uit jou gemaksone in jou hartsone in!
Vreugde, hoop, lewe, liefde...
Februarie/Maart 2016  Uitgawe 107
Redaksie
Jou ingesteldheid teenoor 2016 is jou grootste bate Beste vriende, ek verwelkom julle graag terug by ons kerksondermure Geloofsfamilie in 2016. Ons hoop en vertrou dat julle ‘n geseënde feestyd beleef het en dat julle darem ook die welverdiende ruskansie geniet het. Ek deel graag ‘n aanhaling van Chuck Swindoll uit John C. Maxwell se boek “Word die leier wat jy kan wees”. Chuck Swindoll het gesê: “Hoe langer ek leef, hoe meer besef ek watter impak ingesteldheid op die lewe het. Ingesteldheid is vir my belangriker as feite. Dis belangriker as die verlede, as opvoeding, as geld, as omstandighede, as mislukking, as sukses, as wat ander mense dink, of sê of doen. Dis belangriker as voorkoms, begaaftheid, of vaardighede. Dit sal ‘n maatskappy, ‘n kerk of ‘n huis maak of breek." Die merkwaardige ding is dat ons elke dag ‘n keuse het oor met watter ingesteldheid ons die dag gaan aanpak. Ons kan nie ons verlede verander nie. Ons kan nie die feit dat mense op ‘n sekere manier sal optree, verander nie. Ons kan ook nie die onvermydelike verander nie. Al wat ons kan doen, is om op die een snaar wat ons het te speel – en dit is ons ingesteldheid. Ek glo vas 10 persent van die lewe is wat met my gebeur en 90 persent is hoe ek daarop reageer. En dit is dieselfde vir jou – ons is in beheer van ons ingesteldheid.” Ek wil jou graag uitnooi om saam met my ten volle beheer en verantwoordelikheid te neem vir ons ingesteldheid en gesindheid teenoor ons lewens in 2016. In hierdie maand se Hartklop-uitgawe vertel ons jou meer van ‘n lewe saam met jou Geloofsfamilie. Die Geloofsfamilie waarby jy kies om in te skakel, is ‘n uiters belangrike deel van jou lewe. Ons het mekaar nodig om in liefde en verhoudings te leef, vir mekaar om te gee en om geestelik saam te groei. Al hierdie opwindende leesstof is geïntegreerd deur die bedieninge, sodat jy soveel makliker jou plek in die familie kan vind. Jy woon dalk al vir jare eredienste by kerksondermure by, maar het nog nooit werklik deel van hierdie familie, en liggaam van Christus, geword nie. Maak 2016 die jaar wat jy kies om doelgerig en met die regte ingesteldheid deel word van Jesus se kerksondermure Geloofsfamilie. Ons sien uit om jou te ontvang en saam met jou te dien, jy is só welkom.
Inhoud
Fokus
Groete Francois
Dagboek
01
Fokus: Jou plek in die Geloofsfamilie
09
SingleSonderMure & Next Steps
02
Saam met die Geloofsfamilie-reeks
12
Bybelskool & Doopvoorbereiding
03
Merkwaardighede uit die Woord
10
Kalender: Februarie 2016
04
Gebedsfokus: Waarde van gebed in die geloofsfamilie
11
Kalender: Maart 2016
20
Meningsopname terugvoer
17 05 06
Kinders & Tieners
Algemeen
14
Tienerbedieing 2016!
Social Upliftment Services
15
Teodor word kerksondermure-familielid
Behoortgroepe
16
Wat tieners besef op UBA Swazi
Maak vanjaar 'n 4x4 jaar
18
Kinderbediening skop die jaar af
Persoonlike Sorg
19
kinderssondermure hou Familie Makietie
Nuutste navorsing kan jou help om ander beter te help
*
Agterblad (binne): Preekrooster - Februarie 2016
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.
Jou plek in die
Geloofsfamilie
Fokus
Fanie Venter
Een van die ruimtes waar ons geloof gevorm word, is saam met ander gelowiges in die Geloofsfamilie. By kerksondermure gebruik ons graag die Bybelse metafoor wat van die gemeente praat as 'n Geloofsfamilie, want daar is soveel kosbare waarhede daarin opgesluit: God is die enigste Vader van die Geloofsfamilie. In Markus 10:29-31 sien ons dat een van die familieverhoudings wat ‘n persoon moet opoffer om deel van Jesus se nuwe familie te word, die persoon se verhouding met sy vader is. Jakobus en Johannes het hierdie aksie reeds in 1:20, waar hulle hul vader Sebedeus, in reaksie op Jesus se roeping, verlaat om Jesus te volg, gemodelleer. Dit is betekenisvol om daarop te let dat in 10:30, waar die verhoudings wat teruggekry gaan word deur hulle wat Jesus gevolg het gelys word, die verhouding met die vader ontbreek. Dit is dus duidelik dat, volgens Markus, Jesus se Geloofsfamilie nie ‘n menslike vader figuur het nie. God is die vader van die familie wat omgee en voorsien in dié familie se daaglikse behoeftes. Die ander eienskap van die wat volgens Jesus se verstaan van die Geloofsfamilie, vir God alleen gereserveer is, is die gesagskomponent. Indien 10:30 vergelyk word met ‘n gedeelte soos Mattheus 23:812 is dit duidelik dat Markus nie “vader” per abuis uitgelaat het nie: Maar julle moet julle nie “rabbi” laat noem nie; net Een is julle leermeester en julle is almal broers. Moet niemand hier op aarde as “vader” aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel. Julle moet julle nie “leiers” laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus. Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word. In die Geloofsfamilie is daar nie plek vir baasspelerigheid nie, want almal is deur Jesus kinders van die een en enigste Vader. Wie is deel van die Geloofsfamilie? Die enigste toegangsvereiste tot die Geloofsfamilie is geloof in Jesus as Here en Verlosser. Johannes 1:12 sê dit duidelik: Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Waar kry mens hierdie Geloofsfamilie? Die antwoord is eenvoudig – jy kry hulle by Jesus se voete. In Markus 3:34-35 staan daar: Hy het die mense aangekyk wat in 'n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder". Jesus stel dit duidelik dat hulle wat rondom Hom sit as luisterende leerlinge, deel is van sy familie. Sy leerlinge is sy broers en susters. Hulle wat na sy woorde luister en God se wil doen, is deel van sy Geloofsfamilie. Mag elkeen van ons hierdie jaar saam met mekaar luisterend by Jesus se voete sit en by Hom leer van die wil van ons enigste Vader. Mag ons mekaar help om te doen wat ons leer. k
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 01
Saam met die Geloofsfamilie Sondag 31 Januarie - Geloofsfees: Ons deel van die Vaderhuis. Sondag 7 Februarie - Aanvaarfees: Ons aanvaar mekaar, omdat ons deur God aanvaar is. Sondag 14 Februarie - Dienfees: Ons dien mekaar, soos Christus ons gedien het. Sondag 21 Februarie - Boufees: Ons bou mekaar op en rus mekaar toe. Sondag 28 Februarie - Aanspoorfees: Nagmaal Sondag 6 Maart - Visiefees: Ons leef as mense met ‘n visie op die wêreld. Sondag 13 Maart - Terugkykfees: Ons kyk terug en sien God se werk in en deur ons raak.
02 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Merkwaardighede uit die Woord
Doel van die vroeë kerk vs die eietydse Geloofsfamilie Hoe het ‘n gemeente gewerk in Paulus se tyd? Paulus sou verwonderd rondgekyk het as hy een van ons eredienste moes bywoon. En as ons nagmaal gevier het, sou hy ná die diens gevra het wat ons gedoen het. En as ons hom kans gegee het om te raai, sou drie raaiskote nie genoeg gewees het nie. Dit beteken nie dat ons dit nie goed doen nie. Dit beteken die manier waarop ons ons byeenkomste inrig, verskil heeltemal van sy sendinggemeentes se “eredienste”. En dalk mis ons baie belangrike dinge wat dáár gebeur het.
Adrio König
Verstaan jy waarom Paulus net sou sit en wonder oor ons nagmaalgebruik? Gawes. Elkeen het van die Gees ‘n gawe ontvang om in diens van die ander gemeentelede te gebruik. Ons is nie eens meer seker wat al hierdie gawes was nie. Daar was iemand wat van die Gees besondere insig in geloofsprobleme ontvang het; iemand wat goeie raad kon gee aan lidmate wat probleme gehad het; iemand wat leiding kan neem in krisisse in die gemeente; iemand wat die gawe ontvang het om ander gesond te maak; iemand wat mense in nood op ‘n besondere manier kon help; iemand wat profesieë kon uitspreek; ‘n ander een wat kon onderskei tussen ‘n goeie en ‘n bose gees; iemand wat in ‘n taal kon praat en iemand wat dit kon uitlê (1 Kor 12:7-11, 27-30).
Paulus se eerste gemeentes het nie honderde getel nie. Ook nie tientalle nie. Hulle het in huise vergader. Miskien 15 of 20. As hulle 25 was, moes hulle “afstig”. Dit was meestal arm mense met klein huisies, soms, selfs slawehuisies. In een stad het later ‘n aantal van hierdie “huisgemeentes” En Paulus sit en wonder oor hoe ons mekaar dien en bestaan. ondersteun... Erediens. Hulle het in die voorhuis bymekaar gekom. Iemand het een of twee liedere opgegee, ‘n ander lidmaat het iets oor een of ander deel van hulle geloof verduidelik, ‘n paar het profesieë uitgespreek, iemand het in ‘n taal gepraat, ‘n ander een het die taal uitgelê. Omdat hulle gesorg het dat alles ordelik verloop, kon hulle reageer en sê of hulle saamstem met die profesieë, en hulle kon iemand wat in ‘n taal praat, stilmaak indien niemand dit kon uitlê nie. So het hulle mekaar opgebou in hulle byeenkomste (1 Kor 14:26-33). Verstaan jy waarom Paulus net sou sit en wonder oor ons eredienste? Nagmaal. Hoe het hulle Nagmaal gevier? Hulle het om die tafel in die “voorhuis” gesit, en op die tafel was die kos wat elkeen gebring het. Brood en wyn was ‘n gewone deel van ‘n ete. Hulle het saam in die Naam van Jesus die kos geniet, die brood en wyn gedrink, gedink en gesels oor sy betekenis vir hulle, hulle nood en vreugde met mekaar gedeel, en vir mekaar gebid (1 Kor 11:20-26).
Sal ons hom nie na een van ons selgroepe nooi nie? Miskien sal alles nie daar presies so verloop soos ons in sy Briewe lees nie. Maar ietsie daarvan sal wel sigbaar wees. As ons dáár in sy Naam brood eet en wyn drink terwyl ons ons lewens met mekaar deel en vir mekaar bid, sal hy besef ons gebruik Nagmaal. En dáár sou hy ons goeie raad kon gee om meer te doen by ons selbyeenkomste as kuier en saam eet. En intussen moet hy maar ‘n paar keer na ons massa-eredienste toe kom. Hy sal uitvind daar is wel minder aktiwiteit, maar daar gebeur tog dinge in sy Naam wat ons lewe radikaal verander. Ten goede!
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 03
Gebedsfokus
Waarde van Gebed in
Christo Woite
die Geloofsfamilie
'n Geloofsfamilie is presies wat die woord sê. Mense wat as familie saamgesnoer is op grond van hulle geloof. Die Bybel gebruik ander metafore ook om die Geloofsfamilie uit te beeld. Ons funksioneer onder andere soos 'n liggaam waar elke ledemaat 'n funksie het. Hy gee ook aan ons gawes om in die Geloofsfamilie te gebruik. Gebed is iets wat behoort tot die verhou-ding wat elke gelowige met die Here het. Sommige mense het die gawe van voorbidding wat goed in 'n gemeente gebruik kan word. Maar elke gelowige het die voorreg en verantwoordelikheid om direk met die Here in gesprek te tree. Gebed is deel van ons aanbidding. Gebed is nie net daar om vir die Here te vra wat jy nodig het nie. Gebed is die beste manier om uitdrukking aan ons dankbaarheid te gee. Gebed bied ons die geleentheid om die Here te aanbid vir wie Hy is: 'n Groot almagtige God wat ons liefhet. Gebed gee die Here die geleentheid om met ons te praat deur sy Gees. Veral as ons ons gaan afsonder en stil sit en stil wees in sy teenwoordigheid.
gemeentelike aktiwiteite en aanbiddingspraktyke. Selfs gebede wat die prediker tydens eredienste bid verwoord sy geloofsverhouding met die Here. Die Geloofsfamilie se gebede vir die woordverkondiging tydens eredienste gee uitdrukking aan hulle verwagting van die Heilige Gees se werking deur die Woord tydens die prediking. As jy nie die Here se werking deur sy Gees in jou lewe verwag nie, het jy geen motivering om daarvoor te bid nie.
In ons gebede kom eintlik ook stukkies geloofsbelydenisse voor. Ons bid wat ons glo. Gaan luister na jou eie gebede en jy sal agterkom jy verwoord jou geloof in jou gebede. As jy net jou behoeftes aan die Here bekend maak, glo jy waarskynlik net in Hom as die voorsiener. As jy baie oppervlakkig bid, is jou geloof waarskynlik ook baie oppervlakkig. As jy niks glo nie, bid jy ook nie. 'n Ongelowige bid nie. Gebed is dikwels die barometer van die diepgang van jou geloof.
As 'n Geloofsfamilie goed georganiseer is met baie kundigheid en alles self kan doen, is daar weinig rede om afhanklik van die Here te leef. As ons bewus is van ons onvermoë en verstaan dat die Geloofsfamilie aan die Here behoort en Hy alleen moet bepaal wat in 'n gemeente gebeur, gaan ons voor Hom buig. As ons verstaan alles gaan oor Christus in 'n Geloofsfamilie sal ons ons gebede ook so inrig. Die inhoud van ons gebede sal ook gaan oor sy verheerliking. Ons sal biddend sy wil vir die gemeente soek en Hom toelaat om te regeer. Hy sal dan die middelpunt van die Geloofsfamilie wees en nie ons suksesvolle aktiwiteite nie.
Dit geld vir 'n Geloofsfamilie ook. Wat 'n Geloofsfamilie glo, kom ook in die gemeente se gebede na vore. Wat 'n Geloofsfamilie oor die Here glo kom na vore in hulle
Mag dit waar wees van jou persoonlike geloofsverhouding met die Here en mag dit waar wees van ons Geloofsfamilie. k
04 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Behoortgroepe Fokus Ek onthou my eerste 4x4 ervaring. 'n Goeie vriend van my het dit goed gedink om vir hierdie Toyota-liefhebber te gaan wys wat sy Land Rover Discovery alles kan doen. Met groot verwagting is ek vroeg die oggend saam na Berakah net buite Parys. Na heerlike koffie en beskuit het ons toe die roete aangepak. Dit was egter gou vir my duidelik dat hierdie nie maar net 'n veldrit gaan wees nie. Ons is teen rotse op, deur dongas gly-gly deur, styl bulte op los klip uit en deur die hele dag was een ding duidelik: Vertrou die voertuig se vermoë (en vir my natuurlik die liewe Vader se genade!). Die 4x4 gemeenskap gebruik die volgende uitdrukking: Ry so stadig as moontlik en so vinnig as nodig, en onthou jou diff-lock (ewenaarslot). Hierdie uitdrukking het my die laaste paar maande baie laat dink oor die jaar wat voorlê. Indien ons so stadig as moontlik kan beweeg, maar juis ook so vinnig as nodig, met GEBED as ons ewenaarslot, sal ons deur die dongas, oor die klippe, teen die bulte uit, kan groei tot by die mooiste uitkykplekke, met die beste stories en getuienisse as herinnering. Hierdie jaar gaan ons as Geloofsfamilie op die volgende twee sirkels van ons “wiel” fokus, nl. ons verhouding met ons Geloofsfamilie en ons verhouding met die wêreld. Dit volg natuurlik op verlede jaar se twee fokusse: ons persoonlike verhouding met die Here en ons verhouding met ons huismense. Hierdie vier sirkels word geleef in verskillende tipe ruimtes in ons lewens. Hierdie ruimtes bied elkeen afsonderlik vir ons 'n plek waar ons kan behoort. Die publieke ruimte is daardie ruimte wat ons vanweë 'n eksterne gebeurtenis, 'n gemeenskaplike ervaring deel. Ons kom byvoorbeeld elke Sondag bymekaar en deel saam die aanbidding en lof aan ons Vader, ons Here en die Heilige Gees. Die sosiale ruimte is daardie ruimte waar ons op 'n meer gereelde vlak saam kuier en stories uit ons lewens deel. 'n Weeklikse kuier saam met gelowiges om 'n vuur of by 'n groter groep by die kerk is tipiese voorbeelde hiervan.
Die persoonlike ruimtes is daardie ruimtes wat ons met ander deel, waar ons meer van onsself deel. Daar waar ons meer deel van dit wat in ons lewens gebeur, waarmee ons sukkel en dies meer sonder dat dit enigsins ongemaklik is. Hierdie ruimtes is dus meer persoonlik en 'n selfamilie of 'n vriendekring is tipiese voorbeelde hiervan. Colin Smith Die intieme ruimte is daardie ruimte waar ons alles van onsself deel. Dit is geweldig persoonlik en blootstellend. 'n Huweliksmaat, 'n beste vriend of selfs 'n geestelike mentor is voorbeelde hiervan. Ons diepste vrese, verwagtings, drome, struwelinge, struikelblokke, foute, passies, ensovoorts, word hier gedeel en waardeer.
Indien ons die komende jaar ‘n jaar van behoorlike avontuur en groei wil maak, sal 'n 4x4 lewe 'n goeie roetekaart wees om mee te begin. Vier sirkels gelewe in vier ruimtes. Indien ek in elkeen van hierdie ruimtes 'n pad met een persoon kan stap, sal ek beleef dat ek deur die dongas groei, oor die klippe waag, vastrapplek oor die los sand kry en uiteindelik die uitkykpunte opnuut en opreg waardeer, omdat my ewenaarslot, aldus my gebed en verhouding met die Here, my deurgaans gedra en gelei het. Elke 4x4 roete bied geleenthede waar momentum gebou word, waar nuwe vastrapplekke ontdek word, sodat daar deur die hindernisse beweeg kan word. Hierdie jaar sal daar ook by kerksondermure sulke geleenthede wees om die nodige toerusting en vaardighede te ontwikkel vir die hindernisse van die lewe. Moet dit nie misloop nie, kom oefen saam! k Ek bid vir ons die volgende toe - Ef. 3:16-21. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21 aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. 16
Maak vanjaar 'n 4x4 jaar...
Kom groei saam met ons Behoort-groepe familie. Sluit aan by ons Mannebediening, Vrouebediening, Selfamilies, Senior-bediening of Wip ( 20+ groep).
Navrae kontak vir Daleen by 012 663 2003 x218/dlombard@ksm.co.za www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 05
Persoonlike Sorg
Carl du Preez
Nuutste navorsing kan jou help om ander beter te help...
Baie interessante navorsing oor satisfaksie, welstand, vreugde, optimisme, hoop, geloof en nog vele meer het die lig begin sien. Hierdie inhoude het ook die ekonomiese, onderwys, mediese en teologiese velde begin binnetree. Dit dwing ons as Christene om weer na te dink en kritiese vrae te vra oor hoe ons mekaar kan help, begelei en ondersteun! Ek het afgekom op 10 interessante bevindinge oor wat 'n mens gelukkig maak, en hoe jy jouself en ander kan help: 1. Kontak met mense (bekendes of vreemdelinge.) - Selfs om saam met ander te lag in ‘n fliek-blyk waarde toe te voeg tot algemene welstand. Interpersoonlike verhoudings is nie net emosioneel belangrik nie, maar bevorder ook direk breinfunksionering en –integrering. God het ons bedraad om interpersoonlik te funksioneer. 2. Doen goed aan ander. Gee tyd, geld of beide aan ‘n goeie saak. Die Bybel praat van "dit maak mens gelukkiger om te gee as te ontvang" (Hand. 26:35). Nou bewys neurobiologiese navorsing dat as mense gee, wonderlike neurochemiese stowwe geproduseer word wat ons nie net lekker laat voel nie, maar ook ons immuniteit bevorder. Al hierdie wonderlike dinge word nog versterk as dit met deernis en empatie gedoen word. Om empaties te wees teenoor ander is heel waarskynlik die mens se kragtigste wel-wees aksie, nie net vir die persoon wat dit ontvang nie, maar veral vir die een wat dit gee. 3. Die krag van dankbaarheid is meer as wat ons ooit kon dink! Om bewus wees van seëninge en dankbaarheid vir veral die klein en eenvoudige dinge in die lewe, is een van die sterkste "hoop skeppers" en "angs-weerders". Mense wat dankbaar en waarderend leef, is ge neig om meer optimisties te wees en makliker die halfvol-glas as die halfleegglas filosofie na te streef.
4. Humor is nie net lekker nie, dit is die beste "quick-fixer" medisyne. Moedig jouself en ander aan om weer iets te kyk en te lees wat vir jou snaaks is/was; lag hardop oor simpel dinge wat jy al aangevang het en geniet grappies saam met vriende. Sodra jy lag skei jou liggaam sy eie morfien af wat jou nie net laat lekker voel nie maar ook jou gesondheid verbeter. 5. Die bewus word van alledaagse positiewe ervaringe, van ‘n oulike e-pos van ‘n vriend tot ‘n persoon wat haar plek vir jou afstaan by die kassier in die winkel, of die oorvertel van iets besonders wat jy gesien of beleef het. Hierdie is letterlik dinge wat enige mens se beker volmaak; nie net emosioneel nie, maar ook fisies het dit 'n kalmerende effek op amper al die fisiologiese sisteme in jou liggaam. 6. Koester en skep geleenthede vir goeie herinneringe (veral saam met jou geliefdes, soos vakansies, ens.) eerder as die aanskaf van fisiese en materiële dinge. 'n Mens raak gewoond (habitueer) binne twee weke teenoor fisiese en materiële dinge. So jy is tegnies net vir twee weke tevrede met jou nuwe materiële besitting, dan begin jy weer soek na iets nuuts. Dit is waarom die Bybel praat van dinge “wat 'n gejaag na wind” is (Pred. 1:2). Maar goeie herinneringe, veral saam met ander mense, het 'n uiters kragtige invloed op 'n mens. Veral as jy daardie herinneringe gereeld koester en herbesoek. 06 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
7. Navorsing wys ook daarop dat een van die dinge wat keer dat mense stagneer, dimensies raak, moeg raak en agteruitgaan, is wanneer hulle meer besig is met kreatiewe en skeppende dinge; van dinge wat jy spesiaal kan waardeer of kan skep – woorde, prente, teken, iets regmaak, iets skep/bou. 8. Om passievol te wees oor iets, is soos manna vir jou neurone en brein. Dit kan oor jou werk, gesin, rekreasie, ens. wees. 9. Mense wat voel dat hulle sin in die lewe het, is nie net oor die algemeen fisies meer gesond nie, maar ook gelukkiger en meer vervuld, ongeag van hoeveel hulle inkomste is. 10. Ons almal ken die leuse: "Seize the moment!" Deur meer spontaan in die oomblik te wees, meer bewus te wees van alles om jou en dinge dadelik te doen en nie uit te stel nie, is maklik die beste angs-weerder op die mark, en jy hoef nie eers daarvoor te betaal nie. So, kom ons maak kontak met mekaar, doen goed aan ander, wees dankbaar, lag, koester positiewe ervaringe en goeie herinneringe, wees kreatief, wees passievol, soek sin in die lewe en "seize the moment"! k
As jy verder wil lees oor hierdie ongelooflike velde, soek net in die vakgebiede Interpersoonlike Neurobiologie en Positiewe Sielkunde – baie inligting is op die web beskikbaar.
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 07
Dagboek
08 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 09
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
Maandag 15
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
Maandag 22
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
Preekreeks: Aanvaarfees 08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan
Sondag 14
Preekreeks: Dienfees 11:15 Gasvryheidafskop MS
Sondag 21
Preekreeks: Boufees
Preekreeks: Aanspoorfees Nagmaal Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste 17:30 Bybelkuier Midstream
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS
Sondag 28 Maandag 29
Maandag 08
09:00 Snr Bybelstudie MS
Maandag 01
Sondag 07
2016
Februarie
10 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org 09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 Manne afskop HL 19:00 WIP HL
09:00 Bybelstudie HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL 18:30 Vroue@MS Afskop 07:00 Gebed@Hippolaan
09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Afskop MS
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL
07:00 Gebed@Hippolaan
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL
08:30 Bybelskool HL 08:00 Personeel gebedsge10:30 Bybelskool MS leentheid HL & MS 18:30 DivorceCare HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 18:30 DivorceCare4Kids HL&MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
07:00 Gebed@Hippolaan
18:00 Diepkant 18:30 Gebedsopleiding HL (stream na MS)
Doop registrasie sluit
09:00 Voetspore gebed @ projek: Gideon Pleeghuis 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL
08:30 Bybelskool HL 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 10:30 Bybelskool MS 08:00 Beroepsforum HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL&MS 18:30 SingleSonderMure 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
07:00 Gebed@Hippolaan
Dinsdag 23 Woensdag 24 Donderdag 25 Vrydag 26 Saterdag 27
18:00 Diepkant 18:30 KB KGL Opleiding MS 18:30 Bemagtigingsgeleentheid HL & MS
Dinsdag 16 Woensdag 17 Donderdag 18 Vrydag 19 Saterdag 20
18:00 Diepkant 18:30 KB KGL Opleiding HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
Dinsdag 09 Woensdag 10 Donderdag 11 Vrydag 12 Saterdag 13
18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL
Dinsdag 02 Woensdag 03 Donderdag 04 Vrydag 05 Saterdag 06
Maandag 21 Dinsdag 22 Woensdag
Menseregtedag 08:00 - 19:00 Paasstasies HL & MS Week van Gebed
Sondag 20
17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste 08:00 - 19:00 Paasstasies HL & MS
Paasfees Sunrise Service Midstream 07:00 - 12:00 Paasstasies HL 08:00 - 19:00 Paasstasies MS 17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste 18:30 SingleSonderMure Kamp
Gesinsdag 08:00 - 19:00 Paasstasies HL & MS 18:30 SingleSonderMure Kamp
Sondag 27 Maandag 28
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Gebedsimfonie HL (stream na MS)
Preekreeks: Terugkykfees
Dinsdag 29
08:00 - 19:00 Paasstasies HL & MS Week van Gebed
18:30 Next Steps HL & MS
Dinsdag 15
Maandag 14
Sondag 13
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 09:00 Beradersforum HL
Skole sluit 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
Goeie Vrydag 08:00 & 10:00 Nagmaal HL & MS 07:00 - 12:00 Paasstasies HL 08:00 - 19:00 Paasstasies MS 18:30 SingleSonderMure Kamp
07:00 Gebed@Hippolaan 07:00 - 09:00 Paasstasies HL 08:00 - 19:00 Paasstasies MS 18:30 SingleSonderMure Kamp
Saterdag 26
07:00 Gebed@Hippolaan
Saterdag 19
07:00 Gebed@Hippolaan
Saterdag 12
07:00 Gebed@Hippolaan
Saterdag 05
18:30 Doopreëlings HL
Tienereredienste: Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe Midstream: 16:30 Belydenisklas, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe
Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:30 (Gr. 7’s)
Kindereredienste:
Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00, 10:00 & 17:30 (tienerdiens)
30 Donderdag 31 Sondae eredienstye - tensy anders aangedui:
08:00 - 20:30 Paasstasies MS 18:00 - 20:30 Paasstasies HL 19:00 Nagmaal HL & MS Week van Gebed
23 Donderdag 24 Vrydag 25
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening
16 Donderdag 17 Vrydag 18
09:00 Voetspore gebed @ projek: Ikaya Nothando babahuis 19:00 WIP HL
Woensdag
Doop registrasie sluit
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL
09 Donderdag 10 Vrydag 11
09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Opvolg Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening
02 Donderdag 03 Vrydag 04
08:00 - 19:00 Paasstasies HL & MS 19:00 WIP HL Week van Gebed
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL
Woensdag
09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL 19:00 Kuria byeenkoms HL
18:00 Diepkant 18:30 Next Steps HL & MS
09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS
Preekreeks: Visiefees 08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan
09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL
Dinsdag 08 Woensdag
2016
Maart 18:00 Diepkant 18:30 Next Steps HL & MS
Dinsdag 01 Woensdag
Sondag 06 Maandag 07
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 11
Dagboek
12 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 13
Tienerbediening 2016!
