uit jou gemaksone in jou hartsone in!
Somerkersfees Vreugde, hoop, lewe, liefde...
November/Desember 2015  Uitgawe 106
Redaksie
Kersfees in jou Hart ʼn Ander soort gebeurtenis
Daar is net soveel verskillende gedagtes en emosies wat elkeen van ons beleef as ons aan ‘n wonderlike somerkersfees dink. Wat gebeur in jóú hart as jy hierdie woorde hoor? Watter spesifieke gedagtes bring ‘n glimlag op jou gesig en daardie warm vreugde in jou hart? Ons gaan poog om vir jou iets te vertel van hierdie Kersfees-gedagtes en emosies van jou kerksondermure-familie. Ek hoop jy kan jouself daarmee vereenselwig en jou dalk tussen al die hoop, liefde en vreugde verloor sodat jy jou 2015 Kersfees eerder ‘n weggee-Kersfees as ‘n ontvang-Kersfees sal maak. Mag jy hierdie jaar iemand anders se droom-Kersfees moontlik maak met nuwe hoop soos wat Jesus vir die wêreld gebring het. Liefde en Vreugde
Francois
Inhoud
Fokus
Dagboek
01
Fokus: Somerkersfees
12
Kersmark & SingleSonderMure
02
Gebedsfokus: Die waarde van voorbidding
13
Bybelskool, Doopvoorbereiding & Beroepsforum
03
Huweliksweek: 'n Fees van dankbaarheid
14
Kalender: November 2015
04
Goeie Nuus
15
Kalender: Desember 2015
10
Kom ons gee ons Kersfees weg in 2015
16
Kalender: Januarie 2016 & Huweliksvoorbereiding
My Voetspore
17
SingleParenting, DivorceCare & GriefShare
Kinders & Tieners
18
Expo 50
19
Somerkersfees in Olievenhoutbosch
11
Skolebediening
20
Sukses van THF
22
UBA Kamp maak blywende impak
21
Israel Uitreik: Julie 2015
23
My lewe is my Belydenis
Algemeen
24
Die vreugde van belydenisaflegging
08
Oesfees fotoblad
25
Kinders wat gee, verander die wêreld
10
Social Upliftment Services
26
Kerswense uit die kinderkerk
Verhoudingsgroepe
27
Kersfees is 'n Gee-Fees
28
Winter is here project 2015
04
Jou huis by die movies
Dienswerkers 05
Dienswerker aanmelding
07
Dienswerker waarderingsfunksie fotoblad
*
Agterblad (binne): Preekrooster - Nov/Des 2015
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste/Ilse Ferreira en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.
Fokus
Somerkersfees
Die begrip ‘Somerkersfees’ het sy oorsprong, sover ek weet, te danke aan ʼn lied van Koos du Plessis met dieselfde titel. Welkom o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis Kersfees kom, Kersfees kom – gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal. Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal. Kersfees kom, Kersfees kom – gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Voel jy ook nou sy warm liefde As ons die dag gedenk, Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – Ons grootste kersgeskenk. Christus kom, Christus kom – gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.
Ek weet nie wat Koos se bedoeling met die skryf van hierdie lied was nie. Dit lyk Fanie Venter vir my asof ons ʼn leidraad tot die bedoeling kry in die woorde: ‘... in hierdie land, o Heer’. Hierdie woorde klink vir my na ʼn reaksie op ʼn Europese prentjie van Kersfees. Wanneer ek na hierdie lied luister sien ek nie sneeuvlokkies, sneeumanne, sneeubedekte dennebome en velde nie. Ek sien Afrika - doringbome en grondpaaie. Ek hoor sonbesies en donderweer. Ek voel warm, versengende sonskyn en die verkwikking van somerreën. Ek ruik stof en reëndruppels. ‘Somerkersfees’ is ʼn lied wat pleit vir Kersfees in die konteks van ons land. ʼn Harde land. ʼn Land met ʼn seer verlede en ʼn ewe seer hede. ʼn Land waar mense mekaar seermaak, waar mense mekaar fisies en emosioneel doodmaak. Ons land se mense is arm en honger. Ekonomiese en ander realiteite maak dat ons mense gevange gehou word. In hierdie land word kerksondermure geroep om die goeie nuus van die grootste kersgeskenk oor te dra. God is nou by ons, baie naby aan ons in hierdie land. Elke lidmaat word geroep om nie net om die goeie nuus oor te dra nie, maar om die goeie nuus te wees. Mag die manier waarop jy en jou huis hierdie Kersfees vier en die manier waarop julle leef, goeie nuus wees vir die mense van hierdie land. Goeie nuus dat uit ʼn seer verlede en hede, daar ʼn toekoms is waar God deur sy Seun naby is en regeer. k
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 01
Gebedsfokus
Die Waarde van Voorbidding Die meeste gebede van individue sluit ook ʼn deel voorbidding in. Maar daar is gebede wat enkelinge en groepe bid wat afgestem is Christo Woite op voorbidding. Om vir iemand in te tree en eintlik namens hom vir hom te bid of vir ʼn saak of ʼn gebeurtenis te bid. Ons moet versigtig wees om gebede te bid wat selfsugtig net op onsself gerig is. Christus se gebede was tot voordeel van ander. Selfs sy Getsemane-gebed het gehandel oor die lyding wat Hy moes deurgaan ter wille van ons. Die eerste gedeelte van die "Onse Vader" gebed is gerig op God se verheerliking, die tweede deel gaan oor ons behoeftes en voorbidding. Soos Christus sy dissipels leer bid het, het Hy hulle ook geleer om voorbidding vir ander te doen. Hy het selfs vir Petrus vertel hoe Hy vir Petrus gebid het om sy geloof te behou. Hy het in Johannes 17 ernstig vir sy dissipels gebid. Ons word geleer om vir die owerhede te bid; om selfs vir ander se sondes te bid. Hy stel die voorbeeld, maar onderrig hulle ook. Voorbidding sluit wel ook in die gebede wat jy vir jouself bid. Om voorbidding te doen het die gevolg dat dit geestelike groei stimuleer. Dis die mens wat na sy medemens en die wêreld kyk ,deur die oë van Jesus, wat moeite doen om vir hulle te bid, tyd
af te staan in gebedspraktyke om ander op te dra aan die Here. Deur gebed kan jy iemand indra in God se teenwoordigheid en hom voor God se genadetroon neersit. Amper soos die sieke wat deur sy vriende deur die dak laat sak is om vir hom genesing by Christus te soek. Om voorbidding te doen moet jy ʼn hart vol omgee en liefde hê. Om voorbidding te doen is ʼn geloofsversterkende ervaring. Om gebedsverhoring te beleef en na ander se getuienisse te luister versterk jou geloof. Die gemeenskap van die gelowiges kom tot sy reg wanneer gelowiges saam bid en verenig voor die Here oor ʼn bepaalde gebedsonderwerp. Deur voorbidding kan God se genade ʼn werklikheid word in die verhoring van ons gebede. Jou gebede word tot seën vir ander mense as jou gebed in hulle lewens verhoor word. Ons beroof onsself van ʼn stuk Godsbelewenis as ons nie deelneem aan ernstige voorbiddingsgeleenthede nie. Maak dit deel van jou daaglikse lewenspraktyk om tyd in te ruim vir voorbidding. k
02 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Huweliksfokus
Huweliksweek: 'n Fees van Dankbaarheid Colin Smith Colin Smith
Daar is tye in ons lewe waar ons totaal oorweldig word deur die genade wat reën op ʼn droom wat gedroom, beplan en toe gerealiseer het. Die onlangse huweliksweek was een van daardie kosbare tye. Ons het ons Vader se hand van seën, genesing, herstel en verkwikking by elke geleentheid ervaar. Die groot vyf nl. God eerste, die kuns van verskil en verskille, geniet mekaar, wees rein en verbind tot die einde aan mekaar, het ons uitgedaag, bemoedig, aangemoedig en vars perspektiewe op dié Bybelse waarhede gebring. Die uiteinde van die huweliksweek was dat ons tot die oortuiging gekom het dat ons huweliksweek voortaan ʼn instelling by kerksondermure sal wees. Ons is dankbaar vir die ongeveer 500 CD’s wat bestel, en uitgedeel is. Mag die Here die vrug van die arbeid seën tot uitbreiding van die koninkryk en genesing en verryking van ons huwelike.
Ek wil graag net ʼn groot dankie sê vir elkeen se aandeel hieraan. Vir Louis en Hettie Brittz wat hul harte, hul stories, hul gawes en hul liefde vir Jesus so kosbaar gedeel het. Vir Frans en sy span wat gesorg het dat die multimedia deurgaans, per stroming, tussen Hippolaan en Midstream optimaal gefunksioneer het. Vir Carl en sy span wat die lyne bymekaar gehou het. En in die besonder vir elkeen van die 700+ mense wat elke aand bygewoon het: ʼn groot dankie. Mag ons as geloofsfamilie juis herinner word aan Heb.13:4a: Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Mag ons die huwelike ondersteun deur daarvoor te bid en dit te waardeer as die afbeelding van ons as gelowiges se verhouding met ons Bruidegom. Ons is op pad na ʼn bruilof toe, die bruilof van die Lam met sy bruid, ons die kerk. Ons het so baie om voor dankbaar te wees. k
Die viering van ons verskille
Volhard t ot die einde Geniet mekaar en bly rein www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 03
Goeie Nuus
Verhoudingsgroepe
Jou Huis by die “Movies” vir “McFarland USA” Komaan! Baie pret en opwinding so na die eksamen of dalk net ‘n welverdiende blaaskans voor die laaste vraestel. Vrydagaand 27 November 2015 om 18:30 kerksondermure Midstream Pa, ma, kinders en vriende is almal welkom. Slegs R30 per persoon Popcorn & Slush Puppy Bou jou eie hamburger Navrae: Vera 012 940 9480 (kerksondermure Midsteam kantoor) of Daleen 012 663 2003 (kerksondermure Hippolaan kantoor)
04 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 05
06 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Dienswerker Waarderingsfunksie 2015
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 07
Oesfees 2015
08 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
www.kerksondermure.org
Hartklop l November/Desember 2015 09
Kom ons Gee ons Kersfees weg in 2015... kerksondermure Midstream maak hierdie jaar seker dat 200 Olievenhoutbosch kinders en 80 volwassenes ‘n lekker, warm gekookte kersete sal geniet. Op 5 Desember 2015 wil ons graag uitreik na Olievenhoutbosh Christian School om vir hulle hierdie Kersfees iets te laat beleef van ‘n geloofsfamilie se liefde en seën wat hulle deel met die gemeenskap. Die beplanning vir uitreik:
Die program vir 5 Desember 2015:
• Ons wil graag maksimum deelname aanmoedig en versoek gemeentelede om hulle name by die kerkkantoor op te gee vir deelname aan hierdie geleentheid
• 10:00 Saterdag 5 Desember 2015 vertrek ons vanaf kerk sondermure Midstream na Olievenhoutbosch Christian School
• Ons beplan om 300 etes en geskenkies aan hierdie gemeen skap uit te deel
• 10:30 met aankoms sal die skool speletjies aanbied waaraan ons gemeentekinders saam met hulle kinders kan deelneem
• Die etes kos R35 per kop, wat ‘n koeldrank insluit
• 13:30 Adrio König gesels met volwassenes
• Geskenkies kan geborg word teen R100 per kop. Hiermee gaan ons vir elke kind ‘n pennesakkie pak vir 2016
• 12:30 etes en geskenke word uitgedeel • 13:00 vertrek terug na Midstream.
• 4 x bakkies word benodig om die etes en geskenkies aan te ry op die dag en vrywilligers kan ook hulle name by kerk kantoor opgee • Hande word benodig om geskenkies toe te draai • Ongeveer 20 persone sal nodig wees om die etes en geskenke uit te deel per graad.
10 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
shutterstock_129320129
• Gemeentelede kan etes en geskenke borg deur ‘n e-pos te stuur aan mskantoor@ksm.co.za tesame met bewys van betaling vir etes en geskenkies o Verwysing vir inbetalings is: MS Kersetes
Skolebediening
Skolebediening terugvoer: Charlene Franken
Vyf gr.7-groepleiers van Laerskool Bakenkop se CSV aksie deel met ons wat die jaar vir hulle beteken het: “Dit was die beste jaar ooit. Ek sal nooit my CSV pouses vergeet nie en ek moedig die kinders aan om altyd CSV toe te kom. Ek het so baie geleer en dit was lekker.”
“Dit was ʼn groot uitdaging aan die begin, maar ek het baie geleer. Al die CSV pouses was die moeite werd. As skoolkind, is dit beslis iets wat jy moet probeer!”
“Ek het nie ʼn gr.7-leier geword nie, maar toe word ek gekies om ʼn CSV-leier te wees. Dit was vir my ʼn troos en die lewe het weer sin gemaak. Ek weet nou, selfs as jy deur moeilike tye moet gaan en nie weet hoe om dit te hanteer nie, dat God altyd by my is. Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee (Fil 4:13).” “Hierdie jaar as CSV-leier was vir my baie waardevol. Ek het die geleentheid gekry om nader aan die Here te kom en ek kon met ander kinders deel hoe die Here my deur die jaar gehelp en beskerm het. Ek gaan die CSV pouses verseker die meeste van my gr.7 jaar mis.”
“Ek het die geleentheid gehad om die Here se boodskap met ander te kon deel en ek sal graag daarmee wil voortgaan in die hoërskool.”
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 11
Dagboek
12 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 13
14 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Sondag 23
Sondag 30
08:00, 10:00 18:30 Kerssangdiens Hippolaan Belydeniskamp Geen kindereredienste Geen tienererdienste
29
08:00, 10:00 & 18:30 Kerssangdiens Midstream Geen kindereredienste Geen tienererdienste
22
Maandag
November 2015
Doopregistrasie vir Des sluit
Saterdag
Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 17:00 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Belydenisklas,19:00 Tienergroepe
Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00, 10:00 & 18:00
07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Kersmark Wip byeenkoms Belydeniskamp
Vrydag 28 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 SingleSonderMure HL 18:30 Manne Afsluiting Fliekaand MS Belydeniskamp
Donderdag 27 19:00 Doopvoorbereiding - Opvolg HL 19:00 Musiekbediening oef
Woensdag 26
09:30 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL
Dinsdag 25
09:00 Snr Oefeninge HL 18:30 Authentic Manhood HL
Maandag 24
Saterdag 07:00 Gebed@Hippolaan
Vrydag 21 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL
Donderdag 20
18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef
Woensdag 19
09:00 Kuria byeenkoms HL 09:30 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Skoenboks-projek HL
Dinsdag 18
09:00 Snr Oefeninge HL 18:30 Authentic Manhood HL
Maandag 17
10:00 GriefShare MS
Sondag 16
Preekreeks 3 Geen kindereredienste Geen tienererdienste 17:00 Belydenisklas afsluiting HL & MS 18:30 Aanddiens Midstream ?
15
Saterdag 07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 SingleSonderMure Uitstappie
Vrydag 14
08:00 Beroepsforum HL
Donderdag 13
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef
Woensdag 12
09:30 Senior Bybelstudie HL 18:00 Gemeenteraad HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL
Dinsdag 11
09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant Afsluiting HL 18:30 Authentic Manhood HL
Maandag 10
10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
Sondag 09
Preekreeks 2 Kindereredienste Afsluiting; Tienerbediening: Afsluiting 18:30 Aanddiens Midstream ?
08
Saterdag
07:00 Gebed@Hippolaan
Vrydag 07
08:00 Beroepsforum HL
Donderdag 06
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL 18:30 DivorceCare4Kids HL 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef
Woensdag 05
09:00 MaMs byeenkoms HL 09:00 Seniors@Midstream 09:30 Oppiekoppie Seniors 18:30 Midstream BKS 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL
Dinsdag 04
09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Authentic Manhood HL
Maandag 03
10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS
Sondag 02
Preekreeks 1 12:00 Doop HL & MS 18:30 Aanddiens Midstream ?
01
Sondag 21
Sondag 28
Eredienste: 09:00 Hippolaan en Midstream 18:30 Slegs Hippolaan
27
Eredienste: 09:00 Hippolaan en Midstream 18:30 Slegs Hippolaan
20
Dinsdag 02
Maandag 29
Maandag 22
Dinsdag 30
Dinsdag 23
Donderdag
Kersdag Eredienste: 08:00, 10:00 HL & MS
Donderdag 25
Oujaarsdiens: 19:00 Midstream; 23:15 Hippolaan
Woensdag 31
Woensdag 24
Saterdag
Saterdag Welwillendheidsdag 07:00 Gebed@Hippolaan
Vrydag 26
07:00 Gebed@Hippolaan Tieners: Zambië Uitreik
Vrydag 19
Tieners: Zambië Uitreik
Donderdag 18
Tieners: Zambië Uitreik
Woensdag 17
Versoeningsdag Tieners: Zambië Uitreik
Dinsdag 16
Kerkkantoor Sluit HL & MS Tieners: Zambië Uitreik
Maandag 15
Saterdag
07:00 Gebed@Hippolaan Tieners: Zambië Uitreik
Vrydag 12
Tieners: Zambië Uitreik
Donderdag 11
Tieners: Zambië Uitreik 19:00 Musiekbediening oef
Woensdag 10
Saterdag
07:00 Gebed@Hippolaan 10:00 Doop HL & MS
Vrydag 05
Midstream Skool Sluit 08:00 Beroepsforum HL
Donderdag 04
19:00 Musiekbediening oef
Woensdag 03
Skole Sluit Tieners: Zambië Uitreik
Dinsdag 09
18:30 Authentic Manhood HL
01
Maandag 08
Tieners: Zambië Uitreik
Sondag 14
Eredienste: 09:00 Hippolaan en Midstream 18:30 Slegs Hippolaan Tieners: Zambië Uitreik
13
Eredienste: 09:00 en 18:30 (slegs 1 oggenddiens) HL & MS 18:30 Bybelkuier MS Geen kindereredienste Geen tienererdienste
06
Sondag 07
DesemBEr 2015
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 15
Vrydag 01 Saterdag 02
Januarie 2016 Sondag 03
Maandag 04 Dinsdag 05 Woensdag 06
08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
Maandag 11 Dinsdag 12 Woensdag 13
09:00 Hippolaan & Midstream 18:30 Slegs Hippolaan Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
07:00 Gebed@Hippolaan
Donderdag 07 Vrydag 08 Saterdag 09
Eredienste: 09:00 Hippolaan & Midstream 18:30 Slegs Hippolaan Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
Sondag 10
Nuwejaarsdag
07:00 Gebed@Hippolaan
Donderdag 14 Vrydag 15 Saterdag 16
Skole open
08:00 Beroepsforum HL 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
07:00 Gebed@Hippolaan
Sondag 17
Maandag 18 Dinsdag 19 Woensdag 20
Donderdag 21 Vrydag 22 Saterdag 23
Dienswerker Aanmelding 08:00 & 10:00 KB groepleier opleiding 14:00 Tienergroepleiers Opleiding Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste
09:00 Snr Bybelstudie MS
09:00 Bybelstudie HL
Sondag Tienerdienste Afskop Kinderdienste Afskop
Preekreeks begin: Tema 1
24
18:00 Diepkant 18:30 Dienswerker Induksie
09:30 Snr Bybelstudie HL
/31 Maandag 25 Dinsdag 26 Woensdag 27 14:00 - 16:00 Gebedskamer HL 18:00 - 20:00 Gebedskamer HL 14:00 - 20:30 Gebedskamer MS 09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Week van Gebed
09:00 - 16:00 Gebedskamer HL 18:00 - 20:00 Gebedskamer HL 09:00 - 20:30 Gebedskamer MS 18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL 19:00 Week van Gebed
09:00 - 16:00 Gebedskamer HL 18:00 - 20:00 Gebedskamer HL 09:00 - 20:30 Gebedskamer MS 09:00 Voetspore gebed @ projek: kerksondermure 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Week van Gebed
08:00 Beroepsforum HL 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 18:30 SingleSonderMure
07:00 Gebed@Hippolaan
Donderdag 28 Vrydag 29 Saterdag 30 09:00 Bybelstudie HL 18:00 Gemeenteraad 18:30 Doopreëlings HL
08:00 Beroepsforum HL 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS
07:00 Gebed@Hippolaan
16 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 17
My Voetspore Annelize de Wet (084 400 4534) 012 663 2003 x 258 Anne-Marié Cronjé (082 866 5336) 012 663 2003 x 253
Gedurende Oktobermaand, een van die mooiste maande in die jaar, word die fokus tradisioneel en internasionaal op ouer persone geplaas. Organisasies bied gewoonlik in dié maand verskeie funksies, partytjies en feeste aan ter wille van bejaardes. Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) was bevoorreg om tussen 6-8 Oktober 'n Expo 50 aan te bied met die tema "Verouder met Grasie". Die doel van die expo is om ouer persone, maar ook families, in te lig oor verskeie aktuele sake, om ouerwording op 'n sinvolle wyse te hanteer en te bestuur. Families word al hoe meer betrek by die versorging van bejaardes/ familielede en het 'n behoefte aan kennis en inligting oor hulpbronne en toepaslike sake. Die CRB se expo is gebaseer op die Expo 50 wat meer as 20 jaar in Utrecht, Holland gedurende September aangebied word. Drie personeellede von die Raad was bevoorreg om die geleentheid in 2014 te besoek, met die voorneme om dit plaaslik aan te bied. Tussen 6-8 Oktober het daar 'n verskeidenheid aktiwiteite by die Expo 50 plaasgevind. Lewendige praatjies deur mediese praktisyns is oor ouderdomverwante siektes aangebied. Dr. Wiebren Duim (neuroloog) het gepraat oor beroerte, dr. Cohen (onkoloog) oor kanker, dr. Braam Nieuwoudt (bekende huisarts in Centurion) oor diabetes en "Ouderdom is nie vir Sissies" en dr. Mariëtte van Niekerk (neuroloog) oor alzheimer's.
adewet@ksm.co.za amcronje@ksm.co.za
EXPO 50
Vir die Raad is dit 'n groot kompliment maar ook 'n voorreg dat top mediese praktisyns hulle tyd en kundigheid ter wille van ouer persone beskikbaar gestel het!
Stalletjies oor sake soos bloeddrukkontrole, suiker/cholesteroltoetse, gehoor- en oogtoetse, mediese hulpmiddels, testamente, finansiële sake, begrafnisbeplanning en vele meer het verseker dat ouer persone en families toegerus is met 'n klomp kennis om die ouerwordingsproses met realisme te benader. Die teetuin met tuisgebakte melktert, wegneemetes, oefeningsessies, speletjies, cupcake-sessie (o.l.v kerksondermure) en natuurlik die Lentetee met Lieb Bester as gaskunstenaar, het Expo 50 opgevrolik en die positiewe kant van oudword beklemtoon. Expo 50 het 'n duidelike boodskap uitgedra: Ná 50 kan die lewe nog geniet word; wees voorbereid daarop; neem kennis van verskeie realiteite en maak die beste gebruik von jou tyd, talente en gesondheid! Sonder borge sou Expo 50 nie kon plaasvind nie. Dankie aan AVBOB, TZAPA, kerksondermure, Her Annies en Nashua vir bydraes. Expo 50 het gekom om te bly en CRB sien uit om jaarliks in Oktobermaand hierdie wonderlike geleentheid aan te bied, om sodoende 'n sigbare bydrae te lewer tot die bevordering von die welsyn van ons bejaardes. k
18 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
My Voetspore
Braaivleisvure, pap en vleis, vrolikheid, omgee en dankbaarheid is die eerste waaraan ek dink as ek aan Kersfees in Olievenhoutbosch dink. Hier is ‘n samesyn wat nie perke ken nie, en ‘n omgee en mededeelsaamheid waarvan ek die gelyke nog nie gesien het nie. Of jy min of baie het tydens die kerstydperk, daar word gedeel met ander, want daar sal altyd iemand wees wat minder het as jy. Vrygewigheid is deel van die kultuur hier, en dit word veral duidelik tydens die kerstyd.
Hierdie jaar word die gelykenis van die saaier uitgebeeld, en ons fokus op hoe ons lewens verander (of nie verander nie) na ons die Here se Woord hoor. ‘n Interessante blik word ook gewerp op hoe die kinders kerk ervaar in die gemeenskap. In Olievenhoutbosch is kerk meestal ‘n gesamentlike erediens wat almal bywoon. Kinderkerke en Jeugdienste is ‘n rare verskynsel in die gemeenskap. Ouers en ondersteuners word uitgenooi om die konsertoptredes by te woon. Dit was tydens een van ons konsert optredes waar een van ons gereelde ondersteuners, Pieter, vir John ontmoet het. John se twee kinders is in Olievenhoutbosch Christian School, en hy het in 2013 sy werk verloor. Sedertdien kon hy nog nie weer ‘n werk kry nie. Die skool ondersteun sulke gesinne met basiese benodigdhede, maar ons wil eerder vir hulle bemagtigingsgeleenthede skep wat hulle selfbeeld en waardigheid sal herstel, en hulle selfstandig sal maak. Pieter het moeite gedoen om John te leer ken en sy hart gehoor rondom werkloosheid en die geleenthede in die gemeenskap. Pieter, wat ‘n afgetrede maatskappybestuurder is, kon sy kennis en ervaring met John deel oor hoe om ‘n besigheid van die grond af te kry en te bestuur. Met Pieter se hulp, het John ‘n florerende kosstalletjie begin wat middagetes verkoop in die gemeenskap.
‘n Hoogtepunt tydens die kerstyd in Olievenhoutbosch is ons skoolkonsert. Ons tema verlede jaar was “Vriendskap”, waartydens ons Bybelverhale gebruik het om eienskappe van ‘n goeie vriend te wees uit te beeld. Die verhaal van Petrus en Johannes wat die kruppel man gesondmaak, leer ons byvoorbeeld dat ons vir ons maatjies kan bid. Die verhaal van Dawid en Jonatan leer ons weer van lojaliteit teenoor ons maatjies en hoe seer dit kan maak as ons agter hulle rug praat.
Zig Ziglar het gesê: “Elke suksesvolle persoon begin met hierdie twee waarhede: die toekoms kan beter wees as die hede, en ek het die mag om dit beter te maak.” Al wat nodig is, is iemand wat bereid sal wees om óf te bid, óf tyd te gee, óf kennis te deel óf om hulpbronne te skenk. Sodoende word lewe en hoop ingeblaas in ‘n gemeenskap wat soms hoop verloor. Deur ons oë en harte oop te hou daar waar ons elke dag beweeg, kan ons ‘n groot verskil maak. k
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 19
My Voetspore
Sukses van THF
Themba Maluleke skryf:
Op ‘n dag kry THF ‘n oproep van Mnr. Samuel Fourie van Brits, wat sê: “My mense en hulle kinders kry baie swaar hier by die Sonop gemeenskap in Brits. Wil julle nie jul THF program hier by ons begin nie?” Ons het dadelik gaan kyk hoe ons kan help, en ‘n naskoolsentrum begin by ‘n laerskool in die gemeenskap, waar ons middagetes gee, help met huiswerk, en ander opbouende aktiwiteite in die middae met die kinders doen. Dit het nie daar gestop nie. Ons het twee van ons huidige mentors, Nelson en Busi, gestuur om permanent in Brits te gaan bly en hulle woon nou op Mnr. Fourie se plaas by een van die “compounds”. Nelson en Busi doen ook evangelisasiewerk onder die plaaswerkers, meestal nie deur woorde nie, maar om Jesus uit te leef op die plaas. Hulle help onder andere die plaaswerkers om te leer lees en skryf, en bied ook vir hulle basiese rekenaarklasse aan. Busi sê haar wens vir Kersfees is dat een van die vrouens, (wat 45 jaar oud is) wat sy leer skryf, haar naam teen Desember sal kan skryf. Volgens Busi, het dit hierdie vrou 2 weke geneem om die letter “w” te skryf. Ons glo saam dat dit sal kan realiseer, en ons dank die Here dat Hy ons gebruik om so iets kleins, maar vir hierdie mense ongelooflik, in hulle lewens te bring. k
THF se sukses kan nie toegeskryf word aan finansiële welstand nie, maar aan vrywilligers (jongmense in die Olievenhoutbosch gemeenskap) wat tyd en energie gee om ons visie te bevorder. Inteendeel, hulle werk vir R600 ‘n maand. Dis wat ons tans kan bekostig om hulle te betaal. Ons het toe begin wonder watter geskenke ons hulle kan gee wat regtig hulle lewens sal verryk, en ‘n impak sal maak. Ons het besef dat hulle nie bestuurslisensies het nie, nie omdat hulle dit nie wil hê nie, maar omdat hulle dit nie kan bekostig nie. Ons het toe besluit dat ons ‘n fondsinsameling in die vorm van ‘n oggendtee gaan hou om fondse hiervoor in te samel. Ons eerste fondsinsameling was ‘n groot sukses. Ons kon die vrywilligers neem vir hulle leerlinglisensies, en die meerderheid het dit geslaag. Een van hulle het na die tyd vir ons kom dankie sê dat ons gehelp het dat hy die eerste een in sy familie is wat ‘n leerlinglisensie het. Ons het uit nuuskierigheid die hele groep gevra of hulle pa’s of oupa’s ‘n lisensie het. Vir 90% van die groep gaan hulle die eerste in hul families wees wat ‘n lisensie het. Ons dank die Here dat ons vir hulle ‘n geskenk kon gee wat hulle vir die res van hulle lewe gaan saamdra, as ‘n dankie vir dit wat hulle vir die gemeenskap beteken. k
