Hartklop sept okt 2015

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

My lewe as Dankoffer September/Oktober 2015  Uitgawe 105


Redaksie

WAT IS DIE KERN VAN JOU LEWE?

Hierdie uitgawe van die Hartklop gaan oor jou dankoffer aan God. As jy deur die uitgawe lees beleef jy ʼn paradigma skuif wat eers sensitief kan wees, maar later kom jy tot die besef dat Jesus besig is om jou karakter te vorm. Ek kry ʼn definitiewe gevoel dat ons tema en skrywers stories van verandering vir ons bring en ek kry Jesus reg in die middel, in die kern van hierdie veranderde denke en leefwyse. As ek luister na al hierdie stemme wat praat oor dankbaarheid, dan hoor ek God wat ín mense en déúr mense leef. Ek lees in hierdie uitgawe dat as God die kern van jou lewe is, en sy Gees lewe in jou, vorm en leef sy karakter in jou en word Hy sigbaar in jou sonder dat jy dit kan beheer. Sy Gees beheer hierdie karakter in jou en dit lyk soos volg: •  Jy het God lief met jou hele hart, siel en verstand en jy het almal    wat om jou leef, lief soos jy jouself liefhet. •  Jy soek en leef God se wil elke dag van jou lewe. •  Die Gees van ʼn dienaar leef in jou en jy dien almal om jou met ʼn   passie. •  Jy leef met Jesus se liefde wat alle verstand te bowe gaan. •  Jou gebedslewe verander van ”as ek ʼn tydjie het” na daaglikse    kontak met jou beste vriend. •  Jy soek elke oomblik van elke dag sy teenwoordigheid in alles    wat jy doen en in al die besluite wat jy neem. •  Niks draai meer om jou nie, maar om almal rondom jou se geluk en   vrede. •  Daar is ʼn ander soort vrede en kommervryheid in jou lewe wat    jou baie vreugde bring. •  Jy vind jou vreugde en vrede in Jesus en Hy is die kern van jou    tyd en jou lewe. •  Sy liefde borrel oor in jou en jy wil die goeie nuus met almal   deel. •  Jy verstaan jou opdrag, aanvaar dit en leef dit. •  Niks behoort meer aan jou nie; jy bestuur alles wat jy besit tot    sy eer. •  Jy is die beste weergawe van jouself, die beste dokter, ingenieur,   loodgieter, staatsamptenaar, polisiebeampte, vriend of wat   dit ook al mag wees, want as die Gees jou beheer, beheer    Hy alles.

•  Elke dag wat God jou spaar, leef jy uit dankbaarheid   vir sy verlossing en die genade wat jy gratis van Hom ont   vang het. Jy ken en leef Jesus, jy vorm deel van sy dienende geloofsfamilie wat met dankbaarheid en blydskap sy koninkryk oral uitleef… Begin hierdie uitgawe lees by bl. 1 en luister wat Fanie vertel oor hoe jou posisie en gesindheid jou dankoffers bepaal. Ander opwindende leesgenot is: •  Adrio König wat hierdie dankoffer-lewe uit die Woord staaf. •  Carl du Preez skryf oor ʼn ander soort dankoffer - jou fisiese    teenwoordigheid in mense se lewens. •  Colin Smith verduidelik iets oor die huwelik as dankoffer. •  Christo Woite bevestig dat selfs jou gebede ʼn dankoffer moet   wees. •  Die tieners vertel meer oor sakgeld vir kollekte. •  Die kinders gee terugvoer oor hul Julie vakansieprogram en    Hartklopfeeste by Midstream en Hippolaan. •  Lekker Midstream gemeentenuus oor die aanddienste wat    begin het en so ietsie oor die nuwe kantore. •  ʼn Oesfees met ʼn heel nuwe kleur verskyn op die horison. •  Die manne is op ʼn vriendskapsmissie en offer hulle vriend   skap aan elke man in ons gemeente. •  Daar is groot vreugde en dankbaarheid in dienswerker  geledere vir nuwe gesindhede wat lewens verander.   Hulle deel ook meer oor hierdie jaar se Dienswerker   Waarderingsfunksie. •  ʼn Nuwe dienswerker aanmeldingsgeleentheid wink ook    in die toekoms. •  Rita Barnes vertel meer van ʼn wonderlike vriendegroep    vir enkellopendes wat nog plek het vir al ons enkellopende   vriende. •  Voetspore loop weer baie baie spore van dankbaarheid    deur ons gemeenskap se harte. •  En sommer nog baie meer… Geniet elke stukkie energie wat hierdie familienuus in jou sal loslaat. Tot volgende keer. Groetnis

Francois

Fokus

Dagboek

01

Fokus: My lewe as dankoffer

13

Bybelskool & bediening van die doop

02

Skryf jou eie leef-psalm

14

Kalender: September 2015

03

Merkwaardighede uit die Woord

15

Kalender: Oktober 2015

03

Gebedsfokus: My gebed as dankoffer

16

Kalender: November 2015 & SingleSonderMure

04

Huweliksfokus: Huwelik - hier wil ek wees!

28

Oesfees 2015

05

Huweliksweek - September 2015

12

Ons fisiese teenwoordigheid by mense - ʼn offer vir die koninkryk

17

Wie en wat is SingleSonderMure?

26

Aanddienste vir Midstream as lofoffer

18

Die manne op ʼn vriendskapsmissie

27

Midstream kerksondermure Visie 2015+ bly groei

Verhoudingsgroepe Dienswerkers

My Voetspore

19

Groot dankbaarheid vir ʼn nuwe gesindheid

06

Veritas team member - Della George

20

Dienswerker Waarderingsfunksie

07

Experience Mission on the go... recent activities

08

Om ʼn Bybel uit te deel

22

Hartklopfees fotoblad

09

Go challenge 2015

23

Vakansieprogram 2015 fotoblad

10

Dien by Cravenweek 2015

24

Sakgeld vir kollekte?

Algemeen

25

UBA movement

11

Hardloop en stap: elke tree samel geld in vir Bybels

Kinders & Tieners

*

Agterblad (binne): Preekrooster - September 2015


Fokus

My lewe as dankoffer MY POSISIE EN GESINDHEID BEPAAL MY DANKOFFER Fanie Venter

Andy Stanley vertel van ʼn seuntjie wat deur sy ma uitgetrap word omdat hy geweier het om pouse sy toebroodjies met een van sy maatjies, wat nie kos gehad het nie, te deel. Die ironie, volgens Andy, is dat ons verwag dat ons kinders moet weet dat ons veronderstel is om ons besittings te deel, terwyl ons elke dag optree asof ons besittings net vir onsself bedoel is. Mense raak dikwels omgekrap wanneer ons praat oor gee. Die grootste rede is waarskynlik die volgende: hulle sien hulself as eienaar in plaas van bestuurders van dit wat God aan hulle toe-vertrou het. In 1 Kronieke 29:11 word God se eienaarskap van alles bevestig: “Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles.” Alles behoort aan God en alles kom van God. Ons is nie eienaars nie, maar bestuurders. In die ou dae het die mense gepraat van “rentmeesters”. Iemand wat homself sien as ʼn eienaar hanteer dikwels sy finansies soos hy wil. Wanneer ons so dink oor ons finansies en dit so prioritiseer, kry God dikwels ons oorskiet. In Matteus 6 praat Jesus van ʼn ander manier. ʼn Ander manier van prioritiseer en spandeer. Ons het ʼn Vader wat

al ons behoeftes ken. In vers 33 kry ons die kosbare belofte dat wanneer ons leer om ons lewens in te rig as bestuurders en in die koninkryk belê, sal God in al ons behoeftes voorsien. Om met ʼn oop hart te leef (generous giving) is ʼn daad van aanbidding. Ons gee, omdat God in sy groot liefde en genade sy Seun gegee het, om in ons plek te ly en te sterf. Op grond daarvan is die eerste ding wat ons gee, volgens Romeine 12:1, onsself. Vanuit hierdie gawe vloei al die ander dinge wat ons gee. Die grootte van ons bydraes is in God se oë nie van deurslaggewende belang nie. Die gesindheid van ons hart wel. In 1 Kor. 13 sien ons dat al gee jy jou liggaam, maar dit gebeur sonder liefde, is dit in God se oë niks werd nie. Paulus sê ook in 2 Kor. 9 dat God die “blymoedige gewer” liefhet. Iemand wat met ʼn oop hart leef is iemand wat die vreugde van gee ken. Om te gee is vir só ʼn persoon nie ʼn swaar las nie, maar ʼn voorreg om God se geld te sit waar God dit wil hê. Wanneer ons van gee praat, gebruik ons die woord “dankoffer”. Dit is uiters gepas, want ons motivering om te gee is God, sy liefde vir ons en ons liefde vir Hom - God wat ons uit liefde deur Jesus red en só van ons lewe ʼn dankoffer maak.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Julie/Augustus 2015     01


Leef-psalm

Skryf jou eie leef-psalm die rustigheid rsies wat hy saamgestel het in ve oi mo mp klo ’n t ne ar ma Dawid se psalms was nie gtogte voor vyande, asook vlu sy s wa s alm ps ar pa le he ie agter ’n van sy paleis nie. Die inspiras soos die Russiese Nobelpryst he ak ma ge k oo ms so d wi nder of Da sy eie vrese en sondes. Ek wo of strafkamp gestuur is na sy lag Gu ’n na hy toe ) 08 -20 yn (1918 liks wenner, Alexander Solzhenits gedig “Pruisiese Nagte” daag e nd ke be sy hy u so g rin we oorle seep kritiek op Stalin. Volgens een riseer het voordat hy later die mo me ge dit hy u so n Da t. he bel regte op ’n stukkie seep neergeskrib vegte en oorwinnings van die ge n, py die in re bo ge is s lm ete, was gebruik het. In elk geval, die Psa e na God en hulle rus aan sy vo ek so l hu , de ug vre ige nd bu m dat dit lewe. Mense se diep seer en uit e keer vars en relevant. Daaro elk d Go jy k tde on r Hie s. lm pier neer die boumateriaal vir die Psa om jou eie lewenspsalm op pa jou er ke s Nik yf. skr te eie jou n Here is jou Redhoogtyd is om ’n psalm va help om opnuut te ontdek die jou l sa dit , ns ue Tro . nie dra seëninge nog meer te tel. te pen en aan God op te jou om r lee k oo jou l sa t Di is. heil naby der wat selfs in die dag van on

kerksondermure daag jou verder uit... Skryf jou eie leefpsalm. Waaroor kan jy juig, jubel en bly wees in die Here? Stop net lank genoeg en jy sal meer as genoeg redes vind. Elkeen van ons loop ʼn pad wat soms te nou voel, kronkel of ʼn opdraende is wat voor ons uitstrek... en elke tree hiervan is God by en met ons. Waarom skryf jy nie jou eie psalm nie? Of dit nou die is van ʼn sukkel-probleem, of ʼn lofsang van dankbaarheid – verwoord jou

soeke en jou uitdagings en die manier waarop God jou in jou omstandighede omvou het en deur Sy lig die pad voor jou verlig het. Ons by kerksondermure kan van mekaar se psalms leer – en opnuut ons God ook eer in dankbaarheid vir wat Hy vir ons elkeen individueel doen. Stuur jou psalm aan kommunikasie@ksm. co.za. Wie weet, met jou toestemming kan ons dalk werk aan ons eie kerksondermure psalmbundel...  k

02    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Merkwaardighede uit die Woord

My lewe as ’n offergawe – Daar is ‘n reeks tekste in die Nuwe Testament met die woordjie “soos” in. “Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. “ (Joh. 13:34). “Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.” (Ef. 5:2).

hoe?

hierdie offergawe was vir God aanneemlik. En Paulus skryf ons moet Hom hierin navolg – “soos Christus”.

Adrio König

Sy offergawe vir ons het ‘n paar kenmerke gehad:

“Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” (Kol. 3:13).

Sy offer was duur. Dit het Hom nie min gekos nie, dit het Hom selfs nie net baie gekos nie, dit het Hom alles gekos.

Daar is meer van hulle. Jy kan hulle gerus aanteken soos wat jy rondlees in die Nuwe Testament. Jesus is nie net ons Borg wat in ons plek die offer gebring het dat God ons kan vergewe nie. Hy is ook ons Voorbeeld. Ons moet Hom navolg in die manier waarop hy geleef het. Mense moet in ons lewe iets van Hom kan herken. Hy is die soort mens en Hy het die soort lewe gelei wat God vir ons bedoel het toe Hy mense gemaak het.

Wat kos jou hulp aan ander jou?

Paulus skryf dat Christus in ons “gestalte moet kry” (Gal. 4:19). Dit beteken dat mense in ons optrede iets van Jesus moet kan sien. Ons tema vir hierdie maand is: My lewe as ‘n offergawe. Sou ek ook in hierdie opsig iets van Jesus kon leer? Paulus skryf iets hieroor: ”Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.” (Ef. 5:2).

Sy offer was vir onaanvaarbares. Hy verkies die tollenaar bo die Fariseër in die tempel (Luk. 18). Hy vergewe die vrou wat met klippe doodgegooi moes word (Joh. 8). Hy gaan tuis by die gehate Saggeus en vergewe hom (Luk. 19). Hy maak melaatses gesond, die mense wat nie eens naby die dorp toegelaat was nie (Luk. 17). Hy laat ‘n straatvrou toe om nie net aan Hom te raak nie – wat al erg genoeg sou gewees het omdat dit Hom onrein sou maak – maar om oor Hom te staan en huil (Luk. 7).

Christus se lewe het die vorm van ‘n offergawe aangeneem en

Lyk my offergawe so ‘n bietjie soos Jesus s’n?  k

Sy offer was vir vreemdes. Dit was nie sy vriende, sy familie, sy “medegemeentelede” nie. Dit was die mense wat Hy onbepland raakgeloop het terwyl Hy van dorp tot dorp geloop het. Wie kry die meeste van jou hulp?

My gebed as dankoffer

Gebedsfokus

Hoe sê ‘n mens dankie vir Christus se verlossing? God het die mens se verlossing op sy eie inisiatief beplan en Christo Woite uitgevoer. Hy het sy liefde vir ons bewys toe ons nog sondaars en sy vyande was. Ons het niks gedoen om dit te verdien en ook nie eers daarvoor gevra nie, want ons het geen insig in ons verlorenheid gehad nie. Ons was van nature geneig om God en ons naaste te haat. Hy roep ons deur die werk van die Heilige Gees deur ons bewus te maak van ons sonde en verlorenheid. Hy bewerk die wedergeboorte en plaas geloof in ons harte. Ons reageer met ons bekering om al die genade in ontvangs te neem as ʼn geskenk uit sy hand. Hy skenk ons sonde vergifnis en die ewige lewe en skenk ons sy Gees wat in ons kom woon. Ons het eintlik niks om aan te bied om dankie te sê nie, behalwe om ons lewe aan Hom toe te wy in gehoorsaamheid aan sy Woord. In een van ons belydenisskrifte, die Heidelbergse Kategismus, word geleer dat gebed die belangrikste deel van ons dankbaarheid is. As ons ons lewens gehoorsaam inrig om so ons dankbaarheid te bewys, het ons die stryd om gehoorsaam te bly leef. Ons sondig maklik en raak ongehoorsaam. Dit bly ʼn groot uitdaging. Om jou dankbaarheid deur jou gebedslewe uit te leef maak baie sin. Dit is ʼn direkte manier om God te loof en te prys vir ons verlossing. Wanneer ons nie weet wat om te bid nie, staan die Gees ons by en tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. Die Heilige Gees aanvaar saam met ons verantwoordelikheid vir ons gebedslewe. Deur ons gebede kom ons in die direkte teenwoordigheid van God. Ons kan ons harte voor Hom uitstort en ons dankbaarheid verwoord. So bied ons ons gebed as ʼn dankoffer aan. Deur ons gebede dank en loof ons Hom en word ons gebede ʼn offer van dankbaarheid. Ons het die verantwoordelikheid om ruim tyd aan gebed af te staan en sinvolle gebedspraktyke te ontwikkel. Om deur jou gebede jou dank aan die Here aan te bied is ʼn heerlike en verrykende ervaring. www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     03


Huweliksfokus

Colin Smith

Huwelik - hier wil ek wees!