'n Nuwe jaar, 'n nuwe begin!
Regoor Suid-Afrika glimlag al die gym base so vroeg in die jaar breed. Dit is alombekend dat massas mense aan die begin van 'n jaar weer aansluit by die gym met nuwe tekkies, nuwe oefenprogramme en nuwe drome van hoe jy kan lyk aan die einde van die jaar! Totdat die winter kom en die moegheid van eksamen en werk mense begin slaan. As kerksondermure se tienerbediening 'n gym was, sou ons baie opgewonde gewees het om julle te bedien. Die spanne by beide Midstream en Hippolaan is slaggereed om 2016 'n onvergeetlike jaar te maak, enduit – winter en somer, in koue en hitte, in Januarie en in Desember. Ons hoop en droom dus aan die begin van die jaar is dat elke tiener en ouer erns sal maak met hulle geestelike versorging, kerkbywoning en deelname aan kerk aktiwiteite. Ons droom om terug te kyk oor 2016 en breed te glimlag oor dit wat God kom doen het in ons gemeenskap en ons eie lewens.
Team 2016
As ons jy was,
sou ons opgewonde geraak het oor: Opwindende jaartemas
Die nuwe oorhoofse span bestaan uit Teodor van der Spuy, ons nuwe tienerpredikant, en Belinda Nel, die koördineerder. Hulle is eager beavers wat met die hulp van 'n baie cool preekspan, kleingroepleiers en beraders elke tiener in Hippolaan en Midstream gaan bevriend. Teodor sê hy het 'n ODB. Dit staan vir 'n Oop Deur Beleid. Wat beteken jy kan enige tyd van die dag of die nag vir hom kom kuier en net by die deur in bars. Nie bad nie! Hy reken verder dat hy min van homself gaan vertel sodat jy hom eerder self kan kom ontmoet.
Nuwe launch in
MAART
#Imagine Experience UBA Uitreike Belydenisaflegging Radikale geestelike groei Nuwe vriende En natuurlik, 'n nuwe tienerpredikant!
Die winde van verandering gaan kom waai in die eerste kwartaal by tienerbediening. Verwag 'n nuwe naam, logo, look en feel – so vinnig as Maartmaand! Kom klim saam met ons in die kerksondermure “think tank” in die eerste kwartaal en help ons skuur en skaaf aan die next big thing. Hou die spasie dop! As jy dus dan nog langs die perd staan en kyk vir die jaar wat voorlê, moedig ons jou nóú aan om op te klim en saam met ons die wind in te jaag!
14 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Tienerbediening
Teodor word kerksondermure familielid Vertel vir ons iets van jouself. Ek is gedoop Teodor Ernst van der Spuy (Teodor sonder die “h” want my pa was bang dit klink te Engels.) 2016 is die groot jaar waarin ek 30 word. Ek het dit so lank as moontlik probeer uitstel om oud te word, maar moet nou maar daarmee vrede maak. Ek is baie gelukkig getroud met Marie-Louis, van wie ek hou al van St. 7 af, sonder dat ek kan sê dat dit aanvanklik van albei kant gekom het… Ek was verlede jaar nog betrokke in Jeugbediening by NG Weltevreden en het die diensjaar van die NG Kerk bestuur. Wat maak jou opgewonde? Enige mens wat passievol is oor wat ook al hulle doen. Ek hou van mense wat verstaan wat hulle hier op aarde maak en wat 'n verskil maak. Suid-Afrika maak my opgewonde. As dit beter hier gegaan het sou ons baie minder geleenthede gehad het om 'n verskil te kon maak. Ek is 'n sucker vir jongmense en geniet dit om oor die toekoms te droom. Hoe droom jy oor die kerk? Ek is oortuig daarvan dat God 'n plan het om uiteindelik die hele wêreld met Homself te versoen en vir een of ander rede vra Hy ons om Hom te help. Hierdie plan kry gestalte as God se volk by die kerk byeenkom. Hier kyk ons mekaar in die oë en herinner mekaar aan die rede vir ons bestaan. Wanneer ek dan oor kerksondermure droom, droom ek van 'n kerk wat ons stad en land transformeer deur die krag en begeleiding van God se Gees. Waarmee is jy besig? Op die oomblik is ons besig om net ons voete in Centurion te vind. In die aande veg ek muskiete af en deur die dag vra ek soveel moontlik vrae om uiteindelik vertroud te raak met kerksondermure en ons nuwe gemeenskap. Wat kom maak jy by kerksondermure? Ek is aangestel om oorhoofs verantwoordelikheid te vat van die tienerbediening van beide Midstream en Hippolaan. Ek is dus die ou wat bereid is om jou tiener net voor middernag by die partytjie te gaan haal en saam deur die trauma van die "breakup" te gaan. Anders as dit glo ek het die tienerspan die groot verantwoordelikheid om 'n volgende generasie kerksondermure lidmate op te lei. Hoekom by kerksondermure? Op die stadium van my lewe wil ek met niemand anders as tieners werk nie. Die Here het met my 'n interessante pad geloop om tot op dié punt te kom wat ek met groot vrede, rustigheid en baie opgewondenheid heelhartig deel kan wees van die dinamiese kerksondermure-span. Wat 'n voorreg om met 'n nuwe generasie leiers te werk en terselfdertyd saam met hulle 'n roeping vir hulle lewens uit te figure. k
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 15
Tienerbediening
Wat tieners besef het op Swazi “Ek't op die ‘lyfskuif’ geleer dat ons moet ophou moan oor alles; daar is mense wat nie eers kos op die tafel kan sit nie. Ek’t geleer die Here werk op vreemde maniere met jou en Hy het jou klaar as ‘n deel van sy liggaam beskou soos wat dit in Ephesians sê . Die Here se liefde vir jou gaan nooit dood nie. Ek het beleef dat die Here altyd daar is vir jou al dink jy Hy is nie... Ek het getwyfel of Hy regtig vir my omgee, maar toe kom bewys Hy vir my Hy gee regtig om. Hy is ons skepper en Hy sal dit altyd bly.” - Chante Reyneke “Wat vir my so amazing was van die uitreik was definitief die communion tussen almal wat gegaan het. Dit voel nou of elke keer as die Bybel van 'Holy Communion' praat, ek waarlik sal verstaan wat die Here daarmee bedoel het, want dit was waarlik iets ongelooflik. Ek het gelag soos nog nooit tevore op UBA Swazi en die manier waarop mense na mekaar geluister het, asof hulle waarlik omgee oor die persoon se storie, was vir my so spesiaal. Ek het so ‘n liefde vir die Woord ontdek, dat my wens vir Kersfees twee ander weergawes van die Bybel was. Ek voel so gemotiveerd om die Here se Woord uit te lewe en om Hom net meer en meer te leer ken en te ervaar.” - Elbie Gouws “Ek het so baie geleer en gegroei. Ek weet nou wat dit beteken om 'n verhouding met die Here te hê. En wat dit beteken om te deel en om jouself laaste te plaas. En ek het geleer van 'n ‘welcoming spirit’ wat nie omgee wie jy is nie, mens moet vir enigiemand lief wees en omgee. Ek het sooo baie in myself gegroei.” - Bernice Laubscher “Ek moet sê, ek het nooit regtig Bybel elke aand gelees nie, maar ek het nog steeds gelees. En ek het nie verstaan hoe om dit te interpreteer nie. So met die lyfskuif en Bybelstudie en goed wat julle ons geleer het, kry ek dit reg.” - Johan Oosthuizen “Ek sien myself as ‘n hardwerkende persoon wat nie maklik nee sê nie en ek het vir die projek ja gesê sonder om regtig te weet wat ons daar gaan doen. Ons het almal elke dag baie hard gewerk om klaar te maak met die badkamer en ons het nog energie gehad om met kinders te speel. Ons kon daardie week nie met ons eie energie deurmaak nie ons het daardie week al na dag 1 op die energie gewerk wat God vir ons gegee het.” - Duan De Bruyn “Met die 'house visiting' het jy mense gekry wat jou vriendelik toegelaat het in hul huis al is hul baie siek en dat mense wat ook baie siek is jou nie in hul huis wil hê nie, maar hul luister nogsteeds na jou en jy kan sien dit maak 'n verskil in hul lewens net om oor God te praat.” - Quintus De Bruyn "God het soooo baie gedoen. Ek het die Here op 'n nuwe manier leer ken. Vandat ek weer by die huis gekom het, sien ek dinge raak wat ek nog nooit voorheen raakgesien het nie, soos die rommel in die strate, ens. En ek het weer 'n nuwe lus vir die lewe en staan elke dag nou met dankbaarheid op. Die Here het soveel vir my op die uitreik gedoen, ek weet nie eers hoe om alles te beskryf nie." - Bianca Smit “Ek’t baie nader aan die Here gekom as wat ek was en dit was lekker om te sien hoe brand sy vure in ander mense, maak nie saak hoe erg hulle omstandighede is nie, en ek strewe om so met Jesus in my hart te loop.” - Carmen Smith “Op die uitreik het ek geleer om heeltyd, oral, maak nie saak hoe moeg ek is, te gee vir ander bo myself. Ek het geleer dat ek voel die naaste aan God as ek Hom dien deur dade. Ek het regtig 'n klomp goed vir die Here gegee, wat 'n groot las van my skouers afgehaal het. Ek het geleer dat worship regtig 'n baie groot deel van my Christelike groei is, en dat ek meer moet 'worship'. My oë het oopgegaan op die uitreik, vir mense wat swaarkry, maar steeds die Here dien met hulle hele hart.” - Kayla Trümpelmann 16 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Wil jy jou sukses verdubbel? Jy hoef niemand te ontmoet of tyd af te staan nie. Jy praat slegs met jou sake netwerk en maak deure oop vir Social Upliftment Services om hulle te ontmoet en voor te stel aan 'n organisasie wat die gemeenskap dien. Word deel van die SUS Netwerkspan en help om deure oop te maak wat baie lewens kan aanraak.
Jou sukses kan 'n gemeenskap bevorder.
Besoek ons webwerf by www.socialupliftmentservices.com of ons Facebook blad by Social Upliftment Services vir meer informasie. Navrae kan gerig word aan info@socialupliftmentservices.co.za Registreer as 'n netwerker op ons webwerf se "kontak ons" blad.
