D0122022

Page 1

SUID-AFRIKA

Bekroonde fokustuin Enig in ontwerp & styl

Detoks in ’n

pot

• Sonneblomme • Keëlblomme • Rudbeckia

Other Buitelands BTW Insl countries INCL VAT 42.17 Uitgslt42.17 BTW

Te koop vanaf 20 Desember – 14 Januarie 2022

2022 vir beter in jou tuin Inspirasie 10 sakpasplanne

Plant blomvreugde

R48.50 R48.50

JANUARIE 2022

Troef witvlieg maklik

Leer voedselskappeer

Klimaatsgesond 7 wenke vir beter grond Water spaarplanne Weg met indringers Bombestande plante

Welwees Word fiks in jou tuin Geborg deur

FYN VINKEL... MOOI IN JOU TUIN, LEKKER OP JOU BORD



WELKOM

J

y moes al dikwels die gesegde gehoor het dat die enigste konstante verandering is. Hoe gepas is hierdie gesegde nie nou nie! Ons lewens het verander, ons het verander, die mense om ons het verander, en ons verhoudings het verander. Ons intiemste omgewing, ons huise, het die afgelope twee jaar in die kollig gekom: Slaapkamers is in tuiskantore omskep, of die eetkamertafel moes blitsig ná ontbyt opgeruim word sodat Ma dit soos ʼn kantoor, of ten minste ʼn netjiese ruimte, kon laat lyk. Nog nooit tevore het ons ons soveel bekommer oor ons agtergrondruimtes nie – ja, wat sien die ander op daardie Zoom-oproep wanneer hulle op hul skerm na jou kyk? Sou jy ooit kon glo dat daar nou kursusse is oor hoe om jou op Zoom-vergaderings die beste voor te stel? Lig, jou grimering, agtergrondvoorwerpe en so meer word bespreek. Dis blykbaar ʼn vyfuurkursus! En om nie te praat van die feit dat daar ʼn nuut gedokumenteerde geestestoestand genaamd “Zoom-uitputting” is nie! In elk geval, hier babbel ek al weer voort – maar ek het ten minste die toneel voorberei. Hoe het al hierdie veranderings dus tuinmaak beïnvloed? Het dit? Het ons ʼn “nuwe” perspektief? Ja, na my mening is die antwoord op al hierdie vrae ʼn luide “ja”! Een verandering was dat toe die inperking aangekondig word, ons skielik almal besiel was om selfversorgende boere te word. Ja, ek weet party van ons het ʼn bietjie te hoog gemik! Die basiese tuinmaakreëls geld steeds: Plant klein klompies en plant gereeld. Dit sou jou kon help om die oormaat wortels wat jy gehad het te vermy, of die eindelose nuwe resepte wat jy met eiervrugte moes skep. Maar mense, daar IS verandering; ons het dit aanskou en ons het die “nuwe normaal” gesien. En as gevolg daarvan word ons Januarie-uitgawe aan verandering gewy! Die artikels wat in ons gewone praktiese styl nagevors en uitgelê is, gaan jou help om dit aan te gryp. Ek dink wel die tersaaklikste is water, waterskaarste en waterverbruik: hierdie skaars maar noodsaaklike hulpbron is weer by die COP26-klimaatskonferensie beklemtoon. Voedselskappering (ek hou van die woord), veral as ruimte beperk is, en tuingim is ook vandag uiters toepaslik namate ons almal ons liggaamlike en geestelike gesondheid

van naderby beskou. Soos die meeste van ons tuinmaakfamilie weet, het tuinmaak net positiewe invloede op albei aspekte van ons gesondheid, omarm dus jou tuin en jou gesondheid hierdie nuwe jaar. Soos met alles begin jou reis van verandering met klein treetjies,

happiestukkies, en die belangrikste, aanskou die verandering en geniet die reis. Welkom by ʼn splinternuwe tuinmaakjaar almal! Dit gaan ʼn goeie jaar wees! Lekker tuinmaak



Inhoud

8

18

49

68

JANUARIE 2022 Inspirasie

Verandering

Doen dit nou

8

17

49

Aksies en plantwerk in jou tuin dié maand

49

Plant nou Vreugdeblomme: sonneblom, keëlblom en rudbeckia

Fokustuin ‘n Styl en ontwerp enig in sy soort

Plante

4

Staatmakertrio Loof met trefkrag!

Ons reeks van artikels om die jaar mee af te skop gaan alles oor verandering: 18

70

72

10 sakpas maniere om jou tuin te verander

24

Gereeld

6

2022 vir beter

Tuinmark Tydbesparende produkte

Tuinmaak vir klimaatsverandering •

Water is die dryfkrag

Vir ‘n veiliger tipe groen

Bombestande plante

Plant volgens die maand Januarie se maankalender

36

Voedselskappeer jou tuin

Kruiwastorie Langsaam, word hulle tuiniers

DDS

40

Word fiks in jou tuin

42

7 wenke vir beter grond

68

Bou ‘n skommelwipplank

54

Potresep Detoks in ‘n pot

56

Kleurkombinasie met salies, plumbago en afrikanertjies

58

Geurige en fleurige vinkel

60

Kostuinmaak • Hoe om peslike witvlieg te beheer • Saaigids • Groentetuintake • Kweekwenke vir wortels

62

Netjiese rande met valsheide (cuphea)

64

Droë skadu Nieu-Seelandse rotslelie Jou roostuin

66

Blitsgids vir Januarie

www.dietuinier.co.za l 3


STAATMAKERTRIO

Loof wat tref Sommige plante se loof is so mooi dat hul blomme in onbeduidendheid verbleek. Hier is drie met ʼn helder somergloed wat jy eenvoudig moet plant om ʼn Persiese planttapyt te skep in ʼn versameling potte of ʼn halfbeskadude tuinbedding wat volop oggendson kry.

Heuchera ‘Purple Petticoats’ Heucheras of koraalklokkies is met mening terug danksy talle variëteite met verskillende skakerings blare met uitvoerige patrone. Hoewel hul fyn blomskerms heel mooi is, is dit die blare wat die oog trek. Die nuwe variëteite is taai en hittebestand met matige waterverbruik. Een van hulle om te kies, is ‘Purple Petticoats’, wat donkerpers-boergonje kartelrige blare en roomkleurige blomme het. Dié meerjarige word ongeveer 35 cm x 50 cm groot.

4 l www.dietuinier.co.za

Plectranthus scutellarioides ‘Campfire’

Strobilanthes dyeriana (Persiese skild)

Daar is ʼn herlewing in gewildheid wat coleus betref, met pragtige variëteite wat baie anders lyk as die ou soorte uit die verlede in hul koffieblikke op ouma se agterstoep. Hierdie nuwe hibriede is ook veel beter bestand teen die son. ʼn Gunsteling om te beproef is ‘Campfire’, wat in proefnemings uitgeblink het as uitstekende presteerder met sy gelobde en nogal hartvormige blare van helderkoperoranje met pienkrooi aksente. Indien ʼn blom verskyn, knip dit af om die plantenergie na die treffende loof toe te stuur, en wees versigtig om dit nie te oorbenat nie. Grootte ongeveer 70 cm x 60 cm.

Hierdie treffende plant uit Mianmar kan selfversekerd buite of binne groei. Die blare is lansvormig en donkergroen, en deurspoel met skitterende pers met ʼn metaalagtige silwer glans as bolaag. Dit verdra volson (as dit nie te warm is nie) tot gedeeltelike skadu, hou van klam grond (nie deurlopend deurweek nie) en hoë vogtigheid. Die piepklein tregtervormige violetblou blommetjies is onbeduidend en moet uitgeknyp word ten gunste van beter blaargehalte. Grootte ongeveer 1 m x 1 m.



±

Tydbesparende produkte Bou ʼn waterreservoir in die grond Makhro Home and Garden het Aquafix bekend gestel, ʼn polimeerplantjel wat tot 300 keer sy gewig aan water opneem en as reservoir in die grond dien. Saam met water neem dit ook wateroplosbare voedingstowwe en misstowwe op en stel dit dan stadig aan die wortelsones vry namate die plante dit nodig het, wat die natmaaksiklus beduidend verlaag en die saailingoorlewingskoers verhoog. www.makhro.co.za

Snoei maklik gemaak Wat tydbesparing betref, klop niks die STIHL HSA 25 koordlose snoeiskêr nie. Met ʼn struikknipper, grasknipper, battery en laaier daarby in ʼn nuttige dratas is die ligte HSA 25 ʼn moet-hê om jou tuin eksieperfeksie te hou. Die struikknipper vorm en onderhou sierbome, struike en heinings vinnig en maklik, terwyl die grasknipper, wat met die aanraak van ʼn knoppie aangesit word, grasperkrande presies knip om blombeddings of plaveistene. www.stihl.co.za

Sonkragbesproeiing Gardena se AquaBloom Solar Powered Watering Set is ontwerp om tot 20 plante outomaties nat te maak sonder dat ʼn kraan nodig is. Jy kan tot 14 vooraf ingestelde natleiprogramme gebruik wat die pomp in ʼn waterhouer werk om water deur drupbesproeiing direk aan die plantwortels te voorsien. Die hele stelsel werk met ʼn sonpaneel met ʼn herlaaibare battery en 10 meter pyp. Perfek te eniger tyd, veral terwyl jy uithuisig is. www.gardena.com

Aartappelplanters Dis ʼn maklike manier om ʼn goeie oes vars aartappels sonder sukkel te kry, veral vir diegene met beperkte ruimte of net ʼn balkon. Die taai poliëtileensakke het versterkte dreineergate om oorbenatting te voorkom en ʼn nuttige klap aan die kant om die aartappels of ander wortelgroente te oes. www.tanyavisser.com

Selfdoengieter Omskep jou afvalplastiekbottels in ʼn gieter. Die RainSoft Sprinkler pas op die meeste 500 ml-, 1 l- en 2 l-plastiekbottels en is ideaal om delikate plante, hangmandjies en potplante nat te maak. www.tanyavisser.com

6 l www.dietuinier.co.za


Die beste begin

Plantbare doppe Plant het net makliker geraak met Seedcell Plantable Pods. Kies uit ʼn verskeidenheid saad en koop ʼn multipak of enkeldop wat reg is om in ʼn pot of die tuin in te gaan. Elke bioafbreekbare of plantbare saaddop is vooraf met hoëgehaltesaad beplant en is plantgereed te kry; maak net die grond nat en plant die saaddop. As die saaddop geplant is, neem dit die vog op en behou wat dit nodig het terwyl dit met waterabsorberende tegnologie water direk aan die sade voorsien. Die dop beskerm die sade in ʼn veilige mikro-omgewing namate hulle begin ontkiem voor dit natuurlik afbreek, wat geen afval agterlaat nie, net hoëgehalte gesonde plante. E-pos info@goodroots.co.za vir meer inligting oor die SeedCell-reeks.

Om ons plante die beste aan die gang te kry, het ons die beste bestanddeelmengsel nodig vir hulle om in te groei. As jy dus ʼn produk met die naam Clivia Mix sien, kan jy seker wees dat die vervaardigers van die mengsel die kundigheid het om die beste produk vir jou clivias te maak om in te groei. Bark Unlimited Organics is een so ʼn maatskappy wat dit met hul reeks mengsels so maklik gemaak het om gespesialiseerde plante te kweek. Jy kan kies uit African Violet Mix, Bonsai Mix, Orchid Mix, Cycad Mix, Herb Mix, Germination Mix of Succulent Mix uit hul reeks van soorte organiese kompos, potgrond en deklae. Dit haal die raaiwerk uit plant, en is beskikbaar in die voorste tuinwinkels in Gauteng. www.barkunlimited.co.za

Selfbenattingsvoortplanter Garden augur Een van die bevredigendste en tydbesparende katoeters vir die tuin is ʼn Augur-boorpunt wat jy aan ʼn slagboor aanbring om vinnig en sommer baie plantgate binne ʼn kort tydjie te maak. Hierdie Garden Augur Earth Planter Drill Bit van 8 cm x 45 cm bestaan uit ʼn swaardiensstaalkonstruksie en maak gate wat groot genoeg is vir grasplantjies, kwekerysaailinge en blombolle. www.electronicpro.co.za

Die Garland Self Watering Seed Propagator-stel het 12 individuele groeiselle en spog met ʼn tweevlakdreineer- en natmaakstelsel wat die beste natmaak vir tot sewe dae verseker. Die deursigtige deksel hou die hitte en vog binne wat jou saad toelaat om in die perfekte omgewing te groei. www.tanyavisser.com

Week saad vooraf voor saai

Gereedskapgordel Vir tydbesparing hou hierdie nuttige tuingereedskapgordelvoorskoot al jou gereedskap georganiseer en beskikbaar terwyl jy in die tuin besig is. Die sakke is groot genoeg vir jou aantekeningboek, pen en selfoon. Dit het stewige bande en is van ʼn taai tekstielstof gemaak. www.tanyavisser.com

www.dietuinier.co.za l 7


TUINFOKUS

ƌ 6W\O HQ RQWZHUS ENIG IN SY SOORT +LHUGLH WXLQ ZDV GDON Ĝ uitdaging, maar is uiteindelik bekroon.


LINKS EN ONDER Die seekant van die eiendom is ʼn tuinmaakuitdaging met die sout lug en wind wat op die plante waai. Die seleksie is met sorg gekies om taai, geharde kusplante in te sluit en ook ʼn kontras met die huis te vorm. Vetplante en grasse is ʼn goeie keuse, so ook die inheemse kusbome wat ook beskutting teen stormwinde bied.

D

iegene wat met die argitektuur van Antoni Gaudi* vertroud is, sal eers verwonderd wees oor die organiese ontwerp van hierdie Plettenbergbaaihuis, en dan oor die fantastiese bekroonde tuin daaromheen wat die twee verenig tot ʼn inspirerende woonhuis.

Die tuinargitek GvH Landscapes is die taak opgelê om ʼn tuin te skep wat naatloos in die organies ontwerpte huis sou oorgaan en dit omring om die boomstomppilare te versag wat die bouers op die terrein gegiet het. Graham von Hoesslin en sy span het die werk gekry.

FOTO’S verskaf deur GvH Landscapes.

Die opdrag Die kliënt wou ʼn natuurlike kustuin hê met die klem op geharde, kleurryke plante en teksture, en bitter min grasperk. Aangesien sy self ʼn entoesiastiese tuinier is, wou sy soveel interessantheid moontlik in die tuin hê, en as deel van die opdrag moes ʼn klompie pragtig gemaakte skulpture, potte en banke by die tuinontwerp ingesluit word. Sy was ook betrokke by die uitkies van die plante en bome.

www.dietuinier.co.za I 9


LANDskappering

Die uitdagings Een van die grootste uitdagings met hierdie projek was die terrein. Weens die ligging op ʼn sandduin aan ʼn kuspad in Plettenbergbaai is dit blootgestel aan al die kuselemente, veral wind en sout seesproei. Graham moes skeppend wees met geharde inheemse kusplante ten einde die kleur en belangstelling te skep wat die kliënt wou hê. ʼn Bos groot witmelkhoutbome (Sideroxylon inerme) is in die sandduin in die onderste deel van die tuin geplant. Hierdie beskermde inheemse bome is uitstekend vir kustuine, en vorm digte loof met klein wit blommetjies en eetbare pers bessies. Die botaniese naam beteken “ysterhout” in Grieks, en verwys na sy uiters harde hout. Van nog ʼn goeie kusboom, die rooimelkhout (Mimusops obovata), is talle as fokusbome gebruik vanweë sy bestandheid teen seesproei en wind. Groot modjadjebroodbome (Encephalartos transvenosus), een van die grootste broodboomspesies, is ook as fokusplante in die duinegebied geplant. Olyfbome is aan die pad se kant van die eiendom geplant, asook twee uiters groot boekenhoutbome (Rapanea melanophloeos) en die soetdoring (Vachellia karroo), met sy treffende geel blomme, donkergroen blare en besonder mooi bas. Daar was meer speelruimte met wat aan die pad se kant van die huis geplant kon word omdat die huis dit teen die winde beskerm.

ONDER Al die trappe op hierdie steil eiendom het tot ʼn uitdagende tuinkonstruksie bygedra. REGS EN HEEL REGS In plaas van gras word hierdie paadjie deur lae grasperkalternatiewe soos dié wondergras (Dichondra repens) omring. Dit gee aan die tuinwandelaar plek om te loop en die menigte plante en bome langs die pad te bewonder.

10 I www.dietuinier.co.za


ONDER ʼn Sirkelontwerpfokuspunt, wat met hierdie huppelende ‘Kyoto Dwarf’mondograsse beplant is en deur jong bome omring word, vorm amper ʼn waterlose dammetjie. Die ontwikkelende gebied sal nog ʼn fokuspunt word namate die plante en bome daaromheen groei.

www.dietuinier.co.za I 11


“Niks is kuns as dit nie uit die natuur kom nie.” – Antoni Gaudi

WATERslim Die bome vorm die raam van die tuin, met talle spesies wat onder en langs hulle gebruik is, soos die helder bougainvilleas wat teen die afskerming met patrone opgroei en met die donkergrys mure van die huis kontrasteer. Die daktuine aan die seekant van die huis moes met taai plante beplant word, en sluit in vetplante soos echeverias en verskeie grasspesies wat ʼn sagte agtergrond teen die glasbalustrades skep. Kleur speel ʼn enorme rol in die daktuine aan die pad se kant waar die kleuruitbarstings wat uit hierdie tuine tuimel plante insluit soos die kolsuring (Pelargonium peltatum) in drie verskillende skakerings van pienk en Convolvulus wat oor die kante rank. Agapanthusspesies, watsonias, scabiosas, alstroemerias en gauras is vir kleur en Leucadendron ‘Red Devil’ en Elegia tectorum ‘Fish Hoek’ vir hoogte en teksturele belangstelling gebruik. Die grootste uitdaging was om materiaal op die eiendom te kry omdat toegang daar beperk was weens die oprigting van die gebou en hoe die huis op die eiendom geleë is. Al die bogrond, kompos, groot bome, fokusklippe en plante is met drie trappe 12 I www.dietuinier.co.za

BO Die deursigtige balustrades maak dit maklik om die skouspelagtige uitsig te sit en geniet, waaronder die geleende landskap en “uitbreiding” van die tuin met die wilde kusplante aan die onderkant van die tuin. ONDER Minimale aanplanting hier laat die visskulptuur die meeste aandag trek.


SEEbeeldhouding

BO Links is die gebou tydens konstruksie. Regs is die transformasie treffend om te sien, met hope kleur en pragtige bome. ONDER Die daktuine hier was nogal ʼn uitdaging omdat ʼn mens nie bloot grond kan ingooi en plant nie – alles se gewig moet in ag geneem word. Die tuinargitek het van nuwe materiaal en tegnologie gebruik gemaak om die las ligter te maak vir dié gebiede voor pragtige kleur bygevoeg is.

www.dietuinier.co.za I 13


PLANTkombinasies

Hier kan jy sien hoekom dié tuin vanjaar die beker vir die Beste Gebruik van Kleur gewen het.

op en af gedra. Die daktuine is gevul deur die materiaal deur die huis te dra en emmers en toue is gebruik om die grond te verskuif. Dit was ʼn uiters arbeidsintensiewe werk, maar was op die ou end al die moeite werd.

Die pryse By vanjaar se SALI (Suid-Afrikaanse Landskap Instituut) Awards of Excellence het GvH Landscapes weggestap met verskeie pryse vir die tuinontwerp en onderhoud van hierdie tuin, waaronder Goue Sertifikate vir Landskapkonstruksie en Landskap- en Grasonderhoud, en die beker vir die Beste Gebruik van Kleur in die Landskap. Hulle is welverdiend. AANHALING: “Niks is kuns as dit nie uit die natuur kom nie.” – Antoni Gaudi *Gaudi (1852 - 1926), die Katalaanse argitek, is deur die natuur beïnvloed in sy bekende argitektoniese ontwerpe wat meestal in Barcelona aangetref word, waarvan een die beroemde Sagrada Familia-kerk is waaraan vandag steeds gebou word. Dit word teen 2026 voltooi, hoewel dit weens die pandemie vertraag kan word. Kontak GvH Landscapes by 072 289 2938 of gvhlandscapes@gmail.com. 14 I www.dietuinier.co.za



Kynoch se Geskiedenis As jy ʼn geesdriftige tuinier is en in enige goeie kunsmisafdeling tyd deurbring, sou jy ʼn “nuwe” handelsmerk op die rakke opgemerk het: Kynoch. Maar Kynoch is eintlik alles behalwe nuut en is al meer as 100 jaar in die rondte! Die Kynoch-storie het in die 1850’s in Birmingham, Engeland, begin. Vroeg gedurende die vroeë 1900’s is ʼn fabriek op Umbogintwini in KwaZulu-Natal opgerig. In 1918 het Kynoch die fokus van hul bedryf verskuif en die eerste kunsmisaanleg in Suid-Afrika gebou, ook op Umbogintwini. In 2014 is Kynoch ten volle verkry deur die ETG Group met ʼn uiteenlopende portefeulje van kundigheid oor veelvoudige nywerhede. Vandag is Kynoch een van die mees gerespekteerde kunsmishandelsmerke in die Suid-Afrikaanse landbousektor, en op die voorpunt van innovering op die gebied. In 2018 is 100 jaar van Kynoch-misstof in Suid-Afrika gevier, ʼn verhaal van landbou-uitmuntendheid wat tot die teenwoordigheid in 12 Afrika-lande, ses produksiefasiliteite en meer as 50 depots gelei het. Kynoch versprei nou jaarliks meer as 750 000 metrieke ton kunsmis oor Suider-Afrika heen.

Wat nuut is, is dat Kynoch in die huistuinsfeer inbeweeg het en al hul kundigheid en kennis uit die landbouterrein neem en op produkte vir die huistuinier toepas. Vier produkte is uit getoetste en beproefde landbougunstelinge ontwikkel maar vir huisgebruik aangepas: Kyno Shrub, Flower and Fruit; KynoGarden; KynoVeg en TurboGrass.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering


Verandering Elke jaar kyk ons na wat ons kan doen om die jaar met ʼn knal af te skop. Vanjaar is die eenvoudige idee van “verandering” vervang deur verskeie gedagtes oor wat dit vandag beteken en hoe ons dit kan aangryp. As ʼn mens na die tuinmaakneigings kyk wat deur internasionale benaderings te voorskyn kom, is dit duidelik dat daar verskeie verskuiwings in tuinmaak was tot voordeel van die bedryf as geheel en mense soos ons wat graag daaroor praat. Volgens die Garden Media Garden Trends Report uit die VSA het 18,3 miljoen nuwe tuiniers in 2021 bygekom, en hulle voorspel dat in 2022 minstens 75% van hulle ná die pandemie sal aanhou tuinmaak. Hierdie groot verandering in die getal tuiniers laat ons toe om ons welbekende kundige tuinmaakkennis aan jong tuiniers oor te dra en hulle hopelik van “kitsbevredigingstuiniers” na “lewenslange” tuiniers oor te haal. Die navorsingstudies toon dat nuwe tuiniers hul klein agterplase, patios, balkonne en binnenshuise houers omskep in ruimtes vir die kweek van kos, tuinmaak vir natuurlewe en stresverligting. Hulle is op soek na gebruiksgemak met geligte beddings wat hulself natmaak, asook kos om in potte te kweek en organiese

en natuurlike produkte. Ook het minstens twee derdes van die nuwegeslagtuiniers in 2021 ʼn selfdoenprojek aangepak. Die verkope van vars blomme het tydens die pandemie ook die hoogte ingeskiet, wat van die angs verlig het wat deur die gee en ontvang van blomme meegebring is. Dis alles baie positief, en ons sien daarna uit om hierdie veranderings te aanvaar. Ons versameling artikels in hierdie afdeling gee alle tuiniers die geleentheid om oor verandering na te dink en dalk idees te hersien. Ons het tans gewilde onderwerpe aangepak en aangevul met innoverende praktiese raad oor hoe om dit te doen. Nog ʼn innoveerder is ons borg vir hierdie afdeling: Kynoch – verskaffers van misstowwe en plantvoedingsprodukte aan die landboubedryf en ook nou aan die tuinmaakbedryf. Ons bedank hulle vir hul ondersteuning en wens hulle die beste toe met die bekendstelling van hul puik produkte aan die mark. Ten slotte, soos hulle sê: “Die een ding in die lewe waarvan jy seker kan wees, is verandering.” Gryp dus die geleentheid aan om dinge anders te doen: Plant ʼn boom, saai meer saad, kweek vir meer bestuiwers, gebruik jou tuinlappie vir oefening en stresverligting, en kweek om te eet!

Ons is al die pad saam met jou.

GEBORG DEUR

Dieselfde kwaliteit waarop boere sedert 1919 vertrou, bring Kynoch Fertilizers nou na jou huis toe.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering www.dietuinier.co.za I 17


PDQLHUH RP MRX WXLQ PHW Ľ VDNSDV EHJURWLQJ WH YHUDQGHU

Enigiemand wat al ooit plante by ʼn kwekery gaan koop het, weet dat tuinmaak nie goedkoop is nie. Ook is daar geen waarborg dat die 2 m hoë magnolia in volle blom wat jy eenvoudig moes hê, en waarvoor jy ʼn ekstra verband uitgeneem het, werklik in jou tuin sal oorleef nie. Gesoute tuiniers weet dat jy slim te werk moet gaan met wat jy het ten einde ʼn skouspelagtige tuin met min hulpbronne te maak. Dit is egter nie net harde werk nie: Moeder Natuur voorsien ook. Die vreugde om soetrissies te kweek van die saad wat jy uit ʼn supermarkgekoopte vrug geoes het en versigtig gedroog, gesaai, natgemaak en gevoed het, maak van tuinmaak meer as net ʼn stokperdjie, bloot ʼn leefwyse. Hier is 10 maniere vir groot trefkrag sonder om die begroting te oorskry. Wie weet, jy kan dalk selfs van jou tuinprodukte verkoop en spaar om daardie mooi groot magnolia te koop!

Koop meerjariges in sesplantkissies

Spaar eerstens ʼn klomp geld deur liewer meerjariges as jaarplante te koop om in ʼn massa in die tuin aan te plant. Goed versorgde meerjariges kan tussen drie en vier jaar, selfs ʼn leeftyd, hou. Selfs die sogenaamde kortstondige meerjariges kan verdeel, steggies van gemaak of saad van geoes word. Nog iets wat geld sal spaar, is om meerjariges in sesplantkissies te koop. Onder die massa jaarplante wat by jou plaaslike kwekery te koop is, is daar ʼn klompie meerjariges in vier- en sesplantkissies wat vir jou die meeste waarde sal gee mits jy ʼn bietjie tyd en geduld het. Groot plate meerjariges gee die meeste trefkrag in die tuin, veral as hulle blom. Beproef die volgende: • Agapanthus – in volson vir hope blomme, droogtebestand met min sorg. • Echinacea – taai kleurryke hibriede wat bestuiwers lok. • Salies – talle minsorgvariëteite wat lank blom. • Plectranthus – maklik om te kweek en van steggies voort te plant; in verskeie groottes te kry, van groot struike tot grondbedekkers vir son en skadu. • Engelvlerkies (Gaura) - ʼn massa fyn blommetjies van die lente tot in die winter, min sorg en rypgehard.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering 18 I www.dietuinier.co.za

WENK Teken in op jou plaaslike kwekery se nuusbrief en maak gebruik van uitverkopings aan die einde van die seisoen of spesiale aanbiedings. Die meeste meerjariges kan amper enige tyd geplant word, kry hulle dus goedkoop en spaar selfs meer.

TEKS Wendy Moulton

1


ʼn Klipstapel van klippe uit jou tuin kan ʼn interessante fokuspunt wees en is uiters organies. Daar is geen rede waarom jou ou fiets nie pers geverf en as kleurryke fokuspunt in die tuin gebruik kan word nie.

Hier is ʼn vindingryke manier om boomsnoeisels in ʼn kunsvorm te omskep. Gom takke aan mekaar vas in ʼn reuseperdeblomvorm en spuitverf dit wit vir ʼn slim hangende fokuspunt.

jou eie fokuspunt 2 Maak Tuinontwerpers sê vir jou elke tuinkamer in jou tuin moet minstens een fokuspunt hê; iets om jou oog te trek en jou vir ʼn oomblik te laat stilstaan. Dit kan in die vorm van standbeelde, waterfokuspunte, muurkuns, houers met plante, ʼn bank, fokusplant soos ʼn aalwyn of broodboom, sonnewyser, voëlvoerder of ʼn voëlbad wees – daar is honderde keuses. Die meeste van hulle het een ding gemeen – hulle kan duur wees om te koop. Waarom dan nie jou eie maak nie? ʼn Blik spuitverf hou lank, en is te kry in tallose kleurkeuses. Gebruik ʼn grondspuitverf voor jy kleur aanspuit vir die beste resultate en om te spaar deur te voorkom dat jy te veel blikke spuitverf moet koop.

www.dietuinier.co.za I 19


3 Belê in plante met meer as een gebruik As bome vir jou tuin gekies word, moet daar altyd diep gedink word om die korrekte boom te vind wat uiteindelik die regte grootte sal wees om die huis en tuin te komplementeer. Jy wil nie later bome moet verskuif of afkap omdat jy hulle op die verkeerde plek geplant het of hulle te groot vir die plek geraak het nie. Oorweeg tydens hierdie beplanningstadium die plant van vrugtebome om sodoende in multifunksionele bome te belê. Plant blomkruie in tuinbeddings. Plante soos marjolein, dille en koljander het pragtige, delikate blomme wat baie bye en skoenlappers lok, en die heel beste is hulle is ook eetbaar. Kies plante wat heeljaar goed lyk. Kyk byvoorbeeld na Loropetalum ‘Plum Gorgeous’: Hierdie struik het 12 maande van die jaar pragtige pruimkleurige loof – regmerkie nommer 1. Dan dra dit in die lente en herfs blomme wat soos mooi pienk tossels lyk – regmerkie nommer 2. Dit kan ook in volson of halfskadu gekweek word – regmerkie nommer 3. Tarchonanthus camphoratus is ʼn klein boompie met mooi grys loof. Dit is bestand teen wind en koue, groei vinnig, het roomwit blomme en donsige wolbedekte vrugte, en kan as skerm ingespan word. Nandina domestica is ʼn uiters nuttige plant in die tuin omdat dit hoog en skraal is en dus in baie smal ruimtes inpas, en in die son of skadu gekweek kan word. Dit is selfs rypbestand. Ook het dit groen loof wat in die herfs rooi verkleur, en mooi wit blomme in die lente en herfs wat deur trosse bessies gevolg word.

Marjolein

Loropetalum ‘Plum Gorgeous’

Hergebruik en herwin vir oulike

4 tuindekor

Die opwindendste deel wat reis na afgeleë plekke betref, is dikwels die soektog om weggesteekte skatte in rommelwinkels te vind of om in ʼn herwinningsplek na ʼn ou stel tuingereedskap te grawe wat jy as muurkuns teen die muur kan ophang. Die Engelse spreekwoord praat mos van iemand anders se rommel . . . Put ʼn bietjie inspirasie hieruit:

Tarchonanthus camphoratus

Nandina domestica

Doen die werk, spaar saad,

Die beste manier om geld te spaar, is om self tuin toe te gaan en die werk te doen. Daar is nie net bewys dat dit verskeie gesondheidsvoordele inhou nie, maar dit verminder ook stres en is goeie oefening. Die meeste mense sal sê dat dit hulle net gelukkig maak. Wat meer wil jy hê?

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

TEXT Wendy Moulton

5 verdeel en plant voort


Omheiningspaaltjies kan gebruik word om allerhande interessante dinge te maak soos hierdie muurfokuspunt om ʼn versameling lugplante of ornamente aan op te hang.

As jy tyd vir die tuin inruim, sal jy die een of ander tyd plante van saad wil kweek. Oes die saad van plante wat goed in die tuin presteer, bêre dit veilig en met ʼn naam op, en jy kan die komende seisoen baie geld spaar. Verdeling en voortplanting is nog ʼn manier om jou voorraad plante aan te vul en dié te benut wat perfek is vir jou tuin.

ʼn Ou leer het dalk net ʼn laag verf of ʼn paar dekoritems nodig om daarvan ʼn fokuspunt te maak.

Verander boomstompskywe in stukke muurkuns vir jou muur. Maak jou eie waterfokuspunt van doelaangepaste items.

Span boomtakke in vir ʼn nuwe heining.

Leer hoe om jou eie kokedamas te maak.

6 Beproef iets nuuts

Een van die prettigste goed om in die tuin te doen, is om iets nuuts te beproef. Die byvoeging van ʼn nuwe element kan ʼn ruimte van gangbaar na ongelooflik verander met net iets kleins, byvoorbeeld kokedamas; hulle is prettig om van ʼn paar materiale te maak en jy kan hulle oral ophang, selfs binnenshuis, vir ʼn bietjie nuwe interessantheid.

www.dietuinier.co.za I 21


7 Gebruik gruis vir paadjies Gruis is een van die maklikste en goedkoopste materiale om vir paadjies te gebruik, en is nie moeilik om aan te bring nie. Jy sal ʼn rand van ʼn aard alkante van die paadjie moet hê om te keer dat die klippies in die tuinbeddings inspat. Ou bakstene, klein plaveistene en buigsame metaalrande is almal goeie keuses. Anders kan jy ʼn bietjie onkonvensioneel raak en jou paadjie omrand met onderstebo bottels wat in die grond begrawe word, skeppend raak met afvalstukkies hout, palette of stompe, sintelblokke gebruik waarin jy grondbedekkers kan plant, of selfs ou borde, teëls of skulpe wat langs mekaar gepak word vir ʼn gespreksonderwerp. Sodra die rande op hul plek is, moet die paadjie gekompakteer word. Een noodsaaklike item op die lys is onkruiddoek of landskappeerstof, wat jy kan sny om in die ruimte in te pas. Dit maak onderhoud minder deur te keer dat onkruid opkom en voorkom dat die gruis met gebruik in die grond wegsak. Dit hoef nie baie diep te wees nie, slegs ‘n laag van 5 cm gruis is ideaal.

8 Verf iets

Verf is ʼn vinnige manier om ʼn afgeleefde ruimte nuwe lewe te gee. Vir ʼn vars nuwe voorkoms kan jy jou kleurskema elke seisoen verander as jy wil, en steeds nie die begroting oorskry nie. Verf kan ook die illusie van verandering in ʼn ruimte skep. Ligter en warmer kleure, sterk teksture en patrone wat op ʼn muur geverf is, kan die muur visueel laat uitstaan, terwyl donker en minder versadigde kleure met gladde oppervlakke en mat verf visueel kan terugwyk. Laat ʼn stuk muurkuns uitstaan deur die muur in ʼn kontrasterende kleur te verf, en groepeer dinge saam deur skakerings van die omliggende kleure te gebruik. Gebruik buiteverf en kleur nie net op mure nie, maar ook op heinings, meubels, fokuspunte, banke, uitkykhuisies, potte en houers. Gekleurde potte en houers met kontrasterende blomplante skep ʼn kitsuitbarsting van varsheid, en met ʼn bietjie verf en doelaanpassing kan dit sakpas gedoen word.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

ʼn Sterk keuse word deur kontrasterende bruin dekor versag en ook met oranje skakerings van die potte en blomplante vermeng.


Een slim gekose boom kan ʼn groot verskil aan ʼn buiteruimte maak.

Die voorbeeld van eenvoudige tuinmaak met die grootste trefkrag.

9 Belê in die regte gereedskap en pas dit op

Die belegging in tuingereedskap van gehalte sal jou op die duur geld spaar. ʼn Goeie snoeiskêr wat na gebruik skoongemaak en geolie, en gereeld skerpgemaak word, sal jare hou. Die gebruik van die regte gereedskap vir die taak sal ook geld en tyd spaar. ʼn Nuwe saag sal byvoorbeeld ʼn boomtak veel makliker afsaag as ʼn oue. Maak ook van huurmaatskappye gebruik om groot werk te verrig – huur ʼn sementmenger eerder as om dit met die hand te meng, of kry jou houtverskaffer om jou hout die lengtes te saag wat jy nodig het.

10

Werk met skoon vorms en struktuurplante vir ʼn eenvoudig strelende ontwerp.

An example of simple gardening with maximum impact.

Hou dit eenvoudig

Om ʼn tuin met ʼn nuwe voorkoms te ontwerp kan ʼn baie duur onderneming wees. Die eerste ding om oor te besluit is hoeveel jy bereid sal wees om vir die tuinontwerp en implementering asook enige harde landskappering en plante toe te wys. Sommige ontwerpers kan geraadpleeg word en vra ʼn uurtarief daarvoor; hulle kan dan ʼn tuinplan by die prys voeg, en dit dan ook teen nog ʼn prys uitvoer. Sommige beveel aan dat jy 5% tot 15% van jou huiswaarde aan die tuin bestee, wat ongeveer dieselfde persentasie of meer tot die huiswaarde toevoeg. Ander stel voor dat minstens R2000/m2 vir die tuin toegewys word. As met ‘n knap begroting oor tuinmaak gepraat word, lyk dit alles oorweldigend – die manier waarop jy dit te bowe kan kom, is deur dit eenvoudig te hou. Laat enige hardeskappering wat jy gedoen wil hê, behoorlik gedoen word. Bestee die tyd en hulpbronne goed aan die voorbereiding van die gebied vir jou hardelandskappering en jy behoort dit alles maklik self te kan doen; so nie, huur ʼn professionele persoon. Onthou dat reguit lyne en eenvoudige patrone goedkoper is as geboë lyne. Voeg dan jou plante by – 3, 5 en 7 is die magiese getalle, en kontrasteer twee verskillende plantsoorte saam vir ʼn moderne, treffende voorkoms. www.dietuinier.co.za I 23


Tuin vir klimaat verandering

Water is LEWE! Water is nodig om ʼn pragtige tuin in stand te hou. Dit is egter ʼn skaars en toenemend duurder bron wat versigtig bestuur moet word. Tegnologie, innovering, produkte en om net anders te dink kan ons help om ons waterverbruik te verminder. Ons kies reeds spesies met ʼn beter droogtebestandheidsfaktor, soos dié met grys loof wat die sonstrale van die plant af terugkaats en koeler hou, wat op sy beurt waterverlies verminder. Ons gebruik ook nou baie meer vetplante wat water in hul blare en stingels berg. Moderne hibriede van ou gunstelingmeerjariges word nou geteel met groter hittebestandheid en veel laer waterbehoeftes. Daar is egter altyd nog iets wat jy kan doen, soos die volgende:

Spaar elke reëndag Die oes van reënwater maak ekologiese en finansiële sin. Reënwater is betreklike skoon water wat in die tuin gebruik kan word vir besproeiing, in die swembad, of vir die wasmasjien, storte of toilette in die huis. Wat wonderlik van die oes van reënwater is, is dat as jou stelsel eers opgestel is, is die water gratis. Onbehandelde water wat so gebruik word, verminder chemiese residu in die omgewing asook die aanvraag wat op die land se waterstelsels geplaas word. Moenie die oes van reënwater verwar met die gebruik van gryswater nie – reënwater is gebruiksgereed, terwyl gryswater (water van dreine en baddens) voor gebruik vir sekere doeleindes behandel moet word. Afgesien van die vanselfsprekende omgewingsredes om water te bespaar, spaar die oes van reënwater op die duur geld.

Installeer besproeiingstelsels Tuinnatmaak met die hand vereis tyd, en dikwels kom die water nie by die plantwortels uit waar dit nodig is nie. Die aanbring van ʼn besproeiingstelsel kan hierdie probleme verlig. Die twee besproeiingstelsels wat in die tuin gebruik kan word, is sprinkel- en drupbesproeiing.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering


WENKE Soneer jou tuin Benat na-ure Maak lekkende krane heel

Bewaar die hulpbron

M E E R SPAAR WATER

HERWIN

Sprinkelbesproeiing gebruik waterdruk om die water te voer na vertikale missproeiers wat plek-plek in die tuin geplaas is. Hierdie stelsel is baie maklik om aan te bring en verskeie selfdoenprodukte van klein tot groot is op die mark te kry. Die nadele van die gebruik van sprinkelaars is egter dat die stelsels gewoonlik van hoë waterdruk afhanklik is om te werk, en die vertikale pype maklik deur mense en troeteldiere beskadig kan word. Wat belangriker is, is dat die natmaak van die plantloof tot siektes kan lei terwyl dit nie die plantwortels bereik nie. Drupbesproeiing verskaf ʼn beter oplossing en bespaar water op die duur. Die stelsel maak gebruik van ʼn reeks geperforeerde pype of sypelslange wat deur die hele tuin geplaas kan word, waaronder teen hellings en in rotstuine sonder dat slote nodig is. Waterdruk is onnodig en die stadige tempo waarteen die water gelewer word, beteken die water kom uit waar dit moet – op wortelvlak.

Albei hierdie stelsels kan met die hand beheer of aan ʼn outomatiese beheerder gekoppel word om die begin en einde van die siklus te reël. ʼn Mens kan selfs weermoniteringstelsels kry wat die stelsel sal afskakel as dit gaan reën.

Waterherwinning Gryswaterherwinning vir gebruik in die tuin is nog ʼn manier om te spaar. Verskeie produkte is op die mark wat aan die waterafvoerpype van die badkamer en kombuis gekoppel kan word om water van storte, wasbakke en baddens te versamel en te berg om in die tuin herbenut te word. Voor hierdie stelsels doeltreffend kan wees, moet ʼn paar voorwaardes toegepas word, soos die gebruik van skerp chemikalieë en skoonmaakprodukte wat vermy moet word. Die duurder stelsels word dikwels vir hotelle en kommersiële geboue gebruik, maar is ook vir huiseienaars www.dietuinier.co.za I 25


beskikbaar, en behandel die water deur filters, biologiese stelsels en UV-sterilisering te gebruik. Dié outomatiese stelsels berg “skoongemaakte” water tot dit nodig is, terwyl ander kleiner stelsels die gryswater dadelik of minstens binne 24 uur moet gebruik. Hoewel waterherwinningstelsels ʼn bietjie beplanning en dalk die bystand van professionele mense verg, sal net die gebruik van ʼn bak in die kombuiswasbak om die water op te vang wat jy gebruik om vinnig iets af te spoel of hande te was, of ʼn emmer om stortwater op te vang, jou genoeg water gee om jou houers nat te maak.

Waterhouprodukte Gebruik waterhoudende korrels in blombeddings as jy jong saailinge plant. Waterhoudende produkte breek die watervaste lagie van sekere grondsoorte af, trek die water dieper in die plant se wortelsone in en hou die grond langer klam. Behandel ook al jou houerplante met waterhoudende kristalle of -korrels – spit dit bloot liggies om die bestaande plante in, maak goed nat en rond dit af met ʼn sierdeklaag soos basstukkies, of voeg dit by die potmedium voor plant. Jy sal verbaas wees oor hoe voordelig dié produkte kan wees om plante langer gehidrateer (en aan die lewe) te hou!

Meer waterbesparingswenke

Gebruik waterhoudende korrels

Plantkunsies Plante met diep wortels sal langer droogtetye kan oorleef. Om nuwe bome of struike aan te moedig om diep te anker as hulle geplant word, steek 60 cm-stukke geutpype of dik waterpype regop in hul plantgate in voor die grond teruggewerk word. ʼn Klein stukkie van hierdie pype moet bo die grond uitsteek. As met die hand natgemaak word, kan jy bloot die tuinslang in hierdie openinge insteek om diep nat te maak. Nog ʼn manier om die water te hou waar dit die nodigste is, is om ʼn dammetjie om elke plant te maak. Nadat die grond diep natgemaak is, dien ʼn dik deklaag om die plant toe. Moenie toelaat dat dit teen die stingels of stamme ophoop nie omdat dit verrotting kan veroorsaak.

1 Bedek alle oop grond tussen plante met ʼn organiese deklaag – kompos, bassnippers, basstukkies, blaarmolm of strooi – om te keer dat vog verdamp. Deklae behou die vog en verminder verdamping met tot 70%.

2

Waterslim grasperksorg Omdat lang gras dieper wortels maak, die gras self beter beskadu en daarom beter teen droogte bestand is, stel die snyhoogte hoër in die somer. Die grasperk lyk dalk sagter of woester, maar sal groen bly.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

Krane en pype wat lek, kan duur wees. Herstel dit onmiddellik.


Die plant van grondbedekkers met natuurlike lae watervereistes in jou blombeddings sal die wortelgebiede van ander plante koel en klam hou en verdamping verminder.

5

9 6

3 Groepeer plante met hoë watervereistes – soos rose en jaarplante – in een deel van die tuin sodat jy een of twee diep natmaaksessies per week op ʼn spesifieke gebied kan rig.

Toets of jou plante natgemaak moet word deur jou vinger in die grond in te druk. As die grond klam voel of aan jou vinger vassit, het dit nie water nodig nie. In plaas van lig en gereeld nat te maak, maak minder gereeld maar goed nat om die wortels aan te moedig om dieper te groei. Maak soggens vroeg of smiddae laat nat om verdamping te verminder. Vermy dit om op winderige of warm dae nat te maak. Onthou om na die vierdagweervoorspelling te kyk voor jy jou tuin natmaak, en as dit moontlik is, laat die reën dit liewer vir jou doen.

7

4 Die verbetering van die grond sal ook die waterhouvermoë daarvan verbeter. Die drie hoofgrondsoorte is sand-, klei- en leemgrond – en elkeen se voghouvermoë verskil. Leemgrond is die beste grondsoort omdat dit nie net baie vog behou, maar ook goed dreineer sodat die plantwortels nie versuip raak nie. Verbeter sand- en kleigrond deur goed ontbinde organiese materiaal soos kompos of gekomposteerde mis by te voeg.

Moenie paadjies, patio’s of inrypaaie afspuit nie – gebruik liewer ʼn besem of blaarblaser.

8

Plant jaarplante wat van gereelde natmaak hou in houers sodat jy net die houers en nie die hele tuinbedding nie natmaak.

10 Gebruik ʼn oortreksel oor jou swembad om verdamping en die nodigheid om gereeld water aan te vul te verminder. Meer as die helfte van die water in jou swembad kan per jaar verdamp.

11

Maak van vloeireguleerders of belugters aan krane gebruik om die watervloei te verminder.

12

Lei reënwater direk van die plaveisel in jou blombeddings in.

As jy jou motor was, parkeer dit op die grasperk en gebruik ʼn emmer om dit te was en af te spoel. Jy sal die grasperk nie net natmaak nie, maar ook bemes – motorsjampoes gebruik fosfate wat soortgelyk aan baie misstowwe is.

13

www.dietuinier.co.za I 27


Tuin vir klimaat verandering

Vir 'N veiliger soort groen!

Een tuinier kan alleen nie veel doen om iets te verander nie, maar as ons almal saamwerk, kan ons dalk ʼn positiewer uitkoms skep. Die eerste plek om te begin is om uitheemse indringerplante uit te roei wat steeds gratis losies in ons tuine geniet. ʼn Basiese omskrywing van IAP’s ( invasive alien plants, soos SANBI hulle by www.sanbi.org noem) is dat hulle die produkte van onverstandige of onopsetlike plantinvoere is en nou allerweë as ʼn groot bedreiging vir ons biodiversiteit, menslike bestaan en ekonomiese ontwikkeling beskou word. Eenvoudig gestel, is hulle gevaarlike plante wat nie meer hier hoort nie. Hulle verstik ons oewergebiede, suip ons water op en bedreig die delikate balans van ekostelsels ver buite die gewone voorstedelike tuin se grense, dalk sonder dat die tuinier dit eers opmerk of daaraan dink. ʼn Tipiese onkruid of indringer hou van ons klimaat (meestal droog en warm), groei vinnig, het geen natuurlike predatore om dit te beheer nie, en produseer ʼn massa saad of suierlote. Daar word beweer dat net ʼn klein “beperkte” bevolking, wat jy dalk dink geen uitwerking sal hê nie, die potensiaal het om sy gebied en die gevolge daarvan in toekomstige dekades uit te brei. Dit is nou vir jou ʼn swaar las om te dra as jy dink die een of twee “sondaarplante” waarvoor jy steeds ʼn tuiste bied, kan dit doen. Sommige van hierdie plante is dalk mooi om na te kyk en koel om te hê omdat hulle so eksoties of vreemd is, maar is hulle werklik die skade werd wat hulle kan aanrig?

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

TEKS Anna Celliers

Daaglikse nuus oor die uitputting van waterbronne en verlies aan biodiversiteit vanweë uitheemse indringers is oorweldigend, en die vraag wat by bekommerde tuiniers opkom, is dikwels: Hoe kan ek my deel doen om te help?


Weg met die indringers Dit volgende moet uit . . . Nou! Dit is so dat nie alle amptelik verklaarde indringer- en onkruidplante dieselfde probleme in al ons provinsies met hul uiteenlopende klimate kan aanrig nie, maar die volgende is ʼn paar van die ergste ongeag waar jy ook al mag tuinmaak: Cortaderia selloana (pampasgras) Hoewel hierdie plant uit die suide van Suid-Amerika ʼn uiters sierlike meerjarige gras met dik pluime is, en steeds deur sommige blomkunstenaars gebruik word, is dit nie vriendelik nie omdat die buigende blare vlymskerp is, dit vinniger as inheemse grasse kan groei en hulle verdring, en groot massas langs paaie, rivieroewers en versteurde gebiede vorm. Dit is ʼn verklaarde onkruid in talle lande oor die wêreld.

