4 minute read

POSBUS

Next Article
MY WIELE

MY WIELE

Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

Ek en my vrou, Arina, het in Mei ons jare lange wens vervul en met die woonwa ’n sirkelroete deur die Oos-Kaap aangedurf. Dit was vir ons ’n onbekende deel van die land en ons was heel verras.

Advertisement

Ek sleep ’n Sprite Swing met my Nissan X-Trail en ons eerste oorstaanplek was by Kleinplaas op Oudtshoorn. Tussen Willowmore en Aberdeen trek ons af by Santjie Meiring se Oppi-Vlak-padstal en eet heerlike varsgebakte pasteie en roosterkoek. Ons maak ook ’n draai by die hoë toring van die NG kerk op Aberdeen en slaap twee nagte oor in die Kamdeboonasionale park se Nqweba-kamp – dis net buite Graaff-Reinet.

Natuurlik besoek ons ook die Vallei van Verlatenheid, sluit aan by vriende op die dorp en ry Nieu-Bethesda toe. Hier sien ons die bekende Uilhuis en ’n bierbrouery. Nie ver hiervandaan nie besoek ons ook Letskraal – dit was die plaasopstal van die Voortrekkerleier Andries Pretorius. Die opstal, waenhuis en ’n ou wa is nog mooi in hulle oorspronklike toestand en word behoorlik onderhou. Dis gewyde oomblikke wat jou ver terugvoer.

Die Bergkwagga- nasionale park by Cradock is volgende met sy klein dog netjiese kamp en natuurskoon, en ’n hewige donderstorm verras ons by Die Kaiakampplek op Somerset-Oos.

Hierna ry ons deur ’n string dorpies tot by Yellow Sands anderkant Oos-Londen en saal vir ’n week af.

Ons besoek ook die kleiner oorde by Chintsa en Gonubie, en veral Morganbaai se kampplek langs die waters lyk aanloklik vir ’n volgende besoek.

As jy ooit in hierdie geweste is, kan jy gerus ook tyd inruim vir die Areena-oord. Op Donderdagaande kom geniet die pensioentrekkers ’n ete teen spesiale afslag –ek kan die vis sterk aanbeveel.

Vir die volgende vier nagte slaan ons kamp op by Green Fountain Farm net buite Port Alfred en waardeer die gerief van ons eie badkamer. ’n Gawe ervaring volg by die Addoolifantpark – ons eerste – nadat ons by die bekende Nanaga-padstal stilgehou het.

Ons bly oor by ou kampvriende op Jeffreysbaai, besoek die mooi plekkies rondom St. Francisbaai en boek vir drie nagte in by Stormsriviermond.

Vir die eerste keer hier op Stormsrivier loer ons in by die kuierplek Marilyn’s 60’s Diner waar jy jou weer kan uitleef in vergange dae se musiek en heerlike kos. Ons sien ook die hordes kruiwaens vol vetplante van Kallie Müller, ’n plaaslike inwoner, op sy sypaadjie.

Ons laaste bestemming is ook ’n Sanparke-oord en ’n ou gunsteling. Dit is >

Ons sirkel deur die Oos-Kaap

Johan wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, plus ’n skouerband as jy jou hande los wil hê. winkel.weg.co.za

natuurlik Ebb-en-Flow in Wildernis.

Ons besluit om die Rooted in Timeselfryroete by Knysna te doen, wat vir ’n besonderse ervaring sorg. Ek beveel ’n bakkie of sportnutsvoertuig aan vir dié uitstappie.

Ons reis het 28 dae geduur, ons het by 10 plekke oornag en altesame 3383 km gery. Die verblyf het R5238 gekos, wat uitwerk op gemiddeld R187p.n. Die brandstof was R6 642. (Die hoofroetes is in ’n baie goeie toestand.) Seisoengewys is Mei ’n goeie tyd, en jy kan pensioenkorting kry waar dit geld. Afhangend van die tyd van die jaar kan jy by sommige Sanparkeoorde 20-40% afslag kry.

JOHAN CILLIERS Wellington

Waar’s die dae?

Ek en my vrou, Elmarie, kamp met ’n Jurgens Exclusive wat ek met my Chevrolet Trailblazer sleep. Agterop die woonwa skerts ons nogal met die kinders se erfporsie, want ek het ’n plakkaat gemaak waarop staan “Kyk hoe geniet ons die kinders se erfgeld!”.

Gepraat van geld: Net anderdag pak ek my oorlede ma, Nellie, se tassie uit en kom af op ’n spyskaart uit 1964. Dit het my weer teruggeneem na die dae toe ons nie eens ’n motorvoertuig gehad het nie.

Ek het op Noupoort in die Noord-Kaap grootgeword en was die jongste van ons drie seuns. Omdat ons destyds nie eens ’n kar gehad het nie, het ons met die trein op vakansie gegaan.

Ma se familie het meestal in die destydse Transvaal gebly, wat beteken ons het die trein geneem om daar te kom. Die trein het ons van Noupoort af oor De Aar en Bloemfontein tot in Pretoria geneem. Die hoogtepunt van die Pretoria-stasie was om die “pieen gravy” in die stasie se restaurant te eet.

Ons het vas geglo dis die lekkerste pasteie in die land!

Partykeer het ’n oom of neef ons by die treinstasie kom haal, anders het ons met ’n huurmotor by hulle opgedaag.

Dit was weer tyd om ons nefies en niggies te sien.

Hierdie is die spyskaart van die Johannesburg-stasie se eetkamer – met ’n lywige verskeidenheid daarop. Die hele ete het R1,25 gekos – van voorgereg tot by kaas-en-beskuitjies.

Volgens die datumstempel was ek toe ses jaar oud.

Vandag se jonges sal ’n mens nie sommer glo nie, tensy jy dit vir die klomp kan wys.

LEON EN ELMARIE VORSTER

Cradock >

This article is from: