Hartklop maart 2014

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Maart 2014  Uitgawe 92


Inhoud

Fokus 01

Redaksie - Het die gesin steeds waarde in vandag se lewe

02

Gesinne in Fokus

02

Preekreeks: die grondwet van die Koninkryk

03

Merkwaardighede uit die Woord

22

Deel van ABBA se familie

04

Gebedsfokus: Doel van Gebedsbediening

24

Voetspore se RaakVatReis

05

Gesinne wat bid

06

Dienswerkers: Gesinne wat gee

07

Toerusting: maniere om gesinne gesond te hou...

My Voetspore Dagboek

Stories 03

Jeugwerker, Allen Baatsen

12

Nuwan leef

18

Boeta

26

Belydenis van geloof in 2014

27

Gesinne met tieners word deel van UBA!

08

My Kind en Tegnologie

09

Ouer en Kind Boogskiet kamp

10

Flooze ‘kommin’ dames tee

21

Veritas • Bybelinterpretasie kursus

28

Nuut: Kuria - vroue wat dien

Algemeen 01

Preekrooster

04

Sê jou sê... Deel jou storie

10

Wat beteken dit om man te wees vandag?

14

Kalender - Maart & April

16

Kinderbediening: Huisreëls

17

Kinderbedienig registreer aanlyn

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204 / francois@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205 / design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org  e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Loof Luister Leef  Twitter: @kerksondermure1 Na-ure Predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor


Redaksie

Het die Gesin steeds   waarde in vandag   se lewe….? Talle teoloë is doelgerig besig om navorsing te doen oor die herstel van gesinne as die belangrikste kleingroep of selgroep in die gemeente en die gemeenskap. Die gesin is die kleinste verbondseenheid en word beskou as die beginpunt van geloofsopvoeding. Die gesin is ook die sisteem wat geloofsgroei bewerkstellig én onderhou as dit gesond en in plek is. Vanuit die gesin kan die evangelie en geloofsopvoeding na die res van die gemeente, gemeenskap én die wêreld plaasvind. Die passie van gesinsbediening is om ander in die gemeente en in die gemeenskap, die koninkryk van God te bedien. Maar om die mens as dienaar van Christus te ontwikkel, is gesetel in die hart van die gesin. In hierdie maand se tydskrif werp ons lig op die kernbelangrikheid van ‘n gesin. Fanie (ons Gemeente Leierpredikant) plaas die Gesin in hierdie uitgawe in fokus. Hy vertel bietjie meer oor die verstaan van die Gesin. Dit is uiters noodsaaklik dat jy die Gesin reg verstaan anders kan hierdie hele uitgawe na ‘n klomp stories klink. Fanie verklap ook so ietsie oor ons tweede preekreeks wat in Maart begin nl: “Die grondwet van die Koninkryk”. Tiesie de Coning (ons Gemeenteleier: Kinders) vertel oor gesinne wat saam bid. Die Engelse gesegde lui: “Families that pray together, stay together.” Sy is van mening dat families wat vir mekaar en saam met mekaar bid, is vir seker een van die heerlikste voorregte van familie-wees. Hierdie is ‘n moet lees artikel! Oom Adrio König verduidelik die rolle van gesinslede en onderstreep sy stellings uit die Woord. Hy deel ook ouder gewoonte ‘n klomp interessanthede soos net hy kan.

Christo Woite (ons Gemeenteleier: Verhoudingsgroepe) verduidelik die gebedsfokus vir 2014 en Annelize de Wet (ons Gemeenteleier: Tieners) vertel meer oor die kerksondermure tienergesin. Maak seker jy mis nie een van ons gesinsfokus artikels hierdie maand nie, hulle is almal vir die hart bedoel. Veral die een van Colin Smith (ons Gemeenteleier: Voetspore): hy gee al die nuutste inligting oor die 2014 Voetspore RaakVatReis waar ons meer van onsself, van mekaar en van ander gaan ontdek…. Carl du preez fokus op maniere om die gesin gesond te hou. Dit is 'n eenvoudige maar 100% in die kol benadering. Kyk gerus ook na die dagboekinskrywings van nuwe opkomende geleenthede, spesiaal vir jou en die gesin om saam te groei. Daar is ook besonderse getuienisse en stories van jou kerksondermure gesin, wat nie op hulle laat wag nie… ‘n Gesin wat besig is met die dinge van sy Koninkryk. Maak asb. laaste ‘n draaitjie by die kalender in die middel van die tydskrif vir al die nuutste datums en gebeure en sommer ook by die Maart preekrooster met al die predikers vir Maartmaand. Dit is werklik ons gebed dat jy die waarde van jou Gesin in hierdie uitgawe sal herontdek en dat jy dit nooit weer sal afskeep nie…

Francois

Lekker lees tot volgende maand….

PREEKROOSTER  •  Maart 2014 2 Maart

9 Maart

16 Maart

23 Maart

30 Maart

6 April

Hippolaan                                     08:00

Christo Woite

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Annelize de Wet

Adrio König

10:00

Christo Woite

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Annelize de Wet

Adrio König

18:30

Colin Smith

Christo Woite

Stephan Joubert

Stephan Joubert

Adrio König

Colin Smith

Tieners@Hippolaan             17:30

Midstream

Annelize de Wet

Stefan Campher

-

-

-

-

08:00

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Stephan Joubert

Christo Woite

Christo Woite

10:00

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Stephan Joubert

Christo Woite

Christo Woite

-

-

Tieners@Midstream 17:00

Meiring de Wet

Annelize de Wet

-

www.kerksondermure.org

-

Hartklop  l  Maart 2014     01


Gesinne in fokus

Gesinne in

fokus

Die fokus van ons blad is hierdie maand: gesinne. Ek het pas die woord “gesinne” getik, toe besef ek dit het nodig geword dat die term verduidelik moet word. Die tradisionele idee van 'n gesin, waarmee baie van ons nog leef, is dié van 'n sogenaamde kerngesin. So 'n gesin bestaan uit 'n pa, ma en een of meer kinders. Hierdie prentjie van 'n gesin is lankal nie meer die mees algemene manier waarop gesinne bestaan nie. Volgens onlangse navorsing word die gemiddelde kind in die Suid-Afrikaanse samelewing deur sy of haar ma in 'n enkelouer-gesin opgevoed.

Wanneer 'n mens in ag neem dat meer as veertig verskillende tipes gesinne al geïdentifiseer is, is dit dalk raadsaam om 'n gesin nie te probeer definieer in terme van hoe die gesin lyk nie, maar eerder in terme van wat die gesin doen. Wat gesinne doen, is hulle gee om, beskerm en gee liefde. Gesonde gesinne lei tot 'n gesonde gemeenskap. Ek lees onlangs dat daar ongeveer 10 boeke per dag oor ouerskap gepubliseer word. Ten spyte daarvan lyk dit nie asof ons dit regkry nie. In skole word erg gesukkel met dissipline. Dwelmmisbruik en geweld onder jongmense skiet die hoogte in. Hoe nou gemaak om ons gesinne gesond te kry? Wie se verantwoordelikheid is dit om God se beginsels van leef vir ons kinders te leef? In die verlede het kerke en skole die verantwoordelikheid geneem of is dit deur ouers op hulle afgeskuif. So het die geloofsonderrig (geloofsvorming) van ons kinders primêr die verantwoordelikheid van die kerk geword. Hierin het die gesin dan 'n ondersteunende rol gespeel. Ek is oortuig dat die Bybel se manier anders is: ouers eis die verantwoordelikheid om hulle

Fanie Venter

kinders vir die Here groot te maak, terug. Die kerk se rol hierin is die bemagtiging en ondersteuning van ouers vir hierdie taak . Die kerk moet help dat ouers toegerus word om gesonde verhoudings in die gesin te bou. Die harmonie tussen ouers en ook ander lede van die gesin is byvoorbeeld een van die sterkste faktore in die bou van verhoudings. Die gesin, ondersteun deur die kerk, is die primêre ruimte vir die vestiging van waardes. Die opbou van gesonde gesinne begin waar waardes in die gesin oorgedra word. Die eerste en beste plek waar 'n waardestelsel aangeleer en ingeoefen word, is die gesin. As kerksondermure streef ons daarna om 'n vernuwende impak op ons gemeenskap te maak. Daarom is die gesond word en wees van gesinne vir ons 'n prioriteit. Bid, dink en praat asseblief saam met ons oor hoe ons hierdie uitdaging effektief saam met die Here kan aanpak.  k

Preekreeks: Die grondwet van die Koninkryk

Ons is in die derde maand van 2014 – die derde maand van ons “Ken Jesus, leef Jesus” jaar. Ons eerste reeks (Ken Jesus saam met....) is pas agter die rug. Almal wat deel was van die voorbereiding, oordra en belewenis van hierdie reeks getuig van groot seën. Ons is amper jammer dat dit so gou verby is. Een van die waarhede wat ons in hierdie tyd ontdek het, is: om Jesus te ontmoet en te leer ken, beteken altyd dat jy voor 'n beslissing gestel word. Jesus is nie besig om vir Hom 'n skare bewonderaars bymekaar te maak nie. Hy is konstant besig om volgelinge te roep. Mense wat saam met Hom stap, Hom intiem leer ken en in gehoorsaamheid leef soos Hy vra. Dit is waarop ons in hierdie reeks gaan fokus – op wat Jesus vra. Met die bergpredikasie (ook bekend as die grondwet van die koninkryk) as maatstaf gaan ons kyk na gehoorsaamheid, 'n lewe volgens God se standaard en verhoudings op God se manier. Kom gee saam met ons die volgende treë op die reis waarop ons saam ontdek wie Jesus is en wat Hy vra.  k

02    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Merkwaardighede uit die Woord

Die Christelike familie

Man en vrou

In 1 Korintiërs 7:2-5 skryf Paulus oor die huwelik. Die merkwaardige woordspel man-vrou sê vir ons dat man en vrou in die Adrio König Nuwe Testament op dieselfde vlak in die huwelik ingaan, en die vrou nie langer die besitting van die man is oor wie hy al die sê het nie. Hulle twee het volgens verse 3-5 presies dieselfde verantwoordelikheid teenoor mekaar. Terwyl die man vroeër oor die vrou beskik het, moet hulle nou aan mekaar onderdanig wees (Ef 5:21). Hulle moet nie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming (1 Kor 7:5). Dis totaal nuut in terme van die Ou Testamentiese alleenreg van die man.

Soms lei mense uit Efesiërs 5 af dat die man tog nog, soos in die Ou Testament, die gesag oor sy vrou het. Dit is egter waarskynlik ‘n misverstand. Paulus is nie besig om maar net die man se gesag oor die vrou te herbevestig nie, maar om dit radikaal te verander. Hy moet Christus se voorbeeld volg. En Christus, ons Hoof, het ons juis kom dien! (vers 23) En die vrou moet ophou met haar slaafse onderdanigheid aan die man. Sy moet aan hom onderdanig wees soos teen die Here, wat alles behalwe ‘n slaafse onderdanigheid is, en wat presies dieselfde onderdanigheid is wat hy ook aan haar moet hê (vers 21). Ouers en kinders

Ouers het ‘n liefdesgesag oor hulle kinders. “Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie” (Kol 3:20). “Maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here wil” (Ef 6:4). Lyfstraf is “normaal” in die Bybel, maar dan in die gees van liefde. Moenie jou kind slaan as jy kwaad is nie. Wag tot jy net so seer kry soos hy of sy. Kinders moet hul ouers gehoorsaam. As ‘n ouer ‘n kind gehoorsaamheid leer, sal die kind later ook aan die Here gehoorsaam wees as die Here met hom of haar praat. k

Welkom

Jeugwerker, Allen Baatsen Waar om te begin. Ek is Allen Baatsen, 'n 5de jaar teologiese student van die Universiteit van Pretoria. Ek het hier in Centurion grootgeword, waar ek in 2008 by Hoërskool Zwartkop gematrikuleer het. Het van klein tyd saam met die familie tennis leer speel, en later hokkie ook as sport opgeneem. Vandag geniet ek nog so af en toe die gereelde tennisspel saam met vriende. My geloofspaadjie het ‘n hele paar jaar gelede op skool begin met ‘n diep worsteling tussen dit wat ek in die Woord gelees het en wat ek in die mense om my raakgesien het – kon nie weg kom van die idee dat daar iets meer is aan wat dit beteken om ‘n Christen te wees nie. Die Here het ‘n ongelooflike passie vir sending binne my los gemaak, om iets van die Woord van Lewe wat ek begin begryp het, met ander te deel. Dit is seker die ding wat my die meeste opgewonde maak, as iemand iets van die lewe wat ons het in Christus begin snap. My hart klop vir die koninkryk, en probeer ek die evangelie te “beliggaam”, om dit 'n tasbare deel te maak van elke aspek van my lewe. Voor my teologiese studies het ek 'n jaar sending opleiding gedoen, wat 'n groot impak op my geloofsuitkyk gevorm

het. Op universiteit was ek aktief betrokke op die Sendingkomitee asook 'n inbly bediening in die middestad van Pretoria, Intentional Living, waar ons Jesus op 'n radikale manier probeer uitleef het. Ek is tans in 'n baie mooi diep verhouding met Danette Verwoerd, wie se eie passie en liefde vir die Here my soms in bewondering laat staan. Ek is rêrig baie opgewonde oor die geleentheid as jeugwerker hier by kerksondermure, en is dit vir my 'n voorreg om saam met die bedieningspan te kan leer en die tieners te bedien. Die Here werk maar op snaakse maniere, en weet ek nie hoe my passie vir sending inpas met die tienerbediening nie. Tog is ek opgewonde want ek weet tieners is op daardie plek van vrae vra, waar hul begin erns maak met dit wat hul glo. My hoop is dat die Here my op een of ander manier sal gebruik om kleur by die tieners se stories te voeg.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     03


Gebedsfokus

Christo Woite

DOEL VAN GEBEDSBEDIENING

Gebede het in kerksondermure se geskiedenis nog altyd 'n baie belangrike rol gespeel. Klein groepies bidders het volhardend na die wil van die Here gesoek en 'n groot impak op die gemeente se lewe gehad. Ons opregte dank aan almal wat die Here en die gemeente dien met hulle gebede. Gebed is die vernaamste deel van ons dankbaarheid en God wil sy genade en Heilige Gees gee aan hulle wat met hartlike versugtinge en sonder ophou daarom bid. So leer ons belydenisskrifte ons. Die hele Bybel kan tuisgebring word onder die drie hoofde nl., sonde, verlossing en dankbaarheid. Eers moet jy verstaan hoe groot jou sonde en verlorenheid is. Dan moet jy ontdek wie jou van jou sonde kan verlos, naamlik Jesus Christus. Vervolgens moet jy jou dankbaarheid vir jou verlossing gaan uitleef. Dit is onrealisties om te verwag dat mense 'n aktiewe gebedslewe sal hê as hulle nie ernstig aandag gee aan hulle dankbaarheid nie. Mense wat bid is in verwondering oor hulle verlossing en God se groot genade.

van die Here leef. 'n Aktiewe gebedslewe is 'n baie vervullende geestelike ervaring. 'n Verstommende voorreg om in direkte kontak met die Here te wees. Gebed is nie net iets wat mense beoefen wat 'n meditatiewe en kontemplatiewe aanslag het nie. Gebed kan beoefen word deur alle persoonlikheidstipes. Dit is 'n verantwoordelikheid wat op elkeen rus en moet deel wees van ons geestelike dissipline. Ons rig 'n ope uitnodiging aan lidmate om op die gebedsbediening te kom dien. Die gebedsbediening gaan georganiseer word in taakspanne wat aan bepaalde projekte gaan werk. Ons wil ons beywer om inligting deur te gee, gebedsgeleenthede te organiseer en gebedspraktyke te vestig. Ons wil gebed in huishoudings terugbring en gesinne help om gebed te waardeer en te beoefen. Ook in al die bedienings en eredienste wil ons behulpsaam wees om gebed tot sy reg te laat kom. Dankie aan almal wat reeds saamwerk aan die ideaal om kerksondermure 'n biddende gemeente te maak.  k

Die gebedsbediening wil lidmate help om hul dankbaarheid teenoor God uit te leef. Die beginpunt is gebed. Vanuit jou gebedsverhouding met die Here kan jy in die teenwoordigheid

Sê jou sê... Deel jou storie... Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor!

04    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Gesinne wat bid

Tiesie de Coning

Gesinne wat bid, is gesinne wat gee. Die Engelse gesegde lui: “Families that pray together, stay together.” Om vir mekaar en saam met mekaar te bid, is vir seker een van die heerlikste voorregte van familie-wees. Gebed bied die geleentheid vir ouers en grootouers om hul kinders en kleinkinders gereeld te seën. Hiervoor kan 1 Kron 4:9-10 of Num 6:23-27 gebruik word. Bid vir jou kinders en kleinkinders op grond van die beloftes in die Woord. Bid dat jou kinders en kleinkinders God se plan met hul lewens sal verstaan en God met hulle lewens sal vertrou. Bid vanuit ‘n hart gevul met onvoorwaardelike liefde – ongeag die verlede en ten spyte van die hede. Die heerlike hiervan is dat die bidder se hart in die eerste plek verander!

Bid dat kinders ‘n liefde vir die Bybel sal hê en gereeld daaruit sal lees. Bid vir ‘n gedissiplineerde en toegewyde gebedslewe voor God en dat gebed vir hulle ‘n vreugde sal wees. Bid dat kinders geestelik sal groei en toeneem in liefde. Bid dat hulle lewens gekenmerk sal word deur die vrug van die Gees: “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” (Gal 5:22). Bid vir integriteit en eerlikheid, selfrespek en respek vir ander, dat hulle genadig en barmhartig sal wees in hulle optrede teenoor ander, dat hulle vergenoegd en dankbaar sal wees en sal toeneem in geloof. Bid dat hulle vry van vrees sal lewe, geestelik weerbaar sal wees en bid vir beskerming teen die Bose. Bid dat kinders rein en heilig voor God sal lewe en dat hulle Bybelse beginsels in hul lewens sal najaag. Bid vir die

Skets: jeankeatonart.com

Ouers en grootouers tree op as priesters om te pleit vir genade en barmhartigheid vir hul kinders en kleinkinders. Bid spesifiek vir kinders se redding op grond van Matt 18:14 “So is dit ook nie die wil van jullle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie”.

regte vriende en ‘n toekomstige huweliksmaat soos wat God dit bestem het. Bid vir hulle vir ‘n Bybelse, gesonde selfbeeld volgens Ef 2:10 “God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Bid dat kinders vreesloos staande sal bly onder groepsdruk en vreesloos sal getuig. Bid vir vrygewigheid en dat kinders en kleinkinders sagte harte sal hê wat die nood van die wêreld raaksien, sodat hulle vir ander sal omgee met ‘n medelydende hart. Bid dat kinders volgens Jesus se voorbeeld die hart van ‘n dienskneg sal hê en so Jesus se opdrag sal uitvoer: “Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen” (Joh 13:15). Bid, bid, bid… vir en saam met jou kinders en kleinkinders, sodat hulle sal groei in genade en waarheid en sal leef vanuit hulle geloof in God, ons Vader.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     05


Dienswerkers

Tiesie de Coning

Gesinne wat gee

Paulus herinner ons in 2 Kor 9:7 dat God ‘n blymoedige gewer liefhet. Ek is daarom daarvan oortuig dat God ook gesinne wat blymoedig gee, oneindig liefhet! “Gee” kan op ‘n verskeidenheid maniere gebeur: gee jou tyd, geld, gasvryheid, vriendelikheid, beskikbaarheid, diensbaarheid… Jesus se lewe was gekenmerk deur gee en omgee vir mense! In kerksondermure is gesinne wat gee, ‘n bekende gesig. Oral in die verskillende bedieninge is daar gesinne wat saam dien: pa en ma as kleingroepleiers in kinderbediening; pa en boet op ‘n uitreik as deel van ‘n Voetspore projekspan; ma en dogter wat saam tafels dek om selfamilies te ontvang; gesinne wat kos inskep, sodat ander gesinne se hongerpyne gestil kan word… Dalk is juis hierdie mooi gesinsprentjie iets wat die hartklop van die Dienswerkers Bediening illustreer. Oral op

ons databasisse pryk die name van lede van dieselfde gesin! Oral in ons aksies is dit die hande en voete van gesinslede wat ‘n verskil maak. Daarom, vandag ‘n groot dankie aan gesinne wat gee - gesinne wat voluit en met oorgawe kerksondermure is! Laat ons dan opnuut opgewonde raak oor die opdrag in Deut 6:6,7 “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Kom, ons gee die voorreg van diensbaarheid ook aan ‘n volgende geslag en rig so ‘n nuwe generasie op wat op hulle beurt wéér gesinne word wat gee! Mag die Here hierdie mooi kultuur in en vanuit kerksondermure ryklik seën. DANKIE aan elke gesin wat gee…  k

Alan Hirsch is die stigter en direkteur van Forge Mission Training Netwerk en direkteur van Future Travelers, ‘n innoverende program om megakerke te bemagtig tot missionêre kerkwees. Alan is bekend vir sy innoverende benadering tot bediening en word geag as ‘n kernstrateeg in die missionêre beweging wêreldwyd. Hy is ook outeur van “The Forgotten Ways” en mede-outeur van “The Shaping of Things to Come”; “ReJesus”; “The Faith of Leap”; “Untamed”; “Right Here, Right Now”; “On the Verge” en” The Permanent Revolution”. Hy is as professor werksaam by die “Fuller Seminary, George Fox Seminary” en bied lesings onder meer in Australië, Europa en die VSA aan.

06    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Toerusting

Tyd

Taal

Tas

Carl du Preez

maniere om GESINNE gesond te hou...

Ek glo vas dat 'n mens biologies, psigies en geestelik gemaak is om deel te wees van 'n gesin. 'n Groep mense wat nie net daagliks met mekaar saamleef en mekaar direk raak-leef nie, maar 'n konneksie en eiesoortige verbinding aan mekaar het. So 'n gesin kan ouers, kinders, grootouers, aangetroudes, biologies nie-verwante mense en selfs ook diere insluit. Op die oomblik lyk dit vir my asof gesinne sukkel om hierdie konneksie en eiesoortige verbindings te behou en te versterk. Ek ervaar dit self, ook in my gesin. Jy wonder miskien waarom ek die ‘konneksie- en verbinding-storie’ so beklemtoon – wel, navorsing vanuit verskeie vakgebiede wys dat mense met sterk konneksies en gesonde verbindings met hulle geliefdes, fisies, geestelik en emosioneel gesonde mense is. Makliker gesê as gedaan...!

Hoe kan mens dan hierdie konneksies en gesonde verbindings bou en versterk? Ek het nie noodwendig die antwoord nie, maar ek het al gesien hoe die 3Ts - TYD, TAAL en TAS – vir my en ander gehelp het om iets daarvan te verstaan en te weet wat om te doen. Ek het iets daarvan raakgelees in alles wat oor Jesus geskryf staan. Jesus het –     tyd gemaak (Tyd)     met mense gepraat (Taal)     mense aangeraak (Tas) Ek daag jou uit om self oor hierdie drie konsepte te gaan nadink en met jou gesinslede daaroor te gesels. Hier is 'n paar gedagtes van my kant af. Tyd Vir my kom niks by kwantiteit-tyd nie. Dit beteken beskikbaar wees, ondersteunend wees, begrypend wees – dáár wees! Nie net met vakansies en naweke nie, elke dag moet daar 'n stukkie hiervan wees – sonder al die tegnologieskermpies wat so maklik die daar-wees-tyd steel. Saam eet en saam stiltetyd hou is maklik van die beste kontaktyd... Berekende teenwoordigheid by alle gesinslede se aktiwiteite is net so belangrik. Lag en humor se waarde is onskatbaar, veral as dit hande vat met Tyd. Begin deur

Carl du Preez

eers die tyd wanneer julle tans saam verkeer beter te benut voordat daar planne en verwagtinge geskep word vir nuwe saamwees-tyd. Onthou daar is wakkermaaktyd, groet-tyd, eettyd, badtyd, slaaptyd, in-die motor tyd, stokperdjie-tyd, kuiertyd, en nog vele meer ander tye wat reeds bestaan – omskep dit na tyd wat konneksie en emosionele binding voortbring – 'n onvoorwaardelike daarwees! Taal O die liewe ou taal. Ons kan nie daarsonder dit nie en soms is dit juis die Swartskaap en spreekwoordelike Jakkalsies... Onthou: taal begin by die ore-en-oë, gehelp deur die lyf en eindig dan eers in woorde. Baie keer is dit juis die manier en voorspel vóór die woorde kom wat die probleme skep. 'n Veilige plek waar tyd hoog geag word, gee gewoonlik ruimte vir taal wat mens laat voel jy ‘behoort’. Taal is nie die boodskap nie, dit is die volledige kommunikasie daarvan. Probeer kommunikeer sonder woorde en jy kom dalk baie verder as wat jy dink. Woorde skep soms misverstande en woorde maak soms so maklik seer. Sorg dat woorde altyd in die taal van veiligheid en onvoorwaardelike aanvaarding gebeur. Onthou dat julle eie rituele, stories en simbole wonderlike voertuie kan wees vanwaar taal positief gebruik kan word. Daar waar jy voel jy word ‘gehoor’ en ‘verstaan’ is ‘Heilige grond’ - veilige plek. Tas Die deel wat volgens my die meeste afgeskeep word, is aanraking, vashou en nabyheid. Dit wat baie maal juis gebeur as mens eet, bad en speel. Hierdie is nie net vir ouers met hulle kleiner kinders nie. Dit is bewys dat bindingshormone afgeskei word as geliefdes aan mekaar raak. Maak nie saak of dit spontaan, tydens ete of gebed, met groet-rituele, tydens TV kyk, tydens intimiteit, in die swembad, of watter ander manier ook al is nie (dit geld natuurlik nie vir enige aanraking waar daar straf of afpers ter sprake is nie). Dis eintlik eenvoudig – MAAK TYD VIR MEKAAR, PRAAT EN OM HEMELSNAAM VAT AAN MEKAAR!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     07


Dagboek

MaMs byeenkomste 9:00 tot 12:00 elke 2de Woensdae in skoolkwartale. Toegang R30. 5 Maart - Annelize Mulder: Seks en jou kind Navrae: Surene 084 814 0545/ surene.palvie@gmail.com of Daleen by die kerkkantoor 012 663 2003 x209

Gasvryheid is een van die belangrikste bedienings by kerksondermure. Die Gasvryheidsbediening is die gesig van ons kerk, die eerste indruk. Ons is hoofsaaklik verantwoordelik vir die verwelkoming van bestaande en nuwe gemeentelede. Vir navrae by Hippolaan, kontak: Daleen by 012 663 2003 x209/ daleen@ksm.co.za Vir navrae by Midstream, kontak: Vera by 012 940 9480/ vera@ksm.co.za

Die Biker Bediening is hierdie jaar alweer in volle vaart – met ons oë gefokus op Jesus, ons begin – ons einde – ons ALLES. Daarom wil ons almal in die gemeente nooi wat motorfiets ry, om by ons te kom aansluit, en om hierdie lekker “familie” te kom ervaar. Ons het hope lekker pret, ons ry lekker saam en werk lekker saam. As jy nog soek vir ‘n holte vir jou voet in kerksondermure…. hier is jou pitstop. Ons gaan weer op Sondag 16 Maart ‘n heerlike InReik hou. Wat is ‘n InReik? Dieselfde as ‘n Uitreik, maar die dag fokus ons op sielevoedsel vir die Bikers self. In April maand gaan ons heerlik kamp. Kom gerus saam op 11 - 13 April. Dit is ook gepaardgaande met ‘n Uitreik na ‘n ontsettende arm gemeenskap in die Waterval Boven gebied. As jy nog nooit ervaar het hoe lekker is dit om vir ‘n slag ‘te gee’ nie, is dit nou jou kans. Kontak gerus vir Renate Oosthuizen op 083 650 9913 vir meer besonderhede, of stuur ‘n e-pos na: renateoosthuizen@gmail.com Ons kan nie wag om jou te sien nie!

08    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Selindeling : Hippolaan Rooisaal 14 April 2014 18:45 Navrae: Andrew 072 802 3243 of Daleen by daleen@ksm.co.za/ 012 663 2003 x209 Selfamilie-Indeling : Midstream Oud, jonk, enkellopendes, gesinne, getroudes, enkelouers & vreemdelinge - ons help ALMAL om by die regte Selfamilie uit te kom. Sondag, 18 Mei 11:30 – 13:00 Midstream. RSVP asb. voor of op Donderdag, 15 Mei 2014 by Vera – 012 940 9480/vera@ksm.co.za

Sondela Kamp 20 - 23 Maart 2014 Tema: Christen Voorregte

Almal welkom! Ouers, kinders en enkellopendes. Kom kuier en ontspan lekker saam in die natuur. Stuur besprekingsvorm na Linda: linda@wwwprok.co.za Beperkte staanplekke beskikbaar!

SingleSonderMure Kampdatum: 17 tot 21 April (vir ALLE singles... van ENIGE ouderdom...) Die kamp word gehou by Oppieberg Kampterrein, tussen Mooinooi en Rustenburg. Akkommodasie bestaan uit kamers met 3 stapelbeddens en matrasse per kamer eie beddegoed moet gebring word. Aktiwiteite sluit in Swem, Volleyball, Stap, Kampvuurkuier, Boeresport en Speletjies. Koste : R650 per persoon. Kinders 9 jaar en jonger : R400 Navrae en Registrasie : Rita Barnes (012) 663-1610 / rita@ksm.co.za Registrasies sluit 11 April. Afbetaling welkom, maar geen registrasie word aanvaar sonder bewys van betaling (of 50% deposito) nie.

foto: reuseit.com

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     09


Wat Beteken Dit Om Man Te Wees Vandag?

Vandag word daar van ons mans verwag om 'n dinamiese besigheidsleier te wees, jou hart uit te huil terwyl jy 'n romantiese fliek saam met jou vrou kyk, ná jy 'n vyf-gangmaaltyd gekook het én die kinders gehelp het met hulle huiswerk. Nou nooi die Adam-bediening van Midstream jou uit om saam met ons die reis te begin na wat dit werklik beteken om man te wees in vandag se tyd. Die Adam-bediening by Midstream wil hierdie jaar “The Quest for Authentic Manhood” aanbied. Dit is 'n reeks wat fokus op wat dit beteken om man te wees. Ons gaan indiepte kyk na wat die Bybel sê oor man-wees en gaan boublokke kry om 'n vol lewe as mans te lei. Die onderwerpe wat behandel gaan word is:

•  •  •  •  •  •

Die seisoene van 'n man se lewe Watter wonde dra vandag se mans? 'n Definisie van man-wees Hoe om jou eie baan te bepaal in vandag se lewe Hoe om jou verhouding met jou vrou te verdiep Hoe om seuns en dogters groot te maak

Ons gaan dit op Maandae-aande doen van 18:30 tot 20:30 en dit kos net R250.00 per persoon. Dit sluit alles in. Die reis skop af op 24 Februarie met ‘n “Meet and Greet”. Alle mans van alle ouderdomme is welkom. So bring gerus ‘n vriend of ‘n werkskollega saam. Kontak die kerkkantoor by kerksondermure Midstream as jy belangstel om hierdie reis saam met ons mee te maak of net meer inligting wil bekom: 012 940 9480.  k

10    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     11


Stories & Algemeen

Nuwan leef

Hierdie is ons getuienis oor hoe God ons seuntjie vir ons teruggegee het. Op 17 Januarie 2014 het ons seuntjie 2 geword. Saterdag die 18de het ons sy verjaarsdagpartytjie gehou. Na ‘n heerlike partytjie, het ons en van ons familie op die stoep gesit, terwyl ons ouer twee kinders en hul ouer nefie nog geswem het. Nuwan en sy ander nefie, wat ook 2 is, het om die swembad met hulle motorfietsies gery terwyl ons hul dopgehou het. Francois het uit die huis uitgekom en gesê hy gaan gou winkel toe. Ons het bespreek wat hy moet kry en ‘n rukkie daarna het ek die jonger nefie hoor huil. Ek het na hom toe gedraai en gevra wat’s fout. Hy het na die swembad gewys en gesê: ”Fietsie, Nuwan”. Ek het toe die fietsie op die water gesien en eers gedink hy wil net die fietsie hê, maar terwyl ek hom antwoord, besef ek Nuwan was op die fietsie.

gevalle toe gehardloop met hom. Daar was ander mense, maar die personeel het dadelik vir ons ‘n bed gewys en oorgevat. Hulle het X-strale en bloedtoetse in ongevalle geneem. Nuwan het na ‘n rukkie sy bewussyn herwin en die ongevalle dokter het gesê dat hy besig is om wonderbaarlik te herstel en dat hy baie koud is, maar dat dit sy groot behoud is, want dan het die liggaam nie so baie suurstof nodig nie. Hul het ook nie nodig om hom onder ‘n blink foelie kombers te sit om sy temperatuur koud te hou nie of om hom ektra suurstof te gee nie. Die pediater was gou daar en hy is opgestuur ICU toe. Daar het die dokter gesê dat die bloedtoeste en X-trale wys dat hy ‘n ruk onder die water was en die suurstof in sy bloed is laag en “gifstowwe” is hoog.

Ek het Nuwan begin soek en hom toe op die bodem van ons swembad sien lê en dadelik ingeduik en hom uitgehaal. Hy was potblou en het nie meer asemgehaal nie. My sussie het hom by my gevat en Francois het dadelik begin CPR doen. (Dit na hy net so paar maande terug op ‘n CPR kursus was). Ek het die motorsleutel gaan haal en die motor uitgetrek. My sussie en Francois het aangehardloop gekom met Nuwan en Francois het aangehou met CPR in die motor. Op pad Unitas toe was daar orals verkeer en elke robot was rooi, maar ek moes nêrens gestop het nie. Ek het net my gevaarligte aangesit en die toeter geblaas. Orals het die motors vir ons plek gemaak. As ek ‘n motor moes verby gaan, was die aankomende verkeer so dat ek die motor net kon verby ry sonder om te wag. Een motor het nie dadelik padgegee nie, maar die volgende oomblik was die enkelbaan twee bane. Nuwan het intussen begin asemhaal en by die hospitaal het Francois dadelik on-

12    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Intussen het Colin al opgedaag en vir ons gesê dat, toe my swaer hom bel en van die ongeluk vertel, het hy vir Anrie vertel dat hy baie rustig is oor Nuwan en dat Nuwan "okay" sal wees. Ons het toe ook almal saam vir hom gebid. ‘n Uur na die vorige bloedtoeste, neem hulle toe weer ‘n bloedtelling en alles was terug na normaal, behalwe vir een telling, maar daardie telling was ook baie naby aan normaal. Nuwan het ook toe alweer begin praat en hy vra net vir sy “Padda” (dit is sy swem opblaas padda, wat hy vir sy verjaarsdag gekry het). Hy was rustig en teen 9 uur die aand moes ons hom agterlaat in die ICU, aangesien ons nie daar mag slaap nie. Deur die nag het hy rustig geslaap maar hulle moes hom suurstof gegee het op ‘n stadium want sy suurstof vlakke het begin val terwyl hy slaap. Ons het natuurlik niks geslaap nie en teen 5 uur die oggend het ek vir Francois gesê: "kom ons ry want as hy daar wakker word en ons is nie daar nie, gaan hy skree…" Toe ons daar instap en by sy bedjie kom, lê hy rustig wakker en kyk TV. Niks omgekrap nie. En toe begin hy praat en hy hou nie op praat nie. Intussen is die suurstof ook weer afgeskakel en haal hy heeltemal op sy eie asem. Hy sal ook vir so rukkie lê en TV kyk en dan sê hy: “Mamma, swem”. As ek hom vra “Wil jy swem?” dan antwoord hy “Ja, onder die water swem”. Ek het hom nie dadelik geantwoord nie, want ek was te verbaas. Toe draai hy na Francois en sê ”Pappa, swem, onder die water swem” en toe Francois ook nie antwoord nie, sê hy: “Pleeeaaasssee Pappa”. Hy het dit ‘n paar maal herhaal. Met sy oggendslapie het sy suurstof vlakke weer begin val en die dokter het gesê sy kan hom nie ontslaan voor dit stabiliseer nie, want dit beteken dat daar nog vog op sy longe kan wees en dat hy longedeem (Pulmonary edema) kan kry. Maar hy was die rustigheid self. Met sy middagslapie het sy vlakke gestabiliseer en teen besoektyd wou hy net saam met almal huistoe gaan. Die susters moes die dokter bel en sê “hoor hoe skree hy, asseblief ontslaan hom”. Die dokter het gekom en sy longe het geen suising gehad nie en hy is ontslaan. Toe ons by die huis kom vra my skoonpa vir hom “En boeta, waar was jy?” Hy antwoord toe “Amper dood”. Dit was die eerste keer wat ek hom ook die woord “amper” hoor gebruik. Hy is dadelik uit swembad toe en het sy hand deur die net gesteek en met die water begin speel. Die fiets waarop hy gery het, het ook nog daar gestaan en hy het op hom geklim en weer begin ry. Ons het almal net verdwaas gestaan. Ek glo dat hy toe hy in daai water was, ‘n bo-natuurlike belewenis gehad het en dat hy Iemand by hom beleef het (dalk gesien het). Hy het die Dinsdag ook alweer geswem met geen vrees nie. Hy bly ook sê “onder die water swem”.

Soos ons ook die ander kinders vra of hul iets gesien het, het sy boetie gesê hy’t hom sien inval en toe besef hy kom nie op nie. Hy het toe nader begin swem, maar dis ook toe ons agterkom daar's fout. Van waar Nuwan ingeval het en waar ek hom gekry het, is 5 meter. Dus moes hy “onder die water geswem” het. Ons het ook later uitgevind dat in die tyd wat ons hospitaal toe gejaag het, het my ma se tweeling broer haar gebel en gesê: ”Wat is fout? Want hy wéét iets is groot fout daar by ons”. En dit sonder dat enige mens hom laat weet het wat gebeur op daai oomblik. Ek wens vir geen ouer die skrik, beeld en vrees wat ons ervaar het, toe nie, maar as enige iemand my nou sê dat hulle die tyd kan terugdraai, sal ek dit nie doen nie. Want wat ons en ons familie daarna beleef het (vir Francois die gevoel toe Nuwan weer begin asem haal het in sy arms en vir my toe ek weer in die ICU sy warm lyfie vasgehou het, na ek gedink het dit is verby) wil ons nie vergeet nie. En meeste daarna van hoe groot God se genade is en dat Hy ‘n wonderwerk voor ons gedoen het. Dit laat mens so klein voel. Veral as al die ander ouers in die ICU so bly is vir jou as jou kind ontslaan is, sonder enige komplikasies, en hulle het al ‘n baie moeilike pad met hulle eie kind gestap en daai pad is nog nie oor nie. Of as die koffiewinkel se bestuurder wat jy van geen kant af ken nie, na jou toe kom om te hoor hoe gaan dit met die kleintjie wat amper verdrink het. Ons het net weer besef dat daar ‘n God is, en dat Hy in beheer is. Soms is dit nodig om beheer te verloor om dit weer te besef en te besef dat jy voluit moet lewe, want in ‘n sekonde kan jou lewe onherroeplik verander. Baie dankie ook aan almal wat vir ons gebid het. Ek weet daar het mense gebid wat ons nie eens ken nie, maar baie dankie. Ons is ook baie dankbaar vir al die familie wat by die huis agtergebly het om daar te wees vir die ouer kinders, terwyl hul self so vol vrees en onsekerheid was. Die ouer kinders was ook wonderlik en het die huis begin opruim, sodat dit net skoon is as ons by die huis kom. Hulle het selfs help tee maak en aangedra vir al die mense. Baie dankie julle.

www.kerksondermure.org

Aan God al die eer.  k

Hartklop  l  Maart 2014     13


14    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org

18:30 ADAM kursus MS

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus HL Aswoensdag

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 18:30 Raak-Leef-Week HL 19:00 Musiekoefening Wêreldbiddag vir Vroue” 19:00 - Wierda Park-Suid NG Kerk

ADAM Ouer & kind kamp 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum HL 18:30 Raak-Leef-Week HL

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Emosionele Versorging Seminaar MS 18:30 Raak-Kuier HL

18:30 Dienswerkers Opleiding Alan Hirsch saam Strategiese Span

18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Emosionele Versorging Seminaar MS 18:30 Raak-Kuier HL

09:00 MaMs HL 18:30 Vroue Afskopfunksie HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Veritas kursus MS

18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL

HL - Hippolaan / MS - Midstream

Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste

30      Sondag 31     Maandag

Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste WIP koffieaand Bikers inreik

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Raak-Kuier HL 18:30 My kind & tegnologie MS

Menseregtedag

30Plus Kamp

19:00 Musiekoefening

Skole Sluit

Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 18:30 Hoop Depressiegroep 19:00 Veritas kursus MS Doopregistrasie vir Apr sluit

Midstream Skool Sluit

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 30Plus Kamp

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus

Donderdag 28      Vrydag 29

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening 30Plus Kamp

23      Sondag 24     Maandag 25      Dinsdag 26     Woensdag 27

Preekreeks: Liefdesondermure

Gesins Sondag Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste 17:00 Slegs Belydenisklas Hippolaan & Midstream

08:00 Beroepsforum HL

Donderdag 21      Vrydag 22

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

16      Sondag 17     Maandag 18      Dinsdag 19     Woensdag 20

Preekreeks: Radikale wet

18:30 ADAM kursus MS

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus ADAM Ouer & kind kamp 09:00 Raak-Leef-Week HL

Woensdag 6     Donderdag 7       Vrydag 8

09:00 MaMs HL 09:00 Snr@ Midstream 09:30 Oppiekoppie Snr 18:30 Raak-Leef-Week HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP

Dinsdag 5

Sondag 10     Maandag 11      Dinsdag 12     Woensdag 13     Donderdag 14      Vrydag 15

Verbintenis Sondag Dienswerkers werwing ADAM Ouer & kind kamp 12:00 Matriekdiens

9

Preekreeks: Radikale Koninkryk Lydingsweke begin

Doop by alle dienste 12:00 Doop

2       Sondag 3      Maandag 4

Maart 07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus HL Dieper Konferensie (Hippolaan) Wêreldbiddag vir Mans

1      Saterdag


www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     15

Skole Open

18:00 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL

Midstream Skool Open

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band 18:30 Wat glo ander? HL

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum

18:00 ADAM kursus MS 18:45 Selindeling Hippolaan 19:00 Veritas kursus HL 09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Wat glo ander? HL

09:00 MaMs HL 09:00 Maatskaplike Werkers Forum 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Veritas kursus MS

Gesinsdag

Enkellopendes kamp

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:00 Bybelstudie MS 18:30 Wat glo ander? HL

Openbare vakansiedag Vryheidsdag HL - Hippolaan / MS - Midstream

Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste

Skole vakansiedag

Skole vakansiedag

19:00 40Plus byeenkoms

Woensdag

Doopregistrasie vir Mei sluit

19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 18:30 Hoop Depressiegroep 19:00 Veritas kursus MS

27      Sondag 28     Maandag 29      Dinsdag 30

Paasfees: Opstandings Sondag

Bikers uitreik Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste Enkellopendes kamp

Goeie Vrydag

Nagmaal: 08:00 & 10:00 Hippolaan 08:00 Midstream Enkellopendes kamp

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Doopreëlings 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL Enkellopendes kamp

Donderdag 25      Vrydag 26

Nagmaal: 19:00 Hippolaan & Midstream

20      Sondag 21     Maandag 22      Dinsdag 23     Woensdag 24

11:30 Nuwe Lidmaatfunksie Midstream

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Woensdag 10     Donderdag 11      Vrydag 12

09:00 Snr@Midstream 18:30 Nuwe Lidmaatfunksie HL 18:30 Tieners Groepleiers Opleiding 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP

Dinsdag 9

07:00 Gebedsgeleentheid HL

4       Vrydag 5      Saterdag

13      Sondag 14     Maandag 15      Dinsdag 16     Woensdag 17     Donderdag 18      Vrydag 19

12:00 Doop Doop @ Midstream

6       Sondag 7      Maandag 8

April 18:30 Doopreëlings 19:00 Musiekoefening

1      Dinsdag 2     Woensdag 3     Donderdag


In kinderbediening is ons een, groot, heerlike gesin. Soos alle gesinne is daar huisreëls... •  AARD: Kinder-eredienste is volwaardige eredienste gerig op bepaalde ouderdoms-gleuwe en ontwikkelingsfases vanaf doekdra tot Gr 7. Slegs die bababediening is ’n oppasdiens – alle kinders vanaf 3 jaar tot Gr 7 word effektief en maksimaal volgens ’n kinderkerkkurrikulum bedien.

•  DANKOFFER: Help u kind om by aankoms reeds sy/ haar kollekte in die kollektehouers te plaas, sodat dit nie ’n speelding raak en ons die doel van GEE mis nie.

•  DUUR: Kinder-eredienste duur 1 h 10 minute. Kinderbedieningslokale se deure is toe vir die volle duur van die erediens om ons kinders se veiligheid te verseker en om ons kleingroepleiers in staat te stel om kinders voluit te bedien.

•  DOEKDRA: Ouers van babas en peuters word tydens die erediens geroep wanneer die kindertjies hartseer is dmv die volgende boodskap wat op die skerm vertoon sal word: “Baba no X, ek soek my ma!” Ons versoek dat alle ouers van babas tot 2 jaar vir hul babas ’n bottel met iets te drinke sal saamstuur na die erediens.

•  KLEINGROEPLEIER-OUER-INTERAKSIE: Besorg en haal u kinders by die betrokke kleingroepleier in die kinderbedienings-lokaal af. Ons kleingroepleiers wil u graag ontmoet en op hoogte hou van u kind se geestelike ontwikkeling en groei. •  SONDAG-REGISTRASIE: Babas, peuters en kleuters moet elke Sondag by die registrasietafel in die bedieningslokale geregistreer word voor die aanvang van die erediens. Ouers ontvang ’n nommer en kinders ’n naamkaartjie. •  DISSIPLINE: Kinderbediening poog daarna om kindereredienste die beste uur van elke week te maak. Om hierdie rede word dissipline deurgaans deur ons koördineerders en kleingroepleiers gehandhaaf, sodat elke kind maksimaal geleentheid kry om Jesus te ontmoet. Om hierdie rede word dit nie geduld dat ’n erediens deur wangedrag ontwrig word nie. Ons werkswyse is om ouers te kontak, ingeval van gedragsprobleme en werk dan graag op ’n liefdevolle wyse saam met ons ouerkorps. Ons het groot begrip vir elke kind as ’n ontwikkelende mensie. •  BADKAMER: Neem asseblief u kind VOOR die kinderdiens na die badkamer. Toiletgebruik word beperk tydens eredienste ter wille van die veiligheid van ons kinders en die kosbare tyd aan Jesus se voete.

•  SPEELGOED: Ouers moet asseblief toesien dat kinders nie speelgoed of persoonlike eiendom saambring kinderkerk toe nie.

•  SENIORS Gr 4-6: Alle Gr 4-6 kinders moet asseblief ELKE Sondag hul Bybels saambring kinder-eredienste toe. Ons werk saam met die kinders uit hul Bybels gedurende die boodskap. ‘n Bybel is dus ‘n MOET! •  JONGER MAATS: Ouers word vriendelik versoek om nie jonger boeties of sussies na ouer kinders se bedieninge te stuur nie. Daar is ‘n bediening vir elke ouderdomsgleuf waar kinders maksimaal op hulle vlak bedien kan word. Skakel u kind(ers) van die begin af by die toepaslike bediening tot hulle voordeel in. As u graag hieroor wil gesels of sommer net ‘n ekstra hand wil hê om kleinboet of sus gemaklik te maak in hul eie bedieninge, kontak ons gerus by tiesie@ksm.co.za. •  ALLERGIEë: Ouers word versoek om kinders met bepaalde gesondheidstoestande of allergieë by elke betrokke bediening se koördineerder aan te meld. U kan dit ook per e-pos meld: charlene@ksm.co.za (Hippolaan) of hezel@fouries.com (Midstream). Kinders ontvang dikwels ‘n eetding in die kinderkerk en ons wil graag toesien dat kinders gesond en gelukkig is.  k

16    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Kinderbediening registreer aanlyn

Baie dankie vir elke ouer wat ‘n paar minute afgeknyp het om hierdie jaar hul kind/kinders aanlyn te registreer op kerksondermure se webtuiste. Ons het bykans ±1600* registrasies ontvang en dit maak die taak om kinderbediening effektief te bestuur soveel makliker. Die registrasie is veral belangrik vir die bepaling van die aankope en voorbereiding as dit by die kleingroepaktiwiteite kom en die kindersondermure span kan meer effektief kommunikeer deur bepaalde data van ‘n groep kinders te bekom wat die bediening aan soveel ouers en kinders makliker maak.

Ons is ook daarvan bewus dat daar nog wel kinders is wat tans die kindereredienste bywoon, wie se inligting nog nie op ons datalyste is nie. Ons herinner ouers daaraan om op

die webtuiste te registreer, om sodoende te verseker dat alle kinderbediening korrespondensie via sms of e-pos wat aan ouers deur gestuur word. Die registrasie proses is baie eenvoudig en u het net nodig om die volgende te doen: Gaan op kerksondermure.org se webblad in. Klik op bedieninge > klik op kinders > klik op kinders registrasie en voltooi die oop velde. Sodra geregistreer, ontvang u onmiddelik terugvoering of die registrasie suksesvol was of nie. Die verspreiding ten opsigte van die ouderdomsgleuwe wat in kinderbediening bedien word, is tans as volg:

Die bogenoemde reflekteer geregistreerde kinders. Daar is egter 500 meer kinders wat Sondae die kinderbediening eredienste bywoon. Die ouers van hierdie kinders word versoek om so gou as moontlikte registreer. Die stelsel was egter problematies, ons vra om verskoning daarvoor indien u nie u epos van suksesvolle registrasie na afloop van die registasie proses ontvang nie, stuur asb'n e-pos aan kinders@ksm.co.za Nogmaals dankie vir elke ouer se moeite met u kind/kinders se registrasie.  k www.kerksondermure.org

*(teen druktyd) Hartklop  l  Maart 2014     17


Boeta Liewe leser,

geseën met drie besonderse ie met u te kan deel. Die Here het ons stor se in ges ons om rreg voo die k die Here vir elkeen se Baie dankie vir is uniek op sy eie manier en ons dan en Elke ). (12 elie Wiln en ) (18 an kinders, SJ (22), Christia an. ons u graag meer vertel oor Christia rol in ons gesin. In hierdie brief wil ken. Boeta is gestremd en ook bekend staan by almal wat hom hy hoe is dit en ta Boe is aam mn aan God se roeping en Christiaan se noe sy koninkryk. Uit gehoorsaamheid in ruik geb wil id dhe trem ges sy ons glo dat die Here ook gesin met u deel. ta se toestand en die impak op ons Boe ag gra dus ons wil e, red er and vir geen k het. Hy was glad nie wat op die oog af heel normaal gely e ntji seu e gtig pra ’n ore geb ta is is nie. Met Op 10 Mei 1995 is Boe oel gehad dat iets nie heeltemal plu gev ’n d alty het a Wiln s. alle t me veeleisend nie en baie inskiklik n is, maar dat ons ons nie hoef gesê dat Boeta se koppie bietjie klei ons vir r iate ped die het ek erso t sy nekkie was nie so die 6 weke ond 5 maande het ons begin twyfel wan Op . hou dop net ar ma dit et mo ’n breinskandering. te bekommer nie - ons huisdokter wat hom gestuur het vir ons na is Ons nie. om erd oud dié donkersterk soos ander kinders op maal ontwikkel het nie. Dit was die nor nie ie intj bre se ta Boe dat kry s dokter se spreekkamer Dit is toe dat ons die onwerklike nuu was toe ook al donker toe ons by die dit t wan k, urli figu en erlik lett e, te gaan of wat om ste dag van ons lew r en jy kan nie eers dink waarheen om kaa rme deu kop jou is blik oom ons te laat uitgestap het. Op daardie ilie in kennis te stel en ons ouers na fam die om was n doe kon ons wat volgende te doen nie. Die eerste ts na die volgende. Ons het elke ter na die ander en van die een toe dok een die van ons is dae e end Ons laaste hoop was kom. In die volg s, maar daar was nie eintlik hoop nie. nuu e itiew pos vir oek ges en es klikheid kon verslag aandagtig gele e of wonderkuur hoe ons hierdie wer rasi ope ’n van t wee sou dalk hy dat Here het hierdie dokter op die pediatriese neuroloog en as ons vandag terugkyk, weet ons die ar ma nie, del mid ees gen n gee was pad wat sou voorlê. Tot vermy. Daar sitiewe manier rigting te gee vir die sen es me die op en aar bed te ons ons pad geplaas om vandag staan die dokter ons nog by. het. Die gevolg daarvan is dat kort beteken dat hy ’n gladde brein in wat ie efal enk Liss t me er ose is nie. Hy kry gereeld Boeta is gediagn ovoorts, normaal by hom ontwikkel ens at, pra ip, kru ed, elgo spe na eik elik dat hy geen handeling soos uitr king. Een van die dokters het verduid tste gon lon vir aar vatb baie is jies epileptiese aanvalle en sy longet proggressief agteruit sou gaan. ontlike terapie, manier hiermee begin deel. Alle mo sy op het en elke ar ma nie, wag Ons het nie geweet wat op ons die toerusting en terapie wat en vriende het geld ingesamel vir al ilie Fam . ind gev is ge enin oef en ontkenning was alles emohulpmiddels ressie, skuldgevoelens, bitterheid en Dep nie. e elfd dies er me was niks r werk. nodig sou wees en , maar met genade kon ons hierdeu het laas gep s hui en elik huw ons op sies en toestande wat druk veral baie ure en moeite vir Boeta kon leer doen en Wilna het ons l vee hoe kyk ons es mo jaar tien r besigheid verkoop en In die volgende suksesvolle sakevrou opsygesit, haa ’n van me dro r haa het Sy kel. wik r ’n stroomingesit om Boeta te ont en aanpas. In die proses is hulle deu ring insp ook es mo elie Wiln en SJ . voltyds na Boeta begin omsien het. Ja, dit is nie altyd maklik nie, dat hulle tot hiertoe staande gebly e Her die k dan ons en e lew die el die weer ’n groot rol versnelling van ng en êrens heen ry nie. Eerstens spe spri kar die in r me som nie ld bee want ons kan byvoor

18    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


asook die plek waarheen ons gaan. Ons kan nie sommer gaan fliek of uiteet nie, want die klanke is te hard of dit is te koud of daar is nie genoeg ruimte vir ’n rystoel nie. As Boeta epilepsie kry moet sy keel skoongesuig word en dit ontstel mense rondom hom en dus is Boeta vandag maar meer huisgebonde en moet iemand altyd by hom wees om hom op te pas. Aanvanklik het ons baie op ons eie kragte en insigte staatgemaak en miskien wou ons ’n punt bewys dat ons hom so na as moontlik aan normaal kon kry, maar mettertyd het ons meer bewus geraak van die Here se hand en beskerming en dat Boeta volmaak geskape was soos wat die Here hom wou gebruik. Hierdie gedagte ruk ons tot vandag toe nog tot stilstand want die “gestremde” Boeta is elke dag besig om sy doel op aarde 100% te lewe terwyl ek as “normale” mens soveel tekortskiet om my doel op aarde uit te leef. Deur die jare het die Here tree-vir-tree saam met ons gestap en ons sterk gemaak vir elke dag. Ps 116:6 “Die Here beskerm die hulpeloses” het ons “eie krag" omgeskakel in volkome vertroue op God vir enigiets wat mag gebeur. Vandag is ons al 18 jaar op hierdie pad en ons kan getuig hoe die Here altyd daar was en vandag nog daar is vir ons en hoe hy vir ons sorg, selfs in klein dingetjies, byvoorbeeld: Ons het al heelwat verhuis en elke keer help die Here ons om ’n huis naby ’n hospitaal te kry en om dokters oor ons pad te bring wat uitstekend met Boeta werk. Met sportgeleenthede van SJ en Wilnelie moet ons partykeer vir Boeta saamneem en die Here het nog altyd ’n parkeerplek voorsien waar ons uit die kar uit die sport kon dophou en ondersteuning aan ons kinders kon gee. Ons moes partykeer vir Boeta uitneem vir fisio of ’n doktersafspraak terwyl dit reën. Elke keer het die Here nog gesorg dat of die reën ophou of daar ander skuiling is sodat ons nie vir Boeta in die reën hoef te dra nie. Wilna het Brein Gym klasse gegee en by twee geleenthede het dit gebeur dat kindertjies hul sessies kanselleer. Sy was elke keer baie teleurgesteld omdat sy dit so geniet het, maar beide kere was dit wat Boeta siek geword het en in die hospitaal beland het. So het die Here elke situasie bestuur en vir ons voorsien. In 2005 het Boeta ’n mangeloperasie gehad wat aanvanklik ’n sukses was, maar op dag 3, by die huis, begin bloei het. Die hospitaal was 5 minute van die huis af en ons moes teen hoë snelheid daarna jaag. Die Here het voorsien dat daar geen motors op die pad was nie sodat ons Boeta so gou moontlik by Ongevalle kon kry. Daar aangekom was hy die enigste ongeval en kon hy onmiddelik al die hulp kry wat beskikbaar was. Hy is dadelik in teater toe en het die nag in intensiewe sorg deurgebring. Hy het gesukkel met bloeddruk en moeilik asem gehaal. Wilna het die aand by hom oorgebly en ’n besondere ervaring met die Here gehad. Sy het op ’n blaadjie in haar Bybel ’n vers gesien en gelees wat haar die versekering gegee het dat Boeta gesond sal word. Die volgende oggend het sy weer die blaadjie gevat, maar kon nie die vers weer opspoor nie. Sy het besef dat die Here self met haar gepraat het en haar gerus gestel het. Leon was een aand uithuisig met werk en Boeta het in die vroeë oggendure erg begin hoes en koors ontwikkel. Wilna het besef sy kan nie met hom uitgaan nie - dit was winter. Koors medisyne is gegee, maar niks wou help nie. Toe Wilna hom wil stoom val die stoom masjien van die tafeltjie af en daar is dit morsdood. Bang en raadop het

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     19


sy yskaswater geneem Wilna net gebid. Toe sy klaar is het aansit, werk dit weer.

r die stoommasjien

en kon so sy koors breek en toe sy wee

uld, tevredenheid, versaamgesnoer en ons geleer van ged heid een te heg ’n in in ges as ons te hanteer. Boeta se situasie het dag om teleurstellings baie makliker van ons help Dit . God van eid likh draagsaamheid en afhank beter weet nie - dit spaar ook verstandelik gestrem is en nie van ar ma nie, s fisie net nie ta Boe dat Vandag is ons bly e. e brein maar met fisiese beperking hom al die frustrasie van ’n gesond te wees om kilometers ver te ry om by ons het er uiw geh it noo nog wat ilie fam e reël, maak almal opofOns is geseën met ouers en ’n groot nie. Wanneer ons familiebyeenkomst het taan ges d albe pita hos ’n s lang as ons bekommerd ommodeer. feringe dat ons ook vir Boeta kan akk Wat ons ook uit ons situasie Hy vandag nog vir ons. Dag-vir-dag. sorg so en org ges ons vir d alty met jou gebeur nie. So het die Here nog saak hoe sleg dit gaan of watse sleg nie ak ma dit t wan , leef te ar kba laat gebeur geleer het, is om altyd dan hede raak waar God dinge met jou ent gele Sien l. haa te asie situ ’n so jies waar Hy spesiaal vir jou Daar is altyd iets positiefs om uit traal. Sien God in die kleinste dinget uits kan lig sy en help kan ur rde daa sodat jy ander sorg. sorg” Here oor en vertrou op Hom, Hy sal Hom in alles wat jy Psalm 37:5 “ Laat jou lewe aan die op jou eie insigte staat maak nie. Ken enie mo en e Her die op e om volk u Spreuke 3:5-6 “Vertro t loop.” doen en Hy sal jou die regte pad laa u kon deel. Baie dankie dat ons ons storie met Leon en Wilna Niemand

20    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Dagboek

VERITAS  •  Bybelinterpretasie kursus MODULE 1 Om hierdie toerusting te deurloop is lewensveranderend en baie verrykend, maar dit verg “commitment”! WANNEER: Module 1 neem ongeveer 35 ure of so 17 weke. Ons kom een aand ’n week bymekaar vanaf 19:00 vir 2 ure. Die afskopdatums is soos volg : Hippolaan:  17 Maart, & Midstream:  19 Maart KOSTE: Die hele module, wat ‘n handleiding en sertifikaat insluit, kos R340 per persoon. Vir egpare of meer as een van dieselfde gesins, kos dit R280 per persoon. As jy voel jy moet die toerusting kry, maar het nie die finansies nie, maak ons verseker ’n plan. Laat my net weet. REGISTRASIES: Hippolaan: Sumari Spies sumarispies@gmail.com sel 082 557 9739

Midstream: Janet Cruywagen janetcruywagen@gmail.com sel 082 466 1265

Laat weet asb so gou moontlik of jy belangstel.

Die eerste module bevat die volgende hoofstukke: 1.  Hoe en waarom die Bybel tot stand gekom het 2.  Hoe God vandag d.m.v sy Woord kommunikeer 3.  ’n Paar sleutelvraagstukke met betrekking tot   Bybelinterpretasie 4.  Hoe om eksegese te doen 5.  Eksegese van Ef. 2:1-10 6.  Bybelstudie van Ef. 2:1-10 (A) 7.  Bybelstudie van Ef. 2:1-10 (B) 8.  Hoe om ’n Christen te word 9.  Eksegese van Kol. 3:1-4 10.  Eksegese van Kol. 3:5-11 11.  Eksegese van Kol. 3:12-14 12.  Eksegese van Kol. 3:15-17 13.  Bybelstudie van Kol. 3:1-17

14.  Identifikasie van die gelowige met Christus.    (Spiritualiteit) 15.  Hoe om taal te verstaan 16.  Hoe vertalings ons help 17.  Die betekenis van woorde 18.  Eksegese van Gal. 5:16-26 19.  Bybelstudie van Gal. 5:16-26 20.  Hoe om versoekings en sonde te oorwin 21.  Eksegese van Hand. 2:42-47 22.  Die dinamiek van gemeentelewe 23.  Kenmerke van geïntegreerde leierskapontwikkeling 24.  Hoe om Bybelse teologie en Hermeneutiek te    beoefen. 25.  Hoe om ’n Bybelstudiegroep te lei 26.  Hoe om te preek 27.  Die waarde van semantiese kategorieë

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     21


My Voetspore

Deel van ABBA se familie Wie is ons? El-Shalem Haven bied ‘n hawe in die vorm van ‘n stimulasieprogram en dagsorg vir kinders en volwassenes met ander/ spesiale behoeftes (gestremdes). Hulle vir wie die wêreld sê “daar is nie hoop nie”. Ons storie Gedurende 2013 is El-Shalem as een van kerksondermure se projekte geregistreer, spesifiek by Midstream. Aan die einde van 2013 het ons huurkontrak verstryk en vanweë finansiële uitdagings (ons was toe reeds agter met die huur) het ons besluit om nie voort te gaan met die huurkontrak nie. Dit het beteken dat ons teen die einde van November die perseel moes ontruim, maar ons moes nog vir 2 weke die kinders kon akkomodeer totdat ons amptelik sluit vir die Desember-vakansie. kerksondermure het vir ons ‘n lokaal beskikbaar gestel wat ons vir die laaste 2 weke kon gebruik. Ons het werklik ervaar dat julle julle naam gestand doen, sonder mure en sonder grense! Julle het hulp aangebied sonder dat ons gevra is wat kan El-Shalem vir kerksondermure beteken. Die ondersteuning en hulpvaardigheid van individue en kerksondermure as geheel het ons laat ervaar hoe dit lyk wanneer die “liggaam van Christus” funksioneer. Ons het deel gevoel van die kerksondermure-familie, waar mense nie net sê nie, maar geloof tot aksie laat oorgaan! Begin Januarie het ons nogsteeds nie ‘n perseel gehad nie en weereens is ons met ope arms gehelp. Ons kon tot Donderdag 9 Januarie kerksondermure se saal gebruik, aangesien die lokaal vanaf Vrydag 10 Jan deur kerksondermure self benodig was. Ons het daaraan vasgehou dat die Vader betyds sal voorsien. Ouers het benoud begin raak om die nuwe adres te kry. Teen Maandag 6 Januarie het albei die moontlike opsies vir eiendomme ons laat weet dat dit ‘n finale “nee” is.

Dit het gevoel of die Egiptenare agter ons is en die Rooisee voor ons is. (Ex 14) Veral vers 14 en 18 het uitgestaan, “Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees en dit sal wees sodat die wêreld kan weet dat HY die Here is!” Dis inderdaad in kort wat met ons gebeur het! Ons het in die Gees die staf uitgesteek oor die water. Nog dieselfde oggend het een van ons ouers gevra of ons al plek het, want die eiendom waar hulle vorige kantore was, is weer leeg. Sy het ons in kontak gebring met die eienaar (wat toe nog met vakansie was). Ons het die hele Dinsdagoggend gebid, Woensdag oggend het hy “ja” gesê (in dieselfde sin waar hy se alhoewel hy onseker is of ons sy huur kan betaal) en Donderdag kon ons trek! AMAZING né!!!

Die plek is ‘n huis wat in kantore omskep is in Jim van der Merwestr 69, Clubview. (naby Leriba Lodge) In die hoofgebou kon ons 4 klasse akkommodeer, daar is ‘n dubbelmotorhuis wat ons nou ingerig het as ‘n “arts en craft” studio waar die kinders kunswerk kon doen. Die 2 woonstelle het elkeen hulle eie volledige kombuis en badkamer. Die kleiner een word gebruik as slaapkwartiere vir personeel om gedurende die week oor te slaap. Die groter woonstel het ‘n gebeds & beradingskamer, ‘n groot leefarea wat gebruik kan word om opleiding en seminare aan te bied en ook as ‘n baba-terapie sentrum vir mense met jonger gestremde kinders. Ons Vader het voorsien, groter, beter en mooier as wat ons gevra het, loof sy Naam! Families van gestremdes (Gesinne) Buiten finansiële uitdagings moet families van gestremdes baie dinge opoffer. Waarvan gesins-verhoudings baie skade ly agv tyd wat die gestremde persoon vereis, ver-

22    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


houdings tussen pappa en mamma en ook boeties en sussies. Gesinslede kan maklik ervaar hulle word “afgeskeep” omdat die versorging van ‘n gestremde baie tyd in beslag neem. Ongelukkig word boeties en sussies ook gespot deur maats en loop hulle dan met skuldgevoelens en die las dat hulle dalk die gestremde persoon moet versorg indien hulle ouers wegval. Daar is ‘n groot behoefte aan ‘n ondersteuningsgroep vir ouers, maar ook vir boeties en sussies van gestremde persone. Wil jy help? Bring jou 5 brode en 2 vissies en kom drink koffie!   •  Insette van arbeidsterapeute en fisioterapeute.   •  Fondse om kinders te borg of personeel se salarisse   te borg.   •  Donasies tov vars produkte en vleis   •  Borgskappe vir die nuwe babaterapie sentrum  k

Kontakbesonderhede: Jim van der Merwe Straat 69, Clubview, Centurion, 0157, e-pos: elshalem.haven@gmail.com Webtuiste: www.elshalem.co.za Tel:  012 654 7886 Fax:  086 601 2473

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     23


Voetspore se RaakVatReis

Kom saam met ons op ‘n RaakVatReis waar ons meer van onsself, van mekaar en van ander gaan ontdek. Ons gaan die eerste helfte van hierdie jaar eers by Hippolaan stilhou, en dan in die tweede helfte by Midstream. Moet dit nie misloop nie!

