5 minute read

4x4-PROFESSOR

Next Article
NEELSSESTOEPTENT

NEELSSESTOEPTENT

Vlammein ’n viertrekvoertuig onstaandikwelsomdat lang gras iewersindieonderstelversamel –dikwelsnaby dieuitlaatpyp, en veraldie katalisator –waarhoëtemperaturekan veroorsaakdat die droë gras spontaanontvlam.

Anderredesvir ’n brandsluitin kortsluitingsindieelektriesebedrading, ’n enjin wat gevaarlikoorverhit,langafstandbrandstoftenks watlek,enselfs ’n kooltjie van’nsigaret watagtertoewaaieniets vlambaarsagterinaandiebrandsteek.

Advertisement

Buiten grasindie onderstelis elektriese brandediealgemeenste. So ’n brand onstaangewoonlikas’ndubbelbatterystelsel of sleepstang verkeerd bedraadis en ’n kortsluiting danontstaan.

Jou voertuigsebedradingisgetoetsom nieprobleme te geenie –ditlolgewoonlik wanneerjydaaraanbegin karringóf toestelledirekaandie battery koppelen jouvoertuig sesekering(fuses)omseil.

Ongeagdiebron vandie vlamme,die probleemmet’nvoertuigwat brand, isdatjou rydinguitverskeiemateriale bestaan –enelkeen vanhierdiemateriale brandop’nandermanier.’nElektriese brand weens ’n kortsluiting moet byvoorbeeldmet ’n andersoort brandblusser geblus word as eenwat deurdiekookolie vanjou kampkombuisgevoedword.

Soorte brande

Die klassifikasievan brandeverskil van land totland, maar hierinSuid-Afrika gebruikons die EuropeseISO-standaard: A, B, C, DenF. KlasA word gevoed deurpapier, hout, kartonengewoneplastiek. Metander woorde,dieinstrumentepaneelvanjou voertuigof ’n braaivleisvuur wat buite beheerraakendie veld aansteek. KlasB word gevoeddeurvloeibare brandstofsoosparaffien,petrolofdiesel. ’n Voorbeeldis ’n lanternwat gevalhet ofjoulangafstandbrandstoftenkwatlek ennouvlammeopdie gronddrup. •KlasC iselektries vanaardenword veroorsaak deurbyvoorbeeld foutiewe bedrading.Ditismoeilikom’nelektriesebrandinbedwang te kryomdatdie vlammeopenigeplek indielengtevan diebedrading kanonstaan. KlasD word gevoed deursekerechemikalieëenmetalesoosmagnesium, titaan, kaliumennatrium.Joubostrok behoort nienormaalwegmethierdie tipevlamme te doentekry nie. KlasF ontstaangewoonlikin ’n restaurant, want ditwordgevoerdeur kookolie, ander vetteenvloeibaregasse.

Uiteraardhou dit’ngevaarinvirenigeen wat ’n kampkombuisagterin ’n bakkiese kappiesaamry. >

SOORTE BRANDBLUSSERS

Ons het ses hoofsoorte brandblussers. Elkeen blus minstens een soort brand wat in die klassifikasie op die vorige blad bespreek is.

Nat chemiese brandblussers blus gasvlamme en brandende kookolie en vette deur die vuur met ’n chemiese“kombers” te versmoor. Dit werk ook op organiese materiaal soos hout. Gebruik nat chemiese brandblussers vir ’n klas A- en F-brand. ’n Koolstofdioksied-brandblusser verplaas die suurstof in die lug en verwyder hitte uit ’n brand. Dit is die korrekte soort brandblusser teen vloeibare brandstof soos petrol en paraffien, en hy werk ook op elektriese brande – dus klas B en C. Skuimbrandblussers is soortgelyk aan nat chemiese brandblussers, maar hulle blus klas A- en B-brande, met ander woorde braaien petrolbrande, maar nié vlamme wat deur kookolie en vette aangevuur word nie. Die skuim is ’n morsige affêre.

Gehalogeneerde koolwaterstofbrandblussers – of sommer net halon-blussers –word verbied omdat die gas skadelik is vir die osoonlaag. Jy kry egter nog halon-blussers as jy lank genoeg soek – hulle is doeltreffend op alle klasse vure. Hoëdruk- watergevulde brandblussers werk goed vir klas A-brande, maar dis al. Hulle is swaar en dis hoogs onwaarskynlik dat jy hierdie blusser in jou trokkie gaan nodig kry. Moet nooit waterbrandblussers gebruik vir klas B-, C-, D- en F-brande nie. Droëchemiesepoeier-brandblussers, oftewel ABC-blussers, is die gewildste en die beste soort vir jou trokkie. Dit werk op klas A-, Ben C-brande, maar jy moet dit nie op klas D gebruik nie. Dit het ’n beperkte doeltreffendheid op ’n kampkombuis se klas F-vlamme.

Hoe en waar monteer ek hom?

Monteer ’n droëchemiesepoeierbrandblusser teenaan die voorste passasiersitplek, by jou reismaat se voete. Die brandblusser moet met ’n stewige gespe vasknip wat maklik losmaak, maar dit moenie vanself oopgaan op ’n stamperige grondpad nie.

Omdat ruimte beperk is by jou reismaat se voete, gaan jy waarskynlik niks groter as ’n 1 kg-brandblusser hier kan monteer nie. Hulle is egter klein en kan vir slegs 10 sekondes spuit voordat hy gedaan is.

Installeer ’n tweede 4 kgbrandblusser in jou sportnuts se bagasieruim of agter in jou bakkie se kappie, naby die klap.

Terwyl jy die vlamme met die 1 kg-blusser takel, kan jou reismaat solank agtertoe draf om die groter blusser te gaan haal. In die geval van ’n sportnuts moet jy die 4 kg-blusser laag naby die vloer monteer sodat hy nie deur die lug vlieg en jou teen die kop tref inge ’n motorongeluk nie.

Monteer ’n koolstof sied-brandblusser in j kampkombuis. Die st – die sogenaamde Fir Stryker – werk goed, hy’t nie ’n vervaldatum nie. As jou pan vol spe in vlamme uitbars, is dit gewoonlik genoeg om net ’n deksel op die pan te sit en die vlamme só te smoor.

BESKADIG BRANDBLUSSERS ’N ENJIN?

Droë chemiese brandblussers is gewoonlik gevul met monoamoniumfosfaat. Hierdie brandsmoormiddel is korroderend en vreet plastiek – en sal die buitenste metaallaag van jou enjin bederf as jy dit nie so gou as moontlik skoonmaak nie.

Los ’n paar pakkies koeksoda in warm water op en maak ’n pap aan. Smeer die pap oor die aangetaste dele van die enjin en wag ’n paar minute. Was nou die pap met seepwater af en herhaal die proses, indien nodig. As jy toegang het tot isopropeenalkohol, kan jy ’n 50-50-oplossing met warm water aanmaak en die enjin daarmee was. Gaan ook die lugfilter na om te sien of die chemikalieë daarbinne beland het.

Koolstofdioksied-brandblussers laat geen neerslag agter nie en werk goed op vloeibarebrandstof- en elektriese brande. Onthou, moet nooit die enjinkap heeltemal oopmaak as jy vlamme sien uitlek nie. Maak hom net op ’n skrefie oop – want jy wil nie die vlamme voed met te veel suurstof nie – en spuit die brandsmoormiddel in die rigting waar jy vermoed die vlamme vandaan kom.

My Jeep brand!

As jy op YouTube soek na “Jeep Wrangler Catches Fire & Burns” sal jy op Coyote Works se kanaal afkom waarin die Jeep Wrangler van die Amerikaner Casey Kaiser voor jou oë deur vlamme verswelg word.

Ja, dit het al met ons Suid-Afrikaners ook gebeur – ons dink hier aan die twee Toyota Prado’s wat in Julie 2012 in die Namibwoestyn uitgebrand het – maar Casey se video is die enigste een op die internet (sover ons kennis strek) waar jy kan sien hoe dit gebeur – van begin tot einde.

’n Bietjie geskiedenis

Die oudste manier om ’n brand te blus is natuurlik om ’n emmer water daarop uit te gooi, maar die eerste geregistreerde patent vir die brandblusser kom uit 1723, toe die Engelse chemikus Ambrose Godfrey ’n houtvat vol brandsmoormiddel getap het.

Onderaan die vat was plofstof – die brandweermanne het die vat by ’n brandende gebou ingerol en die plofstof het die smoormiddel oral laat spat.

Die moderne brandblusser soos ons hom vandag ken, is egter in 1819 gepatenteer deur kapt. George William Manby. Sy toestel was ’n metaalsilinder wat gevul was met 3 gallon kaliumkarbonaat en lug onder hoë druk.

This article is from: