12 minute read
Landelike Veiligheid DMV Video Stelsels
from ProAgri SA 279
by ProAgri
Aanwending
Stelsel ontwerp
Advertisement
• Intensiewe terrein besoeke.
• Professionele ingenieurs ontwerpe.
• Hoë gehalte produkte.
• Onafhanklike mikrogolf kommunikasie netwerk.
• Geen selfoon netwerk of internet diens verskaffers.
• HOOGS opgeleide 24/7 beheerkamer personeel.
Gebruikers
• Landbouers.
• Myne.
• Boere verenigings.
Tegnies:
Swak selfoonsein
Applikasie:
• Algemene omgewings beveiliging.
• Plaasbestuur.
• Monitering van vee, voertuie, ens.
• Bekamping van misdaad.
• Vroeë waarskuwing.
Moniterings voordele
• Pro-aktiewe en re-aktiewe monitering.
• Vermeerder oë in die omgewing.
• Verhoog reaksie tyd.
• Help met insameling van inligting.
• Verhoog landelike veiligheid.
• Verminder diefstal.
• Bou data basis op van beweging.
• Vroeë waarskuwing met verdagtes in omgewing.
• Ondersteun met inhegtenis innames.
• Skep ‘n veilige omgewing.
• Gemeenskapspolisieforums
• Handelsmerkprodukte gesertifiseer deur ICASA. Verskillende kragvlakke en frekwensie soos benodig.
• 2G, 3G, alle LTE reikwydtes sowel as 5G waar beskikbaar.
• Hoë aangedrewe antenna- en boosterstelsels.
• UPS en sonkrag beskikbaar.
• Versterking van selfoonsein regoor RSA.
• Oplossings vir huis, kantoor, lodges, plaas en nywerheid.
• Waar wettig, ICASA tipe goedgekeurde RF-toerusting soos vereis - anders as toestelle aanlyn beskikbaar.
• Die oplossing bied ‘n behoorlike waarborg, asook beskerming teen beurtkrag en stroomspanning.
• ‘n Oplossing wat bewese rugsteundiens bewys het, in RSA.
Voordele:
• Aankoop van die regte topgehalte produk.
• Aflewering en installasie regoor RSA.
• Produkte goedgekeur en gebruik deur die netwerkoperateurs.
• Versekering dat jy uitstekende stem- en netwerkdata sal hê.
• ‘n Behoorlike ingebruikneming nadat installasie voltooi is.
• Ons bied ‘n volledige ondersteunings- en hersteldiens in RSA.
“Daardie mense doen dit anders,” vertel Heinrich. “Hulle jaag nie rekordoeste nie, want hulle het gesien hoe rekord-oeste gevolg word deur swak oeste.” Pekanbome dra gewoonlik elke tweede jaar ՚n goeie oes, so die mikpunt moet wees om sowel die “goeie jaar” as die “swak jaar” se opbrengste so na as moontlik aan mekaar te hou. Die Amerikaners verstaan dit; dit is geen wonder dat Amerika tans die grootste pekanneutprodusent is nie. Suid-Afrika staan darem stewig in die derde plek.
Tydens een van hulle besoeke aan die Verenigde State het hulle ook inligting ingesamel om die kultivars wat hulle moet plant asook die plantspasiëring te bepaal.
Die kultivars moet goed aard in die Noord-Kaap en die optimale venster vir kruisbestuiwing bied. “In Amerika het hulle weggetrek en elke 10 by 10 meter ՚n boom geplant en toe na jaar 10 elke tweede boom uitgehaal. Na twintig jaar het hulle dan weer elke tweede boom uitgehaal en dan eindig hulle met 25 bome per hektaar.
“Die rede hoekom hulle dit doen is om die sonlig te bestuur. Die bome groei alles toe en dan is daar minder sonlig wat op die blare beland.”
Hoe minder sonlig die boom kry, hoe swakker presteer dit en dan vrek die middelste takke.
Patrysvlei Pecans se bome is ook 10 meter uitmekaar geplant. Om die sonlig in die toekoms te bestuur sal hulle die weerbarstige takke terugsnoei.
Wat die kultivars betref, was dit ook nodig om in ag te neem waarvoor die neut gebruik sal word. Heinrich verduidelik: “Die verskillende kultivars het verskillende vorms. Die Choctaw is ՚n ronde neut met ՚n dun dop so hy kraak baie maklik. Hy vul nie so goed nie, maar die kern kom heel uit. Die Wichita, byvoorbeeld, vul baie mooi, maar dit is ՚n platter neut met ՚n dikker dop en kraak baie moeilik. Die Sjinese gee nie om nie, want hulle het baie hande-arbeid wat dit deur hulle kraakproses neem. Die neute word dan deur ՚n suikersous gesit en die behandelde neute word verpak en net so verkoop.
Die kultivars wat Heinrich-hulle aanvanklik geplant het was Choctaw, Wichita, Western Schley, Pawnee, Mohawk, Ukalinga en Barton. Die koue het egter gewys dat daar weggebly moet word van die laaste twee en mettertyd het hulle beweeg na net Witchita en Western Schley.
Heinrich stap deur sy boord. Onder sy voete lê die fyn kleigrond, maar dit verander gou in ՚n nat pappery wanneer die besproeiingstelsel aangeskakel word. Al Patrysvlei Pecans se bome het besproeiing. Tans is die jonger boord onder mikro-besproeiing, maar net soos die ouer boord sal dit oorgeskakel word na makro-besproeiing soos die bome verouder en groter word.
Vir ՚n pekanneutboom benodig die boer ongeveer 1 200 liter water per seisoen. Die Amerikaanse boere het aanbeveel dat die stelsel 400 liter per boom per dag moet kan toedien, maar Heinrich se stelsel kan tot 1 300 liter per boom per dag toedien vir piekseisoenbesproeiing. Wanneer hy in maande van Desember tot middel Februarie besproei, trek die stelsel 270 tot 290 liter per uur per boom. In die winter benodig die bome selde water omdat dit dormant is.
Die pekanneute hang gewoonlik in bondeltjie aan die boom. Met die aanstap na die boord sien jy hoe die bome reeds oortrek is van die sade.
Pekanbome is tweeslagtig. Dit beteken dat die manlike stuifmeel en die vroulike blomme onderskeidelik op die boom verskyn. Die tydperk van gereedheid vir elke kultivar se blomtydperk verskil ook, daarom is dit belangrik om kruisbestuiwing te hê.
Die bome begin bloeisels dra vanaf lente tot laatsomer. In Suid-Afrika beteken dit enige tyd vanaf Oktober. Na bestuiwing begin die vrug vorm. Dit is ՚n langwerpige, groen vrug wat gewoonlik in klossies aangetref word. Die dik, groen buitelaag van die vrug is die omhulsel vir die saad – die deel wat Jan Alleman as die neut ken wat natuurlik uit die dop en die smullekker kern bestaan. Neutset begin gedurende Desember.
Die neut is baie interessant. Die kern het ՚n baie hoë vetinhoud en vorm op ՚n wonderbaarlike manier. Gedurende die groeiproses vorm die dop binne in die omhulsel. Dit begin as ՚n sagte, vlesige gedeelte wat binne ruimte het vir die kern. Die kern vorm deur eers die holte met vog te vul. Dit is waar die olie geproduseer word. As jy dit oopbreek tydens hierdie proses, kan jy sien hoe die holte reeds ՚n volmaakte afdruk het waar die neut gaan ingroei in die ontwikkellingsfase. Die deursigtige pekanolie kan jy sommer in jou vel insmeer.
Wanneer die neut gereed is om geoes te word, bars die groen omhulsel oop om die kenmerkende bruin gestreepte dop te wys. Die saad word geoes en verwerk volgens elke mark se behoefte.
Al neem dit agt jaar vir pekanbome om volwassenheid te bereik, dra die boompies al vanaf ses jaar neute.
Patrysvlei Pecans voer hoofsaaklik uit na Sjina, die grootste invoerder van pekanneute ter wêreld.
“Die markte waarna ons aanvanklik gekyk het, was die Suid-Afrikaanse mark, maar sedert 2006 het die Sjinese ook die mark betree,” brei Heinrich uit. “Aanvanklik was dit die kern (die neut, ontdop) mark wat nog ontgin moes word, maar nadat die Sjinese die mark betree het, het dit ՚n wêreld oopgemaak omdat hulle die neute in dop aankoop.
Patrysvlei voer al hulle neute uit in samewerking met SA pecans.
Die sukses wat Patrysvlei Pecans behaal het, is ook te danke aan die sorteeraanleg wat hulle opgerig het. “Ons wou al in 1998 ՚n kraakaanleg oprig, maar na deeglike navorsing het ons gesien daar is nie genoeg volume wat geoes word nie,” verduidelik hy. “Om die kraakmark te betree, kos geweldig baie geld en jy moet die mark ontwikkel. Ons het toe besluit die neut moet net beter gradeer word, want dit is die belangrike deel van die verkoopsproses.”
Gradering behels dat elke neut volgens grootte gegradeer word. Die neut word op die sy gemeet en dan in ՚n klein, medium, groot, ekstragroot en oorgroot geklas. “Die belangrike ding met neute is om die dowwer neut (die neut wat swakker gevul is) tussen die ander uit te haal. Dit doen ons met verstelbare vakuum en dit is deurslaggewend belangrik, want die neut lyk dalk mooi buite, maar dit is swak gevul binne. Jou koper oorsee wil verseker wees van die gehalte wat hy koop.”
Die graderingsaanleg is daarop gerig om verwerkers te verseker van die gehalte wat hulle na Sjina uitvoer. Deesdae lewer Patrysvlei Pecans ook hierdie diens aan ander pekanboere wat gesien het hoe voordelig dit is.
“Ons ry saam na die boere toe, versamel die neute en doen die gradering. Verpakking en goedkeuring word gedoen deur PPECB (Perishable Products Export Control Board), die beheerliggaam, en dan sorg SA Pecans vir die finansiering wat die boere betaal,” brei hy uit. Daarna word die produk na Durban vervoer en verskeep na die Ooste.
Hoekom
hou bye soms nie van uieblomme nie?
Hoekom hou bye soms nie van uieblomme nie?
Dit is ՚n groot vraag waarom uie se blomme nie altyd aantreklik is vir bye nie. (Foto: Pixabay)
Heuningbye wat soms nie lus het om op uieblomme te werk en dit te bestuif nie, is wêreldwyd ՚n probleem.
“Dit bly ՚n raaisel waarom bye soms weier om uieblomme te bestuif,” sê Charles Salmon, wat onlangs by die Afrika Apimondia-streeksimposium in Durban sy navorsing oor die verskynsel gedeel het.
Suid-Afrika, veral die Klein-Karoo, is een van die grootste uiesaadprodusente ter wêreld en dit is die land se waardevolste groentesaadoes. Maar bye, as die belangrikste bestuiwers van uiesaad, ignoreer al jare lank van tyd tot tyd uieblomme wat tot power bestuiwing en swak saadopbrengs lei.
Soms stel nie eens die bye in kommersiële korwe wat teen groot koste van elders af ingebring word, stel soms belang in die uieblomme nie. “Niks help nie; as die bye nie op die uieblomme wil werk nie, kan niks hulle oorreed om dit te doen nie.”
Charles, self ՚n byeboer en ՚n senior voorligtingsbeampte van die WesKaapse Departement van Landbou, se meestersgraad in Landbou by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT), het gefokus op watermanipulasie (besproeiing) tydens die blomtyd van Texas Grano-uiesaad, hoe dit heuningbye se besoeke en die saadopbrengs beïnvloed het.
Navorsing by Ladismith
Charles se navorsing is die eerste en enigste wat sover oor dié verskynsel wat ՚n geweldige impak op uiesaadproduksie hier en elders het. “Verliese kan tot 44% van die jaarlikse produksie beloop en selfs meer,” sê Charles. “Dis ՚n globale probleem en niemand weet regtig waarom die bye soms by uieblomme verbyhou nie.”
Die huidige opvatting dat besproeiing natuurlike afweermiddels in die plante vrystel en/of lei tot ՚n laer suikerkonsentrasie in die blomme, het gelei tot sy navorsing op sy tuisdorp Ladismith in die Klein-Karoo.