1)  Raak-bewus Fees & -Verhale  •  Woensdag 5 Maart (Hippolaan 18:30) – Gratis

Ons skop ons reis af met hierdie Fees & Expo. Kom ontdek die plekke waar ons as kerksondermure betrokke is - kom beleef die mense en stories, kleure en geure, wat deel uitmaak van God se familie wat met blydskap dien en die Koninkryk uitbrei. Kom vier saam met ons die fees van Christen wees! Wat is 'n fees sonder ietsie te ete? Dus RSVP asb.

2)  Raak-Leef Bybelse wêreldbeeld Konferensie  •  Donderdag- en Vrydagaand 6 en 7 Maart (Hippolaan 18:30) asook Saterdagoggend 8 Maart (Hippolaan 08:00 – 13:00) – Koste: R150 per persoon vir al drie aande

Hierdie drie dae lange toerustingskursus omtrent ‘n Bybelse wêreldbeeld, vorm die basis van ons RaakVatReis. God se radikale verlossingsplan bring ook ‘n radikale Koninkryk met ‘n radikale grondwet te voorskyn. Kom en ontdek die wonder van ‘n nuwe manier van kyk na die wêreld en na jou omgewing. Saam ontdek ons die verskillende wêreldbeelde van hierdie mooi land en sy mense, en waarom ‘n Bybelse wêreldbeeld SO dringend nodig is vir die gesprekke waarby ons betrokke is.

3)  Raak-Kuier Evangelisasie Toerusting  •  Dinsdagaande 11, 18 en 25 Maart (Hippolaan 18:30) – Koste: R50 per persoon vir al drie aande

Ons leef mekaar raak op soveel terreine - langs die sportveld, in ‘n koffiewinkel, in die ry by die bank, by die kantoor of in klastyd. Elke dag word ons geseën met soveel mense wat

24    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


ons paaie kruis. Die vraag wat ontstaan is: Hoe benader ons sulke geleenthede? Ons gaan vir drie weke stilstaan by hierdie baie belangrike vraag. Ons sal kyk na maniere om gesprekke aan te knoop en watter geleenthede en uitdagings daar is in vandag se wêreld in terme van die uitdra van die Goeie Nuus. Hierdie is beslis drie geleenthede wat jou lewe sal verryk, jou sal uitdaag en uiteindelik sal bemagtig.

4)  Raak-Sien Wat glo ander  •  Dinsdagaande 8, 15 en 22 April (Hippolaan 18:30) Koste: R100 per persoon vir al drie aande

‘n Klomp jare terug moes jy ver reis om ‘n gesprek met iemand van ‘n ander geloof en etniese afkoms aan te knoop - vandag is dit oral om ons. Al ooit gewonder wat die essensie van die verskillende gelowe werklik is? Indien ons vir mense wil lief wees, sal dit ons geweldig baie baat om ook meer uit te vind oor hul geloof en hul kultuur. Ons gaan hierdie drie weke stilstaan by die gelowe van die Moslems, Boediste, Ateïste en Afrika-godsdienste. Dié reeks sal nie net nuttige inligting deurgee nie, maar iets vertel van Jesus se hart, sowel as die wyse waarop ons mense van ander geloofsoortuigings moet benader. “Don’t tell them Jesus loves them, until you are ready to love them too.”

Die RaakVatReis bied ons geleenthede om te groei, om betrokke te raak en om ten volle toegerus deel te neem, lief te hê en die wêreld raak te leef.

Navrae en registrasie:

Jolandi Rudman 012 663 2003 x 254 (slegs tot 13:00) jolandi@ksm.co.za

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     25


Belydenis van geloof in 2014 Andrè van Zyl

"Hierdie jaar het ons afgeskop met ‘n erediens wat gehou is vir graad 11’s en hulle ouers. Dit was ‘n wonderlike geleentheid met lofprysing, aanbidding en ‘n boodskap uit Efesiërs 5. Die groepleiers van 2014 is saam met my so opgewonde oor dit wat die Here wil doen en dit was ‘n voorreg dat die ouers saam ook vir hulle kon bid. Hierdie jaar is ‘n jaar wat elke jongmens deur ‘n proses beweeg om sonder twyfel sy/haar geloof in Jesus Christus te bely. Wat ‘n voorreg! Andrè van Zyl is een van ons belydenisleiers wat al vir jare betrokke is by kerksondermure belydenisgroep en weet hoe groot die impak van hierdie jaar op ‘n graad 11-kind en hul ouers is. Ek het hom gevra om iets te skryf oor hoe ouers hierdie jaar beter kan verstaan: Wat behoort te gebeur in die belydenisjaar?"

In die Kerk het God die inisiatief geneem in ons kinders se lewens (ons sien dit veral in die doop van kinders van gelowige ouers) en ons as ouers en as kerk neem grotendeels verantwoordelikheid om terwyl hulle nog kinders is hulle te “onderrig en te laat onderrig” in die leer van die kerk. Daar kom egter ‘n tyd waar ons wil weet wat hierdie jongmense self dink en dit is tydens hulle belydenisjaar. Baie jongmense kom nie weer in die kerk na hulle belydenis afgelê het nie. Ek dink dit is omdat ons hulle nie in hierdie oorgang goed begelei het nie. By kerksondermure dink ons anders oor hierdie saak en neem ons die belydenisjaar baie ernstig op. Ons sien dit as ‘n oorgangstydperk waar ons van die jongmense verwag om toenemend self verantwoordelikheid vir hulle geloofslewe te neem. Ons wil nie hê dat enigiemand belydenis van geloof aflê omdat hulle ouers dit wil hê of omdat groepsdruk dit vereis nie. Dit moet iets wees wat hulle as jong grootmense wil doen! Ek wil vir die ouers van die jongmense in hulle belydenisjaar, hulp met ‘n moeilike, maar baie belangrike ding vra. Ek wil vra dat julle hulle gedurende hul belydenisjaar stelselmatig sal laat gaan. Laat hulle self verantwoordelikheid vir hul eie geestelike groei en verhouding met die Here en sy kerk aanvaar. Ons as groepleiers wil graag in ‘n span saam met julle werk om hierdie kinders deur die loop van hul belydenisjaar tot volwassenheid te begelei sodat hulle as jong volwassenes vir hulleself kan praat as hulle voor die gemeente hul geloof bely.  k

Die oorgang tussen kindwees en volwassene wees is ‘n baie belangrike fase in enige mens se lewe. In ons samelewing het ons nie regtig meer oorgangsrites (rites of passage) waarmee ons vir ‘n seun sê hy is nou ‘n man en vir ‘n dogter sy is 'n vrou nie. Dit is asof ons verwag kinders moet volwassenes word in die Desembervakansie tussen matriek en hulle eerste jaar as jong volwassenes. Ek sien die probleme wat dit veroorsaak by die universiteit waar ek werk. ‘n Mens kan nou maar eenmaal nie die een aand gaan slaap as ‘n kind en die volgende dag opstaan as volwassene nie!

26    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org


Annelize de Wet

Gesinne met tieners word deel van UBA!

Wat is hierdie UBA? Dit staan vir Uitreik Bemagtigings Avontuur! Dit is ‘n beweging wat ontstaan het uit tienerbediening, met die doel om tieners te bemagtig om ‘n lewe te leef wat uitreik na mense in nood. Net so bietjie agtergrond: In 2013 het ons afgeskop met ‘n UBA-kamp waartydens ons tieners opgelei het in Kidzgames en deur praktiese aktiwiteite toegerus het om die evangelie van die koninkryk te leef en vir mense te kan vertel. In Desember was ‘n praktiese uitreik na Zambië wat vir seker lewens verander het! Daar het ons Kidzgames aangebied, asook huisbesoeke en woordbediening gedoen. Dit was dan nou alles wat tot en met nou gebeur het. Die Avonture van UBA gaan egter voort in hierdie jaar met ons eerste UBA wat reeds 15 Februarie plaasgevind

het. Hierdie keer identifiseer ons 3 van ons projekte binne kerksondermure en skep geleentheid vir die tieners om daarheen uit te reik. Op elke avontuur sal daar altyd leiers wees wat saamgaan om te fassiliteer en ondersteuning te bied waar dit nodig is. Die tieners word egter aangemoedig om self inisiatief te neem vir die volgende avontuur… so ek kan nie wag om te getuig oor wat volgende gebeur nie! Ons vra dus vir ouers wat tieners het om hulle aan te moedig om deel te word van UBA! Ouers kan op die kleinste maniere betrokke wees: help ons met vervoer, kom reik saam uit of bid vir jou tiener wat ‘n verskil maak! In Oktobermaand hou ons weer ‘n UBA-kamp en Desember weer ‘n uitreik na Zambië, maar vir nou…kyk uit vir ons volgende UBA en raak deel daarvan!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Maart 2014     27


Nuut

Kuria – Griekse vertaling vir “gerespekteerde vrou”, “dame” (koo-ree'-ah). Kom ontdek weer jou waarde, talente en gawes in God se plan. Kom vul jou kruik/beker met geestelike oorvloed sodat jy aan ander kan uitdeel deur:  - te dien,  - te deel,  - te bemoedig,   -  te lewe – waarlik vry,  - te vertrou! Kom loof en prys sy Naam! Kom ontvang Geestelike insig oor jou “doel-wees”, “vrou-wees” en “mens-wees”. Kom maak ’n verskil in iemand anders se lewe. Navrae: Jansie 082 852 5258 of Daleen by die kerkkantoor 012 663 2003 x209/daleen@ksm.co.za

‘n byeenkoms vir vroue Motiveringspreker: Kona Brown (Elvis Blue se suster)

19 Maart 2014 om 18:30 vir 19:00 kerksondermure Hippolaan R50 pp ete ingesluit Navrae: Jansie 082 852 5258 of Daleen by die kerkkantoor 012 663 2003 x209/ daleen@ksm.co.za

28    Hartklop l  Maart 2014

www.kerksondermure.org




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.