Hartklop november 2014

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

November 2014  Uitgawe 99


Inhoud Fokus 01

Redaksie - Het God jou geskape met ‘n spesifieke doel?

02

Jou tuiskoms in sy familie

02

Om te behoort, behoort nie moeilik te wees nie...

03

Algemeen 01

Preekrooster: November

03

Doelloos?

Gebedsfokus: My gebed van oorgawe

05

‘n Geloofsfondsverbintenis...

04

Merkwaardighede uit die Woord

20

Boekprys

06

Kinder-Fokus: Kind in God se skeppingsdoel

07

Tiener-Fokus: Wat is die Here se doel met my?

14

Persoonlike Sorg-Fokus: My OMGEE-doel: teenwoordigheid, tyd en nabyheid

Dagboek 09

Bybelskool: 4de kwartaal

09

Bediening van die Doop

10 11 12

Kalender - November Kalender - Desember Kersmark Midstream Nuwe lidmaat inligting & Oriënteringseredienste

12

Agterblad:

My Voetspore 16

Is Sending nog belangrik in 2014?

17

My life @ Echo

18

Berou, vergifnis, genade

19

Biblical Worldview

Stories 08

UBA 2014

13

Bid saam vir ons besoek aan Zambië

15

SkouspelSonderMure

Somer-Damesoggend

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org  e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure Na-ure predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Adres: Gemeente sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003  •  Midstream - 012 940 9480


Redaksie

Het God jou geskape met 'n spesifieke doel? Dis die groot vraag in die lewe - hoekom is ek hier? Wat is die sin in die lewe? Hoekom jaag ek? Waar pas my gesin in? Waar pas ontspanning in? Waarom het God my op hierdie aarde geplaas? Die mens moet tog ‘n spesifieke doel op aarde hê? Wat is die grootste gebod wat ons lewens behoort te rig? In Matt 22:34-40 staan daar: “en toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader. (35) En een van hulle, ’n wetsgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê: (36) Meester, wat is die groot gebod in die wet? (37) En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. (38) Dit is die eerste en groot gebod. (39) En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.(40) Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Hierdie gebod is oorhoofs oor die Ou- en die Nuwe Testament, maar is dit die grootste doel waarvoor ons geskape is? As ek die Here my God lief het met my hele hart, met my siel en met my hele verstand beteken dit dat my hele wese, my emosies, my gevoelens, alles wat binne-in my leef Jesus moet liefhê en op Hom gefokus moet wees. Toe God ons geskape het, het Hy sy gees in ons ingeblaas en dit is sy gees, ons siel wat ons identiteit gee. Het jy al ooit by iemand gestaan wat klaar dood is? Dit is net die vleisdop wat agtergebly nadat die siel die liggaam verlaat het. God vereis dat jy Hom lief het met jou hele identiteit en gees. Hy vereis verder ook dat jy hom moet liefhê met jou hele verstand, met al jou kennis, gedagtes en optrede. Dan kom die tweede gedeelte en dit is dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Dit beteken dat jy jou liefde vir God ook moet uitleef teenoor almal om jou en ook teenoor jouself. Die liefde wat God van jou vra moet in balans wees met jou naaste en jouself.

Wow!! Dit is allesomvattend, niks behoort aan myself nie en seer sekerlik is daar niks wat ek aan die sonde kan oorlaat nie, want alles wat ek is en alles wat ek ooit sal wees, moet God, my naaste en myself liefhê. Liewe vriende, hierdie is die maklikste begrip ooit, maar die diepte en korrekte verstaan daarvan is uiters belangrik. Ons poog hierdie maand om vir jou ‘n duideliker verstaan van jou skeppingsdoel te gee. Ons probeer vir jou die enigste sin in hierdie lewe te verduidelik sodat jy nie onseker moet wees van jou doel in die lewe nie. Begin hierdie maand by al die fokus artikels en lees elkeen van hulle, dit kleur hierdie liefdesband in wat tussen jou en God moet bestaan. Jy moet die sin van jou lewens verstaan om werklik jouself ten volle vir God te kan gee en elke oomblik van elke dag in sy teenwoordigheid te leef. Maak seker jy kyk na al die dagboek advertensies, daar is ‘n klomp verrassings vir hierdie laaste gedeelte van die jaar. Kyk ook vir die blad met die groot foon, nee ons verkoop nie fone nie, ons het werklik nou ons eie “Mobile App” . Kyk gerus: al die instruksies is daar om dit af te laai en te gebruik. Dit is nou werklik ‘n eenstopwinkel met alles wat jy moontlik kan benodig van kerksondermure en jou geloofsfamilie. Daar is net een voorwaarde voor jy dit mag aflaai. Jy moet dit deel/share met ten minste een van jou vriende of kollegas by die werk. Kom ons help mekaar om kerksondermure weg te gee aan die gemeenskap, ja sommer ook aan hulle wat nog nie deel is van ons familie nie. Kan dit dalk deel wees van ons skeppingsdoel?

Francois

Lekker lees tot volgende maand…

PREEKROOSTER  •  November 2014 2 Nov Hippolaan

9 Nov

16 Nov

23 Nov

30 Nov

Belydenis, Doop                Volwasse Belydenis  Kersfees Produksie

08:00

Adrio König

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Louis Brittz

10:00

Adrio König

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Louis Brittz

18:30

Colin Smith

Annelize de Wet

Fanie Venter

Fanie Venter

Louis Brittz

Tieners@Hippolaan                     17:30

Midstream

Annelize de Wet

Geen

Geen

Belydenis, Doop  Inligting & Oriëntering

Geen

Geen

Kersfees Produksie

08:00

Christo Woite

Annelize de Wet

Herman de Kock

Louis Brittz

Fanie Venter

10:00

Christo Woite

Annelize de Wet

Herman de Kock

Louis Brittz

Fanie Venter

Tieners@Midstream                     17:00

Allen Baatsen

Geen

Geen

www.kerksondermure.org

Geen

Geen

Hartklop  l November 2014     01


Fokus

Jou tuiskoms in sy familie

Oneindig baie is al geskryf en gesê oor die skeppingsdoel van die mens. Met ander woorde die vraag “Waarvoor bestaan ek," is op verskillende maniere al beantwoord. Ons sê gereeld vir mekaar Fanie Venter ons bestaan ter wille van God se eer, ter wille van die Koninkryk en ter wille van die wêreld. Dit is baie beslis die waarheid. In hierdie paar woorde wil ek kortliks stilstaan by ʼn ander aspek van ons bestaansdoel. Ek glo, vanuit my verstaan van die Bybel, dat ons geskep is ter wille van gemeenskap (community/fellowship). Van die eerste bladsye van die Bybel af lees ons reeds hoe God die mens gemaak het vir gemeenskap met Hom. In die aandlug van die paradys het Hy kuier-kuier met saam met hulle gestap. In Gen. 2:18 lees ons verder, dat God gesien het dat dit nie goed is dat die mens alleen is nie. Die mens wat as God se verteenwoordigers gemaak is, is soos God “verhoudings wesens”. Dit is ook waarom gelowig wees nooit as ʼn individuele saak gesien en hanteer kan word nie. Deur my geloof en my doop word ek in die liggaam van Christus ingedoop. My geloof en doop het dus tot gevolg dat ek saam met ander aan die liggaam van Christus behoort. Wanneer ek Jesus aanneem, gee God my die reg om sy kind te wees (Joh.1:12). God word my Vader en die

feit dat God my Vader is, beteken dat ek tuisgekom het in sy familie. As familie van God (sy verteenwoordigers) is Jesus deur sy Gees besig om ons al hoe meer te ver-ander, sodat ons al hoe meer soos ons Vader kan lyk. Die duidelikste kenmerk van ons Vader is liefde. Ons moet daarom ook aan ons liefde herken word as sy kinders en as volgelinge van Jesus. Na aanleiding van 1 Kor. 13 sê Rick Warren: As ek nie ’n lewe van liefde lei nie sal: niks wat ek sê saak maak nie (1 Kor. 13:1); niks wat ek weet saak maak nie (1 Kor. 13:2); niks wat ek glo saak maak nie (1 Kor. 13:2b); niks wat ek gee saak maak nie (1 Kor. 13:3); niks wat ek bereik saak maak nie (1 Kor. 13:3b). Mag jy deur Jesus só tuiskom in God se familie, dat jou lewe saak maak. Jou lewe maak saak wanneer jy soos ons Vader in liefde en vanuit liefde leef.  k

Om te behoort, behoort nie moeilik te wees nie... Ek onthou dit so goed. Ek was in die laerskool en die eerste Pizza Hut het by Cresta Winkelsentrum oopgemaak. Die reuk in die Colin Smith lug was `n kombinasie van hout in die oond, gebraaide pynappel en sampioene, spek, gesmelte kaas en natuurlik daardie welbekende tamatiebredie wat die basis van elke pizza moet wees. Ek was so opgewonde toe my pizza kom. Daar was presies 8 stukkies in my “mini-pizza”. Ek het so gewens daar kon meer wees. Ek sou dit in 16 kleiner stukkies kon verdeel, maar dit sou nie die pizza groter gemaak het nie... My pizza ervaring gebeur vandag nog, maar hierdie keer gaan dit nie oor `n stukkie deeg nie, dit gaan oor die hoeveelheid tyd in die dag. Ek kan my dag in al hoe kleiner stukkies verdeel, maar steeds is daar net soveel uur vir alles wat in die dag moet gebeur. Ons taak as geloofsfamilie is om mekaar juis te help en te ondersteun, sodat ons genoeg tyd kan spandeer aan dit waarop dit werklik neerkom. Daarom het ons gewaag om volgende jaar anders aan te pak. In plaas daarvan dat ons `n klomp ekstra aktiwiteite reël wat meer druk plaas op die bestaande tydsverdeling van gelowiges, wil ons eerder slimmer te werk gaan, beter gebruik maak van ons tyd. Dit het teweeggebring dat ons volgende jaar binne ons Behoort-groepe (voorheen

Groeigroepe), die klem wil laat val op manne, vroue en gesinne. Die bestaande groeigroepe sal voortaan funksioneer as selfamilies (soos al die ander selfamilies tans reeds doen). Dit sal beteken dat hierdie groepe nie meer belas word met die plig om nóg aktiwiteite, kampe en aksies te moet reël, net omdat daar so `n groep bestaan nie, maar dat hul eerder as `n selfamilie spontaan bymekaar kan kom. Vir die vir wie dit tans nie moontlik is om aan `n selfamilie te behoort nie, moet daar ook nie verder `n skuldlas op geplaas word nie. Ons behoort aan mekaar as ons saam vir Jesus ken en vir Hom leef. Daarom kan ons behoort wanneer ons as gelowiges langs die sportveld staan, of saam by `n uitreik betrokke is, ons kan behoort as ons weekliks saam om die Woord vergader of wanneer ons die seer van medegelowiges deel en by mekaar betrokke is. Ons het nie `n struktuur nodig om te behoort nie, ons het net `n intensionele bewustheid nodig, sodat ons kan besef: Om te behoort, behoort nie moeilik te wees nie. Mag jy in die jaar wat kom beleef dat jy behoort- op baie plekke en dat behoort maklik is, want as gelowiges behoort ons aan God en aan mekaar. Mooi loop.

02    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


MY GEBED VAN OORGAWE

Om jou gebed van oorgawe aan die Here te bid, is die mees betekenisvolle ding wat jy kan doen in hierdie lewe. Die pad wat die Here met jou loop deur die heilsorde maak baie sin. Die Here begin om jou te roep deur die werk van die Heilige Gees. Hy maak jou bewus van jou sonde en verlorenheid en van die feit dat net Jesus Christus vir jou die oplossing kan gee. Hy begin die proses van wedergeboorte en herskepping in jou, onafhanklik van jou insette. Dan plaas die Here geloof in jou hart. Die vermoë om Christus aan die kruis raak te sien as jou Verlosser en te glo dat Hy in jou plek gesterf het, is ‘n geskenk van God. Dit kom nie vanself in die mens se hart op nie. Dan is jy gereed om jou bekeringsgebed te bid. Deur jou bekeringsgebed neem jy deel aan God se verlossingsplan vir jou lewe. Jy neem die besluit om te reageer op God se uitnodiging om verlossing uit sy hand te ontvang. Hy skenk sondevergifnis en die ewige lewe gratis.

Jy ontvang dit deur jou hande van geloof uit te steek. Jou bekeringsgebed kan iets eenvoudig soos die volgende wees: "Here, ek is ʼn sondaar en besef dat ek verlore sal gaan as ek nie Christus se verlossing aanvaar nie. Ek bely my sonde en vra vergifnis daarvoor. Ek aanvaar Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker.Aanvaar my asseblief as u kind. Dankie dat U nou my sonde vergewe het en vir my die ewige lewe gegee het. Dankie dat ek nou u kind is en dit vir ewig sal wees. Amen. " Hiermee ontvang jy volle vryspraak en word jy regverdig voor God verklaar. As jy as kind gedoop is, is jou bekering eintlik net jou aanvaarding van God se liefdesverklaring toe Hy by jou

DOELLOOS?

Gebedsfokus

Christo Woite

doop gesê het: “Ek wil jou God wees en Ek wil hê jy moet my kind word”. Deur hierdie toesegging aan God kan die proses van heiligmaking begin waardeur jy al meer aan Christus gelykvormig word. Hiermee volhard jy tot met die wederkoms, wanneer jy volkome herskep sal word om aan die beeld van Christus gelykvormig te wees. Paulus sê in Kolossense 3:16: “die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly.” Jou bekeringsgebed se doel is nie net om jou te beveilig teen die hel nie. Dit is die oorgee van jou hele lewe aan die heerskappy van God. Jy aanvaar hiermee sy skeppingsdoel vir jou lewe: om gehoorsaam aan jou Koning binne sy Koninkryk te leef. Jou hele lewe word nou gewy aan die rede waarom Hy jou geskep en op aarde geplaas het. Om tot sy eer te leef.  k

(Na aanleiding van verskillende Dagstukkies uit “Leef uit die Krag van God”, ‘n Bybelse Dagboek deur Solly Ozrovech.) Hennie Jooste

God is my redder; ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder. (Jes 12:2) Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en krag. (2 Pet. 1:3) Moenie deur wat jy eet (of sê, of doen – HJ) iemand vir wie Christus gesterf het, laat verlore gaan nie. (Rom. 14:15b) Beoefen die godvrugtigheid en wees jou medemens altyd tot voorbeeld in jou lewenswandel. Jy moet uit liefde teenoor God in opdrag van die groot gebod uit liefde tot die (jou – HJ) naaste handel. O God, staan met u Gees ons by sodat u liefde in ons bly. (LB 489:3 n.a.v. Rom 13:11-14) Julle moet in My bly en Ek in julle. (Joh. 15:4a)

Vader nog helder skyn agter die donker “wolke” in jou lewe. Dis in die donkerste oomblikke van die lewe dat geloof en vertroue in God jou staande laat bly. Hoe dreigend omstandighede ook mag wees, dit is noodsaaklik dat jy nie sal toelaat dat enigiets of enigiemand God se sentrale plek in jou lewe inneem nie. Met Hom as die mid-delpunt sal jy jou ewewig te alle tye kan handhaaf. Toe Jesus op aarde was, het sy eenheid met sy Vader Hom in staat gestel om met gesag (en krag – HJ) van God op te tree. Deur die Goddelike liefde wat uit Hom gestraal het, het Hy mense genooi om daar-die Goddelikheid met Hom te deel. As Hy sê, “bly in My”, nooi Hy ons uit tot die edelste (en verheffendste – HJ) lewenswyse waarvan ons kan droom!

Dit sou uiters naïef wees om te dink dat onheilspellende wolke nie oor ons lewe sal saampak nie. Dit sou nog meer verkeerd wees om hulle te probeer ignoreer met die valse oortuiging dat hulle tog maar net sal verdwyn. Dit is beter om met vertroue daarvoor gereed te wees deur ‘n vaste geloof te hê in die almagtige God wat ook die storms en orkane beheer.

Maar hierdie lewe in Christus is so uitdagend (so radikaal anders as waaraan ons gewoond is – HJ) dat baie mense huiwer om dit te aanvaar en verkies om in ‘n godsdienstige groef te bly wat nóg vreugde, nóg geestelike groei bevorder. Hierdie lewe in Christus skep innerlike vrede, ‘n konstruktiewe doel vir die lewe en ook innerlike krag deur die Heilige Gees (om staande te bly, kom wat wil! – HJ)

Uit ‘n ander hoek gesien: Dit is ‘n voldonge feit dat die sterre nog skyn al word hulle deur wolke verberg. Net so moet jy onthou dat die ewige (en onveranderde – HJ) liefde van ons hemelse

Wanneer jou hele wese in besit geneem word deur eerbied en liefde vir God, sal jy die wonderlike ontdekking maak dat vrees vervolg op bl 17

www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     03


Merkwaardighede uit die Woord

Adrio König

Om die beeld van God te wees

Genesis 1 Dis eintlik vreemd dat daar in Genesis 1:26, 27 staan dat God ons as sy beeld gemaak het. Dit beteken immers ‘n baie naby verhouding tussen God en mens. Maar die skrywer van Genesis 1 beklemtoon juis die afstand tussen God en die skepping, dat daar niks anders is wat goddelik is as net God self nie. Daarom lees ons dat God die lig geskep het, dat Hy die son en die maan geskep het. Die godsdienste rondom Israel het die lig en die son en die maan as gode beskou. Maar Israel het geglo net God is God en goddelik. Alle ander dinge is geskape, dus skepsels anders as God, minder as God. Selfs wat die mens betref, kry ons iets hiervan. Dink maar net aan die Egiptenare. Hulle het geglo die mens stam van die gode af. Die mense is gebore uit ‘n manlik en ‘n vroulike god. Ander het weer geglo die koning is ‘n direkte afstammeling van hulle gode. Maar volgens Genesis 1 is die mense ook geskape, skepsels anders as God, minder as God. Maar juis om hierdie redes is dit dan opvallend dat Genesis 1 tog wel beklemtoon dat die mense as beeld van God geskep is, want beeld beteken om naby God te wees, soos Hy. Ons is dus nie goddelik nie, maar ons is bedoel om naby God te wees, soos God te wees. Dis tog wat “beeld” beteken. Maar in die Ou Testament kry ons maar min daarvan dat die mense soos God is. Israel moes selfs maar net aan die Here getrou wees, dan sou Hy hulle só seën dat die ander volke sou naderstroom Jerusalem toe om te kom kyk (Jes 2:2-5). Maar daar is min sprake van. Daar is nooit sprake daarvan dat heidene

iets van die wonderlikheid van God in Israel sou kon sien nie. Inteendeel, hulle het eerder met Israel se God gespot omdat dit so sleg met Israel gegaan het (Eseg 36). Die mense moes die beeld van God gewees het, maar hulle was dit nie. En toe kom Jesus. En Hy word die beeld van God genoem (2 Kor 4:4; Kol 1:15; Heb 1:3). Dit beteken dat God bedoel het dat ons soos Jesus moet leef. Hy is ons voorbeeld. Dink nou net aan al die “soos”-uitsprake in die Nuwe Testament. Ons moet soos Jesus optree. Ons moet God se beeld wees, soos God wees. Soos Jesus: Joh 13:34; 20:21; Ef 5:2,25; 1Joh 3:3,7. Soos God: Mat 5:48; Luk 6:36; Ef 4:32; Kol 3:13; 1Pet 1:15-16; 1Joh 1:5-7. Lees dit. Dink daaroor. Dis wat dit beteken om die beeld van God te wees. En as jy sien jy gaan dit nie regkry nie, is jy op die regte spoor. Paulus het ook nie daarvoor kans gesien nie. Maar hy het onthou hy is gedoop. En hy het ook onthou dat hy in die geloof mag aanneem wat God hom in sy doop gegee het: die vereniging met Christus (Rom 6). Daarom skryf hy : “En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe” (Gal 2:20). Neem aan Jesus se lewe deel. Hy is die beeld van God.  k

04    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


Francois en Vera Schoombee

‘n Geloofsfondsverbintenis om God se Droom vir hierdie wêreld 'n werklikheid te maak 21 September 2014 September 2014 was ‘n maand in die geskiedenis van Midstream wat nie sommer gou vergeet sal word nie. Dit was anders, ons het weer teruggekyk na waar die gemeente ontstaan het en hoe dit gegroei het tot waar ons vandag is. Dit was regtig ‘n opwindende “journey” saam met Jesus wat baie lewensverandering alreeds tot gevolg gehad het.

wat 750 gesinne kan maak? So, ons nooi jou uit, as jy nog nie geleentheid gehad het om deel te wees van ons opwindende Visie 2015+ nie, daar is steeds geleentheid om ‘n geloofsfondsverbintenisbriefie te voltooi by die kerkkantoortoonbank en sáám met die familie hierdie Droom ‘n werklikheid te maak…

September het afgeskop met ‘n DVD van die gemeente se geskiedenis, die totstandkoming van die Midstream gebedsbediening op Saterdag 6 September 2014. 14 September het die gemeente saam gedroom oor God se Droom vir kerksondermure Midstream en almal het hulle interpretasie van God se droom vir die gemeente verwoord op ‘n vlaggie. Selfs die kinders het deelgeneem aan hierdie geskiedkundige oomblikke van Midstream se storie wat ontvou het. Die entoesiasme waarmee hulle deelgeneem het was aansteeklik, min wetend dat hulle rééds die nuwe generasie van kerkwees is. Hierdie vlaggies hang natuurlik in die voorportaal en sal daar hang vir die tydperk van fondsinsameling om God se droom vir Midstream gerig te hou.

Daar is ook gemeentelede wat na vore gekom het met ander inisiatiewe om fondse in te samel, baie dankie daarvoor, ons sien uit daarna om julle insette saam te ontwikkel. As daar enige verdere voorstelle is kan julle asb. kontak maak met Francois Schoombee by fschoombee@ksm.co.za of 012 663 2004 x 204.

Op 21 September het Jan Rhoodie, ons Gemeenteraad voorsitter, die “Droom vir kerksondermure Midstream” verwoord. Jan het dit gedoen aan die hand van die bekendstelling van “Projek Midstream Visie 2015+.”

Die uitkoms van enige droom is gesetel in die aksie wat daarop geneem word en in hierdie geval, geloof in wat God vir kerksondermure Midstream bestem het.

Hy het verduidelik dat die doel van hierdie projek is om genoegsame fondse in te samel om God se droom van ‘n volwaardige en aktiewe liggaam van Christus vanuit Midstream te laat realiseer. Ná almal hierdie nuwe visie vir Midstream verstaan het, het van die gemeentelede saam ‘n stap in geloof geneem en ‘n geloofsfondsverbintenis gemaak om elkeen addisioneel by te dra tot die verwesenliking van hierdie Droom.

As jy vandag vir die eerste keer hoor van Visie 2015+ en jy wil graag ook uitvind waaroor alles gaan, gaan kyk gerus op ons webwerf se voorblad by www.kerksondermure.org. Daar is twee DVD’s, een met die Midstream storie - die geskiedenis oor hoe ons tot hier gekom het, asook ‘n DVD met al die besonderhede van Midstream Visie 2015+.

Kom ons glo dit onvoorwaardelik en bid elke dag vir God se leiding en inspirasie wat die gemeente ten volle sal verenig in die uitvoering en bereiking van God se Droom vir hierdie wêreld: Die koms van Sy Koninkryk, ook op Midstream...  k

Ons dank die Here vir amper R3miljoen se beloftes wat op hierdie dag ontvang is. Baie belangrik is dat hiérdie beloftes van slegs 140 geloofsfondsbriefies was - m.a.w. ongeveer 150 gesinne wat tot dusver deelgeneem het aan die inisiatief. Midstream het tans ongeveer 750 geregistreerde gesinne (ongeveer 2000 lidmate). As 140 gesinne reeds ongeveer R3miljoen bymekaar kon sit in twee eredienste op een dag, dink net wat die impak sal wees www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     05


Kinder-Fokus

Charlene Franken

Kind in God se Skeppingsdoel Kom ons gaan dink weer na oor die skepping. Dit gaan nie noodwendig oor hoe alles begin het nie, maar by Wie alles begin het. God het, nadat Hy 'n klomp goed gemaak het, teruggekyk en gesien dat dit goed was. Ons as God se kinders moet met dieselfde bewondering na alles kyk. As ons in die oggend wakker word, word ons nie in ‘n wêreld wakker wat ons self gemaak het nie, maar waarvan die Skepper van die wêreld vir ons fluister: “Pas my aarde vandag op!” Hoe kan ons ingestel wees om dit te doen? Deur ons gedagtes te verander! Ouers kan ook elke dag hulle kinders hieraan herinner. Die volgende aanhaling van ‘n indiaan help ons om anders oor God se wêreld te dink: “Teach your children what we have taught our children, that the earth is our mother. Whatever befalls the earth befalls the children of the earth. If we spit upon the ground, we spit upon ourselves. This earth is precious to God, and to harm the earth is to heap contempt upon its Creator.” Ons bly nie net op nog ‘n planeet nie. God het ons die versorgers van moederaarde gemaak. (Gen 1:26) George Washington Carver het altyd ‘n blom in sy lapel gedra omdat dit hom herinner het aan “Mr. Creator”, sy naam vir God.

En dan die beste nuus ooit! God het die mens na Sy beeld geskep en Hy het na Sy handewerk gekyk en dit was vir Hom uitstekend. (Gen 1:31 NLV) Daarom word die mens die “kroon” van God se skepping genoem. Dit beteken God het die mens goed gemaak soos die kroon op ‘n koning se kop! Kinders mag nooit luister na leuens van jy’s te lank of te kort, te vinnig of te stadig nie. Dit is alles leuens! Die enigste waarheid wat jy kan glo is dat die Bybel sê dat God jou baie goed gemaak het, na Sy beeld is jy geskep. Ons moet ons kinders die waarheid van Psalm 139: 14 (NLV) laat glo: “Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het.” Dan sal kinders weet dat hulle deel is van God se skeppingsdoel. Wanneer die kindertjies na Jesus toe gebring word sodat Hy sy hande op hulle kon plaas en vir hulle kon bid, word God se skeppingsdoel net weer opnuut bevestig dat die koninkryk juis bedoel is vir almal wat soos kinders is. (Matt 19:13-15)  k

06    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


Tiener-Fokus

Wat is die Here se doel met my? Ek’s maar net 'n tiener! Ons klassifiseer tieners hoofsaaklik tussen die ouderdom van 12 en 18. Hierdie adolessensiejare word gekenmerk deur veranderende fisiologie, emosies en selfs sosiale strukture. Dit is ‘n tyd van baie vrae en soeke na ware identiteit. Dit is ook ‘n tyd waarin daar ‘n nuwe soeke is na wat my skeppingsdoel is en waar ek nou eintlik inpas in hierdie wêreld. Die interessante is dat die meeste van Jesus se dissipels waarskynlik in hierdie ouderdomsgroep geval het. Dit maak sin, want

eers gaan studeer… Ek sien egter die teenoorgestelde by Jesus se dissipels. Dié 12 tieners het gekies om Jesus te volg en deur Annelize de Wet dit te doen het hulle geleer, foute gemaak, weer geleer, mense gedoop, nog foute gemaak, mense genees en alles gedoen wat Jesus hulle geleer het. Waarom wil ons dit vandag anders doen? Jou skeppingsdoel is eenvoudig: volg Jesus! Soos wat jy agter

Dit is 'n tyd van baie vrae en soeke na ware identiteit. oor en oor moes Hy vir hulle dieselfde beginsels van die koninkryk leer. Meer as gereeld het hulle dieselde foute gemaak. En dan was daar natuurlik soveel tye wat hul net eenvoudig nie verstaan het wat Jesus bedoel het wanneer Hy praat nie. Waarom sou Hy dan juis hierdie groep kies? Jesus het geweet dat hoewel tieners deur soveel veranderinge gaan – is hulle diegene wat ‘n beweging kan laat gebeur teen ‘n spoed wat niemand kan keer nie! Jesus se doel met die eerste 12 dissipels was eenvoudig: volg My! Ons dink baie keer dat ons eers ‘n klomp dinge moet leer voordat ons werklik volgelinge van Jesus kan wees. Ek moet darem eers die Woord ken, of darem eers op ‘n uitreik gaan, of darem

Hom aanloop sal die wil van sy Vader al hoe meer vir jou bekend word – net soos wat dit vir die dissipels bekend geword het. Soos wat jy doen en leer oor Jesus (ook in sy Woord), so word jy meer soos die Leermeester wat jy volg. In dit alles hoef jy dus nie jou skeppingsdoel te ontdek nie, maar jy leef jou skeppingsdoel wanneer jy Jesus beter leer ken en soos Hy leef! Ons is baie keer so vasgevang in die Here se wil vir MY, dat ons eenvoudig sy WIL mis. Volg die Seun van God en jy sal ontdek dat jy reeds binne jou skeppingsdoel is. Die details van hoe jy jou gawes uitleef, watter spiritualiteit jy het of van watter dinge jy hou - dit is alles belangrik, maar eenvoudig wanneer jy Jesus volg!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     07


Stories

UBA 2014

Patient endurance is what you need now, so that you will continue to do God’s will. Then you will receive all that He has promised -Hebrews 10:36. A verse many of us thrived on during this adventurous camp. Allow me to share with you my particular journey in connecting with God. On the bus many of us were anxious as most shared a seat with an acquaintance. Surprisingly we made friends very easily. A tool that came in very handy! First things first. We were only allowed to speak English (the international language that would make connecting with the world so much easier.) We struggled, A LOT! Between all the sentences Afrikaans always found its way here and there. But hey, ons leer nog! (even our instructors had to be reminded of this fun challenging rule.) The camp was basically run on military principles; breaking the troops down and stripping us from our privileges to get right to the core. We desperately needed a wake up call. We’ve been sleeping in our days only dreaming at night, becoming slaves to this age and numb to the fight. At supper we humbly learned how wealthy and privileged we are and what it really means to share. Shocked by the statistics of the world’s various religious groups, we realised just how important we are in God’s Kingdom. We’ve become deaf to the cries of our sisters and brothers; God’s world rescue plan includes every Christian. We were glad to turn in for the night, knowing the following day had a full schedule. Little did we know at 02:03 we were to be brutally awakened by sirens and warnings to put out the fire. God gives us assignments and we have to react instantly, no time to be wasted on fiddling with our shoelaces. We had loads of time to reflect in our mentor groups throughout the camp where a bond formed between the campers and we valued it more than the leaders might have realised. We marched into the night walking on a dirt road until morning, which gave us time to pray and think. Morning devotion was a vital part where we mentally prepared ourselves with God for the daily challenges. We learned to submit to the bigger picture surrendering our own needs for the sake of God’s Will. Ubadabi Fontein, the friendliest town you will ever visit, was where we learned how to use our newly found knowledge and use it in our daily world. We learned, some of us after the simulation, that we have a moral obligation to hear people’s hearts

and learn where God was already present in their lives. Break our hearts for what breaks Yours. We had a special opportunity to connect with God amidst the darkness and silence and revelations started flowing throughout all campers. We worshipped our King and I have never felt so alive. Seeking God in all aspects of our lives is one of the best ways to connect with Him. Just so waiting patiently. At last, to me, the most challenging task of the whole camp. We experienced how Jesus’ disciples felt in the garden of Gethsemane when Jesus said “Keep watch and pray so that you will not give in to temptation. For the spirit is willing, but the body is weak.” We were deprived of sleep and only by embracing God’s strength could we push through this obstacle and keep awake. Do you remember Hebrews 10:36? An instant reminder of the task ahead. KidsGames taught us to share the Gospel through mindful games and pass on the Message in a way small children could understand. Children are important in God’s Kingdom and we have the privilege to have an impact on their future, one filled with God. Full of mud we learned that in doing God’s will, attackers might try to bring us down but by keeping on course, we can surpass any struggle. Sharing in our strengths, we managed to pull off a successful potjiekos evening. And later we were entertained by our leaders with a bit of comic relief. (Scratch that, A LOT of comic relief )… Sharing in our experiences next to a cosy bonfire made God’s presence more tactile and I realised that God connects with each of us in different ways. For some, the stories were incredible, filled with hope. But what I realised with a sense of peace, is that God speaks the loudest with silence. He is within us, now and forever. He will never leave us nor forsake us and we have an incredible mission. “It started with a fire and ended in an even stronger one.”  k

08    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     09


10    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org

19:00 Bybelskool MS

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS

09:00 Snr@Midstream 09:00 MaMs HL 09:30 Oppiekoppie Snr 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Bybelskool HL 19:00 30Plus Skoenboks

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single & Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 19:00 Midstream Brugbou

19:00 Bybelskool HL

09:00 Bybelstudie HL afsluiting 09:00 MaMs byeenkoms HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 18:30 Vonkelvroue Afsluitings11:30 Bybelstudie MS afsluiting funksie 18:30 BKS-vergaderings MS 19:00 40Plus byeenkoms

HL - Hippolaan / MS - Midstream

Kersfees Produksie Hippolaan Belydeniskamp WIP koffieaand

30      Sondag

Kersfees Produksie Midstream 11:30 Selindeling MS Captivating kamp

Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP Doopregistrasie vir Des sluit

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum Captivating kamp PEN Nagtoer

Belydeniskamp 08:00 Beroepsforum HL

Saterdag

Belydeniskamp 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 08:00 Beroepsforum: Kersmark 09:00 MaMs byeenkoms HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 09:45 Vroue@kerksondermure Midstream Captivating kamp

Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:45 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 18:00 Kuierkerk & Selgroepe

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00 & 10:00

19:00 Opvolg Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

Saterdag 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 09:00 Huishulpkursus

Donderdag 28      Vrydag 29

19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekoefening

23      Sondag 24     Maandag 25      Dinsdag 26     Woensdag 27

18:45 Selindeling Hippolaan

08:00 Beroepsforum HL

Donderdag 21      Vrydag 22

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single & Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

16      Sondag 17     Maandag 18      Dinsdag 19     Woensdag 20

19:00 Bybelskool MS

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 09:00 Huishulpkursus 30Plus Mannedag

Woensdag 6     Donderdag 7       Vrydag 8

Retreat Kamp

Sondag 10     Maandag 11      Dinsdag 12     Woensdag 13     Donderdag 14      Vrydag 15

Kindereredienste afsluiting Slegs Belydenisklas: 17:00 @ Hippolaan & Midstream Inligtings- & Oriënteringsdienste te Midstream

9

Retreat Kamp Tienereredienste afsluiting

08:00 Belydenisaflegging, 10:00 Doop

Doop by alle dienste 12:00 Doop (slegs Hippolaan) Belydenisaflegging *Midstream:

2       Sondag 3      Maandag 4      Dinsdag 5

November 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 08:00 Huweliksvoorbereiding Midstream 09:00 Huishulpkursus

1      Saterdag


www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     11

HL - Hippolaan / MS - Midstream

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream

28      Sondag

Tiener Zambië uitreik

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream

21      Sondag

Tiener Zambië uitreik

29     Maandag 30     Dinsdag

22     Maandag 23     Dinsdag

Versoeningsdag

Tiener Zambië uitreik

Tiener Zambië uitreik

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream

9     Dinsdag

15     Maandag 16     Dinsdag

8     Maandag

2     Dinsdag

14      Sondag

Eredienste: 09:00, 18:30 Hippolaan 09:00 Midstream Doop by alle dienste 12:00 Doop

7      Sondag

1     Maandag

Eredienste: 23:15 Hippolaan 19:00 Midstream

31    Woensdag

24    Woensdag

Tiener Zambië uitreik

17    Woensdag

Skole Sluit

07:00 Gebedsgeleentheid HL 316:00 0plus byeenkoms

6     Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL Tiener Zambië uitreik

07:00 Gebedsgeleentheid HL Tiener Zambië uitreik

Welwillendheidsdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

26      Vrydag 27    Saterdag

Tiener Zambië uitreik

19      Vrydag 20     Saterdag

Kantoor sluit

Tiener Zambië uitreik

12      Vrydag 13     Saterdag

08:00 Beroepsforum HL

5      Vrydag

Desember

Kersdag

Eredienste: 08:00; 10:00 Hippolaan 08:00; 10:00 Midstream

25   Donderdag

Tiener Zambië uitreik

18   Donderdag

Tiener Zambië uitreik

11    Donderdag

18:30 Doopreëlings

09:00 Snr@Midstream byeenkoms 19:00 40Plus byeenkoms

Midstream Skool Sluit 10    Woensdag

4    Donderdag

3    Woensdag


MIDSTREAM Nuwe Lidmaat Inligting & Oriënteringseredienste – vir nuwe en bestaande lidmate

Spesiale inligting en oriënteringseredienste word beplan vir 09 November in die 08:00 en 10:00 eredienste by Midstream. Ons gaan meer inligting verskaf oor kerksondermure sodat jy as nuwe lidmaat - of selfs as bestaande lidmaat - weer verstaan wat die hart van kerksondermure is en waar elkeen van ons inpas. Ons gaan bietjie gesels oor die verskillende fases van geloof, ‘n ontdekkingsreis van lewensverandering wanneer jy saam met God op pad is. Jy gaan ook ‘n vinnige oriëntering kry t.o.v. al die verskillende bedieninge en daar sal ook ‘n spesiale drukstuk uitgedeel word met al die mees algemene vrae en antwoorde.

12    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


Stories

Bid saam vir ons besoek aan Zambië

Matt. 28:18-20 – Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

kerksondermure se tieners is opgewonde om te gaan kuier by die Reformed Church of Zambia met wie ons nou al ‘n baie goeie verhouding het nadat ons 10 dae saam met hulle in die koninkryk gedien het. Sesheke is ‘n klein dorpie met wonderlike mense wat honger is om meer te leer oor God se wil. Ds. Rodgers Banda en sy vrou Hope is nou al baie jare besig om die klein gemeente te lei in hul koninkrykswerk. Dit is vir ons baie hartseer om te moes hoor dat hulle binnekort gaan trek na ‘n ander gemeente, maar ons vertrou die Here vir die regte opvolger vir Rodgers. Ons is hierdie jaar ‘n groep van 22 mense wat weer in Sesheke gaan kuier vir 10 dae. 14 van hierdie groep is dinamiese tieners wat soveel energie het – ek kan nie wag om 2 dae saam met hulle in ‘n bus te wees nie! Ons vertrek die 11de Desember en kom weer terug net so voor Kersfees, op die 21ste. Ons glo en vertrou die Here se voorsiening vir ons almal om te gaan en weer veilig terug te kom. Ons wil vra dat julle asseblief saam met ons sal bid vir die volgende: -  Kidsgames aanbieding en opleiding: Ons bied self Kidsgames aan, maar gee ook opleiding vir die jongmense in Sesheke. Ons beplan ook om hierdie jaar opleiding te gee vir sportafrigters wat deur hul afrigting Christelike waardes vir kinders kan leer.

dat ons hulle help met musiekinstrumente wat hul vir begeleiding kan gebruik in hul kerk. Omdat die gemeente hoofsaaklik uit jongmense bestaan, het hulle ‘n begeerte om instrumente te kan speel. Ons het ‘n span wat hiervoor verantwoordelik sal wees, maar het nog baie gebed nodig vir die beplanning en uitvoering hiervan. -  Fondse vir bouprojek waarmee ons die gemeente wil help: Sesheke gemeente is in die proses om ‘n kleuterskool te bou – ons gaan self bietjie verf en vensters insit! Omdat ons nie regtig oor die grens kan gaan met te veel goed nie, gaan ons die meeste van die aankope aan daardie kant moet doen. Bid asb dat hierdie beplanning sal uitwerk soos die Here wil. -  Vir ons span: Fondse, beplanning en veiligheid is van die dinge waarvoor ons vra vir gebed in hierdie tyd voor ons vertrek, maar ook terwyl ons daar is. Ons vertrou die Here sonder twyfel dat alles sal uitwerk soos wat Hy dit wil. Ons vriende in Zambië sien met afwagting uit na ons kom, maar ons weet dat ons nie dán eers gaan uitreik nie. Elkeen in ons span is oortuig dat uitreik elke dag is en dat ons beweging na Zambië bloot uit gehoorsaamheid is. So, word deel van hierdie beweging deur saam met ons te bid…  k

-  Musiek beplanning en opleiding: Die gemeente het versoek

Deel jou storie...

Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor! www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     13


Persoonlike Sorg-Fokus

My OMGEE-doel: teenwoordigheid, tyd en nabyheid

Ons almal het verskillende gawes, talente, vermoëns en belangstellings. Party van ons Carl du Preez lyk eenders en ander klink weer eenders. Ons kom vanuit baie dele van die land en selfs vanuit verskillende kulture. Al is ons Christene het ons ook verskillende idees en gebruike. So.. wat het ons dan in gemeen? Ons is mense – geskape deur die Almagtige God. As ek so deur die Bybel blaai en die bekende en selfs onbekende Bybelverhale lees en herbesoek, maak almal ʼn draai by OMGEE, al was daar soms moord en doodslag. Hoe meer ek lees en nadink lyk dit vir my God het ons bedraad om saam te funksioneer en saam as ʼn wese te leef. Natuurlik het ons die sogenaamde ‘veg-vlug-vries’ reaksies nodig om te oorleef wanneer gevare dreig, maar as gevaar nie dreig nie het ons ʼn wonderlike bedrading om te leef en veral sáám te leef. Ons is bedraad om om-te-gee en ander te help en om ook voor omgegee te word en self gehelp te word. Dit lyk my dit is juis hierdie omgee en hulp wat ons sterk maak en krag gee om die eise van die lewe te deurstaan. Daarom glo ek dat dit onmoontlik is om ʼn skeppingsdoel te hê waar ander se belange nie in gedagte gehou word nie. Maak nie saak hoe ‘gehard’ of dalk ongenaakbaar ʼn persoon is nie, iets gebeur met jou as ʼn klein babatjie vir jou glimlag, of iemand naby aan jou siek is en sy longe uithoes, of iemand seerkry of

doodgaan, selfs net die idee van onveiligheid naby jou geliefdes laat iets binne jou gebeur. Daar is al selfs die emosie ‘elevation’ beskryf - dit is wat met mense gebeur as hulle sien hoe iemand anders goed doen en ander help. Gʼn wonder dat die Oprah Winfrey program so gewild is nie en selfs radiostasies wat ons vertel hoe weldoeners mense help wat sukkel. So wat sê ek nou eintlik? ... Medemenslikheid het direk met OMGEE te doen. Hierdie omgee het ʼn belangstel, versorg, bystaan, ondersteun en help geaardheid. Dit maak ons wêreld nie net ʼn beter plek nie, maar onsself ook sterker en gesonder. Is dit nie wat Jesus vir ons kom wys het nie? Hoe nodig OMGEE vir die mensdom is. Navorsing wys wel dat OMGEE al hoe moeiliker raak as mense van mekaar ‘disconnect’. Ons moderne Westerse samelewing moedig onafhanklikheid, distansie, mag en ʼn verbruikersmentaliteit aan. Dit is fasette wat diskonneksie tussen individue en groepe veroorsaak. Sonder teenwoordigheid, tyd en nabyheid blyk OMGEE, selfs vir die warmste en mensgeoriënteerde persoon, moeilik en selfs onmoontlik te wees. Ek glo wel dat NIEMAND NIE KAN OMGEE NIE! Prys God, Hy het ons so gemaak! Ek bid dat teenwoordigheid, tyd en nabyheid aan God en aan mekaar weer ʼn prioriteit vir ons almal sal word.  k

14    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


Stories

Aangebied met groot dankbaarheid teenoor al ons dienswerkers en ons Skepper! www.kerksondermure.org        Hartklop  l November 2014     15


My Voetspore

Is Sending nog belangrik in 2014? Chris Visser

Die wêreld is omtrent in ’n gemors. Elkeen van ons moet net keer vir die wrede wolf voor die deur. Tuis is dit die politiek en die ekonomie. Internasionaal is dit I.S. die wrede Islam - en ’n klomp ander goed. Ja, ons het baie dinge om oor wakker te lê. Belangrike dinge! Waarom moet ek as gelowige in 2014 nog moeite doen met sending? Is dit nog belangrik? Ja, dis nou veral baie belangrik, want...   1)  dis so belangrik vir God, so krities belangrik vir sy droom     met sy wêreld: om die evangelie na al die nasies van die       hele wêreld te bring (en dis na meer as 2000 jaar steeds    onvoltooid);   2)  omdat hierdie taak in die 21e eeu steeds grootliks ge-igno    reer word deur baie wat veronderstel is om dit te doen.     Gelowiges, die kerk, die liggaam van Christus, lidmate van     die kerk waarvan Christus die Hoof is. Christene, naam     draers van Christus, ONS!   3)  omdat die sendingopdrag vandag meer as ooit misver    staan word. Dit was toe geen opsionele saak net vir die    gene wat wil of wat so voel nie. Dis die hele tyd vir ons     almal! Daar’s geen iets soos iemand wat ’n spesiale     “sending”-gawe ontvang het of wat spesiaal geroep is nie.   4)  dit bly die wesenstaak van die kerk en die kerk het dit nog     nooit sy eerste prioriteit gemaak nie. Ja, die kerk doen     sending, maar nie naastenby soos Jesus dit sou verwag    het nie. Of doen ons dit so? Maksimaal effektief!? ’n Bietjie     moeite hier, ’n bietjie geld daar... dit gaan nie die taak     afhandel nie.    -  Dis veral nou vir die kerk belangrik... Omdat die kerk in      die verlede dikwels eerder ‘n struikelblok vir sending      was en net besig was met sy eie klein wêreld in plaas      van om besorg te wees oor God se groot wêreld. Kan dit     waar wees?    -  Die geskiedenis vertel hoe die kerk van die begin af      maar langtand gebyt het aan sending. Sendelinge wat      in die verlede geroep is na heidenlande en met passie      wou gaan, is dikwels koel deur die kerk hanteer (lees      maar in die Nuwe Testament oor Paulus).    -  En later? Herbert Kane skryf in “A global view of Christian      Missions from Pentecost to the present” oor die eerste      Deense-Halle sending wat in 1705 na Indië wou gaan se      ervaring: “From its inception the mission encountered      opposition both in Europe and in India.”    -  William Carey (die vader van moderne sending) moes      heelwat weerstand oorkom voordat hy die nodige      ondersteuning kon bymekaarskraap vir sy reis na Indië      in 1793. “Difficulties abounded on all sides, pertaining      to family, finance, and field. Carey’s father considered      him mad. His wife refused to accompany him.”

5)  Sending is steeds vir ons almal belangrik... Omdat dit lyk      asof hulle wat sending doen slegs enkeles is (die “fana    tiese” groepie wat heel waarskynlik ’n “kraak” in die kop     het. Dankie, tog; dis dalk daar waar die ‘LIG’ deurgekom     het.) “Fanaties” ja! As daarmee “Passie” bedoel word. Hoe    veel is daardie “Fanatiese Passie” by jou en my?     En as dit steeds net enkeles is, des te meer rede waarom     die saak weer en weer aangeroer moet word, want meer     van ons is nodig. Jesus se woorde bly steeds waar: “Die     lande is ryp vir die oes” en “die oes is groot, maar die arbei    ders min” (Oeps, en toe verander Stephan die teks in Luk.     10:2 na... “die oes is groot, maar die arbeiders LUI!”)   6)  Laastens is ons getuienistaak steeds belangrik... Omdat die     nood nog so groot is.    -  Nog so baie wat nie gehoor het nie (steeds byna EEN uit      elke DRIE mense weet nie wie die persoon Jesus is nie).    -  Omdat daar steeds te min sendelinge in die mins-be     reikte gebiede is - slegs 5% van alle “sendelinge” werk      daar en hulle word al minder en ouer - terwyl die      meeste - 95% - onder mense werk wat reeds die evan     gelie oor en oor gehoor het. Dus, kom ons neem weer kennis:    -  Te min werkers op die heidenvelde en te min stuurders in      gemeentes. Maar daar is ook te veel....    -  Te veel lidmate op die kerkbanke wat dit nie as prioriteit      sien nie, of nie weet hoe om dit te doen nie, of hierdie      onkunde as verskoning gebruik. En nou? Moet ek al weer net skuldig voel en die artikel wegstoot? Nee, dankie tog! Daar is meer maniere om by sending betrokke te raak. Ook jy kan! Elkeen van ons kan! Dis nie net “GAAN” en “GEE” nie. Ons ken almal die bekende sendingteks uit Rom 10:14-15. “Hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Jy kan deelneem aan die stuurproses; ’n Sendeling ONDERSTEUN waar hy of sy werk. ’n Ware vriend word; vir hulle skryf, bemoedig, regtig omgee en intelligent en met insig BID. (Ja, ook geld, maar daaroor later meer.) Kom ons GAAN en GEE, maar ook: Kom ons ONDERSTEUN hulle wat reeds daar werk beter.  k

16    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org


My life @ Echo

My name is Promise, full name is Ntswaki Promise Motaung. I am 20 years of age and for the last three years of my life I have been living at Echo (first in the girls house and currently in the ladies commune) and it has been the best years of my life.

I come from Tembisa where I had been living with my grandmother, until she passed away in 2010. Life got a bit rough then because I had no one to take responsibility for me. With my mother living in Polokwane it felt like I was abandoned to survive on my own. My mom then found out about Echo through a friend and enquired immediately, my application was heard and three years later I am a 2nd year student at IIE Rosebank College studying towards a B.Com degree in digital marketing. It’s hard to put in words how my life has changed since I have been in Echo: life is so much easier when you have a solid support structure to get you through and Echo has been more than that. I found a family who cares and loves me and wants to see me succeed.

I am now confident in who I am and who or what I’m going to be in the near future. So many skills and qualities that I’ve gained since I started living at Echo, where there is such a diverse community of people who come from different backgrounds and have different experiences to share. It’s awesome to know that in the midst of life’s hustle and bustle, I am able to come home to a group of sisters who are willing to share in my life’s ups and downs. Financially and emotionally Echo has been my pillar of strength, I may not have everything I want but I definitely have everything I need and I am very grateful for that and I also hope that Echo knows how grateful I am. All in all I couldn’t be happier, God has blessed me thus far and I’m glad to know that I have strength to achieve all that I aspire to be. To all sponsors and donors thank you soooo much for all the help you offer to Echo, it really does go a long way and helps improve the lives of so many young kids. May God bless you in abundance and always keep your hearts pure. THANK YOU!! THANK YOU!!  k

Doelloos? (vervolg) nie meer jou denke oorheers nie. Jy ontwikkel dan ‘n kwaliteit van geloof in God wat jou in staat stel om die toekoms met blymoedige selfvertroue tegemoet te gaan. Die onheilspellende wolke mag nog teenwoordig wees, maar jy sal altyd die silwer rantjie raaksien wat die wolke omsoom en jy sal onwrikbaar weet dat daar agter elke wolk ‘n liefdevolle Vader is wat alles vir jou ten goede laat mee-werk. God stel jou in staat om te sien dat Hy sy heilige doel met jou lewe aan die uitwerk is omdat Hy jou liefhet.

As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons (U) tot leuenaar en is (u) Woord nie in ons nie.” (1 Joh. 1: 9-10 – NAV). Ek lees hieroor in die kommentaar van “Die Eenjaarbybel – Nuwe Testament”; “Ons hoef nie bang te wees dat (U) ons sal verwerp as ons boekie nie elke oomblik van ons lewe skoon is nie. Daarom gaan ons na (U) toe, want (U) vergewe al die sondes wat ons in die verlede gedoen het, en ook nog gáán doen. Ons hoop is op (U), Jesus Christus en dus vas en seker, en bely ons ons sondes sodat ons ten volle gemeenskap met (U) kan geniet en volkome vreugde in (U) kan vind.”

Uit Maretha Maartens se Boodskapperboekie, “Haelstorms en Kannabolle” kry ek die volgende raak-vatwoorde: Paulus, (wat volgens Maretha Maartens ten minste vyf sleutels tot blydskap gegee het – wat ek nie nou gaan behandel nie), raak skoon vreugdeloos wanneer hy hoor van die dissonante klanke wat daar tussen die Filippense opklink. En dan sê sy verder: “Nee, kinders van die Here, die rede waarom ons so min blydskap ken, staan nie op die voorblad van die oggendkoerant onder opskrifte soos: VIER MET AK47’s AANGEVAL, of EKONOMIESE KRISIS ONAFWENDBAAR nie. Negatiewe, kritiese, aggressiewe gesindhe-de teenoor ons lewensmaats, ons ouers, ons kinders, gemeentelede, koorlede, kerkraadslede en ander men-se met wie ons moet saamleef en saamwerk, is altyd ‘n oorsaak van vreugdeloosheid en vertraagde geestelike groei. Bely dit en breek weg na blydskap.”

En toe kom dit by my op: die negatiewe praatjies wat ons gesprekke oorheers oor wat alles in ons ou mooi land aangaan, nl. nepotisme (baantjies vir boeties), korrupsie, moord en doodslag, verkragting, ens., ens., ruk die vreugde uit ons harte uit. Die toestand in ons ou land het gemaak dat (om Maretha Maartens se woorde te gebruik) “ons ons harte toegrendel soos ons huise, met net die paar mense wat ons kan vertrou om ons – nie die boemelaar wat daar by die hek staan en bedel nie, want ons kan hom nie vertrou nie. Ons vertrou bitter min mense, en hoe minder ons hulle vertrou, hoe minder gee ons om of hulle die saligmakende evangelie van Christus ken.” In plaas daarvan dat ek die beklaers van ons lot tot hulle sinne bring, sit ek daar met ‘n bek vol tande, neem nie noodwendig aan die gesprek deel nie. Dis seker nie ‘n sonde nie, Here, maar dis definitief nie soos U wil hê ons moet lewe nie. Maar tog, as ek mooi daaraan dink, is enigiets wat buite u wil is, sonde. Oom Solly sê iewers in een van sy vele Bybelse Dagboeke: “Elke sonde, hoe gering ook al, is ‘n uitdrukking van minagting teenoor die soewereiniteit van God.” Hoe meer ons ons dus aan negatiewe dinge steur, hoe meer misrabel gaan ons lewens word. En dan vir ‘n laaste strooi, word daar gewoonlik gesê: “As God nie ingryp nie, dan sal dit só erg en só sleg wees.” Here, vergewe my vir stilbly, en help my om my sê te sê ter wille van u koninkryk en u heilige Naam. Maar waar my woorde ook onliefde en onvrede gesaai het, vra ek vergifnis, Here. “Moet my (asseblief ) nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie.” (Ps 51:13 – NAV) Amen.  k

Here Jesus, ek kan nie meer onthou hoe dit was toe ek sonder U in my lewe geleef het nie. Ek weet net dit: dis ‘n bejammerenswaardige toestand! Daarom dank ek U, o God vir Christus in my en vir sy krag wat Hy deur die Heilige Gees aan my gee om staande te kan bly teen die aanslae van die lewe. Ek laat gaan nou my gedagtes, Here, om te bepaal of ek iewers onwetend in die slagyster van sonde getrap het, want u Woord sê uitdruklik: “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.” (1 Joh. 1:8 - Ou Vert.) “Maar as ons ons sondes bely – (U) is getrou en regverdig, (U) vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     17


Ek het nie die Oscar Pistorius-saak in besonderhede gevolg nie en ek volg ook nie die sosiale media nie; en was dus bloot aangewese op wat in die nuusberigte daaroor gesê is. My gevoel daaroor was van die begin af: wat ’n tragedie en omdat Reeva nie meer daar is nie, het my hart uitgegaan na Oscar toe, omdat hy met ’n vreeslike ding moet saamleef, ongeag die omstandighede waarin die tragedie hom afgespeel het. Seker omdat ons by gevangenes betrokke is, die omstandighede in die tronk ken en omdat ek ook al foute gemaak het wat diep seer en berou vir myself en my familie veroorsaak het. Die ander aand luister ek na twee joernaliste wat elk ’n boek oor die Oscar-tragedie die lig laat sien het en skielik kom ’n gedagte by my op (sekerlik die Heilige Gees, want wie anders sal so iets by my laat opkom te midde van die saaklike konteks van die onderhoud?) Ek dink toe op daardie oomblik aan die vrou in Johannes 8 wat op owerspel betrap is en dat Jesus nie ’n saak gehad het oor haar onskuld of nie; sy was tog so skuldig soos môre heeldag. Jesus se fokus was die aanklaers en Hy sê vir húlle: Die een van hulle wat ’n skoon gewete het, kan die eerste klip gooi. Natuurlik het hulle almal die aftog geblaas, en Jesus, wat wél ’n skoon gewete gehad het, tel ook nie ’n klip op nie. Hy sê egter vir die vrou: “Gaan jy maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Jesus keur nie die sonde goed nie, maar behou die sondaar. Die Boodskap sê: “Gaan gerus, maar ook vir jou is daar ’n voorwaarde: gaan stel nou vir daardie mense ’n voorbeeld hoe om gehoorsaam aan God te leef.” ’n Joernalis praat oor die Oscar-saak en sê dat dit op sosiale media duidelik is dat “mense bloed soek”, net soos die aanklaers van Johannes 8 dalk ook “bloed gesoek het.” Daar sou tog steniging betrokke gewees het! Ek dink toe dat gemeenskappe deur die

eeue heen nie juis verander het nie. Ek dink aan Dawid en Ps 51; 1 Joh 1:7-9 en die vrou van Johannes 8 en my eie lewe, asook dié van baie mense deur die eeue heen, asook baie gevangenes met wie ons al te doen gekry het, en ek sê vir my man: “Die deurlopende tema/refrein in ons almal se lewe blý opregte berou, vergifnis en genade.” Ook vanuit God se perspektief. Daar is ook ’n ander manier om ’n mens se reaksie op die Oscarverhoor te evalueer. ’n Ervare pastoor wat al oorlede is, het op ’n keer vir Wessel gesê wanneer hy met ’n hoëprofiel-gevangene wat vreeslike goed gedoen het, gaan gesels, dink hy altyd wanneer die persoon voor hom sit: Dit kon my seun gewees het. En dan is dit baie makliker om die gesprek te voer. Na aanleiding van die wyse oom se gevleuelde woorde: “Everything lies in the eye of the beholder.” Hoe sou ek oor die saak gedink het as Oscar my seun of broer was, of as Reeva my vriendin of sussie was? Die antwoord waarby ek die heeltyd uitkom, is: Maak nie saak wat die scenario is nie; die proses bly dieselfde – daar moet berou, vergifnis en genade wees, al staan mens aan watter kant van die draad. Ek dink weer aan die amptenaar en sy mede-amptenaar in Matteus 18, en aan Kolossense 2:14, en ek is so oneindig dankbaar dat al my miljoene sondes my nie toegereken word nie! Dis my hartsgebed dat Oscar ook Kol 2:14 oor sy lewe sal kan skryf, dat God ’n pad van genade met hom sal stap en dat Hy die tragedie op só ’n manier sal gebruik dat daar tog iets moois daaruit sal voortvloei, soos wat gebeur in die wonderlike rolprent “Crossroads, a story of forgiveness”, wat op ’n ware verhaal gebaseer is.  k

Berou, vergifnis, genade 18    Hartklop l  November 2014

Elmine Jordaan

www.kerksondermure.org


My Voetspore

Biblical Worldview Ons wil almal verandering in ons land sien; ons wil almal meer en meer verander namate ons God se liefde teenoor mekaar en die res van die wêreld uitleef. Ons wil ook verandering in die kerk sien en veral dat Christene dié dinge wat hulle in God se Woord lees, prakties sal maak daar waar hulle woon en werk. Baie Christene is gered, ons glo die regte goed, ons harte is op die regte plek, maar dit wys nie altyd in ons manier van leef nie. Dis waarom dit steeds gebeur dat mense bv op ’n Sondag sy tiende aan die Here sal gee, maar Maandag die ontvanger sal verneuk en nie dink dis eintlik verkeerd nie. Dit gebeur in so baie mense se lewe, by die werk, by die huis en ook in die kerk, dat daar nie vrug is nie. "Hoekom nie?" is die vraag. Kan ek dit só verduidelik? As ’n boer graag appels wil oes en hy plak elke drie maande of elke week appels aan die bome vas, hou dit net ’n rukkie, en wanneer hy weer by die boord kom, is daar vir die soveelste keer lemoene aan die bome. Waarom gebeur dit? Omdat hy nie die lemoenbome uithaal en met appelbome vervang nie. Die wortelstelsel van die plant moet ten diepste verander voordat dit die regte vrug sal voortbring. Dieselfde gebeur met mense: Ons “belief system” moet verander. Ons wortelstelsel wat ons geloof voed, moet verander, dan sal ons geloof deur die liefde oorgaan in DADE. En dis presies wat ’n Worldview werkswinkel van Hope for Africa doen. Dit help jou en lei jou om saam met ander Christene die bril af te haal waarmee jy tot nou toe na die wêreld gekyk het en dit leer jou om régtig deur God se bril te kyk. Die meeste mense dink hulle weet presies wat ’n Biblical Worldview is. Wel, ek het nuus vir hulle! Ek en Wessel het ook so gedink, tot ons in 2007 ’n vier dag-lange Worldview werkswinkel saam met Hein van Wyk gedoen het. Ons het baie gou besef dat ons beslis nie met God se bril op na onsself, na die wêreld om ons en selfs na die kerk kyk nie. En die vier dae, van 08:30 tot 16:00, was nie genoeg nie!! Ons wil dinge afwater, aanpas by almal se besige skedule, vir mense sop of "quick shakes" gee en dan dink hulle gaan ’n volledig gebalanseerde maaltyd inkry en ten volle funksioneer. Nee, die volledige maaltyd is nodig, selfs al doen Hein dit 10 keer deur die jaar, totdat almal dit gedoen het, van Maandag tot Donderdag, 08:30 tot 16:00. En mense kan verlof neem, diegene vir wie dit belangrik is, as dit lank genoeg

voor die tyd gereël word. Of dit kan ’n hele jaar se eredienste wees wat deur Hein gelei word. God se tyd is mos nie ons tyd nie! As dit gaan oor die opbou van die gemeente om toegerus te word om homself en die gemeenskap op te bou in liefde, in totale gehoorsaanheid aan God, hoekom dan nie? Biblical Worldview stel Afrika en hoe God na Afrika kyk, ook in perspektief. Dit leer jou hoe ander mense na die wêreld kyk en dit gee jou begrip vir hulle manier van dink en doen. Dit beantwoord tergende vrae, soos waarom Afrika, wat so ’n skatryk kontinent is, dan so ongelooflik arm is? ’n Mens leer hoe belangrik die boublokke van jou kultuur is; jy leer ook hoe om die leuens in jou kultuur te identifiseer, dit af te lê en om net die waarhede saam met jou te neem en daarop te bou. En so leer elke gelowige dit, maak nie saak wat jou kultuur is nie. En die mooiste ding wat dan gebeur, is wanneer gelowiges uit verskillende agtergronde na die tafel toe kom, met net die waarhede uit hulle kultuur en dan begin bou aan ’n KONINKRYKSKULTUUR. Dit was nog altyd my oortuiging dat elke gemeente in ons land Worldview saam met Hein moet doen en elke bediening en die begunstigdes van elke bediening, want op dié manier sal ons land regtig verander en sal God se heerlikheid ons aarde en ons stukkie aarde hier in Suid-Afrika, bedek. Gewone lidmate én leiers, veral leiers, het nodig om ten minste een keer in hulle lewe die volle vier- of vyfdag lange werkswinkel te doen en ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie gesê het hulle wil dit asb weer en weer doen nie! Die model van die werkswinkel is Jesus Christus en "servant leadership." Dit sluit ook ’n saadprojek in, waarin mens geleer word hoe om ’n nood in die gemeenskap te identifiseer en om daardie nood aan te spreek, sodat die kerk die liefdesarm word waarmee die gemeenskap bedien word. WCS se groentetonnel-arm, Feeding the nation, kom direk uit 2007 se werkswinkel wat ek en Wessel bygewoon het! Dit was Wessel en sy groep se hipotetiese saadprojek! Hoef ek meer te sê?

www.kerksondermure.org

Hartklop  l November 2014     19


Ons het die werkswinkel in die verlede vir ons personeel van DKD aangebied, en dit het die atmosfeer in een spesifieke gevangenis tasbaar verander! Hein wys ook DVD-insetsels om vir jou te illustreer hoe ander selgroepe wêreldwyd op eenvoudige maniere ’n fisiese nood in hulle gemeenskap aanspreek, en hoe die kerk ’n verskil maak wanneer hulle uitreik op praktiese maniere. Die groot seën wat op Biblical Worldview rus en die vrug wat daaruit voortkom, is omdat Hein elke sessie begin met sy gebed: “Here, maak my niks, en wees U alles.” En dis presies wat gebeur. Die Heilige Gees werk! Ek wens ek kon vir julle vertel presies hoe hierdie appel smaak, hoe soet die vrug daarvan is, hoe dit jou ganse lewe verander, maar ek kan nie. Mens kan dit net ervaar as jy self die volledige werkswinkel doen. Al wat ek kan pleit, is dat julle my sal glo; dat julle my sal ag as ’n kleine pinkie in die liggaam van Christus, want die helfte is julle

nie vertel nie… Die beste manier waarop ek kan verduidelik wat Worldview is, is om te vra: Wat sien ons wanneer ons na ’n straatkind kyk? Die persoon (ook Christene!) met die materialistiese uitkyk dink: Jy het ’n maag en ’n mond; jy wil iets by my hê en jy gaan my iets kos. Die persoon met die animistiese uitkyk dink: Jy is hier weens omstandighede en jy is nie my probleem nie, daarom ignoreer ek jou. Die kind van God wat God se bril op het, sê: “Jy is na God se beeld geskape en jy het die potensiaal om die president van die land te word. Selfs al word jy dit nie, jy het die potensiaal! En daarom kniel ek by jou en vra: "Hoe kan ek jou dien?” DIS wat Biblical Worldview aan jou doen… Liefdegroete Elmine Jordaan

Boekprys

Weet jy waarheen die lewe met jou op pad is?

Soms wens jy dat jy die antwoorde het en kan weet wat gaan gebeur, maar dis onmoontlik.

“Wanneer jy jou lewe na God toe draai en erken jy het nie al die antwoorde nie, gee Hy vir jou wysheid. Wanneer jy jou hart oopmaak, kan God deur Sy Gees die waarheid daar plant. Maak jou hart oop, ontvang Sy waarheid, en dra die vrug van liefde in jou lewe.” Maak vandag die dag waarop jy jouself weer volledig oorgee aan God. Wanneer jy dit gedoen het, sal jy vrede hê oor die toekoms en Sy plan vir jou lewe – al is daar heelwat wat nog kan gebeur of kan skeefloop. Dit gaan nie help om jou oor môre te bekommer nie, want jy kan niks daaraan verander nie, maar jy kan antwoorde soek en vrede vind. Maar waar sal jy dit kry? In Die Woord Bybeldagboek 2 natuurlik. Aan die hand van 52 temas, een vir elke week van die jaar, sal jy ontdek hoe om geloof deel te maak van alles wat jy doen. Die temas betrek sake wat vir jou belangrik is, soos die krag van gebed, gesinsverhoudings, swaarkry en probleme, en verhoudings tussen verskillende kulture. Elke werksdag het ’n boodskap aan die hand van ’n Skrifgedeelte soos net Andries Enslin dit kan uitlê. Hy gee ook vir jou ’n gebed wat jy heeldag met jou kan saamdra. Vir die naweek is daar skryfplek om jou eie gedagtes of spesiale boodskappe neer te pen en later weer te lees.

Om in aanmerking te kom vir die boekprys, stuur 'n e-pos na design@ksm.co.za, of handig die strokie in by die kerkkantoor voor Donderdag 27 November 2014. Slegs een inskrywing per persoon. Inskrywings per e-pos: Stuur ons jou naam, van, kontaknommer en e-pos adres. In die opskrif merk asb. soos volg - Hartklop Boekprys. Wenners sal gekontak word en pryse kan afgehaal word by die kerkkantoor tydens kantoorure of op Sondae na afloop van die erediens.

Boekprys Naam & Van: Kontak nommer: e-pos adres: Neem kennis: A.g.v. die poskantoor staking is die Augustus boekpryse vir die Gretha Wiid dagbeplanners nog uitstaande. Die wenners van die boekpryse sal verwittig word sodra die boeke arriveer. Ons vra omverskoning vir die wag en enige ongerief.

20    Hartklop l  November 2014

www.kerksondermure.org




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.