Pistia stratiotes (waterslaai) Die fluwelige rosette met ʼn deursnee van tot 15 cm en lang veeragtige hangende wortels van hierdie wêreldonkruid kan ʼn begeerlike aantrekkingskrag vir eienaars van dammetjies of akwariums hê, hoewel net ʼn stukkie van hierdie plant voorheen ongerepte plate water erg kan besmet en versmoor. Moenie dit waag om selfs net een roset in ʼn bak te laat dryf omdat dit vir jou oulik en skadeloos lyk nie.

Cortaderia selloana

Pontederia cordata

Pontederia cordata (jongsnoekkruid) Hierdie waterplant wat tot 2 m hoog word, het hartvormige blare, ʼn blou blomaar en ʼn horisontale wortelstok. Dit vorm kolonies wat plate water en vleilande besmet. Ons kan dikwels nie die foto van ʼn mooi waterfokuspunt in ons fokustuinartikel plaas omdat dit hierdie indringer bevat nie!

Lantana camara

Lantana camara (lantana) Ons almal het tevore geel- en persblommige Lantana montevidensis entoesiasties geplant omdat hulle so gehard teen hitte en droogte is, maar hulle was steriele hibriede van dié spesie. Dit lyk ongelukkig nou of daar steeds verwarring heers omdat die slegte spesie, Lantana camara, met sy mooi veelkleurige blomme nog dikwels in tuine opgemerk word. Dié spreidende struik dring op groot skaal in met sade, suierlote en selfs stukkies wortel wat hul pad die grond in vind. Dit is een van die ergste indringers daar buite.

Tecoma stans (geelklokkies) Dit is ingevoer as vinnig groeiende groot sierstruik of klein boompie met uiters spoggerige trosse heldergeel blomme wat in skraal hangende kapsules verander en talle gevleuelde papieragtige sade bevat. Die indringende habitats van hierdie plant is ontstellend: padrande, oewersones, oop boslande, grasvelde, bosrande, wildernisgebiede, rotsagtige plekke, sanderige meerstrande en versteurde terreine in gematigde en subtropiese omgewings is almal kwesbaar.

www.dietuinier.co.za I 29


Araujia sericifera

Eriobotrya japonica

Eriobotrya japonica (lukwart) Die positiewe kenmerke van die lukwart as ʼn mooi immergroen tuinboom wat ʼn massa vitamienryke vlesige kernvrugte dra, word alom besing as jy daaroor nalees. Hierdie boom groei uiters goed in die meeste klimaatstreke, selfs aan die kus. Sy saad ontkiem egter baie maklik, die plant dring bosse en padrande in en is ʼn verklaarde onkruid in Suid-Afrika. As jy wil sien hoekom, gaan kyk net na die ontkiemmingskoers van saailinge onder ʼn volwasse boom in ʼn gematigde habitat. Die uiters inligtende Alien Weeds and Invasive Plants deur Leslie Henderson (ISBN: 1-86849-192-7) noem dat hierdie spesie ʼn keusegasheer is vir die vrugtevlieg, wat soveel probleme veroorsaak met die produksie van die waardevolle sagtevrugtegewasse wat ons plaaslik eet en uitvoer.

Araujia sericifera (motvanger) Die oningeligte kan dalk verras wees om skielik ʼn vreemde klimop te sien wat met ʼn voorstedelike heining langs rank, en laat dit dalk daar omdat dit nogal ʼn sierlike pakket is met mooi gepunte blare, geurige sagpienk blomme snags en groot, grysgroen eiervormige vrugte. Van die ander Engelse volksname vir hierdie plant soos cruel vine of stranglehold plant behoort egter vir jou te sê dat dié ranker gou enige ander plant in sig sal versmoor, en selfs ʼn klein boompie kan doodmaak! As die vrugte oorlangs oopbars, stel hulle talryke sade met klossies lang, wit syagtige hare vry wat deur die wind of water versprei word. Dit is ʼn slegte omgewingsonkruid wat selfs in betonkrake in die stad sal groei!

Macfadyena unguis-cati (katteklou) Hierdie ranker is as goeie tuinplant met heldergeel blomme ingevoer. Die swaar en massiewe ranker kan egter gou buite beheer raak, ander plante in die tuin versmoor, en ontsnap maklik na velde met sy touagtige stingels en skerp klouerige ranke. Dit groei baie vinnig, is bestand teen droogte en koue, en dra ʼn massa saad in kapsules wat maande lank aan die plant bly terwyl dit voortdurend die skadelike sade vrystel.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

Canna indica

Canna indica (Indiese kanna) Dit groei hoog en sterk met smal brons of groen blare. ʼn Oorvloed klein geel, rooi, oranje of wit blommetjies word gedra en gevolg deur vrugte wat aanvanklik groen en doringrig is, dan bruin verkleur voor hulle oopbars en ʼn menigte swart ertjieagtige sade vrystel. Hierdie neiging om groot hoeveelhede kiemkragtige sade te maak, het daarvoor gesorg dat die Indiese kanna talle tuine saam met ʼn menigte waterstrome en klam en vleigebiede vervuil het. Plant liewer steriele hibriede van sierkannas, waarvan daar baie is.

Uitroei is nie maklik nie Geeneen van bogenoemde plante is maklik om uit te roei as hulle eers gevestig is, maar ons moet nie hoop opgee nie: Grawe elke stukkie uit wat jy sien, vergiftig dit met onkruiddoder en raak op ʼn veilige manier daarvan ontslae.



Plant vir verandering

Bombestande plante Plante is ons bondgenote in ons tuinmaakstryd ongeag klimaatsverandering. ʼn Paar van die moontlike gevare van klimaatsverandering is hittegolwe, lang droogtetye, sterk winde en kwaai storms. Dit kan ʼn toename in oorstroming, erosie, besoedeling, voedsel- en waterskaarste asook afnemende bestuiwergetalle meebring. Hoewel plante self nie kan voorkom wat met die natuur gebeur nie, kan hulle ʼn groot rol speel om die gevolge te verminder. Kom ons kyk na ʼn paar veeldoelige plante wat by al die ander maatreëls sal aanpas wat ons kan gebruik om ons sukkelende omgewing te help.

Kiggelaria africana

Rapanea melanophloeos

Bome vir skadu en beskutting

Ondersoek die twee . . . Kiggelaria africana (wildeperske) Die wildeperske is endemies in groot gebiede van Suid-Afrika. Die vinnig groeiende immergroen tot halfbladwisselende boom het ʼn nieaggressiewe wortelstelsel en is geskik vir klein en middelgroot tuine. Dit is ʼn interessante spesie met manlike en vroulike blomme aan verskillende bome. As dit vrug maak, verskyn groengeel kapsules wat oopbars en swart saad met ʼn helderoranje

olierige membraan vrystel waarvoor baie voëls lief is. Die rede waarom hierdie lieflike boom dikwels nie verkies word nie, is omdat dit die gasheer is van die ruspes van die Acraea horta- en A. igola-skoenlappers wat dit kan kaal vreet. Dit is ʼn kort natuurlike siklus wat ons moet waardeer en nie met ʼn insekdoder moet probeer uitroei nie, maar eerder as ʼn boom met ʼn groot hart moet beskou. Die boom hanteer die tydelike stroping gemaklik en herstel gou weer met nuwe loof. Ruspes van alsie-witkoppie (Cymothoe alcimeda) voed ook op die boom, wat op sy beurt baie meer insekvretende voëlspesies lok. Goeie punte: O ʼn Natuurlike laagvertakkende groeiwyse maak dat dit ʼn baie doeltreffende windskerm is as dit nie jonk as eenstammige boom opgelei word nie. O Die hout het ekonomiese waarde. O Het tradisionele medisinale gebruike. O Groei in somer- sowel as winterreënstreke. Rapanea melanophloeos (boekenhout) Die geharde, immergroen middelgroot boom het ʼn mooi digte kroondak om warm en winderige tuine te beskadu. Die langwerpige blare is leeragtig met ʼn tikkie pers wat die violetkleurige trosse vrugte afrond wat na blom aan die takke verskyn. Hierdie langblywende vrugte lok vrugtevretende voëls. Goeie punte: O Natuurlewevriendelik. O ʼn Tradisionele medisinale plant. O Uitstekend vir afkoelings- en afskermingsdoeleindes. O ʼn Uiters harde en duursame hout wat soms vir die maak van viole gebruik word.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

TEKS Anna Celliers

Ons het ver gekom om indringerbome uit te roei en met inheemse spesies te vervang. Moet egter nie vashaak by wat algemeen geplant word, wat op die tydstip “in die mode” is, of wat ʼn kwekerywerker jou vertel om te plant omdat dit in voorraad is en maklik is om te verkoop nie. Ek sê dit omdat ek kan sien dat al die nuut geplante bome in my droë en winderige kusdorp, wat van nature boomarm is, die afgelope tyd dieselfde spesie – Syzygium guineense (waterpeer) – is. Dit is nie ʼn slegte keuse nie en is ʼn mooi, vinnig groeiende boom (hoewel dié boom natuurlik in water of moerasse groei), maar dit skep ʼn korridor van monokultuur en moedig nie biodiversiteit aan nie.


Skermoplossings vir beskutting

ʼn Taai klimaatsveranderingstuin kan pragtig wees as dramatiese fokuspunte bygevoeg word.

As jy dit oorweeg om dele van jou tuin teen die wind of geraasbesoedeling af te skerm, wil jy digte plante hê wat maklik groei en nie te veel kos nie omdat jy waarskynlik ʼn hele paar wil plant.

Belê in hierdie twee . . .

Belê in hierdie twee . . .

Strelitzia juncea (biesiestrelitzia) Dit is ʼn elegante keuse vir ʼn droë tuin met sy biesieagtige gepunte blare. Die polvormende plant lewe lank, groei stadig en het baie min sorg nodig. Gevestigde plante het ʼn lang blomseisoen van laatwinter tot November.

Dodonaea viscosa ‘Purpurea’ (sandolien) Die sandolien is ʼn vinnig groeiende immergroen boom met elliptiese pers blare en papieragtige pienk blomme wat regop groei.

Goeie punte: O ʼn Treffende fokusplant. O Pragtige snyblomme om te pluk. O Uiters droogte- en windbestand. O ʼn Nektarplant wat bestuiwers en suikerbekkies lok. O Swart sade met ʼn helderoranje arillus word deur saadvretende voëls versprei.

Goeie punte: O Uiters droogte- en windbestand. O Verdra swaar kleigrond. O Kan gebruik word as grondstabiliseerder om erosie te verhoed.

Taai, skulptureel en oorvloedig

Euphorbia ingens (gewone naboom) Dit is ʼn sukkulente boom vir middelgroot tot groot tuine (hoewel dit in ʼn groot pot in kleiner ruimtes gekweek kan word om sy grootte te beperk), en verskaf ʼn enorme estetiese voetspoor in die landskap! Talle gesegmenteerde takke met doringriwwe groei regop om ʼn digte ballonvormige kroon te vorm. Subtiele geel blomme in die herfs en winter word deur rooi tot pers vrugte gevolg. Die enigste nadeel van hierdie plant is sy giftige melksap. Goeie punte: O Bestand teen wind, sand en swaar kleigrond. O Lok bestuiwers. O Veilige beskutting vir voëls.

Brachylaena discolour (kusvaalbos) Dis ʼn uitstekende heiningplant met ʼn wye en digte groeiwyse en silwerblou voorkoms op ʼn afstand. Die groot eenvoudige blare is leeragtig en blinkdonkergroen bo met ʼn silwerwit onderkant. ʼn Massa roomwit blomme verskyn van Julie tot September. Goeie punte: O Droogte- en rypbestand. O Grondstabiliseerder. O ʼn Nektarplant wat bestuiwers lok. O ʼn Gewilde byeboerderyplant. O Word vir tradisionele medisyne gebruik. O Hout met ekonomiese waarde wat vir die maak van bote en visstokke gebruik word.

Brachylaena discolour

Strelitzia juncea

Euphorbia ingens

Dodonaea viscosa ‘Purpurea’ www.dietuinier.co.za I 33


SA se beroemde koolstofopnemer!

Vitis coignetiae

Parthenocissus tricuspidata

Koel oorhoofs af Die bedekking van pergolas met klimoppe of plant van rankplante teen die huis kan die binnenshuise temperatuur baie afkoel en jou ʼn skaduplek gee om buite te wees.

Belê in hierdie twee . . . Vitis coignetiae (japandruiwe) Dié bladwisselende ranker groei sterk en vinnig en het ʼn stewige struktuur nodig om oor te rank. Hierdie plant wat ook sierdruiwe genoem word, groei in volson of ligte skadu. Dit lyk baie soos die gewone wingerdstok en dra klein trossies piepklein oneetbare vruggies. Goeie punte: O Maak gereeld nat tot dit gevestig is. O Mooi herfsblaarkleure. Parthenocissus tricuspidata (Bostonse klimop) Nog ʼn taai, sterk en vinnig groeiende rankplant wat jy teen ʼn muur kan plant. Dit is ook bladwisselend, maar mooi welig in die somer met diepgroen, drielobbige gepunte blare. Goeie punte: O Herfsblare verkleur in helder skakerings van boergonje, oranje en wynrooi. O Selfklouend.

Plante neem tydens hul fotosinteseproses koolstofdioksied op en stel suurstof vry, wat ons nodig het om asem te haal. Een van ons eie, Portulacaria afra, vaar uiters goed hiermee, en is in wese selfversorgend as dit eers gevestig is, wat nie moeilik is nie. Die spekboom, soos dit algemeen bekend staan, groei in alle tuine behalwe in streke met uitermate ryp waar jy dit in potte op ʼn beskutte plek kan kweek. Dit is ʼn sukkulente struik of klein boompie (in die natuur) met geronde of ovaal vlesige blare en rooierige jong stingels wat grys verkleur en kurkagtig raak as dit volwasse is. Digte trosse klein pienk stervormige blommetjies verskyn in die laatwinter en lente. Goeie punte: O Die nektarryke blomme lok insekte soos heuningbye en skoenlappers. O Plaasdiere, skilpaaie, wildsbokke en olifante is lief vir die blare, so ook mense, wat die suur loof in slaaie en ander innoverende geregte gebruik. Die blare is ryk aan vitamien C. O Die vogryke blare het medisinale gebruike, soos die streel van seerkeel, sonbrand en insekbyte. O Dit groei in volson of ligte skadu, in skraal grond en gebruik baie min water. Ligte ryp word ook verdra. Gebruike in die landskap: O Dis wonderlik om te gebruik as langlewende ondeurdringbare heining en kan selfs formeel gevorm word met strawwe snoeiwerk as die plante goed versorg word met ‘n bietjie meer water en bemesting. O Meng enkeleksemplare met grasse en vygies op ʼn rotstuin of in ʼn laewatersone in die tuin. O Plant ʼn paar in minonderhoudhouers waar hulle ʼn goeie vertoning sal lewer. Spekboomkultivars: As jy belê in al die kultivars wat verskillende groeiwyses en loofkleure het, kan jy ʼn verbeeldingryke tuingebied skep wat geheel en al aan hulle gewy word. ‘Prostrata’ – die grondbedekker het ʼn spreidende groeiwyse wat dit nuttig maak om die grond op ʼn bank te stabiliseer. As dit in ʼn pot of hangmandjie geplant word, sal die stingels oor die kante tuimel. ‘Aurea’ – die blare verkleur heldergeel in volson, en die groeiwyse is laag en gerond, perfek vir kolle maklike kleur op ʼn rotstuin of oral anders. ‘Limpopo’ – die groot blare en regop groeiwyse maak dit perfek om as opvallende eksemplaar in ʼn groot pot te kweek. ‘Variegata’ – ʼn dwergkultivar wat amper kruip het blare met liggroen-wit bontheid en is perfek om in klein potjies op ʼn warm patio te kweek.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering



Voedselskappeer jou tuin As ons ons ʼn eetbare tuin voorstel, dink ons tipies aan netjiese rye groente in groepe, vrugteboorde en geligte beddings propvol produkte. Dié tuine het hul eie toegewese ruimtes met ʼn duidelike identiteit wat die meeste tuiniers herken. Maar wat as jou eetbare tuin met die eksieperfeksie uitgelegde gebiede van die res van jou tuin kon verenig. Met die eerste oogopslag sou jy dalk nie eers geweet het dat baie van die plante eetbaar is nie omdat hulle esteties naatloos by jou ontwerp inpas. Dis die doel met voedselskappering, ʼn gewilde beweging wat die kweek van eetbare plante met die tuinuitlegpraktyk saamvoeg. Voedselskappering gaan nie net oor ontwerp of om jou tuin mooi en terselfdertyd funksioneel te maak nie, maar ook oor die benutting van al die beskikbare tuinruimte vir die kweek van jou eie produkte om gesondheid te verbeter, geld te spaar en voedselonsekerheid te bekamp. Voedselskappering is op minsorgtuinmaak gerig – alles behalwe die arbeidsintensiewe eetbaretuinmaakpraktyke waaraan baie van ons gewoond is. Dit beteken laer waterverbruik, minder bykomende chemiese produkte en minder tyd om jou oor jou hele oes te bekommer. Noudat ons die waarom bepaal het, is die volgende vraag hoe. Die trefwydte van eetbare plante is enorm, wat omgesit word in ʼn massa verskillende tuingebruike. Vervang jou tipiese grondbedekkers, heinings, beddingplante, houers en selfs huisplante met eetbare alternatiewes wat mooi lyk en jou heeljaar voed.

Eetbare grondbedekker Grondbedekkers is ʼn belangrike deel van ʼn uitgelegde tuin. Hulle het ʼn estetiese funksie – deur oop stukkies grond met groenigheid en kleur te bedek – maar ook ʼn praktiese doel om as lewende deklaag te dien wat vog in die grond

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

TEKS Madison Moulton

Waarom die vervanging van sierplante met eetbare plante die nuutste gier is . . .


WENK Begin deur groente en kruie op die sonnigste plekke te plant omdat die meeste eetbare plante son verkies. Kies plantsoorte wat jy graag eet en voornemens is om te gebruik of plant sterk kruie om ander plante in die tuin te beskerm.

VERANDER NA EETBARE PLANTE

‘n Grondbekkende oreganum

Roosmaryn

Blommende tiemie

Kleurryke gesiggies

Taai kappertjies

hou en onkruid in bedwang hou. Baie laaggroeiende eetbare plante maak die perfekte grondbedekker uit terwyl dit terselfdertyd ander voordele bied. Kappertjies is in eetbare tuine gewild weens hul vanggewaseienskappe, veral wat plantluise betref. Laat hulle op ʼn oop kol in jou tuin groei waar hulle ʼn uitstekende eetbare grondbedekker raak met talle kombuisgebruike. Korter kruie soos origanum en ment kan ook hiervoor gebruik word as dit gereeld geoes word, wat dit kort en kompak hou. Beproef ranktiemie vir ʼn blomkeuse. Oes deur die jaar en laat die plant in die lente blom vir plate welige pers wat oor jou werf versprei is.

www.dietuinier.co.za I 37


VERANDER NA EETBARE PLANTE

Eetbare heinings Heinings is ʼn tuinelement, of dit nou gebruik word om die tuin in kamers te verdeel, ʼn formele atmosfeer te skep of bloot nuuskierige bure uit jou sake te hou. Eetbare heinings kan effens minder beheerbaar as die tradisionele Buxus-heining wees, maar hul oorvloed aan produkte is beslis die moeite werd. Bessiestruike soos blou- of swartbessies is ideaal. Kies hoër variëteite en snoei gereeld om digte groei vir ʼn suksesvolle heining te bevorder. Diegene aan die kus kan die inheemse grootnoemnoem (Carissa macrocarpa) beproef met sy skerp dorings wat die perfekte sekuriteitskerm uitmaak. Granate het ook dorings, groei verskeie meters hoog en bied sekuriteit en privaatheid.

Carissa macrocarpa

Eetbare beddings Voedselskappering hoef nie met jou kosbare blombeddings in te meng nie. Trouens, dit kan hulle verbeter en die kleur verleen waarna ons by ʼn beddingplant op soek is, dikwels sonder die tydelike aard wat met die plant van jaarplante saamgaan. Die keuses hier is amper eindeloos. Kies die reeds gewilde beddingplante met eetbare blomme soos gesiggies en viooltjies, of ʼn hoër meerjarige soos laventel as basis van jou bedding. Kruie is nog ʼn keuse as hulle met rus gelaat word om te blom eerder as uitgeknyp word voor hulle aan die gang kan kom, met grasuie en salie wat met die mooiste blomme spog. As jy na kleur sonder die blomme op soek is, bied blaargroente soos spinasie en krulkool wonderlike sierwaarde en eindelose voedingsvoordele. Beproef spinasie ‘Bright Lights’ of pers krulkool vir treffende kleur wat ook terselfdertyd ʼn gesonde basis vir jou slaaie is.

Bloubessies

Eetbares in houers Houertuine is die perfekte tuiste vir eetbare plante. ʼn Houer stel jou in staat om die groeitoestande van jou plant beter te beheer – waaronder die weer, wat uiters moeilik is om in beddings te beheer, asook die grond, wat ʼn geweldige invloed op die gehalte van jou oes het. Boonop kan amper enige plant in ʼn houer gekweek word, mits dit groot genoeg is. Dit stel jou in staat om ʼn paar van die tradisionele plante soos tamaties te kweek, of te eksperimenteer met die sierliker eetbare plante wat verkrygbaar is. Houers is ook uitstekend vir kleiner vrugtebome wat hoogte en belangstelling aan eenvormige, saai houertuine verleen. Beproef dit om jou suurlemoenboom in ʼn pot op jou patio te kweek vir ʼn tikkie tropiese helderheid, of sit ʼn paar olyfbome in ʼn pot vir ʼn groter Mediterreense gevoel.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

Suurlemoenboompies in helder potte


Hibiskus se blomme is eetbaar

Kweek olyfbome in houers

Kruie op ‘n sonnige vensterbank

Eetbare huisplante Voedselskappering word nie net vir buite beperk nie – dit strek ook tot in jou binnetuin. Dit is dalk moeiliker om eetbare plante binne te kweek gegewe hul vereiste vir sterker lig, maar baie eetbare tropiese plante is goed geskik vir groeitoestande binne en die voordeel van beskerming wat ons vier mure bied. Selfs sonder ʼn sonnige vensterbank kan jy steeds eetbare plante binne kweek deur groeiligte te gebruik, wat die verskeidenheid plante om uit te kies aansienlik uitbrei. Kruie is altyd staatmakers, met ment en grasuie wat baie goed groei in direkte sonlig binne. Vermy kruie soos basiliekruid en koljander wat in binnenshuise toestande sukkel. Dwergvrugteboompies, veral sitrus, kan in toestande met sterk lig ook binnenshuis vrugte dra – die ideale plant om ʼn leë hoekie te vul. Beproef hibiskus vir iets ietwat anders in die kombuis. Dis een van die min plante wat betroubaar binne blom, en die blomme is heeltemal eetbaar.

Rissies in ‘n hangmandjie

www.dietuinier.co.za I 39


7XLQJLP Beplan jy jou Nuwejaarsvoorneme? Om te oefen of gesonder te raak verskyn in die reël waarskynlik êrens op die lys. Voor jy geld op ʼn duur jaarlange gimnasiumlidmaatskap blaas, wat jy in alle eerlikheid op die ou end dalk glad nie gaan gebruik nie, kyk ʼn bietjie na jou tuin. Dalk besef jy dit nie, maar talle aktiwiteite wat ons tuiniers buite aanpak, tel as oefening, en nogal strawwe oefening daarby. Tuinmaak word deur baie organisasies as matige oefening beskou, wat beteken jy verbrand drie tot ses keer meer energie per minuut as jy sou as jy sit. Deur 30 minute tot ʼn uur met daardie aktiwiteit vol te hou, kan sowat 300 kalorieë verbrand – dieselfde as ʼn 5 km-hardloopsessie van 30 minute. Hoërintensiteitsaktiwiteite soos spit en grassny verbrand meer, maar alle bewegings in die tuin rond hou voordele in. Navorsingstudies het getoon dat die verbranding van kalorieë nie die enigste voordeel is nie. Tuinmaak is ook goed vir koördinasie, die verbetering van knaphandigheid en funksionele beweging. Aksies soos plant en snoei, of om bloot lang tye in die tuin rond te beweeg, help ook met aërobiese uithouvermoë. Een universiteitsnavorsingstudie het selfs bevind dat spit beendigtheid kan verbeter, veral by tuiniers van ouer as 50. Hierdie voordele ontstaan daaruit dat tuinmaak vereis dat die hele liggaam daarby betrokke is. Dit sluit al vier soorte oefening in een aktiwiteit in – uithouvermoë, krag, balans en buigsaamheid. Dit span ook die meeste van ons spiergroepe in en verskaf wonderlike veelsydige oefening eerder as om een groep te teiken. As jy voel jy kry nie genoeg oefening met jou naweektuinmaak nie, is daar ʼn paar maniere om die intensiteit te verhoog terwyl jy dit lekker hou: •

Beplan jou oefening. Begin jou tuinmaaksessie met ligte strekoefeninge en gaan aan met beplande aktiwiteite wat in stelle verdeel word. Hark byvoorbeeld ʼn minuut lank, gaan dan aan met spit en keer dan terug na hark vir ʼn bepaalde tyd. Hierdie proses boots die tipiese oefenroetines na wat deur persoonlike afrigters

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

TEKS Madison Moulton

:RUG ÀNV LQ GLH WXLQ


VERANDER TEN GOEDE

voorgeskryf word, span alle dele van jou liggaam in en verbeter uithouvermoë sonder om jou moeg te maak. Strek beslis agterna ook goed uit om seer spiere later te voorkom. Let op jou houding. Ons fouteer almal deur verkeerd te buk as ons plant of ʼn sak kompos optel, en voel die gevolge die volgende dag. As jy tuinmaaktake verrig, gebruik die krag in jou bene en arms met die korrekte houding. Dit span die regte spiergroepe in en voorkom rug- en nekbeserings. Sit die katoeters neer. Tuiniers hou van katoeters, en dit is dalk moeilik om daarvan af te sien. As jy egter jou tuin vir oefening wil gebruik, is met die hand die pad vorentoe. Grassny, kap en regknip kan veel makliker wees met die tegnologie wat verskaf word, maar jy sal verbaas wees oor hoeveel meer oefening jy kry deur hierdie noodsaaklike take daarsonder te verrig. Raak aan die plant. Spit is die heel intensiefste tuinmaakaktiwiteit wat jy kan verrig deur jou krag in te span en baie kalorieë te verbrand. Spits jou toe op spit om jou tuinmaakoefenvlak te verbeter en plant ʼn verskeidenheid nuwe plante in verskillende dele van jou tuin. Nie net is dit die beste vorm van oefening nie, maar dis ook een van die lekkerste dinge van tuinmaak – die plant van iets nuuts.

www.dietuinier.co.za I 41


7 Wenke vir beter grond Gesonde grond sal jou tuin se opbrengs baie verbeter. Ons het dit al tallose kere tevore gesê: Gesonde plante het gesonde grond nodig. As jy met ryk leemgrond geseën is, dan is dit wonderlik. Indien nie, moet jy dit dalk regstel om jou tuin ten beste te benut. Die goeie nuus is dat selfs al het jy sand- of kleigrond kan dit verbeter word totdat dit ʼn gesonde plantbevolking kan onderhou. Die goue reël van grondverbetering is om organiese materiaal daarby te voeg, en daar is verskeie maniere om dit te doen. Hier is sewe dinge wat jy kan doen wat ʼn groot verskil aan die gehalte en gesondheid van die grond sal maak.

1 Kompos As jy onseker is, sit kompos by – ons behoort dit eintlik op ʼn Die Tuinier-bufferplakker te sit. Kompos is swart goud vir die tuin, en jy kan kommersiële kompos gebruik of jou eie maak. Goeie kwaliteit kompos lyk soos ryk grond en ruik soos die aarde, met geen reuk van verrotting of ontbinding nie. Die verrottings- of afbreekproses moet reeds voltooi wees sodat die kompos nou vol koolstof, stikstof en suurstof is. Jy wil ook nie te veel stukkies en brokkies soos stokkies, plantafval en neutedoppe in jou kompos kan herken nie omdat dit inderdaad van die stikstof opgebruik as dit in die tuin afbreek. As jy besluit om jou eie kompos te maak, is daar talle metodes en teorieë om dit te doen. Die gulde reël is egter om ʼn goeie verhouding van groen tot bruin (sowat 4:1) te handhaaf om die komposteringsproses te optimaliseer en om nie toe te laat dat die kompos te nat of te droog word nie. Lees meer oor kompos op ons webwerf. Kompos kan as algemene opknapper in die grond ingewerk word, dit kan tydens die plantproses gebruik word, of jy kan ʼn dik laag (5 cm) kompos op die grond toedien. Dit sal mettertyd in die grond opgeneem word namate organismes dit integreer. Onthou: Daar is nie so iets soos te veel kompos nie!

2 Deklaag Kompos kan as deklaag gebruik word met uitstekende resultate. Daar is egter hope ander deklaagkeuses, organies sowel as anorganies. Hoewel albei soorte onkruid ontmoedig en die grond help koel en klam hou, is organiese deklae dié wat jy eintlik wil gebruik omdat hulle jou grond sal verbeter. Anorganiese deklae

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering


tamaties

wortels

gousblomme

blaarslaai

basieLiekruid

akrikaanertjies

komkommerkruid

radyse

Strooi

sluit in gruis en selfs landskappeerdoek, en gewilde organiese deklae sluit in macadamianeutdoppe, grondboontjiedoppe, basspaanders, houtspaanders, dennenaalde, strooi, blare, grassnysels en selfs papier of karton. Voor die deklaag toegedien word, is dit ʼn goeie plan om die onkruid te verwyder. As dit gedoen is, sal ʼn deklaag van 5 cm tot 10 cm keer dat die meeste onkruid weer groei, en dié wat wel deurgroei, kan maklik raakgesien en verwyder word. As jy regtig met onkruid sukkel, wend ʼn kartonlaag op koerantpapier op die grond aan en dan die deklaag. Moenie tot by die plantstingels bedek nie – gee hulle ʼn opening van ʼn paar sentimeter om verrotting te voorkom en water toe te laat om in te sak.

3

Hügelkultur

Hügelkultur beteken “heuwelkultuur” in sy ontstaanstaal Duits, of kweek op ʼn hoop, maar daar steek meer daaragter as dit (en dit hoef nie eens op ʼn hoop te wees nie!). Die wesenlike aspek van hügelkultur is dat ʼn mens ʼn geligte tuin maak wat gevul is met verrottende hout of hout wat sal verrot. Gewoonlik grawe jy ʼn gat (hoewel jy op grondvlak kan begin), maak dit vol stompe of takke en hou aan daarmee tot jy ʼn hoop gemaak het, sit ʼn groeimedium boop en begin plant. Die teorie is dat die biomassa (die stukke

hout) water absorbeer en stadig aan die plante vrystel namate dit nodig is. Dit breek ook mettertyd af wat voedingstowwe aan die plante vrystel en skep ook lugholtes wat die wortels sal benut. Deur ʼn hügelkultur-ruimte te skep, wat ʼn vorm van permakultuur is, boots jy die natuurlike proses van ʼn woudland na waar hout en blare afgebreek en deur nuwe plante herbenut word. Mettertyd sal ʼn hügelkultur-ruimte die grond verbeter, en dit is ʼn wonderlike manier om van tuinafval soos takke ontslae te raak. Jy sal dit amper nooit hoef nat te maak as dit eers gevestig is nie,

www.dietuinier.co.za I 43


Mettertyd sal 'N hügelkulturruimte die grond verbeter

selfs nie in die winter nie, en jy kry selfs meer ruimte in jou tuin omdat jy op die kante van die hoop plant. Hügelkultur is wonderlik in gebiede met swak dreinering asook gebiede wat nie baie water kry nie of teen ʼn helling is omdat al die water behou word waar die plante dit kan gebruik. Dit is ook goedkoop en omgewingsvriendelik en ʼn mens kan gou aan die gang kom sonder om te wag dat die organiese materiaal kompos raak. En as jy eers aan die gang is, is daar baie min onderhoud. Dit klink na ʼn wenidee!

4 Lasagnetuinmaak Lasagne is een van die wêreld se groot plesiere, soos Garfield kan getuig. Dit is egter ook ʼn tuinmaakterm en ʼn nuttige en maklike manier om jou tuin te verbeter of ʼn heel nuwe tuinbedding te vestig deur vinnig en doeltreffend vlakke organiese materiaal op te bou. In tuinmaakterme verwys lasagnetuinmaak na die lae wat gebruik word om ʼn bedding op te bou. Net soos daar tallose lasagneresepte is, is daar verskeie maniere om hierdie tuinmetode toe te pas, maar hier is ons sʼn. Begin met ʼn dubbellaag koerantpapier of karton wat die dubbelrol het om onkruid of gras te versmoor en om dit stadig af te breek en organiese materiaal by te voeg. Sit ʼn laag kraalmis, hoendermis of selfs perdemis van 2 cm tot 5 cm op die koerant/karton. Dit is vol stikstof. Dan kom ʼn laag strooi, hooi of gesnipperde droë blare van 5 cm tot 7 cm. Sit dan bo-op nog ʼn laag mis of ʼn laag groen organiese materiaal (grassnysels, blare, groente- en vrugteafval, en snoeisels uit die groentetuin). Die bruin lae moet twee keer so dik as die groen lae wees. Herhaal hierdie lae en wissel tussen groen/mis en bruin af totdat die bedding hoog genoeg is of jy nie meer materiaal het nie. Maak dit goed nat en sit ʼn laag goeie kompos van 2 cm tot 5 cm bo-op. Plant direk in die boonste laag, en die lae onder sal stadig afbreek om ʼn dik laag lieflike grond te vorm. Hou dit in stand deur gereeld ʼn laag strooi of blaardeklaag bo-op te sit, en dit sal aanhou ontwikkel.

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering

Volhoubare tuinmaak


1

Die sewe lae van 'n woudkostuin 1. Blaredak - groot vrugte-en neutbome 2. Onderboslaag - dwergvrugtebome 3. Struiklaag - bessievrugte 4. Kruidagtige meerjariges smeerwortel en kruie 5. Wortelsone - wortelgroente 6. Grondoppervlak grondbedekkers soos aarbeie 7. Vertikale laag rankers en wingerdstokke

2

2 3

7 4

6

6 5

5

5 Kosbosse Dit is ʼn opwindende tuinmaakmetode wat werklik mense se belangstelling begin wek. Die beginsel is in wese om ʼn selfonderhoudende mikroklimaat en ekostelsel te skep wat die natuur naboots. Ons sal ʼn baie vereenvoudigde beskrywing van ʼn kosbos gee omdat dit op sigself ʼn ingewikkelde onderwerp is waaraan ons ʼn artikel of selfs verskeie artikels kan (en in die toekoms sal) wy. ʼn Kosbos bestaan soos ʼn regte bos uit hoë en middelgroot bome, struike, kruie, grondbedekkers, wortelgroente en rankers (hoewel dit nie al sewe hierdie lae hoef te hê nie). Hulle is selfonderhoudend en selfbedekkend met die blare wat hulle maak, en hulle behou vog in die grond vanweë die skadu wat hulle skep. Die doelwit is om ʼn ruimte te skep wat die meeste van bogenoemde lae insluit sodat hulle almal tot die algehele sukses van die bos bydra. Hoë bome kan neut- of vrugtebome wees; middelgroot bome kan kleiner vrugtebome of groot struike wees; struike kan bessies of soortgelyke plante wees; kruie kan regte kruie of kruidagtige plante wees; grondbedekkers kan enigiets van kappertjies tot duinespinasie wees; wortelgroente kan goed soos gemmer en aartappels wees, of peulgewasse wat stikstof aan die grond toevoeg; en rankers kan druiwe, kiwivrugte, grenadellas, bone of ertjies wees. Swamme soos sampioene sal ook verskyn en die afbreekproses versnel.

Vanweë die digtheid van die aanplanting word baie organiese materiaal geskep. Dit word gelaat om natuurlik af te breek, of dit nou blare of dooie plante is, die grondlewe sal vinnig vermeerder.

6 Geenbewerkingtuinmaak Ons is almal op die een of ander manier gekondisioneer om ons tuine om te spit, van onkruid ontslae te raak of kompos of misstof in te werk. Is dit dalk omdat ons sien die boere doen

www.dietuinier.co.za I 45


Mosterd as dekgewas

dit met hul groot trekkers? Ongeag die rede is al wat dit doen om onkruid te help ontkiem deur hul saad aan lig en vog bloot te stel, voordelige grondorganismes dood te maak, en die hoeveelheid vog in die grond te verminder. Ten spyte van al daardie harde werk beskadig ons eintlik die grond se struktuur! Geenbewerkingtuinmaak en -boerdery doen weg met hierdie arbeid, en met wonderlike resultate. In plaas van gereeld die grond om te spit, word die grond onversteurd gelaat en baie organiese materiaal as ʼn deklaag bygevoeg. Spit word tot die kleinste minimum beperk, net om gate te grawe om in te plant. Die voordele is vanselfsprekend: Dit is makliker en vinniger, jy hoef nie so dikwels nat te maak nie, daar is minder onkruid, jou rug is nie seer nie en jou plante is gesonder. Die nadele is dat jy baie kompos moet byvoeg, wat duur kan wees as jy nie ʼn groot genoeg komposhoop het nie, en die aanry van groot vragte kompos kan ʼn groot werk wees wat seisoenaal gedoen moet word. As jy wel met ʼn geenbewerkingtuin begin, moet jy geduldig wees en dit tyd gee om gevestig te raak. Jy sal ook paadjies moet bou sodat jy nie op jou grond staan en dit verdig nie. Mettertyd sal die grond egter sagter raak en makliker om in te werk, die reën sal insak en nie afloop en die bogrond saamvoer nie, en jy sal meer tuinmaaktyd deurbring deur die goed te doen waarvan jy hou in plaas van om die grond om te spit en onkruid uit te trek.

7

jou groenteoes af is en voor jy die volgende een plant, daarom is dit gewoonlik vinnig groeiende plante wat waarde tot die grond toevoeg. Omdat jou grond nie tussen gewasse braak lê nie, verloor dit minder vog aan verdamping en minder bogrond aan erosie, en dit help ook om grondlewe aktief en gesond te hou. As dit gegroei het en jy gereed maak om jou volgende gewas te plant, spit jy die dekgewas as ʼn vorm van groenbemesting weer in die grond in. Dit word gewoonlik gedoen as die dekgewasse blom en die maksimum voedingstowwe het, maar nog nie saad gemaak het nie – anders maak jy van hulle onkruid! Daar is drie hoofgroepe dekgewasse: grane (hawer, rog en jaargrasse), peulgewasse (erte, bone, sojabone en klawer) en breëblaargewasse (mosterd en heuningblomme), elk met voordele. Die diep wortels van grane breek die grond af en maak dit sagter; die peulgewasse voeg stikstof aan die grond toe; die breëblaargewasse ontkiem vinnig en kry die onkruid onder, en is maklik om in die tuin terug te spit waar hulle beduidende biomassa toevoeg. As die dekgewas reg is om weggemaak te word, kan jy dit omkeer en die hele plant inspit, of die hele plant op die grond afsny en die blare op die komposhoop gooi en net die wortels inspit. Jy kan geenbewerking en dekgewasse saamgebruik, maar maak dan seker dat jy dit so vlak moontlik inwerk. As jy jou dekgewas ingewerk het, wag twee tot vier weke voor jy jou volgende gewas plant.

Dekgewasse

Hier is ʼn regtig maklike manier om jou grond te verbeter. ʼn Dekgewas is plante wat gewoonlik gesaai word en dit word geplant om die grond te bevoordeel, nie as eetbare of siergewas nie. Dit word dikwels geplant nadat

Grane as goeie dekgewas

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering



48 I www.dietuinier.co.za


JanuarIE

3 vreugdeblomme ʼn Paar van die midsomerblomme is soos tuin-Prozac. Om tussen hulle te wees, het die vermoë om angs en ʼn “bedrukte dag” in ʼn gelukkige dag te verander. Verkwik jou siel, maak jou gelukkig en vier die somer met die volgende:

Sonneblomme

(Helianthus annuus) Sonneblomme groei vinnig en maklik, en kan van vroeglente tot midsomer geplant word. Tuinsentrums sal selfs nou van die moderne en dwergvariëteite in kleursakke hê, reg vir plant en amper aan die blom. Plant hoë sonneblomvariëteite in volson op die agtergrond in die blombedding waar hulle ander plante sal beskadu, en gebruik die dwergvariëteite êrens in die middel. Verryk die grond met kompos en plant die saad ongeveer 3 mm diep en ongeveer 50 cm tot 90 cm uitmekaar. Maak goed nat en hou die grond klam tot met ontkieming, wat tussen vyf en 10 dae duur. Daarna groei hulle geweldig vinnig.

‘Dwarf Sunspot’ – ʼn Klassieke geel met groot koppe vol saad aan dwergbosse van tot 60 cm hoog. ‘Cut Flower Mixed’ – ʼn Lieflike mengsel van geel, rooi en bruin skakerings tussen 100 cm en 170 cm hoog.


Keëlblom (Echinacea x hybrida) Echinaceas groei in volson tot ligte skadu in enige goed dreinerende soort grond wat met kompos verryk is. Die plante kan 30 cm tot 90 cm hoog word en moet 45 cm tot 60 cm uitmekaar gespasieer word. Maak aanvanklik goed nat om hierdie taai meerjarige te vestig en verminder dit dan tot diep en gereelde natmaak as die grond droog voel. Hierdie plante het diep en dik wortels wat hulle teen hitte en droogheid kan beskerm. Verwyder dooie blomme en sny die ou stingels terug om nuwe blomme aan te moedig. Skoenlappers is in die somer dol oor keëlblomme, en as die keëls van sommige dooie blomme in die winter aan die plant bly, sal die voëls die saad kom vreet.

‘Purpurea White’

‘Double Delight Pink’

‘Sombrero’

50 l www.dietuinier.co.za

‘Cheyenne Spirit’

‘Paradoxa’



‘Denver Daisy’

‘Toto Gold’

Ruie rudbeckia (Rudbeckia hirta) ʼn Rudbeckia kan uitgeken word aan sy goudgeel madeliefieagtige blomkroonblare wat ʼn prominente keëlvormige skyf omring. Hierdie bosagtige plante met hul krapperige, harige blare word as jaarplante beskou of, waar toestande dit toelaat, kortstondige meerjariges wat maande lank ʼn massa kleurryke blomme dra. Jy kan speel met verskillende hibriede wat van ʼn dwerg-, tussen- tot werklik hoë grootte wissel, en blomkleure geniet van goudgeel tot rooibruin en bronskleurig. Plant jou rudbeckias in volson in goed gekomposteerde grond. Maak dit gereeld nat en verkieslik op die grond om moontlike swamsiektes op die blare te voorkom. Voed elke paar weke met ʼn vloeibare misstof en verwyder verwelkende blomme om meer blomme aan te moedig, wat goed in die vaas hou.

‘Tiger’s Eye’



POTRESEP

Detoksifiseer in 'n pot Ons kan die plantwêreld bedank vir ʼn oorvloed kruie wat nie net noodsaaklike vitamiene en minerale verskaf nie, maar ook antioksidante en immuunversterkers wat die liggaam help detoksifiseer. Ons kombinasie is die perfekte keuse vir Januarie nadat die plesiere van die feestyd ons met ʼn bietjie min woema gelaat het.


Jy het nodig ʼn Groot pot Potgrond Klippies of stuk skadudoek 1 blok palmveen Organiese misstof

Plante wat ons gebruik het •

Krulblaarpietersielie (Petroselinum crispum) – hierdie plant is ryk aan antioksidante soos vitamien C, A en E, wat inflammasie beveg. Dit help kalmeer die maag en bevorder spysvertering. Pietersielie tree ook as natuurlike asemverfrisser op. Keëlblom (Echinacea ‘Cheyenne Spirit’) – echinacea versterk die immuunstelsel en geestesgesondheid. Dit bevorder ook die instandhouding van algemene dermgesondheid. Roket (Eruca sativa) – dit is ʼn uitstekende ontgiftende plant vol antioksidante. Dit bevat ook chlorofil wat vitamien K en kalsium vir gesonde bene verskaf.

Maak so

In ʼn slaai:

Kap die roketblare en pietersielie grof op. Trek die kroonblare van die keëlblomme af en strooi oor die slaaiblare. Voeg fetakaas en ʼn skeutjie olyfolie by. Voeg sout na smaak by.

Sit skadudoek oor die dreineergat. Sit ʼn mengsel van 80% potgrond, 20% palmveen en 2 hande vol organiese misstof in die pot tot dit halfpad vol is. Haal die plante uit hul potte uit en sit in die nuwe pot om te sien of meer grond nodig is. Plant jou plante altyd so diep as wat hulle in hul oorspronklike houer was. Maak vol potgrond om die plante en druk vas. Sit op ʼn sonnige plek en maak goed nat. Pietersielie en roket is jaarplante wat seisoenaal vervang moet word. Echinacea is ʼn meerjarige plant wat die winterkoue oorleef, terugsterf en in die lente weer verskyn.

www.dietuinier.co.za l 55


Someroorvloed

Plant ʼn kleurontploffing!

Wat ons nou plant, moet vir ons die tipiese somervoorkoms gee, en tot einde herfs met treffende blomprestasie aanhou. Dit moet ook sterk bly in die hitte sonder om voortdurend met ʼn oop tuinslang gepamperlang te moet word.

Kies salies Salies het ʼn wonderlike reputasie as waterslim familie wat in sonskyn en droë grond gedy en baie min onderhoud verg. Sommige van hulle is egter nie geskik vir kleiner tuine nie. Salvia ‘Heatwave’ is bekendgestel as direkte reaksie op die warm en droë klimaat waarmee plaaslike tuiniers te doen het. Dis ʼn kompakte reeks vergeleke met baie ander salies wat die geneigdheid het om te versprei en langbenig te raak. Die totale pakket (ongeveer 60 cm x 60 cm) is netjies met heldergroen loof wat met die massa blomme kontrasteer. ‘Heatwave Sizzle’ het helderpienk en ‘Heatwave Blast’ mooi salm blomme. Albei is uitstekend vir randakkers en massa-aanplanting, en gedy in warm en droë weer. Hulle is ook koue- en rypbestand. Salvia ‘Wish’ het donkergroen loof en maroen stingels. ‘Ember’s Wish’ se lieflike buisblomme is helderkoraal en ‘Wendy’s Wish’ s’n ʼn intense magentapienk. Plant koel blou daaragter.

‘Heatwave Sizzle’

‘Heatwave Blast’

Plant tesame Wat gaan op die agtergrond goed saam met die mooi en taai salies, en het dieselfde groeivereistes? Die intense blou floksieagtige blomme van die tydlose treffer Plumbago ‘Royal Cape’, natuurlik! Dit is ʼn uitstekende agtergronden heiningplant met ʼn kompakte groeiwyse van ongeveer 1,5 m x 1,5 m, en is van die lente tot die herfs selde sonder blomme. Kitsfeit: Dit is ook ʼn goeie keuse as jy op soek is na iets moois en makliks om te versorg in groot houers op ʼn patio wat gedurende die dag ʼn bietjie skadu kry. ‘Royal Cape’ gee glad nie daarvoor om nie, en vir die kort tydjie wat dit nie blom nie, sal jy ʼn kaskade van vars groen loof geniet.

Warm en vurige fyngoed voor As jy ‘Royal Cape’ en salies op jou trollie laai, oorweeg dit om op die voorgrond af te rond met kleurryke jaarplante en jy sal ʼn hele spogtuin in net een blombedding hê. Voorstelle hier is: •

‘Wendy’s Wish’ 56 l www.dietuinier.co.za

Plumbago ‘Royal Cape’

Marigold ‘Malanseuns Giant Yellow’ met hul groot bottergeel pompomblomme sal perfek voor die meerjarige salies wees. Die rooisalie is ʼn beddingsalie wat as langblommende jaarplant met regop are skitterende rooi blomme ‘Giant Yellow’ gekweek word. Meer afrikaners – plant volgende groot plate dwergafrikaners. Kies ‘Malanseuns Bi-colour’ met geel-rooi tweekleurige blomme of ‘Malanseuns Sunshine Drops’ met klein geel blommetjies.

Plante beskikbaar vanaf Malanseuns en Plantland Kwekery , www.plantland.co.za



KRUID VAN DIE MAAND

Geurige

vinkel

Feestelike vinkel Vir someronthaal is Florentynse vinkel ʼn heerlike ander slaaigroente wat ook vol geur is as dit stadig gerooster word. Sy groot wit eetbare bol het ʼn subtiele anysgeur en bros, krakerige tekstuur as dit rou geëet word. As dit gerooster word, word die dropgeur sagter sodat dit meer pikant as soet is.

Gebruik dit Sny die lowwe af en skil die taai buitelae af. Sny of skaaf dit dun in slaaie saam met blaargroente en ander bros bestanddele (seldery, appel, wortels, vingerskorsies, neute, bosbessies). Om te rooster, sny dit in 3 cm-skywe en rooster in die oond alleen of saam met ander groente as bygereg vir hoender, varkvleis en vis, of ingevou in pasta.

58 l www.dietuinier.co.za

Beproef dit Kombineer vinkelskaafsels met kleurryke blaargroente wat met hierdie heerlike bosbessievinaigrette gemeng is: Maak bosbessies (wat in warm water uitgeswel is) tot puree saam met ekstra suiwer olyfolie, balsemieke asyn, witwynasyn, Dijonmosterd, sout, peper en suiker. Hou ʼn paar bosbessies uit vir opdiening. Sit as bygereg by Sondag se braaistuk knoffel, sout, peper en 2 teelepels lemoenskil op gesnyde vinkel en rooster tot dit sag is en karamelliseer. Strooi granaatpitte oor tydens opdiening.

Kweek Florentynse vinkel hou van steeds goed dreinerende ryk grond en meer gereelde natmaak as tuinvinkel om vet, bros bolle te maak.

Geen kruie- of groentetuin moet sonder gewone vinkel wees nie, wat ʼn hoog groeiende meerjarige plant is. Die veeragtige blare en sade het genesende eienskappe en kan vir kook en bak gebruik word. Die geel blomme van dié uiters waardevolle metgeselplant lok skoenlappers en voordelige roofinsekte soos sweefvlieë en perdebye, en dien ook as valplant vir plantluise.

As opvallende loofplant Bronsvinkel het fyn, veeragtige brons blare en geel blommetjies in die somer. Gebruik dit as fokusplant in blomtuine, veral in gemengde beddings. Dit gedy in die geselskap van ander sonliewende eenen meerjarige plante soos salies, dahlias, jakobregoppe, kosmos en engelvlerkies.


Het jy geweet dat daar drie verskillende soorte vinkel is? Die oorspronklike tuinvinkel (Foeniculum vulgare) is ʼn taai Mediterreense kruid, en daaruit het ontstaan Florentynse vinkel (Foeniculum vulgare var. dulce), ʼn uitstekende fynproewersgroente, en bronsvinkel (Foeniculum vulgare ‘Purpureum’), ʼn spoggerige loofplant vir tuine.

Gebruik Sowel gewone vinkel as bronsvinkel het anysgeurige blare vir die garnering van slaaie, pastas en groentegeregte. ʼn Tee wat van die fyngemaakte vinkelsaad of -blare gemaak word, dien as ligte aptytonderdrukker asook as uriendrywer. Albei help jou om natuurlik gewig te verloor. Die gedroogde saad word as speserybestanddeel vir koekies, brood en koeke gebruik, of vir vars asem gekou.

Kweek Albei vinkels groei in volson, in gewone tuingrond wat goed moet dreineer. Moenie vinkel saam met bone, soetrissies en tamaties of dille, karwysaad en koljander plant nie. Dille en vinkel is botanies nou verwant en is geneig om te kruisbestuif, met onbevredigende resultate.

Bronsvinkel


KOSTUINMAAK

Saaigids Hoëveld en KwaZulu-Natalse Middellande Artisjokke, beet, blaarslaai, blomkool, broccoli, Brusselse spruite, kool, koolraap, preie, rape, spinasie en snybeet, stambone, tamaties, witwortels en wortels Middelveld (om Tshwane en ander gebiede met minder ryp) Artisjokke, beet, blaarslaai, bos- en rankskorsies, broccoli, Brusselse spruite, komkommers, rape, spinasie en snybeet, stam- en rankbone, tamaties en wortels Oos-Kaap en Klein-Karoo Artisjokke, beet, blaarslaai, blomkool, broccoli, Brusselse spruite, komkommers, kool, koolraap, radyse, snybeet, stambone, tamaties en wortels

Hoe om witvlieg op groente te beheer Witvlieg is ʼn pes wat elke voedseltuinier vrees. Hulle besmet die blare van tamaties, eiervrugte, komkommers en skorsies, verpot die plante, veroorsaak misvormde nuwe blare en versprei ook virussiektes. Twee organiese spuitstowwe wat gebruik kan word om hulle uit te roei, is Ludwig’s Insect Spray en EcoBuz Pest Pro. Albei is kontakspuitstowwe wat beteken die sproei moet met die witvlieë in aanraking kom.

Wes-Kaap (en Suid-Kaapse kus) Artisjokke, beet, blaarslaai, blomkool, bosen rankskorsies, broccoli, Brusselse spruite, kool, koolraap, snybeet, stam- en rankbone, tamaties en wortels Noord-Kaap en Groot-Karoo Artisjokke, blaarslaai, blomkool, broccoli, Brusselse spruite, kool, koolraap, preie, rape, snybeet, spinasie, stambone, tamaties, witwortels en wortels Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Artisjokke, eiervrugte, soet- en brandrissies, en tamaties

60 l www.dietuinier.co.za

Ludwig’s Insect Spray bevat natuurlike piretrum wat by aanraking dood, asook kanolaolie wat ʼn versmorende werking het. • Gebruik ʼn goeie drukspuitpomp of -bottel en spuit al die blare, waaronder die onderste blare van tamaties, komkommers en eiervrugte. Deurweek die onderkant van die blare deur boontoe te spuit. Spuit die blaar ook bo vir enige witvlieg wat daar gaan sit. • Spuit aan die begin van die spuitprogram drie keer binne 10 dae, wat beteken op

dag 1, dag 5 en dag 10. Spuit dan weekliks vir minstens 21 dae omdat dit die lewensiklus van volwasse witvlieë is. EcoBuz Pest Pro is ʼn biologiese kontakinsekdoder wat voordelige swamme (Beauvaria bassiana) bevat wat natuurlik in die grond voorkom. Die swamme dring die plaag se kutikula binne en groei en voed tot die plaag doodgaan. Dit het ook die vermoë om enige van die lewensiklusstadiums te verminder. • Spuit wanneer witvlieë die eerste keer opgemerk word, en sorg dat jy die plant bedek deur die blaaronderkante te deurweek waar die peste rus. • Verdun 2 g Pest Pro in 1 liter water, meng goed en spuit elke sewe dae vir minstens 21 dae. Goed om te weet: Plantluise word ook deur hierdie spuitstowwe beheer.


Tuintake •

• • •

Trek onkruid met die hand uit. Sorg dat jy ʼn kol skoonmaak met elke besoek aan die groentetuin. Verwyder groente wat nie meer dra nie. Bemes vrugdraende gewasse en voed blaargewasse na pluk. Moenie gewasse laat vrot nie: Verwyder beskimmelde, beskadigde of erg siek plante om te keer dat siekte versprei. Ondersoek gewasse vir plae en spuit met ʼn organiese of biologiese plaagbeheermiddel sodra jy besmetting opmerk. Maak minstens twee maal per week nat as dit nie reën nie. Bedek beddings liggies om die grond koel te hou. Oes gereeld – dit is die spitsoestyd en gewasse bederf as hulle te lank aan die plant bly. Oorweeg dit om in rypvrye of matige warm gebiede ʼn laaste keer tamaties, komkommers, groenbone en snybeet te saai. Begin saai wintergroente in saailaaie.

Ons vonds is ʼn handgehoude

Beproef dit:

sagte sproeier van Gardena wat uitstekend is om saailaaie, nuut gesaaide groentesaadbeddings en groente in houers nat te maak. Die sagte missproei maak die plante en die grond liggies nat. Die watervloei is verstelbaar en die sneller het ʼn sluitmeganisme om natmaak makliker te maak. Die Gardena Classic Soft Spray is te kry by hardewarewinkels en uitgesoekte tuinsentrums. www.gardena.com/za

Garden Master het ʼn pretreeks babagroentesaad: Cabbage ‘Puma’, Carrot ‘Little Finger’, Squash ‘Barbara’, Squash ‘Sweet Dumpling’ en Tomato ‘Bite Size’. Almal kan in Januarie gesaai word behalwe Tomato ‘Bite Size’ wat net geskik is vir saai in gebiede in die Laeveld en KwaZulu-Natal. Waarom nie Carrot ‘Little Finger’ beproef nie? Die saad ontkiem binne 10 tot 14 dae en die wortels is vanaf 90 dae reg vir uittrek. Maak net seker jy saai dit op ʼn sonnige plek in goed omgespitte grond wat maklik dreineer. www.gardenmaster.co.za

ʼn Wortelwenk: Saai wortelsaad net 1 cm diep. Strooi die saad oor die grondoppervlak, strooi dan min of meer ʼn hand vol potgrond liggies oor die saad. Druk dit liggies vas sodat dit nie weggewaai word nie en maak die grond ewe liggies met ʼn gieter nat. Potgrond is ligter as tuingrond, wat die saad maklik laat ontkiem. Omdat dit Januarie so warm is, maak die grond daagliks nat, selfs twee maal per dag sodat dit nie uitdroog terwyl die saad ontkiem nie.

www.dietuinier.co.za l 61


PLANT NOU

Cuphea mexicana ‘White Wonder’ het blink donkergroen blare en spierwit blomme.

Netjiese rande Groeiaantekeninge Cupheas (valsheide), wat uit Mexiko afkomstig is, is eenvoudig spesiaal omdat hulle sonder moeite groei, heeltemal plaag- en siektevry is, en altyd met ʼn massa fyn stervormige blommetjies bedek is (behalwe in die koudste wintermaande). Met hul geronde, bosagtige immergroen groeiwyse met digte stingels toe onder klein donkergroen blaartjies is hulle perfek

om as ʼn uiters netjiese en eenvormige rand vir ʼn gemengde bedding te gebruik. Die kompakte grootte van ongeveer 30 cm x 40 cm maak die cuphea ideaal vir lae heinings, klein tuine, balkonne, patio’s en vensterbakke. Hulle blom van die lente tot laatherfs en groei oral behalwe in klimaatstreke met uiterste koue en ryp.

• •

Cuphea mexicana ‘Lilac Wonder’ het blink donkergroen blare en magenta blomme. 62 l www.dietuinier.co.za

Cupheas is geskik vir volson. Dit verdra alle goed dreinerende grondsoorte wat met kompos verryk is. Waterverbruik is matig en hulle verdra tydelike waterbeperkings as hul fyn en vlak wortelstelsels goed bedek is vir beskerming. Voed cupheas in die lente en somer met ʼn stadig vrystellende misstof. Knip hulle liggies reg in die vroeglente om vars nuwe groei aan te moedig.

Cuphea hyssopifolia ‘Lemon and Ice’ het interessante lemmetjiegeel blaartjies en wit blommetjies.



JOU ROOSTUIN

VIR DROË SKADU

‘Sympa de Bellevue’ is ʼn sterk struikroos wat net aanhou groei en bloei, wat trosse groot rooi blomme dra met ʼn geronde, volkroonblarige en outydse voorkoms. Dit kan as eksemplaarstruik alleen staan, as stewige ondeurdringbare heining na aan mekaar geplant of teen ʼn pilaar opgelei word. Die siektebestande blare bly vars en groen tot diep in die winter.

Nieu-Seelandse

rotslelie

Die Nieu-Seelandse rotslelie (Arthropodium cirratum) is ʼn kruidagtige polvormende meerjarige lelie met sagte lemmetjiegroen loof wat enige tuinbedding welig maak. Die lintvormige blare omring ʼn massa delikate stervormige blomme wat aan ʼn blomaar van ongeveer 60 cm hoog gedra word. Die leliewit blomme verskyn in oorvloed in die laat lente en hou aan uitkom in die somer. Dit is ʼn onderhoudvrye plant wat net netjies gehou moet word deur af en toe die onderste blare van die vorige seisoen te verwyder. Arthropodium cirratum vaar die beste in vrugbare, goed gedreineerde grond. Dit kan son sowel as halfskadu verdra, maar sy sterkste kenmerk is dat dit die ideale plant vir ʼn droë en skaduryke plek is, selfs in windverwaaide kustuine. Maak die plante gereeld en goed nat sodra hulle geplant is om hulle te vestig. Dit sal dan die vermoë hê om droë tye te kan weerstaan, wat daarvan ʼn waterslim keuse vir SuidAfrikaanse tuine maak. As jou Nieu-Seelandse kliplelie bemes moet word, is die lente die beste tyd daarvoor. Moenie vergeet om vir slakke en naakslakke dop te hou nie omdat hulle geneig is om deur die welige blare gelok te word.

64 l www.dietuinier.co.za

Roostake vir Januarie •

Sny terug hoë groeiers met blomme wat bo jou kop uittroon. As jy ʼn stam terugsny, maak seker daar is steeds blare onder die snit. Moenie al die stamme tegelyk korter sny nie, maar doen dit in twee of drie stadiums ʼn week uitmekaar. • Dun digte bosse uit om lug en lig in die middel van die bos in te laat. • Vernuwe verwaarlooste of ontblaarde roosbosse deur die bogroei liggies reg te knip en meer water te gee. Spuit met Ludwig’s Insect Spray. Moenie in dié stadium bemes nie. • Maak by gebrek aan goeie reën twee tot drie maal per week nat. • Bemes blaarryke roosbosse teen middel Januarie met Vigorosa. Goed gevoede rose is beter bestand teen siekte en plaagskade. • Vernuwe die deklaag in die roosbeddings maar laat ʼn ruimte om die roosstamme oop vir die water om in te sak. • Spuit weekliks met organiese Ludwig’s Insect Spray en maandeliks met Chronos om swartvlek te voorkom. • Knip dooie blomme af om die bosse netjies te laat lyk en om nuwe stingels aan te moedig om uit te spruit. www.ludwigsroses.co.za



JanuarIE se Doenlys

9 9

Verwyder ou blomstele en dooie materiaal onderom uitgeblomde meerjariges om meeldou, roes en rooispinmyt te beteuel.

9

Grasperke het stadig vrystellende stikstof nodig om hul welige groen somerkleur in stand te hou.

9 9 9 9

Voed tuinhouers, jong saailinge en binnenshuise plante tweeweekliks met vloeibare misstof.

9 9 9

Hou dop vir pylstertmotruspes wat snags op impatiëns, aronskelke en fuchsias voed – verwyder hulle met die hand.

Gee asaleas en kamelias gereeld ʼn suur misstof om hulle te help om knop te maak vir die winter. Moenie dat immergroen heinings en vormplante hul vorm verloor nie. Knip hulle gereeld liggies netjies. Voed vrugtebome soos mango’s, avokado’s, suurlemoene en grenadellarankplante. Dien spesiale misstowwe vir wortels, loof en toekomstige vrugteproduksie toe – gebruik dié tyd van die jaar stadig vrystellende misstowwe.

Verwyder afgevalde vrugte om plae te ontmoedig om daarin te broei. Plant saailinge van celosia, eenjarige salies, petunias, impatiëns, vincas, begonias en afrikaners. Probleme met dopluise en plantluise? Spuit teen miere omdat die soet heuningdou wat dié luise uitskei miere lok en hulle versprei oral die eiers van hierdie plae.

66 l www.dietuinier.co.za

9 9 9 9 9

Spuit staande water met die tuinslang uit bromelias uit om te keer dat muskietlarwes daarin uitbroei.

9 9 9 9 9

Trek ou blomstingels van inkalelies met ʼn stewige pluk uit. Haal ʼn paar wortels met nuwe lote uit en plant hulle op ander plekke in die tuin oor.

Hou oorgroeide struike in toom behalwe dié wat gedurende die winter en lente gaan blom en bessies maak. Dun uit sterk groeiende bladwisselende rankplante soos bloureën, Bostonse klimop (Parthenocissus tricuspidata) en sierdruiwe (Vitus coignetiae). Sny rankrose terug om takke te verwyder wat klaar geblom het – nuwe groei sal nuwe blomme bring. Draai binnenshuise plante en skaduplante op die patio en hangmandjies gereeld na die lig toe om eenvormige blaargroei te verseker.

Verdeel oorgroeide polle baardirisse en plant hulle oor. Sny dooie lelieblomme af en laat bly die blaarryke stingels om genoeg kos vir die volgende seisoen te maak. Hou hulle goed nat en goed gevoed tot hulle terugsterf. Behandel wingerdstokke teen donsskimmel. As jy jou cliviasaad laat aanbly het, behoort hulle nou al mooi rooi te wees. Plant hulle in saailaaie terwyl hulle nog vars is.



Wieg heen en weer!

68 l www.dietuinier.co.za

DDS Dit neem nie lank om hierdie pragtige wipplank te maak nie, wat ure se pret vir die kinders sal verskaf en teen die weer beskerm sal wees, danksy Woodoc Water-Borne MARINE.