Die Engelse spreekwoord lui: “Many a true word is spoken in jest.” Ons maak so dikwels van humor gebruik om ʼn dieper waarheid oor te bring. Ek het eendag die volgende grappie gehoor: Daar is drie ringe in die huwelik - die verloofring, die trouring en dan... die ontnugtering. Sjoe. Is dit wat ons van die huwelik ervaar? Is dit werklik hoe ons oor die huwelik voel? Sommige van ons sou beslis sê JA! Ander het die pyn van daardie ontnugtering al beleef. Daar is van ons wat selfs ontnugter is in die manier waarop jy dalk opgetree het of die keuses wat jy gemaak het.

Die vraag is: IS DIT WAT GOD BEDOEL HET VIR DIE HUWELIK? Die Bybel begin met ʼn troue en die Bybel sluit af met ʼn troue. Die totale inhoud van die Bybel word omarm met hierdie pragtige verhouding - die huwelik. Die Bybel heg dus ʼn baie hoë waarde wat dit aan ons verhouding met God, en ook aan die verhouding tussen ʼn egpaar koppel. Ons lees byvoorbeeld in Heb.13:4 dat die huwelik deur almal eerbaar gehou moet word. Almal - dit sluit enkellopendes in. Ons lees ook in Efesiërs 5 dat man en vrou in hul huwelik die verhouding tussen Christus en die kerk moet naboots. Ons moet mekaar dien in die huwelik, soos Christus.

Jesus is die ewige bruidegom. As Hy aan sy bruid dink, gee Hy sy lewe vir haar. Dit is dus duidelik as jy vir Jesus sou vra wat Hy van die huwelik dink, antwoord die Woord vir ons: “Hier wil Ek wees!”

Die huwelik is ʼn hoogs heilige, hoogs afsonderlike, hoogs eksklusiewe verhouding wat voor God, in die openbaar en met die seën van die geloofsgemeenskap voltrek word. As geloofsfamilie is dit dus ons plig om vir die huwelike in ons gemeenskap te bid. Om getroudes aan te moedig om Jesus in hul huwelik na te volg. Om egpare die tyd te gun wat hul nodig het om aan hul verhouding te werk.

Mag daar genesing kom vir dié van ons wat ontnugter gelaat is deur die huwelik en die seer wat daaruit mag gekom het.

Mag elkeen van ons, enkellopend of getroud, in hierdie hoogs eksklusiewe, hoogs heilige, hoogs afgesonderde verhouding met die ewige bruidegom groei. Mag elke huwelikspaartjie die karakter van ons verhouding met die Here ook tuis naboots in alles wat ons doen.

incitefaith.com

Mag die bruid van Christus, ons die kerk, leef in heilige toewyding aan die ewige bruidegom wat sy lewe vir ons gegee het, sodat ons verenig met Hom kan leef, nou en vir altyd.  k

04    Hartklop  l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     05


My Voetspore Colin Smith (083 263 9211)     012 663 2003 x 258 Jolandi Rudman (net tot 13:00)      012 663 2003 x 254 Anne-Marié Cronjé (082 866 5336)   012 663 2003 x 253

csmith@ksm.co.za jrudman@ksm.co.za amcronje@ksm.co.za

Meet the Veritas team

We are featuring all our Veritas team members during this year. Meet Della George .

I, Della George, have been working with Veritas as an administrator since October 2013. I am originally from Mumbai (commercial capital of India) and came to New Delhi after my marriage with Maxwell George in the year 2007. He works with Global Action Ministries as Regional coordinator for North of India, conducts Glomos and is involved in teaching the modules as well as a teacher. We are blessed with two sons, Moses (2 years old) and Dustin (1 year old). Maxwell was born in Delhi and has 4 younger sisters, two of them are already married. At present Maxwell, myself and our sons live here in Delhi, along with his two unmarried sisters and Maxwell's mother. My parents passed away but I have one younger brother who works in Dubai.

My experience with Veritas so far has been very encouraging and life changing. Veritas has helped me to improve and overcome many challenges. It has enhanced and shaped my life through Bible-based work culture and its high importance towards seeking holiness, faithfulness and integrity has impressed my life greatly. So far I have been through Module 1 and 2 and completed the facilitator training for these 2 modules. While going through these teachings I was challenged as a believer in my faith and many areas of life that were not yet surrendered. Today I am very happy to see the transformation in my life as I learn through these modules. The staff here at Veritas is also like a family, encouraging each other with Godly love, caring and showing concern for us. I really thank the Lord for Veritas in my life. Prayer requests:   •  Pray for me to influence the young girls in the family through the teachings of Veritas.   •  Pray for me and Maxwell, that we will be able to be a Godly couple and testify of God’s goodness through our lives.    •  Pray for Maxwell while he is involved in teaching; he travels a lot, also for his studies as he is pursuing his masters degree    in religion.    •  Pray for our children Moses and Dustin, that their health is fine and they will grow in submission and reverence for God.    •  Pray for Veritas module to be started with some elderly women in the church.

Regards Della & Maxwell George

06    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

Experience Mission on the

GO... recent activities

Hope for Africa Worldview training in Hammanskraal. Hein facilitated Biblical Worldview training at a local church in Hammanskraal in June. The positive response from the congregation was exciting and encouraging. The Kingdom of God brings a totally new perspective on how the world works and how we should live as a response. More and more people are pressing in in order to possess the Kingdom! Experience Mission: The 2nd 6-Month Immersion Team arrived in South Africa on the 16th of June 2015 The 2nd 6M team arrived in South Africa recently. We spent the first week doing worldview and cultural orientation. We talked extensively about the Kingdom of God and worked through the book of Ephesians. The team started their journey in Olievenhoutbosch and will travel to Rehoboth in Namibia and in September to the Maphutseng Valley of Lesotho. The next five months will be an awesome mission experience for this team, following in the footsteps of many teams who have gone before them. They will continue to sow seeds of love and service in the communities they will live; laying good foundations for teams to come. May their footsteps be beautiful as they bring peace to the township of Olievenhoutbosch, to the plains of Rehoboth and the mountains of Maphutseng. Experience Mission: The 1st 6-Month Team returned to the US. The 1st 6M team went back to the US after spending 6 months in southern Africa. They arrived back from Namibia on June 20th before departing for the US.

It was very encouraging to reflect on the amazing journey they had. We listened to their stories and testimonies of the great things God did in their lives. The change and the transformation that happened in their lives were quite evident. It was hard to say goodbye to them; they became to us like family. May God bless them as they continue to live their mission in America and Canada. Experience Mission: The 3-Month Team in Namibia The 3M team currently in the Namib desert in Namibia is also walking the talk. Despite the challenges of living in tents, eating basic food, not having showers, washing their laundry by hand and not having any internet or cellphone connections, they are doing well. They see these challenges not as stumbling blocks, but rather as stepping stones. The team helps teachers in their classrooms, do devotions with the teachers, do various sport activities with the kids in the afternoons, do counseling with teenagers and pour out love and compassion to as many kids as possible. They are a great team and we are encouraged by their willingness to walk the extra mile in love and service. Hein and Helene are currently on a 7-week stint in Namibia, visiting the teams. Please pray for them as they travel; especially for their children at home. They will be without cellphone and internet connection for most of the time.   k

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     07


My Voetspore

Piet Smit sing:

Om 'n Bybel uit te deel

“Moet ek gaan met leë hande, Moet ek so my Heer ontmoet? Nie een siel na Hom toe gelei nie, Niks eers te offer aan Jesus se voet.

Kom kyk na die werkers daar op die lande, Wat moeg en krom met die sekel staan. Kom ons gaan help met die koringgerwe; Kom laat ons ook na die lande toe gaan. Dan gaan ek nie met leë hande, Kan ek blymoedig my Heer ontmoet. Almal hier om ons gelei na Jesus. Die oes uit sy lande geoffer aan sy voet.” Sien ek die “koringgerwe” op God se lande raak? Slaan ek ag op die “honger” oral rondom my?   •  Honger vir kos   •  Honger vir die Woord Miskien is ek bereid om die fisiese honger te stil, maar wat doen ek aan die geestelike honger? Deel ek die Woord met iemand; dra ek finansieel by; gee ek persoonlik ʼn Bybel aan iemand? Iets gebeur in my:   1  Wanneer ek ʼn Bybel oorhandig aan ʼn bejaarde swart vrou,    waarna sy neerval om my voete te soen. Ek staan     beskaamd! Ek, met my 6 Bybels wat ek nie eers na be    hore benut nie.   2  Wanneer ʼn swart man sê: “When I heard you talking about     the Bible, something touched me very deep in my heart.     Please may I also have a Bible?” Sedertdien word ek tel    kens in die winkel verwelkom met ʼn stralende glimlag en    ʼn drukkie.   3  Wanneer ek in die hospitaal vir ʼn verpleegkundige vra of     sy ʼn Bybel het en sy opgewonde uitroep terwyl sy haar     selfoon aansit: “You won’t believe it. Read here!” Per sms     stuur ʼn vriendin ʼn skrifgedeelte wat sy moet gaan lees.     Maar, sy het nie ʼn Bybel nie. Ontmoedig lê sy haar be    hoefte aan die Vader voor en die volgende oomblik stap     ek in om aan haar ʼn Bybel te oorhandig. So werk ons God!   4  Wanneer ek ʼn Bybel aan ʼn man oorhandig en hy, terwyl hy     die Bybel soen en teen sy hart koester, sê: "I’m so glad I    came to this shop on this specific day, at this time,     because God arranged this meeting so that I can have my     own Bible!!” Hierdie man verstaan iets van God se tyd is     die regte tyd.   5  Wanneer ek ʼn Bybel aan ʼn vrou met oorweldigende pro    bleme, wat haar van haar nagrus beroof, oorhandig en sy     later jubelend getuig: “Since I read my Bible every day I     feel so good and every night I sleep like a baby!”   6  Wanneer ek ʼn Bybel oorhandig aan ʼn uitlander – ʼn uit     geworpene en hy later as volg reageer op my vraag of hy     ook geaffekteer is deur xenofobie: “I am a man of God.     The Bible tells me He will protect me. I’m not afraid, I’m    SAFE.”

7  Wanneer ek ʼn Bybel gee en ervaar hoe ʼn lig aangaan in uit   drukkinglose oë, hoe ʼn afgetakelde gesig opgehelder     word deur ʼn stralende glimlag. Bybelverspreiding: Allermins ʼn boek wat slegs van hande verwissel. ʼn Liefdevolle Hemelvader vra van ons ʼn ietsie meer:   •  Maak Bybelverspreiding persoonlik. Vra die Heilige Gees     om self te wys vir wie jy ʼn Bybel moet gee.   •  Sien ʼn persoon voor jou RAAK as ʼn skepsel van God vir wie     Hy baie lief is.   •  Kyk by ʼn verslonsde, verwaarloosde, afgetakelde, selfs vuil     en onwelriekende uiterlike verby en sien ʼn behoeftige     kind van God in nood. Bejeën hom met Jesus se liefde, gee     vir hom ʼn tikkie menswaardigheid, begrip en respek.   •  Onderbreek jou besige aardse program – al is dit ook hoe     ongeleë – en vra uit na iemand se “storie” – soms aan       grypend, hartroerend, tragies; soms verblydend, opwin    dend, mooi! Luister met oorgawe… sien sy hart raak!   •  Wees God se hande, oë, ore: gee ʼn Bybel en iets gebeur     binne-in jou. Jy kom om te gee en nou ontvang jy onein    dig meer en leer soms iets kosbaar uit die mees ondenk    bare oord van die mees onverwagte persoon.   •  Vele mense, wie vir Jesus reeds ken, besit nie ʼn Bybel nie     en wil tog net so graag een hê! Is jy bereid om die een te wees wat hierdie Bybel gaan oorhandig?  k

08    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

GO Challenge 2015

Charlotte Rossouw

Ek was vroeër in die jaar bevoorreg om Operation Mobilisation (OM) se Go Challenge te kon bywoon. Dit is ‘n 3 dae konferensie en dan 10 dae uitreik na ‘n dorpie in die omgewing. In die 3 dae konferensie gee hulle vir jou opleiding – hoe om met die mense te gaan werk waar jy gaan uitreik. Sprekers gedurende die konferensie was onder andere: George Verwer (die stigter van OM), Colin Phelps, André van der Berg en Marcus Spronk (Diaspora Hope – OM Kaapstad). Almal van hulle is al ‘n geruime tyd in voltydse sending en ‘n groot inspirasie vir dit wat voorgelê het. Hulle het ook werkswinkels tussendeur aangebied wat gefokus het op kinderbediening, HIV & VIGS bediening, sportbediening, dramas en mimiek – om jou beter toe te rus om met die teikengroep te werk waarheen jy op pad was. Ons is in spanne verdeel en het ook tyd saam as span spandeer in gebed en in Bybelstudie om mekaar beter te leer ken. Ons span het bestaan uit 4 mense van Somerset-Wes, 3 van Pretoria, Ek en Yolanda, een van die mede-challengers een van Amerika, een van Singapoer en een van Duitsland - ‘n lekker gemengde groep wat heerlik saam gewerk het. Span Mauritania het spesifiek in Parow gaan bedien by Sotêr gemeente en THEOS Community, wat met die jongmense in Parow werk. Daar het ons hande gevat met ‘n groep jongmense wat onder andere die kinders in vakansies besig hou en na-skool bedien. Kontak my vir meer inligting as jy dalk Go Challenge 2016 wil bywoon of om betrokke te raak by Moslem bediening in Centurion – Charlotte Rossouw 079 280 4831 of crossover.sa@gmail.com  k

Spreker George Verwer met die wêreld in sy hand

Span Mauritania saam met wie ek gedien het in Parow

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     09


My Voetspore

Dien by Cravenweek 2015

Theo van Zyl

Ons het weereens die voorreg gehad om te kon dien by die onder-18 Cravenweek, wat hierdie jaar in Stellenbosch plaasgevind het. Die WP unie het dit gehou by Paul Roos Gimnasium, wat hierdie jaar 150 jaar oud is. Ons sportbediening, in samewerking met SCAS, het die voorreg gehad om vir die 20ste jaar te kon dien by die Cravenweek.

Ons sien om na die geestelike welstand van die spelers, dien die span en spanbestuur op logistieke vlak en die LOC op alle moontlike maniere. Bo en behalwe om Bybelstudies te hou en te lei, sorteer ons wasgoed van die spanne, reël etes, maak seker almal is betyds by al die funksies en seremonies, bespreek oefenvelde en nog baie meer.  k

Elke jaar voor die begin van die Cravenweek, doen ons eers twee dae se opleiding en spanbou met die manne. Die opleiding sluit onder meer in: wat is diensbare leierskap, hoe om vir en saam met sportmense te bid, wat is dissipelskap, ens.

Om meer uit te vind oor Sport Bediening kontak vir: Theo - 082 388 7724.

Wat is ons funksie by Cravenweek? Dit is om die spanne en mense te dien by die byeenkoms, maar ook almal wat oor ons pad kom.

10    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Algemeen

Hardloop en stap: elke tree samel geld in vir Bybels Aan al ons kerksondermure lidmate wat op 27 Junie die buitengewoon koue weer trotseer het om te kom help of deelgeneem het, sê ons baie dankie! Sowat 2 000 dapper deelnemers was op die pad. Dit is so 300 meer as in 2014. Verlede jaar se skenking aan die Bybelgenootskap vir die ontwikkeling en verspreiding van Bybels het van R52 000 tot R82 264.90 gestyg. Ons is ongelooflik dankbaar vir die bereidwillige voete en warm harte, die helpende hande en 'n hele paar stewige donasies vanaf gemeentelede! Ons moet ook vir die NG-Sesmylspruiters baie dankie sê vir hul bydraes tot die dag se sukses. In die geheel beskou, was die besonder positiewe samewerking van die ksm-lidmate, asook die res van die organiseerders soos die Alpha Centurion Klub en borge, en by name die bestuur van Hoërskool Zwartkop, 'n warm riem onder die hart! Ons kan maar net sê: Ai, as dit nie vir die buitengewone skielike koue was nie! Die Here weet altyd beter. Ek glo Hy berei ons voor op hierdie skaal vir nog groter soortgelyke geleenthede. Ons sien elke lidmaat weer DV 25 Junie 2016! Hoe lui die advertensie? “Keep on walking (jogging, helping and supporting!)...” Alle dank en eer aan die Here vir die energie, tyd, geduld en geloof (soos 'n mosterdsaadjie) om hierdie kosbare saak van Bybelverspreiding te help bevorder met so 'n grootskaalse spanpoging. Uiteindelik is Hy in beheer en laat Hy dinge gebeur!  k

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     11


Persoonlike Sorg

Ons fisiese teenwoordigheid by mense – 'n offer vir die koninkryk

Carl du Preez

Mens hoef nie ʼn gedragsbioloog te wees om te weet dat mense gemaak is om saam te leef nie. Maak nie saak hoe introvert ‘n persoon is nie, dit is die konneksies met ander mense wat help betekenis gee aan ʼn mens se lewe! Tegnologie wat oorspronklik geskep is om mense nader aan mekaar te bring en die wese van kommunikasie te verbeter, het juis die teenoorgestelde veroorsaak. Ons spandeer baie van ons tyd om met mense te ‘connect’, maar het eintlik minder tyd vir die mense naby en om ons. Ons tyd word só opgevreet deur stories van ander dat ons baie keer in ʼn fiktiewe wêreld begin leef, waar ons al hoe verder van ons eie storie en van die mense in ons huise leef. Ons is so besig om te kommunikeer met mense buite ons huise dat ons mekaar binne ons huise misleef. So hoe gemaak? Om eerlik te wees, ek weet nie! Wat ek wel weet is dat wanneer mense emosioneel met God en mekaar ‘connect’, gebeur daar iets wonderliks met hulle, ten spyte van die tydloosheid wat tegnologie soms veroorsaak. Dit lyk my fisiese nabyheid en teenwoordigheid doen interessante dinge aan ʼn mens se konneksie-biologie. As mens dan nog geneig is om nou en dan aan mense te raak terwyl jy kommunikeer, doen dit nog verder iets. Ek noem hierdie sommer die TAAL, TYD, TAS van fisiese saamwees tussen mense, en veral ons huismense.

Hierdie 3 T’s is tog die goed wat Jesus gedoen het hier op aarde. Hy het met mense gepraat en in hulle oë en harte ingekyk, Hy het tyd gemaak by en met hulle, Hy het ook fisies aan hulle geraak en wonderlike dinge het dan gebeur. Dit lyk vir my dat die goue konstante is dat Hy teenwoordig was met sy woorde, sy tyd en sy hele lyf. Die sielkundiges en gedragswetenskaplikes beaam dat waarlike en onvoorwaardelike teenwoordigheid aan ons geliefdes ons help om staande te bly, in onsself te glo en veerkragtig te wees. Ek daag julle uit om fisies teenwoordig te raak by julle huise, in julle huwelike, saam met julle geliefdes en teenoor vreemdelinge. Ek glo vas dat dit ʼn offer vir God se koninkryk sal wees... ʼn offer van woorde, tyd en fisiese aanraking! Bid vandag hierdie gebed saam met my: Here ek wil U vandag smekend vra om ʼn wag voor my mond te sit en my denke en hart te vernuwe, dat ek deur my woorde ʼn wierookoffer vir mense om my sal wees. Here, wil U my gejaagdheid en prioriteite so rig dat ek tyd sal hê vir mense en u teenwoordigheid in die wêreld sal raaksien om my; en Here dat ek wysheid en moed sal hê om ook fisies uit te reik en die mense om my aan te raak met U ope arms. Amen.  k

12    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     13


14    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org

Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 17:00 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Belydenisklas,19:00 Tienergroepe

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00, 10:00 & 18:00


www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     15


01       Sondag 02      Maandag 03      Dinsdag 04     Woensdag 05     Donderdag 06       Vrydag 07      Saterdag Preekreeks 1 12:00 Doop HL & MS

10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS

14:00 Tieners kreatiewe Span vergadering HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Authentic Manhood HL

09:00 MaMs byeenkoms HL 09:00 Seniors@Midstream 09:30 Oppiekoppie Seniors 18:30 Midstream BKS 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 Gebed@Midstream

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL Griefshare Retreatkamp

07:00 Gebed@Hippolaan Griefshare Retreatkamp

08       Sondag 09      Maandag 10      Dinsdag 11     Woensdag 12     Donderdag 13       Vrydag 14      Saterdag Preekreeks 2 Kindereredienste Afsluiting; Tienerbediening: Afsluiting Belydenisklas Afsluiting HL & MS Griefshare Retreatkamp

10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS

14:00 Tieners kreatiewe Span vergadering HL 18:00 Diepkant Afsluiting HL 18:30 Authentic Manhood HL

09:30 Senior Bybelstudie HL 18:00 Gemeenteraad HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 Gebed@Midstream

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 SigleSonderMure Uitstappie

15       Sondag 16      Maandag 17      Dinsdag 18     Woensdag 19     Donderdag 20       Vrydag 21      Saterdag Preekreeks 3

10:00 GriefShare MS

18:30 Authentic Manhood HL

09:00 Kuria byeenkoms HL 09:30 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Skoenboks-projek HL 19:00 Gebed@Midstream

18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

22       Sondag 23      Maandag 24      Dinsdag 25     Woensdag 26     Donderdag 27       Vrydag 28      Saterdag 08:00, 10:00 & 18:00 Kerssangdiens Midstream

18:30 Authentic Manhood HL

09:30 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Gebed@Midstream

19:00 Doopvoorbereiding - Opvolg HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 SingleSonderMure HL 19:00 Manne Afsluiting Fliekaand HL Belydeniskamp

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Kersmark Wip byeenkoms Belydeniskamp

Doopregistrasie vir Des sluit

29       Sondag 30      Maandag 08:00, 10:00 18:30 Kerssangdiens Hippolaan Belydeniskamp

November 2015

16    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Verhoudingsgroepe

Wie en wat is SingleSonderMure?

Rita Barnes

Alleen wees en alleen voel is twee verskillende dinge. Mens kan alleen voel sonder om alleen te wees, selfs al is jy in ‘n vertrek vol mense. Eensaamheid weer, is ‘n gevoel of emosie van ‘verwydering’ van vriende, familie, geliefdes of enige iemand wat vir ons omgee. Verstaan ons regtig eensame mense se pyn en hartseer? Weet ons regtig hoe dit voel om eensaam te wees en nie geselskap te hê nie? Soos Dawid van ouds kan ons net in ons eensaamheid tot God roep, want dis slegs by Hom wat ons enigste hoop en genesing lê. By SingleSonderMure besef ons ons verantwoordelikheid om om te gee vir ander, om God se liefde uit te leef na eensame- of alleen-mense toe. Die SinglesonderMure Groep het juis ontstaan deur ‘n behoefte van Christen alleenlopers en enkelma’s en -pa’s om te kan sosialiseer en te kan ‘connect’ met ander Christen alleenlopers. Ons verstaan hoe moeilik dit vir ‘n enkelpersoon is om sommer net te kan uitgaan, te gaan fliek of te gaan pret hê sonder om iewers soos die spreekwoordelike “vyfde wiel aan die wa” te voel. SingleSonderMure kom tans een keer per maand bymekaar, maar ons bid vir daai ekstra energie en kapasiteit, en veral vir lede, wat bereid sal wees om die leiding te neem met sekere

aktiwiteite, en sodoende meer vir die enkellopendes te kan aanbied. Ons aktiwiteite behels, onder andere: opbouende en geestelike praatjies, selfverrykingskursusse, bring-en-braai’s, speletjiesaande, uitstappies (hikes), kampe, en nog vele meer! Koste word tot die minimum beperk - ons weet immers hoe enkelpersone soms elke sent moet omdraai en weer omdraai... Een van die eerste dinge wat mense vra wat navraag doen, is: “Wat is die ouderdomme in die groep?” Wel, ons sê dan net heel eenvoudig: “Daar is geen PG-rating nie...!” Daar is jong Singles, ouer Singles, Singles met kinders, en Singles sonder kinders daar is selfs Singles met kleinkinders! Dis ‘n mengelmoes van enkellopendes, maar dis ‘n groep waar jy jouself kan wees, waar jy veilig kan voel en waar jy altyd welkom is - net soos jy is! SingleSonderMure is ook nie beperk tot net kerksondermure lede nie - ons verwelkom enige Christen single van enige area met ope arms! Kom sluit gerus by ons aan en ervaar hoe graag ons jou God se liefde, deernis en teenwoordigheid oral in jou lewe wil laat sien en ervaar! Wees só ʼn offer vir God en vir ander... Kontak Rita by 012 663 1610/singles@ksm.co.za.  k

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     17


Die manne op 'n Vriendskapsmissie

Ons is dankbaar vir 2015 waarin ons ʼn Mannebediening by kerksondermure kon afskop – en vir die wat reeds kom saam kuier het as deel van ons groeiende Mannefamilie. Ons het begin met ʼn visie: Om manne te lei om God se hart te ontdek en dit elke dag uit te leef. Die doel daarmee is om meer manneharte vir God en sy koninkryk te wen. Ons stap ʼn kort paadjie saam, maar die vriendskappe wat alreeds gevorm is en wat voortleef in die werksplekke, is die waarde wat die koninkryk in die wêreld kry. In Junie het ons ʼn wonderlike vriendskapsviering met Julius Magan geniet saam met ons gesinne. Dit was regtig ʼn aand waar ons gefokus het op die waarde van opregte Vriendskap. Colin Smith het Jesus se denke oor vriendskap gedeel uit Joh. 15:12 - 16 "12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.15Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou." Die Mannebediening rig ʼn baie spesiale uitnodiging aan elke man wat nog nie die geleentheid gehad het om by ons aan te sluit nie, om kennis te neem van die volgende kuier-geleenthede. Res van 2015 se program   •  2-3 September: Huweliksweek (lees gerus op bl. 5 meer oor die Huweliksweek).   •  25 Oktober: staan ons almal tyd af om saam met ons gesinne by die Oesfees te kuier   •  27 November: Vrydagaand sluit ons 2015 af met ʼn fliekaand by Midstream. Sluit by ons aan     vir ʼn informele kuieraand vir die hele gesin met lekker worsbroodjies, spookasem, spring    mielies en ‘n koeldrank in die hand – en moenie jou gesin by die huis los nie. Ons grootste begeerte is om jou te ontmoet en jou vriendskap te deel met ʼn groep manne wat saam bereid is om God se hart te ontdek op hulle “journey”. Ons sien uit om jou te ontmoet!  k

18    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


GROOT DANKBAARHEID VIR ‘N NUWE GESINDHEID Die Dienswerkerbediening het op 28 Julie 2015 die voorreg gehad om Dr. Ernrich Basson uit te nooi om te gesels oor die verandering wat ‘n nuwe gesindheid in jou lewe kan bring. Die praatjie was met soveel dankbaarheid ontvang en het heelwat reaksie en positiewe verandering reeds tot gevolg gehad; soveel so dat daar reeds ‘n versoek van die Midstream Dienswerkers was om dit asb. by Midstream te herhaal sodat almal wat belangstel en dalk die eerste praatjie gemis het nog ‘n geleentheid kan kry om waardevolle sielskos in te win.

Dienswerkers

nie. Ek geniet skool nou eintlik. Dankie ook aan kerksondermure wat die wonderlike aand moontlik gemaak het. Al die mense wat hier lees, probeer rêrig om jou gesindheid te verander soos ons gehoor het.”

Dit was werklik lewensveranderend en het groot waarde tot baie se lewens gevoeg. Hier vertel Heinrich, ‘n 15- jarige seun wat dit bygewoon het, wat dit presies vir hom beteken het. Heinrich het dit reeds met soveel van sy vriende en selfs een van sy onderwysers gedeel. Maar lees self wat hy vertel: “Baie dankie aan Dr. Ernrich Basson wat hierdie wonderlike boodskap gebring het. Die boodskap het rêrig ‘n baie groot verskil in my lewe gemaak. Om net jou gesindheid te verander maak ‘n baie groot verskil in hoe jou lewe is. Ek het bv. glad nie van skool gehou nie, maar na die aand sien ek skool as iets anders en dit is nie meer vir my ‘n probleem om skool toe te gaan •  Ek vergeet die foute van die verlede en fokus op die groter    prestasies van die toekoms (Filippense 3:14). •  Ek is te groot om bekommerd te wees, te edel vir woede, te    sterk vir vrees en te gelukkig om toe te laat dat moeilikheid    my geluk steel (Johannes 4:4). •  Ek dink aan die beste, werk na die beste en verwag die beste    (Kolossense 3:1). •  Ek kyk na die positiewe kant van alles om positief te wees    (Lukas 11:34). •  Ek praat gesondheid, geluk en voorspoed met elke mens wat    ek ontmoet (Spreuke 18:21). •  Ek verbly my altyd en deel ‘n glimlag met almal (Filippense   4:4). •  Ek glo dat God vir my is, ek meer as oorwinnaar is en dat die    beste nog voorlê (Romeine 8:31). •  Ek gee so baie tyd vir my eie ontwikkeling dat ek nie tyd het    om ander mense te kritiseer nie (Filippense 3:12). •  Ek staan so sterk dat niks my vrede kan versteur nie (1 Korin   tiërs 16:13). •  Ek lewe inspirerend vol geloof, in oorgawe en verkondig dit    nie met groot woorde nie, maar deur goeie dade (Hebreërs   12:1-2). •  Ek word net so entoesiasties omtrent die sukses van ander as    oor my eie sukses (Matteus 7:12). •  Ek laat my vriende spesiaal voel (Spreuke 17:17). “Dit is hoe ek my lewe nou probeer lewe en dit help. Sulke klein goeters in jou lewe soos jou gesindheid maak ‘n baie groot verskil in wie jy is. Ons is onbeduidend klein - God is groot!” Heinrich was ook die wenner van ‘n splinternuwe EPSON kleur drukker vir die beste deelname gedurende hierdie geleentheid. Hou asb. die kommunikasie mediums dop vir die volgende geleentheid en maak seker jy mis nie nog ‘n geleentheid om dalk jou hele lewe te verander nie!! Jy is dit aan jouself verskuldig...  k www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     19


Dienswerkers

Dienswerker Waarderingsfunksie Vrydagaand 16 Oktober 2015

Gaan ons alle Dienswerkers die geleentheid gee om hul diensbaarheid te vier op ‘n heel nuwe, unieke manier. Ons nooi al ons dienswerkers uit om hul gesinne te bring en saam te juig oor die feit dat ons almal diensbaar vir koninkrykswerk kan en mag wees en ons roeping so kan uitleef. Kom vier jou diensbaarheid as dankbaarheidsoffer saam met jou gesin en Geloofsfamilie. RSVP: voor of op 12 Oktober 2015 by dienswerker@ksm.co.za

Aanmeldingsgeleentheid vir Dienswerkers Is jy gereed om jou opdrag te aanvaar? 8 November 2015 by alle eredienste. Ons daag elke dienswerker of gemeentelid uit om in die volgende 2 maande vissers van mense en vriende te wees en voor 01 Nov ‘n vriend te identifiseer wat jy kan nooi om saam met jou nuut te kom luister oor die odrag wat ons almal by Jesus ontvang het. Hierdie gaan ‘n baie besonderse geleentheid wees vir mense wat gereed is om aan te meld vir diens in ons Vader se Koninkryk.. Moenie langer uitstel nie ons sien uit om saam met jou te dien!

20    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


"Die wêreld kan nie altyd verstaan watter oortuiging maak dat ons in die diens van God staan nie, maar almal kan dienslewering begryp." ~ Ian Maclaren www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     21


Hartklopfees

as kinders se lofoffer saam met Willie, van Willie en die Wenspan en Elrika van Kindermusik.


kinderssondermure bied aan: Ek en my huis sal die Here dien

Vakansieprogram 2015


Tieners

Coenie Ackermann Geld is gewoonlik ʼn onderwerp wat die meeste van ons se hare laat regop staan. Sakgeld weer, is een van die verbode woorde in die meeste van ons mense se woordeskat - niemand praat daaroor nie, maar almal wonder daaroor. Ons as tieners bly maar wonder: Hoeveel sakgeld is genoeg? Ek dink nie daar sal ooit genoeg geld wees om in mense se behoeftes te voorsien nie, want die mensdom wil altyd meer hê, omdat ons dink ons pond vleis moet altyd groter wees as waarop ons geregtig is. ʼn Meningspeiling wys dat die meeste tieners sakgeld kry. Hierdie sakgeld word aangewend net waarvoor ons lus is. In kort kan ek dit mors of gebruik na hartelus. My ouers koop my klere, my toiletware, betaal my “fancy” selfoon se kontrak en ook my tablet. Ek hoef net in my eie behoeftes te voorsien, soos vir snoepiegeld en my koeldrank by die fliek. Daar is enkeles wat werk om hulle sakgeld aan te vul vir daardie toer waarop hulle eendag wil gaan of die ekstra mooi RayBan sonbrille waarvoor pa en ma hulle voete neergesit het omdat hulle weier om soveel te betaal vir ʼn "nice to have".

dat jy maar elke Sondag voor pa of ma se beursie bakhand staan vir die kollekte, want sien, hoekom moet ek daarvoor betaal? Ek kan mos nie my swaar verdiende sakgeld vir kollekte gebruik nie?! Ons tieners weet nie regtig waarvoor die kollekte gebruik word in die kerk nie. Meeste van ons verkies om nie te weet nie, want as ek dan nou weet, sal ek betrokke moet raak... Wanneer 'n mens “dankoffers” reg verstaan, bring dit vrede in jou gemoed en lei dit tot groei in jou verhouding met God. Wanneer ons dit insien, en die waarde daarvan probeer meet, ontlok dit niks anders as dank nie en dan word ons dankoffer maar een van die talle maniere waarop ons positief op God se seëninge reageer. Uit dankbaarheid vir wat die Here vir ons gee en doen, dra ons ook finansieel by tot sy werk in die gemeente waarvan ons deel is. Op hierdie manier gee ek uitvoering aan my geestelike welstand en behoeftes. Wanneer dit aangespreek word, kan daar ook na ander uitgereik word - en hoe heerlik is dit nie! Hou aan om goed te doen sonder om iets terug te verwag, dan sal jy sien dat God jou meer gee as wat jy nodig het!  k

ʼn Skokkende feit is dat die woord “dankoffer” nie meer in ons jongmense se woordeskat voorkom nie. Nog ʼn hartseer feit is

jornalagora.com

24    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Uitreik Bemagtigings Avontuur! Nou wat is hierdie UBA “movement”? Dit het begin as ʼn kamp wat ons wou gebruik om tieners te bemagtig vir die uitreik waarop hulle gegaan het. As gevolg hiervan was 80% van die tieners op die kamp dan ook tieners wat op die uitreik gegaan het. Op ons eerste UBA kamp het ons gesien hoe tieners iets besef van hoe nodig dit is om uit te reik, maar ook hoe maklik dit is. Ek glo hulle het met baie vertroue in die Here daar weggestap en Zambië toe gegaan. Op die tweede UBA kamp het die getalle drasties gegroei en net 20% het hierdie keer op die uitreik gegaan. Ons besef dat die kamp meer as bemagtiging vir een uitreik moet wees. Die kamp moet hulle bemagtig vir ʼn leefstyl van uitreik! So is die UBA Movement gebore! Ons slagspreuk is: “a community on the move”. Hiermee sê ons eintlik net dat uitreik so eenvoudig is as om in jou gemeenskap (community) op verskeie plekke te funksioneer. Dit beteken egter ook dat ons gemeenskap plek het vir alle tale, kleure en geure van hierdie wêreld. Waar ook al ons gemeenskap homself vind, word hy ingekleur met mense wat ons gemeenskap groter maak! Swaziland, Olievenhoutbosch, Sunnyside en ja – selfs Centurion en Midstream. Die UBA Movement bestaan tans uit net 3 fokusse: UBA kamp, UBA Swazi en UBA 1.

UBA kamp: Die kamp is een van ons hoogtepunte. Dit is waar ons die meeste tyd met die meeste mense kan spandeer. Dis ʼn tyd waar ons intiem met tieners kan “connect”, maar ook waar hulle intiem met God “connect”. Hier rus ons hulle toe vir ʼn uitreik leefstyl op ʼn avontuurlustige manier. Hierdie jaar kamp ons 2 – 5 Oktober. UBA Swazi: Ons buitelandse uitreik waaroor ons baie opgewonde is. Ons gaan met Shiselweni Home-Based Care (SHBC) hande vat en hulle is ook opgewonde om ons te ontvang. Ons kuier hierdie jaar 10 – 17 Desember daar. UBA 1: Dit is ons projek waar ons op ʼn meer gereelde basis betrokke is. Ons vat hier hande met plaaslike Voetspore-projekte en gee vir tieners die geleentheid om hulle maandeliks te gaan ondersteun op ʼn Saterdag. Vir enige navrae, of meer inligting kontak ons gerus by tieners@ ksm.co.za  k

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     25


Midstream

AANDDIENSTE VIR MIDSTREAM AS LOFOFFER Op Sondag, 26 Julie, om 18:00 het Midstream se eerste aanddiens afgeskop – ‘n diens met ‘n verskil! Dié dienste is enig in hul soort aangesien dit een van kerksondermure se waardes, nl. Verskeidenheid, nastreef. Daar Tiesie de Coning word voorwaar ‘n verskeidenheid asems in hierdie diens geakkommodeer: tieners, ouers, enkellopendes, jong werkendes, jong getroudes, afgetredenes, voorskoolse én skoolgaande kinders. Om ‘n verskeidenheid te akkommodeer, moet ‘n verskeidenheid gebied word: predikers uit ons tiener- sowel as volwasse preekspan én musikante en multimedia-operateurs uit die tiener- en volwasse bedieningspanne. Daar kan met reg gesê word dat

hierdie dienste vir elkeen is en deur elkeen agter die skerms moontlik gemaak word! kerksondermure Midstream is dus Sondae van laatmiddag af in rep en roer. Die multimedia- en musiekbediening stap om 16:00 in, kinderbediening bied ‘n Gr. 7-erediens vir ouers en Gr. 7’s om 16:45-17:45 aan, die Gr. 11’s kom in dieselfde tydgleuf byeen vir hul belydenisklas, waarná die erediens om 18:00 plaasvind. Hierna drink ouers koffie en tee terwyl die Gr. 8-10 tieners tot 19:45 in hul kleingroepe vergader om oor die boodskap te besin. As jy nog nie in hierdie heerlike opwinding gedeel het nie, val sommer Sondag by ons in en kom woon die aanddiens te kerksondermure Midstream as jou lof- en dankoffer vir God by!  k

'n Nuwe baadjie vir kerksondermure Midstream Die eerste baksteen is met die aanbreek van die wintervakansie gelê. Wat die bouers nie geweet het nie, is dat dit ʼn ongeëwenaarde kantoor-bou-ervaring gaan wees, aangesien daar in dieselfde tyd net meer as 60 besige bytjies deel van kinderssondermure se vakansieprogram was! Die bouers se vordering is grootoog en noukeurig dopgehou. Een oggend het die kinders selfs die bouers geroep om saam met hulle uit die Woord te lees, te bid en te sing. Dit was voorwaar ʼn hoendervleis-oomblik toe opregte kindergebede, in eenvoudige taal, God se seëninge op die bouers en die bouery afbid. Dit is dalk juis om hierdie rede dat die kantore in ʼn rekordtyd staangemaak is. Die afwerking is pragtig en wat ʼn voorreg om elke dag hier te mag werk en dien! kerksondermure Midstream lidmate én besoekers word uitgenooi om te kom inloer:   •  Vera Schoombee, in die onderste kantoor, hanteer steeds     ontvangs en ons verhoudingsgroepe. Vera is bykans van     die begin van ons nuwe gemeentesentrum af ontvangs    dame vir kerksondermure en sy koester die werksaam    hede van ons mooi gemeente diep in haar hart.   •  Hezel Fourie skuif vir ʼn sekere aantal ure in die week in     die kantoor langs Vera in, vanwaar sy Vera se hande met    ontvangs losmaak, sodat daar gefokus aan ons ver-

houdingsgroepe gewerk kan word. In dié tydsgleuwe    hanteer Hezel ontvangs, maar handel ook kinderbe    dieningsake as Midstream se kinderbedieningskoör    dineerder af. Andersins word die kantoor deur personeel     van Hippolaan kerksondermure gebruik om bedienings    werk en take gerig op Midstream kerksondermure uit te     voer.   •  Dirk Laubscher, ons koördineerder van geboue en terrein,     is nou deel van die “bo-dorp” en werk vanuit die boonste     kantoor. Dalk is die hoogte net wat nodig is om ʼn wa    kende oog oor die instandhouding van ons geboue en     terrein te hou – ʼn taak wat Dirk saam met die gebedsbe   diening van Midstream nie net geniet nie, maar met    onderskeiding doen!   •  Tiesie de Coning, gemeenteleier: Kinderbediening en ver    antwoordelik vir die groei en ontwikkeling van ons Mid    stream gemeente, se kantoor is ook traplangs tot bo. Kom,     loer gerus in en vier die vreugde van ons nuwe kantore     saam met ons! As personeel op die perseel, saam met ons werkers, Abel, Harry en Bettie, koester ons die groei en ontwikkeling van ons gemeente. Ons dank aan elkeen wat op een of ander wyse ʼn bydrae gelewer het tot die gemeentefees waarvan die fondse deels aangewend is om ons nuwe kantore te bou.  k

26    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Visie 2015+

kerksondermure Midstream Visie 2015+ bly groei

Die Visie 2015+ bydraes groei maandeliks en staan nou reeds op R1,9 miljoen. Visie 2015+ is egter nie net gerig op die huidige skulddelging nie, maar op huidige en toekomstige uitbreidings om kerksondermure Midstream se groei te akkommodeer, bv. die nuwe kantore en die instelling van die aanddienste. Dit is egter nodig om net die laaste bietjie skuld te delg, alvorens ons verder kan ontwikkel. Visie 2015+ is juis hierop gerig en maak onder meer ook voorsiening vir die verkryging van fondse deur ons SUSprojek (Social Upliftment Services), die toekomstige gedenktuin, geloofsfondsverbintenisse en testamentêre bemakings.

Indien jy meer informasie oor enige van hierdie inisiatiewe benodig, skakel gerus met ons Midstream Gemeenteleier Tiesie de Coning by tdeconing@ksm.co.za. In ʼn neutedop: bepaalde, doelgerigte pogings word steeds beplan en in plek gestel, sodat genoegsame fondse ingesamel kan word en fasiliteite geskep kan word, wat kerksondermure Midstream in staat sal stel om kerkwees vanuit Midstream op so ʼn wyse te laat gebeur dat ons as dienende geloofsgemeenskap God se koninkryk met blydskap oral kan laat kom!  k

300 (2015)

200

150

Deelnemende gesinne aan Visie 2015+

www.kerksondermure.org      Hartklop  l  September/Oktober 2015     27


28    Hartklop l  September/Oktober 2015

www.kerksondermure.org


Preekrooster

PREEKROOSTER  September 2015 6 Sept

Hippolaan

13 Sept

20 Sept

27 Sept

08:00 Hettie Brittz

Colin Smith

Fanie Venter

Christo Woite

Hettie Brittz

Colin Smith

Fanie Venter

Christo Woite

Colin Smith

Louis Brittz

André Viljoen

Stephan Joubert

10:00

18:30

Tieners@Hippolaan 17:30

Geen Allen Baatsen

Midstream

Louis Hager

Louis Brittz

Colin Smith

Fanie Venter

Christo Woite

Adrio König

Colin Smith

Fanie Venter

Christo Woite

Adrio König

Hettie Brittz

Stephan Joubert

Colin Smith

André Viljoen

Doop

08:00

10:00

18:00 * Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander. Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste/Ilse Ferreira en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure

Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor

Na-ure predikant op roep: 083 489 0180

Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480

Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.