uit jou gemaksone in jou hartsone in!
My persoonlike verhouding met God Maart/April 2015  Uitgawe 102
Inhoud
Fokus
Dagboek
01
Redaksie - Wat doen ek nou eintlik hier op aarde?
02
Persoonlike verhouding met God
07
Bediening van die Doop
03
Midstream: Visie 2015+
07
Bybelskool
06
Dienswerk
13
Tiener Gameplan
14
Kinderbediening Fokus
08 09 10 10
Kalender - Maart Kalender - April Veritas SingleSonderMure
Agterblad:
Algemeen
Preekrooster: Maart
06
Verhoudingsgroepe
15 16
kinderssondermure 2015 Vakansieprogram inskrywingsvorm
Stories 11
Stories van hoop na egskeiding
12
Welkom aan Dina en haar gesin...
My Voetspore 04
Veritas: team member, Anamita
05
Dringende behoeftes
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure App: Google Play Store & Apple i-Store: kerksondermure Na-ure predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Takkode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Adres: Gemeente sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quarystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003 • Midstream - 012 940 9480
Redaksie
Wat doen ek nou eintlik hier op aarde? 1 Korintiërs 12:12-15 12 Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus. 13 Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk.14 Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. 15 As die voet sou sê: “Omdat ek nie 'n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie.
Daar is 5 spesifieke doele waarvoor God jou geskep het: • Doel 1: Jy is vir God se behae beplan (Aanbidding) • Doel 2: Jy is vir God se familie geskep (Gemeenskaplikheid) • Doel 3: Jy is geskep om soos Christus te word (Dissipelskap) • Doel 4: Jy is geskep om God te dien (Bediening) • Doel 5: Jy is vir ’n sending geskep (Sending)
My liewe vriend, jy is saam met my deel van sy liggaam of jy dit nou wil weet of nie, jy is deel van sy liggaam gewees van geboorte af en is steeds deel daarvan. So met dit uit die weg geruim, kom die volgende vraag: Hoekom het Hy ons dan deel van sy liggaam gemaak?
Dus: alles in jou lewe gaan oor God, of is veronderstel om oor God te gaan. Om vir Jesus te leef, is nie ‘n na-ure of deeltydse ding nie, dis ‘n nuwe, unieke leefwyse wat jou elke dag deel van sy liggaam maak.
Kolossense 1:16 16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Die volgende gedeelte is met erkenning aan Dr. Rick Warren uit sy boek “The Purpose Driven Life” (een van die beste boeke wat ek al gelees het, beskikbaar by CUM boeke). Jy is deur God vir God geskep, alles is deur God vir sy spesifieke doel geskep. Hier is die groot geheim, alles begin by God, dit gaan nie vir een oomblik oor jou nie. Die doel waarvoor God jou geskape het is baie groter as jou persoonlike vervulling, jou gemoedsrus of selfs jou geluk. Dit is baie groter as jou familie, jou loopbaan, jou drome en jou ambisie. As jy wil weet hoekom jy op die aarde geplaas is, moet jy by God begin. Jy is gebore deur Sy doel vir Sy doel.
Wat nou, wat vra dit van jou? Dit vra verandering – lewensverandering -- en dit begin by jou. Dit gaan ‘n sekere stel vaardighede en nuwe gewoontes van jou vereis. Die doel is dat jy in ‘n hegte, persoonlike verhouding met God sal staan sodat jy sy karakter en sy hart só goed leer ken dat jy dit sal aanneem en gestalte sal gee in die wêreld. Ons gaan jou hierdie maand meer vertel oor ‘n oefenprogram/ ontdekkingsreis wat jy kan volg om jou te help om jou persoonlike verhouding met God te versterk… As ons almal ons doel op aarde verstaan, saam as sy liggaam dit ontdek en saam oefen om dit ten volle te leef sal sy koninkryk in volle glorie tot in die uithoeke van die aarde gevestig word. Lekker oefen en leef in die volgende twee maande. Onthou, die verandering begin by jou… Jesus Liefde
Francois
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 01
Fokus
persoonlike verhouding met God Fanie Venter
As deel van ons “Wedstrydplan na Lewensverandering” fokus ons die eerste 6 maande van 2015 op ons persoonlike verhouding met God. Nou 'n belangrike vraag: Waarom praat ons van 'n “persoonlike” verhouding en nie maar net verhouding nie? Ek het gedink aan 'n paar redes.
Met persoonlike verhouding verwoord ons iets van die wese van die God in wie ons glo. Ons God is 'n verhoudings God. Hy het 'n Naam. Hy leef as Drie-enige God (Vader, Seun en Heilige Gees) van ewigheid af in verhouding met mekaar. Hy roep ons op ons naam. Ons name is in sy handpalm geskryf. Hy stel Homself in sy Woord aan ons bekend as Vader, 'n term waarmee die diepste, persoonlikste en intiemste verhouding denkbaar uitgedruk word. As ons van 'n persoonlike verhouding met God praat dan stel ons dit teenoor 'n koue strak godsdienstige sisteem van reëls, regulasies en leë rituele. Gaan lees gerus Galasiërs om te sien hoe Paulus reageer teen die Joodse godsdienstige sisteem.
02 Hartklop l Maart/April
Jesus het deur sy offer aan die kruis ons kom bevry van godsdiens, sodat ek in verhouding met die persoonlike God kan leef. In Jesus is hierdie verhouding so intiem, dat Hy sy lewe deur ons kom leef (Gal. 2:20). 'n Persoonlike verhouding met God begin daarom by 'n geloofsbeslissing vir Jesus, wat ek maak in antwoord op God se onverdiende goedheid. Dit beteken dat ek Jesus vertrou dat Hy aan die kruis alles gedoen het wat nodig is vir my vryspraak. Dat Hy alles gedoen het, sodat ek in die regte verhouding met God kan lewe. Vir 7 weke (8 Februarie tot 22 Maart) gaan ons by verskillende geloofsgewoontes (stilte, Bybellees, aanbidding, gebed, bewustelike lewe en eenvoud) stilstaan. Die bedoeling daarmee is om vir God die geleentheid te gee om ons verhouding met Hom meer opreg, gesond en intiem te maak. Ons glo dat ons só gaan ontdek hoe mooi en goed God is en hoe Hy dink en voel oor ons en ons wêreld. Wanneer dit konstant gebeur, kan ons vanuit veranderde lewens saam met Hom deel wees van die verandering van sy wêreld. k
2015 www.kerksondermure.org
Midstream
300 (2015)
150
Deelnemende gesinne aan Visie 2015+
12 000 000 Nuwe gebou
8 000 000 Bouprojek begin
4 500 000 Skulddelging
1 070 000 Geloofsfondsverbintenis bydraes reeds ontvang
Midstream Visie 2015+ Dis 'n splinternuwe jaar in die ontwikkeling van kerksondermure Midstream wat nie skroom om te groei in al die fasette van kerk wees waaraan jy moontlik kan dink nie. In hierdie nuwe jaar het sommer baie nuwe familielede bygekom en ons wil elkeen van julle hartlik verwelkom in die kerksondermure Midstream familie. Jy mag nooit vergeet dat wanneer ons van kerksondermurepraat, praat ons van mense, ons praat van jóú wat saam met God stap en onvoorwaardelik vir Sy koninkryk gee. Ek deel vinnig weer die doel van Midstream Visie 2015+ sodat almal net weer onthou: dit is om genoegsame fondse in te samel om ons droom van ‘n volwaardige en aktiewe liggaam van Christus vanuit Midstream te laat realiseer. Gemeentelede het in September 2014 'n geloofsfondsverbintenis gemaak om elkeen addisioneel by te dra tot die verwesenliking van hierdie droom. As jy nuut in die gemeente is en jy nog nie die voorreg het om deel te wees van hierdie stukkie nalatenskap van die Midstream gemeenskap aan vandag en môre se kerk nie, het ons sommer baie om met jou deel. Gaan kyk op ons webwerf, op die voorblad is daar twee kort video’s:
Die Midstream Storie en die Midstream Visie 2015+. Dit vertel net weer die awesome storie van kerksondermure Midstream. Kyk na albei en skakel dan met ons by die Midstream kerkkantoor om betrokke te raak by hierdie opwindende projek. Dit is dan ook vir ons 'n wonderlike voorreg om bekend te maak dat ons in net 6 maande reeds R1,070,000.00 ingevorder het van die R2, 000,000.00 se Visie 2015+ beloftes wat ons in September 2014 ontvang het. Saam met projek Basileia se bydraes van Maart 2014 tot Augustus 2014, het ons reeds R2, 100,000.00 ingesamel. Die uitkoms van enige droom is gesetel in die aksie wat daarop geneem word en in hierdie geval, geloof in wat God vir kerksondermure Midstream bestem het. Kom ons glo dit onvoorwaardelik en bid elke dag van 2015 vir God se leiding en inspirasie wat die gemeente ten volle sal verenig in die uitvoering en bereiking van God se droom vir hierdie wêreld: Die koms van sy koninkryk, ook vir Midstream... k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 03
My Voetspore Colin Smith (083 263 9211) 012 663 2003 x 258 Jolandi Rudman (net tot 13:00) 012 663 2003 x 254 Anne-Marié Cronjé (082 866 5336) 012 663 2003 x 253
csmith@ksm.co.za jrudman@ksm.co.za amcronje@ksm.co.za
Meet the Veritas team
We will be featuring all our Veritas team members during this year. Meet Anamita Nag and her family.
I, Anamita Nag, am originally from Orissa. I got married to Ebenezer in 2010. He works for justice mission India. We are blessed with a daughter named Abia (three years old). I joined Veritas College India in 2009. At Delhi office I worked as facilitator and accountant. After being at Delhi office for four years I left in October 2013 for Balangir (Orissa). I have the responsibility to develop ministry in Balangir (mainly among the women) and Chhatishgarh. As I started introducing Veritas it did take some time to be recognised by the local church. I visited many CNI churches in and near the Balangir district and introduced the ministry to church leaders. Many Churches are open to receive the teaching but some do not feel the need of training their people.
At present I am involved in training five weekly groups in Balangir. There is a village named Gandhrel where there are more than 100 Christian families but only 10-15 families are attending Sunday service. After completing Module1 with this group, some participants decided to pray for their village. Initially they started praying for one family for a day but now they visit three families per day and pray for them. The participants testify that their own prayer lives are improved and they see changes in other people’s lives. Prayer points:
• • • •
Please pray that the men will encourage them to attend the training. For the life transformation of the participants to be an example for many in their own places. For myself, to receive God’s strength to live an exemplary life for my family and fellow believers. To develop a ministry in Balangir and Chhatisgarh.
With regards Anamita
04 Hartklop l Maart/April
2015
www.kerksondermure.org
Dringende Behoeftes
Olievenhoutbosch Sentrum vir Gestremdes:
Arina Doyle: 082 774 7559 Die volgende bruikbare items tel onder nood wat ons tans ervaar: • toiletpapier • plastiek handskoene • skottelgoedwasseep • fotostaatpapier • Dettol of Savlon • mieliemeel (wit en 'n bietjie bruin) • plastiektafeltjies en -stoele.
Raad vir Bejaardes:
Elma Krüger: 082 386 0500 • Nie-bederfbare kos • Materiaal, wol, krale, garing, ens. • Tuissorgbenodigdhede: Dettol, acqueousroom, doeke en handskoene.
Echo Jeugontwikkeling:
Talita Coetzer: 082 339 7511 • Echo Kids soek nog vrywilligers om Bybelklasse aan te bied in die oggend by laerskole (Kontak Emi 083 4784577) • Grassnyer - ons grassnyer het finaal die gees gegee . . . • Kos, fietse, beddegoed . . . • ‘n Stofsuier vir die meisieshuis • ‘n Broodrooster vir die meisieshuis • Eetgerei vir die seunshuis • Twee goeie werkende (nuwe) rekenaars vir die meisies huis • Ons het ‘n skenking van omtrent 20 rekenaars gekry, maar hulle kort almal hardeskywe • ‘n Goeie, werkende (nuwe) rekenaar of skootrekenaar vir die kantoor • ‘n Goeie werkende stoof vir die seunshuis.
Berg en Dal:
Sanet van Niekerk: 083 456 1875 • 4 studeerlampies.
Experience Mission (Amerikaners):
My Voetspore
THF en OCS
• 2 skootrekenaars vir administrasie- en bemarkingsdoel eindes • Wit A4 afrolpapier • Toiletpapier • Vir die voedingskema: koffie, Cremora, rooibostee, enige smere vir toebroodjies bv. konfyt of grondboontjiebotter • 12 netbal/sokkerballe
Chrisna Fourie - Sjinese bediening
071 349 5286 Ons het iemand nodig op ons projekspan wat die bemarking kan waarneem, asb. Dit moet iemand wees wat lief is om te kommunikeer en wat vertroud is met die gebruik van die verskillende sosiale netwerke. ‘n Liefde vir ‘event’ beplanning sal ‘n pluspunt wees.
Charlotte Rossouw- Moslems
079 280 4831 My dringende behoefte is hande uit die kerk; hande-voorbidders (vir nuwe mense, vir areas wat ons moet gaan bereik, ens.) voete wat bereid is om opgelei te word ens.
Huis Gideon:
Martin en René Odendaal: 012 664 2199 of 079 514 3290 Benodig: • Mieliemeel • Suiker • Koffie • Melk • 2 min Noodles • Vrugte • Groente • Brood • Vleis (Maalvleis, hoender, stowevleis, blikkiesvis en -vleis, wors) • Kitspap • Eiers • Toiletware • Skoonmaakmiddels.
Hein van Wyk: 082 349 8465 • 'n Sitkamerstel en ook 'n ekstra 2-sitplek bank. • Skottelgoedwasser.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 05
Dienswerk en Verhoudingsgroepe
Dienswerk vir Sy Koninkryk... Francois Schoombee Baie dankie aan al die Dienswerkers wat aangemeld het en 'n keuse gemaak het om in God se Koninkryk te dien, ons is só opgewonde om 2015 met julle te deel. Dankie dat jy vir Jesus gekies het, ons hoop jy is net so opgewonde oor 'n nuwe seisoen in jou lewe soos ons. Laat ons toe om saam met jou nader aan Hom te beweeg sodat ons persoonlike verhoudings met Jesus en met mekaar na nuwe hoogte sal beweeg waar ons daagliks in en met sy liefde sal beweeg in hierdie wêreld.
Ons Seniors kom elke eerste Woensdag van die maand om 09:30 by kerksondermure Hippolaan bymekaar. Ons luister altyd na ‘n spreker of kunstenaar by so ‘n geleentheid. Daar is ook altyd ietsie te peusel na die tyd so tussen die gesels om mekaar beter te leer ken. Ons het ook twee heerlike uitstappies in die jaar. Kom word deel van ons OppieKoppie Seniors.
In 1 Johannes 5:6-12 gebruik Johannes die drie komponente van die drie-eenheid en verwys dat as jy die Seun het, het jy die lewe, die ewige lewe en die Gees sal by jou wees. Dit beklemtoon die onafskeidbare eenheid tussen God, sy Seun en sy Gees wat Hy by ons agtergelaat het na sy hemelvaart. Dus elkeen van ons wat bely dat Jesus die Seun van God is en dat sy Gees in ons lewe, is in diens van ons Vader tot Hy ons weer kom haal.
Groep vir jong werkende mense Die groep kom elke Woensdagaand om 19:00 bymekaar. Vir verdere inligting kontak Hugo by 084 517 7417 of e-pos wip@ksm.co.za. Of u kan Daleen kontak by die kerkkantoor 012 663 2003 x209/ dlombard@ksm.co.za
Daarom is ons dankbaar-opgewonde oor elke geroepe gelowige wat hulle roeping aanvaar en vir God kies. Mag jou diensbaarheid ‘n offer aan jou Hemelse Vader wees sodat mense sy gestalte in jou sal leer ken en beleef! Ons benodig steeds hulp in verskeie bedieninge en wil graag elkeen wat nog twyfel oor hulle roeping uitnooi om dit ernstig te oorweeg. Kom gesels met ons, ons bid graag saam met jou dat jy Sy stem sal hoor. God het jou geskape met 'n spesifieke doel in gedagte, laat ons toe om jou te help om dit te ontdek. Daar is geen groter lewensvreugde nie as om God se doel vir jou lewe te verstaan en dit elke dag te kan leef nie. Moenie langer wag nie. Meld aan vir onverdiende genade wat werklike geluk in jou lewe bewerkstellig. Komaan, leer saam met ons wat dit is om voluit te lewe... Hulp wat nog benodig word is soos volg: die Kinderbediening benodig vier kleingroepleiers vir die Gr. 1-3 08:00 en 10:00 dienste in Midstream, asook vir die 3-4 jarige peuters. Kontak asb die Midstream kerkkantoor of die Kinderbediening. k
Navrae: Hennie 012 664 8228/082 890 0492 of Daleen by die
kerkkantoor 012 663 2003 x209/dlombard@ksm.co.za Wil jy… Nuwe vriendskappe bou? Moederskap vier en deel met ander Mamma’s? Net bietjie jou batterye herlaai terwyl iemand anders omsien na jou kleinding… Kom kuier saam met ons by kerksondermure, h/v Hendrik Verwoerdrylaan en Hippolaan, Centurion. MaMs kom elke tweede Woensdag tydens skoolkwartale bymekaar. Een week luister ons na ‘n interessante spreker en die volgende keer pak ons ‘n lekker handwerk projek aan. Navrae: Surene 084 814 0545/surene.palvie@gmail.com of Daleen by die kerkkantoor dlombard@ksm.co.za
Navrae: dienswerkers@ksm.co.za
"Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus” (Gal. 6:1): Kom word deel van ons Selfamilie by kerksondermure. Kontak vir Daleen by 012 663 2003 x209 of dlombard@ksm.co.za indien u deel wil word van ‘n selgroep.
Spreker: Ds Jannie Pelser 13 Maart @ Midstream 18:30 vir 19:00
Alle vroue word vriendelik uitgenooi na ons Kuria byeenkomste. Hou asb. die volgende dae oop:
20 Maart @ Hippolaan 18:30 vir 19:00
11 Maart: Spreker Stephan Joubert: “Die verskil tussen dring-endheid & gejaagdheid”
R50 pp - ligte vingerete ingesluit. Kaartjies by die kerkkantore.
10 April: Vriendinne-dag Navrae Jansie: 082 852 5258 of Daleen by die kerkkantoor 012 663 2003 x209/dlombard@ksm.co.za
06 Hartklop l Maart/April
Navrae: Midstream - mskantoor@ksm.co.za Hippolaan - dlombard@ksm.co.za
2015
www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 07
08 Hartklop l Maart/April
2015
www.kerksondermure.org
10:00 GriefShare MS
09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Bemagtigingsgeleentheid: Antwoord God HL & MS
09:00 MaMs byeenkoms HL 09:30 Oppiekoppie Seniors HL 10:30 Seniors@Midstream 19:00 Wip byeenkoms HL
Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding opvolg HL 19:00 Musiekbediening oef.
08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL Wêreldbiddag vir vroue
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream (Antwoord God) 09:00 UBA Uitreik HL & MS Wêreldbiddag vir mans
10:00 GriefShare MS 09:00 Snr Oefeninge HL 14:00 Tieners kreatiewe Span vergadering HL 18:00 Diepkant HL
Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Kuria Byeenkoms HL
Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef.
08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL 08:30 Beradersforum HL 18:30 Manne Sprekeraand MS
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream (Stap saam met God) 09:00 UBA Uitreik HL & MS
10:00 GriefShare MS
09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Bemagtigingsgeleentheid: Leef eenvoudig voor God HL & MS
Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 09:00 MaMs byeenkoms HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gasvryheidsfunksie HL
Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef.
08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL 08:30 Sielkunde Forum HL 18:30 Manne Sprekeraand HL
Menseregtedag 07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream (Leef eenvoudig)
09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS
09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS 18:00 Diepkant Werkswinkel HL
09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS Lydensreeks begin Geen kindereredienste
08:00 Paasfees-vakansieprogram HL
08:00 Paasfees-vakansieprogram HL 09:00 Snr Oefeninge HL
29 Sondag 30 Maandag 31 Dinsdag
Weektema: Vier God Tieners: Kletskamer
Doopregistrasie vir Apr sluit
Skole Sluit 09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 19:00 Wip byeenkoms HL
08:00 Paasfees-vakansieprogram MS 08:00 Personeel gebed HL/MS 09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream 09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS SingleSonderMure Uitstappie
Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:45 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 18:00 Belydenisklas & Selgroepe
Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00 & 10:00
08:00 Paasfees-vakansieprogram MS 09:00 – 20:00 Gebedstasies HL & MS 19:00 Musiekbediening oef.
22 Sondag 23 Maandag 24 Dinsdag 25 Woensdag 26 Donderdag 27 Vrydag 28 Saterdag
Weektema: Leef eenvoudig voor God
15 Sondag 16 Maandag 17 Dinsdag 18 Woensdag 19 Donderdag 20 Vrydag 21 Saterdag
Weektema: Stap saam met God
08 Sondag 09 Maandag 10 Dinsdag 11 Woensdag 12 Donderdag 13 Vrydag 14 Saterdag
Doop: 08:00, 10:00 HL & MS 12:00 HL Weektema: Antwoord God
01 Sondag 02 Maandag 03 Dinsdag 04 Woensdag 05 Donderdag 06 Vrydag 07 Saterdag
Maart 2015
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 09
Nagmaal: 19:00 HL & MS 08:00 Paasfees-vakansieprogram HL
Goeie Vrydag Nagmaal: 08:00 &10:00 HL/MS
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream
Gesinsdag
09:00 Snr Oefeninge HL
19:00 Musiekbediening oef.
08:00 Personeel gebed HL/MS # Imagine: Tienerkamp
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream # Imagine: Tienerkamp
Bybelstudie: 09:00 HL & 10:30 MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef.
Registrasie - Belydenisaflegging sluit HL
08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream 10:00 Kuria Vriendinnedag
Doopregistrasie vir Mei sluit
Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 09:00 MaMs Byeenkoms HL 08:30 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Veritas MS 19:00 Bybelskool HL
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef.
Geen kindereredienste Geen Tienerdienste
Vryheidsdag
09:00 Snr Oefeninge HL 18:30 Gebedsopleiding MS 18:30 Huweliksvoorbereiding MS 18:30 Authentic Manhood HL
Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 18:00 Gemeenteraadverg. MS 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef.
26 Sondag 27 Maandag 28 Dinsdag 29 Woensdag 30 Donderdag
19:00 Veritas HL 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
Registrasie - Belydenisaflegging sluit MS
08:00 Personeel gebed HL/MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream SingleSonderMure Uitstappie
21 Dinsdag 22 Woensdag 23 Donderdag 24 Vrydag 25 Saterdag
09:30 Oppiekoppie seniors 10:30 Seniors@Midstream 18:30 Midstream BKS 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Veritas MS
09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant Werkswinkel HL 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 Gebedsopleiding HL
Midstream Skool Open 09:00 Snr Oefeninge HL KB: (HL & MS) (Koördineerdersvergadering 18:00(Peuters/ Kleuters); 18:40 (Jr/Sr): 19:30 Gr 7 18:00 Diepkant HL
11:30 Selindeling MS 14:00 Tienerbediening Groepleiers Opleiding HL & MS Kletskamer & Aanddiens HL Kletskamer MS
Skole Open 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL
19 Sondag 20 Maandag
# Imagine: Tienerkamp Doop: 12:00 Hippolaan 08:00 & 10:00 Midstream Geen kindereredienste
12 Sondag 13 Maandag 14 Dinsdag 15 Woensdag 16 Donderdag 17 Vrydag 18 Saterdag
06:00 “Sunrise Service” HL & MS Opstanding Sondag Geen kindereredienste
05 Sondag 06 Maandag 07 Dinsdag 08 Woensdag 09 Donderdag 10 Vrydag 11 Saterdag
April 2015
08:00 Paasfees-vakansieprogram HL
01 Woensdag 02 Donderdag 03 Vrydag 04 Saterdag
Dienswerk
10 Hartklop l Maart/April
2015
www.kerksondermure.org
Persoonlike Sorg
Stories van Hoop na
egskeiding
Die DivorceCare 13 weke program word twee keer 'n jaar hier by kerksondermure aangebied. Hierdie program help mense om emosioneel gesond te word, maar nog meer, om mense weer HOOP te gee en God weer opnuut te ondek. Hier is 'n paar pragtige getuienisse van mense wat die program hier by kerksondermure voltooi het: Ek het by DivorceCare gegroei van iemand wat op ‘n daaglikse basis seer ervaar tot iemand wat ander mense op 'n daaglikse basis bystaan in hulle seer. Ek het God se plan met my eie seerkry besef. Soos in Romeine 5, het swaarkry egtheid van geloof in my gekweek. Ilona Ek het deur baie emosies gegaan a.g.v. my egskeiding. Om te sien wat my kinders beleef, het erge woede in my ontketen en ek het daarmee gestoei en geworstel. Ek was kwaad! Die deelname aan die DivorceCare program het my laat besef dat daar lig aan die einde van die tonnel is en dat ek met verloop van tyd kan vergewe. Vergifnis was vir my 'n moeilike opdrag van God af. Na ek die stap geneem het om te vergewe, het God my geseën met vrede in my hart. Ek kan nou weer gesonde gesprekstye met my kinders hê. Anrieta DivorceCare is ‘n program wat my toegerus het met 'n praktiese ‘to-do-list’ vir verhoudings vorentoe in my lewe (met skoonfamilie, familie, vriende en 'n toekomstige lewensmaat.) My huwelikstorie was soos 'n sepie: onvervulde huweliksmaat, verlies van 'n ouer en wat die rouproses aan 'n huwelik doen, miskraam, gebrokenheid, eensaamheid, verdowing van pyn deur 'n soeke na liefde, 'n huweliksmaat wat a.g.v. breinkanker van geaardheid verander het deur ‘affairs’ te hê en net wou skei om "the one" en ware liefde te vind. My storie was vir my 'n ‘shameful one’, maar die mense wat die program bygewoon het, het my nie veroordeel nie. Hulle gesindheid van aanvaarding het my veilig laat voel om te ‘share’ en gesond te word. Ek kon a.g.v. my inkering en bekeringsproses gesonde veranderinge in my lewe maak. Vandag is my ‘scars’ 'n teken van God se genade op genade en sy oorvloedige liefde. Anoniem DivorceCare het op 'n tyd in my lewe gekom toe ek dit die nodigste gehad het. Dit het my verhouding met die Here weer versterk. God het my Anker geword en my huwelik het toe nie in egskeiding geëindig nie, maar in versoening en my baba kan nou in 'n huis grootword waarin albei sy ouers is. Ek is dankbaar! Monet Ek is 'n man en wou nie DivorceCare bywoon nie. Ek het maar gegaan en gedink as hulle te geestelik raak na my sin sal ek net nie weer gaan nie. Die eerste aand het ek vir almal gesê ek wou skei en is verlig na alles wat ek deur is en dat ek ‘okay’ is. Later het ek agtergekom dat sekere goed die verkeerde knoppies druk en ek nie so ‘okay’ is nie. Tydens hierdie sessies kon ek leer om my woede uit te woed, dinge wat ek deur is te "face" en te verwerk en om sekere goed te laat gaan. Anoniem
DivorceCare het my lewe verander! Ek het pragtige mense ontmoet. Die inhoud van die materiaal het my denke vernuwe en genesing vir my emosies gefasiliteer. Ek het wonderlike Milanie van der vriendskappe ontwikkel, mense wat nie simpaWesthuizen tiseer nie, maar WEET waardeur 'n mens gaan. DivorceCare is belangrik vir enige iemand wat geraak is deur egskeiding. Madelein DivorceCare het my laat besef dat daar nie iets met my verkeerd is nie, dat ek nie alleen is nie en dat ek my storie kon deel met mense wat regtig verstaan. Dit was ook goed om mans se perspektief en stories te hoor. Die groep word vriende wat mekaar bystaan met praktiese hulp om sekere goed te hanteer. Ek het DivorceCare in 2013 bygewoon en sommige van ons kom soms vir verjaarsdagvieringe bymekaar. Elize Om God se droom vir my weer opnuut te kan opneem en in sy genade daarmee voort te gaan. Renier DivorceCare het my perspektief gegee oor die emosionele trauma wat ek beleef het. Dit het my so baie hoop gegee vir genesing. Dit het my voorberei op die toekoms en my bemoedig om die egskeiding te maak “werk" ter wille van my kinders. Ronel Ek was eers skaam omdat ek enigsins egskeiding oorweeg het. By DivorceCare het dit vir my 'n verskil gemaak om te weet mense verstaan watter proses my kinders deurmaak. Die fasiliteerder het baie vir my beteken en my gemotiveer - wat 'n wonderlike engel van die Here – net gestuur vir my! Daar is ook sukses-stories uit amper egskeiding! Die Here werk met 'n mens se hart en berei jou voor vir dit wat Hy beplan in jou huwelik. Hy het ons huwelik nog 'n kans gegee en deurdat ek die kursus van DivorceCare gedoen het, het gehelp dat ek my emosies stap-vir-stap deurgewerk het. Ek beveel dit aan vir enigiemand wat voel hulle laaste uitweg is skei. Anoniem Soms is dit nodig om heeltemal op die grond te wees voordat jy kan besef en ervaar hoe God jou optel en jou styf teen sy hart vasdruk. In 2011 was dit my geval. Ek het pas uit 'n huwelik uitgestap, my hart was gebroke, ek het my werk verloor, ek was verward en deurmekaar, ek moes blyplek kry. Ek het by kerksondermure gehoor van DivorceCare en besluit om dit te gaan doen. Daar het die Here my hart weer heel begin maak. Ek het met Molly Miessner kontak gemaak en ek is saam met hulle na Israel waar my sending paadjie begin het. Die Here het al ongelooflike dinge in my lewe laat gebeur en gebruik my ook weer in ander mense se lewens as bewys dat GEEN persoon te gebroke, te ver van Hom af, te watookal kan wees vir Hom om te gebruik nie. Charlotte As jy van enige persoon weet wat by hierdie program kan baat, kontak ons by 012 663 1610 of e-pos divorcecare@ksm.co.za.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 11
Welkom Ria Mardon
Welkom aan Dina en haar gesin...
Sy is die nuwe gesig by ons Netwerk vir Lewe Sentrum ontvangs Dina se sprankelende persoonlikheid het ons sommer gou laat hoor dat hulle al Surfies, Korfies, Greeffies en Gerfies genoem is en dat baie mense die uitspraak en spelling van hul seldsame van nie regkry nie. Die regte uitspraak van hierdie Duitse van, is "Serff" maar dit word met 'n "C" gespel. Haar man, George, is in Walvisbaai gebore, in die destydse Suidwes-Afrika. Hy het na sy diensplig in Pretoria gestudeer en hulle het mekaar in 1986 ontmoet. Hierdie Vrystaatse boeremeisie van Frankfort het die plaaslewe verruil vir 'n lewe in die stad toe sy met George getroud is in 1989. Sy het 'n passie vir mense en geniet skakeling, kontak met mense en organisering. Sy het twee pragtige dogters, Chandré (18) en Leané (15) wat volgens Dina alles in hulle lewens die moeite werd maak. Hulle is 'n hegte gesin en geniet mekaar se sin vir humor. Hulle hou graag vakansie in die Bosveld en is mal oor die natuur. Die hele gesin het 'n liefde vir hul medemens en help graag ander mense waar hulle kan. Dina getuig sonder skroom dat sy na aan haar Skepper lewe en kan dit nie indink om te lewe sonder om in die voetspore van God te stap nie. Haar lewensleuse is: ‘Ons huis sal die Here dien tot in lengte van dae’. Dina, weereens BAIE WELKOM!
12 Hartklop l Maart/April
2015
www.kerksondermure.org
Tiener Gameplan
Wat is die Gameplan vir tieners? Sonder ‘n gameplan gaan elke speler die game speel soos wat hy/sy wil. Annelize de Wet
Hoewel die lewe nie ‘n speletjie is nie, gebruik ons die metafoor waarin die game die lewe uitbeeld. Die gameplan is die plan wat uitgewerk is op grond van die Bybel se beginsels wat die Here vir ons kom gee het. Ons begeerte is om te doen soos wat die Here van ons vra. Die game word gespeel met die Bybel as ons reëlboek wat vir ons rigting aandui en ons leer om soos Jesus te leef! Ons almal behoort op verskillende plekke in die samelewing, ons word op sekere maniere bemagtig en ons beweeg binne sekere omgewings. Die doel van die gameplan is om ons te help om binne al hierdie plekke aan te hou groei in ons geloof. Dit is ‘n plan vir lewensverandering vir ‘n individu! 1 Tim. 4:8 – “Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.” Plekke waar verandering nodig is: - Persoonlik: My persoonlike verhouding met die Here het altyd spasie vir groei en verandering. Ek moet weet dat ek aan Hom behoort, deur sy Woord bemagtig word en het nodig om nader aan Hom te beweeg elke dag.
-
In my huis: My huis kan verwys na my gesin of bloot die mense saam met wie ek meeste van my tyd spandeer. Dit is ‘n plek wat die Here vir my gee om aan te behoort. Binne hierdie gemeenskap leer ons bymekaar en beweeg ons nader aan mekaar.
-
In my geloofsfamilie: Dit is belangrik dat ek ook ‘n geloofsfamilie vind waar ek voel ek behoort. Hierin word ek ook bemagtig in die Woord en het ek ‘n verantwoordelikheid om binne die geloofsfamilie aktief te beweeg.
-
In my gemeenskap: In die gemeenskap waarin jy leef is daar altyd plekke waar jy behoort. As kinders van die Here moet ons dan ook ander leer wie Jesus is en dus uit beweeg na waar ook al die Here ons sal stuur.
Ons wil dus vertrou dat die Here elke tiener deel sal maak van die gameplan, sodat die GAME – DIE LEWE met oorgawe gespeel kan word, ens. k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 13
Kinderbediening Fokus
Tiesie de Coning
Lê Jou Kind Se Verhouding Met God Só Vas Om kinders met 'n lewende geloof en intieme verhouding met God groot te maak, moet jy 'n ouer met 'n lewende geloof en 'n intieme verhouding met God wees! Onthou: wat jy nog self nie geleer het nie, kan jy nie vir jou kind leer nie. Ons kan derhalwe nie ons kinders verder neem as wat onsself is nie. Sit dus jou hand in God se hand, jou voete op sy pad en volg sy pad van geestelike groei – 'n ware ontdekkingsreis saam met God. Verbind jou daartoe om elke dag God se Woord te bestudeer en deel dit wat jy daaruit leer met jou kinders. Ook in die kinderkerk moedig ons kinders aan om saam met hul ouers uit die Woord te lees. Ons begin dus by die Woord wanneer ons 'n kind se verhouding met God wil vaslê. Op Sondag, 1 Februarie, het ons tydens ons kinder-eredienste Skrifverse spelenderwys vir die kinders geleer. Dié verse het gefokus op wie God is en hoe om met Hom te wandel. Hou asseblief die “oefenkaart vir die week” dop met riglyne hieroor. 'n Ouer met 'n lewende geloof het 'n vasgestelde, geskikte plek en tyd geïdentifiseer waar God ontmoet kan word - sonder om gejaagd te wees. Die beeld van pa of ma op hulle knieë voor God ingeskerp in 'n kind se geheue, is 'n beeld wat 'n volgende generasie kweek wat weer op hulle knieë vir hul kinders gaan wees. Op Sondag, 8 Februarie, is kinders in die kinderkerk bewus gemaak van die belangrikheid van 'n tyd en 'n geskikte plek om God te aanbid. Ouers as vennote van kinderbediening, word versoek om julle kinders hierin te begelei. Bid ook as gesin saam en leer jou kinders om in te tree vir iemand in nood. Gebruik gerus die gebedshandskoen wanneer julle saambid wat kinders op Sondag, 1 Maart, as kleingroepaktiwiteit gedoen het. Wees kreatief en gebruik saam met die gebedshandskoen ook 'n gebedsjoernaal waarin julle nie net aantekeninge kan maak van mense, sake en situasies waarvoor julle bid nie, maar ook van hoogtepunte in julle geestelike groei as gesin saam. Om jou kind se verhouding met God vas te lê, moet gesinne gereeld eredienste bywoon. Hierdeur sal julle 'n geloofsfamilie én 'n plek waar jy behoort vind, kameraadskap ervaar, troos en
14 Hartklop l Maart/April
hulp kry en verryk en versterk word vir julle lewenspad. Ons eredienste gaan ook die geleentheid bied om God beter te leer ken, te leer hoe om prakties elke dag saam met Hom te wandel en moontlik ook by koninkrykswerk betrokke te raak. Op Sondag, 15 Feb, het kleingroepleiers kinders in die kinderkerk begelei om te ontdek wie God is en op Sondag, 8 Maart, leer kinders hoe om elke dag saam met God te wandel. Ouers en kleingroepleiers is dus saam met kinders op hierdie lewensveranderende ontdekkingsreis saam met God. Om 'n ouer met 'n intieme verhouding met God te wees, is dit ook nodig om 'n leefstyl van dankbaarheid en aanbidding te kweek. Om dankbaar te wees, bring jou daagliks in aanvoeling met dié dinge wat regtig belangrik is – wat 'n voorreg om dit vir kinders te leer. Dankbaarheid vloei ook dikwels oor in aanbidding waar jy die Here loof en prys vir wie Hy is en wat Hy vir jou doen. Aanbidding strek van stille meditasie, oomblikke van toewyding en lofliedere tot opregte woorde waarin jy vir God sê hoe lief jy Hom het. Julle kan ook as gesin vir julle een of meer Christelike boeke van gerespekteerde skrywers aanskaf wat julle sal help om die Bybel beter te verstaan, om Bybelstudie vir die gesin te vergemaklik en wat julle sal inspireer, onderrig en uitdaag. Kinderdienste word ook ingespan om geestelike liedere oor God, Jesus en die Gees vir kinders aan te leer. Ouers kan kinders uitvra oor watter liedere gesing word en 'n CD of 2 aankoop wat op pad skool toe in die motor gespeel word. So sal Ps 8 gestalte kry: “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.” Ouers, versorg jul geestelike lewe met dieselfde ywer as waarmee jy na jou en jou gesin se welsyn omsien. Wees 'n positiewe rolmodel vir jou kinders, leer hulle geloof in aksie en koester tye saam rondom die Woord. Onthou: kinderssondermure is ons ouerkorps se beste vennote in 'n poging om elke kind se verhouding met God vas te lê! k
2015
www.kerksondermure.org
Op 15 Februarie 2015 was daar 'n totaal van 1385 kinders by kerksondermure geregistreer: 944 te Hippolaan en 441 te Midstream. (Volg die pyl op die grafiek en beweeg kloksgewys volgens die sleutel.) Hieronder is 'n refleksie van die verspreiding van die kinders in die 22 kinder-eredienste wat op 'n Sondag te Hippolaan en Midstream plaasvind. Die grootste hoeveelheid kinders is in ons Gr. 1-3 & Gr. 4-6 fases om 08:00 en 10:00 te Hippolaan. Ons grootste hoeveelheid kinders te Midstream is in die Gr. 1-3 fases om 08:00 en 10:00, in die Gr. 4-6 fase om 08:00 en in die Gr. 7-bediening. Ons wil 'n vriendelike versoek rig dat ouers wat nog nie hul kinders (babas tot Gr. 7) vir kinderkerk vir 2015 geregistreer het nie, dit so spoedig moontlik sal doen by www.kerksondermure. org.
2015
Kleingroepleierregistrasie
Op 15 Februarie 2015 was daar 234 kleingroepleiers as dienswerkers in kinderbediening geregistreer: 132 te Hippolaan en 72 te Midstream. Die refleksie hieronder kan gevolg word deur die sleutel kloksgewys vanaf die pyl te volg volgens die uiteensetting in die sleutel. Dit is dus duidelik dat die grootste aantal kleingroepleiers in die Gr. 1-3 en Gr. 4-6 fases te Hippolaan geregistreer is waar die grootste aantal kinders ook is. Interessant dat daar baie kleingroepleiers in ons 08:00 Hippolaan peuterbediening geregistreer is t.o.v. die aantal kinders. Uit die bostaande en onderstaande grafieke is dit duidelik dat die Gr. 1-3 fases te Midstream – veral om 10:00 – beslis nog hande benodig. Dienswerkers word uitgenooi om vir hierdie fase te registreer.
Kinderregistrasie tot op 15 Februarie 2015
Kleingroepleierregistrasie: 2015
Kinderregistrasie te Hippolaan (944) & Midstream (441). Let op die relatief groot “onvolledige” kategorie – dit is 'n refleksie van ouers wat per “App” geregistreer het toe die ontwikkeling van die “App” nog in sybabaskoene was. Ons wil ouers wat in hierdie kategorie val, versoek om asseblief weer julle kinders op die “App” te registreer aangesien alle groeipyne nou uitgestryk is.
Die groen kategorie hier onder reflekteer “ander” dienswerkers as kinderbedieningsleiers. Hieronder word die volgende dienswerkers ingesluit: administratiewe – en kinderbedieningskantoorhulp op Sondae; voorbidders wat vir kinderbediening bid deur die week en op Sondae tydens kinder-dienste te Hippolaan; 'n bystandlys vir Hippolaan en Midstream met dienswerkers wat op bystand beskikbaar is en 'n logistieke span te Midstream wat diensbaar is t.o.v. dankoffer-insameling, handhawing van goeie orde en in belang van die veiligheid van die kinders optree.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Maart/April 2015 15
16 Hartklop l Maart/April
2015
www.kerksondermure.org
Preekrooster: PREEKROOSTER • Maart 2015 1 Maart
8 Maart
15 Maart
22 Maart
29 Maart
Fanie Venter
Colin Smith
Stephan Joubert
Christo Woite
Adrio König
Fanie Venter
Colin Smith
Stephan Joubert
Christo Woite
Adrio König
Stephan Joubert
Louis Brittz
Fanie Venter
Louis Brittz
Colin Smith
Stephan Joubert
Fanie Venter
Colin Smith
Adrio König
Christo Woite
Stephan Joubert
Fanie Venter
Colin Smith
Adrio König
Christo Woite
Hippolaan
08:00
10:00
18:30
Midstream
08:00
10:00
* Neem asb. kennis dat die Preekrooster kan verander