20 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
My Voetspore
Mollie Miesner
Nasaret... ’n Nederige, klein dorpie in Israel, waar Jesus grootgeword het, is vandag die grootste stad in die noorde van Israel. Dit is die Arabiese hoofstad in Israel en bestaan uit Nasaret en Nasaret Illit. In Nasaret Illit woon oorwegend Jode. Die bevolking bestaan uit Arabiere (69%) wat óf Moslem óf Christen (30%) is. (Katolieke en Grieks Ortodokse.) Ware volgelinge van Jesus is slegs 2%. Net soos wat Jesus in Bybelse tye nie welkom was in Nasaret nie, so is dit vandag nog: Hulle wil Jesus nie ken nie. Ek en drie vroue het vir twee weke in hierdie geskiedkundige stad, in Jesus se voetspore geloop om sy hande en voete te wees. Ons het baie tyd spandeer in die Nasaret hospitaal om vir pasiënte te bid, huisbesoeke gedoen, en gebedswandelinge deur die Ou Stad onderneem. Ons het baie interessante mense ontmoet, soos Maurice, die pastoor van ‘Church of Christ’. Op een van ons gebedswandelinge, hoor ons die mooiste sang, en gaan loer toe by die kerkie in...Net die pastoor en een van die gemeentelede sing geestelike liedere saam. Hulle was verras deur ons besoek, maar het ons vriendelik verwelkom. Ons het saam gebid en ‘n lied in Engels saam met hulle gesing voordat ons verder gestap het. Tydens van ons hospitaalbesoeke, het die span die voorreg gehad om vir ‘n dame te bid net voordat sy gesterf het. Ons was ook getuies van twee dames wie hulle lewens vir die Here gegee het. Met een van die besoeke aan verswakte bejaardes, het ek by ‘n ou Arabiese vroutjie se bed gestaan. Sy het haar hande na my uitgesteek. Woorde was onnodig, en die taal het nie saak gemaak nie. Terwyl ek haar koue, maer hande vashou, het sy in Arabies geprewel. Sy wou nie my hande los nie, en toe ek later loop, het sy begin huil en hard agter my aangeroep... My hart het geskeur... Die hoofverpleegster van die Trauma Eenheid, ‘n Moslem dame, het van ons besoek aan die hospitaal gehoor, en wou ons baie graag ontmoet. Sy was kinderloos en het gevra dat ons vir haar in die Naam van Jesus bid vir ‘n kindjie. Ek het ook die groot voorreg gehad om ‘n dag oue Moslem seuntjie, Ali, vas te
hou. Hy was sy mamma se vyfde kind. Ek het Jesus se Naam oor hom uitgeroep en hom geseën! Mag die Heer vir Ali nadertrek. Ons besoeke aan die hospitaal het ons weer opnuut bewus gemaak van verganklikheid maar terselfdertyd ook van verlorenheid. As mense in Nasaret sterf, sterf hulle heel moontlik sonder Jesus! Ons kon ook saam met ‘n Arabiese meisie bid in die enigste Gebedshuis in Israel wat deur Arabiere opgerig en bestuur word. Daar word daagliks saamgebid vir rekonsiliasie en transformasie van die land en sy mense. Here, wees Nasaret en sy mense genadig! Maak hulle honger en dors vir die Waarheid! Laat u Koninkryk kom in hierdie mooi land... Ps 2:8 “Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.” Emms Nazareth Hospital Die EMMS Nazareth Hospital, ook bekend as die Scottish Hospital of English Hospital, is die alemene hospitaal in Nasaret. Dit is gestig deur ‘n sendeling, Dr Karloost Vartan, en die Edinburgh Medical Missionary Society in 1861, en is nou 154 jaar oud. Die hospitaal se fondasie word gebou op geloof en vertroue en beskik oor 147 beddens, 500 werknemers en word jaarliks deur 50 000 pasiënte besoek. Die hospitaal is ‘n sendingveld op sy eie. Pasiënte is Moslem, Christen, Druze en Katoliek. Vrywillige werkers van die kerk, saam met wie ons gewerk het, besoek pasiënte twee maal per week. Ons kon baie pasiënte bemoedig en vir hulle bid. Die nuwe direkteur van Geestelike Ontwikkeling by die Hospitaal, wat vir ‘n tyd lank in Suid-Afrika gebly het, het ‘n groot taak om sy strategie vir rekonsiliasie vir die land uit te voer. Daar word groot druk op hom en die Hospitaalraad geplaas deurdat Sheiks nou daarop aandring om ‘n Moslem bidplek in die hospitaal aan te bring. Tot dusver is dit geweier. Ps 48:2 “Die Here is groot! Aan Hom kom die lof toe…” k
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 21
Tieners
kamp maak blywende impak
Ek het vir ‘n paar tieners gevra om vir my ‘n getuienis te stuur van wat hulle geleer het en wat die UBA Kamp vir hulle beteken het. Wat ek van hulle af ontvang het, het my en die ander leiers verstom! Elke waarde wat ons seker was die Here op hierdie kamp wou tuisbring, word vasgevat in hierdie paar getuienisse: "Die UBA Kamp was iets buite my "comfort zone" uit. Dit het my oë oopgemaak en my laat besef waar my verhouding met die Here staan. Daar was persoonlike goed in my lewe waarmee ek gesukkel het maar die kamp het my gehelp om dit te hanteer. Dit was onbeskryflik." - Tanya Smith “Wat ek ervaar het met die UBA Kamp is ek nader aan die Here beweeg het en ek weet nou dat die Here altyd daar is vir my...en ek het ervaar dat ‘n mens nie net heeltyd aan jouself moet dink nie. En dat jy nie altyd op jou eie kan werk nie maar partykeer as ‘n span MOET werk... Die Here is ons redder en werk op vreemde maniere deur ons.” - Chanté Reyneke
Christo Venter
verhouding met God so gou as moontlik moet regmaak om ‘joy’ vir altyd in my te ervaar.” - Jana Griessel “Dalk is jy ‘n duim of dalk is jy ‘n oog. Dit maak nie saak hoe klein of hoe groot jy dink jou gawe van die Here is nie, almal is ewe belangrik. Die Here het jou spesiaal uitgekies en toegerus vir jou doel in die wêreld. Wees "selfless" en "bold" in hoe jy lewe.” - Lara van der Merwe Wat wonderlik is van hierdie moeilike lesse wat geleer is, is dat nie net die tieners dié dinge besef het nie, maar elkeen van die mense betrokke by die kamp. Ek wens ek kon elke tiener en leier se getuienis met julle deel. Ons almal het nou ‘n groot taak om ons vuur aan die brand te hou! Ons het weereens besef ons verloor heeltemal te maklik ons fokus van wat belangrik is! UBA Movement - “a selfless community on the move” Ons volgende fokus is: UBA Swazi. k
“Wat ‘n wonderlike manier om die belangrikheid van jou Bybel en jou afspraak met God daagliks toe te pas. Ek het ervaar dat as jou verhouding met God nie belangrik genoeg vir jou is nie gaan Hy ook nie belangrike verhoudings van ander mense in jou lewe plaas nie. Ek het ook iets van “selflessness” geleer: jy, jou eie siel en eie behoeftes en begeertes moet doodgaan sodat God deur jou kan leef. Vorm ook ‘n “community” om die vure in ons harte aan die brand te hou. "In stead of giving more money, buy a bigger table." - Tania Griessel “Ek het besef ek is baie selfgesentreerd, en ek dink dis hoekom ek so gesukkel het ...ek het baie goed gehoor soos dat ek alles moet weg gee vir die Here en dan gaan dit baie makliker vir my wees en wat vir my uitgestaan het, is dat ek nie moet dink ek is beter as ander mense nie, en dat ek ook tog ‘n talent van Jesus gekry het en dat ek nie maar net hier is nie - dat ek wel ‘n doel het!” - Carmen Smith “Die UBA Kamp het my lewe verander in terme van hoe ek dinge gesien het en met watter oë ek nou na die wêreld kyk. Ek het ook geleer dat ander se belange hoër geplaas moet word as jou eie en dat jy nie belangriker is as ander nie. Ek het geleer dat jy saam met mense moet eet om as ‘n “community” te funksioneer. Julle leiers was vir my ‘n voorbeeld van wat ek soek in my lewe en dat ek my
22 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Gebeur dit nie tog steeds so maklik met ons dat, a.g.v. die opgewondenheid en entoesiasme wat ontstaan wanneer ons geestelik groei, ons soms vergeet dat dit nie noodwendig beteken dat ons die antwoord tot ʼn vraag of waarheid net moet uitblaker nie? Dus, dat ons steeds wagtend op God se tydsberekening moet wees as ons met mense praat. Ons moet wagtend wees op die Heilige Gees, omdat die korrekte waarheid op die verkeerde tyd, meer skade as goed kan doen. Dit verg waarlik geestelike dissipline. Dit laat my dink aan ʼn opmerking wat ek onlangs gehoor het, nl. "dalk moet alle nuutgebore Christene vir die eerste rukkie vasgebind word". Bedoelende, dit is mos juis hulle wat met soveel opgewondenheid oor hierdie nuutgevulde lewe in ʼn sensitiewe situasie kan skade aanrig deur onfiks vir God se stem en tydsberekening te wees. Daarom is die volgende mos so waar: "Speak at all times and only when needed, use words". Die fokus verskuif nou van die antwoord gee na die antwoord lewe. Dit verskuif van wat ek gaan sê, na wat ek doen. Dit gaan oor dade en nie oor woorde nie. Die belangrikste van als, dit gaan oor liefde toon. Daarom sê die skrif "geloof sonder dade is dooie geloof". (Vgl Jak 2:17,20, 26). Ek glo die samelewing smag na meer mense wat doen in plaas van sê. Dit is eintlik redelik maklik om iets indrukwekkends te sê, maar probeer dit nou self doen. Werk daaraan om dit in volheid te leef. Dit is waar die ware geloofstoets en uitdaging lê. Met die fokus wat dus skuif om ander te antwoord en tereg te wys, verskuif die fokus na my eie gedrag. Dit is ʼn baie gesonde fokus want in die proses hernuwe God ons van binne, en deur ons gedrag verander ons die wêreld daarbuite. Dit skep verder ook ʼn gees van nederigheid, want wanneer jy self met ʼn gedragspatroon geworstel het, het jy uiteraard ʼn dieper vlak van sensitiwiteit vir iemand anders wat deur dieselfde situasie gaan. k
Carel Bosman
www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 23
Tieners
André & Marianne van Zyl
Die vreugde van belydenisaflegging
Vreugde is nogals ‘n diep woord. Dit is meer as om bly te wees omdat dit goed gaan met jou. Dit is eerder iets wat van diep binne-in aanhou borrel en wat onafhanklik is van die omstandighede. By kerksondermure dra belydenisaflegging by tot vreugde en dit was weer die geval met ons belydenisafleggingsgeleentheid in September 2015. In die NG kerk tradisie word jongmense gewoonlik in graad 11 met die belydenisklas gekonfronteer. Dit is soort van die “laaste eksamen” voordat jy op jou eie bene staan in die kerk. In baie gemeentes (en tradisioneel) word dit gesien as ‘n roetine gebeurtenis en elke jaargroep beweeg as ‘n groep deur die hele proses totdat almal saam belydenis van geloof afgelê het. Dit het in baie gevalle in ‘n worsmasjien situasie ontaard wat aanneem dat almal gelyk gereed sou wees om belydenis van geloof af te lê. Groepsdruk speel ook hierin ‘n groot rol.
Dan is daar werklik vreugde in ‘n groep jongmense wat voor die gemeente kom staan en sê: “Dit glo ek!” en ook vreugde in dié wat nog nie gekom het nie, want hulle is eerlik genoeg om die nodige tyd te neem om seker te maak wat hulle glo. Dit is juis daardie vryheid om as volwassene te kan kies wat belangrik is in jou verhouding met God en sy Kerk. Hy soek nie belydenisafleggings (of offers of vasdae) as gewoonte nie, maar ‘n hart wat na sy kant toe gedraai is en mense wat eerlik is met hulleself en met Hom. Daarom was die aand van die 18de September ‘n vreugdevolle aand. Daar was vreugde in Colin se pragtige boodskap, in ons samesyn, in die Here se teenwoordigheid en groot vreugde in Belydenisaflegging (of nie) by kerksondermure. k
By kerksondermure werk dit egter nie so nie. Elke jongmens stap vir ‘n jaar lank ‘n pad saam met hulle groepleier om hulle te help voorberei om hulle eie opinies te vorm voordat hulle aan die wêreld sê wat hulle glo. Ons hele benadering is om hulle aan te moedig om verantwoordelikheid vir hul eie standpunte en hul eie geloof te neem. Aan die einde van die jaar gaan ons op ‘n belydeniskamp waar die groepleiers met elke individuele jongmens ‘n gesprek voer oor hulle verhouding met die Here. Na die jaar se klas en die kamp word daar vier toewydingsgeleenthede per jaar geskep waar jongmense hulle geloof voor die gemeente kan kom bely. Hulle besluit self wanneer hulle reg is daarvoor en skryf dan ‘n brief aan die gemeenteraad waarin hulle vra om belydenis te kan aflê. Dit gebeur elke jaar dat ons nie al die jongmense wat klas toe gekom het sien belydenis aflê nie. Ons moedig hulle juis aan om dit nie as ‘n tradisie te doen nie, maar eerder om te wag totdat hulle gereed is om dit eerlik as jong volwassenes te kan doen.
24 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Kinders wat GEE, verander die Wreld
Kinders Calista Kassimatis
Agtergrond - Wanneer ons rondom ons kyk en sien dat mense swaarkry of honger ly, is dit maklik om te wonder hoekom dit gebeur.
Op elke botteltjie was daar ‘n teksvers geplak: Handelinge 16:31: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”
Ek het besef dat ek moet ophou wonder hoekom dit gebeur en eerder moet kyk wat ek kan doen om te help.
Meeste van ons het Hot Chocolate by die huis. Vir baie van die werkers was Hot Chocolate ‘n luukse, want dis iets wat hulle maklik kan bekostig nie en die worsbroodjies was ‘n lekker bederf.
Ek het my mamma vertel dat ek graag tydens die wintervakansie ‘n verskil wou maak en my mamma het vir tannie Tiesie gekontak om te hoor of daar ‘n projek by die kerk is waarby ek kon betrokke raak. Tannie Tiesie het ons van die tuinwerkers se eredienste vertel. kerksondermure hou die afgelope jaar vir die tuinwerkers van Midlands maandeliks ‘n Engelse erediens. Die manne se geloof en lofsang in die vroegoggendure van die laaste Vrydag van elke maand gee ‘n mens hoendervleis. Die tuinwerkers is ‘n belangrike deel van Midstream Estate. Verbeel jou hoe sou Midstream gelyk het sonder ons pragtige tuine? Ons tuine is so mooi, omdat hulle so hard werk en tog sien ons hulle soms kwalik raak. Ek het besef dat ons hulle moet wys dat ons hulle raaksien en hulle waardeer. Iets eenvoudig soos net om hulle te groet, kan hulle laat besef dat ons dit wat hulle doen, raaksien en waardeer. Dit geld nie net vir die tuinwerkers nie, maar ook vir ons huiswerkers en die mense wat in restaurante werk. Hulle doen alles in hulle vermoë om ons gelukkig te maak, maar ons sien nie altyd raak hoe hard hulle werk nie. As ons hulle wys dat ons vir hulle omgee, deel ons Jesus se liefde met hulle. As hulle dan vir Jesus in hulle harte het, deel hulle dit ook met hulle gesinne en hulle gemeenskap en so versprei die boodskap van liefde, verlossing en hoop. Elkeen van ons kan ‘n verskil maak. Wees vriendelik met die mense om jou. Die taxi-bestuurders, werkskollegas en skoolvriende. Tot iemand met wie jy nie baie goed oor die wegkom nie. Veral met hulle.
Van Julie af gee ons elke maand vir hulle worsrolletjies en die worsrolletjies wat oorbly deel ons dan aan die wagte in Midlands uit. Tydens die Oktobervakansie het ons vir hulle waterbottels gegee met Joh 4:14 daarop gedruk: “Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom ewige lewe gee.” Die diens in Oktober was ook baie spesiaal met een van die nuwe tuinwerkers wat vir Tannie Tiesie gevra het hoe hy sy hart vir die Here kan gee. Ek sal graag in die Desembervakansie vir elke tuinwerker ‘n Kersfeesgeskenkpak wil gee en sal dit waardeer as julle my daarmee kan help. Die tuinwerkers het dit baie waardeer dat ‘n kind vir hulle omgee en dink net hoeveel dit vir hulle sal beteken as ons Kersfees vir elkeen van hulle ‘n Kersfeesgeskenkpak van ‘n kind af gee? Ek nooi julle uit om my te help. Gee ‘n gedeelte van jou sakgeld, was jou pappa se kar, was skottelgoed of dink aan ‘n manier hoe ons geld kan insamel om so Jesus se liefde met die tuinwerkers te deel. Ek glo dat hierdie initiatief uiteindelik ook kan groei en duisende mense kan raak en werklik ‘n verskil in ons land kan maak. Onthou ons is die hande en voete van Jesus en ek nooi julle uit om my te help om ‘n verskil te maak. k
Dit is belangrik om eerder te gee as om te ontvang en wanneer ons iets vir iemand doen, moet ons dit uit ons harte doen en nie omdat ons iets terugverwag nie. Ek glo dat ons as Christene die hande en voete van Jesus op aarde is en dat ons ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself en ons gemeenskap het om Jesus se liefde uit te leef. Die Projek - Tannie Tiesie en die 60 tuinwerkers en bestuurders het op Vrydagoggend 10 Julie om 07:30 in Midlands bymekaar gekom. My eerste gedagte was om vir hulle worsbroodjies te maak, maar toe tannie Tiesie vertel dat sy ook met hulle die kinderkerk se Tjoklit Tjokkers program deel, het ek besluit om iets te doen wat ook daarby aansluit. Eers wou ek vir elkeen ‘n sakkie Hot Chocolate gee, maar dan drink net een daarvan. Ek het toe besluit om eerder vir elkeen ‘n klein botteltjie Hot Chocolate te gee wat hulle dan met hulle gesinne kan deel. Op dieselfde manier waarop hulle Jesus ook met hulle gesinne gaan deel. www.kerksondermure.org Hartklop l November/Desember 2015 25
D T I E I U K I E N S D N E E R W K S E R R E K K “Mag die gesin saam tyd spandeer en opgewonde wees oor Kersfees, sodat die kinders in hulle harte weet hoe dit voel om saam te behoort aan die gelowiges se familie.” (Jacobus Loubser, Gr 1-3 bediening, Midstream) “Hiermee ‘n wens van vrede, vreugde en hoop in hierdie komende Kersfees. Mag jy Jesus se warm liefde in jou gesin beleef in hierdie wonderlike tyd van samesyn!” (Hester Spengler, Gr 4-6 bediening, Midstream) “Mag die blink kersliggies jou herinner aan Jesus, die lig vir die wêreld. Mag jy so teenoor ander optree dat hul net so ‘n titseltjie van Jesus se liefde in jou kan sien en kan wonder: Wat maak jou so spesiaal?” (Renita Lotter, Gr 4-6 bediening, Midstream) “Mag die kosbare nuus van Jesus se koms, soos ʼn vuurwarm vlam in jou brand en soos ʼn helder lig deur jou skyn hierdie Kerstyd....” (Suleen Nortjie, Kleuterbediening, Hippolaan) “Jesus se bestemming was die kruis. Sy doel was liefde. Sy groot rede was jy! Mag jou lewe gevul wees met vrede, vreugde en baie Jesusliefde, ook wat jy met ander vriende deel.” (Charléne Franken, Kinderbedieningsleier) “Mag elke kind sy gesin aanspoor tot ʼn gee-Kersfees deur dit wat hy/sy by kinderssondermure gesien en geleer het! Onthou: Jesus het sy lewe gegee!” (Maryna Burger, Kinderbediening administratiewe beampte) “Dankie almal vir die voorreg om saam met julle kinders in 2015 te bedien! Dankie vir al die kosbare oomblikke van “God Immanuel” wat ons ervaar het, oomblikke wat ons soms met “traanogies” en hoendervleis gevul het. Gaan wees in hierdie wonderlike Feestyd, ‘n getuie van sy onvoorwaardelike liefde en omgee vir mekaar. Leef dit, deel dit en ervaar dit saam met geliefdes.” (Hezel Fourie, Midstream kinderbediening koördineerder)
“Mag 2015 se Christusfees ʼn ware G-fees wees: streef na Geloof en Gehoorsaamheid; Gaan Gou en deel die Goeie nuus met iemand wat Jesus nog nie ken nie; weet dat Jesus die Grootste Geskenk is; Gee vir ander met ʼn warm hart en hou jou oog op die Een wat alles vir ons geGee het; beleef God se Goedheid en die keur van sy seëninge! ʼn Helder Somerkersfees vir elke Gesin toegebid! (Tiesie de Coning, Gemeenteleier: Kinderbediening) Wense uit die gr.7-bediening: • “Liewe gr. 7, mag jy en jou vriende hoop gee en ‘n seën wees vir die mense rondom jou.” • “Mag jy persoonlik groei in hierdie Kerstyd – dit was ‘n belewenis om hierdie jaar te sien hoe kinders in hul verhou ding met Jesus oorgawe beleef.” Kleingroepleiers uit ander bedieninge: • “Ek wens dat kinders gelukkige huise sal belewe. Dat ouers by mekaar sal bly.” • “Ek hoop dat elke kind liefde en sekuriteit sal ervaar in hulle gesinne die Kerstyd.” • “Ons/my Kersfeeswens is dat elke kind die warmte van Jesus in sy/haar familiehuis kan ervaar en as ‘n gesin daardie warm liefde sal uitdra in die wêreld daarbuite.” Kinders se Kerswens vir mekaar (ongesensor): • “Ons vier Jesus is gebore” • “Maak die Kersfees ‘n gee fees” • “Geseunde Kersfees” • “Wees by jou familie en wees gelukig” • “Onthou Jesus is die beste present” • “Kersfees is goeie nuus” • “Kersfees maak ons bly, wees bly” • “Kersfees sê God is liefde” k
26 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Kersfees is 'n Gee-Fees Tiesie de Coning
Kinders het gedurende die vierde kwartaal ‘n Gee-Fees-Kersfees gevier! Hierdie splinternuwe kurrikulum was deurspek van “G”woorde. Die eerste Sondag is dié woorde in ‘n kruis gepak, die daaropvolgende Sondag in ‘n hart en die laaste Sondag in ‘n kersgeskenk – kompleet met strikkie en al! Dit alles in ‘n poging om ‘n paar “G”-woorde uit die Kersverhaal diep in kinderharte vas te lê. Die hooftemas was: • Kersfees is ‘n Gesinsfees om te Geniet! • Kersfees bring ons by ‘n plek van Geloof en Gehoorsaam heid waarvan Josef en Maria se verhale sprekende voor beelde is. • Kersfees laat ons Gou Gaan om die Goeie nuus met almal wat Jesus nog nie ken nie, te deel. • Jesus is die Grootste Geskenk. • Met Kersfees het God Jesus vir ons geGee, sodat elkeen wat glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. • Kersfees laat ons beker oorloop, want God is Goed! Op Sondag, 8 November, word die daad by die woord gevoeg wanneer elke kind iets bring vir ‘n ander behoeftige gesin. Die kruideniersware sal dan in pakkies toegedraai word en deur ons Netwerk vir Lewe Sentrum en Voetspore projekte vir minderbevoorregtes gegee word. Kinders maak dus werklik hierdie Kersfees ‘n Gee-Fees! Kersfees as Gee-Fees is weer bevestig in die kosbaarste oomblik by Midstream kinderbediening toe een van ons maats, Nelis de Bruyn, sy hande diep in sy sakke gedruk het en ‘n tiende van sy verjaarsdaggeld kerk toe gebring het! ‘n Oomblik wat ons nog lank sal koester en altyd wil onthou! Ons harte juig oor kinders se oop harte en oop hande! Mag hierdie mooi getuienis van Nelis jou inspireer om kinderlike geloof en gehoorsaamheid, God se goedheid en Jesus se ongeëwenaarde geskenk hierdie Kersfees opnuut te ontdek! Geseënde Gee-Fees-Kersfees gevul met vreugde, vrede, hoop en liefde!
Esli Steyn
Kinders
Een Saterdag oggend in 2013 het ek en my broer besluit om ons kaste uit te sorteer…ons het verskriklik baie klere gehad en ek het toe gewonder wat moet ons met al hierdie klere doen? My pa het toe vir my vertel dat hy ʼn oom ken, Themba Maluleke en hy en sy vrou werk by ʼn klein skooltjie in Olievenhoutbosch. Ek was toe so bly om dit te hoor en ek besef toe dat ons ʼn GROOT projek kan begin, om vir baie mense te help met warm klere. Ek het toe ʼn paar maats gekry om my te help om die pamflette in Southdowns Estate uit te deel.
We handed out pamphlets to the Southdowns Estate on Saturday the 30th May 2015. This pamphlet asked if Southdowns residents could please help contribute any warm blankets and clothes for the underprivileged children in Olievenhoutbosch. ( see our pamphlet attached). We have a big trailer outside our house where the residents can come and drop the clothes and once the trailer is full we will go to the Olievenhoutbosch Christian School (see their profile attached). The school is part of the Trust Hope Faith Youth Development Plan in Olievenhoutbosch. One of the residents in Southdowns Estate contacted my dad when he got our pamphlet. He is Mr. Matthew McCormick from the McCormick Property group. They are the owners of the Olievenhoutbosch Plaza and would like to support our cause. We are planning a big party the day we take the clothing and blankets to Olievenhoutbosch and Mr. McMormick is going to help us with that. Why am I writing to the Angels? Themba Maluleke is the after-care co-ordinator, and my dad told me that they desperately needs a vehicle. Could the Angels help with donations so that they can get closer to their goal in buying a vehicle. This could make such a difference in the lives of the Olievenhoutbosch community. You can follow our progress in the collecting of the blankets and clothing on Instagram at: olievenhoutbosch_winter2015. My hope is that, the People of Olievenhoutbosch could be “Touched by an Angel” WARM regards. Esli Steyn"
Ons het die pamflette op 30 Mei uitgedeel daardie Maandagoggend het Mnr. McCormick, wat in die estate bly, vir my pa gekontak en hy het gevra of hy betrokke kan raak by hierdie projek. Hy besit ʼn paar malls en een van hulle is in Olievenhoutbosch. (Olievenhout Plaza). Hy het toe ʼn hele dag gereël by Olievenhout Plaza waar mense die kinders se gesigte geverf het, ballone uitgedeel, daar was ʼn springkasteel en hulle het sokker gespeel. Dit was ʼn GROOT partytjie vir omtrent 300 kinders. Hulle almal het dit baie geniet!
"Good day to all the Jacaranda Angels, I am a Grade 6 student at Southdowns College in Irene. A few friends and I started the Winter is Here project two years ago. We collect clothing and blankets for a group of Olievenhoutbosh children that are really battling through the cold months.We are so grateful for what we have and want to share a little with kids in need.
1 Timoteus 6 : 17 – 19 17 Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. 18 Sê hulle moet geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel. 19 Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ʼn skat opbou – goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang.
28 Hartklop l November/Desember 2015 www.kerksondermure.org
Preekrooster
PREEKROOSTER November 2015 8 Nov
Hippolaan
15 Nov
22 Nov
29 Nov
08:00 Fanie Venter
Colin Smith
Adrio König
Louis Brittz
Fanie Venter
Colin Smith
Adrio König
Louis Brittz
Colin Smith
Annelize de Wet
Colin Smith
Stephan Joubert
Geen
Geen
Geen
10:00
18:30
Tieners@Hippolaan 17:30
Meiring de Wet
Midstream
Doop Bybelkuier (aand) Bybelkuier (aand) Bybelkuier (aand)
08:00 Adrio König
Fanie Venter
Herman de Kock
Christo Woite
Adrio König
Fanie Venter
Herman de Kock
Christo Woite
Fanie Venter
Colin Smith
Annelize de Wet
Adrio König
10:00
18:00
PREEKROOSTER Desember 2015 6 Des
Hippolaan
Doop
13 Des
20 Des
25 Des
27 Des
Kersdag
09:00 Colin Smith
Fanie Venter
Adrio König Fanie Venter 08:00 & 10:00
18:30 Annelize de Wet
Midstream 09:00
André Viljoen
André Viljoen
Hettie Brittz
Annelize de Wet
Doop Kersdag
Christo Woite
Colin Smith
Christo Woite
Stephan Joubert 08:00 & 10:00
Annelize de Wet
* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure
Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor
Na-ure predikant op roep: 083 489 0180
Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480
Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046
Kersdiens 25 Desember 2015 08:00 & 10:00 - Hippolaan (Fanie Venter)
08:00 & 10:00 - Midstream (Stephan Joubert)
Oujaarsdiens 31 Desember 2015 19:00 - Midstream (AndrĂŠ Viljoen)
23:15 - Hippolaan (Fanie Venter)