Hartklop julie aug 2015

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

MY HUIS

Julie/Augustus 2015  Uitgawe 104


Redaksie

Neem jy verantwoordelikheid vir jou Huishouding? Ná jou persoonlike verhouding met God, is jou huishouding/gesin die tweede belangrikste verhouding wat in jou lewe gekoester moet word, want dit is die kleinste verbondseenheid wat God aan jou toevertrou. Dit is die belangrikste basis vanwaar enigiemand ontwikkel en leef en ons is almal deel daarvan, in watter formaat dit ook al na jou toe gekom het. Ons verstaan van hierdie ondersteuningsbasis is uiters belangrik. Ons besluite en optrede kan ons huishoudings maak of breek: jy hou dit in jou hande, jy besluit wat dit sal wees.

•  Fanie Venter vertel in hierdie uitgawe presies hoekom jou huis/gesin dan so ʼn belangrike platform vir geloofsvorming is. Hy verduide  lik meer oor die volgende 6 maande se teologiese fokus: “ ʼn Huisgesentreerde en kerkondersteunende model” wat jou lewe en die lewens   rondom jou gaan verander. Jy is een van die hoofrolspelers en kan nie uitmis op hierdie artikel nie. •  Adrio König gee ʼn unieke perspektief oor die onderwerp van die huishouding in ons alledaagse wêreld. •  Christo Woite vertel van ʼn ander dinamika wat heers in huise waar daar saam gebid word. •  Carl du Preez gee opwindende terugvoer oor die “Wedstrydplan na Lewensverandering” se eerste 7 weke reeks: Jou Persoonlike     Verhouding met God. •  Tiesie de Coning gee vir al die ouers ʼn kykie na ʼn kraakvars kinderkurrikulum wat voorlê in die derde kwartaal. •  Sy maak ook die nuus bekend oor kerksondermure Midstream se aanddienste wat op 26 Julie 2015 afskop. Sy gee al die nuutste   inligting daaroor, ook die tye en alles wat vir jou belangrik is om te weet. •  Ons kyk ook na die Dienswerkers se motiveringspraatjie op die 28ste Julie 2015 (agterblad) saam met Dr. Ernrich Basson wat gaan   gesels oor hoe belangrik die regte gesindheid in jou lewe kan wees. Die hoogtepunt van hierdie geleentheid is natuurlik dat hy ons   gaan leer hoe om ons gesindheid te verander en ons breine te leer om ʼn positiewe gesindheid   te huisves. •  Die Mannebediening bied ʼn vriendskapsviering geleentheid aan op 24 Julie saam met   bekende geestelike sanger Julius Magan. Ons gaan ons persoonlike verhoudings met Jesus,   ons vriende en families vier met lofsang, lekker kos en die beste koffie, cappuccino’s en   hot chocolate... Dit is werklik die partytjie van die jaar en julle is almal genooi! •  Ag en sommer hope ander leesgenot en opkomende geleenthede. Hoop jy geniet dit en slurp elke liewe stukkie daarvan op. Lekker lees tot September!

Francois

20

Kerk op wiele selgroep maak ‘n verskil

01

Fokus

Fokus: In my huis

21

Fokus ek op die dinge daarbo?

02

Gebedsfokus

22

Laat jou hart klop vir getraumatiseerde kinders

03

Wedstrydplan: Terugblik

23

Merkwaardighede uit die Woord

14

Kalender: Julie 2015

24

Kinderkurrikulum: Derde Kwartaal

15

Kalender: Augustus 2015

25

Midstream Visie 2015+

16

Kalender: September 2015 & Huweliksvoorbereiding

26

Aanddienste vir kerksondermure Midstream

17

My Voetspore

Doopvoorbereiding, Fondsinsameling Tee, Vriendinnedag & SingleSonderMure

18

Griefshare, Single&Parenting & DivorceCare

19

Mannebediening: Vriendskapsviering

06

Veritas team member - Puneet Jha

07

‘n Reis wat ‘n verskil gemaak het...

08

Desember in Bethlehem

10

Kearsney Paasnaweek rugby toer 2015

11

Steak Sauce

12

Mannasondermure

13

Welkom aan die Storms!

Dagboek

Algemeen 04

kerksondermure Gemeentefees 2015

27 28

Social Upliftment Services begin vlerke sprei Testamentêre Bemaking

*

Agterblad (binne): Preekrooster - Julie 2015

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste/Ilse Ferreira en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.


Fokus

In my huis...

Sedert die begin van 2015 is ons besig met ʼn geloofsvormingsproses wat ons noem: ʼn Wedstrydplan na Lewensverandering.

As deel van ons “Wedstrydplan na Lewensverandering” het ons die eerste ses maande van 2015 gefokus op ons persoonlike verhouding met God. In die skematiese voorstelling van die Wedstrydplan is dit die eerste van vier konsentriese sirkels. Elkeen van die sirkels verteenwoordig “kontekste” waar ons as Jesus se volgelinge gevorm moet word: my persoonlike lewe, my huis, geloofsfamilie en die gemeenskap (en wêreld). My geloof word gevorm en my lewe word verander om meer soos Jesus se lewe te lyk wanneer ek alléén saam met die Hom wandel, maar óók in my huis, geloofsfamilie en as deel van die gemeenskap. Vir die volgende ses maande gaan ons nou fokus op “my huis” as konteks vir geloofsvorming. In die verlede (ongelukkig vandag nog dikwels) het gelowiges die geloofsvorming van hulle huismense, veral hulle kinders, gesien as primêr die taak van die kerk. Met hierdie fokus op die huis wil ons ʼn belangrike kopskuif bewerkstellig. ʼn Skuif weg van ʼn kerkgesentreerde en huisondersteunende model van geloofsvorming na ʼn huisgesentreerde en kerkondersteunende model. Dit beteken huise aanvaar verantwoordelikheid vir geloofsvorming en verwelkom die gemeente as ʼn ondersteunende vennoot. In die huis, as “klein kerkie” moet dus bemagtig word om mekaar toe te rus om hulle geloof uit te leef. Die bekende kerknavorser George Barna het bevind dat die gemeente wel ʼn rol speel in die grootmaak van kinders,

maar dat die kerk se betrokkenheid nie Fanie Venter verseker dat kinders God leer ken en ʼn Christelike leefwyse volg nie. Die deurslaggewende faktor is dit wat by die huis gebeur. Ouers het verreweg die belangrikste invloed op wie hulle kinders eendag sal wees. ʼn Gemeente kán en móét ouers hierin ondersteun, maar die verantwoordelikheid om volgelinge van Jesus te kweek, lê by die ouers. In hierdie volgende ses maande wil ons juis iets hiervan doen. Ons fokus op die huis skop af op 16 Augustus met ʼn sewe weke reeks en ʼn ondersteunende oefenprogram. Die temas wat aangespreek en ingeoefen gaan word, is: Ons huis sien mekaar raak; Ons huis seën mekaar raak; Ons huis en die huwelik; Ons huis luister mekaar raak; Ons huis leef mekaar raak en 'n strategie vir huiswees. ʼn Belangrike deel van die oefenprogram is ook ʼn huweliksweek (6 - 9 September). Mag die Here hierdie ses maande ons help om te fokus op jou huis en om dit regtig te gebruik as ʼn paar treë in die rigting van ʼn lewenslange proses van geloofsvorming. Onthou: die verandering van die samelewing begin in die huise van gelowige volgelinge van Jesus.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     01


Gebedsfokus Daar is ‘n gesegde in Engels: “a family that prays together, stays together”. Maar dit gaan nie net oor saam bid nie. ʼn Gesin wat saamleef in die teenwoordigheid van die Here gaan uiteindelik daarin slaag om saam te bid. Saam bid is die wonderlike eindpunt wat bereik word as huisgenote mekaar liefhet en ʼn gesonde funksionele gesin is. Dis soos die verskillende vlakke van kommunikasie. Oppervlakkig sal ons net vra hoe dit gaan en jy kan oppervlakkig antwoord dat dit goed gaan. Intussen is dit ʼn niksseggende antwoord. Want jy het jou werk verloor en wil dit nie met die persoon deel nie. Eers wanneer ʼn vertroueling vir jou vra wat jy in jou hart beleef, omdat jy jou werk verloor het, gaan hy ʼn antwoord met diepgang hoor. Christo Woite

Om saam te bid is die diepste vlak van geestelike intimiteit. Tussen jou en ander mense en ook tussen jou en God. Dit is die kosbaarste belewenis van intimiteit. ʼn Gesin wat saam hul harte voor die Here kan uitstort, is ‘n gesonde, funksionele gesin. Saam bid is dikwels die barometer van hoe goed dit in ʼn gesin gaan, want gesinslede wat in konflik leef, bid baie moeilik saam.

HUISE WAT S

A

A M

B

I

D

Alles begin eintlik al by die ouers se doopbelofte. By ʼn kind se doop aanvaar ʼn ouer verantwoordelikheid vir die kind se geestelike versorging. Ouers moenie net vir hulle kinders leer wat in die Bybel staan nie, hulle moet dit uitleef. Ouers het die wonderlike voorreg om kinders te begelei en voor te berei om God se beloftes te aanvaar en hulle lewens aan Hom toe te wy. Binne die veilige gesinsopset lê die ideale leefruimte om saam geestelik te groei. Daar is baie wat ouers by kinders kan leer oor ʼn opregte en eerlike verhouding met die Here. In huise waar saam gebid word, word gesinslede biddend ondersteun in alles wat hulle doen. As jy byvoorbeeld saam met jou kinders bid voor die eksamen sal jy agterna saam met hulle bly wees as dit goed gegaan het. Of saam gaan troos soek by die Here in gebed as dit nie goed gegaan het nie. ʼn Gesin wat saam bid vir pa wat sy werk verloor het, beleef nabyheid en troos in die saam bid. Mag die Here ons ʼn gemeente maak waar die waarde van die gesin se aanbiddingspraktyke verstaan en uitgeleef sal word.  k

02    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


Wedstrydplan: Terugblik

Terugblik op 7 weke reeks Persoonlike verhouding met God Ons kyk terug op die afgelope ses maande waar ons gefokus het op die eerste dimensie (MY PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD) van ons twee jaar "Wedstrydplan na Lewensverandering". Gedurende Februarie en Maart het ons ʼn in-diepte 7 weke (dag-vir-dag) reeks deurloop wat ons persoonlik nader aan God gebring het. Dit was wonderlik om te hoor en te beleef hoeveel mense die swart-en-pers boekie geneem het en dit gebruik het. Hier volg ʼn pragtige getuienis van iemand wat verras was deur hierdie proses: “Aan die begin toe ek gehoor het dat die hele gemeente vir twee jaar lank ʼn 'Wedstrydplan na Lewensverandering', met spesifieke temas, gaan volg, was ek maar bra skepties. Ek het self al deur soortgelyke inisiatiewe gegaan, en dit was gewoonlik baie eentonig en ‘boring’! Toe ek hoor dat al die bedieninge saam dieselfde temas gaan hanteer, het dit die saak nog bleker vir my laat lyk. Maar toe kom die eerste reeks van 7 weke, wat handel oor my PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD. Op die oog af het dit nogal interessant gelyk, maar ek was nogsteeds skepties. Ek was elke week verras met die temas en preke - dit was glad nie herhalend nie, maar het tog uitstekend by mekaar aangesluit en ingepas. Die boekie en die ‘werkstukkies’ vir elke dag was baie goed uitgelê. As jy nie ʼn spesifieke erediens bygewoon het nie, kon jy ʼn oulike opsommende stukkie daaroor lees of selfs die preek aanlyn gaan luister. Dit is dan gevolg deur ʼn ‘ietsie’ om te herkou; te doen vir elke dag, mooi in lyn met die vorige Sondag se preek. Die lekkerte was

Carl du Preez

dat dit nie op jou afgeforseer was nie, maar dat jy dit op jou eie tyd kon doen – alleen of saam met jou huismense of jou selgroep. Ek het die stukkies uiters nuttig en opbouend beleef. Wat vir my die grootste verrassing en lekkerte van die reeks was, was die toerustingsaande (dis daardie studiesessies op sekere Dinsdagaande by die kerk). Dit was basiese ‘how to’ aande – oor goed waaroor jy nog altyd gewonder het, maar te onnosel gevoel het om te vra, of vergeet het. Ek het baie mense daar met boekies gesien sit wat notas in snelskrif geneem het. Ek gaan gereeld terug na die notas wat ek daardie aande geneem het en oordink dit. Ongelooflike ryk goed wat mens maklik kan toepas. Na die eerste vier maande van hierdie nuwe Wedstrydplan na Lewensverandering, sien ek uit na die opvolgende reekse. Vir my is dit goed om te weet hoe alles inmekaar pas!” ~ Zahna Steynberg

Baie dankie aan almal wat deel was van ons steekproef meningspeiling gedurende ons vyf eredienste op een Sondag by beide bedieningspunte. Die reaksie en gewilligheid om dit te voltooi was wonderlik. Vanuit hierdie peiling oor die eerste 7 weke reeks, word die onderstaande graag uitgelig: Die bywoning van die bekendstellingserediens speel 'n belangrike rol Hoe mense herinner wil word tydens daaglikse oefeninge: weekliks in erediens kerksondermure app weeklikse gemeente e-pos

eng s a t a ek he ie re ing e mense het ns t d oud me ui da verh itief die boekie d le pos l t daagliks gebruik u d h Go he r t e en me rand ve

mense het aangedui dat die 7-weke preekreeks se tydsverloop lank genoeg was

me so nse ort ve re gely rkie ek s s ke st e bo pre aa nd los ekep re ke

mense het deelgeneem aan die Wedstydplan-reeks

weekliks

ie ld e vo ge ge nin t e k he oef sli e e pa s en liks toe m ag s a da w

mense verkies 'n gedrukte boekie

Tydens die eerste reeks het mense die boekie hoofsaaklik as volg aangewend: alleen

mense het wel aanvullend gebruik gemaak van die audio-preke van die reeks

mense het vier of meer van die sewe preke in die reeks bygewoon

www.kerksondermure.org

in gesinsverband in selgroepe

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     03


04    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     05


My Voetspore Colin Smith (083 263 9211)     012 663 2003 x 258 Jolandi Rudman (net tot 13:00)      012 663 2003 x 254 Anne-Marié Cronjé (082 866 5336)   012 663 2003 x 253

csmith@ksm.co.za jrudman@ksm.co.za amcronje@ksm.co.za

Meet the Veritas team

We are featuring all our Veritas team members during this year. Meet Tarjan Chhatria .

I, Puneet Jha, along with my wife Rashmita and brother Navneet Kumar, live in Delhi. My parents are also believers and they live in Uttar Pradesh. I have been with Veritas for three years. We are two brothers and one sister. I enjoy teaching at Veritas Bible College. My wife has also done Module 1 & 2 facilitator training and all the participant modules. She is of great help to me during the training. God is using us to equip several leaders and it is indeed encouraging to see the lives changed and challenged through the trainings of Veritas. I am really blessed to be part of Veritas it has helped me a lot to grow in faith and knowledge of His Word and also equip other fellow believers and see their lives being transformed for the glory of God.

Prayer requests:   •  Pray that God may give training opportunities in Uttar Pradesh.   •  Pray for God's protection and life transformation of the participants.    •  Pray that we may serve God and live exemplary lives.

With regards Puneet Jha

God’s work in India Praise the Lord

Thank you for your prayers. I just came back from Chhatishgarh training, which was an encouraging experience for me. It was a long journey. I had to make several changes in my travel schedule since there is no direct train to the training place, but at the end it was a really wonderful experience. People enjoyed learning the Word of God. The meeting place was in an open area with the shade over us. The whole day we did the module 1 (training) with pastors and leaders followed by the evening meeting (preaching, singing, prayer and fellowship time) where whole villages joined us. We enjoyed singing, preaching and praying for people. The weather was too hot and electricity supply was quite irregular; yet people committed to come and attended the meetings. Many people testified how God spoke to them. Though I am back in Delhi, people are eagerly calling and anticipating me to come again and train them the Word more. Please continue to pray for the ministry in India.  k

06    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

'n Reis wat n‘ verskil gemaak het... Renier van Heerden

Alhoewel dit Ramadan was, het die spanne kospakkies by Moslem huise uitgedeel en is ons by baie huise ingenooi. Ons het baie mense ontmoet en vir baie mense met spesiale behoeftes gebid.

Ek het onlangs die geleentheid gehad om saam met die Israel Projek na Israel te reis vir ‘n korttermyn uitreik in Jerusalem. Ons span het saam met die Back to Jerusalem Projek in Jerusalem gewerk wat poog om met die hulp van die kerk oor die wêreld, die evangelie terug te bring na waar dit oorspronklik begin het.

Tydens ons verblyf het daar oorlog in Israel uitgebreek. Ten spyte daarvan, het God die span op ‘n unieke wyse gebruik om vir die omstandighede en vir persone te bid. Om die oorlog-omstandighede te kon beleef, het ons ook ‘n nuwe perspektief gegee oor hoe om vir die land en sy mense, veral gelowiges, te bid.

Ek was onseker oor wat ek kon verwag van hierdie uitreik, maar het in gehoorsaamheid aan God se opdrag, my bereid en beskikbaar verklaar om sy getuie te wees in die Heilige Land. Ek het na Israel vertrek met nuwe verwagtinge. Ten spyte van baie goeie voorbereiding het die land my soos ‘n vloedgolf getref. Dit was baie warm en alles was anders! Gou is die prentjie wat ek in my kop gehad het oor Jerusalem vervang met die werklikheid van ‘n heel nuwe taal, kultuur en baie vreemde kos. Die span het op die Olyfberg gebly en ek kon daagliks my oë laat gaan oor die stad met spesifieke bekende bakens. Soms het ek die Skrif in Mat 23:37 onthou: ”Jerusalem, Jerusalem! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!” Jerusalem is ‘n stad wat vinnig onder jou vel kan inkruip, maar ook ‘n stad sonder vrede… ’n Stad wat die Prins van Vrede nodig het sodat sy mense in vrede kan woon. Die span het ook ‘n konferensie bygewoon en sprekers ontmoet met baie goeie insig oor die Islam geloof en gesprekke is gevoer oor die toestand in die Midde-Ooste. Vader Zacharia Butros, ‘n Egiptiese Koptiese priester wat tans in Amerika woon, het met sy sagte hart en sinvolle aanbiedinge, baie beïndruk.

Om in die stad van die Groot Koning te leef vir 2 weke, kan jy nie anders as om ook geestelik aangeraak te word nie. Jy lees die Woord met nuwe insig en perspektief. Plekke soos Golgota, Getsemane en die Olyfberg kry nuwe betekenis. Die Here het Homself ook aan my op spesiale maniere openbaar en ek verstaan sy hart vir die land en sy mense en vir verlore mense wat nog nie die Goeie Nuus van verlossing gehoor het nie. Ons het ook die Jerusalem Prayer Centre besoek, en kon daar in stilte en in God se teenwoordigheid vir spesifieke sake, soos wat die Heilige Gees lei, intree. God is getrou, Hy het my in my verwagting wat ek gehad het om te leer - ontmoet en my eintlik meer gegee as waaroor ek kon droom. Ek kan eintlik my leerervaring en reis saam met God beskryf as “God in praktyk” en sal ek as ek weer die geleentheid kry, teruggaan Israel toe. Alle eer aan God vir hierdie geleentheid!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     07


My Voetspore

Desember in Bethlehem... Mollie Miessner

Dit was al donker toe ek en ‘n spanlid saam met die plaaslike sendeling deur die nou straatjies van die Ou Stad van Bethlehem stap. Die strate is stil, dis winter en almal wil eerder binne bly. Die volgende oomblik stop ons voor ‘n baie ou en klein drie-vertrekhuisie, die voordeur staan oop, ten spyte van ‘n koue windjie wat waai. Dit is die huis van Adel en Rima. Adel se storie, vol seer en pyn as gevolg van die stukkendwees van hierdie wêreld, het my hart geraak. Adel het vir lank die slegte kant van die lewe geken. Hy is op ‘n slinkse manier deur sy broers uit ‘n familiehuis gekul en het letterlik op straat beland. Omstandighede het vir hom baie moeilik geraak en hy het kennis gemaak met verslawende middels en alkohol. Nie lank daarna nie, het hy ook sy werk as professionele skrynwerker verloor. Intussen is Adel, op ‘n laat stadium in sy lewe, getroud met Rima, ‘n klein, maer vroutjie, wat ek dink, ook haar deel van swaarkry gehad het. ‘n Seuntjie is gebore, maar dié is na 2 jaar uit hulle sorg verwyder as gevolg van die ongunstige omstandighede. Die plaaslike sendelinge het na Adel begin uitreik met omgee. Deur hulle toedoen het Adel daarin geslaag om ‘skoon’ te wees van sy middeleverslawing en ook van die alkohol. Die seuntjie is nou 5 jaar oud en sy ouers kan hom slegs een maal per week sien…

Ons groet in Arabies en word ingenooi in ‘n baie arm en klein huisie, drie vertrekke om presies te wees. Ek het skaars gesit, toe my oog ‘n bottel wyn langs Adel se sitplek opmerk - en ook die teleurstelling op die gesig van die sendeling. Die gesprek wil nie vlot nie. Deur middel van die sendeling wat tolk kan ek van Rima se ontsteltenis en bekommernis verneem. Sy deel ‘n sitplek met my en praat aanhoudend, somtyds beduie sy en wys na haar hart, en dan weer na my.

In die tye wat dit stil was in die vertrek, het my gedagtes vol geword. Ek het gedink dat dit presies die plek sou wees waar Jesus gevind sou word tydens sy bediening. Hy sou ook vir Adel en Rima kom kuier het en ek het besef: As sy volgelinge, hoeveel van God se Lig het deur ons in hierdie huis kom skyn. Jes 49:6 “Ek gaan jou ‘n lig maak vir die nasies sodat jy my redding kan bring tot aan die uithoeke van die aarde.” Na ‘n ernstige gesprek tussen Adel en die sendeling, het hy hartstogtelik begin huil en het ek gewonder: Huil hy uit jammerte, skaamte of moontlik oor verlange na sy kind? My hart het ook gehuil, en ek het so magteloos gevoel. Ek kon net vir hulle bid. Toe die sendeling vra of ek sal bid, het ons hande gevat – ek

08    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore in die middel van Adel en Rima! Tydens die gebed deur het Adel my hand gelos en my arm vasgegryp en nog meer gehuil, terwyl ek bid dat God hom sal verlos van die bose en ek vryheid oor sy lewe aankondig.

is goed.

Met ons vertrek beduie Rima weer met haar hande en wys na haar hart en dan na my. Die sendeling se vrou verduidelik: Sy sê: Jou hart

Terwyl ons groepie terugstap na die motor, dink ek aan die Skrif: Mat 25:35: “Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe ek ‘n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang…” Vers 40 “En die Koning sal hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir My gedoen. ’Dis nog vroeg in Desember, maar ek het geweet, dit was Kersfees in Bethlehem: God, wat Immanuel is, was saam met ons in Adel en Rima se huis. Toe ons in stilte deur die donker, stil en koue strate van die Ou Stad stap, het ek gewonder: In hoeveel van die ander huise in die Ou Stad is daar net soveel hartseer en in hoeveel huise sal die Lig in die komende Feestyd die duisternis verdryf? Twee weke na ons aankoms terug in Suid-Afrika, laat weet die sendeling: Adel het hom geskakel om te sê hy is jammer oor alles wat gebeur het en ek weet God sal weer sy hand na Adel uitsteek.  k

Israel – November/Desember 2014

Met ‘n baie duidelike roeping en mandaat om God se lig te weerkaats in ‘n donker wêreld, vertrek ek saam met drie ander spanlede aan die einde van November na Israel. Ons uitreik begin in Nasaret en ons mandaat is om die plaaslike sendelinge te ondersteun en te help met verspreiding van materiaal, gebed en omgee.

Nasaret was ʼn klein en geringe dorpie in Jesus se tyd, waar alles begin het, waar die aankondiging gemaak is dat Maria, ‘n maagd, swanger sal word en ‘n seun sal hê, en sy naam sal Jesus wees… Dit was ‘n belofte! Ons het beleef dat God wil hê ons moet met ‘n verwagting van "belofte van ‘n geboorte" in ons hart werk tydens die uitreik. Een oggend na ‘n reënbui, hang ‘n perfekte reënboog oor die dorpie en ons ervaar dit as ‘n bevestiging van God se belofte vir die uitreik. In Nasaret het ons baie huisbesoeke gedoen, gesprekke gevoer en vir siekes gebid. Ons het saam met die plaaslike sendeling ‘n 100% Moslem woonbuurt, Ein Mahel, besoek en deel gehad aan hulle bediening, "The Coffee Ministry’". Ons bid voor die tyd vir leiding oor watter woonbuurt besoek moet word. Dan ry ons deur die strate en vra God se guns vir iemand om ons in te nooi. Indien ons ingenooi word, word ons met koffie bedien en kry ons kans om te gesels, iets van onsself te deel en dan ook oor Jesus te praat. Die plaaslike werkers volg dan weer al die besoekpunte na die uitreik op en begin om verhouding met die persone te bou. Ons het ook vir huweliksprobleme gebid asook vir ‘n persoon wat in huisarres is na ‘n baie onaangename hofgeding. Ons het ook beleef hoe een persoon ‘n keuse maak om Jesus te volg…. Prys sy Naam! Ons volgende besoekpunt was Bethlehem. Bethlehem, die Stad van Dawid, waar die belofte vervul is oor die geboorte van God se Seun, waar ons vir God se "teken"moes uitkyk net soos die wyse manne van vroeër. Hy wys vir ons ‘n arend wat sewe jaar gelede daar opgemerk is. Ps 103:4-5 sê: ”Die Here wat my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.” Ek tel "hartklippe" op. Hy wys vir ons sy hart van omgee vir die mense van Bethlehem, ook sy liefdeshart vir elkeen van ons. Ons sien sy "ster’" die môrester wat opnuut weer in elkeen van ons harte opgekom het (2 Pet 1:19b). Hy wys homself vir ons! Ons doen huisbesoeke, bid weer vir siekes, maar die belangrikste, ons kon omgee vir die plaaslike sendeling en sy gesin. Hulle seun van 10 jaar oud het leukemia en die situasie is vir hulle as ‘n huisgesin baie moeilik, en het ook ‘n invloed op hulle bediening. Geboorte dui mos simbolies op nuwe dinge. So ervaar ons dat God ook nuwe dinge aankondig in die lewensomstandighede van die mense in die Heilige Land en ook in die lewensomstandighede van baie mense wat ons op die uitreik ontmoet het, asook in die lewens van die werkers en die spanlede. Ons kon met ‘n verwagting en ‘n belofte vertrek na ons laaste besoekpunt, naamlik: Jerusalem, die plek waar Jesus gesterf het, begrawe is, opgestaan het en weer sal terugkeer. In Jerusalem het ons ‘n tyd beleef waar God intiem met elkeen van ons besig was en verkeer het, waar Hy ingekyk het in elkeen van ons harte, ons omstandighede, ons roeping en ons verhouding met Hom. Ons het ook baie tyd in gebed spandeer, asook spesiale tyd van gebed by die Jerusalem Prayer Centre om vir onsself en vir die Nasies te bid. So in die vroeë winter van Israel het ons God se warm liefde en die leiding van die Heilige Gees op ‘n spesiale manier in die Godstad beleef. Ons het huis toe gekom met dié wete dat ons in gehoorsaamheid die doel van ons uitreik volkome bereik het.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     09


My Voetspore

Kearsney Paasnaweek rugby terugvoer 2015

Hier is terugvoer van van die chaperones/chaplains wat saam was na die Kearsney 2015 Paasnaweek rugbyfees te Kearsney College, Botha's Hill, Natal. Hierdie jaar was daar 15 van ons wat gedien het by die toernooi, waarvan 10 van Centurion/Pretoria was . Dit was ook die 8ste jaar wat die toernooi plaasvind en die 7de jaar wat ons daar kon dien. On behalf of Glenwood we would just like to say thank you for looking after us during the tournament. Not only did you do your job but you went the extra mile and I'm sure that it touched the boys. Stay blessed.            ~ Glenwood Captain Nama

The chaperones prayed together for each team before each game. Meiring, Gerard & Godfry

Together in prayer - Kearsney 1st team after game Remarkable moments @ Kearsney College. My experience was so amazing I could feel the presence of Him working inside me while sharing the message of the kingdom of God- and it was wow to them, and to me as well, because He alone was interpreting that scriptures. In short: God, has been great to me here. Lots of His remarkable works was just appearing before me while serving the boys and seeing how beautiful is His image. In the people who were watching the rugby during match days, His grace just made me realise how special it was that, God, just chose me to serve here. What I took back home with is the confidence that God gave me to spread the good news.  ~ Happy Phiri, Glenwood Chaperone

Kearsney rugbyfestival we did exactly that. I also learnt that no ministry can be effective without meaningful relationships. The friendships I have built will carry on long after the outreach is over.          ~ Meiring de Wet, Dale College Chaperone

Kearsney 2015 was my first time serving as a chaperone and it truly was an unforgettable experience. I have a huge passion for disciple-

Jonathan served EG Jansen for the duration of the tour

Niel Webster in prayer with HTS Middelburg after a practice session. ship and the fact that we had the opportunity to disciple 23 young men for six days was such a blessing. I was the chaperone for Dale College and the fact that I am an "Afrikaner seun" who grew up in a small town in the Free State, could have seemed crazy for most people. But the Gospel is foolishness to the world and in a few days I was basically part of the team. One of the disciplines that Jesus practiced while He was on earth, that we sometimes forget, is the art of chilling with people. Jesus chilled with the outcasts, ate with sinners and walked beside those who were disappointed. And at

10    Hartklop l  Julie/Augustus

The team who served the 13 rugby teams at Kearsney 2015

2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

Hein van Wyk

This is the story of Johnny Reyes, one of the team members in Lesotho. Johnny shares in this article something of his experience living in a rural village with his host family.

If I could describe Lesotho in one word I would say, ” FUN”. My two weeks spent with Kamoho Chefa were a blast. There were a lot of "firsts" of many different things. Horse and donkey riding with no saddle, doing laundry with my hands, eating traditional Basotho sour porridge, and herding/feeding cattle. Doing all of these tasks with Chefa made them more enjoyable as his personality is very uplifting, and it is impossible not to smile when you hang out with him. The nights always ended in laughter whilst we played cards as late as 10PM. One memory with Chefa that particularly stuck to me, and one I will not forget, was the second Sunday I was there. We had just finished our moroho and papa dinner when Chefa asked me if I remember when he was speaking in tongues earlier in church that day. To which I replied, "Yes, I do remember." He said he was talking to God about sharing his faith with his parents, who don't have the same relationship with Christ as we do. I was happy to know that he trusted me with his personal struggles. So, he continued and asked me how he should share the gospel of

Jesus with his parents. I told him to start with the Bible. However, his mother knows the Bible, and his father never went to school. So, he never learned how to read. I then told him that he could try to tell them what Jesus had done in his friends' and mentors' lives and how much more fulfilling life was when you live for Him. I told him that all he can do is plant a seed and hopefully God harvests that seed. He knows he can't force them to follow Jesus, but I really hope they do. I learned from them that the Basotho are incredibly hospitable, generous, and very loving people. I found it hard to believe they weren't followers of Christ because of how they lived their lives and how they treated me with such compassion. It has inspired me to live that way. All I could do was to affirm them as to how they live their lives, and I always made sure to say "Kea Leboha" (Thank You) whenever I could. All in all, it was an unforgettable experience that I would do over again. It was steak sauce.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     11


My Voetspore

Mannasondermure

Johan Meyer Die Mannasondermure projek se fokus is om deur geïdentifiseerde organisasies, aan kinders en bejaardes een gekookte bord kos per week te voorsien. Mannasondermure voorsien tans deur die volgende organisasies ‘n bord kos per persoon per week: •  Kleuterskool: Beyers Bytjies (Danville)       •  Kleuterskool: Feetjieland (Danville) •  Skool: Olievenhout Christian School (Olievenhoutbosh)       •  Skool: Transoranje Skool (Pretoria) •  Ouetehuis: Badirammogo Ouetehuis (Olievenhoutbosch)       •  CANSA: Nicus Lodge (Pretoria)

Die Mannasondermure projek word tans deur twee gesinne bedryf. Daar word nagenoeg 750 porsies kos per week aan die ontvanger organisasies voorsien. Die kos word op die kerkterrein gekook, verpak en gevries. Die projek is baie sterk afhanklik van die dienste van Sophie, die dame wat die kos gaarmaak (tussen 08:00 en 16:00) op Dinsdae, Woensdae en Donderdae en wat ook die verpakking van die kos doen. Dit is ‘n bekommernis dat die projek kan “platval” as hierdie dame nie beskikbaar is nie. Tans doen een van ons spanlede weekliks die aankope by Makro: •  96kg gevriesde, gemengde groente •  60kg rys •  Gas vir die gasstoof (soos benodig) •  120kg gemaalde vleis word weekliks deur ‘n slaghuis op die   perseel afgelewer. Twee van die ontvanger organisasies kom haal self die kos op die kerkterrein af. Die kos vir die ander vier ontvanger organisasies word deur vier gemeentelede by die ontvanger organisasies se persele afgelewer. Hoe kan jy betrokke raak? Uit die aard van die Mannasondermure se organisasie, is die grootste behoefte nie net die kook van die kos nie, maar: a)  om ons “koninkryksimpak” te vergroot deur ook op ‘n ge  reelde basis by ons ontvanger organisasies besoek af te lê; b)  deur te help met produk aankope; c) deur kontakte te werf vir goedkoper produkte (gevriesde groente, rys en maalvleis); d)  deur die donasie van droë bestanddele te werf (binne en buite die gemeente).  k As die Here jou lei om op enige manier by Mannasondermure betrokke te raak, kontak gerus vir: Johan en Annetjie Meyer - 012 653 7097, 082 979 9253 (Annetjie), johanme@xsinet.co.za of Nico en Annatjie Pietersen - 012 663 6320, 083 273 5123, nico.pietersen@mtnloaded.co.za

12    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

Welkom aan die Storms! Wilna Smit

Ons is opgewonde om Marius en Amanda Storm by die kerksondermure familie te verwelkom. Hulle is deel van ons geloofsfamilie wat werksaam is in Europa en ek vertel graag kortliks hul storie. Marius is ‘n NG predikant en was ‘n leraar in Brakpan-Suid gemeente toe hy en Amanda geroep is om in Nederland te gaan werk. Hulle het gehoorsaam aan hul roeping na Nederland verhuis met hul drie kinders. Marna, Estie en Johan Joshua was maar nog klein kindertjies. Hulle woon nou reeds meer as 22 jaar in Apeldoorn in die ooste van Nederland. Vandag is al drie kinders getroud en Marius en Amanda is die trotse oupa en ouma van 4 pragtige kleinkinders. Marius en Amanda is in 1992 as direkteurspaar van IKEG aangestel. IKEG is die Nederlandse tak van CEF wat wêreldwyd kinder-evangelisasie werk doen. Hulle was betrokke by uitreike na kinders, kampe, die opleiding van kinderwerkers, vertaling en ontwikkeling van materiaal en om klubs te hou om buitekerklike kinders te bereik en dan ook sodoende hul ouers. Die afgelope paar jaar het daar ‘n natuurlike klemverskuiwing in hul werk gekom. Met soveel ondervinding in kinderbediening is Marius al hoe meer gevra om te help met opleiding van kinderwerkers by kerke. Hy gee nou skoling in kinderwerk oral deur die land en ook in Duitsland. Dit is verblydend dat daar ‘n groter dringendheid in dele van Europa by kerke is, om kinders effektief te bedien en na kinders uit te reik.

Hoe kan jy op hoogte bly? www.stormpies.blogspot.com Hoe kan ek meer inligting kry? •  Kom ontmoet Marius en Amanda as hulle in Suid-Afrika is: Hou   die advertensies dop om te sien wanneer die Nederlandse   aand by kerksondermure gaan wees. •  Nooi Marius en Amanda om te kom kuier by jul selgroep of   Bybelstudiegroep. Bel Wilna by 083 233 4957 om te reël. Wat sê Marius en Amanda self? "Ons sien hoe ons stamlande al hoe meer hul rug keer op die Here. Ons wil hulle weer vir die Here bereik. Dit is bemoedigend om positiewe getuienis te kry van mense wat die opleiding gedoen het en CEF materiaal gebruik. Mense wat buitekerklik groot geword het en Veritas kursusse gedoen het, getuig dat die Bybel vir hul oopgaan en is baie entoesiasties om verdere modules van die kursus te doen."  k

Marius en Amanda het in die 22 jaar ook eerstehands beleef hoe die kerk in Europa agteruitgaan. Een van die redes hiervoor is dat kerke al minder waarde aan die Bybel as onfeilbare Woord van God heg. Hulle het by Veritas betrokke geraak wat ‘n internasionale organisasie is wat mense leer om die Bybel te verstaan. Marius bied nou landwyd Veritas kursusse aan en lei mense op om ook die Veritas kursus weer aan ander aan te bied. Veritas wil ook hê dat hulle verder in Europa moet uitreik. Die mense wat opgelei word in kinderwerk, besef dikwels dat hulle Veritas ook nodig het vir meer diepte in hul kinderwerk. Die mense wat Veritas kursusse bywoon besef ook hoe belangrik kinderwerk is. So vul die twee bene van die opleiding waarby hul betrokke is, mekaar aan om meer mense op te lei om Bybelgetrou in en buite hul gemeentes betrokke te wees. Hoe kan jy betrokke raak? Die NKA is die komitee wat Marius en Amanda uit S.A. ondersteun. As jy gebedsversoeke en nuusbriewe wil ontvang of op die komitee wil dien, kontak Wilna (wilna.smit@mweb.co.za ) of Anne-Marie by Voetspore bediening. www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     13


14    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org

19:00 Musiekbediening oef

07:00 Gebed@Hippolaan

08:00 Vakansieprogram HL & MS

08:00 Vakansieprogram HL & MS 19:00 Wip byeenkoms HL

08:00 Vakansieprogram HL & MS 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Vakansieprogram HL

07:00 Gebed@Hippolaan

19:00 Wip byeenkoms HL

19:00 Musiekbediening oef

07:00 Gebed@Hippolaan

Skole Open 19:00 Veritas HL

Midstream Skool Open 18:00 Diepkant HL KB: (HL & MS) (Koördineerdersvergadering 18:00 (Peuters/ Kleuters); 18:40 (Jr/Sr):19:30 (Gr 7)

Doopregistrasie vir Aug sluit

19:00 Wip byeenkoms HL

19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Beradersforum HL 18:30 Manne Vriendskapsviering HL 18:30 SingleSonderMure HL

11:15 MS Selindeling KB: Hartklopfees MS TB: Groepleiers Opleiding 14:00 – 17:00, Kletskamer & Aanddiens HL & MS 18:00 Aanddiens Midstream (begin)

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

09:30 Senior Bybelstudie :HL 18:30 Midstream BKS 19:00 Wip byeenkoms HL

09:00 Bybelstudie: HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Sielkunde Forum HL 19:00 Kultuuraand Voetspore HL

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui:  Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30  •  Midstream: 08:00 , 10:00 & 18:00

18:00 Diepkant HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL 18:30 Dienswerkers Motiveringspraatjie

26       Sondag 27       Maandag 28      Dinsdag 29      Woensdag 30     Donderdag 31       Vrydag

Geen kindereredienste

07:00 Gebed@Hippolaan

19       Sondag 20       Maandag 21      Dinsdag 22     Woensdag 23     Donderdag 24       Vrydag 25      Saterdag

Geen kindereredienste

12       Sondag 13       Maandag 14      Dinsdag 15     Woensdag 16     Donderdag 17       Vrydag 18      Saterdag

Doop: 12:00 HL, 08:00 & 10:00 MS Geen kindereredienste

05       Sondag 06       Maandag 07       Dinsdag 08     Woensdag 09      Donderdag 10       Vrydag 11      Saterdag

Julie 2015

19:00 Wip byeenkoms HL

01     Woensdag 02     Donderdag 03       Vrydag 04      Saterdag


www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     15

07:00 Gebed@Hippolaan

01      Saterdag

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

18:30 Huweliksvoorbereiding HL 18:30 Gebedsopleiding HL

09:00 MaMs Byeenkoms HL 09:30 Oppiekoppie Seniors 10:30 Seniors@Midstream 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream 19:00 Gasvryheidsfunksie HL

09:00 Bybelstudie: HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

Openbare Vakansiedag

18:00 Diepkant HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL 18:30 KB: Opleiding HL & MS 18:30 Gebedsopleiding MS

09:30 Senior Bybelstudie :HL 18:00 Gemeenteraad HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Kuria byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream

09:00 Bybelstudie: HL 09:00 Oppiekoppie Uitstappie 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

/30      Sondag

Nagmaal Weektema 3: Bid mekaar raak 08:00 & 10:00 Inligtings- & Oriënteringsdienste HL & MS Geen kindereredienste Geen Tienerdienste 18:00 Aanddiens Midstream

Weektema 2: Seën mekaar raak 08:00 & 10:00 Gr 7’s bekendstelling HL 18:00 Aanddiens Midstream

23

Wedstrydplan na Lewensverandering Fase 2 - 7 weke My verhouding met my huis Weektema 1: Sien mekaar raak 18:00 Aanddiens Midstream

18:00 Diepkant HL

09:30 Senior Bybelstudie :HL 09:00 MaMs byeenkoms HL 18:30 Bemagtigingsgeleentheid HL & MS 19:00 Gebed@Midstream

09:00 Bybelstudie: HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

Registrasies - Belydenisaflegging sluit HL

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Sielkunde Forum HL 15:00 SingleSonderMure

07:00 Gebed@Hippolaan (Gebed vir gesinne)

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant Werkswinkel HL

Doopregistrasie vir Sept sluit

09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 09:30 Senior Bybelstudie :HL 19:00 Wip byeenkoms HL 18:30 Bemagtigingsgeleentheid HL & MS 19:00 Gebed@Midstream

09:00 Bybelstudie: HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan (Gebed vir gesinne) 09:00 Gesins UBA Uitreik HL & MS

/31       Maandag 25      Dinsdag 26     Woensdag 27      Donderdag 28       Vrydag 29       Saterdag

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

24

10:00 GriefShare MS 18:30 Voetspore Projekvergadering MS 19:00 Veritas HL

16       Sondag 17       Maandag 18      Dinsdag 19      Woensdag 20     Donderdag 21       Vrydag 22      Saterdag

Nasionale Vrouedag Geen kindereredienste Geen Tienerdienste 18:00 Aanddiens Midstream

09       Sondag 10       Maandag 11      Dinsdag 12     Woensdag 13     Donderdag 14       Vrydag 15      Saterdag

11:15 Gasvryheid Midjaarkuier MS Doop: 08:00 & 10:00 MS KB: Hartklopfees MS 18:00 Aanddiens Midstream

02       Sondag 03       Maandag 04      Dinsdag 05     Woensdag 06     Donderdag 07       Vrydag 08      Saterdag

Augustus 2015

Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00  •  Midstream: 08:00 & 10:00; 17:00 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe  •  Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 17:00 Belydenisklas & 19:00 Tienergroepe


Dagboek 01      Dinsdag 02     Woensdag 03      Donderdag 04       Vrydag 05      Saterdag

September 2015

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant Werkswinkel HL

09:00 MaMs byeenkoms HL 09:30 OppieKoppie Seniors HL 10:30 Seniors@Midstream 18:45 Selindeling HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream

Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan (Gebed vir gesinne) 09:00 KB Spanbou: Gesinspret MS

06       Sondag 07       Maandag 08      Dinsdag 09      Woensdag 10     Donderdag 11       Vrydag 12      Saterdag Weektema 4: Ons huis in die huwelik Doop: 12:00 HL; 08:00 & 10:00 MS 18:00 Aanddiens Midstream

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL 19:00 Huweliksweek HL & MS

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 19:00 Huweliksweek HL & MS

Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 19:00 Huweliksweek HL & MS 19:00 Gebed@Midstream

Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan (Gebed vir huwelike) 09:00 Manne & Vroue Ontbyt

13       Sondag 14       Maandag 15      Dinsdag 16     Woensdag 17      Donderdag 18       Vrydag 19       Saterdag 08:00 & 10:00 Gesinseredienste HL & MS Weektema 5: Ons luister mekaar raak Geen kindereredienste Geen Tienerdienste 18:00 Aanddiens Midstream

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Bemagtigingsgeleentheid: gesinne HL & MS

Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 09:00 MaMs byeenkoms HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream

Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding - OpvolgHL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 08:00 SingleSonderMure 19:00 Belydenisaflegging HL

07:00 Gebed@Hippolaan (Gebed vir gesinne)

20       Sondag 21       Maandag 22      Dinsdag 23     Woensdag 24     Donderdag 25       Vrydag 26      Saterdag Weektema 6: Ons leef mekaar raak 18:00 Aanddiens Midstream

19:00 Veritas HL

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL

Midstream Skool Sluit Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream

Erfenisdag

Skole Vakansiedag Gebedskamp HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan Gebedskamp Hl & MS

Doopregistrasie vir Okt sluit

27       Sondag 28       Maandag 29       Dinsdag 30     Woensdag Weektema 7: Strategie vir huis wees Geen kindereredienste Geen Tienerdienste Gebedskamp HL & MS 18:00 Aanddiens Midstream

10:00 GriefShare MS

09:00 Snr Oefeninge HL

16    Hartklop l  Julie/Augustus

19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream

2015

www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     17


Dagboek

18    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     19


Voetspore

KERK OP WIELE SELGROEP MAAK ‘N VERSKIL Melanie Fock

Ons klein groepie Kerk op Wiele geesdriftiges het op 25 en 26 April 2015ʼn uitreik gehad na Huis Silwerblaar in Waterval Boven.

keen klou daardie pakkie vas want dis kosbaar vir hulle. Daar was vir elkeen ʼn heerlike bordjie ham en -kaastoebroodjies, frikkadelle, worsies en ook droë wors om aan te peusel terwyl daar gekuier word.

Ons het Saterdagoggend vergader by kerksondermure en saam op ons ysterperde vertrek na Waterval Boven, maar darem eers gestop vir ontbyt en om ons maters te ontmoet wat in Middelburg woon. By die Kiepersol-oord aangekom was daar ook groot blydskap aangesien ons hier al ou bekendes is. Net gouʼn lafenis gedrink en toe is ons na Kaapse Hoop vir die namiddag. Ons was so gelukkig om die wilde perde daar in die dorpie te kry, want dis tog waarom ons almal Kaapse Hoop besoek. Ons het heerlik saam gekuier die aand met braaivleis en krummelpap en grappe vertel tot laat in die nag. Almal het rustig geslaap aangesien die gekabbel van die water in die rivierʼn mens so rustig maak en saggies na droomland voer . Sondagoggend is ons vroeg uit die vere, want daar moet ontbyt gemaak word en koffie moet op die stoof kom. Kiepersol hetʼn heerlike boerekombuis met genoeg spasie vir almal om in te pas en te klets oor ditjies en datjies. Dit was die manne se beurt om ontbyt te maak, terwyl ons dames die toebroodjies gemaak het wat saam moes gaan vir die oupas en oumas by die tehuis. Heerlike sagte witbrood ,soos wat Heidi van die berge altyd vir ouma in haar kas gebêre het. Ander snoep eetgoedjies is ook ingepak aangesien ons hulle behoorlik wou bederf.

KOW het geestelike liedere vir die bejaardes gesing, want die oumas en oupas geniet sing tog so baie. So tussen die liedere sing, kuier ons ook saam en vertel van ons lewe hier in die groot stad en luister na hulle verhale van goue jare lankal reeds verby. Ons het nie vergeet van die brose oues in die siekekamer nie. Ons dierbare tannie uit Poland is steeds nie beter nie en Phillip het vir haar voorbidding gedoen en oom Boet is ook nie gesond nie: kanker neem maar sy tol en die liggaam is swak en gaan gebuk onder die aanhoudende aanvalle. Maar ten spyte van die seer is daar steedsʼn glimlag op die mond en blink hulle oë nogsteeds wanneer ons kom kuier. Hierdie uitreik was kos vir ons siele. Daar is geen groter geskenk as liefde nie. Jesus het ons almal beveel om mekaar lief te hê, en dit wasʼn voorreg om hierdie kosbare oumas en oupas te bedien met liefde.  k

Ons het 10:15 by die ouetehuis aangekom en is daar deur al die vrolike, gekreukelde gesigte met blink ogies verwelkom. Ons het vir elke inwoner in die huisʼn bederfpakkie gekoop met lekkernye in wat ons as alledaags beskou, soos onder andere Marmite, kaasmeer en Provitas. Maar vir hierdie dierbare mensies is dit luukse bederf wat hulle nooit kry nie. Sulke klein dingetjies wat ons as vanselfsprekend aanvaar is vir hulle ʼn hoogtepunt en el-

20    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


Voetspore

Fokus ek op die dinge daarbo?

Christo Venter

Kol 3:2 - “Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie” Ek sit op my bed en by die voetenend sit ‘n Boeddhistiese monnik wat pas tot bekering gekom het en lees vir ure hardop Bybel in sy taal. Aan die ander kant sit 5 kerkleiers met hulle Veritas boeke oop en bespreek Kolossense in diepte. Ek hoor niks van die preek wat ek op my foon probeer luister nie, maar wat ‘n voorreg! Toe ek onlangs vir ‘n tyd saam met Veritas College in Asië gewerk het, het ek vir ongeveer twee weke beleef wat dit is om kerk te wees. Ek het geleef en geleer saam met kerkleiers van ‘n baie onderdrukte kerk in ‘n Boeddhistiese land. In dié tyd kom die seuntjie, wat ons elke dag 5 keer met tee of water bedien het, tot bekering. Toe ek hom vra hoekom, antwoord hy eenvoudig: dit wat ek in julle lewens gesien het. In die twee weke het dit nooit gevoel of die fokus binne die groep was nie, maar eerder op die onbereiktes wat nog nie vir Jesus ken nie. Van die taxi bestuurder/dominee wat elke persoon wat hy rondry, sien as ‘n geleentheid om die koninkryk uit te bou tot die 40-jarige wat met trane in sy oë bid en vertel van sy ma wat tot bekering moet kom, is hulle konstant gefokus op die “dinge daarbo”!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     21


Voetspore

Laat jou Hart Klop vir Getraumatiseerde Kinders Die kinderhuis huisves sowat 180 sorgbehoewende, getraumatiseerde kinders wat deur die hof daar geplaas is. Daar is sestien huise op die terrein wat elk tussen 10 en 15 kinders huisves. Die kinders se ouderdomme wissel van 2 tot 18 jaar. Vir elke huis is daar ‘n kinderversorger aangestel. Die kinderversorger woon in ‘n woonstelletjie wat aan die huis verbind is. Ons wil jou graag uitnooi om saam met ons ‘n besoek aan die kinderhuis te bring. Wil jy dit nie biddend oorweeg of die Here jou wil gebruik om ‘n verskil in ‘n kind se lewe te maak nie?" As God jou lei om op enige manier by die kinderhuis ondersteuningsgroep betrokke te raak (of inligting oor hul beplande besoeke verlang), kontak gerus vir Johan of Annetjie Meyer (653 7097; 082 772 5490 of Annetjie 082 979 9253) of stuur vir hul ‘n e-pos by johanme@xsinet.co.za.  k

Johan en Annetjie Meyer en ‘n groepie geroepenes is reeds die afgelope 25 jaar by die Abraham Kriel kinderhuis in Modimolle (Nylstroom) betrokke. "Die Here het ons lewens verander sodat ons nie meer vir onsself geleef het nie, maar vir die passie in ons lewens, die kinderhuis en sy inwoners. Die Here was nog altyd getrou en het voorsien in alles wat ons nodig het om ‘n verskil by die kinderhuis te maak. Wat so wonderlik is, is dat Hy by soveel geleenthede en mense na ons toe gestuur het, vir ‘n spesifieke tyd en ‘n spesifieke taak. Ons spannetjie is aktief betrokke by huis Bauhinia, 'n dogtershuis, waar ons probeer om 'n Christelike impak in hul lewens te maak wat vir hulle 'n gesonde fondasie buite die kinderhuis omgewing sal gee. Ons probeer ook om vir hulle 'n huis te gee wat soos ons huise lyk. Ons kamp jaarliks in Oktober by die Kinderhuis en het altyd een of ander projek waar ons die kampeerders (en mense wat net vir die dag kom) besig hou en laat voel dat hulle ‘n wesenlike verskil kom maak het. Hierdie mense gaan terug en word getuies en kinderhuisvriende. Vanjaar se kampnaweek vind van 16 tot 18 Oktober plaas. Ons verskaf die naweek se etes teen ‘n nominale bedrag. Kontak ons asb. voor 30 September as jy wil saam kamp. Omdat een van ons doelwitte is om ‘n verhouding met ons dogters te bou, probeer ons ‘n maandelikse besoek aan hulle bring en om dinge saam met hulle te doen.

22    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


Merkwaardighede uit die Woord

Ons (huis) gesin se verhouding met God

Daar moet ‘n kind of Algemene opmerkings: Wat is ‘n gesin? is. Dus ‘n pa en ‘n ma en kinders by wees voor dit regtig ‘n gesin ‘n kind of kinders, of net ‘n kind of kinders? Of dalk net ‘n ma met ‘n pa? d wees in ‘n gesin. Die Verder sal die ouer(s) se leiding beslissen invloed op die kinders ouer(s) is die rolmodel(le). Sy/haar/hulle deur dit wat hulle sê. is dalk sterker deur dit wat hulle doen as ef, kan die ouer(s) se Wat die gesin se verhouding met God betr dit nie altyd waar nie. voorbeeld beslissend wees. Gelukkig is Die een kan die Here Kinders het ook hulle eie oorspronklikheid. “wegraak” – ongeag die met oorgawe dien en die ander een kan ouer(s) se verhouding met die Here.

Adrio König

ouding met God word Wie is God? ‘n Mens en ‘n gesin se verh wat jy oor Hom glo. beslissend bepaal deur wie Hy is, deur dit se behoeftes voorsien, As jy God sien as die een wat in die gesin ag – gesondheid, beas jy hom dien oor wat jy van Hom verw , gaan jy geloofsprowaring, voorspoed, hulp in jou behoeftes spoed het, as dinge bleme ontwikkel as dit sleg gaan, as jy teen verkeerd loop. gered het, jou sonde Maar as jy Hom sien as die een wat jou jou die voorreg gegee vergewe het, jou in sy diens geneem het, die geleentheid gegee het om jou kind(ers) na Hom te lei, jou of te beteken, gaan jy het om in sy Naam vir ander iets te doen om Hom te dien. met oorgawe geleenthede soek (én kry)

r hierbo ter sprake was. Dien God jou, sdiensbele- Wie dien wie? Dis wat klaa god ons van deel ke ngri bela ‘n is Kerkgang: Dit dien, gaan jy op pad wees, uit dankgoeie ge- of dien jy Hom? As jy Hom ‘n altyd nog dit is te, oon gew ‘n net dit wing. Selfs al is vir jou gedoen het (verlossing, ensoby die kind baarheid vir wat Hy klaar ig regt e eent gem ons in (s) ouer die ament die God van die weduwees, woonte. En as se lewe ‘n voorts). Hy was in die Ou Test kind die in gang kerk gaan is, okke linge, die drie groepe wat die se kinderkerk betr ur het, die weeskinders en die vreemde gebe daar wat oor a uitvr kerk ná a pa/m As groot rol speel. Hy jou God is, gaan jy op pad wees na en die kind slegste af was in Israel. As ur gebe gaan wat nd uitvi af voor k wee in ons samelewing, geestelik of as pa/ma in die dalk nie die mense met wie dit sleg gaan gaan kind Die rde. waa t groo dit het i, jou.  k daarop voorbere   liggaamlik – en jou kind(ers) saam met ouer die vir nie dit as neem tig erns die kinderkerk kinderbelangrik is en bespreek word nie. Leer die liedjies en sing dit in die motor.

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     23


Kinderkurrikulum

Tiesie de Coning

Kraakvars Kwartaalkurrikulum vir Kinders Die kinders van kerksondermure is in 2015 op ‘n opwindende ontdekkingsreis. Dié klein ontdekkingsreisigers het in die eerste semester skatte in hulle verhouding met God ontdek. Hierdie kwartaal is die klem op: EK EN MY HUIS. Daarom is dit heel gepas dat elke erediens met die temalied: “Ek en my huis, ons sal die Here dien!” uit volle bors begin. Die kwartaaltemas word dan ook op ‘n hoogtepunt afgeskop met ons Hartklopfees met Willie en die Wenspan! Vandaar volg: •  IN ONS HUIS…sien ons mekaar raak. •  IN ONS HUIS…seën ons mekaar. •  IN ONS HUIS…bid ons vir mekaar. •  IN ONS HUIS…luister ons na mekaar. •  IN ONS HUIS…leef ons in liefde met mekaar. Ons ontdek hierdie kwartaal die oë van Naäman se vrou se slavinnetjie en leer hoe sy Naäman se nood in haar splinternuwe huis raakgesien het. Haar “sien” het Naäman na Elisa gestuur wat hom, tot sy verbasing, nie wou sien nie. Naäman se genesing het hom egter daarvan oortuig dat God hom sien en sy oë oopgemaak het om die ware God raak te sien! Ons kinders maak ook ‘n draai by Markus 10 waar Jesus die kindertjies seën. Ons leer hoe om ons huismense te seën en vanuit God se seën in ons huise te leef. Lewens en huise verander waar huismense mekaar begin seën. Kinders leer op ‘n praktiese

24    Hartklop l  Julie/Augustus

wyse hoe om hul huismense te seën, sodat God huise kan transformeer wat eggo: “Ek en my huis, ons sal die Here dien.” By Samuel ontdek ons dat sý luister by sy ma, Hanna, se luister na God begin het. Hanna luister en wy haar seun, Samuel, aan God toe. Elkana luister en gee sy toestemming, sodat ook Samuel luister en in die tempel gaan woon. Samuel luister na God se roeping: “Spreek, Heer, u dienskneg luister.” Mag ons in ons huise luisterryk leef en die lewe onomkeerbaar vir elkeen verander! As ons in ons huise mekaar sien, na mekaar luister en mekaar seën, dan wil ons ook vir mekaar bid. Ons kyk egter in die spieël om vas te stel hoe ons harte moet lyk wanneer ons bid en ontdek die tollenaar en die Fariseër se verhaal. Hieruit leer ons hoe om vir ons huismense te bid, sodat ons gebed ‘n aangename geur voor ons Vader kan hê. In ons huis leef ons ook in liefde met mekaar! Ons maak ‘n draai by Rut, Orpa en Naomi. Ons leer by Rut en Naomi onvoorwaardelike liefde – hulle het mekaar sowaar raakgeleef! In hulle “nuwe” huis saam met Boas, ontdek ons dat ons mekaar kan raakleef, as ons ons Losser raakleef! Mag Jesus Christus, ons Verlosser, ons leer om mekaar in liefde raak te leef! Ons gebed vanuit kinderssondermure is dat kinders én ouers volmondig kan saamstem: “Ek en my huis, ons sal die Here dien!”  k

2015

www.kerksondermure.org


Visie 2015+

Midstream Visie 2015+ 300 (2015)

200

150

Deelnemende gesinne aan Visie 2015+

Visie 2015+ inkomste vanaf Februarie tot Mei 2015: R1,7m Uitstaande skuld op Midstream gemeentesentrum: R1,6m 200 gesinne gooi hulle gewig by Visie 2015+ Ons nalatenskap: ‘n kerk vir vandag én môre! Baie dankie vir elke bydrae! Beleef die Midstream Storie en volg Midstream Visie 2015+ op www.kerksondermure.org

5 100 000

Skuld tenvolle vereffen

3 500 000

Skuld reeds gedelg tot 31-05-2015

1 070 000 Geloofsfondsverbintenis bydraes reeds ontvang

Ons harte jubel en juig oor ons Vader se voorsiening om sy kerk te vestig en uit te brei, sodat koninkryksbouers in en vanuit kerksondermure Midstream God se koninkryk oral met blydskap kan laat kom. Ná ‘n geloofsverbintenis-Sondag waarin gemeentelede uitgedaag is om hulle harte en beursies oop te maak, sodat gemeentelede kan bydra om die skuld op die Midstream gemeentesentrum te delg, het die Here die sluise van die hemel oopgemaak en storme van seën laat reën. Ons dank Hom vir R1.7 miljoen wat bygedra is en 200 gesinne wat tot op datum aangedui het dat hulle hul gewig by Visie 2015+ gooi om God se droom te laat realiseer om kerk vanuit Midstream te wees. Die totale skuld op ons Midstream gemeentesentrum is nog net R1.6 miljoen. ‘n Groot, groot DANKIE diep uit ons harte vir elkeen wat blymoedig en ruimhartig bydra.

Ons beleef heerlike momentum in al die fasette van gemeentewees en put oorvloedige vreugde uit ons kerkwees. Ons nooi dus ook al ons nuwe lidmate en lidmate wat nog nie deel van Visie 2015+ is nie om hulle te skaar by ‘n kosbare stukkie nalatenskap: ‘n kerk vir vandag én môre! Ons is dus op pad – op pad saam met God – en ingesluit in die wedstrydplan waar ons oefen om die wedloop só te hardloop dat ons nie geestelik moeg word en uitsak nie, maar ons oog op Hom, die Voleinder van ons geloof, gevestig hou. Ons werk ywerig mee om God se droom vir hierdie wêreld te laat realiseer. “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel…”  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     25


Midstream

Aanddienste vir kerksondermure Midstream

Fanie Venter & Tiesie de Coning

Wat ‘n voorreg om iewers in jou leeftyd die totstandkoming, groei en ontwikkeling van ‘n nuwe gemeente te beleef! Vir Midstream kerksondermure is daar ‘n skatkis vol onthou-jynog’s! •  Onthou jy nog die vergadering in Midstream College se ou  ditorium toe ons vir die eerste keer oor ‘n NG gemeente in   Midstream gesels het? •  Onthou jy nog die dag toe ons twee, later drie, tente staange  maak het en met kortbroeke kerk gehou het, omdat die    hoogsomer onmenslik warm was? •  Onthou jy nog die dag toe ons die eerste sooi vir ons nuwe   gemeentesentrum gespit het? •  Onthou jy nog ons eerste erediens toe die reuk van bouma  teriaal nog in die lug gehang het en die matte kraakvars was? •  Onthou jy ons onvergeetlike eerste potjiekos-kuier en ge  meentefees…? Eersdaags gaan ons nóg ‘n onthou-jy-nog by ons ander kosbare herinneringe kan voeg: die onthou-jy-nog van ‘n eerste aanddiens! Midstream kerksondermure se eerste aanddiens skop af op Sondag, 26 Julie, om 18:00. Die klemverskuiwing is dat die Tienerdiens nou ook enige ander persoon wat dié diens wil bywoon, in ‘n aand-erediens wat om 18:00 vir ieder en elk sal plaasvind, verwelkom. Ons koester dus een van kerksondermure se waardes: verskeidenheid – wat in hierdie diens behoorlik vlerke gaan kry! Die predikers wat tydens die aand-erediens sal optree, is predikers uit ons tiener- sowel as volwasse preekspan. Die musiekbedieningspan is dus ook ‘n opwindende mengsel van musikante uit ons volwasse - én tienermusiekbedieningspanne. Moet dus nie ons aand-eredienste misloop nie – daar is ongetwyfeld iets vir elkeen! Die afskop van die aanddienste bring egter uitdagings en implikasies vir die gebruik van ons lokale en daarom word die tydgleuwe as volg aangepas:

26    Hartklop l  Julie/Augustus

Ons Gr. 7’s en hul ouers, asook die Gr. 11’s, sal om 17:00 – 18:00 vir die Gr. 7-erediens vir kinders én ouers van Gr 7’s in Lokaal D byeenkom, terwyl die Gr. 11-groepe in lokale B & C sal vergader. Die aand-erediens, vind om 18:00 – 19:00 in die ouditorium plaas. Tienergroepe vir Gr. 8 tot 10 leerders vind direk na die aanddiens om 19:00 – 19:45 in die Ouditorium en lokale A, B, C, D plaas. Tieners moet dus daarop let dat vanaf 26 Julie die aanddiens die groepe vooraf sal gaan. Opsommenderwys: Tydsgleuf

Byeenkoms

Lokale

17:00 - 18:00 Gr. 7 eredienste

Lokaal D

Gr. 11 belydenisklas 18:00 - 19:00 Aanddiens

Lokale B en C Ouditorium

19:00 - 19:45 Gr. 8-10 Tienergroepe Ouditorium, A, B, C en D Ons gebed is dat ons aand-eredienste in en vanuit Midstream kerksondermure ‘n dienende geloofsgemeenskap sal stig wat met blydskap die koninkryk van God oral sal laat kom!  k

2015

www.kerksondermure.org


Social Upliftment Services begin vlerke sprei Vroeg in Meimaand is Social Upliftment Services tydens ʼn ontbyt aan Centurion se sakelui bekendgestel. Prof. Stephan Joubert was die gasspreker wat op sy kenmerkende wyse almal aan die dink gesit het oor die behoeftes in ons omgewing. Hannes van Aswegen het kortliks oor Social Upliftment Services uitgewei en die gaste, waarvan sommige projekleiers was, het lekker saamgekuier en hande is oor en weer gevat om die toekoms van ons stad te verbeter.  k

Gaan loer na dié nuwe webwerf! 100% of all funds donated goes to Social Upliftment Services projects www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     27


Beskerm jou geliefdes & help ander Selfs as jy nie meer daar is nie

Kontak gerus die Netwerk vir Lewe Sentrum by 012 663 1610 of testamente@ksm.co.za vir enige navrae of inligting oor testamente. 28    Hartklop l  Julie/Augustus

2015

www.kerksondermure.org


Preekrooster

PREEKROOSTER  Julie 2015 5 Julie

Hippolaan

12 Julie

19 Julie

26 Julie

08:00 André Viljoen

Allen Baatsen

Adrio König

Fanie Venter

André Viljoen

Allen Baatsen

Adrio König

Fanie Venter

10:00

18:30 Stephan Joubert

Annelize de Wet Stephan Joubert

Colin Smith

Tieners@Hippolaan 17:30

Midstream

Geen

Geen

Geen

Geen

Adrio König

Christo Woite

Colin Smith

Herman de Kock

Adrio König

Christo Woite

Colin Smith

Herman de Kock

-

-

-

Doop

08:00

10:00

18:00

Annelize de Wet

Tieners@Midstream 17:00

Geen

Geen

Geen

Geen

* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander.

Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure

Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor

Na-ure predikant op roep: 083 489 0180

Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480

Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.