore. Ek is baie lief vir hom. Ons vier Jesus se geboorte, dit is hoekom ons persente kry.” “Om tyd te spandeer met my familie en die Here se verjaardag te vier.”

“Dit beteken vir my dat God gebore is ons grote redder en ons moet dit fier en dit geniet.” “Om mooi liedere te luister en te dink dat Jesus vir my gebore is.” “Dat ons redder gebore was.” ‘Dit is Jesus se verjaarsdag en hy is groot so dit is baie lekker. Geseende kersfees vir julle. Amen.” “Jesus se geboortenis.” “Dat die familie bymekaar kom en tyd saam spandeer.” “Om Jussus liefde te gee.” “Dit beteken vir my dat Jesus vejaar en almal moet dit loof en prys.” “Dat Jesus vir ons gebore was dit is die beste kers geskenk.” “He means to me to give and not take or receive but to rather enjoy what you have.” “Die tyd toe Jesus gebore was, dit gaan nie net oor presente nie! Maar oor al die tyd wat jy met die here en met jou fam moet spandeer.”

“Ons moet feesvier vir die Here.”

“Kersfees is vir my 'n dag vir vreugde, om vir Jesus te dank dat hy vir ons sondes gesterf het. Ons moet die dag geniet met ons families want sonder die here sou ons al verdrink het in sondes.” “’n Dag van vreugte, 'n dag wanneer die wêreld verander het. 'n Dag waar families by mekaar kom om die Here se verjaars te vier en te prys. Die Here is ons herder.” “Kersfees gaan nie oor hoeveel geskenk jy kry nie, maar oor hoeveel jy gee! Belangrikste, Jesus is gebore 25 Desember en ons moet dit onthou.” “Dat God ons liefhet.” “Dat Jusses gebore is.” “Dit is vir my die gelukkigste dag van die jaar.” “’n Baie spesiale tyd in ons lewens.”

Geseënde Christusfees uit die hart van kinderssondermure!

“God se geborte PS: I love u God.”

10    Hartklop l  Desember 2014

www.kerksondermure.org


Kersboodskap: Seniors

SOLI DEO GLORIA! Ek wou aanvanklik duisend gedagtes in 200 woorde inpas, maar het later besef dat ek by eenvoud moet hou, na aanleiding van 'n ou Halleluja-lied wat so lui: Hennie Jooste

Bring my die ou-ou tyding, die tyding van Gods heil, van Jesus sondaarsliefde, dié liefde sonder peil. O bring dit my eenvoudig , soos vir 'n kindjie klein, want ek is swak en nietig, ja, hulploos en onrein.

Ons hoor deesdae dikwels dat die krip – Jesus se geboorte – en die kruis – Jesus se dood – in een asem genoem word. Dis so jammer dat die kommersiële wêreld van vandag hierdie feit uit die oog verloor en meer maak van Kersvader as die Kind van Betlehem – Jesus, die grootste Kersgeskenk aan die mensdom van alle tye! Maar gaan Sy geboorte dan nie gepaard met vrede nie? Hoor weer wat 'n skaar van engele eenvoudige skaapwagters toesing: “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde in die mense in wie Hy 'n welbehae het.” (Luk. 2:14) Die afwesigheid van vrede kan ons vandag vierkantig voor die voete van die sondige wêreld lê – die mens het dit self veroorsaak, NIE GOD NIE! Here Jesus, Walter Lüthi het iewers gesê: Ons het gehoop op glorie, maar ons tref skande aan. Ons het gehoop op rykdom, maar ons tref armoede aan. Maar u nederigheid word u heerlikheid; die doeke u koningskleed; u skande was u glorie; u armoede u rykdom; u neerdaling ter helle was u Hemelvaart!” Laat my dan hierdie Kerstyd ingaan met net hierdie een groot gedagte in my hart, Here: SOLI DEO GLORIA! Aan God alleen die eer! Amen

Kersgebed

2014 Hemelse Here ons aanbid U as die God wat so liefhet dat U bereid was om U eniggebore Seun aarde toe te stuur om aan die kruis vir ons sondes te sterf. Daar is 'n loflied in ons harte oor die koms van Christus. Saam met die engele wil ons sing ” Eer aan God in die Hoogste hemel, vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het." Saam met die skaapwagters wil ons vir ander gaan vertel van die Koningskind wat gebore is: van die Vredevors, die Ewige Raadsman se koms wat voorspel is.

Christo Woite

Saam met die wyse manne bring ons hulde aan die Christuskind. Soos Josef en Maria na Egipte gevlug het om U lewe as baba te beskerm, wil ons U eer beskerm as die wêreld nie aan U eer wil gee nie. Ons onderwerp ons opnuut aan U Koningskap. Ons wil U dien en liefhê met alles wat in ons is. Here, ons wil in U teenwoordigheid lewe. U is God Immanuel. God met ons. Dankie dat U na ons toe gekom het om ewig by ons te wees. U lewe deur U Heilige Gees in ons wat tempels van die Gees is. Eintlik kan U nie nader kom as wat U reeds is nie. Ons wil die koms van Christus in u teenwoordig herdenk. Aanbiddend op ons knieë dank ons U dat U Christus gestuur het as ons Verlosser. Ons vier U koms met 'n loflied in ons harte. AMEN www.kerksondermure.org

Hartklop  l Desember 2014     11


Eredienstye:

Desember 2014 & Januarie 2015 PREEKROOSTER  •  Desember 2014 7 Des

14 Des

21 Des

28 Des

Hippolaan

Doop

09:00

Christo Woite

Adrio König

Stephan Joubert

André Viljoen

18:30

Stephan Joubert

Adrio König

Louis Brittz

Stephan Joubert

André Viljoen

Adrio König

Christo Woite

Midstream 09:00

Doop Fanie Venter

25 Desember

31 Desember

Hippolaan: 08:00 & 10:00 Christo Woite

Hippolaan: 23:15 Louis Brittz

Midstream: 08:00 & 10:00 Adrio König

Midstream: 19:00 Louis Brittz

PREEKROOSTER  •  Januarie 2014 4 Jan

11 Jan

18 Jan

25 Jan

Christo Woite

Louis Brittz

08:00

Fanie Venter

Colin Smith

10:00

Fanie Venter

Colin Smith

Colin Smith

Fanie Venter

08:00

Colin Smith

Fanie Venter

10:00

Colin Smith

Fanie Venter

Hippolaan 09:00

18:30

Midstream 09:00

Christo Woite

Annelize de Wet

André Viljoen

Annelize de Wet

12    Hartklop l  Desember 2014

www.kerksondermure.org




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.