Kinders
Charlene Franken
Kinderbediening skop die jaar af met ‘n toerustingsgeleentheid
Die eerste Sondag in die nuwe kwartaal is nie noodwendig ‘n kinder-erediens Sondag by kerksondermure nie. Nee, op hierdie dag word die 2016 dienswerkers in kinderbediening toegerus. Op Sondag, 17 Januarie, het al die dienswerkers in kinderbediening te Hippolaan en Midstream bymekaargekom en die nuwe jaar in kinderbediening afgeskop met ‘n seënboodskap en toerustingsgeleentheid vir die jaar waarin hul diensbaar sal wees in kinderbediening. Die boodskap was dat Moses die Here persoonlik geken het (Deut 34:10). Wat ‘n seën sal dit nie wees as ons dienswerkers in kinderbediening mense is wat die Here persoonlik ken en die fondasie van kinderbediening kan vorm nie! Dit het van Moses, hakkelende, sukkelende skaapwagter en ‘n vurige moordenaar ‘n vriend van God en leier van alle leiers gemaak. Ons gun ook elke dienswerker in kinderbediening om in God se teenwoordigheid te leef. In God se teenwoordigheid is daar rus (Matt 11:28: “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is…”), blydskap (Ps 16:11: “ By u is daar oorvloedige blydskap”) – daar is
vreugde in sy teenwoordigheid! Waagmoed (Ps 18:30: “Met U hulp loop ek ‘n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie”) – God se teenwoordigheid laat ons waag om diensbaar te wees, al voel jy soms uit jou diepte. In God se teenwoordigheid is daar vrede (Eks 33:14: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee”) – hierdie Goddelike vrede wat elke dienswerker Sondag na Sondag vir kinders kom aangee. Ons leef onder God se beskerming (Ps 23:4: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my”) en kies om elke dag die wapenrusting aan te trek (Ef 6:11-18). Mag elke dienswerker ook ‘n dringendheid/gestuurdheid in sy/ haar roeping bly beleef en voluit lewe met die wete: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” (Matt 28:20) Ons gebed is dat elke dienswerker gevul sal word met God se teenwoordigheid en Hom persoonlik sal leer ken, sodat Geesvervulde en Godsgevulde leiers die hoeksteen van kinderbediening in 2016 sal vorm. k
18 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Kinders
kindersondermure hou
Familie Makietie!
Hierdie jaar in kinderbediening het ons kinders behoorlik afgeskop met die Familie Makietie feesreeks op Sondag 24 Januarie en sien ons baie uit na dié kwartaal, want elke Sondag vier ons ‘n ander fees-geleentheid! Daar is orals vlaggies in die lokale en elke kind het ‘n ballon gekry, wat bydra om hom/haar hartlik welkom te heet by ons feeste van alle feeste én om elke kind te help om in die feesgees te kom! Die 1ste fees wat ons kinders gaan vier is die Geloofsfees, want ons glo in God en wil deel wees van sy Geloofsfamilie. Daar gaan ‘n Drukkiefees wees en ons gaan ontdek dat God ons elkeen op ‘n “wonderbaarlike wyse” gemaak het (Ps. 139). God aanvaar ons en het ons baie lief. Daarom moet ons ook mekaar aanvaar en vir mekaar lief wees. Ons gaan ook hierdie kwartaal ‘n Dienfees vier! As jy iemand dien, dan doen jy ‘n goeie daad vir daardie persoon. As ons Dienfees vier, leer ons
om ander mense te dien soos wat Jesus gedien het. Ons is almal deel van God se familie en daarom moet ons as familie mekaar bou, toerus en sterk maak, sodat ons Hom nog beter kan dien. Wanneer ons die Boufees gaan vier, is daar sekere boustene wat ons gaan leer om geestelik te groei. Die tweedelaaste fees wat gevier gaan word is die “Cheer”fees en gaan ons leer om mekaar aan te moedig om gereed te wees wanneer Jesus weer kom! Die laaste fees vir die kwartaal is ‘n Visiefees. As Geloofsfamilie moet ons ook ‘n droom en ‘n plan hê. Ons visie, of ons droom en plan, is om nie net alles te wil kry nie, maar om ook te kan gee. Mag elke kind hierdie jaar deel wees van ‘n Geloofsfamilie wat die Here se naam wil verheerlik, omdat Hy die rede is waarom ons feesvier. k
www.kerksondermure.org Hartklop l Februarie/Maart 2016 19
20 Hartklop l Februarie/Maart 2016 www.kerksondermure.org
Preekrooster
PREEKROOSTER Februarie 2016 7 Feb
14 Feb
21 Feb
28 Feb
Hippolaan Nagmaal
08:00 Colin Smith
Fanie Venter
Stephan Joubert
Annelize de Wet
Colin Smith
Fanie Venter
Stephan Joubert
Annelize de Wet
10:00
18:30
Meer inligting volg.
Midstream Doop Nagmaal
08:00 Adrio König
Colin Smith
Christo Woite
Fanie Venter
Adrio König
Colin Smith
Christo Woite
Fanie Venter
10:00
17:30
Meer inligting volg.
* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure
Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor
Na-ure predikant op roep: 083 489 0180
Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480
Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046
Laai vandag die kerksondermure Toep af en word deel van 'n aanlyn gemeenskap wat weet wat aangaan. Wat kan jy alles op ons toep kry? • Nuutste Preekrooster • Weeklikse Kalender • Nuutste Preke • Alle kontak besonderhede • Daaglikse Boodskappe • Predikant op roep. En toegang tot jou hele kerksondermure aanlyn wêreld. Enige Toep probleme of navrae kan gerapporteer word aan kommunikasie@ksm.co.za
Skandeer hierdie QR-kode en laai die toep af!