1

1

2

3

4

5

6

7

8

9

9

10


Jy het nodig Hout volgens die volgende afmetings (ons het herwonne dennehout gebruik): 2 x 1500 mm x 175 mm x 38 mm (skommelaarbokant) 2 x 1200 mm x 175 mm x 38 mm (skommelaarmiddel) 2 x 900 mm x 175 mm x 38 mm (skommelaaronderkant) 4 x 750 mm x 90 mm x 38 mm (regopbalkie) 2 x 600 mm x 140 mm x 38 mm (voetrussteune) 2 x 900 mm x 175 mm x 25 mm (sitplek) 2 x 825 mm x 140 mm x 38 mm (sitpleksteune) 3 x 825 mm x 175 mm x 25 mm (voetrus) 2 x 825 mm x 25 mm tappen (handvatsels) 8 x 6 mm x 75 mm-houtskroefboute 20 x 4 mm x 50 mm-houtskroewe Brandspiritus 150-grint-skuurpapier 2 x 1 l Woodoc Water-Borne MARINE 2 x 20 ml Woodoc Colours, 1 Full Moon en 1 Teak

Stappe 1.

2.

3.

4.

Begin deur al die hout te saag. Rangskik die hout vir die skommelaars op ʼn plat oppervlak van die langste tot die kortste en bring die middelpunte in lyn. Trek ʼn boog met ʼn potlood en ʼn stuk tou wat 585 cm lank is, daarop. Sny met die figuursaag op die boog uit. Sny ʼn boog op die punte van die boonste skommelaars uit soos aangetoon word vir versiering en om die punte rond te maak. Sny ʼn halfsirkel op die een punt van elke balkie uit. Boor ʼn 25 mm-gat in die middel van elke halfsirkel. Skuur al die hout glad. Vee die hout af met ‘n lap, klamgemaak met brandspiritus. Maak die Woodoc Water-Borne MARINE oop en roer goed met die plat spatel. Skud die Woodoc Colours (Full Moon) goed, gooi by die Woodoc Water-Borne MARINE en roer goed met die plat spatel. Roer ook tydens aanwending. Herhaal met die ander Woodoc MARINE en Woodoc Colours (Teak). Wend drie lae getinte Woodoc WaterBorne MARINE aan. Verf die sitplek-, handvatsel- en voetrusplanke met Teak, en die res met Full Moon. Laat elke laag heeltemal droog word voor die volgende laag aangewend word. Skuur liggies met fyn skuurpapier na die eerste en tweede lae droog is. Sodra die houtoppervlak geskuur is, vee dit met ʼn skoon droë lap af om die stof te verwyder en dan met ʼn lap, klamgemaak met brandspiritus.

5.

6. 7.

8.

Moenie skuur nadat die derde laag droog is nie. Skroef een stel van drie skommelaarplanke aan twee balkies en die voetrussteun vas sodat die balkie 330 mm bo die bokant uitsteek. (As jy die skommelaars wil versterk, kan jy die planke vasgom of ʼn Kregsetmaat gebruik om hulle aanmekaar te las.) Die balkies moet gelyk met die voetrussteunplank en ewe ver van die middelpunt van die skommelaars wees. Lê een skommelaar plat neer. Kap die handvatsels in die gate in die balkies in. Sit die twee sitpleksteune op hul plek op die punte van die boonste skommelaarplank. Sit die tweede skommelaar bo-op die sitpleksteune, en bring die handvatsels in lyn sodat hulle in die gate ingaan. Jy sal waarskynlik hulp hiermee nodig hê. Boor 3 mmloodsgate en heg die skommelaar met houtskroefboute aan die sitpleksteune vas. Herhaal aan die ander kant. Draai die struktuur om en heg die ander skommelaar aan die sitpleksteune vas, en kap die ander punte van die handvatsels in.

9.

Sit die wipplank regop op sy skommelaars. Skroef die drie voetrusplanke aan die twee voetrussteune vas. 10. Skroef die sitplekke gelyk met die sitpleksteune aan die skommelaars vas.

Gereedskap Verfkwaste, koordlose boor, aandrywerpunt, maatband, skoon lap, plat spatel, skuurder, figuursaag, tou en potlood, 3 mm-boorpunt, 25 mm-boorpunt/ silindersaag, houthamer

www.woodoc.com www.dietuinier.co.za l 69


Die span Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Besturende Redakteur Wendy Moulton Proses- en Bedryfsbestuurder Cindy May Wang Hoofvertaler Henriette Treurnicht Teksredakteur Dinnie Gildenhuys Ontwerp Gillian O’Donoghue, Wendy Moulton Fotografie en Stilering Izolda van der Merwe Digitaleplatformbestuurder Stephani Green Kantoororganiseerder Nokuthula Zuma Tuinskoue Adele de Welzen Videograaf Megan van der Merwe Bolfoto’s: ibulb.org Artikelskrywers Alice Spenser-Higgs, Anna Celliers, Ilona Thorndyke, Izolda van der Merwe, Madison Moulton, Stephen Smith, Tanya Visser, Wendy Moulton

Kontakte Intekenarebestuurder Nokuthula Zuma 031 003 0940 subs@thegardener.co.za Chané Taylor – chane@thegardener.co.za Redaksionele navrae wendy@thegardener.co.za Advertensies Tessa Cadman 072 544 5362 tessa@thegardener.co.za Navrae Skakelbord 031 003 0940 info@thegardener.co.za Tuinskoue Adele de Welzen 083 225 3574 info@thegardenshow.co.za Besoek ons op die web www.dietuinier.co.za Facebook: @TheGardenerMag @DieTuinier @TanyaVisserGardener @TheGardenShow Instagram: @TheGardenerMag @TanyaVisserZA @The_Garden_Show Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reproduksies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Uitgewer Lonehill Trading (Edms) Bpk Hoofkantoor Old Main Weg 64, Botha’s Hill Posbus 184, Botha’s Hill 3660 Telefoon 031 003 0940 Epos info@thegardener.co.za


STEGGIESTUKKIES

Teken in

en KRY’N WENKANS

5 Gelukkige drukintekenaars kan ’n wurmplaas van Wizzard Worms ter waarde van R995 elk wen. OM IN TE SKRYF Hernu of teken in op The Gardener Magazine of Die Tuinier Tydskrif en stuur jou intekenaarnommer na competitions@ thegardener.co.za. Trekkingsdatum: 18 Januarie 2022 Die kompetisie duur van 2 November 2021 tot 18 Januarie 2022, en alle intekeninge en hernuwings wat gedurende die vakansietyd tot met ons kompetisiesluiting ontvang word, sal teen die trekkingsdag verwerk wees. Voorwaardes en bepalings is op ons webwerf www.dietuinier.co.za te kry.


STOEPSTORIE Deur Anna Celliers

Langsaam, word tuiniers gekweek Blykbaar het die wêreld 18,3 miljoen nuwe tuiniers ryker geword en is ek nou blykbaar ‘n pleegma vir twee van hulle. Toe hulle in die klein huisie met sy mediumgrootte werf ingetrek het, was daar groot drome om ‘n groentetuin, omring met ń welige laventelheining, aan te lê. Ek het skalks opgemerk dat hulle dalk eerder babatreetjies moet gee en net moet probeer om hulle ficus-boompie in sy pot aan die lewe te hou. Ek kon sien dat dié daknatmaakgeskenk met sy wortels in water gestaan het in ‘n donker sitkamer waarvan die gordyne heeldag diggetrek was. Ek het ingelig dat ‘n ficus spaarsamig moet water kry en in goeie lig moet staan waarna ek gevra is hoe “spaarsamige water” gedefinieer moet word en hoe ligintensiteit wetenskaplik gemeet moet word om die plant tevrede te stel. My antwoord was dat die gewone vinger-in-die-grond-druk sal werk en oopgetrekte gordyne ook. Hulle wou niks weet nie aangesien die lae voorste heining wat uit sementpanele met ossewawiele op bestaan het, hulle geen beskerming gegee het teen afloerdery in ‘n straat en omgewing wat ietwat berug is vir geweld en inbrake nie. Dit het hulle bang gemaak. So is die boompie elke dag rondgeskuif om meer lig te kry en dis juis waarteen ek ook gewaarsku het, want die welbekende neurotiese ficus hou nie van ‘n getrekkery nie. Dit het heel voorspelbaar handdoek ingegooi en planthemel toe verkas. Ten spyte van waarskuwings dat die lappie wat uitgesoek is vir ‘n groentetuin dalk nie geskik is nie omdat dit ‘n vrag bogrond nodig het en behoorlike grondverbetering met ‘n massavrag kompos (wat hulle toe nie kon bekostig nie), het hulle naweke omgesweet om van onkruid ontslae te raak en die klipharde kleigrond te probeer omspit. Een van hulle moes vir ‘n lang tyd fisioterapie kry om sy rug weer pynloos te maak. Ek het die woord “geduld” gebruik en onkruiddoders vrylik uitgedeel om ontslae te raak van die hardnekkige onkruid maar is vertel dat my metodes nie omgewingsvriendelik was nie. Die 72 l www.dietuinier.co.za

groentesaailinge wat hulle geplant het, het ‘n skrale oesie van drie slaaiblare opgelewer en die kwynende laventels het gevrek nadat ‘n woeste winterstorm die area oorstroom het. Ek het my bes probeer om te ondersteun en aan te moedig en het elke maand ‘n gratis kopie van Die Tuinier uitgedeel, omdat alles wat hulle moes leer, daarin is. Hulle het die vermetelheid gehad om my in te lig dat ons tydskrif (die enigste doelgerigte tuinmaaktydskrif wat nog gedruk word) ietwat oudmodies is en moet konsentreer op ‘n nuwegeslag tuinier. Dié gesprek, het my redelik warm onder die kraag gehad en vir ‘n oomblik het ek gedink hulle kyk my met simpatie aan – soos om ‘n ou en uitsterwende modderige antie te sien wat nog aan gedrukte bladsye waarde het… Al hulle terugslae in die tuin het hulle nog nie ontmoedig nie, maar ek is aldag bepreek om die tegnologie meer aan te gryp en plantidentifikasie-apps af te laai omdat ek soms nie ‘n plant wat hulle op ‘n selfoon sien en wil hê, kan eien nie. Hulle kyk my vlak… As ek nie weet nie, is daai plant meestal nie kommersieël beskikbaar in die land nie, of sal dit nie aard in die harde klimaat van die Strand in die Wes-Kaap nie! Ek is nog outyds, ek ry na plaaslike kwekerye toe en kyk wat hulle in voorraad het, lees plaaslike tuinboeke, en bestudeer groothandelkwekerye se beskikbaarheidslyste. Ek was sommer kwaai met hulle omdat ek gIo dat ek die plante wat ek wil ken met toe oë sal identifiseer. Ek sien g’n nodigheid vir botaniese apps op my foon nie. Wat gaan dit in elk geval help as jou geliefde wasplant skielik bleker as ‘n lyk is en bedek is met ‘n verstikkende laag wit luise? Hulle het al grillende aan die blare gevat en blitsvinning hulle fone uitgepluk om foto’s te vergelyk met die van ander soortgelyke goggas op die internet, al het ek gepaai dat ek bloot ‘n sistemiese insekdoder ekovriendelik as ‘n gronddeurdrenking sal toedien, die verwaarloosde plant meer sal water gee en ook bemes. Miskien gaan my maters my aanraai om dit dalk op ‘n beter plek te sit met beter lugsirkulasie as in die stowwerige en warm hoekie langs die braaiplek. Intussen het ek myself stil-stil aangespreek omdat ek nie ‘n vorige artikel oor die suksesvolle kweek van wasplante met meer aandag bestudeer het nie! ‘n Mens moet respek hê vir die kragdadigheid van die jongelinge aangesien hulle gespaar en bespaar het om ‘n hoë sekuriteitsheining om hulle eiendom te finansier uit ‘n neseier. Dit beteken dat hulle nou hulle klein voortuin in privaatheid en veiligheid kan geniet. Hulle het klipgruis aangery om by die voordeur ‘n vetplanttuintjie te maak met

al die steggies wat ek uitgedeel het, maar hulle moes die klippies weer optel omdat hulle plastiek as onderlaag gebruik het in stede van die landskapperingsdoek wat ek gesê het hulle moet gebruik. In ou tuine was daar altyd baksteenpaadjies met rande gepak met skeefgedraaide bakstene as ondersteuning. Die paadjies is óf rooi óf groen geverf met stoepverf. My raad was om die paadjie donkergrys te verf en om maar saam te leef met die diamantrande totdat hulle ‘n nuwe en moderne paadjie kan bou. Het hulle? Aikôna! Die skewe bakstene op die rande is uitgepluk en die paadjie het gebreek… Toe teken ek maar weer ‘n tuinplannetjie sonder die blêrrie paadjie! Die ou grasperk wat eintlik net ‘n lappie onkruid was, se oppervlak was baie hoër as ‘n paar tuinbeddings met nare kurwes waarin houterige, stokou struike gegroei het. Eenkant, staan ‘n sukkellende peerboom wat seremonieel geplant is toe hulle ingetrek het. Alles is uitgespit en omgespit met die verwagting dat daar binnekort ‘n nuwe grasperk van kitssooie sal wees. Die aand het my selfoon geraas met foto’s van die kale grond en die vraag: “Wat nou?” Kompos, het ek geskrou, en vragte daarvan! Nog oproepe later met ‘n gekerm oor die prys van kompos, het ek gevoel ek breek deur ‘n korslaag van weerstand, en ‘n massavrag kompos is afgelewer nadat ek hulle op die spoor van ‘n handelaar gesit het. Nadat die spulletjie aangery en uitgesprei is, moes hulle dit weer bymekaar hark, aangesien die laag kompos onder die nuwe gras te dik sou wees na my mening. Meer daarvan kon gebruik word in die dele wat vir plante opsy gesit is – ek het dit verduidelik maar niemand het my blykbaar gehoor nie. Was gevra om plante aan te beveel vir die tuin en het hulle verwys na my onlangse artikel oor veerkragtige meerjariges wat bestand sal wees teen die hitte en wind in die Strand en nie watervrate is nie. Alhoewel niemand in my aangesig kom sê het dat hulle nie van my keuse hou nie (ek het dit maar in die omtes gehoor), het hulle wel verlief geraak op ‘n moderne hibried van die outydse en taai Mexikaanse salie… Nou ontvang ek daaglikse oproepe met die vraag: “Dink jy ons nuwe grasperk het noual ‘gevat’?” En direk daarna nog ‘n oproep met meer vertwyfeling. “Dink Ma ons speldekussing gaan oorlewe? Hy is nou khakigroenerig, maar ek dink ek sien twee nuwe blare”. (Dis nou nadat ek gesê het fynbos duld nie wortelversteuring nie en plant nie oor nie, en dat hulle die plant maar moet opoffer). Gaats! Hoe sal ek nou weet? ‘n Mens kan ‘n tuin in ‘n dag bou, dis nie onmoontlik nie, maar daar is soveel meer plesier daarin om dit oor jare te doen…


Besoek YLU ł

kleurryke blommende Tuin

021 549 2128 www.plantland.co.za


Vir tuinweligheid heeljaar, helder blomme en geurige vrugte, gebruik KynoShrub Kyno Shrub® Flower Flower® & Fruit Fruit® • • • • •

Bevorder gesonde vrugte Oorvloedige blomme Herstel plantgroeikrag Gekonsentreerd en gebalanseerd 100%-voedingsinhoud sonder vulstowwe

Vir ‘n gesonde huistuin met ’n volledige reeks voedingstowwe vir jou plante KynoGarden Garden® gebruik Kyno • • • •

Bevorder plantgesondheid Vernuwe grond Herstel plantgroeikrag 100%-voedingsinhoud sonder vulstowwe

Dieselfde kwaliteit waarop boere sedert 1919 vertrou, bring Kynoch Fertilizers nou na jou huis toe.

Vir die groenste kleur en digste groei, gebruik TurboGrass Turbo Grass vir welige grasperke. • • •

Vir geur en voedsaamheid, KynoVeg Veg vir jou gebruik Kyno tuisgekweekte eetware • • • •

Vernuwe grond Vergroot gewasopbrengs Optimaliseer voedingswaarde 100%-voedingsinhoud sonder vulstowwe

Vinnig werkende vergroening Onderdruk onkruid deur wortels te versterk Bevat swael, magnesium, sink, yster en alle noodsaaklike elemente vir optimale groei 100%-voedingsinhoud sonder vulstowwe

Verbeterde doeltreffendheid deur innovering


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.