Hy het die verband tussen saadproduksie, besproeiing en die besoeke van heuningbye en ander insekte op ՚n uieland, wat in 56 proefblokkies opgedeel is, gemoniteer.
Gedurende die blomseisoen het hy verskillende hoeveelhede water gegee en opgeteken wanneer en watter bestuiwers, veral bye, die blomme besoek. Uiteindelik het hy die sukses van die saadproduksie in elke proefblokkie opteken en die verskillende proewe se uitslae met mekaar vergelyk.
Hy het bevind dat die hoeveelheid water wat toegedien is geen invloed op die besoeke van bye en ander bestuiwers in die oggende gehad het nie, en ՚n klein maar beduidende invloed op byebesoeke en die algemene byebedrywigheid in die namiddae. Soos te verwagte, het saadproduksie ՚n noue verband met die besoeke deur insekte getoon.
Die afleiding kon gemaak word dat besproeiing gedurende die blomfase nie verantwoordelik is vir die periodieke onaantreklikheid van saaduie vir bye nie.
Nog navorsing nodig
“Meer navorsing moet gedoen word om die aanloklikheid van die nektar en stuifmeelsamestelling van verskillende uiekultivars se blomme vas te stel,” sê Charles. “Wanneer ՚n basislyn vir die aantreklikheid van die kultivar vasgestel is, sal dit moontlik wees om kultivars te kweek waarvan die nektar en stuifmeel meer aanloklik vir die bye sal wees.”
Dit is ook belangrik om vas te stel of die stuifmeel tussen die hibriede kultivars versoenbaar is, aangesien
Charles Salmon verduidelik sy navorsing oor die invloed van besproeiing op die bestuiwing van uie tydens die onlangse Afrika Apimondia-simposium in Durban. (Foto: Facebook) stuifmeel vanaf een kultivar na ՚n ander oorgedra moet word. Die klem van die navorsing moet val op faktore wat die lewensvatbaarheid van stuifmeel in hibriede uiekultivars kan beïnvloed.
Dit is ook noodsaaklik om die weidingsgedrag van die heuningbye met betrekking tot natuurlike faktore soos temperatuur, reënval, korfaktiwiteit en insek-aktiwiteit vas te stel.
“Dié inligting sal die bedryf help om vas te stel of dit ՚n aanduiding is van moontlike komplikasies met bestuiwing van uiekultivers deur heuningbye.”
Nog moontlike redes
Daar is baie redes, sê Charles, maar die regte antwoord bly die ganse wêreld ontglip.
In 1972 is daar al gekyk na die nektarsamestelling van verskillende uiekultivars om vas te stel wat die rede vir die bye se onwilligheid is om op uieblomme te werk.
Sommige mense meen hoë kaliumvlakke maak die nektar bitter, terwyl ander meen te veel swael in die water of bemesting verleen ՚n skerp swaelreuk aan die uieblomme, wat die heuningbye laat verbyhou.
Oplossings bly ontwyk
“Dit help nie om korwe te vervang nie – desperate boere het byvoorbeeld korwe van die Suid-Kaap af vervang met korwe uit die Weskus, maar tevergeefs. Dit help ook nie om bykomende bye by te sit nie, want as die bye nie op uie wil werk nie, werk hulle net nie.”
Hy vermoed uieheuning is aanvaarbaar vir bye, want soms is daar tog geen probleem nie. “Dis ook nie net die bye wat ophou werk nie, ander bestuiwers hou ook op.”
Goeie reën, soos wat vanjaar in die Klein-Karoo geval het, lei tot baie veldblomme wat meer aantreklik vir die bye is. “Ons weet nie of reën of droogte die uieplante fisiologies verander nie – dalk gebeur iets wat die blomme onaantreklik vir die bye maak.”
Gewone hitte en koue beïnvloed die bye se werk op die land, maar hulle pas aan deur net later in die dag te begin werk, terwyl hulle die warmste tyd van die dag in die korf bly, maar hulle hou normaalweg nie op werk nie! As die bye regtig wegbly van die uieblomme af, gaan hulle vir die volgende drie, vier weke nie weer terug nie, en dan is dit ՚n groot krisis.”
Bestuiwing
Die ingewikkelde bestuiwingspatroon vir die verskillende uiekultivars maak dit ook nie makliker nie.
Bestuiwing van die verskillende uiekultivars vind op verskillende tye plaas: Lente-uie is van einde September tot middel Desember in die blom, terwyl gewone uie van middel Oktober tot middel Desember blom.
In ՚n homogene land kry ՚n mens ooplyn-kultivars, waar al die plante van dieselfde kultivar is en die manlike en vroulike blomme op dieselfde plante voorkom.
By basterkultivars word die manlike en vroulike plante in afsonderlike rye langs mekaar en gewoonlik in ՚n verhouding van een ry manlik en drie rye vroulike plante geplant.
By basterkultivars het die manlike plante stuifmeel wat na die vroulike plant oorgedra moet word. Die bye moet van die ry manlike plante na die ry vroulike plante vlieg om die stuifmeel oor te dra.
Bestuiwing van uie op die regte tyd is noodsaaklik vir ՚n behoorlike saadopbrengs. (Foto: Pixabay)
Nog ander meen hoë temperature of hoë humiditeit het ՚n invloed. “Daar is baie redes wat die oorsaak kan wees, maar wêreldwyd kon niemand nog ՚n vinger op die ware rede lê nie. Wat dit moeiliker maak, is dat daar sommige jare geen probleme is nie, terwyl daar ander jare massiewe probleme is. Die groot vraag bly: waarom is uieblomme in sekere seisoene of tye binne ՚n seisoen nie vir bye aantreklik nie?
In 11,9% van die gevalle werk die bye van die manlike plant na die vroulike plant toe; in 2,4% van die gevalle werk die bye van die vroulike plant na die manlike plant toe, en in 85,7% van die gevalle werk die bye in die ry af, dus net op manlike of net op vroulike plante. Die bestuiwingspatroon kan ook ՚n invloed op bestuiwingsukses hê.
Om saad suiwer manlik of suiwer vroulik te hou, word die manlike plante na bestuiwing verwyder. “Sommige boere werk dit in die grond in, ander pluk die manlike plante uit en gooi dit op ՚n hoop ver van die lande af sodat daar nie eens een pit van dié plante tussen die sade van die vroulike plante beland nie.”
Uielande so ver as die oog kan sien. As die omstandighede die heuningbye en ander bestuiwers nie geval nie, sal die uieblomme nie bestuif word nie. (Foto: Pixabay)
Die saad van die verskillende uiekultivars moet so suiwer moontlik gehou word.
Kontakbesonderhede
Kwarantyngebiede tussen uiesaadlande is nog ՚n manier om die saad suiwer te hou. Vir sommige kultivars, moet daar 1,5 km tussen die lande wees, vir ander 2 km, en tussen rooien wit uie moet die afstand 6 km wees. Dit maak dit nogal moeilik vir boere wat beperkte geskikte grond op hulle plaas het.
Maar dit is alles die moeite werd, want die kweek van uiesaad is baie winsgewend, mits die saad suiwer is EN die bye hulle kant bring!
Kontak Charles Salmon by 082-6517466 of Charles.Salmon@westerncape.gov.za
Bronverwysings
Steyn, T. (2022) Veldblomme lok bye uit saadlande. ProAgri https://www. proagri.co.za/veldblomme-lok-byevan-saadlande/ Onions. BeeAware https://beeaware.org.au/pollination/ pollinator-reliant-crops/onions/
LIMPOPO SE GROOTSTE LANDBOU EKSPO! LIMPOPO SE GROOTSTE LANDBOU EKSPO!
Vermaak vir oud en jonk!
Deel in die pret!
Alle verversing en wegneemetes word verskaf deur plaaslike skole, kerke en fondse – só help ons die gemeenskap groei!
‘n Fantastiese geleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen.
Ons bring die boer en die besigheid bymekaar!
Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige Landbou verwante kwessies.
12-14 Oktober 2023 Vivo, Limpopo